Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2019
TOTAAL: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 559.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 EEN van die volgende faktore sal die vraag en aanbod van 'n produk
beïnvloed:
A Verhoog die aanbod van die produk
B Die reeks produkte beskikbaar
C Die prys van die produk
D Die gesindheid en waardes van verbruikers
1.1.2 Die proses waardeur produkte vanaf die plaas na die verbruiker
beweeg:
A Gradering
B Prosessering
C Standaardisasie
D Vervoer
1.1.3 'n Maatstaf van hoeveel die vraag na 'n produk verander indien daar
'n verandering in prys is:
A Ewewig
B Fluktuasie
C Pryselastisiteit van vraag
D Pryselastisiteit van aanbod
1.1.4 Die praktyk waar etikette op produkte geplaas word om hulle as
omgewingsvriendelik te bevorder:
A Volhoubare bemarking
B Groenbemarking
C Standaard-etikettering
D Eko-etikettering
1.1.5 EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van arbeidswetgewing NIE:
A Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
1993)
B Wet op Ontsmetmiddels en Skoonheidsmiddels, 1993 (Wet 18
van 1993)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
D Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
1.1.6 'n Voorbeeld van produksiekapitaal by 'n melkery:
A Kuilvoer
B Teelkoeie
C Elektriese heining
D Melkmasjiene
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.7 Die eienaarskapitaal van 'n onderneming kan as die … gedefinieer
word.
A totale bates van die onderneming minus die laste
B eienaar se aandeel
C uitgawes van die onderneming minus die inkomste
D totale bates van die onderneming plus die laste
1.1.8 EEN van die volgende is NIE 'n ekonomiese eienskap van grond
NIE:
A Grond word in 'n spesifieke omgewing aangetref
B Grond is vernietigbaar
C Grond is duursaam
D Grond het verskillende produksiepotensiale
1.1.9 Die volgende ten opsigte van familieseleksie is WAAR:
(i) Gebaseer op die prestasie van die eie nageslag
(ii) Vinniger as stamboekseleksie
(iii) Die akkuraatste metode
(iv) Gebaseer op een generasie
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (ii), (iii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.10 Die prentjies hieronder is 'n voorbeeld van …
FENOTIPE WIT SWART GESPIKKEL
GENOTIPE WW BB BW
A gedeeltelike dominansie.
B ko-dominansie.
C volledige dominansie.
D onvolledige dominansie. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/November 2019
NSS
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die proses van beplanning, A oorhoofse koste
produksie, prysvasstelling,
promosie en verspreiding van B elastisiteit van vraag
goedere en dienste
C wet van onafhanklike sortering
1.2.2 Die hoeveelheid produkte
aangebied, oorskry die D grond
hoeveelheid benodig
E surplus
1.2.3 'n Gebied wat vir
landbouproduksie gebruik F wet van segregasie
word
G veranderlike koste
1.2.4 Die koste wat nie tot 'n
bepaalde afdeling in 'n H bemarking
boerdery-onderneming beperk
is nie
1.2.5 Die oorerwing van een
eienskap is nie afhanklik van
die oorerwing van 'n ander nie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Bemarkingsbenadering wat fokus op die behoeftes van slegs 'n
klein gedeelte van die hoofstroomverbruikers
1.3.2 Die proses om lang- en korttermyndoelwitte vir 'n boerdery-
onderneming te ontwikkel
1.3.3 Die gebruik van statistiek om biologiese data te analiseer
1.3.4 'n Oorerwingspatroon waar meer as twee allele betrokke is
1.3.5 'n Organisme met gene van 'n ander organisme (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/November 2019
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Agri-agent sien geleenthede raak en is bereid om die risiko te neem
om 'n nuwe onderneming te begin.
1.4.2 Oorkapitalisering is wanneer te min kapitaal in 'n boerdery-
onderneming belê word met betrekking tot die ander
produksiefaktore.
1.4.3 'n Spuit is 'n apparaat wat gebruik word om die verlangde gene in 'n
plant oor te plaas.
1.4.4 Die ekspressie van een geen wat deur 'n ander geen beïnvloed word,
staan as atavisme bekend.
1.4.5 Erfdwang is die mate waartoe 'n eienskap deur gene beïnvloed word.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 'n Besigheidsplan verduidelik hoe 'n entrepreneur 'n onderneming wil begin,
asook die doelwitte en doelstellings daarvan.
2.1.1 Gee TWEE redes vir die opstel van 'n besigheidsplan. (2)
2.1.2 Noem TWEE faktore wat in ag geneem moet wanneer 'n mark
ontwikkel word. (2)
2.2 'n Bestaansboer wat waatlemoene en spinasie produseer, wil die produkte
vir 'n ekstra inkomste verkoop en ook die onderneming uitbrei.
2.2.1 Noem TWEE faktore wat die boer in gedagte moet hou wanneer die
pryse van die produkte vasgestel word. (2)
2.2.2 Noem TWEE maniere wat die boer kan gebruik om die produkte te
bevorder. (2)
2.3 Die tabel hieronder is 'n opsomming van die vraag en aanbod van suikerriet.
TYD (JAAR)
2015 2016 2017 2018
Suikerriet verskaf (miljoen ton) 180 190 200 220
Prys per ton (R/ton) 450 500 650 720
Suikerriet gevra (miljoen ton) 230 210 175 165
2.3.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n staafgrafiek van die
vraag en aanbod van suikerriet vanaf 2015 tot 2018. (6)
2.3.2 Lei die verhouding tussen die vraag en aanbod van suikerriet vanaf
2015 tot 2018 uit die grafiek af. (2)
2.4 Die diagram hieronder gee die beskrywings van die verskillende hooffases
van die entrepreneursproses.
Berei 'n Aksies om
(A) Mobiliseer die mark te
bedryfsplan
hulpbronne
voor (B) bedien (C)
Identifiseer die fases van die entrepreneursproses soos voorgestel deur A, B
C
en C. Skryf die letter (A tot C) en die korrekte antwoord neer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/November 2019
NSS
2.5 Verskillende bemarkingsfunksies moet vir doeltreffende bemarking van
produkte uitgevoer word.
2.5.1 Gee 'n bemarkingsfunksie wat by ELK van die volgende stellings
pas:
(a) Produkte word in kissies geplaas. (1)
(b) Produkte word in 'n koel plek gehou om dit 'n langer rakleeftyd (1)
te gee.
(c) Verander 'n produk vanaf sy rou vorm. (1)
2.5.2 Gee TWEE voordele van die prosessering van landbouprodukte. (2)
2.6 Die volgende bemarkingskanale hou verband met 'n vrye bemarkingstelsel.
2.6.1 Gee EEN bemarkingskanaal vir elk van die stellings in die lys
hieronder. Skryf slegs die kanaal langs die vraagnommers
(2.6.1(a) tot 2.6.1(c)) in die ANTWOORDEBOEK neer.
internetbemarking; veeveilings; varsproduktemarkte;
plaashekbemarking; kontrakbemarking
(a) 'n Boer verkoop spinasie direk van die plaas af. (1)
(b) Bokke, skape en beeste word aan die hoogste bieër verkoop. (1)
(c) Produkte word elektronies geadverteer en verkoop. (1)
2.6.2 Noem TWEE nadele van 'n vryemarkstelsel. (2)
2.7 Die lyngrafiek hieronder toon die ewewigsprys vir 'n spesifieke landbouproduk.
60
A B
50
Ewewigsprys
40
Price 30
Prys
20
10
0
Hoeveelheid
Quantity
2.7.1 Identifiseer lyn A en B. (2)
2.7.2 Definieer die konsep ewewigsprys. (2)
2.7.3 Noem TWEE faktore, behalwe prys, wat lyn A kan beïnvloed. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die grafiek hieronder toon die verskillende vaardighede van 'n boer en 'n
plaaswerker.
3.1.1 Uit die grafiek hierbo, lei die produksiefaktor af wat 'n hoë vlak van
finansiële bestuursbevoegdheid verteenwoordig. (1)
3.1.2 Noem TWEE bestuursvaardighede wat nodig is om 'n onderneming
suksesvol te bedryf, behalwe dié in die grafiek. (2)
3.1.3 Vergelyk vaardigheid C en D van 'n plaaswerker met dié van 'n boer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/November 2019
NSS
3.2 Die tabel hieronder toon die inkomste en uitgawes van 'n plaas vir Julie.
UITGAWES INKOMSTE
KOSTE KOSTE
DATUM ITEM DATUM ITEM
(R) (R)
02/07 Vervoer 1 000 04/07 Tamaties 2 800
06/07 Bemesting 620 06/07 Tamaties 2 940
06/07 Plaagdoders 750 07/07 Skape 9 080
06/07 Huur 2 250 08/07 Uie 3 010
12/07 Brandstof 2 650 10/07 Ou koeie 45 500
15/07 Versekering 1 100 11/07 Tamaties 2 140
20/07 Elektrisiteit 455 26/07 Uie 2 100
3.2.1 Identifiseer die finansiële dokument in die tabel hierbo. (1)
3.2.2 Identifiseer TWEE voorbeelde van ELK van die volgende koste in die
tabel hierbo:
(a) Vaste koste-items (2)
(b) Veranderlike koste-items (2)
3.2.3 Gebruik die tabel hierbo en bereken die totale inkomste uit tamaties.
Toon ALLE berekeninge. (2)
3.2.4 Gee TWEE redes vir die hou van finansiële rekords. (2)
3.3 'n Boer bekom 'n lening van R195 000 vir produksiedoeleindes wat oor 'n
tydperk van een jaar teen 'n rentekoers van 11,5% per jaar terugbetaal moet
word. Teen die einde van die finansiële jaar het die boer R240 000 bymekaar
gemaak.
3.3.1 Uit die scenario hierbo, lei die tipe krediet wat die boer bekom het, af. (1)
3.3.2 Bereken die rente wat die boer aan die finansiële instelling sal
terugbetaal. Toon ALLE berekeninge. (2)
3.3.3 Bereken die netto inkomste om die winsgewendheid van hierdie
boerderyonderneming te bepaal. Toon ALLE berekeninge. (3)
3.3.4 Noem of hierdie boerderyonderneming volhoubaar is of nie. (1)
3.3.5 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.3.4. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/November 2019
NSS
3.4 Die prent hieronder verteenwoordig 'n produksiefaktor.
A
3.4.1 Identifiseer die produksiefaktor wat deur A in die prent hierbo
voorgestel word. (1)
3.4.2 Onderskei tussen 'n los plaaswerker en 'n seisoenale plaaswerker. (2)
3.4.3 Gee DRIE probleme wat met plaaswerkers geassosieer word. (3)
3.5 Grond is 'n produksiefaktor wat onderhewig is aan die wet van dalende meer-
opbrengs (afnemende meeropbrengs).
3.5.1 Verduidelik die wet van dalende meeropbrengs (afnemende
meeropbrengs) as 'n ekonomiese eienskap van grond. (3)
3.5.2 Noem TWEE funksies van grond. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Rasegte swart koei word met 'n rasegte rooi bul gepaar. Die nageslag van
die F1-generasie is swart. Gebruik die letters B en b en beantwoord die
volgende vrae.
4.1.1 Dui aan of die dominante kleur swart of rooi is. (1)
4.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 4.1.1. (1)
4.1.3 Bepaal die volgende:
(a) Die genotipe van die koei (1)
(b) Die genotipe van die nageslag (1)
4.2 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n tipe kruising tussen twee
ertjievariëteite wat twee gene (kleur en tekstuur) toon.
Eienskap 1: Kleur Eienskap 2: Tekstuur
G – Groen R – Grof
g – Geel r – Glad
GAMETE GR Gr gR gr
GR GGRR GGRr GgRR GgRr
Gr GGRr GGrr GgRr Ggrr
gR GgRR GgRr ggRR ggRr
gr GgRr Ggrr ggRr ggrr
4.2.1 Identifiseer die tipe kruising hierbo. (1)
4.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.2.1. (1)
4.2.3 Bepaal TWEE moontlike fenotipes van die F1-generasie. (2)
4.2.4 Bereken die persentasie nageslag wat geel en gladde ertjiesade het.
Toon ALLE berekeninge. (2)
4.3 Die verskille in die fenotipes van plante en diere van dieselfde spesie word
deur beide die gene en die omgewing beïnvloed.
4.3.1 Gee 'n genetiese term vir die verskynsel in die stelling hierbo. (1)
4.3.2 Noem TWEE omgewingsfaktore wat 'n effek op hierdie verskynsel
kan hê. (2)
4.3.3 Gee TWEE tipes seleksie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/November 2019
NSS
4.4 Die prente hieronder toon twee verskillende plaasdierrasse.
VLEISRAS MELKRAS
4.4.1 Noem die teelstelsel indien die diere in die prente hierbo toegelaat
word om met mekaar te paar. (1)
4.4.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.4.1. (1)
4.4.3 Gee TWEE voordele van die teelstelsel in VRAAG 4.4.1. (2)
4.4.4 Noem TWEE nadele van inteling. (2)
4.5 'n Homosigotiese bruin ooi (A) word met 'n homosigotiese wit ram (a) gepaar.
Die F1-nageslag is almal bruin. Die F1-ooie word met 'n onbekende ram
gepaar, waarna die F2-generasie-nageslag almal bruin is.
4.5.1 Teken 'n Punnett-vierkant om die F2-generasie te illustreer. (4)
4.5.2 Dui die volgende aan:
(a) Die genotipiese verhouding van die F2-generasie (1)
(b) Die aantal wit nageslag in die F2-generasie (1)
4.6 Die lengte van 'n mielieplant word deur drie pare gene beheer. Neem aan dat
die basislengte resessiewe (aabbdd) mielieplant 40 cm is. Elke additiewe
alleel dra 5 cm tot die basislengte by.
4.6.1 Bepaal die genotipe van die hoogste mielieplant. (1)
4.6.2 Bereken die hoogte van die hoogste mielieplant. Toon ALLE
berekeninge. (2)
4.6.3 Noem TWEE genotipes wat 'n mielieplant met 'n hoogte van 55 cm
sal gee. (2)
4.7 Gee DRIE tegnieke om plaasdiere geneties te modifiseer. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum