Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2017
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Question Paper
Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2017, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 15 vrae in totaal.
Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
• Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
• Beantwoord VIER van die nege vrae in hierdie afdeling.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9. Indien jy
albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
nagesien word.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 10, VRAAG 11 en
VRAAG 12. Indien jy meer as EEN vraag beantwoord, sal
slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
• Jy het 'n keuse tussen VRAAG 13, VRAAG 14 en
VRAAG 15. Indien jy meer as EEN vraag beantwoord, sal
slegs die EERSTE antwoord nagesien word.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.
4. LET WEL: Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/
te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in
volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord-
antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.
5. Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.
6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
• Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal)
• Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
• Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
• Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE
1.1 Verwys na die foto hieronder en noem EEN noodsaaklike fiksheidskomponent
wat die danser help om die ruggraat korrek belyn te hou.
[Bron: www.stepsnyc.com] (1)
1.2 Verduidelik hoe die komponent wat in VRAAG 1.1 genoem is, die danser se
optrede/dans kan verbeter. (5)
1.3 Met verwysing na jou hoofdansvorm, beskryf VIER wyses waarop jy korrekte
postuur en liggaamslyn sou herken wanneer iemand staan. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/November 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 2: DANSTOEWYDING
2.1 Noem VIER maniere waarop 'n danser stres en spanning kan hanteer. (4)
2.2 Skryf in besonderhede oor hoe toewyding aan danskonvensies en waardes
die sukses van jou dansoptrede kan verseker. (6)
[10]
OF
VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES
Beantwoord slegs hierdie vraag indien jy spiere en spieraksies bestudeer het.
[Bron: loisgreenfield.com]
3.1 Beantwoord die volgende vrae oor spiere en spiergroepe.
3.1.1 Noem die spiergroep wat aan die anterior-kant van die bobeen
gevind word. (1)
3.1.2 Noem die spiergroep wat aan die posterior-kant van die bobeen
gevind word. (1)
3.1.3 Noem EEN van die spiere wat die ruggraat fleks. (1)
3.1.4 Noem die groot spier wat aan beide kante van die ruggraat afloop
wat help met die ekstensie/strekking van die romp. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/November 2017
NSS
3.2 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.2.1–3.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.7 A.
3.2.1 Die trapeziusspier …
A lig die skapula.
B adduseer/addukt die arm.
C strek die arm.
D abduseer/abdukt die skapula. (1)
3.2.2 Die pectoralis major-spier …
A stabiliseer die skapula.
B abduseer/abdukt die arm.
C strek die arm.
D roteer die arm mediaal/inwaarts. (1)
3.2.3 Die quadratus lumborum …
A buig die ruggraat lateraal.
B roteer die ruggraat.
C trek die abdomen na die ruggraat toe.
D buig die ruggraat. (1)
3.2.4 Die iliopsoas-spier …
A strek die been.
B roteer die been inwaarts.
C roteer die been uitwaarts.
D abduseer/abdukt die been. (1)
3.2.5 Die tibialis anterior-spier …
A plantaarfleks die enkelgewrig.
B dorsifleks die enkelgewrig.
C keer die enkelgewrig na buite (eversie).
D dorsifleks die tone. (1)
3.2.6 Die extensor hallucis longus …
A plantaarfleks die enkelgewrig.
B dorsifleks die groottoon.
C keer die enkelgewrig na buite (eversie)
D plantaarfleks die tone. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: TOEPASSING VAN VEILIGE DANSPRAKTYK
4.1 Noem VYF omgewingsvereistes waaraan 'n dansateljee/-klaskamer moet
voldoen wat dansverwante beserings kan voorkom. (5)
4.2 Verduidelik, in volsinne, waarom ELKE omgewingsvereiste wat in VRAAG 4.1
genoem is, 'n besering kan voorkom. (5)
[10]
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 5: VOORKOMING VAN BESERINGS EN EERSTEHULPBEHANDELING
5.1 Beskryf die beginsels wat 'n danser in die dansklas kan toepas om veilig uit
'n sprong te land. (3)
5.2 Skep 'n treffende plakkaat vir die muur van die dansateljee/-klaskamer wat
verduidelik hoe om beserings te voorkom en hoe om beserings dadelik
te behandel.
Jy kan 'n hele bladsy vir jou plakkaat in jou antwoordeboek gebruik. (7)
[10]
OF
VRAAG 6: OPWARMING EN AFKOELING
6.1 Beskryf DRIE belangrike veranderinge wat in die liggaam plaasvind wanneer
jy opwarm. (3)
6.2 Stel 'n oefeningprogram saam wat dansers in die dansklas kan gebruik om
alle dele van die liggaam op te warm. (5)
6.3 Motiveer die toepassing van TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer
strekoefeninge in jou afkoelroetine gebruik word. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID
VRAAG 7: DANSELEMENTE
Kies TWEE danselemente uit die lys hieronder vir ELK van die foto's (A–E). Skryf die
letter (A–E) neer en langs dit die TWEE danselemente wat jy gekies het en 'n
verduideliking waarom ELKE element gekies is.
vlakke; unison; simmetrie; asimmetrie; krag; negatiewe ruimte
kontraste; positiewe ruimte; patroon; rigting; vorme
A B
[Bron: www.elementsofdance.org]
C
[Bron: www.paultaylor.com]
D
[Bron: Dancewithashley.org]
E
[Bron: Dancewithashley.org]
[Bron: www.chryssayama.com]
(5 x 2) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/November 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 8: OPVOERRUIMTES EN DIE FUNKSIES VAN DANS
8.1 Identifiseer ELKE tipe opvoerruimte (A–C) wat hieronder getoon word. (3)
8.2 Verduidelik VIER funksies van dans wat deur hierdie opvoerruimtes vervul
kan word. (4)
8.3 Kies EEN van die opvoerruimtes (A–C) hieronder en analiseer hoe dit die
choreografie kan inspireer/verbeter. Dui die ruimte wat jy gekies het, aan. (3)
A B
[Bron: http://montrealgazette.com] [Bron: https://performingarts.georgetown.edu/about-us/facilities]
C
[Bron: kwekudee-tripdownmemorylane.blogspot.co.za] [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 9: TEGNOLOGIE IN DANS
9.1 Verduidelik hoe jy die tegnologie op jou selfoon/slimfoon sou gebruik om te
help met danschoreografie. (5)
9.2 Verduidelik hoe tegnologie die manier waarop choreograwe produksie-
elemente in hulle danswerke gebruik, verander/beïnvloed het.
Gebruik die visuele beelde hieronder om jou te inspireer. (5)
[Bron: levimaestro.com] [Bron: www.outube.com]
[Bron: www.viralthread.com] [Foto: Tristram Kenton vir die Guardian]
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/November 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 10, VRAAG 11 en VRAAG 12.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
VRAAG 10: SYLVIA GLASSER SE TRANCEFORMATIONS
Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse
kulturele oortuigings.
Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n opstel wat die volgende inligting insluit:
• Beskryf die San-beswymingsdans wat Sylvia Glasser geïnspireer het om die
danswerk, Tranceformations, te choreografeer.
• Sluit voorbeelde in van die produksie-elemente en bewegings van
Tranceformations wat spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oordra.
• Gee 'n kort oorsig van Glasser se dansgeselskap, Moving into Dance (MID), wat
bygedra het tot die opleiding en vertroeteling van jong dansers.
• Evalueer waarom Sylvia Glasser welbekend is/geprys word vir haar unieke
dansstyl.
[Bron: www.youtube.com]
[Bron: www.wykop.pl/link] [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 11: ALFRED HINKEL SE BOLERO/LAST DANCE
Skryf 'n artikel vir 'n danstydskrif en brei uit oor hoe Alfred Hinkel sy danswerk,
Bolero/Last Dance, gebruik het om die aansien van dans in Suid-Afrika te verander.
Sluit die volgende by jou artikel in:
• Beskryf die sosiopolitieke invloede wat tot die ontwikkeling van hierdie danswerk
gelei het.
• Gee spesifieke voorbeelde van hoe die musiek en produksie-elemente gebruik is
om hierdie danswerk te komplementeer.
• Brei uit oor die kenmerke van Hinkel se dansstyl.
• Evalueer wat hierdie danswerk so innoverend vir daardie tyd gemaak het. [20]
OF
VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK
SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alfred Hinkel Cargo/Rain in a Dead Man's Footprints
Carolyn Holden Imagenes
Dada Masilo Swan Lake/Romeo and Juliet
Gary Gordon Bessie's Head
Gregory Maqoma Four Seasons/Beauty Trilogy/Skeleton
Dry/Somehow Delightful
Mavis Becker Flamenco de Africa
Sylvia Glasser Tranceformations
Veronica Paeper Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe Gula Matari
Kies 'n Suid-Afrikaanse choreograaf en EEN van sy/haar danswerke uit die
voorgeskrewe lys hierbo om hierdie vraag te beantwoord.
'n Dansfees gaan in jou stad gehou word om interessante danswerke deur
verskillende choreograwe te bevorder.
Skryf 'n motivering waarom die choreograaf wat jy gekies het en sy/haar danswerk by
die komende dansfees ingesluit moet word.
Sluit die volgende inligting by jou motivering in:
• Die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk
• 'n Bekendstelling aan die choreograaf met kommentaar oor sy/haar reputasie en
bydrae tot dans in die samelewing
• 'n Kort beskrywing van die tema/bedoeling van die danswerk en wat die werk
geïnspireer het
• 'n Verduideliking van die produksie-elemente wat hierdie werk interessant maak
• Inligting oor die musiek wat verduidelik hoe dit betekenis by die werk voeg
• Waarom hierdie choreograaf se werk by die fees ingesluit moet word [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/November 2017
NSS
LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 13, VRAAG 14 en VRAAG 15.
Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE
VRAAG 13: APOLLO EN/OF JEWELS DEUR GEORGE BALANCHINE
Die grootste choreograaf van ons tyd, George Balanchine, is verantwoordelik vir die
suksesvolle samesmelting van moderne konsepte met ouer idees van klassieke ballet.
–1970, US News & World Report
Verwys na die aanhaling hierbo en skryf 'n opstel waarby die volgende ingesluit is:
• Beskryf wat tot Balanchine se erkenning as 'n groot choreograaf gelei het.
• Analiseer sy bewegingswoordeskat en innoverende/unieke choreografiese styl.
Verwys na Jewels of Apollo of beide om jou antwoord te motiveer.
• Evalueer Balanchine se musikale loopbaan en die verwantskap tussen sy
danswerke en die musiek.
[Bron: Apollo, wordpress.com]
[Bron: Jewels, www.balletandopera.com] [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 14 : STAMPING GROUND DEUR JIŘÍ KYLIÁN
Dans kan as 'n universele taal sonder grense beskou word. Stamping Ground ontleen
aan 'n spesifieke Australiese boorling ('Aboriginal') kulturele konteks vir inspirasie.
Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n opstel waarby die volgende ingesluit is:
• Beskryf die relevante feite oor wat Jiří Kylián beïnvloed/geïnspireer het om 'n
danswerk, wat op hierdie tradisionele kultuur gegrond is, te skep.
• Analiseer hoe die choreograaf daarin geslaag het om die spesifieke Australiese
boorling ('Aboriginal') kulturele konteks by hierdie kontemporêre dans te
inkorporeer/saam te smelt. Gee spesifieke voorbeelde om jou antwoord te
motiveer.
• Bespreek die nuwe en innoverende kenmerke, dansstyl(e), choreografiese
styl/eienskappe waarvoor hierdie choreograaf bekendheid verwerf het.
[Bron: www.jirikylian.com] [Bron: www.jirikylian.com]
[Bron: nycdancestuff.files.wordpress.com] [20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 15: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK
INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE
Alvin Ailey Revelations
Christopher Bruce Ghost Dances/Rooster
Jiří Kylián Wings of Wax
Martha Graham Lamentation/Errand into the Maze
Matthew Bourne Swan Lake/Cinderella
Mats Ek Giselle/Swan Lake/Carmen
Pina Bausch The Rite of Spring
Rudi van Dantzig Four Last Songs
William Forsythe In the Middle, Somewhat Elevated
Kies EEN van die internasionale choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die
lys hierbo om hierdie vraag te beantwoord.
Skryf 'n resensie vir 'n danstydskrif. Sluit die volgende in:
• Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk waaroor jy skryf.
• Beskryf die invloede wat tot die prestasies van hierdie choreograaf in die
danswêreld gelei het.
• Sluit 'n opsomming van die tema/bedoeling/storie van die danswerk in.
• Verduidelik hoe die produksie-elemente in hierdie danswerk gebruik word.
• Gee voorbeelde van die herkenbare dans-/choreografiese styl en kenmerke wat
deur hierdie choreograaf in sy/haar danswerke gebruik word.
• Gee jou gemotiveerde mening oor hierdie danswerk ten opsigte van:
o Kreatiwiteit van die choreografie
o Vlak van optrede [20]
TOTAAL AFDELING B: 60
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
Related documents

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Question Paper

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Memorandum