Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 390.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met TIEN vrae in totaal.
Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
• Beantwoord VIER van die vyf vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
• Beantwoord VIER van die vyf vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.
4. LET WEL: Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/
te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in
volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord-
antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.
5. Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
• Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal)
• Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
• Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
• Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: VOEDING EN GEESTESGESONDHEID
1.1 Gee 'n duidelike uiteensetting van wat met 'n gebalanseerde dieet bedoel
word en hoe goeie voeding tot 'n danser se optrede/dans kan bydra. (5)
1.2 Stres en spanning kan verhinder dat 'n danser sy/haar maksimum potensiaal
in die klas bereik. Beskryf TWEE simptome van stres en spanning en hoe dit
'n danser kan beïnvloed. (2)
1.3 Beskryf duidelik DRIE ontspanningstegnieke wat jy kan gebruik om stres en
spanning te verminder. (3)
[10]
VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE
Daar is VYF komponente van fiksheid wat 'n danser nodig het om optimaal op te tree/
te dans. Moet NIE voeding of lewenstylkeuses by die antwoord insluit NIE.
Verskaf die volgende inligting:
• Die naam en 'n definisie van elke komponent (5)
• 'n Verduideliking van hoe elke komponent tot 'n danser se optrede/dansvernuf
bydra (10)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES
Jy moet 'n les oor 'n paar van die hoofbeenspiere wat in dans gebruik word, aan
'n graad 10-dansklas gee. Berei die volgende inligting voor:
3.1 Noem VIER belangrike spiere/spiergroepe en beskryf aan die klas waar
hierdie spiere/spiergroepe geleë is. (4)
3.2 Kies enige TWEE spiere/spiergroepe en skryf die volgende neer:
• EEN anatomiese aksie vir elke spier/spiergroep (2)
• 'n Voorbeeld van EEN dansbeweging wat met gebruik van die anatomiese
aksie hierbo uitgevoer kan word (2)
[8]
OF
VRAAG 4: BESERINGS EN BEHANDELING
4.1 Wat is die verskil tussen 'n verstuiting/verswikking en 'n verrekking? (2)
4.2 Noem VIER van die hoofoorsake van 'n kniebesering in die dansklas. (4)
4.3 Verduidelik TWEE maniere om jou knieë in die dansklas te beskerm om
moontlike kniebeserings te voorkom. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 5: POSTUUR/VEILIGE STREKWERK
A B
[Bron: www.dancemagazine.com]
5.1 Bestudeer die foto's hierbo. Dui aan of die posture in A en B KORREK
of VERKEERD is. Staaf jou antwoord en noem in ELKE geval wat die
verband met veilige danspraktyk is. (3)
5.2 Baie dansonderwysers, bekommerde ouers en gesondheidskundiges sukkel
met wat hulle in die danswêreld, veral aanlyn, sien gebeur.
[Bron: www.theballetblog.com] [Bron: www.danceproject.ca]
Is oorstrekking/te veel strek sleg vir jou?
Verwys na die stelling en die prentjies hierbo en gee jou mening en voorstelle
oor veilige strekwerk. (4)
[7]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 6: GEMEENSKAPSDANSPROJEK EN LOOPBANE
Die plaaslike regering het jou versoek om die opvoerings/optredes by 'n DANS-EN-
KUNSTEFEES, wat hulle befonds, in 'n arm gemeenskap te organiseer.
Berei inligting vir die plaaslike regering voor wat die volgende insluit:
• Ten minste VIER aspekte oor die doel van die dans-en-kunstefees en die
impak/invloed wat dit op die gemeenskap kan hê (4)
• Beskryf, in besonderhede, DRIE geriewe/fasiliteite en/of bronne wat vir die
opvoerings/optredes benodig sal word (3)
• Noem DRIE werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie wat vir die dans-en-
kunstefees geskep sal word en verduidelik die funksie van elkeen van hierdie
werksgeleenthede/poste (3)
[10]
VRAAG 7: FUNKSIES VAN DANS IN DIE SAMELEWING EN DANSVORME
7.1 Hoe kan dans tot ontwikkeling in die kategorieë hieronder bydra?
Kies slegs DRIE kategorieë en gee 'n insiggewende beskrywing van ELKE
gebied:
7.1.1 Onderwys (2)
7.1.2 Sosiale/Persoonlike transformasie (2)
7.1.3 Kommunikasie (2)
7.1.4 Godsdiens (2)
7.1.5 Protes/Verset (2)
7.2 Vergelyk en verduidelik VIER ooreenkomste en VIER verskille tussen die
bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van ENIGE
ANDER dansvorm wat jy bestudeer het.
Jou antwoord moet SLEGS fokus op die bewegingsbeginsels van die
dansvorme wat jy in jou antwoord bespreek, Afrika-dans en nog 'n dansvorm.
Noem die ander dansvorm in jou antwoord. (8)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 8: MUSIEK VAN 'N VOORGESKREWE WERK
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alvin Ailey Revelations
Christopher Bruce Ghost Dances
George Balanchine Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
Jiri Kylian Wings of Wax/Stamping Ground
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
Footprints/Bolero/Last Dance
Carolyn Holden Blood Wedding/Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Gregory Maqoma Four Seasons/Skeleton Dry
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Beskryf die musiek van EEN van die voorgeskrewe danswerke wat jy hierdie jaar
bestudeer het (hierbo genoem). Sluit die volgende in:
8.1 Gee die name van die danswerk en die choreograaf wat jy gekies het.
8.2 Gee die name van die komponis, groep of musikante. (1)
8.3 Wat is die genre of styl van die musiek? (1)
8.4 Ontleed hoe die musiek/begeleiding hierdie danswerk versterk. Gee
spesifieke voorbeelde uit die danswerk. (4)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 9 : CHOREOGRAAF EN DANSWERK
Kies EEN van die danswerke en choreograwe uit die lys op bladsy 7 en berei 'n
onderhoud vir 'n televisie-geselsprogram voor. Jy moet relevante, interessante vrae
opstel en feitelike antwoorde oor die choreograaf en die danswerk verskaf.
Gee die name van die choreograaf en die danswerk wat jy gekies het.
Jou onderhoud moet die volgende insluit:
• 'n Inleiding en 'n slot/gevolgtrekking
• Invloede, assosiasies/samewerking en medewerking
• Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik
• Simboliek
• Bydrae tot die dansprofessie [30]
OF
VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK EN CHOREOGRAAF
Berei 'n aanbieding vir dansleerders oor die choreograaf, Alfred Hinkel, en die
danswerk, Bolero/Last Dance, voor.
Jou aanbieding moet die volgende insluit:
• 'n Inleiding en 'n slot/gevolgtrekking
• Invloede, assosiasies/samewerking en medewerking
• Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik en hoe dit innoverend was
• Simboliek, jou opinie/interpretasie
• Bydrae tot dans in Suid-Afrika [30]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum