Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)



View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 2024 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal nutrition10 marks
- Question 1.3Animal reproduction10 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition5 marks
- Question 2.2Animal nutrition8 marks
Show all 22 questions
- Question 2.3Animal nutrition8 marks
- Question 2.4Animal nutrition5 marks
- Question 2.5Animal nutrition10 marks
- Question 3.1Animal production and housing6 marks
- Question 3.2Animal production and housing3 marks
- Question 3.3Animal production and housing6 marks
- Question 3.4Animal production and housing4 marks
- Question 3.5Animal health and protection6 marks
- Question 3.6Animal health and protection7 marks
- Question 3.7Animal health and protection4 marks
- Question 4.1Animal reproduction5 marks
- Question 4.2Animal reproduction6 marks
- Question 4.3Animal reproduction3 marks
- Question 4.4Animal reproduction8 marks
- Question 4.5Animal reproduction4 marks
- Question 4.6Animal reproduction44 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Strukture in die wand van die dunderm wat die absorpsie-oppervlak
verhoog.
A Papille
B Karonkels
C Villi
D Lieberkühn-klier
1.1.2 Die … van die maag van ʼn koei word soms na verwys as die
‘ruitjiespens’, omdat dit is waar vreemde voorwerpe soos draad vas
sal steek.
A abomasum
B omasum
C rumen
D retikulum
1.1.3 Ideale toestande vir mikrobiese aktiwiteit.
(i) Anaërobiese toestande
(ii) Verwydering van afvalprodukte
(iii) Lae temperature
(iv) Effens suur medium
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.4 Die volgende is produkte van sellulosevertering, behalwe ...
A suurstof.
B vitamien B-kompleks.
C metaan.
D vlugtige vetsure.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.1.5 Faktore wat diereproduksie onder intensiewe boerdery verhoog.
(i) Kultivar
(ii) Voeding
(iii) Reproduksie
(iv) Bestuur
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.6 Die fasiliteit wat gebruik word om bosluise in die illustrasie hieronder
te beheer, word ʼn ... genoem.
A spuitdip
B duikdip
C opgietdip
D voetdip
1.1.7 Teken dat ʼn bul NIE in nood is NIE.
A Poot kap
B Snork
C Vinnige stertbewegings
D Wei saam met ander beeste
1.1.8 ʼn Vlugsone van ʼn koei is ʼn ruimte …
A rondom dit.
B voor sy kop.
C naby sy stert.
D tussen die horings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Lakterende melkkoeie moet ʼn … rantsoen gevoer word.
A onderhoud
B produksie
C onderhoud en produksie
D onderhoud en voeding
1.1.10 Die korrekte volgorde van ontwikkeling van spermatosoȅ:
A Spermatogonium → primêre spermatosiet → sekondêre
spermatosiet → spermatiede
B Spermatogonium → primêre spermatosiet → spermatiede →
sekondêre spermatosiet
C Spermatogonium → sekondêre spermatosiet → spermatiede
→ primêre spermatosiet
D Primêre spermatosiet → sekondêre spermatosiet →
spermatogonium → spermatiede (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2 Dui aan of die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A. Skryf Slegs
A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Protosoë en bakterieë Voordelige mikro-organismes in die
B: Swamme en virus rumen van beeste
1.2.2 A: 1 : 7,25 Die voedingsverhouding van ʼn voer
B: 1 : 6,25 met totale verteerbare
voedingstowwe (TVV) van 75% en
ʼn VP van 12%
1.2.3 A: Houtskaafsels Materiaal wat gebruik word vir
B: Grasstrooi beddegoed in hoenderhuise
1.2.4 A: Binnespiers Inspuiting wat direk in die aar gespuit
B: Binneaarse word
1.2.5 A: Lewensvatbaar
Kenmerk van goeie semen
B: pH moet 5,4–5,9 wees
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Eienskap van vitamiene wat gebruik word om hulle in twee
hoofgroepe te klassifiseer
1.3.2 Nie-aansteeklike siektes wat deur voedingstekorte veroorsaak word
1.3.3 Vloeistof wat die embrio teen skok beskerm
1.3.4 Uitsteking van die vagina deur die vulva
1.3.5 Melk wat vir die eerste drie dae na parturisie (geboorte) afgeskei
word (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 to 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Voedingsverhouding is ʼn maatstaf van die kwaliteit van ʼn proteïen in ʼn
voer.
1.4.2 Muskiete val oop wonde en insekbyte in die stertarea van skaaprasse
aan.
1.4.3 Hipoplasie beskryf ʼn toestand wanneer die testikels nie in die skrotum
afsak nie.
1.4.4 Monosigotiese tweeling ontwikkel uit twee verskillende eierselle wat
tydens ovulasie vrygestel, word, en wat deur twee verskillende
spermatosoë bevrug word.
1.4.5 Droog periode is ʼn tydperk van melkproduksie wat na parturisie begin
en ongeveer 305 dae by koeie duur. (5 x 1) (5)
TOTAL SECTION A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Klassifiseer die plaasdier in die diagram hierbo gebaseer op sy
spysverteringskanaal. (1)
2.1.2 Identifiseer die LETTER van die deel in die diagram hierbo waar die
volgende voorkom:
(a) Bevat ʼn stof wat help in die absorpsie van vetsure en gliserol (1)
(b) Algemene opening vir die spysvertering- en
uitskeidingstelsels (1)
(c) Kom ooreen met die ware maag van ʼn skaap (1)
(d) Gekenmerk deur gespierde wande vir meganiese vertering (1)
2.2 Diere kry hul voedingstowwe uit proteïene, koolhidrate, lipiede en vitamiene
wat hulle inneem. Minerale vorm ook deel van die dieet en word in
verskillende hoeveelhede benodig. Diere benodig rantsoene met al hierdie
komponente in die regte verhoudings.
2.2.1 Identifiseer die voerkomponent wat as anorganies in die leesstuk
hierbo geklassifiseer word. (1)
2.2.2 Identifiseer die voerkomponent met die funksie hieronder:
(a) Geberg in die vorm van glikogeen in die lewer (1)
(b) Benodig vir groei, voortplanting en produksie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2.3 Noem die tipe voedingstofopname wat draermolekules gebruik. (1)
2.2.4 Dui die vitamien / mineraal of tekortsimptoom aan wat deur die
letters in die tabel hieronder voorgestel word. MOENIE die tabel
oorteken NIE. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die letter
neer.
VITAMIEN/MINERAAL FUNKSIE TEKORTSIMPTOME
Swak bloedstolling by
A Bloedstolling
hoenders
Fosfor Gesonde bene en tande B
Vorming van
C Bloedarmoede
hemoglobien (3)
2.3 Die waarde van die voer word bepaal deur die verteerbaarheidskoëffisiënt
daarvan te bereken. In ʼn voerproef het ʼn koei 15 kg droë hooi ingeneem en
6 kg ontlasting met ʼn voginhoud van 50% uitgeskei.
2.3.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi. Toon ALLE
berekeninge. (5)
2.3.2 Interpreteer kortliks die verteerbaarheidskoëffisiënt wat hierbo
verkry is. (1)
2.3.3 Stel TWEE faktore voor wat die verteerbaarheid van hooi kon
beïnvloed het. (2)
2.4 ʼn Skaap verbruik daagliks 1 kg droëmateriaal uit ʼn geformuleerde voer met
ʼn bruto energiewaarde van 15,648 MJ/kg DM. Die vloeidiagram hieronder
toon die energieverliese (MJ/kg DM).
Bruto Verteerbare B Netto
energie energie energie
Energie verloor Energie verloor deur Energie verloor
deur mis urine en gasse deur hitte
5,167 1,479 0,968
2.4.1 Dui die energie aan wat deur B voorgestel word. (1)
2.4.2 Bereken die netto energie wat die skape uit die daaglikse rantsoen
sal verkry. (3)
2.4.3 Interpreteer die berekening in VRAAG 2.4.2 hierbo. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.5 Die data hieronder hou verband met die voervloeiplan vir ʼn tydperk van ses maande.
Opbrengs Opper- Julie Aug. Sept. Okt. Nov. Des. DM
VOERSOORT (ton/ha) vlakte (ha) Som
(ton)
Veld 2,19 40 10 10 20 40
Forage 12 25 43 30 73
sorghum
Lusern 15 15 40 35 52 46 15 30
Totale voere 40 35 52 56 68 80
(t)
Tekort (t) 11 14 - - - - 25
Surplus (t) - - - 7 15 30 52
Veevereiste (t) 51 49 52 49 53 50
2.5.1 Teken ʼn staafgrafiek om die totale voere en veevereistes vir Julie tot
Desember te vergelyk. (6)
2.5.2 Bereken die surplus in Desember-maand in kg. (2)
2.5.3 Stel TWEE kostedoeltreffende maatreëls voor wat ʼn boer kan instel om
die surplus in Desember-maand te hanteer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die prente hieronder toon boerderystelsels in landbou.
PRENT A PRENT B
3.1.1 Identifiseer die boerderystelsel wat in PRENT B uitgebeeld word. (1)
3.1.2 Dui die doel van die boerderystelsel genoem in VRAAG 3.1.1
hierbo aan. (1)
3.1.3 Maak ʼn hipotese oor die produktiwiteit van die boerderystelsel in
PRENT A. (1)
3.1.4 Beskryf hoe die faktore hieronder gebruik word om produksie in
ekstensiewe boerderyproduksie te verhoog.
(a) Reproduksie (1)
(b) Voeding (1)
3.2 Beveel ʼn fasiliteit aan wat vir die volgende doeleindes gebruik kan word:
3.2.1 Om temperatuur in die kraamhok te verhoog (1)
3.2.2 Die temperatuur binne ʼn behuisingstruktuur te beheer (1)
3.2.3 Vir pluimveevoeding (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.3 Alle plaasdiere is homeotermies. ʼn Gedeelte van die voer wat deur ʼn dier
ingeneem word, word gebruik om die dier warm te hou terwyl die res vir
noodsaaklike lewensprosesse gebruik word. Uiterste temperature kan ʼn
negatiewe impak hê op die energie wat vir hierdie prosesse beskikbaar is.
3.3.1 Definieer die onderstreepte woord in die leesstuk. (2)
3.3.2 Stel EEN manier voor waarop ʼn boer plaasdiere in ʼn ekstensiewe
produksiestelsel teen uiters hoë temperature kan beskerm. (1)
3.3.3 Verduidelik die verband tussen voerinname, waterinname en
plaasdierproduktiwiteit onder uiters hoë temperature. (3)
3.4 Die prent hieronder toon ʼn deel van ʼn dierehanteringsfasiliteit.
3.4.1 Noem die kraal in die prent hierbo. (1)
3.4.2 Beveel TWEE ontwerpkenmerke aan wat ʼn boer in ag moet neem
wanneer die fasiliteit ontwerp word. (2)
3.4.3 Noem EEN gebruik van die fasiliteit hierbo. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.5 Die prent hieronder toon ʼn besmette uier.
3.5.1 Identifiseer die siekte wat die uier van ʼn koei affekteer soos in die prent
hierbo getoon. (1)
3.5.2 Klassifiseer die siekte genoem in VRAAG 3.5.1 hierbo gebaseer op ʼn
veroorsakende patogeen. (1)
3.5.3 Gee TWEE simptome wat ʼn dier toon wanneer hy deur die siekte
besmet is. (2)
3.5.4 Beskryf TWEE ekonomiese implikasies van die siekte vir ʼn boer. (2)
3.6 Die prente hieronder toon parasiete wat vee aanval.
PRENT A PRENT B
3.6.1 Klassifiseer die parasiete in PRENTE A en B. (2)
3.6.2 Noem die siekte wat deur die mikroskopiese parasiet in PRENT A
veroorsaak word. (1)
3.6.3 Noem TWEE simptome van die siekte wat in VRAAG 3.6.2 genoem
word. (2)
3.6.4 Lys TWEE beheermaatreëls vir die parasiet in PRENT B. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.7 Sout is een van die noodsaaklike minerale wat deur alle diere benodig word
wat gewoonlik in die dieet van weidende plaasdiere ontbreek. Sout word
dikwels met kragvoer gemeng om ʼn mineraallek vir weidende beeste te
maak. Onder sekere omstandighede is die verbruik van groot hoeveelhede
soute dalk dodelik vir vee. Oormatige speekselafskeiding, hardlywigheid en
verhoogde dors is duidelik sigbaar. Sterftes kan voorkom waar daar ʼn hoë
konsentrasie sout in die drinkwater is, of daar ʼn tekort aan drinkwater is.
3.7.1 Identifiseer TWEE gewone soutvergiftigingsimptome uit die gedeelte
wat by plaasdiere opgemerk kan word. (2)
3.7.2 Verskaf EEN voorkomende maatreël vir soutvergiftiging. (1)
3.7.3 Gee EEN rol van die staat in dierebeskerming. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die voortplantingsorgane van beeste.
B BC D
A
F
E
4.1.1 Identifiseer die plaasdier met die voortplantingstelsel hierbo. (1)
4.1.2 Noem die dele gemerk B en E. (2)
4.1.3 Dui aan deur slegs die LETTER te skryf wat ooreenstem met die
gedeelte waar die volgende voorkom:
(a) Produseer oösiete (1)
(b) Beskerm die uterus teen die eksterne omgewing (1)
4.2 Die estrussiklus is ʼn hormonaal beheerde siklus van seksuele aktiwiteit by
koeie. Dit word gekenmerk deur vier stadiums, naamlik pro-estrus, estrus,
met-estrus en di-estrus.
4.2.1 Dui die tydperk van die siklus aan wat deur die vorming van die
corpus luteum gekenmerk word. (1)
4.2.2 Noem die hormoon wat verantwoordelik is vir ovulasie gedurende
die periode in VRAAG 4.2.1 hierbo genoem. (1)
4.2.3 Definieer die onderstreepte woord in die gedeelte hierbo. (2)
4.2.4 Gee TWEE metodes om koeie wat bronstig is (op hitte) te
identifiseer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.3 Die prent hieronder toon een van die stadiums van paring by beeste.
4.3.1 Dui die paringstadium aan wat in die prent hierbo vertoon word. (1)
4.3.2 Identifiseer TWEE faktore wat paringsgedrag by bulle reguleer. (2)
4.4 Die toerusting hieronder word deur veeboere in diereproduksie gebruik.
PRENT A PRENT B
4.4.1 Noem die toerusting in PRENT A. (1)
4.4.2 Dui die gebruik van die toerusting genoem in VRAAG 4.4.1 aan. (1)
4.4.3 Noem die temperatuur waarteen semen gestoor word in die
toerusting wat in PRENT B getoon word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
4.4.4 Beskryf die funksies van die semenverdunningsmiddels hieronder:
(a) Buffers (1)
(b) Eiergeel (1)
(c) Antibiotika (1)
4.4.5 Verduidelik kortliks die korrekte tydsberekening van kunsmatige
inseminasie. (2)
4.5 Die diagram hieronder toon ʼn moderne diereproduksietegniek.
4.5.1 Identifiseer die prosedure in die diagram hierbo. (1)
4.5.2 Noem dier C in die genoemde prosedure in VRAAG 4.5.1. (1)
4.5.3 Evalueer die geskiktheid van die voortplantingstegniek genoem in
VRAAG 4.5.1 vir gebruik deur bestaansboere. (1)
4.5.4 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.5.3 hierbo. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.6 Hieronder is ʼn prent wat ʼn belangrike stadium in diereproduksie toon.
4.6.1 Identifiseer die proses wat in die prent uitgebeeld word. (1)
4.6.2 Dui die toestand aan wat met die proses hierbo kan inmeng. (1)
4.6.3 Noem TWEE oorsake van die toestand in VRAAG 4.6.2 genoem. (2)
4.6.4 Hieronder is fases van reproduksie by koeie. Rangskik die fases
chronologies in orde. Skryf SLEGS die letter neer.
A Parturisie (Geboorte)
B Besetting
C Dragtigheid
D Bevrugting
E Ejakulasie (5 x 1) (5)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2019 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2021 Memo (Afr)

Memorandum