GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)




Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Animal reproduction20 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction10 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 3.1Animal production and housing7 marks
- Question 3.2Animal production and housing4 marks
Show all 15 questions
- Question 3.3Animal production and housing7 marks
- Question 3.4Animal health and protection4 marks
- Question 3.5Animal health and protection8 marks
- Question 3.6Animal health and protection5 marks
- Question 4.1Animal reproduction6 marks
- Question 4.2Animal reproduction9 marks
- Question 4.3Animal reproduction7 marks
- Question 4.4Animal reproduction5 marks
- Question 4.5Animal reproduction8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon ALLE berekenings, insluitend die formules, waar toepaslik.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die soort diere wat hoofsaaklik op ruvoer voed:
A Varke
B Hoenders
C Beeste
D Eende
1.1.2 Die metaboliese energiewaarde van 'n voer is gelyk aan die bruto
energie van die voer minus die energie wat in die … verlore gaan.
A mis, urine en liggaamshitte
B gasse, urine en liggaamshitte
C mis, gasse en liggaamshitte
D mis, urine en gasse
1.1.3 Diffusie is die proses wat verwys na die beweging van molekules of
partikels ...
(i) vanaf 'n hoër na 'n laer konsentrasie.
(ii) vanaf 'n laer na 'n hoër konsentrasie.
(iii) saam met die konsentrasiegradiënt.
(iv) teen die konsentrasiegradiënt.
Kies die regte kombinasie:
A (i) en (iv)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.4 Diere kan water uit die volgende waterbronne kry:
A Omgeskakelde water, drinkwater en water uit voere
B Metaboliese water, drinkwater en water uit voere
C Essensiële water, omgeskakelde water en drinkwater
D Geforseerde water, drinkwater en water uit voere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2014
NSS
1.1.5 EEN van die volgende kombinasies van siektes kan as bakteriese
siektes geklassifiseer word:
A Hondsdolheid en miltsiekte
B Rooiwater en Newcastle-siekte
C Klontwol en slenkdalkoors
D Mastitis en tuberkulose (TB)
1.1.6 Verkeerde hantering van plaasdiere kan bleek, pap en waterige
vleis, swak gradering van karkasse weens kneusing asook … na
die slagproses tot gevolg hê.
A geel vet
B versagting van die vleis
C sagter bene
D vertraagde rigor mortis
1.1.7 Die goedkoopste en volhoubaarste manier om produksielewering
in organiese diereproduksie te verhoog, is om … te gebruik.
A geoutomatiseerde omgewingsbeheer in 'n skuiling
B 'n doeltreffende teelprogram
C groeistimulante
D chemikalieë om siektes te voorkom
1.1.8 Die hormoon verantwoordelik vir die ontwikkeling van sekondêre
manlike geslagskenmerke word deur deel ... vrygestel.
1
2
3
4
A 1
B 2
C 3
D 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2014
NSS
1.1.9 … verwys na die heg van die embrio aan die endometrium van
'n sog.
A Dragtigheid
B Sinchronisasie
C Implantasie
D Kopulasie
1.1.10 Die pasgebore kalf of lam word kolostrum gegee om … te verhoog.
A weerstand teen siektes
B melkproduksie
C die sametrekking van willekeurige spiere
D hormonale funksie (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
Voorbeeld: 1.2.6 KOLOM A KOLOM B
A: Mieliemeel 'n Voer met 'n hoë
B: Karkasmeel proteïeninhoud
Antwoord: 1.2.6 slegs B
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Vitamien A 'n Tekort aan hierdie voedingstof
B: Vitamien D kan parakeratose veroorsaak
1.2.2 A: Diere word mak Gevolg van die regte en gereelde
B: Aggressiewe temperament hantering van diere
1.2.3 A: Bek-en-klouseer
Voorbeeld van 'n virussiekte
B: Slenkdalkoors
1.2.4 A: 90 dae Die droë periode van melkkoeie
B: 60 dae voor hulle volgende kalwing
1.2.5 A: Reproduktiewe kloning
'n Nuwe organisme word geskep
B: Terapeutiese kloning
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2014
NSS
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Strategiese plan vir veeboere om te verseker dat daar genoeg voer
op die plaas is om vir 'n tydperk van een jaar aan al die behoeftes
van diere te voldoen
1.3.2 'n Permanente hanteringsfasiliteit wat gebruik word om 'n bul aan
sy kop te bedwing
1.3.3 'n Paar globulêre kliere wat soos 'n tros druiwe lyk en wat die
grootste sekondêre geslagskliere van 'n bul is
1.3.4 Die proses wat lei tot die vorming van eierselle of ova
1.3.5 'n Inflammatoriese bakteriese siekte wat akuut of chronies kan
wees en wat die uier van 'n koei aantas (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die kouproses is 'n chemiese vorm van vertering wat die
oppervlakarea van voedsel vir effektiewe ensiemaktiwiteit vergroot.
1.4.2 'n Voedingsbenadering waar diere onbeperkte toegang tot 'n
aanvulling kry en hulle kan vreet wanneer en soveel hulle wil,
word hooivoeding genoem.
1.4.3 Kwarantyn behels die bestuurspraktyk en -strategie wat die
ontstaan en verspreiding van siektes deur kontak beheer.
1.4.4 Die verf van sôe se spene met 'n sinkoplossing verminder die kans
van bloedarmoede in klein varkies.
1.4.5 Oorplanting is 'n tegniek wat op vroulike diere gebruik word om
hulle ongeveer op dieselfde tyd te laat bronstig word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die roete van voedsel deur die maag van 'n
plaasdier.
Slukderm
Slukderm
C
A
A C
C
A
B B
B
B
B B
Dunderm
Dunderm
2.1.1 Identifiseer die soort dier wat 'n maag soos in die diagram hierbo
het. (1)
2.1.2 Identifiseer die prosesse wat deur pyltjies A, B en C
verteenwoordig word. (3)
2.1.3 Die proses wat deur pyltjie B voorgestel word, is voordelig vir
hierdie plaasdier. Motiveer hierdie stelling deur DRIE voordele
te noem. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2014
NSS
2.2 Die tabel hieronder dui die gehalte van weivelde en voedingswaardes oor 'n
tydperk van drie seisoene aan.
SEISOEN GEHALTE VAN WEIVELD VOEDINGSWAARDE
Somer Hoog Hoë proteïene en energie
Lae gehalte proteïene,
Winter Laag
droë weiveld
Lente Goed (nuwe groei) Verhoogde proteïeninhoud
2.2.1 Beskryf kortliks hoe die bevolkingsgrootte van die volgende mikro-
organismes in die retikulorumen van diere wat op hierdie weivelde
wei met die seisoene sal verskil, met verwysing na:
(a) Amilolitiese bakterieë in die somer (2)
(b) Proteolitiese bakterieë in die winter (2)
2.2.2 Beskryf die gehalte van 'n aanvullende voer wat in die winter op
hierdie weivelde voorsien sal word. (2)
2.2.3 Noem die vitamien wat waarskynlik gebrekkig is by diere wat op
droë weivelde wei. (1)
2.3 'n Dier vreet 24 kg hooi met 'n voginhoud van 12%. Dit skei 7,3 kg droë
mis uit.
2.3.1 Bereken die koëffisiënt van verteerbaarheid van hierdie hooi. (5)
2.3.2 Die hooi wat hierbo genoem word, kan nie vir melkkoeie as die
enigste bron van voer aanbeveel word nie. Regverdig hierdie
stelling. (2)
2.4 Die tabel hieronder dui die samestelling van twee dierevoere aan.
VOER A VOER B
80% TVV 50% TVV
8% VP 4% VP
4 mg kalsium 2 mg kalsium
6% ruvesel 12% ruvesel
2.4.1 Identifiseer die voer wat heel waarskynlik aan nie-herkouende
diere gevoer sal word. (1)
2.4.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 2.4.1. (2)
2.4.3 Bereken die voedingsverhouding van VOER B. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2014
NSS
2.5 Die grafiek hieronder illustreer 'n voervloeiprogram. Beantwoord die vrae
wat volg.
Hoeveelheid voer in 'n voervloeiprogram
in 'n tydperk van een jaar
180
160
Hoeveelheid voer (ton)
140
120
100
80
Voer beskikbaar
60
Voer benodig
40
20
0
Jan. Feb. Mar. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des.
Tyd (maande)
2.5.1 Vanaf die grafiek hierbo, lei die getal maande af waartydens daar
meer voer beskikbaar sal wees as wat die diere nodig het. (1)
2.5.2 Dui 'n bepaalde maand aan waartydens die beskikbare voer die
mees onvoldoende vir die diere sal wees. (1)
2.5.3 Bereken die voertekort in Oktober in kilogram (kg). (3)
2.5.4 Stel DRIE kostedoeltreffende maatreëls vir beter voerbenutting
voor wat in Januarie en Februarie toegepas kan word. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die produksiestelsel hieronder kom algemeen op klein skaal in plattelandse
gemeenskappe voor. Hoenders word met oorskietkos uit die huis en graan-
gewasse van lande af gevoer.
3.1.1 Identifiseer die tipe pluimveeproduksiestelsel hierbo wat gewoonlik
deur landelike gemeenskappe beoefen word. (1)
3.1.2 Noem DRIE voordele van die stelsel in VRAAG 3.1.1. (3)
3.1.3 Noem DRIE probleme wat met hierdie soort produksiestelsel
geassosieer kan word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2014
NSS
3.2 Die strukture, apparate en toestelle hieronder word in die hantering en
bestuur van plaasdiere in 'n diereproduksiestelsel gebruik.
• Doringdraadheining om plaasgrond te verdeel
• 'n Aparte drukgang
• Rooi vlae en waarskuwingstekens
• Kraal met takke en stokke gemaak
• 'n Skuiling met houtpale en seil gemaak
Dui aan watter van die strukture, apparate en toestelle hierbo die geskikste
sal wees om in elk van die volgende situasies te gebruik:
3.2.1 Die implementering van 'n wisselweidingstelsel (1)
3.2.2 Bestaansboere gebruik hierdie struktuur om diere snags te huisves (1)
3.2.3 Beskerming van jong lammers teen koue en wind (1)
3.2.4 'n Trop beeste wat 'n openbare pad oorsteek (1)
3.3 Die boere hieronder is by twee verskillende produksiestelsels betrokke.
BOER A BOER B
Boer in 'n 4 800 ha semi-ariede Boer in 'n 400 ha nat gebied met
gebied met 2 werkers. Die plaas het 20 werkers. Die plaas het
1 plaasstoor, 8 windpompe, 1 bees- 6 plaasstore, 25 voerkraalkampe,
hanteringsfasiliteit, 1 dipstasie en 3 beeshanteringsfasiliteite,
400 beeste wat op natuurlike weiding 3 dipstasies en 3 500 beeste.
aangehou word.
3.3.1 Identifiseer die boerderystelsel wat deur BOER A beoefen word. (1)
3.3.2 Gee TWEE redes uit die tabel wat die antwoord op VRAAG 3.3.1
ondersteun. (2)
3.3.3 Onderskei kortliks tussen die voedingstrategieë wat deur BOER A
en BOER B gevolg word. (2)
3.3.4 Noem TWEE maatreëls wat BOER A kan tref om produksie te
verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2014
NSS
3.4 Liggaamstemperatuur, die getal asemteue per minuut en die hartkloptempo
van die dier is hoofaanwysers van die gesondheid van 'n dier.
3.4.1 Noem die liggaamsdeel van 'n koei waar die termometer ingesteek
word om die liggaamstemperatuur te meet. (1)
3.4.2 'n Dier ly aan 'n akute siekte. Wat sal die status van die volgende
gesondheidsaanwysers van hierdie dier wees:
(a) Liggaamstemperatuur (1)
(b) Asemhalingstempo (1)
(c) Hartklop (1)
3.5 Die prentjie hieronder is op die beheer van eksterne parasiete gebaseer.
Voorkom dit ...
Vlieë Myte Luise
met … With...
Delete ALL Reg-om-te-gebruik –
Reg. Nr. G2837 Wet 36/1947 giet net oor
Residuele aksie
Renostervoël
Ox-pecker Niesistemiese aksie
Deltametrien
verenigbaar
Compatible 0,50% m/v
Amitrax 2,0% m/v
Piperoniel
Butoksied 2,0% m/v
3.5.1 Identifiseer die soort en die naam van die bosluis wat met hierdie
medikasie behandel word. (2)
3.5.2 Dui EEN dieresiekte aan wat deur die bosluis in VRAAG 3.5.1
oorgedra word. (1)
3.5.3 Die chemiese stof hierbo word as omgewingsvriendelik beskou.
Regverdig hierdie stelling deur TWEE redes uit die data in die
prentjie te gee. (2)
3.5.4 Stel 'n geskikte metode voor om hierdie chemiese stof toe te dien. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2014
NSS
3.5.5 Die rol van die staat is om beheer oor medisyne en middels soos
die een in die prentjie uit te oefen. Regverdig hierdie stelling deur
TWEE aspekte uit die data hierbo te noem. (2)
3.6 Boere moet bewus wees van plante wat 'n gevaar vir vee inhou omdat hulle
giftig is.
3.6.1 Noem TWEE plante wat gewoonlik in natuurlike weivelde gevind
word en wat vir diere giftig kan wees. (2)
3.6.2 Dui DRIE maatreëls aan wat die boer kan tref om plantvergiftiging
te voorkom. (3)
[35]
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder stel die vroulike voortplantingstelsel voor.
A
B
G
C
F
D
E
4.1.1 Identifiseer deel A, B, C en F. (4)
4.1.2 Dui die letter (A–G) en die naam van die deel aan wat normaalweg
tydens dragtigheid met 'n alkaliese slymprop geseël word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2014
NSS
4.2 Die data hieronder stel hormoonvlakke tydens die bronstigheidskringloop voor.
DAE PROGESTEROONVLAK- ESTROGEENVLAK-
KONSENTRASIE (mg/mℓ) KONSENTRASIE (mg/mℓ)
0 3 2
4 3 2
8 32 2
12 32 2
16 32 2
20 3 30
24 3 2
4.2.1 Teken 'n lyngrafiek om die progesteroon- en estrogeenvlakke op
verskillende dae tydens die bronstigheidskringloop te illustreer. (6)
4.2.2 Stel die rol van progesteroon vanaf dag 8 tot dag 16 voor. (1)
4.2.3 Lei die dag wanneer die follikels ten volle ontwikkel sal wees van die
data hierbo af. (1)
4.2.4 Motiveer die antwoord op VRAAG 4.2.3 deur na die grafiek te verwys. (1)
4.3 Die diagram hieronder illustreer 'n spermsel.
A B C D E
4.3.1 Identifiseer deel B. (1)
4.3.2 Skryf die letter van die deel wat die akrosoom voorstel, neer. (1)
4.3.3 Noem EEN funksie van deel E. (1)
4.3.4 Onderskei tussen 'n spermsel en semen. (2)
4.3.5 Dui TWEE metodes om semen by bulle te versamel, aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2014
NSS
4.4 Kunsmatige inseminasie (KI) maak dit vir boere moontlik om die meeste
vroulike diere op die plaas dragtig te kry. Om die gewenste resultate te verkry,
moet die boer die bronstigheidskringlope van vroulike diere dophou om
bronstigheid en gereedheid vir inseminasie vas te stel.
4.4.1 Definieer kunsmatige inseminasie. (2)
4.4.2 Noem DRIE hoofvereistes vir suksesvolle kunsmatige inseminasie
van plaasdiere. (3)
4.5 Die stellings hieronder verwys na die hoofstadia van 'n voortplantingstegniek
wat op koeie uitgevoer word:
A. Spoel die embrio's uit die skenkerkoei
B. Die skenkerkoei word geïnsemineer
C. Superovulasie van die skenkerkoei
D. Plaas die embrio in die ontvangerkoei
E. Sinchroniseer beide die skenker- en die ontvangerkoei
4.5.1 Identifiseer die voortplantingstegniek hierbo. (1)
4.5.2 Rangskik die stellings (A–E) hierbo in die korrekte volgorde. (5)
4.5.3 Noem TWEE voordele van hierdie voortplantingstegniek. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper