Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2015
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 707.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal nutrition10 marks
- Question 1.3Animal reproduction20 marks
- Question 1.4Animal production and housing5 marks
- Question 2.1Animal nutrition7 marks
- Question 2.2Animal nutrition7 marks
Show all 19 questions
- Question 2.3Animal nutrition8 marks
- Question 2.4Animal nutrition5 marks
- Question 2.5Animal nutrition8 marks
- Question 3.1Animal production and housing9 marks
- Question 3.2Animal production and housing9 marks
- Question 3.3Animal health and protection6 marks
- Question 3.4Animal health and protection8 marks
- Question 3.5Animal health and protection3 marks
- Question 4.1Animal reproduction10 marks
- Question 4.2Animal reproduction8 marks
- Question 4.3Animal reproduction3 marks
- Question 4.4Animal reproduction7 marks
- Question 4.5Animal reproduction7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon alle berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die enigste kompartement van die herkouerkalf se maag wat
funksioneel is terwyl dit nog soog:
A Abomasum
B Omasum
C Rumen
D Retikulum
1.1.2 'n Voer met 'n hoë verteerbaarheidskoëffisiënt bevat …
A minder vesel en meer verteerbare voedingstowwe.
B meer vesel en meer verteerbare voedingstowwe.
C minder vesel en minder verteerbare voedingstowwe.
D meer vesel en minder verteerbare voedingstowwe.
1.1.3 Die mikroörganismes in die rumen verteer sellulose om die
volgende produkte te produseer:
(i) Koolstofdioksied
(ii) Bottersuur
(iii) Pepsien
(iv) Metaan
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 Chemiese bestanddele wat by die voer van plaasdiere gevoeg
word sodat hul rustiger raak en meer vreet:
A Antibiotika
B Groeihormone
C Skildklierreguleerders
D Kalmeermiddels
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2015
NSS
1.1.5 Die vlugsone van 'n koei verwys na die ruimte …
A nader aan die drukgang.
B tussen twee hekke.
C rondom die sy van die koei.
D voor die koei se kop.
1.1.6 Die stellings hieronder is korrek ten opsigte van die lewensiklus
van 'n eengasheerbosluis.
Kies die KORREKTE kombinasie:
(i) Die eiers broei uit en vorm larwes.
(ii) Die larwes ontwikkel in nimfe.
(iii) Die larwes en nimfe leef op 'n tussengasheer.
(iv) Die nimfe ontwikkel in volwassenes.
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (ii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.7 Die bakteriese siekte wat hoofsaaklik die melkkliere van plaasdiere
aantas:
A Rooiwater
B Mastitis
C Anaplasmose
D Miltsiekte
1.1.8 Tweelinge wat uit twee verskillende ova ontwikkel en deur twee
verskillende spermselle bevrug word:
A Hermafrodiet
B Monosigoties
C Disigoties
D Maserering
1.1.9 Kies die KORREKTE volgorde van die ontwikkeling van die sigoot
na bevrugting:
A Sigoot inplantasie blastosist morula
B Sigoot morula blastosist inplantasie
C Sigoot morula inplantasie blastosist
D Sigoot blastosist morula inplantasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2015
NSS
1.1.10 'n Hormoon wat 'n belangrike rol in die stimulasie van laktasie na
geboorte/parturisie speel:
A Relaksien
B Luteïniserende hormoon
C Oksitosien
D Prolaktien (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Koper
1.2.1 Duinetering
B: Kobalt
A: 80% TVV 'n Produksierantsoen met vismeel wat
1.2.2 vir hoogproduserende melkkoeie
B: 4% VP gebruik word
A: Plantvergiftiging
1.2.3 Oormatige speekselafskeiding
B: Ureumvergiftiging
A: Kriptorgadisme Toestand waar vroulike diere na
1.2.4 verskeie inseminasiepogings nie
B: Herhaalkoeisindroom bevrug raak nie
A: Estrus
1.2.5 Gereguleer deur progesteroon
B: Ovulasie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 'n Alkaliese vloeistof wat deur die lewer geproduseer en in die
dunderm vrygestel word om met die vertering van vette te help
1.3.2 'n Tegniek waar gordyne binne 'n braaikuikenhuis gebruik word om
te help om temperatuur te reguleer
1.3.3 Die term gegee aan die organisme wat verantwoordelik is vir die
oordra van virussiektes soos slenkdalkoors
1.3.4 Die toestand waar vroulike diere gedurende die geboorteproses
probleme ondervind en die hulp van 'n veearts of die boer benodig
1.3.5 Die onvermoë van 'n bul om koeie wat in estrus is, te dek, selfs al
stel hy belang (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2015
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Aanvullingsprogram is 'n strategiese plan vir veeboere om te
verseker dat daar genoeg voer is om die hele jaar in die behoeftes
van plaasdiere te voorsien.
1.4.2 'n Diepskropstelsel is wanneer pluimvee toegelaat word om
bedags vrylik rond te beweeg en snags in hokke gehou word.
1.4.3 Kroniese siektes kom skielik, onverwags en soms sonder enige
vorige tekens voor en lei daarom tot 'n vinnige dood.
1.4.4 Braaikuikens word onder intensiewe toestande in batteryhokke
aangehou om eiers te produseer.
1.4.5 Die endoderm is die middelste laag waaruit die hart, skelet, spiere,
urogenitale en vaskulêre stelsels ontwikkel. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van 'n plaasdier.
B
C D E
A
2.1.1 Identifiseer die tipe plaasdier getoon in die diagram hierbo. (1)
2.1.2 Verwys na ten minste EEN struktuur in die diagram hierbo om die
antwoord op VRAAG 2.1.1 te motiveer. (1)
2.1.3 Identifiseer die gedeelte waar elk van die volgende plaasvind en skryf
slegs die letter (A–E) neer:
(a) Uitskeiding (1)
(b) Absorpsie van aminosure (1)
(c) Hoofabsorpsie van water (1)
2.1.4 Gee TWEE redes waarom die dier hierbo NIE ruvoere gevoer kan
word NIE. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2015
NSS
2.2 Water, vitamiene en minerale moet altyd as 'n integrale deel van dierevoeding
ingesluit word.
2.2.1 Noem DRIE funksies van water in dierevoeding. (3)
2.2.2 Noem 'n vitamien- of mineraaltekort wat tot elk van die volgende kan
lei:
(a) Osteomalasie (1)
(b) Nagblindheid (1)
(c) Goiter (1)
(d) Bloedarmoede (1)
2.3 Die voginhoud van hooi vir beeste in 'n voerkraal is 8%. 'n Kudde
speenkalwers vreet daagliks gemiddeld 30 kg van die hooi en skei 12 kg droë
mis uit.
2.3.1 Verwys na die inligting hierbo en bereken die
verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi. Toon ALLE berekeninge. (5)
2.3.2 Stel DRIE prosesse voor wat toegepas kan word om die
verteerbaarheid van voer te verhoog. (3)
2.4 Die tabel hieronder toon die voer wat 'n melkboer kan gebruik om 'n rantsoen
saam te stel.
VEREISTE VERTEERBARE VOER VERTEERBARE
PROTEÏENWAARDE (VP) % PROTEÏENWAARDE
(VP) %
Mielies 9%
17%
Grondboontjie-oliekoek 44%
2.4.1 Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die rantsoen te balanseer. (3)
2.4.2 Bereken die persentasie mielies wat by die rantsoen ingesluit moet
word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2015
NSS
2.5 Die grafiek hieronder toon die beskikbare voer en aanvullingsbehoeftes in 'n
skaapproduksie-eenheid.
SLEUTEL:
Jan. xxx: Veldvoer
Des.
xxx xxx Feb. 000: Hawermoutaanvulling
Nov.
xxx +++: Mineraallekaanvulling
xxx
000
●●● ●●●: Kragvoeraanvulling
Okt. xxx xxx
000 000 Mrt.
●●●
Sept. xxx xxx
000 000
Apr.
+++
+++ 000
000
Aug. xxx
+++ +++ Mei
000 000
Jul. Jun.
2.5.1 Identifiseer die maande waartydens daar voldoende veldvoer was. (2)
2.5.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.1 deur na die grafiek
hierbo te verwys. (1)
2.5.3 Gee 'n rede waarom kragvoer in Oktober en November gegee is. (2)
2.5.4 Veronderstel dat die veld, soos hierbo genoem, in Januarie 3,4 ton
voer verskaf het.
Bereken:
(a) In kg, die hoeveelheid voer wat in Januarie deur die veld
verskaf is (1)
(b) Die vraag na veld in Januarie as 50 skape elk 2 kg voer per
dag vreet. Toon ALLE berekeninge. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die foto's hieronder toon twee tipes produksiestelsels (A en B) wat algemeen
in Suid-Afrika gebruik word.
A B
3.1.1 Identifiseer produksiestelsel A en B. (2)
3.1.2 Vergelyk die verskille tussen produksiestelsel A en produksiestelsel B
onder die volgende opskrifte:
(a) Omgewingsbeheer (2)
(b) Produktiwiteit (2)
(c) Menslike insette (2)
3.1.3 Noem EEN belangrike rede waarom beeste aangehou word in die
fasiliteit wat deur stelsel B voorgestel word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2015
NSS
3.2 Die diagram hieronder verteenwoordig plaasdiere en die maniere waarop
hulle hitte verloor.
A C
B
3.2.1 Identifiseer DRIE maniere waarop hitte (energie) in dier A, B en C
verlore gaan. (3)
3.2.2 Dui TWEE maniere aan waarop hitte (energie) verlore gaan, buiten
dié wat in die diagram hierbo getoon word. (2)
3.2.3 Noem TWEE tekens van hittestres by plaasdiere. (2)
3.2.4 Stel TWEE bestuurspraktyke voor om die tipe hitteverlies, wat in
dier A voorgestel word, te verminder. (2)
3.3 Die tabel hieronder verteenwoordig die gemiddelde polsslag en
respirasietempo van verskillende plaasdiere.
PLAAS- GEMIDDELDE POLSSLAG GEMIDDELDE
DIERE (HARTKLOP PER RESPIRASIETEMPO
MINUUT) (ASEMHALING PER MINUUT)
Beeste 65 20
Perde 40 15
Skape 80 20
Bokke 75 15
Varke 60 10
Teken 'n lyngrafiek om die gemiddelde polsslag en respirasietempo van die
verskillende plaasdiere in die tabel op een grafiek voor te stel. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2015
NSS
3.4 Die tabel hieronder verteenwoordig die inentingsprogram wat 'n boer gebruik
om akute dieresiektes op 'n plaas te voorkom.
SIEKTE PATOGEEN HOOFSIMPTOOM VAN PLAASDIERE TYD VAN
BETROKKE DIE SIEKTE INGEËNT INENTING
Swelling van die nek wat
asemnood veroorsaak,
A Bakterieë en bloederige afskeiding B Enige tyd
uit die neus, bek en
rektum
Rooiwater C Donkerrooi urine D Jaarliks
Bek-en- Beeste, skape
Virus E F
klouseer en bokke
Hoë koors, bloedbevlekte
Slenkdal- nasale afskeiding en Beeste, skape
G Jaarliks
koors aborsie by aangetaste en bokke
vroulike diere
3.4.1 Voltooi die tabel hierbo. Skryf slegs die antwoord langs die letter
(A–G) in die ANTWOORDEBOEK neer. (7)
3.4.2 Noem die vektor vir rooiwater. (1)
3.5 Parasiete kan ernstige ekonomiese verliese veroorsaak, daarom moet boere
seker maak dat parasiete doeltreffend beheer word.
Stel die geskikste metode voor wat gebruik word om geneesmiddels aan
diere toe te dien om elk van die volgende parasiete en toestande te beheer:
3.5.1 Om rondewurms en platwurms uit te roei (1)
3.5.2 Om eksterne parasiete soos bosluise en myte mee te behandel (1)
3.5.3 Om brommers op oop wonde te behandel (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
Prent A en B hieronder verteenwoordig sekere stadiums van geboorte by beeste.
4.1
A B
4.1.1 Noem die stadiums van geboorte in prent A en B. (2)
4.1.2 Identifiseer, in prent A of B, die verkeerde posisionering van die
kalf. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
4.1.3 Watter prent (A of B) stem met die volgende aktiwiteite ooreen?
(a) Oksitosien word vrygestel om sametrekkings te begin. (1)
(b) Sametrekkings kom elke twee minute voor. (1)
(c) Die naelstring breek en die kalf begin asemhaal. (1)
4.1.4 Daar is sigbare gedragsveranderings by die koei in stadium B.
Noem DRIE van hierdie veranderings. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2015
NSS
4.2 Die grafiek hieronder verteenwoordig die hormoonvlakke van 'n koei tydens
verskillende fases in die estrussiklus.
Progesteroon
LH
FSH
Estrogeen
Prolaktien
Hormoonkonsentrasie
5 10 15 1 5
Dae van die estrussiklus
4.2.1 Definieer die term estrussiklus. (2)
4.2.2 Identifiseer die dae waartydens die progesteroonvlak die hoogste is. (1)
4.2.3 Gee 'n rede vir die skielike daling in die FSH-vlakke tussen dag 2 en 3. (1)
4.2.4 Gee 'n rede vir die styging in die progesteroonvlak vanaf dag 3 en 4. (2)
4.2.5 Dui die invloed van estrogeen op LH aan. (1)
4.2.6 Noem die klier in die dier se liggaam waar prolaktien geproduseer word. (1)
4.3 Boere kan verskeie elektroniese en meganiese toestelle gebruik om
bronstigheid by plaasdiere waar te neem.
Identifiseer elke toestel wat hieronder beskryf word:
4.3.1 Word aan 'n koei se onderbeen vasgemaak om beweging te monitor (1)
4.3.2 Merker wat op 'n koggelkoei geplaas word om 'n merk op die rug van
'n gedekte koei te laat. (1)
4.3.3 Word as 'n merker op koeie geplaas en strek vanaf die heupbeen tot
waar die stert begin (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2015
NSS
4.4 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n voortplantingsproses by skape.
A Skenkerkern
Saamgesmelte
Eiersel sel
Eiersel uit
volwasse skaap
B
geneem
C Embrio
4.4.1 Identifiseer die tipe voortplantingsproses in die diagram hierbo. (1)
4.4.2 Definieer die proses in VRAAG 4.4.1. (2)
4.4.3 Beskryf die fase voorgestel deur B. (1)
4.4.4 Stel DRIE doelwitte van die proses in VRAAG 4.4.1 voor. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/November 2015
NSS
4.5 Die diagram hieronder toon 'n proses wat in die voortplantingstelsel van koeie
voorkom.
Oögonium
A
B
Ovum
Bipolêre selle
4.5.1 Identifiseer die proses in die diagram hierbo geïllustreer. (1)
4.5.2 Noem die tipe selverdeling wat vir die vorming van sel A
verantwoordelik is. (1)
4.5.3 Gee 'n rede waarom selle B deur meiose verdeel. (1)
4.5.4 Dui die eindprodukte van verdeling van die volgende prosesse aan:
(a) Oögenese (1)
(b) Spermatogenese (1)
4.5.5 Noem die orgaan waar jy die volgende sal aantref:
(a) Spermatogonium (1)
(b) Oögonium (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2015 Memo (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper