Skip to content

Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumDance StudiesGrade 12202229 pages

Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne NOTA VIR NASIENERS:  Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-  amptenare met gespesialiseerde danskennis gemerk word.  Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien, insluit.  Die nasienriglyne mag op geen wyse verander word nie.  Hou streng by die nasienriglyne wanneer nasien en pas konsekwent toe.  In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas word.  Kandidate het 'n keuse binne sekere vrae. Indien kandidate beide vrae beantwoord het moet slegs die EERSTE antwoord nagesien word. Trek 'n streep deur die tweede antwoord wat nie nagesien word nie.  In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke hoeveelheid feite te verskaf, moet slegs die verwagte hoeveelheid nagesien word indien meer verskaf word.  Inligting hoe om punte toe te ken wanneer 'n nasienrubriek gebruik word kan in die NOTA afdeling van daardie spesifieke vraag gevind word.  Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die handboek verskyn nie. Onsekerheid oor enige inligting wat deur die kandidaat verskaf word, moet deur navorsing geverifieer word, voordat daar verder gemerk word.  Hoë, medium en lae kognitiewevlakke wat in elke antwoord verwag word, is ingesluit bokant elke vraag. Dit moet toegepas word wanneer punte toegeken word. Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag en die taakvereistes moet as riglyn vir die toekenning van punte dien.  Die stappe waardeur kandidate moet gaan om die vraag te beantwoord, word onder die opskrif- DINK PROSES ingesluit.  Nasieners moet GEEN volpunte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig/ minimaal is of waar al die vereistes van die kompleksiteitsvlak van die vraag nie nagekom is nie.  Nasien moet geskied ten opsigte van wat die kandidate weet en nie wat hy/sy nie weet nie.  EEN √ = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met die maksimum punte.  Geen ½ punte mag toegeken word nie (vraag 1.3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne NASIENFORMAAT: Vrae wat een regmerk per punt vereis:  EEN √ = EEN punt afhangende van die vereistes van die vrae  Regmerke moet geplaas word, waar 'n punt vir die inhoud toegeken is  Skryf die totale punt vir die sub vraag/vraag in die regterkantse kantlyn Voorbeeld: Vraag: Wat is dans? (3) Antwoord: Dans is beweging van die liggaam √ wat emosies uitbeeld √ en ook 'n storie kan kommunikeer.√ 3  Waar antwoorde die maksimum punte oorskry, skryf MAKS PUNTE by die punt waar dit bereik was.  Plaas die antwoord tussen hakies aan die linkerkant se kantlyn om aan te dui dat dit gelees was.  Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word  Wanneer kwalitatiewe vrae gemerk word, ken slegs volpunte toe as al die areas ingesluit is.  Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om seker te maak dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie  NOTA: daar is spesifieke nasieninstruksies in die vrae wat van 'n nasienrubriek gebruik maak Berekening van die puntetotaal:  Dui die puntetotaal wat per vraag behaal is in die regterkantse kantlyn aan die einde van die antwoord met 'n diagonale lyn bo die totaal aan.  Hierdie totaal moet herhaaldelik omkring word aan die begin van die vraag in die linkerkantse kantlyn en omsingel. Plaas jou voorletters langs hierdie totaal. Voorbeeld: VRAAGNOMMER … 8 Begin van die antwoord SD Einde van die antwoord /8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: DANSBESERINGS LAE VLAK 1.1 Verandering 3 punte 1.2 Verskaffing 2 punte 1.3 Identifisering 5 punte en MEDIUM VLAK 1.3 Verduideliking 5 punte INHOUD VIR ASSESERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 1.1 Voorkoming van besering 1. Herroep 1.2 Behandeling met RYKE 1. Herroep 2. Kies die toepaslike deel van RYKE 1.3 Oorsake in verband met 'n 1. Herroep enkelbesering 2. Identifiseer moontlike oorsake van 'n enkelbesering in verband met omgewing, opvoeding, toewyding 3. Identifiseer spesifieke oorsake in verband met 'n enkelbesering en verduidelik 1.1 VERANDERING VAN ONDERSTREEPTE WOORD(E) OM STELLING WAAR TE MAAK Verwagte Reaksies: 1.1.1 Opwarming (1) 1.1.2 Dinamiese/aktiewe (1) 1.1.3 Buig (1) Enige ander relevante antwoorde wat die stelling waar maak 1.2 1.2.1 VERSKAFFING VAN MANIERE HOE AFKOEL KAN HELP AS BEHANDELING Verwagte Reaksies: Ys:  Verminder inflammasie/swelling  Verkluim die area en help met pyn  Versnel herstellingsperiode  Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe ys met die behandeling van 'n besering kan help (1) 1.2.2 VERSKAFFING VAN MANIERE HOE 'N VERBAND KAN HELP AS BEHANDELING Verwagte Reaksies: Kompressie:  Bied ondersteuning aan  Vermy verder besering  Verminder inflammasie/swelling  Stop bloeding  Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe kompressie/'n verband met die behandeling van 'n besering kan help (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.3 VERDUIDELIKING VAN OORSAKE VIR 'N ENKELBESERING NOTA: o EEN punt kan aan kandidate toegeken word vir identifiesering en verduideliking van hoe elke oorsaak tot 'n enkelbesering kan lei o Kandidate moet TWEE moontlike oorsake en `n verduideliking vir elk gee o Makismum van TWEE ½ punte mag vir identifisering toegeken word o Makismum van TWEE ½ punte mag vir verduideliking toegeken word o Alle antwoorde moet direk verband hou met 'n enkelverstuitin Verwagte reaksies: Vloer:  Sementvloer, ongelyke vloer, vuil/morsig, gate in die vloer  Verduidelik hoe enige TWEE tot 'n enkelbesering kan lei (2) Kleredrag:  Dra van sokkies, verkeerde skoene, langbroeke, ens.  Verduidelik hoe enige TWEE tot 'n enkelbesering kan lei (2) Ruimte:  Oorvol klasse, klein dansruimte, objekte wat die dansruimte blokkeer, temperatuur, ventilasie  Verduidelik hoe enige TWEE tot 'n enkelbesering kan lei (2) Opleiding:  Foutiewe metodologie: om nie foute reg te stel nie, om dansers nie op te warm nie, om nie veilige danspraktyk te verseker nie (veilige landings), verkeerde tegnieke  Verduidelik hoe enige TWEE tot 'n enkelbesering kan lei Toewyding: (2)  Beperkte toewyding: swak bywoning, geen klas deelname, nie by die huis te oefen nie, bewegings nie voluit te doen nie  Verduidelik hoe enige TWEE tot 'n enkelbesering kan lei (2)  Enige ander relevante antwoorde in verband met moontlike enkelbeserings in 'n dansklas omgewing Voorbeeld van 'n antwoord:  Om op 'n sementvloer te dans kan tot 'n enkelbesering lei as gevolg van die harde vloer wat nie die skok van die spronge terwyl landing plaasvind kan absorbeer nie.√  Wanneer sokkies gedra word tydens dans kan dit gly en val veroorsaak omdat daar nie genoeg trekkrag op die vloer is nie.√  Om in 'n klein spasie te dans kan veroorsaak dat 'n danser teen haar klasmaats stamp en val en haar enkel verstuit.√  As die onderwyser nie die korrekte tegniek onderrig nie, bv. hoe om veilig van 'n sprong te land, 'n danser kan haar enkel verstuit tydens landing.√  As dansers nie gereeld klasse bywoon nie sal hulle nie die korrekte tegnieke kan leer wat tot beserings kan lei nie, want bewegings word nie korrek uitgevoer nie.√ [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID LAE VLAK 2.1 Pas 5 punte MEDIUM VLAK 2.2.1 Analisering 4 punte 2.2.2 Beskrywing 3 punte OF 2.3.1 Analisering 4 punte 2.3.2 Beskrywing 3 punte HOËVLAK 2.4 Voorstelling 8 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 2.1 Neuromuskulêre 1. Herroep vaardighede 2.2 2.2.1 Soepelheid 1. Herroep 2. Analiseer die foto 3. Pas begrip van soepelheid wat met die foto verband hou 2.2.2 Oefening 1. Herroep oefeninge vir soepelheid in die algemeen 2. Kies die toepaslike oefening om soepelheid te ontwikkel om die beweging in die beeld uit te voer 2.3 2.3.1 Spierkrag 4. Herroep 5. Analiseer die foto 6. Pas begrip van soepelheid wat met die foto verband hou 2.3.2 Oefening 1. Herroep oefeninge vir spierkrag in die algemeen 2. Kies die toepaslike oefening om spierkrag te ontwikkel om die beweging in die foto uit te voer 2.4 Komponente van fiksheid 1. Lees met begrip en danstegniek 2. Erken dat die kolpunte met komponente van fiksheid en danstegniek verbind is 3. Besin oor komponente van fiksheid en danstegniek 4. Identifiseer watter komponente van fiksheid aangespreek moet word 5. Stel 'n antwoord vir verbetering voor 2.1 PAS DIE NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE Verwagte reaksies: 2.1.1 E (1) 2.1.2 C (1) 2.1.3 B (1) 2.1.4 A (1) 2.1.5 D (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne NOTA: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3. As die kandidaat albei vrae beantwoord, merk slegs die eerste antwoord. 2.2.1 ANALISERING VAN DIE FOTO: SOEPELHEID NOTA: o Antwoorde moet verband hou met die foto o Moenie punte vir antwoorde oor algemene soepelheid toeken nie. o Geen punte mag vir „n lys van antwoorde toegeken word nie Verwagte Reaksies: o Soepelheid in areas van die liggaam: o Heupe o Bene o Romp/rug o Arms o Voete/enkels (4) Voorbeeld van 'n antwoord:  Die danser het soepelheid omdat sy haar bene goed kan uitdraai.√  Sy is in staat om haar been baie hoog op te lig. √  Die danser is in staat om haar liggaam sywaarts te buig √  Sy is soepel genoeg om haar arm in 'n onnatuurlike posisie te kry.√ 2.2.2 BESKRYWING VAN 'N OEFENING WAT MET DIE FOTO VERBAND HOU: SOEPELHEID NOTA: o As meer as een oefening verskaf word, merk slegs die eerste een Verwagte reaksies:  Die tipe oefening wat verskaf word moet 'n verband hou met die ontwikkeling van soepelheid en spesifiek na die beweging in die beeld: o binnedy o uitdraai in heupgewrig o enkelsoepelheid o skouersoepelheid o rompsoepelheid (3) Voorbeeld van 'n antwoord:  'n Danser kan op die vloer sit met die bene so wyd as moontlik oop en die liggaam vorentoe buig met albei hande op die vloer geplaas. √ Hou die posisie totdat die spiere ontspan. Herhaal die oefening deur die liggaam nader na die vloer toe beweeg. √ OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.3.1 ANALISERING VAN DIE FOTO: SPIERKRAG NOTA: o Antwoorde moet 'n verband hou met die beeld o Moenie punte vir algemene spierkrag toeken nie o Geen punte mag vir „n lys van antwoorde toegeken word nie Verwagte reaksies: o Spierkrag in areas van die liggaam: o Heupe o Bene o Romp/rug o Arms o Voete (4) Voorbeeld van 'n antwoord:  Die danser het spierkrag in haar beenspiere want dit laat haar toe om die posisie te beheer en swaartekrag te weerstaan.√  Die danser het krag in haar romp want dit laat haar toe om beheer oor haar liggaam te hê en die posisie te behou.√  Die danser het krag in haar voete omdat sy al die gewig van haar liggaam kan ondersteun. √  Die danser het krag in haar arms omdat sy bevoeg is om haar arms na die plafon op te strek en swaartekrag te weerstaan.√ 2.3.2 BESKRYWING VAN 'N OEFENING WAT MET DIE FOTO VERBAND HOU: SPIERKRAG NOTA: o As meer as een oefening verskaf word merk slegs die eerste een Verwagte reaksies:  Die tipe oefening wat verskaf word moet 'n verband hou met die ontwikkeling van spierkrag en spesifiek na die beweging in die foto: o Been-/dykrag o Postuur en belyning/ krag in die kern o Enkel-/voetkrag o Arm-/skouerkrag (3) Voorbeeld van 'n antwoord:  Die danser kan hurkoefeninge doen deur met haar rug teen die muur te staan en die bene heupbreedte van mekaar af. Buig die knieë sodat die bekken laer as die knieë sak om die kern spiere te aktiveer.√ Hou vir 10 sekondes en keer terug na staande posisie.√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.4 VOORSTELLING VAN MANIERE OM PROBLEME TE VERBETER NOTA: o Evalueer die hele antwoord in konteks oor wat die kandidaat weet en punte moet daarvolgens toegeken word o Kandidate moet al vier kolpunte insluit om volpunte toe te ken o As kandidate nie die area of tegniese vaardigheid identifiseer nie kan volpunte nie toegeken word nie Verwagte reaksies:  Moontlike areas wat aangespreek kan word: o Uithouvermoë/kardiovaskulêre uithouvermoё o Kernstabiliteit/balans/postuur/belyning o Ruimtelike bewustheid/ oogfokus/balans/belyning o Enkelmobiliteit/voet en enkelkrag o Fokus en konsentrasie (8) Voorbeeld van 'n antwoord:  Jy is uitasem omdat jy 'n tekort aan uithouvermoë het.√ Jy kan jou uithouvermoë verbeter deur oor-die-vloer-oefeninge in die dansklas te herhaal.√ [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG LAE VLAK 3.1 Verskaffing 5 punte MEDIUM VLAK 3.2 Voorstelling 5 punte INHOUD VIR ASSESERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 3.1 Voeding 1. Lees met begrip 2. Herroep van goeie voeding 3. Verskaf vyf idees /voorbeelde om reg te eet 3.2 Liggaamsbeeld 1. Lees met begrip 2. Herroep van positiewe liggaamsbeeld 3. Kies toepaslike voorstellings vir binne en buite die dansklas in verband met die teks 3.1 VERSKAFFING VAN ADVIES OM KORREK TE EET NOTA: o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf o Sommige reaksies sal nie in die handboek verskyn nie o Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en punte moet daarvolgens toegeken word Verwagte reaksies:  Gebalanseerde dieёt  Eetplanne  Voedselgroepe  Tipe kos  Hidrasie/Ontwatering  Voedselpiramiede  Opname van voedseliname  Energievlakke (5)  Hoeveelheid maaltye  Enige ander relevante antwoorde oor hoe om korrek te eet Voorbeeld van 'n antwoord:  Eet kos van alle voedselgroepe.√  Eet drie gebalanseerde maaltye 'n dag.√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.2 VOORSTELLING VAN MANIERE OM 'N POSITIEWE LIGGAAMSBEELD TE VERBETER NOTA: o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid reaksies verskaf o Sommige reaksies sal nie in die handboek verskyn nie o Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en punte moet daarvolgens toegeken word o Kandidate moet maniere waarop klasmaats die danser in die teks kan help, binne en buite die dansklas voorstel o Moet nie volpunte toeken wanneer kandidaat nie voorbeelde vir albei verskaf nie. Kandidate kan meer oor een as die ander skryf Verwagte reaksies: Binne die dansklas: o Viering van prestasie o Bemoedigend/positiewe woorde/bevestigings o Voorbereidheid en geestelike fokus o Skep 'n gevoel van samesyn in die klas o Skep bewustheid (bv. bemoedigende boodskappe, visuele prente in die klaskamer) Buite die dansklas: o Ontspanningsaktiwiteite o Doelstelling o Hou 'n joernaal o Bevestigings o Fisiese aktiwiteite o Enige ander relevante areas wat 'n positiewe liggaamsbeeld bevorder binne en buite die dansklas (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: DANSUITVOERING LAE VLAK 4.1 Besprekking 5 punte HOË VLAK 4.2 Argumentering en stawing 10 punte INHOUD VIR ASSESERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 4.1 Verhoog en/of 1. Herroep klaskonvensies 4.2 Tegniek en 1. Herroep opvoeringsvaardighede 2. Onderskei tussen die twee en waar hulle oorvleuel 3. Argumenteer die belangrikheid van een of albei 4. Staaf die argument 4.1 BESPREKKING VAN VERHOOG- EN/OF KLASKONVENSIES NOTA: o Geen punte mag vir „n lys van antwoorde toegeken word nie Verwagte reaksies:  Korrekte gebruik van ruimte  Plasing/patroonvorming  Ingange en uitgange  Musiekaanwysings en tydsduur  Verhoogrigtings  Gedragskode  Respek  Dissipline  Groet  Geskikte dansklere  Spanwerk  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die dansverhoog en klaskonvensies (5) Voorbeeld van 'n antwoord:  Dansers moet altyd respek hê vir ander se liggame en idees.√  Dansers moet bewus wees daarvan om nie in mekaar vas te dans nie terwyl hulle deur die ruimte beweeg.√ 4.2 ARGUMENTERING VAN TEGNIEK VS. OPVOERING NOTA: o Kandidate mag een of albei vaardighede in hul argument insluit o Hierdie vraag maak gebruik van 'n nasienrubriek en die volgende nasienformaat word vereis: o Geen regmerke word gebruik nie o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die volle antwoord gelees is o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die antwoord te bepaal o Noteer die totale punt in die regterkantse kantlyn aan die einde van die kandidaat se antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies: Moontlike areas wat geargumenteer kan word vir tegniek:  Veilige danspraktyk  Beginsels, karaktereienskappe, styl van die dans of dansvorm  Komponente van fiksheid  Vlak van ingewikkeldheid  Bewegingskwaliteit  Enige ander relevante antwoorde vir tegniek Moontlike areas wat geargumenteer kan word vir vaardighede:  Uitdrukking en interpretasie  Sin te maak van beweging  Teenwoordigheid en projeksie  Musikaliteit  Dinamika  Aandag aan besonderhede  Verpersoonliking  Enige ander relevante antwoorde vir opvoeringsvaardighede (10) NASIENRUBRIEK:  Bied 'n uitstekende argument aan 8 - 10  Toon „n in-diepte begrip van tegniek en/of opvoeringsvaardighede  In-diepte, bevestigde voorbeelde word verskaf om argument te ondersteun 6- 7  Bied 'n goeie argument aan  Toon goeie begrip van tegniek en/of opvoeringsvaardighede  Bevestigde voorbeelde word verskaf om argument te ondersteun  Bied argument aan 3-5  Toon soms „n begrip van tegniek en/of opvoeringsvaardighede  'n Paar bevestigde voorbeelde word verskaf om argument te ondersteun  Kannie `n argument bied nie 0- 2  Minimale/geen begrip van wat 'n debat is  Verskaf minimale/geen voorbeelde van tegniek en/of opvoeringsvaardighede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Ek sou argumenteer dat opvoeringsvaardighede veel belangriker is as tegniek. Ideaal gesien moet 'n danser aan albei vaardighede voldoen, maar aan die einde van die dag is dans 'n “uitvoerende kunsvorm” so as ek moet kies, dan kies ek uitvoerende vaardighede. 'n Danser kan foutvrye tegniek hê, in staat wees om mooi lyne te skep, haar bene hoog te kan lig ens, maar geen vermoë om met die gehoor kontak maak nie. Terwyl foutvrye tegniek van 'n danser goed is om na te kyk, verhinder dit dat die gehoor enige emosie voel en nie die betekenis van die dans aan die gehoor oor te dra nie. Dans is 'n taal op sy eie. Dit moet emosie, stories en idees sonder woorde kommunikeer. Dit beteken dat 'n danser musikaliteit moet hê om die musiek te interpreteer sodat die musiek deur die bewegings lewendig word. Opvoervaardighede help ook die danser om die bewegings te verpersoonlik en hul eie “geur” aan die opvoering gee. Teenwoordigheid en aandag aan besonderhede help ook die danser om die tema/bedoeling te kommunikeer deur gesigsuitdrukkings of fokus sodat hulle 'n verbintenis met die gehoor/kyker kan bou. As deel van 'n gehoor/kyker sou ek eerder 'n uitvoering bywoon waar ek diep geroer word deur die dansers as wat ek tegniese vaardigheid sonder gees wou sien. Dit is hoekom ek voel dat opvoeringsvaardighede meer belangrik is. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE LAE VLAK 5.1 Kies 6 punte MEDIUM VLAK 5.2 Identifisering 4 punte Verduideliking HOË VLAK 5.3 Verduideliking 8 punte 5.4 Skepping 7 punte OF 5.5 Skepping 7 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 5.1 Dans en choreografiese 1. Herroep elemente 5.2 Choreografiese 1. Reflekteer oor PAT proses vaardighede/ 2. Identifiseer vaardighede wat geleer Is Lewensvaardighede 3. Kies twee vaardighede en verduidelik 5.3 Konvensionele en nie- 1. Herroep konvensionele 2. Onderskei tussen die twee en waar hulle oorvleuel opvoerruimtes 3. Verstaan die faktore wat in hierdie ruimtes ingesluit is en hoe dit die choreografie sal beïnvloed 4. Verduidelik elke faktor wat ingesluit is 5.4 5.4.1 Simboliek en visuele 1. Analiseer die visuele stimulus geletterdheid 2. Interpreteer die simboliese betekenis in die foto 3. Formuleer 'n opinie 5.4.2 Sinopsis 4. Verduidelik interpretering vir 'n sinopsis 5. Skep 'n titel en sinopsis gebaseer op 5.4.1 OF 5.5 Simboliek en choreografie 1. Lees vir begrip 2. Analiseer die gedig 3. Herroep elemente wat benodig word in die choreografie (bewegingswoordeskat, musiek/begeleiding, produksie- elemente, tegnologie, ens.) 4. Verduidelik interpretering vir 'n choreografie 5. Skep 'n geskikte titel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.1 KIES VAN DANS- EN CHOREOGRAFIESE ELEMENTE Verwagte reaksies: 5.1.1 Negatiewe ruimte (1) 5.1.2 Eenheid (unisoon beweging) (1) 5.1.3 Kanon (1) 5.1.4 Asimmetrie (1) 5.1.5 Duur (1) 5.1.6 Klimaks (1) 5.2 KIES EN VERDUIDELIK TWEE VAARDIGHEDE NOTA: o Ken EEN punt toe vir die vaardigheid wat gekies is en EEN punt vir die verduideliking daarvan Verwagte reaksies:  Tydsbestuur  Prioritisering  Konflikbestuur  Kommunikasie  Navorsing  Kreatiwiteit  Hantering van druk en eise stel  Ontdek nuwe sterkpunte en swakhede  Verbeter eie dansvermoë deur middel van improvisasie en eksperimentering  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die vaardighede wat gehelp het om die PAT 'n sukses te maak (4) Voorbeeld van 'n antwoord:  Probleem oplossing: √ My groep het nie alle oefeninge bywoon nie. Ek het `n weeklikse oefenrooster saamgestel om al die groeplede te akkommodeer.√ 5.3 VERDUIDELIKING VAN DIE EFFEK VAN OPVOERRUIMTES OP 'N DANSWERK NOTA: o Kandidate kan meer oor een ruimte skryf as die ander o Volpunte moet nie aan die kandidaat toegeken word as albei ruimtes nie ingesluit is nie o Kandidate mag beide positief en/of negatief reageer op die opvoerruimte o Kandidate kan baie bydraende faktore insluit of slegs op een faktor fokus Voorbeelde om punte toe te ken: o Indien die kandidaat 'n faktor van die ruimte insluit sonder 'n verduideliking, mag geen punte toegeken word nie, bv.: Die choreograaf moet die siening van die gehoor in aanmerking neem. X Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne o Om „n punt toe te ken moet die kandidaat die effek of die faktor verduidelik, bv. Die choreograaf moet die aansig of waar die gehoor staan in ag neem indien „n non-konvensionele uitvoeringsruimte gebuik word, aangesien daar geen vooraansig is nie. √ o Verwagte reaksies: Faktore in konvensionele dansruimtes wat verduidelik kan word:  Prosceniumboog/tongverhoog, ens.  Vloer  Rigting van opvoering  Skerms  Syskerms  Siklorama  Beligting  Klank  Visueel/spesiale effekte  Rol/posisie van die gehoor  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die choreografie van 'n danswerk geaffekteer kan word wanneer daar in 'n konvensionele opvoerruimte opgetree word Faktore in nie-konvensionele dansruimtes wat verduidelik kan word:  Kan in enige plek opgevoer word  Natuurlike beligting  Natuurlike strukture/ruimtes/vlakke  Omgewingsarea as die agterdoek  Rigting van die opvoering  Rol/posisie van die gehoor  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die choreografie van 'n (8) danswerk beïnvloed kan word wanneer daar in 'n nie-konvensionele opvoerruimte gewerk word NOTA: Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en 5.5. Merk slegs die eerste vraag as die kandidaat albei vrae beantwoord het. 5.4.1 en 5.4.2 INTERPRETERING VAN DIE STIMULUS NOTA: o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid reaksies of interpretasies van simboliek wat in die beeld gebruik word, verskaf o Kandidate se reaksies in 5.4.2 moet verband hou met die interpretasie wat verduidelik word in 5.4.1 o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidate se antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die volledige antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is o Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om te verseker dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.4.1 INTERPRETERING VAN DIE STIMULUS: FOTO Verwagte reaksies: Simboliek wat verband hou met:  Dansers  Stoele  Ruimtes  Beligting  Bewegings  Hande  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die interpretering van simboliek in die foto (3) NASIENRUBRIEK  Insiggewende, kreatiewe interpretasie van die simboliek wat in die 3 foto gebruik word 5.4.1 2  'n Begrip van simboliese voorstelling 1  Letterlike/basiese interpretasie van die foto Voorbeeld van 'n antwoord: Die twee dansers is ineengevleg met mekaar vir die liefde wat hulle vir mekaar het, aandui. Hulle arms raak nie ten volle aanmekaar nie, want dit kan simboliseer dat die liefde wat hulle deel nie opreg is nie. Die kollig rondom die dansers, met donkerte wat hulle omsingel, kan voorstel dat hulle alleen is in hierdie lief-haat verhouding. 5.4.2 INTERPRETERING VAN DIE STIMULUS: BEELD NOTA: o Skryf die punte wat toegeken word volgens die opskrifte in die nasienrubriek, aan die begin of aan die einde van die antwoord, afhangende van die spasie wat beskikbaar is E.g.: Titel = 1 Sinopsis = 3 Verwagte reaksies: Titel:  Hou verband met die interpretering van die stimulus in 5.4.1 Sinopsis:  Tema/storie/idee (4) NASIENRUBRIEK 5.4.2 1  Verskaf 'n toepaslike titel Titel  Suksesvolle samevatting van idees in 'n sinopsis 3  Opsomming van die kern van die foto 5.4.2 2  Sukkel/poog om 'n kort sinopsis te formuleer Sinopsis  Begryp nie ten volle wat 'n sinopsis is nie 1  Beskryf die foto Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Ek is lief om jou te haat Twee mense in 'n besige wêreld wat liefde met mekaar deel, het deur die alledaagse lewe vyandigheid teenoormekaar ontwikkel. Verorber deur hierdie liefde-haat-verhouding word die donkerte deur die lig verdryf. OF 5.5 INTERPRETERING VAN DIE STIMULUS: GEDIG NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Gebruik die rubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is o Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om te verseker dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie o Skryf die punte wat toegeken word volgens die opskrifte in die nasienrubriek, aan die begin of aan die einde van die antwoord, afhangende van die spasie wat beskikbaar is Bv.: Titel = 1 Interpretering = 6 Verwagte reaksies: Titel:  Hou verband met die interpretasie van die gedig Choreografie:  Danselemente  Choreografiese strukture  Produksie-elemente  Bewegingswoordeskat  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die interpretasie van die gedig (7) NASIENRUBRIEK Titel 1  Veskaf 'n geskikte titel  In-diepte begrip van simboliek in die gedig  Innoverende konseptualisering van simboliese betekenis in 5–6 beweging en wys gevorderde kennis van die skep van „n Interpretering choreografie  Kan die gedig interpreteer, toon soms „n begrip van simboliek 3–4  Demonstreer kennis van choreografie  Letterlike interpretasie van die gedig 1–2  Minimale begrip van choreografie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord: Voetspore Hierdie gedig handel oor hoe voetspore gelos word vir ander om te volg. Ek wil videoprojeksie gebruik van mense wat stap en hulle hul voetspore nalaat. Die dansers sal hierdie beweging op die verhoog herhaal wat die impak van die voetspore sal simboliseer. Die woorde 'geval' en 'lug' sal gebruik word om te improviseer en kontrasterende bewegings te skep wat toon hoe die voetspore versprei en aan die mense se lewens gebind word. Hierdie motief sal gemanipuleer word deur die gebruik van kanon, om die herhalende aard van hoe voetspore aanhoudend mense beïnvloed. Die leë verhoog en gebruik van syvloerbeligting sal skaduwees skep en die beweging van die voete beklemtoon. Stilheid sal gebruik word om die oomblikke waar die voetspore 'n impak op die mense het, uitbeeld. Die gebruik van oor-die-vloer-bewegings op en af van die verhoog verteenwoordig hoe die mense die impak van die voetspore in hul lewens dra. Ek sal die choreografie eindig met die dansers wat weereens stap terwyl die ligte stadig uitdoof wat simboliseer hoe die voetspore sonder ophou aangaan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID LAE VLAK 6.1 Kies 6 punte 6.3 Bespreking 8 punte MEDIUM VLAK 6.2 Verskaffing 6 punte HOË VLAK 6.4 Evaluering 5 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 6.1 Beroepe 1. Herroep 6.2 Funksies van dans in die 1. Herroep samelewing 2. Verstaan voordele van kulturele dans 3. Pas begrip tot die verryking van die samelewing toe 6.3 Geskiedenis van die 1. Herroep hoofdansvorm 6.4 Evolusie van kulturele dans 1. Herroep 2. Onderskeid tussen verlede en huidige kulturele danse en of veranderings plaasgevind het 3. Identifiseer veranderinge 4. Evalueer evolusie van kulturele dans in die algemeen of fokus op een dans en staaf met voorbeelde 6.1 KIES DANSVERWANTE LOOPBANE Verwagte reaksies: 6.1.1 Verhoogbestuurder (1) 6.1.2 Danser (1) 6.1.3 Choreograaf (1) 6.1.4 Dansonderwyser (1) 6.1.5 Fisioterapeut (1) 6.1.6 Persoonlike fiksheidsinstrukteur (1) 6.2 VERSKAFFING VAN 'N OPINIE OOR DIE VOORDELE EN FUNKSIES VAN DANS NOTA: o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid van reaksies of opinies verskaf en mag oor die funksies van dans oor die algemeen skryf of terugdink oor hoe die funksies van dans hulle persoonlik of by die skool beïnvloed het o Kandidate kan oor een of meer funksies antwoord o Kandidate moet verduidelik hoe dans die gemeenskap verryk. Moet nie punte toeken vir definisies nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Verwagte reaksies:  Onderwys  Vermaak/ontspanning  Kompetisie  Kommunikasie  Transformasie  Genesing/terapie  Uitdrukking  Beroep/loopbaan  Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met hoe die funksies van dans vir die verryking van die gemeenskap belangrik is. (6) Voorbeeld van 'n antwoord:  Dans word gebruik om mense op te voed, kan gemeenskap verryk, want dit laat dansers toe om belangrike sosio-politieke kwessies te kommunikeer wat mense nie van bewus is nie. √  Deur dans op skool te doen word dit ook gebruik om ons bewus te maak van vaardighede soos tydsbestuur en self-dissipline. √ 6.3 BESPREKING VAN DIE GESKIEDENIS VAN DIE HOOFDANSVORM NOTA: o Merk slegs die eerste AGT feite as meer verskaf word Verwagte reaksies:  Oorsprong (waar en wanneer dit begin het)  Funksie/doel (rede vir die dansvorm se begin)  Prominente figure (choreograwe, dansers, onderwysers, baanbrekers)  Sosio-politieke/kunsinvloede  Style  Eienskappe (wat verband hou met die geskiedenis van die dans)  Enige ander relevante antwoord oor die geskiedenis van die hoofdansvorm (8) Voorbeeld van 'n antwoord: Kontemporêre dans:  Dit het begin as 'n opstand teen strukture, feëverhale, temas & kostuums gebruik in ballet √  Dit was gelei deur invloedryke mense/baanbrekers soos Isadora Duncan en Martha Graham √ 6.4 EVALUERING VAN DIE EVOLUSIE VAN KULTURELE DANS NOTA: o Kulturele dans is wyd en kandidate kan sosiaal, inheemse en/of tradisionele danse insluit o Kandidate mag op een spesifieke dans fokus, bv. gumboot OF baie danse / algemene kulturele danse in hul evaluering o Hierdie vraag vereis dat kandidate kennis het van die hedendaagse neigings in die gemeenskap en/of die danswêreld o Evalueer die hele antwoord in konteks oor wat die kandidaat weet en punte moet daarvolgens toegeken word o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is o Kandidate moet die antwoord in paragraafvorm aanbied wat gestaafde voorbeelde insluit Verwagte reaksies: Konteks:  Plekke/geleenthede/gebeurtenis Deelnemers  Geslagsrolle  Opvoerders/lede van die gemeenskap /professionele opgeleide kunstenaars Plek  Opvoerruimte/publiek/privaat/konvensioneel/nie-konvensionele Style  Eienskappe/beginsels/samesmelting Musiek/begeleiding  Lewendig/vooraf-opgeneemde/genres  Liggaamsperkussie/klankeffekte/sang Multidissiplinêre werk  Kombinasie van ander kunsvorms met kulturele dans. Bv. drama/visuele kuns/musiek/ontwerp Tegnologie  Die insluiting van die verfilming van werke/gebruik in publieke platforms soos advertensies/veldtog/sosiale media  Enige ander relevante antwoorde wat evalueer of kulturele dans ontwikkel het of (5) hedendaags onveranderd gebly het NASIENRUBRIEK:  In-diepte kennis van verlede en/of huidige kulturele dans/e 4-5  Gestaafde evaluering oor kulturele danse wat verander het, met gestaafde voorbeelde wat verskaf word  Goed gestruktureer, logiese vloei van gedagtes en idees in die paragraaf  Beperkte/voldoende kennis van verlede en/of huidige kulturele dans/e 2-3  Kan kulturele dans/e evalueer  Verskaf voorbeelde/ongestaafde feite oor kulturele dans/e van kulturele dans/e  Toon soms „n vloei van gedagtes en idees in die paragraaf 0-1  Minimale tot geen kennis van verlede/of huidige kulturele dans/e  Het nie die vermoë om kulturele dans te evalueer nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n antwoord wanneer 'n algemene kulturele dans gebruik word: Die kulturele danse in Suid Afrika het op baie maniere verander van voor tot na apartheid. In vroeër tye was sekere kulturele danse nie opgevoer vir die breër publiek of op formele verhoë nie. Baie kulturele/tradisionele danse is beskou as 'toeriste aantrekking' en tot 'n sekere mate is dit nog so. Spesifieke tradisionele danse was heilig en was slegs opgevoer in die gemeenskappe waar hulle hul oorsprong het en was nie gesien deur mense buite die besondere kultuur nie. Hierdie danse was ook nie verenig met Westerse style soos Ballet, Kontemporêre dans, ens. In later tye, en meer spesifiek Afrika tradisionele dans, het 'n groot impak op baie dansstyle soos Kontemporêre dans, Hip hop en Jazz-dans gehad. Baie van hierdie danse het nou saamgesmelt met Afrikadans wat 'n meer spesifieke Afrika-kenmerk vir ons danse geskep het. Dit het ook gelei tot 'n invloed van Afrikadans in die wêreld, waar selfs kunstenaars soos Rihanna en Beyoncé, Suid-Afrikaanse bewegings gebruik. Afrikadans is op die kaart geplaas en het wêreldwye erkenning gekry. Dit speel nogtans 'n betekenisvolle rol in Afrika kulturele gemeenskap en baie danse word onveranderd oorgedra van geslag tot geslag. Voorbeeld van 'n antwoord wanneer 'n spesifieke kulturele dans gebruik word: Die gumbootdans het in verskillende maniere verander oor die jare. Van sy oorsprong in die myne tot waar ons dit nou op 'n professionele verhoog sien. Gumbootdans het begin as 'n vorm van protes en ontspanning in die goudmyne in Suid-Afrika. Dit was ook gebruik as 'n instrument om te kommunikeer, want swart manlike werkers het van baie verskillende kulture gekom en op een plek bymekaar gebring. Gedurende daardie tyd was dit slegs deur hierdie mans in hulle werkplek opgevoer. Oor die jare het gumbootdans meer inklusief geword, waar dit deesdae deur enigeen, ongeag van hulle geslag, opgevoer word. Gumbootdans word ook in die publiek opgevoer en ons sien hierdie dans by toeriste bestemmings en professionele platforms. Dit word ook gesien in groot produksies wat toer soos Umoja wat Afrikaanse diversiteit, identiteit en kultuur toon en vier. Tradisioneel gebruik Gumbootdans vooroor gebuigde postuur waar die dansers die romp nader aan die bene bring om die stewels te slaan. Deesdae eksperimenteer of interpreteer dansers gumboot in hulle eie manier. Bv. die Jazzart dansers in Bolero gebruik regop postuur en lig hulle bene op om die stewels te slaan. Gumbootdans word aan die lewe gehou deur sy herinterpretasie om by die huidige neigings en kontekste te pas. Dit word ook oor die hele land gevier en word aanskou as 'n dans wat die nasie trots kan op wees. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: DANSWERK MEDIUM VLAK 7.1 Herroeping 10 punte Organisering HOË VLAK Ontwerp 5 punte MEDIUM VLAK 7.2 Analisering 10 punte INHOUD VIR DINKPROSES ASSESSERING Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg 7.1 Danswerk: sinopsis, 1. Herroep produksie-elemente en 2. Onttrek toepaslike inligting volgens die drie kolpunte musiek/begeleiding 3. Organiseer inligting onder elke opskrif 4. Konseptualiseer die breinkaart 5. Ontwerp breinkaart om inligting en ontwerpelemente in te sluit 7.2 Danswerk: 1. Herroep bewegingswoordeskat en 2. Kies spesifieke voorbeelde van bewegings simboliek 3. Herroep simboliek wat in die bewegings gebruik word 4. Verskaf spesifieke voorbeelde 7.1 SKEPPING VAN 'N BREINKAART NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Alle areas moet ingesluit wees om volpunte toe te ken o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is o Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om te verseker dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord gemis het nie o Skryf die punte wat toegeken word volgens die opskrifte in die nasienrubriek, aan die begin of aan die einde van die antwoord, afhangende van die spasie wat beskikbaar is Bv.: Inligting = 10 Ontwerp = 5 Verwagte reaksies: Storielyn/tema/sinopsis  Inspirasie  Redes  Bedoeling  Oorsig van afdeling/verhoë  Enige ander relevante areas in verband met sinopsis/tema/storielyn Produksie-elemente  Beligtingsontwerp, spesiale effekte, projeksie  Kostuum  Stelontwerp  Rekwisiete  Agterdoek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Tegnologie, multidissiplinêre werk  Opvoerruimte: konvensionele en nie-konvensionele ruimtes  Enige ander relevante areas in verband met produksie-elemente Musiek/begeleiding  Komponiste  Genres/style  Tydsduur  Ritme  Dinamika  Toonhoogte  Klank  Frase  Instrumentasie  Enige ander relevante areas in verband met musiek/begeleiding Ontwerp  Twee A4 bladsye teenoor mekaar (landskap of portret)  Opskrifte is duidelik en sigbaar  Kreatiewe en innoverende uitleg  Visuele impak  Insiggewend (15) NASIENRUBRIEK: 8 - 10  In-diepte herroeping van kennis  In staat om feite volgens die toepaslike opskrifte te organiseer 6-7  Goeie herroeping van kennis  In staat om feite volgens die toepeaslike opskrifte te Inligting organiseer 4-5  Kennis word soms herroep  In staat om feite volgens die toepaslike opskrifte te organiseer 1-3  Minimale/geen herroeping van kennis  Minimale/geen vermoë om inligting korrek te organiseer Ontwerp kriteria:  Twee A4 bladsye teenoormekaar (landskap of portret)  Opskrifte is duidelik en sigbaar  Kreatiewe en innoverende uitleg  Visuele impak Ontwerp  Insiggewend 4-5 Uitstekend: 2-3 Bevredigend 0-1 Minimaal/Geen Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 27 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 7.2 ANALISERING VAN BEWEGINGSWOORDESKAT EN SIMBOLIESE BETEKENIS NOTA: o Kandidate moet verduidelik hoe alle voorbeelde wat ingesluit is, simbolies gebruik is o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is Verwagte reaksies:  Identifisering van bewegings/gebare/motiewe, saamgesmelte bewegings/style  Danselemente  Choreografiese strukture  Enige ander relevante areas in verband met die analisering van simbolism (10) NASIENRUBRIEK: KRITERIA  In-diepte herroeping van bewegingswoordeskat en simboliek 8–10  Gevorderde begrip van die simboliek  Verskaf uitstekende gestaafde voorbeelde van simboliek  Goeie herroeping van bewegingswoordeskat en simboliek 6-7  Goeie begrip van die simboliek  Verskaf gestaafde voorbeelde van simboliek  Bewegingswoordeskat en simboliek word soms herroep 4-5  Toon soms „n begrip van die simboliek  Verskaf gestaafde voorbeelde van simboliese bewegings  Minimale/geen herroeping van kennis 0-3  Verstaan nie simboliek nie  Verskaf algemene stellings met geen voorbeelde van simboliek Voorbeeld van 'n antwoord: Die spoke gebruik akrobatiese bewegings soos vooroor rolle om hulle dieragtige natuur te simboliseer. Hulle spring oor die verhoog om hulle krag te wys wat simbolies is van die krag wat hulle oor die dooies het. Die spoke lê op die rotse terwyl hulle vir die dooies wag wat jag en waak oor hulle slagoffers, verteenwoordig. Die regop postuur en oogfokus stel voor 'n mate van gesag wat die spoke oor die dooies het. Die spoke loop met selfversekerdheid tussen die dooies rond, wat simboliseer dat dood onvermydelik is. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 28 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: CHOREOGRAAF MEDIUM VLAK Herroeping 12 punte Organisering HOË VLAK Skepping 3 punte INHOUD VIR ASSESSERING DINKPROSES Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg Voorgeskrewe choreograaf 1. Herroep 2. Kennis van die artikelformaat 3. Kies geskikte inligting vir:  Inleiding  Liggaam  Slot 4. Skryf 'n artikel wat 'n logiese vloei van toepaslike inligting aanbied 8. SKRYF 'N ARTIKEL NOTA: o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word o Alle areas moet ingesluit wees om vol punte toe te ken o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord te bepaal o Geen regmerke moet gebruik word nie o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te dui dat die hele antwoord gelees is o Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om te verseker dat jy nie 'n gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie o Skryf die punte wat toegeken word volgens die opskrifte in die nasienrubriek, aan die begin of aan die einde van die antwoord, afhangende van die spasie wat beskikbaar is Bv.: Inligting = 12 Formaat = 3 Verwagte antwoorde:  Agtergrond inligting  Dansopleiding en beroep  Prestasie en erkenning  Bydra en verwantskap met dans in die gemeenskap  Invloede  Enige ander relevante areas in verband met die choreograaf (15) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 29 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne NASIENRUBRIEK:  Uitstekende herroep van baie areas met betrekking tot die 10 - 12 choreograaf  Uitstekende vermoӫ om inligting te organiseer 8-9  Goeie herroeping in sommige areas Inligting  Goeie vermoë om inligting te organiseer  Herroep sommige areas 5-7  Vermoë om inligting in plekke te organiseer  Minimale/geen herroeping 0-4  Minimale/geen vermoë om inligting te organiseer KEN EEN PUNT TOE VIR ELK VAN DIE VOLGENDE 1 Relevante inleiding Formaat 1 Relevante middel 1 Relevante slot [15] TOTAAL AFDELING B: 90 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dance Studies

View all