NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DANSSTUDIES
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dance Studies memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.
Dance Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 714.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 29
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Dansstudies 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
NOTA VIR NASIENERS:
Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-amptenare met
gespesialiseerde danskennis gemerk word.
• Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat
hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien,
insluit.
• Die nasienriglyne mag op geen wyse verander word nie.
• Hou streng by die nasienriglyne wanneer nasien en pas konsekwent toe.
• Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word en evalueer wat die
kandidate weet, nie wat die kandidate nie weet nie.
• In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas word.
• In sekere vrae, het kandidate 'n keuse. As kandidate albei vrae beantwoord het,
merk slegs die EERSTE vraag wat beantwoord word. Trek 'n streep deur die
tweede vraag wat nie gemerk word nie.
• In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke hoeveelheid feite te
verskaf, moet slegs die verwagte hoeveelheid nagesien word indien meer verskaf
word.
• Inligting oor hoe om punte toe te ken wanneer 'n nasienrubriek gebruik word kan in
die NOTA afdeling van daardie spesifieke vraag gevind word.
• Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die handboek
verskyn nie. Onsekerheid oor enige inligting wat deur die kandidaat verskaf word,
moet deur navorsing geverifieer word, voordat daar verder gemerk word.
• Hoë, medium en lae kognitiewevlakke wat in elke antwoord verwag word, is
ingesluit bokant elke vraag. Dit moet toegepas word wanneer punte toegeken word.
Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag en die taakvereistes
moet as riglyn vir die toekenning van punte dien.
• Die stappe waardeur kandidate moet gaan om die vraag te beantwoord, word
onder die opskrif – DINKPROSES – ingesluit.
• Die nasienriglyne verskaf 'n voorbeeld van 'n antwoord in 'n teksblokkie onder die
verwagte reaksies.
NOTA: Dit is om leiding te gee waar om 'n punt toe te ken. In sommige vrae, word
'n voorbeeld van 'n volpunt-antwoord waar nodig, verskaf. In ander vrae word slegs
een of twee voorbeelde verskaf.
• Nasieners moet GEEN volpunte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig/ minimaal is
of waar al die vereistes van die kompleksiteitsvlak van die vraag nie nagekom is
nie.
• EEN √ = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met die
maksimum punte.
• Geen ½ punte mag toegeken word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 3 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
NASIENFORMAAT:
Vrae wat een regmerk per punt vereis:
• EEN √ = EEN punt afhangende van die vereistes van die vrae
• Regmerke moet geplaas word, waar 'n punt vir die inhoud toegeken is
Voorbeeld:
Vraag: Wat is dans?
Antwoord: Dans is beweging van die liggaam √ wat emosies uitbeeld √ en ook 'n
storie kan kommunikeer.√ (3)
• Waar antwoorde die maksimum punte oorskry, skryf MAKS PUNTE by die punt
waar dit bereik was.
• Plaas die antwoord tussen hakies aan die linkerkant se kantlyn om aan te dui dat
dit gelees was.
• Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om seker te maak dat jy nie 'n
gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie
Nasien van kwalietatiewe vrae:
• Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word.
• Alle areas moet ingesluit word om volpunte toe te ken.
• NOTA: daar is spesifieke nasieninstruksies in die vrae wat van 'n nasienrubriek
gebruik maak
Berekening van die puntetotaal:
• Dui die puntetotaal wat per vraag behaal is in die regterkantse kantlyn aan die
einde van die antwoord met 'n diagonale lyn bo die totaal aan.
• Hierdie totaal moet herhaaldelik omkring word aan die begin van die vraag in die
linkerkantse kantlyn en omsingel. Plaas jou voorletters langs hierdie totaal.
Voorbeeld:
VRAAGNOMMER …
8 Begin van die antwoord
JM
Einde van die antwoord /8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 4 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: BESERINGS
LAE VLAK 1.1 Kies 5 punte
MEDIUM VLAK 1.2.1 Verduideliking 3 punte
1.2.2 Verduideliking 3 punte
1.3 Evaluering 4 punte
INHOUD VIR DINKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
1.1 Tipe beserings 1. Herroep
1.2.1 Toespassing van korrekte 1. Herroep
tegnieke en beserings 2. Verduidelik hoe die veilige danspraktyk beserings
voorkoming voorkom
1.2.2 Danskonvensies en 1. Herroep
beserings voorkoming 2. Verduidelik hoe die veilige danspraktyk beserings
voorkom
1.3 Effek van langtermyn 1. Herroep
behandeling 2. Identifiseer die effek van langtermyn behandeling
3. Evalueer hoe langtermyn behandeling 'n danser
affekteer
1.1 KIES DIE TIPE BESERING
Verwagte reaksies:
1.1.1 B (1)
1.1.2 E (1)
1.1.3 A (1)
1.1.4 C (1)
1.1.5 D (1)
1.2.1 VERDUIDELIKING VAN HOE TOEPASSING VAN KORREKTE TEGNIEK(E)
BESERINGS VOORKOM
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag slegs 'n volledige verduideliking oor een tegniek verskaf of mag
verduidelikings oor verskillende tegnieke verskaf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 5 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat met besering-voorkoming verband hou:
• Veiligheid
• Landings
• Oogfokus
• Uitdraai
• Spierongelykheid
Enige ander relevante antwoorde in verband met toepassing van die korrekte
tegniek(e) om besering te voorkom (3)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Wanneer jy deur jou voete land en jou knieё buig wanneer jy ná 'n sprong land, verseker dit
dat jy die skok absorbeer. √
➢ Om die bene van die heupe uit te draai, vermy spanning en draaiing van jou knieё en
enkels. √
➢ Gebruik die korrekte belyning om te balanseer. √
1.2.2 VERDUIDELIKING VAN HOE OM KLASKONVENSIES TE VOLG OM BESERINGS
TE VOORKOM
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat met beseringvoorkoming verband hou:
• Opwarming
• Afkoeling
• Ruimtelike bewustheid
• Fokus en konsentrasie
• Korrekte kleredrag
• Omgewing
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die volg van klaskonvensies
om beserings te voorkom (3)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Om aan die begin van die klas op te warm, sal dit die liggaam voorberei deur die gewrigte en
spiere te mobiliseer. √
➢ Om sokkies te dra tydens dans kan in 'n gly veroorsaak omdat die danser geen trekkrag op
die vloer het nie. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 6 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
1.3 EVALUERING VAN HOE 'N LANGTERMYN BEHANDELINGSPLAN 'N DANSER
KAN AFFEKTEER
NOTA:
o Kandidate moet die effek van 'n langtermyn behandelingsplan evalueer. Moenie
punte vir slegs 'n lys van die gevolge van 'n besering toeken nie
o Moenie punte vir RYKE toeken nie, tensy RYKE in verband met 'n langtermyn
behandelingsplan evalueer word
o Kandidate mag na positiewe en/of negatiewe effekte in hul antwoorde verwys
Verwagte reaksies:
Moontlike areas vir evaluering:
• Monitor/toesig
• Herstellingperiode
• Verder besering
• Fiksheid
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Geheuegesondheid
• Effek op klasmaats
• Loopbaanlewensduur
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe 'n langtermyn behandelingsplan
'n danser sou kon affekteer
(4)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ As 'n danser nie 'n langtermynbehandelingsplan tydens herstelling van 'n besering volg nie,
kan dit na verswakte fiksheidsvlakke lei, wat opvoering sal affekteer wannneer daar terug klas
toe gekeur word. √
➢ Om 'n langtermynbehandelingplan te volg sal help met herstel omdat die besering konsekwent
gemonitor en versorg sal word. √
➢ Dit kan 'n danser se geestestoestand affekteer omdat hulle agter sal raak in hul klaswerk wat
stres en angs sal versoorsaak. √
➢ Om 'n kniebeskermer te dra kan stabiliteit vir 'n beseerde knie voorsien, wat die danser
veiliger sal laat voel. √
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 7 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID
LAE VLAK 2.1 Definiёring 4 punte
2.2 Lys 4 punte
MEDIUM VLAK 2.3 Verduideliking en stawing 4 punte
HOËVLAK 2.4.1 Analisering 4 punte
2.4.2 Verduideliking en stawing 4 punte
INHOUD VIR DINKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
2.1.1 Krag 1. Herroep
2.1.2 Spieruithouvermoё 1. Herroep
2.1.3 Soepelheid 1. Herroep
2.1.4 Neuromuskulȇre 1. Herroep
vaardighede
2.2 Soepelheid 1. Herroep
2.3 Voordele van komponente 1. Herroep
van fiksheid 2. Verduidelik die voordele in verband met goeie
danstegniek
3. Staaf met voorbeelde
2.4.1 Kinestetiese bewustheid en 1. Herroep
ruimtelike bewustheid 2. Analiseer die foto
3. Pas begrip toe van hoe kinestetiese bewustheid en
ruimtelike bewustheid in die foto gebruik word
2.4.2 Krag 1. Herroep
2. Analiseer die foto
3. Pas begrip van die ontwikkeling van krag in verband met
die foto toe
4. Staaf met voorbeelde
2.1.1 DEFINIEER KRAG
Verwagte reaksies:
• Krag is die vermoё van die spiere om krag teen swaartekrag/weerstand uit te
oefen.
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van krag (1)
2.1.2 DEFINIEER SPIERUITHOUVERMOЁ
Verwagte reaksies:
• Die krag wat die spiere besit om vir lang tydperke te kan oefen sonder om moeg te
word
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van spieruithouvermoё (1)
2.1.3 DEFINIEER SOEPELHEID
Verwagte reaksies:
• Die omvang van beweging in en om die gewrigte en spiere
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van soepelheid (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 8 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
2.1.4 DEFINIEER NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE
Verwagte reaksies:
• Die vermoё van die brein om boodskappe aan die liggaam deur die sentrale
seneweestelsel in 'n onmiddellike reaksie tyd te stuur
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van neuromuskulȇre
vaardighede (1)
2.2 MAAK 'N LYS VAN VIER MANIERE OM SOEPELHEID DEUR STREKKING TE
VERHOOG
NOTA:
o As meer as VIER maniere verskaf word, merk slegs die eerste VIER
Verwagte reaksies:
• Strekking plan/roetine
• Konsekwenteit
• Tyd en duur
• Dinamiese strekking
• Statiese strekking
• Asemhaling
• Spesifieke strekoefeninge
Enige ander relevante antwoorde in verband met 'n lys van hoe om soepelheid deur
strekking te verhoog (4)
2.3 VERDUIDELIKING EN STAWING HOE DIE KOMPONENTE VAN FIKSHEID
DANS BEVOORDEEL
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag meer oor een komponent van fiksheid as 'n ander skryf
o Kandidate kan vele voorbeelde oor een komponent verduidelik
o Kandidate moet die voordele van komponente van fiksheid op goeie danstegniek,
met gestaafde voorbeelde verduidelik. Moenie punte vir definisies toeken nie
Verwagte reaksies:
Kernstabiliteit
• Balans
• Beheer
• Postuur en belyning
Uithouvermoё
• Suurstofinname
• Energie
Soepelheid
• Omvang van beweging
• Lyn en vorm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 9 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Krag
• Bewegings en posisies behou
• Maatwerk
• Balans
• Beheer
Neuromuskulȇre vaardighede
• Balans
• Kinestetiese bewustheid
• Ruimtelike bewustheid
• Ratsheid
• Reaktiwiteit
• Ritme behou
• Koördinasie
Konsepte wat verband hou met alle komponente van fiksheid
• Uitvoering van beweging
• Beseringsvoorkoming
• Bewegingskompleksiteit
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe komponente van fiksheid
voordelig vir goeie danstegniek is (4)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Soepelheid: As 'n danser soepelheid in hul heupe het sal hulle uitgedraaide bewegings met
gemak en sonder beperking uit kan voer. √ 'n Danser sal ook die vryheid van beweging hê om
hulle bene in beenskoppe hoog op te lig. √
➢ 'n Sterk kern sal die danser toelaat om goeie beheer en balans te hȇ wanneer hulle draaie
uitvoer. √
➢ Kinestetiese bewustheid is voordelig vir 'n danser se tegniek omdat hulle hul eie voute sal kan
korrigeer terwyl hulle dans. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 10 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
2.4.1 ANALISERING VAN DIE FOTO: KINESTETIESE BEWUSTHEID EN
RUIMTELIKE BEWUSTHEID
NOTA:
o Moenie punte vir die definïering van kinestetiese bewustheid en ruimtelike
bewustheid toeken nie
o Kandidate se antwoorde moet verband hou met hoe kinestetiese bewustheid en
ruimtelike bewustheid in die foto gebruik word
o Kandidate mag meer oor een as die ander skryf, maar moet albei kinestetiese
bewustheid en ruimtelike bewustheid aanspreek om volpunte toe te ken
Verwagte reaksies:
Kinestetiese bewustheid in verband met:
• Vorm
• Verhoudings
Ruimtelike bewustheid in verband met:
• Vorm
• Verhoudings
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe kinestetiese bewustheid en
ruimtelike bewustheid deur die dansers in die foto gebruik word (4)
Voorbeeld van 'n antwoord:
In die foto gebruik die dansers kinestetiese bewustheid om hul eie liggame te koordineer maar
nogsteeds een vorm in die ruimte skep. √Hulle moet bewus wees van waar die kontakpunte is
sodat hulle saam met mekaar suksesvol in die posisie kan balanseer. √ Die dansers is ruimtelik
bewus van mekaar want hulle vul mekaar se negatiewe ruimte deur naby mekaar te dans. √ Die
danser in die oranje hemp moet verstaan waar om haar arms te plaas sodat sy nie teen die ander
danser stamp nie. √
2.4.2 ANALISERING VAN DIE FOTO: ONTWIKKELING VAN KRAG
NOTA:
o Moenie punte vir algemene maniere om krag te ontwikkel toeken nie, antwoorde
moet verband hou met die bewegings(s) wat in die foto verskyn
o Kandidate mag oefeninge meer breedvoerig verduidelik
Verwagte reaksies:
Hoe die moontlike areas ontwikkel kan word:
• Arms/bo liggaam
• Buik/rug/torso
• Heupe
• Bene
• Voete
Enige ander relevante antwoorde wat 'n verband hou met die ontwikkeling van krag om
die beweging(s) wat in die foto verskyn uit te voer (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 11 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Die danser in die oranje hemp kon gereelde hurke gedoen het om krag in haar bene te
ontwikkel om op een been te kan balanseer. √
➢ Die danser in die swart hemp kon planke gedoen het om krag in die kernspiere te ontwikkel
sodat sy die gewig van die ander danser kan behou. √
[20]
VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG
LAE VLAK 3.1 Kies 5 punte
MEDIUM VLAK 3.2 Voorstelling 5 punte
INHOUD VIR DINKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
3.1 Voeding: voedselgroepe 1. Herroep
2. Kies die geskikte voedselgroep
3.2 Voordele van dans: 1. Herroep
inklusiwiteit en diversiteit 2. Voorstelling van maniere om inklusiwiteit en diversiteit te
bevorder
3.1 KIES VOEDSELGROEPE
Verwagte reaksies:
3.1.1 C (1)
3.1.2 B (1)
3.1.3 A (1)
3.1.4 D (1)
3.1.5 B (1)
3.2 STEL MANIERE VOOR WAARIN INKLUSIWITEIT EN DIVERSITEIT IN DIE
DANSKLAS BEVORDER KAN WORD
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag meer oor een aspek as 'n ander skryf, maar moet albei inklusiwiteit
en diversiteit aanspreek om volpunte toe te ken
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 12 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Verwagte reaksies:
• Dansstyle
• Musiek
• Omgewing
• Kulturele uitdrukking
• Geslagsuitdrukking
• Visuele geletterdheid
• Samewerking
• Toeganklikheid
Enige ander relevante antwoorde in verband met maniere van hoe inklusiwiteit en
diversiteit in die klas bevorder kan word (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Wanneer daar groepwerk gedoen word, kan dansers elke keer met verskillende klasmaats
werk. √
➢ Skep 'n veilige dansomgewing sodat dansers hulself kan wees. √
[10]
VRAAG 4: DANSOPVOERING
MEDIUM VLAK 4.1 Bespreking 5 punte
HOËVLAK 4.2.1 Skep 10 punte
OF
4.2.2 Skryf 10 punte
INHOUD VIR ASSESSERING DINKPROSES
Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
4.1 Toewyding, fokus en 1. Herroep
konsentrasie 2. Bespreek die invloed op dansopvoering
4.2.1 Opvoeringsvaardighede: 1. Lees vir begrip
dinamika, verpersoonlikheid, 2. Herroep
akkuraatheid/duidelikheid van 3. Konseptualiseer 'n visuele sosialemedia-plasing
4. Skep 'n sosialemedia-plasing wat die belangrikheid
beweging
van opvoeringsvaardighede beklemtoon
OF
4.2.2 Opvoeringsvaardighede: 1. Lees vir begrip
Oorgange/vloei, uitdrukking, 2. Herroep
teenwoordigheid/projeksie 3. Konseptualiseer 'n teks vir sosialemedia-video
4. Skryf 'n teks vir sosialemedia-video
wat die belangrikheid van opvoeringvaardighede
beklemtoon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 13 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
4.1 BESPREKING VAN HOE TOEWYDING, FOKUS EN/OF KONSENTRASIE
DANSOPVOERING BEïNVLOED
NOTA:
o Kandidate mag meer oor een as die ander skryf, maar moet toewyding, fokus en/of
konsentrasie aanspreek om volpunte toe te ken
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Vertroue
• Selfvertroue/Vertroue
• Groepwerk
• Beseringsvoorkoming
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe toewyding, fokus en/of konsentrasie
dansopvoering kan beïnvloed (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ As 'n danser nie toegewyd aan daaglikse oefening is nie, sal hulle nie hul tegniek kan verbeter nie,
wat hul opvoering slordig sal laat lyk. √
➢ Dansers moet gedurende die opvoering gefokus wees anders mag hulle vas teen mekaar stamp,
wat hul opvoering onvoorbereid sal laat lyk. √
4.2.1 SKEP VAN 'N VISUELE SOSIALEMEDIA-PLASING WAT DIE BELANGRIKHEID
VAN OPVOERINGSVAARDIGHEDE VIR 'N DANSOUDISIE BEKLEMTOON
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan dalk
nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet die belangrikheid van dinamika, verpersoonliking en akkuraatheid/
duidelikheid van beweging beklemtoon. Moenie punte vir slegs definisies toeken nie
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (visueel en/of inligting-gebaseerd) voldoen
nie, kan nie in die hoëvlak band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord
te bepaal
o Geen regmerke moet gebruik word nie
o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te
dui dat die hele antwoord gelees is (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 14 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
NASIENRUBRIEK:
KRITERIA
• Kreatiewe ontwerp, visueel geskik vir sosiale media
HOЁ
• Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede
VLAK
7–10 • Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede
is verskaf
• Voldoende/Goeie ontwerp, sommige visuele aspekte vir sosiale media geskik
MEDIUM
• Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede
VLAK
4–6 • Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
vaardighede word verskaf
• Minimale/Geen ontwerp en minimale/geen begrip van visuele aspekte wat vir
sosiale media geskik is (nie)
LAE VLAK
• Minimale/Geen begrip van opvoeringsvaardighede (nie)
0–3
• Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
vaardighede word verskaf (nie)
Voorbeeld van 'n antwoord:
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 15 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
4.2.2 SKRYF 'N TEKS VIR 'N SOSIALEMEDIA-VIDEO WAT DIE BELANGRIKHEID
VAN OPVOERINGSVAARDIGHEDE VIR 'N DANSOUDISIE BEKLEMTOON
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet die belangrikheid van oorgang/vloei, uitdrukking en
teenwoordigheid/projeksie beklemtoon. Moenie punte vir slegs definisies toeken nie
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (kreatief en/of inligting-gebaseerd) voldoen
nie, kan nie in die hoëvlak band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
antwoord te bepaal
o Geen regmerke moet gebruik word nie
o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
te dui dat die hele antwoord gelees is (10)
NASIENRUBRIEK:
KRITERIA
• Uitstekende vloei van teks met geskikte taalgebruik vir sosiale media
HOЁ
• Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede
VLAK
7–10 • Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
vaardighede word verskaf
• Voldoende/Goeie vloei van teks met taalgebruik wat tot 'n mate geskik is vir
MEDIUM sosiale media
VLAK • Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede
4–6 • Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
vaardighede word verskaf
• Minimale/Geen vloei van teks met minimale/geen begrip van taalgebruik vir
LAE sosiale media (nie)
VLAK • Minimale/Geen begrip van die opvoeringsvaardighede (nie)
0–3 • Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
vaardighede word verskaf (nie)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 16 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Voorbeeld van 'n antwoord:
Hallo almal en welkom terug. Volgende in ons dansoudisie reeks sal ons op
opvoeringsvaardighede fokus. Is julle gereed? Laat ons hierdie vertoning op die pad kry. LIGTE,
MUSIEK, "SHOWTIME"!
Soos julle almal weet, ons skool se talentvertoning is om die draai en ons sal oudisies hou om die
beste van die beste uit te kies. Gebruik hierdie drie vaardighede om jou opvoering meer
onvergeetlik te maak:
1. Dit is belangrik om goeie oorgange in jou dans te hȇ om te verseker dat wanneer jy van
een beweging na die ander toe gaan, dit glad sal lyk. As jou dans glad vloei, sal dit jou
opvoering moeiteloos laat lyk.
2. Uitdrukking in 'n oudisie is goud werd. Maak seker dat jy verstaan waaroor jy dans en dat
jy die tema geïnterpreteer het. Dit sal verseker dat die gehoor jou opvoeringstuk ook
verstaan. Dit is ook belangrik om gesigsuitdrukkings tydens opvoering te gebruik want dit
sal jou help om uit te staan.
3. Projekteer en wees betrokke met die gehoor en beoordelaars want dit sal jou selfvertroue
toon. Maak seker dat jou ooglyn opgelig is, sodat jy die verbintenis met die gehoor kan
maak.
Reg, dis al van my af. Alle beste in die voorbereiding vir jou dansoudisie. Beste wense en sien jou
volgende keer. Moenie vergeet om te "like", "share" en "save this post".
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 17 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE
LAE VLAK 5.1 Kies 6 punte
MEDIUM VLAK 5.2 Bespreking 5 punte
OF
5.3 Bespreking 5 punte
5.4 Verduideliking 4 punte
HOËVLAK 5.5 Beskryf in hooftrekke 10 punte
INHOUD VIR DINKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
5.1 Choreografiese strukture 1. Herroep
5.2 Improvisasie vaardighede 1. Herroep
2. Reflekteer oor eie ervaring
3. Pas begrip toe van hoe improvisasie vaardighede en
vermoё as 'n danser/choreograaf verbeter
OF
5.3 Konvensionele and nie- 1. Herroep
konvensionele 2. Reflekteer oor eie ervaring
opvoerruimtes 3. Pas begrip toe van hoe konvensionele en/of nie-
konvensionele opvoerruimtes choreografie affekteer
5.4 Choreografie: narvoring 1. Herroep
2. Reflekteer oor eie ervaring
3. Pas begrip toe van die rol van navorsing wanneer daar
vir 'n choreografie beplan word
5.5 Multidissiplinȇre/ 1. Lees vir begrip
interdissiplinȇre opvoering 2. Herroep
3. Konseptualiseer 'n opvoeringstuk wat kunsopvoeding
verdedig
4. Beskryf die idee van die opvoeringstuk in hooftrekke
5.1 KIES CHOREOGRAFIESE STRUKTURE
Verwagte reaksies:
5.1.1 Kanon (1)
5.1.2 Stilte (1)
5.1.3 Ingevlegde vorms (1)
5.1.4 Klimaks (1)
5.1.5 Unisoon (1)
5.1.6 Sekwensie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 18 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
5.2 BESPREKING VAN HOE IMPROVISASIE VAARDIGHEDE EN VERMOЁ KAN
VERBETER
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat bespreek kan word:
• Kreatiwiteit
• Bewegingswoordeskat
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Tydsbestuur
• Kommunikasie
• Probleemoplossing
• Waardes en houding
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe improvisasie vaardighede en
vermoё as 'n danser en/of choreograaf kan verbeter (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Improvisasie kan tegniek verbeter omdat dit ekstra geleenthede bied vir dansers om
bewegings te oefen wat hulle dalk in die klas geleer het. √
➢ Improvisasie kan ook 'n danser se bewegingswoordeskat uitbrei omdat hulle nuwe maniere
van beweging ondersoek. √
➢ Improvisasie leer choreograwe hoe om probleme wat dalk in die oefensessie kan opduik, op
te los. √
OF
5.3 BESPREKING VAN HOE KONVENSIONELE EN/OF NIE-KONVENSIONELE
OPVOERRUIMTES CHOREOGRAFIE AFFEKTEER
NOTA:
o Kandidate moet hoe konvensionele en/of nie-konvensionele opvoeruimtes
choreografie affekteer, bespreek. Moenie punte vir die beskrywing van die
opvoerruimte toeken nie
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat bespreek kan word:
• Ruimte
• Vloer
• Rigting van die opvoering
• Ingange en uitgange
• Beligting
• Klank
• Visuele/spesiale effekte
• Rol/posisie van die gehoor
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe konvensionele en/of nie
konvensionele opvoerruimtes choreografie affekteer (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 19 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Konvensionele opvoerruimtes beïnvloed die choreografie want die choreograaf sal die
beligting wat sal help om hul tema oor te dra, moet oorweeg . √
➢ 'n Nie-konvensionele opvoerruimte laat choreograwe toe om elemente in die ruimte te
inkorporeer om die tema van hulle dans te ondersteun. √
5.4 VERDUIDELIKING VAN DIE ROL VAN NAVORSING WANNEER DAAR VIR
CHOREOGRAFIE BEPLAN WORD
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Begrip van die onderwerp/tema
• Konseptualisering
• Kreatiwiteit/inspirasie/oorspronklikheid
• Beweging
• Produksie elemente
• Musiek en/of begeleiding
Enige ander relevante antwoorde in verband met die rol van navorsing wanneer daar
vir 'n choreografie beplan word (4)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Navorsing help choreograwe om hul tema beter te verstaan en hul choreografie lewe op die
verhoog te gee. √
➢ Navorsing verskaf choreograwe met duidelike rigting; dit veroorsaak dat geen tyd in die
oefensessies gemors word nie. √
➢ Navorsing van die tema laat die choreograaf toe om te sien wat alreeds gedoen was sodat
hulle nuwe en opwindende materiaal kan skep. √
5.5 BESKRYF IN HOOFTREKKE 'N MULTIDISSIPLINÊRE/INTERDISSIPLINÊRE
OPVOERINGSTUK OM VIR KUNSOPVOEDING VOORSPRAAK TE MAAK
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies sal nie
in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet in hooftrekke 'n opvoeringstuk bespreek/idee wat voorspraak maak
vir kunsopvoeding. Moenie punte vir 'n algemene beskrywing van 'n
mulitdissiplinȇre/ interdissiplinȇre produksie toeken nie.
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
antwoord te bepaal
o Geen regmerke moet gebruik word nie
o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
te dui dat die hele antwoord gelees is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 20 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
Insluiting van TWEE of meer kunsvorms:
• Dans
• Drama
• Musiek
• Visuele Kuns
• Ontwerp
Storie/tema/intensie
• Inspirasie
• Narratiewe/abstrak
• Bewegingswoordeskat/styl
• Teks/gesproke woord
• Lied lirieke
Produksie-elemente
• Opvoerruimte
• Beligting
• Stelontwerp
• Rekwisiete
• Kostuums
• Musiek/begeleiding
• Visuele effekte/fotos
• Tegnologïe/ spesiale effekte
Verhoogplasing
• Hoeveelheid kunstenaars
• Plasing
• Patroon
• Formasie
Voorspraak
• Media/sosiale media platforms
• Gemeenskap platforms
• Tegnologie
• Voorspraak
• Uitreikking
• Opvoeding
• Simbolisme
Enige ander relevante antwoorde in verband met die beskrywing in hooftrekke van 'n
multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk/idee wat vir kunsopvoeding voorspraak
maak (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 21 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
NASIENRUBRIEK:
KRITERIA
• Diepgaande begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk
HOЁ • Uitstekende vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk,
VLAK wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te bespreek
7–10 • Verskaf 'n wye omvang van innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee
te ondersteun
• Voldoende/Goeie begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
opvoeringstuk
MEDIUM • Voldoende/Goeie vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
VLAK opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te
4–6 bespreek
• Verskaf 'n paar innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee te
ondersteun
• Minimale/Geen begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
opvoeringstuk (nie)
LAE
• Minimale/Geen vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
VLAK
opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te
0–3
bespreek (nie)
• Verskaf minimale/geen voorbeelde om die idee te ondersteun (nie)
Voorbeeld van 'n antwoord:
Hierdie stuk sal met een danser op die verhoog begin wat op die klank van hul eie stem
beweeg. 'n Enkele lig sal op die danser verskyn terwyl hulle 'n storie vertel oor hoe die
kunste hul lewe verander het. Een vir een neem meer kunstenaars deel aan hierdie motief
en die gesproke teks word dan 'n lied. Die kunstenaars sal dan in unisoon beweeg om
eenheid tussen die kunste te simboliseer. Geleidelik beweeg die kunstenaars na die middel
van die verhoog en sing in een stem wat hul algemene doel om vir kunsopvoeding
voorspraak te maak, simboliseer.
Wanneer hulle die middel van die verhoog tref, stop die lied en hulle draai om na die gehoor
in stilte te staar, om die belangrike aspekte van kunsopvoeding wat op hul T-hemde geverf
is, bloot te stel. Die bont gekleurde woorde van "aanvaardiging", "kreatiewe vryheid",
"samewerking", "vertroue", "inklusiwiteit" is treffend teen die dowwe agtergrond van die
verhoog. In stilte begin die kunstenaars hul T-hemde omruil wat simbolies is van hoe
opvoeding deur die kunste 'n saamwerkende en aahoudende proses is. Soos die lewendige
musiek begin speel, word die ligte helderder en die kunstenaars begin saamdans om die
konstante ondersteuning en veilige ruimte wat die kunste verskaf, uit te beeld.
Die stuk sal eindig waar al die kunstenaars tussen die gehoor beweeg en die woorde "Kuns
vir een, Kuns vir almal" uit te spreek. Dit is simbolies van hoe aansteeklik die invloed van die
kunste is en dat dit sal aanhou groei en verandering in vele lewens bring.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 22 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
LAE VLAK 6.1 Kies 6 punte
6.2 Verduideliking en stawing 4 punte
6.3.1 Identifisering 2 punte
MEDIUM VLAK 6.3.2 Beskrywing 8 punte
HOË VLAK 6.4 Verskaffing en stawing 5 punte
INHOUD VIR ASSESSERING DINKPROSES
Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
6.1 Dansverwante loopbane 1. Herroep
6.2 Dansverwante loopbane 1. Herroep
dansonderwyser/dansinstrukteur 2. Verduidelik die belangrikheid van die vaardighede
6.3.1 Dansvorme 1. Herroep
6.3.2 Dansvorme en dansbeginsels 1. Herroep
2. Onderskei die beginsels van die twee dansvorme
3. Beskryf hoe die dansbeginsels verskillend in elk van
die dansvorme gebruik word
6.4 Dansfusie/-samesmelting 1. Herroep
2. Verstaan die impak van dansfusie/-samesmelting
3. Formuleer 'n gestaafde opinie of dansfusie/
-samesmelting voordelig vir dans is
6.1 KIES DANSVERWANTE LOOPBANE
Verwagte reaksies:
6.1.1 Professionele danser (1)
6.1.2 Choreograaf (1)
6.1.3 Dansterapeut (1)
6.1.4 Danskritikus (1)
6.1.5 Dansnavorser (1)
6.1.6 Dansvideograaf (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 23 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
6.2 VERDUIDELIKING VAN DIE BELANGRIKHEID VAN DIE VAARDIGHEDE
BENODIG VIR 'N DANSONDERWYSER/INSTRUKTEUR
NOTA:
o Kandidate moet die belangrikheid van die vaardighede wat benodig is, staaf.
Moenie punte vir slegs verduidelikings van die vaardighede toeken nie
Verwagte reaksies:
• Beplanning
• Tydsbestuur
• Kommunikasie
• Probleem oplossing
• Choreografering
• Geduld
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die belangrikheid van die
vaardighede benodig vir 'n dansopvoeder/instrukteur (4)
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ 'n Dansonderwyser moet goeie tydsbestuur vaardighede hê om hul lesse doeltreffend te laat
loop. √
➢ Die onderwyser help ons wanneer ons choreografeer, wat beteken dat hulle 'n probleem goed
kan oplos. √
6.3.1 IDENTIFISERING VAN DANSVORME
NOTA:
o Merk slegs die eerste TWEE dansvorme as meer verskaf word
Verwagte reaksies:
• Ballet
• Hip Hop
• Kontemporȇre dans
• Afrika-dans
• Jazz
• Spaanse dans
Enige ander relevante antwoorde in verband met die identifisering van dansvorme (2)
6.3.2 BESKRYWING VAN HOE DIE DANSBEGINSELS VERSKILLEND IN DIE
DANSVORME WAT IN VRAAG 6.3.1 IDENTIFISEER IS, GEBRUIK IS
NOTA:
o Kandidate moet beskryf hoe die beginsels verskillend gebruik word vir elk van die
dansvorme wat in vraag 6.3.1 geïndentifiseer is. Moenie punte vir algemene
antwoorde toeken nie
o Ken EEN punt per kolpunt vir die eerste dansvorm geïdentifiseer toe
o Ken EEN punt per kolpunt vir die tweede dansvorm geïdentifiseer toe (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 24 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ In Jazz gebruik dansers hul kop om te fokus tydens 'n draai. √
➢ Kontemporȇre dansers gebruik die gewig van die kop om momentum te kry in 'n vooruit
swaai. √
➢ Jazz-dansers gebruik isolasie in hul arm bewegings asook "jazz hands". √
➢ Kontemporȇre dansers verplaas hul gewig in hul arms en hande om balans te verseker
wanneer hulle op die vloer skyf. √
6.4 VERSKAF 'N GESTAAFDE OPINIE OF FUSIE/SAMESMELTING VAN
DANSVORME DANS BEVOORDEEL
NOTA:
o Kandidate mag ‘n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate kan saamstem en/of nie saamstem nie of die fusie/samesmelting van
dansvorme dans bevoordeel
o Opinies moet gestaaf word
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Nuwe bewegingswoordeskat
• Nuwe tegnieke
• Bring verskillende kulture bymekaar
• Erkenning
• Evolusie van dans
• Dekolonisasie
• Verlies van suiwer dansvorme
• Gebrek aan begrip
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou daarmee of die fusie/samesmelting
van dansvorme voordelig vir dans is (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
Dans is 'n kunsvorm wat gedurig verander in aanmerking tot die wȇreld wat vinnig verander.
Dansfusie is voordelig vir dans omdat dit verskillende dansvorme toelaat om te kombineer en
nuwe danstegnieke te vorm. √ Dansfusie laat ook toe dat nuwe bewegingswoordeskat ontwikkel
word wat bydra tot die evolusie van dans. √ Dansfusie kan voordelig vir dans wees omdat dit 'n
platform skep waar alle dansvorme gesien en erken kan word. √ Ek dink dat dansfusie voordelig
vir dans is omdat dit samewerking tussen mense van verskillende kulture toelaat, √ wat 'n gevoel
van gelykheid tussen dansvorme skep. √
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 25 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
VRAAG 7: DANSWERK
MEDIUM LEVEL 7.1 Skryf 15 punte
7.2 Verduideliking 5 punte
HOЁVLAK 7.3 Verskaffing en stawing 5 punte
INHOUD VIR DINKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
7.1 Danswerk: produksie 1. Herroep
elemente en simboliese 2. Pas begrip van simboliese betekenis aan produksie
betekenis elemente toe
3. Skryf 'n opstel
7.2 Danswerk: ruimte en/of krag 1. Herroep bewegingswoordskat
wat in die danswerk gebruik 2. Herroep ruimte en/of krag
is 3. Verduidelik hoe ruimte en/of krag gebruik word om die
tema uit te beeld
7.3 Danswerk: invloed op 1. Herroep
vandag se konteks 2. Begrip van vandag se konteks
3. Pas begrip toe van die hedendaagse tye tot die
tema/intensie van die danswerk
4. Formuleer 'n gestaafde opinie
7.1 SKRYF 'N OPSTEL OOR HOE PRODUKSIE ELEMENTE SIMBOLIESE
BETEKENIS KOMMUNIKEER
NOTA:
o Kandidate mag meer oor een produksie element as 'n ander skryf
o Kandidate moet verduidelik hoe alle voorbeelde wat verskaf word, simbolies
gebruik is
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (opstel) voldoen nie, kan nie in die hoëvlak
band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
antwoord te bepaal
o Geen regmerke moet gebruik word nie
o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
te dui dat die hele antwoord gelees is
Verwagte reaksies:
• Opvoerruimtes: konvensioneel en nie-konvensionele ruimtes
• Stelontwerp
• Agterdoek
• Rekwisiete
• Beligtingontwerp/spesiale effekte, projeksies
• Kostuums en grimering
• Musiek/begeleiding
• Tegnologie
• Multidissiplinȇre werke
Enige ander relevante antwoorde in veband met hoe produksie elemente simboliese
betekenis kommunikeer
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 26 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
NASIENRUBRIEK:
KRITERIA
• Uitstekende vloei en organisering van inligting
UITSTEKEND • Diepgaande begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
12–15 oordra
• Verskaf ‘n wye verskeidenheid van voorbeelde wat gestaaf is
• Goeie vloei en organisering van inligting
BEDUIDEND • Goeie begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
10–11 oordra
• Verskaf 'n verskeidenheid voorbeelde wat gestaaf is
• Voldoende vloei en organisering van inligting
VOLDOENDE • Voldoende begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
8–9 oordra
• Verskaf 'n aantal voorbeelde wat gestaaf is
• Basiese vloei en organisering van inligting
BEVREDIGEND • Basiese begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
5–7 oordra
• Verskaf 'n aantal voorbeelde wat wel of nie gestaaf is nie
• Minimale/Geen vloei en organisering van inligting (nie)
NIE BEHAAL
• Minimale/Geen begrip van hoe produksie-elemente simboliese
NIE
betekenis oordra (nie)
0–4
• Minimale/Geen voorbeelde word verskaf (nie)
7.2 VERDUIDELIKING VAN HOE RUIMTE EN/OF KRAG DIE TEMA UITBEELD
NOTA:
o Kandidate mag meer oor een danselement as die ander skryf.
o Kandidate mag slegs oor een danselement skryf
o Kandidate moet verduidelik hoe die choreograaf ruimte en/of krag gebruik het, om
die tema(s) of idee(s) van die danswerk uit te beeld
Verwagte reaksies:
Ruimte
o Vlakke
o Rigting
o Positiewe ruimte
o Negatiewe ruimte
o Unisoon
o Kanon
o Patroon/formasie
o Ingevlegde vorms
Krag
o Kontras en dinamika
o Grootte
o Aksent
o Gewig
o Energie/moeite
Enige ander relevante antwoord in verband met hoe ruimte en/of krag die tema(s) of
idee(s) van die danswerk uit beeld (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 27 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ In Lamentation, het Martha Graham 'n enkele danser op 'n bankie geplaas om eensaamheid
verder te beklemtoon.√
➢ Unisoon was deur "Die Dood" in Ghost Dances gebruik om die gevoel van eenheid tussen
die burgers uit te beeld. √
➢ Skerp bewegings was in die "Winter Seisoen" van Four Seasons gebruik, om die wrede
realiteit van winter uit te beeld. √
7.3 VERSKAF 'N GESTAAFDE OPINIE OOR OF DIE DANSWERK 'N POSITIEWE
INVLOED IN VANDAG SE KONTEKS HET
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag saam stem of nie saam stem of die danswerk 'n positiewe invloed
op vandag se konteks het nie, of kandidate mag 'n opinie wat saam stem en nie
saam stem nie in hul antwoord, verskaf
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat ingelsuit kan word:
o Tema(s)
o Sosio-politieke kwessies
o Relevansie
o Kulturele/godsdienstige gelowe
o Verhoudings
Enige ander relevante antwoorde wat verwant hou met of die danswerk 'n positiewe
invloed op vandag se konteks het (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
Ek dink dat Ghost Dances 'n positiewe invloed op vandag se konteks het, want dit leer ons oor
die invloed van die oortreding van menseregte. √ Ghost Dances leer ons dat geweld en
vernietiging nie die onderliggende probleme oplos nie. √ Nadat ek Ghost Dances gekyk het, het
ek die belangrikheid van gemeenskap en eenheid geleer. Dit het my geleer om mekaar in vandag
se samelewing te vier. √ Die konsep van Ghost Dances is vandag relevant soos ons saam as 'n
gemeenskap staan om te veg vir wat reg is. √ Ghost Dances het my as persoon positief beïnvloed
omdat dit my geleer het hoe om sterk te wees, net soos "Die Dood". √
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 28 DBE/November 2024
NSS − Nasienriglyne
VRAAG 8: CHOREOGRAAF
LAE VLAK 8.1 Verskaffing 5 punte
8.2 Bespreking 5 punte
HOЁVLAK 8.3 Evaluering 5 punte
INHOUD VIR DENKPROSES
ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
8.1 Choreograaf: agtergrond en 1. Herroep
vroeё dansopleiding
8.2 Choreograaf: persoonlike 1. Herroep
en artistieke invloede
8.3 Choreograaf en funkies van 1. Herroep
dans in die samelewing 2. Pas begrip van choreograaf se bydrae in verband met
die funksies van dans in die samelewing toe
3. Evalueer die impak
8.1 VERSKAF INLIGTING OOR DIE AGTERGROND EN VROEЁ DANSOPLEIDING
VAN DIE CHOREOGRAAF
Verwagte reaksies:
• Plek van geboorte/datum
• Nasionaliteit
• Grootword/sosio-politieke konteks
• Dansskole
• Dansstyle
• Vroeё opleiding geleenthede of die gebrek daarvan
• Vroeё invloede
Enige ander relevante antwoorde in verband met die agtergrond en vroeё
dansopleiding van die choreograaf
(5)
8.2 BESPREKING VAN PERSOONLIKE EN ARTISTIESE INVLOEDE DEURLOPEND
DEUR DIE CHOREOGRAAF SE PROFESSIONELE LOOPBAAN
NOTA:
o Moet nie punte toeken as kandidaat net invloede gelys het nie, kandidate moet die
invloede bespreek.
Verwagte reaksies:
• Inspirasie
• Impak van onderwysers/mense
• Samelewing
• Politiek
• Ander kunstenaars
Enige ander relevante antwoorde in verband met die persoonlike en artistiese invloede
deurlopend deur die choreograaf se professionele loopbaan (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies 29 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
8.3 EVALUERING VAN DIE CHOREOGRAAF SE IMPAK OP DIE FUNKSIES VAN
DANS IN DIE SAMELEWING
NOTA:
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Kandidate moet die impak wat die choreograaf op die funksies van dans het,
evalueer. Moenie punte vir slegs definïering van die funksies van dans toeken nie
o Kandidate mag op een funksie van dans uitbrei of vele
Verwagte reaksies:
Bydrae tot dans in verband met:
• Uitreikprogramme
• Opvoeding
• Vermaak
• Protes/aktivisme
• Genesing
• Pret
• Loopbaan/werkskepping
Enige ander relevante antwoorde in verband met die choreograaf se impak op die
funksies van dans in die samelewing (5)
Voorbeeld van 'n antwoord:
Gregory Maqoma het die Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed deur om 'n platform vir dansers
om professioneel op te tree en geld te verdien, verskaf. √ Maqoma het ook werke wat sosio-
politieke temas aanspreek geskep, wat belangrike boodskappe met die samelewing
kommunikeer. √ Maqoma is betrokke by vele uitreikprogramme wat pret vir hul deelnemers
verskaf. √ Maqoma het ook studente gementor om dansaktiviste te word om hul eie
gemeenskappe/samelewing te beïnvloed. √ Ten laaste, Maqoma het vermaak vir die samelewing
voorsien deur tyd vir ontspanning asook 'n manier om deur kuns verryk te word, verskaf. √
[15]
TOTAAL AFDELING B: 90
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2022 Memo (English)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Eng)

Question paper