Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2024 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25)
AFDELING B (75)
AFDELING C (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; 'n 2 punt-vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer antwoorde gee as wat die
vraag vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos 'goedkoper',
'stadiger/vinniger', ens. NIE aanvaar word NIE.
11. MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
vereis word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Watter tipe grafiek word aanbeveel om 'n tendens oor 'n tydperk te illustreer?
A Staafgrafiek ('Bar chart')
B Lyngrafiek ('Line chart')
C Sirkelgrafiek ('Pie chart')
D Borrelgrafiek ('Bubble chart') (1)
1.2 Om veelvuldige tegnologieë in 'n enkele toestel te kombineer, staan as …
bekend.
A verkooppunt ('point of sales')
B konvergensie ('convergence')
C bylaag ('annexure')
D randtoestel ('peripheral') (1)
1.3 'n Drukker wat kan kopieer en skandeer is 'n voorbeeld van 'n … toestel.
A multifunksionele ('multifunctional')
B multitaakverwerking- ('multitasking')
C multiverwerking- ('multiprocessing')
D toevoer- ('input') (1)
1.4 Hierdie stap in die inligtingsiklus kan slegs plaasvind nadat die data en
instruksies in die ETG ('RAM') van die toestel is:
A Toevoer
B Stoor
C Afvoer
D Verwerking (1)
1.5 NVK ('NFC') kan nie gebruik word om … nie.
A jou motor se deure oop te sluit
B bybehore te paar
C aan 'n koppelkol ('hotspot') te koppel
D vir jou kruideniersware te betaal (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.6 Die proses om gebruikers te mislei om 'n versteekte skakel op 'n webblad te
volg, staan as ... bekend.
A klikkaping ('click-jacking')
B flousery ('spoofing')
C skimkaping ('pharming')
D advertensieware ('adware') (1)
1.7 'n Tendens waar objekte en toestelle via die internet aan mekaar gekoppel is:
A PAN
B LTE
C IvD ('IoT')
D MAN (1)
1.8 Wanneer 'n internetdiens 'n hoër prioriteit as ander dienste kry, word dit ...
genoem.
A vorming ('shaping')
B smoring ('throttling')
C internet-datalimiet ('internet cap')
D bandwydte ('bandwidth') (1)
1.9 'n … is gewoonlik die laaste stap in 'n tweefaktor(tweestap)-egverklaring
('authentication').
A Sekuriteitsvraag
B Valideringteks
C Gebruikersnaam
D Een-keer-wagwoord (EKW) ('One-time pin' ('OTP')) (1)
1.10 Watter woordverwerkingseienskap ('word processing feature') kan nie gebruik
word om veelvuldige veranderinge op dieselfde tyd te maak wanneer 'n
dokument geformateer word nie?
A Styles
B Find and Replace
C Format Painter
D Themes (1)
[10] 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 U.
KOLOM A KOLOM B
2.1 'n Drukstuk is 'n voorbeeld van 'n ... A netskans ('firewall')
2.2 Data wat betekenisvol georganiseer is B bewyse
2.3 'n Toestel op 'n netwerk wat toegang tot C <ul>…</ul>
sekere poorte en kommunikasiekanale
toelaat of verhoed D speelstok ('joystick')
2.4 Onderskei mense van bots op webtuistes E e-posadres
2.5 Die tipe kabel wat gebruik word om video- F hardekopie
en klankseine van 'n hoë gehalte te versend
G HDMI
2.6 Toestel wat deur gehoorgestremde mense H inligting
gebruik word
I bladsy-onderbreking
2.7 HTML-kode om 'n kolpuntlys ('bulleted list') ('page break')
te skep
J VGA
2.8 'n Veldeienskap-instelling in Access wat sal
verseker dat 'n veld nie leeg gelaat word nie K seksiebreuk/-onderbreking
('section break')
2.9 'n Eienskap wat verseker dat 'n watermerk
slegs op die eerste twee bladsye van 'n L <ol>…</ol>
dokument vertoon
M sagtekopie
2.10 'n Kontrole in die 'Developer Tab' wat die
geskikste vir oop ('open-ended') vrae is N teksvormveld ('text form
field')
O verstekwaarde ('default
value')
P vibreerpaneel
Q skakeltoestel ('switch')
R aftrekvormveld ('drop-
down form field')
S verplig ('required')
T CAPTCHA
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf 'WAAR'. Indien die stelling onwaar is, skryf 'ONWAAR' en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE'
gebruik om die stelling te verander NIE.)
GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder 'n korrekte antwoord geskryf is
NIE.
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE.
3.1 Spioenware is 'n banier of 'n opwipvenster wat verskyn wanneer jy deur die
internet blaai. (1)
3.2 'n Data-etiket ('data label') is 'n visuele aanwyser op 'n grafiek van verwante
stelle waardes in 'n werkblad. (1)
3.3 'n Fout in die programkodering staan as 'n Trojaan bekend. (1)
3.4 802.11 verwys na 'n stel spesifieke standaarde en protokolle vir 'n draadlose
('wireless') netwerk. (1)
3.5 'n Radioknoppie-groep ('Radio button group') stel 'n gebruiker in staat om
veelvuldige ('multiple') opsies in 'n vorm te kies. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die advertensie van twee verskillende skootrekenaars hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.
SKOOTREKENAAR A SKOOTREKENAAR B
Opgradeerbaar na Windows 11 Windows 11
Office 365 Office 365
15.6-duim Vol HD-skerm 15.6-duim Vol HD-skerm
8 GG ('GB') ETG ('RAM') en 1 TG VTA ('TB 16 GG ('GB') ETG ('RAM') en 512 GG VTA
SSD')-stoor ('GB SSD')-stoor
Intel Core i5 10300H-verwerker AMD Ryzen 5 5600H-verwerker
NVIDIA GeForce GDDR6 GVE ('GPU') NVIDIA GeForce 1650 GVE ('GPU')
'Blue LED Backlit'-sleutelbord HP 'Wide Vision' 1024p-webkamera
720p-webkamera met 'Privacy Shutter' Wi-Fi 6 & Bluetooth 5.2-kombinasie
M100 RGB-muis 1 mikro-SD-mediakaartleser
NOD-antivirus 3 maande Kaspersky 12 maande
4.1.1 Noem die toepassing-suite in albei skootrekenaars geadverteer. (1)
4.1.2 Gee TWEE redes waarom 'n bedryfstelsel ('operating system')
benodig word. (2)
4.1.3 Stel 'n alternatiewe bedryfstelsel vir enige van die skootrekenaars
hierbo voor. Motiveer jou antwoord. (2)
4.1.4 Identifiseer 'n hoëdefinisie-toevoertoestel ('input device') in die
advertensie. (1)
4.1.5 Gee EEN voordeel van VTA's ('SSDs') bo HDD's in skootrekenaars. (1)
4.1.6 Gee TWEE redes waarom jy Skootrekenaar B sou aanbeveel. (2)
4.2 Definieer die term resolusie. (2)
4.3 Noem die proses van die skep van lêergidse ('folders') en die organisering
van lêers ('files') om meer doeltreffend op 'n rekenaar te werk. (1)
4.4 Noem TWEE plekke waar jy kortpaaie ('shortcuts') na lêergidse/toepassings
op 'n rekenaar kan skep. (2)
4.5 Gee TWEE nadele van die gebruik van aanlyn stoor in vergelyking met lokale
stoor. (2)
4.6 Gee EEN voorbeeld van multitaakverwerking ('multitasking'). (1)
4.7 Verduidelik TWEE maniere waarop data teen uitwissing ('delete') of
veranderinge beveilig kan word. (2)
4.8 Verduidelik kortliks die doel van drywers ('drivers') . (2)
4.9 Gee TWEE voordele van die gebruik van webgebaseerde toepassings. (2)
4.10 Gee TWEE voorbeelde van Windows-nutsprogramme ('utility programs'). (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Gee TWEE redes waarom bufferverwerking ('buffering') plaasvind wanneer 'n
video gestroom ('streamed') word. (2)
5.2 Bespreek TWEE redes waarom 'n bediener ('server') in 'n skoolnetwerk
aanbeveel word. (2)
5.3 Blogs en potgooie ('podcasts') is webtuistes wat vir verskillende doeleindes
ontwerp is.
5.3.1 Verduidelik wat 'n blog is. (1)
5.3.2 Gee TWEE voordele van potgooie. (2)
5.4 Noem TWEE faktore wat internetdatagebruik beïnvloed. (2)
5.5 Gee TWEE voorbeelde waar ruitrekenarisering ('grid computing') gebruik kan
word. (2)
5.6 Noem TWEE riglyne om te volg wanneer jy met onderwysers op sosiale media
kommunikeer. (2)
5.7 Die skoolhoof ontvang nie 'n spesifieke e-pos met aanhegsels ('attachments')
van 'n ander skool af nie.
Noem TWEE moontlike redes waarom die diensverskaffer ('service provider')
die spesifieke e-pos blokkeer. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Jy moet met gebruik van 'n vraelys data vanaf verskillende leerders in die
provinsie insamel.
Watter data-insamelingsinstrument ('collection tool') sou jy aanbeveel?
Motiveer jou keuse. (2)
6.2 Verduidelik kortliks wat inligtingsifting is. (1)
6.3 Thandi het 'n prent vanaf die internet in haar PAT-verslag gebruik. 'n
Uittreksel van die verslag word hieronder getoon.
6.3.1 Hoe kan sy seker maak dat 'n beskrywing van die prent in die
figuurtabel ('table of figures') verskyn? (1)
6.3.2 Noem TWEE woordverwerkingseienskappe wat gebruik kan word
om erkenning aan die bronne ('sources') te gee. (2)
6.4 Verduidelik kortliks TWEE maniere waarop 'n sigbladgrafiek ('spreadsheet
chart') 'n PAT-verslag kan verbeter. (2)
6.5 Wanneer navorsingsvrae ('research questions') geformuleer word, moet
sekere vereistes oorweeg en geëvalueer word.
Noem TWEE vereistes tydens die opstel van navorsingsvrae. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Gee TWEE voordele van IKT's ('ICTs') in die samelewing. (2)
7.2 Bespreek TWEE uitwerkings wat 'n kwaadwillige bot/zombie-rekenaar op 'n
netwerk kan hê. (2)
7.3 Inligtingsoorlading ('Information overload') kom deesdae algemeen voor.
7.3.1 Verduidelik kortliks die begrip inligtingsoorlading. (1)
7.3.2 Noem TWEE maniere waarop inligtingsoorlading 'n invloed op 'n
mens se lewe het. (2)
7.4 Identiteitsdiefstal ('Identity theft') het oor die afgelope jare toegeneem.
7.4.1 Verduidelik kortliks die term identiteitsdiefstal. (1)
7.4.2 Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat jy 'n slagoffer
van identiteitsdiefstal word. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Sigblaaie word gebruik om inligting te organiseer en te analiseer.
8.1.1 Wat is die doel van 'n COUNTA-funksie? (1)
8.1.2 Wanneer sal 'n mens die SUMIFS-funksie gebruik? (2)
8.1.3 Wanneer sal die foutboodskap ('error message') #REF! in 'n Excel-
sigblad vertoon word? (1)
8.1.4 Data in 'n sigblad word gewoonlik op selwaardes gesorteer.
Watter ander selinligting kan gebruik word om data te sorteer,
buiten selwaardes? (1)
8.2 Stel enige DRIE veranderinge aan die HTML-kode hieronder voor om soos die
skermskoot van die webblad te lyk. Dui die lynnommer van die HTML-kode en
die voorgestelde verandering aan.
HTML-KODE:
WEBBLAD:
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
8.3 Die databasistoepassing word gebruik om vorms, verslae en navrae te skep.
8.3.1 'n Teksblokkie ('textbox') is na 'n kombinasielys ('combo box') op 'n
vorm verander, maar geen waardes is in die kombinasielys sigbaar
nie.
Gee TWEE redes waarom die waardes vir die kombinasielys nie
verskyn nie. (2)
8.3.2 Gee TWEE voorbeelde van funksies wat in 'n verslagonderskrif
('report footer') gebruik kan word. (2)
8.3.3 Bestudeer die skermskoot van twee verskillende navrae ('queries').
Navraag 1 ('Query 1')
Navraag 2 ('Query 2')
Verduidelik hoe die resultaat van Navraag 2 van Navraag 1 sal
verskil wanneer dit uitgevoer word. (3)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Die skool het 'n Robotika Klub begin. Die klub sal die gasheer wees van
kompetisies, verskillende sprekers en uitstallings oor robotika. Jy word
gevra om die onderwyser met administrasie en aankope vir die
Robotika Klub by te staan.
9.1 Die Robotika Klub wil nuwe tafelrekenaars vir lede aankoop om basiese
rekenaarvaardighede te leer.
9.1.1 Gee DRIE hardeware-spesifikasies om te oorweeg wanneer 'n
rekenaar vir basiese rekenaarvaardighede aangekoop word.
LET WEL: Sluit enige randtoestelle ('peripherals'), soos muis,
sleutelbord, ens. uit. (3)
9.1.2 Stel TWEE faktore voor om te oorweeg wanneer 'n bedryfstelsel
('operating system') gekies word. (2)
9.1.3 Gee TWEE redes waarom jy 'n draadlose ('wireless') netwerk vir die
klub sal voorstel. (2)
9.1.4 Die klub moet drukstukke in kleur maak.
Gee TWEE ander kriteria, buiten kleur en koste, wat jy sou gebruik
wanneer jy 'n drukker kies. (2)
9.1.5 Een van die klublede het oor 'n drukker se dienssiklus ('duty cycle')
gelees.
Verduidelik wat 'n dienssiklus is. (2)
9.2 Die onderwyser het besluit om 'n databasis te gebruik om op hoogte te bly
van toerusting wat aan die Robotika Klub toegeken is.
9.2.1 Beveel 'n geskikte optiese stoormedium ('optical storage media')
aan om 'n rugsteun ('backup') van die databasis te maak. (1)
9.2.2 Noem EEN faktor om te oorweeg wanneer 'n primêre-
sleutel('primary key')-veld in 'n databasistabel gekies word. (1)
9.2.3 Waarom sal die onderwyser 'n toevoermasker ('input mask') gebruik
om selfoonnommers in te voer? (1)
9.2.4 Gee 'n alternatiewe metode om datums in te voer sonder om die
datums in die tabel te tik. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
9.3 Die skool sal in Junie 2024 'n kompetisie hou. Die kompetisie sal op 'n
weblog bekendgestel word.
9.3.1 Gee EEN ander tipe webtuiste om besonderhede oor die kompetisie
te plaas ('post'). Motiveer jou keuse.
LET WEL: MOENIE spesifieke voorbeelde van webtuistes gee NIE. (2)
9.3.2 'n Kompetisievideo word op die skool se webtuiste geplaas.
Gebruikers word aangemoedig om 'n
byvoegprogram/inpropprogram ('add-on/plug-in') te installeer.
Gee TWEE redes waarom 'n byvoegprogram/inpropprogram nodig
is. (2)
9.3.3 Die volgende URL lyk lank en onnet:
https://www.schoolrobotics/robotics+for+kids&sa=X&sca_esv=8b9
4fdf9c54254b4&hl=enUS&source=univ&tbm=shop&tbo=u&ved=1t:
686…
Stel TWEE ander maniere voor om die URL-skakel te vertoon. (2)
9.3.4 Die uitslae van die kompetisie word in 'n sigblad vasgelê.
Stel EEN sigbladeienskap ('spreadsheet feature') voor om die
rangorde van die wenners volgens die hoogste punte te kry. (1)
9.4 Die Robotika Klub het 'n interaktiewe witbord as 'n donasie ontvang.
9.4.1 Wat is 'n interaktiewe witbord? (1)
9.4.2 Gee TWEE nadele van 'n interaktiewe witbord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Jy is genooi om by die Historiese Vereniging aan te sluit.
10.1 Die Historiese Vereniging beplan 'n toer in September. Lede moet beplan en
voorberei om op 'n slim manier te reis.
10.1.1 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls om te oorweeg wanneer jy jou
mobiele toestel by 'n lughawe/hotel gebruik. (2)
10.1.2 Waarom is dit belangrik om enige metadata te verwyder van foto's
wat in die openbaar op webtuistes sigbaar sal wees? (1)
10.1.3 Veelvuldige klein donasies van aanlyn vrywillige bydraers sal
ontvang word om lede met die reiskoste te help.
Watter term beskryf hierdie proses? (1)
10.1.4 Gee TWEE voordele van die gebruik van videokonferensies. (2)
10.2 Die Historiese Vereniging gebruik Vierde Industriële Revolusie (4IR)-
toerusting wanneer historiese plekke besigtig en besoek word.
10.2.1 Noem TWEE toestelle wat nodig is om virtuele realiteit (VR) te
ervaar. (2)
10.2.2 Die gebruik van virtuele-realiteit-toerusting kan 'n negatiewe
uitwerking op 'n mens se gesondheid hê.
Noem TWEE negatiewe gesondheidskwessies wat 'n mens kan
ervaar. (2)
10.2.3 Hoe verbeter aangepaste realiteit ('augmented reality/AR') die
ervaring vir die lede wanneer hulle historiese plekke besoek? (2)
10.2.4 Noem 'n tegnologie wat deel vorm van die 4IR, wat IvD's ('IoTs')
uitsluit. (1)
10.3 Lede het 'n sterk wagwoord ('password') nodig om op hulle rekeninge
('accounts') in te teken.
Noem DRIE kriteria wat gebruik kan word om 'n sterk wagwoord te skep. (3)
10.4 Tydens die toer sal lede 'n brosjure oor kripto-geldeenhede ('cryptocurrency')
ontvang.
10.4.1 Gee TWEE voordele van die gebruik van kripto-geldeenhede. (2)
10.4.2 Kripto-geldeenheid-transaksies word gekoppel of saamgeketting in
'n blokketting ('blockchain').
Verduidelik kortliks wat 'n blokketting is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
10.5 Tydens die toer sal die groep 'n selfbestuur-bus gebruik.
10.5.1 Gee TWEE redes waarom lede sou verkies om NIE 'n selfbestuur-
bus te gebruik nie. (2)
10.5.2 Outonome voertuie is bekend daarvoor dat hulle by die insameling
van groot data ('big data') gebruik word.
Verduidelik kortliks wat groot data is. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.