Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2013
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1008.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2013
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon AL jou berekenings, insluitend 'n formule, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die maag van die vark stel maagsappe vry wat soutsuur bevat, wat
verantwoordelik is vir die verandering van ...
A vette na vetsure en gliserol.
B pepsien in pepsinogeen.
C oplosbare kaseïnogeen in kaseïen.
D sukrose na glukose en fruktose.
1.1.2 Die deel van die spysverteringstelsel van die hoender wat daarvoor
verantwoordelik is om voer met die hulp van klein klippies te maal,
word deur die volgende letter voorgestel:
A
B
C
D
A A
B D
C C
D B
1.1.3 In herkouerdiere word die vereiste proteïenwaarde vir 'n rantsoen
aangevul deur ... by te voeg om die voermengsel meer koste-
effektief te maak.
A karkasmeel
B bloedmeel
C vismeel
D ureum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2013
NSS
1.1.4 Watter van die volgende stowwe word vrygestel wanneer ruvoere
deur mikro-organismes in die rumen verteer word?
(i) Vetsure
(ii) Metaan
(iii) Suurstof
(iv) Sellulose
Kies die korrekte kombinasie.
A (ii) en (iv)
B (i) en (iii)
C (i) en (ii)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.5 Deur kennis wat deur ouer generasies oorgedra is te gebruik,
maal 'n veeboer die as van 'n giftige plant en meng dit met
'n voerrantsoen om te voorkom dat diere vergiftig word. Hierdie
praktyk is gebaseer op die ... metode.
A konvensionele
B biologiese
C inheemse
D wetenskaplike
1.1.6 Wanneer diere in 'n vragmotor vervoer word, is die volgende aspek
belangrik om kneusing te voorkom:
A Die getal diere en die grootte van die laaiarea
B Die sterkte van die kante van die vragmotor
C Beeste en skape word gemeng
D Enjinkapasiteit en die sterkte van die vragmotor
1.1.7 Watter van die volgende is deel van 'n intensiewe diereproduksie-
eenheid?
(i) Groot bedrae geld word belê
(ii) 'n Groot grondoppervlakte met 'n lae produksie-uitset
(iii) Omgewingsbeheer en -bestuur
(iv) Meganisasie
Kies die korrekte kombinasie.
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2013
NSS
1.1.8 EEN van die volgende word gebruik om 'n groot os stil te hou vir
individuele behandeling:
A Porstok ('Prodder')
B Nekklamp
C Halter
D Oorplaatjies
1.1.9 Die kop is die enigste deel van die spermsel (spermatosoön) wat
die eiersel vir bevrugting moet binnedring, want ...
A dit is die eerste deel van die spermatosoön.
B dit bevat mitochondria.
C dit bevat genetiese materiaal.
D dit dring met gemak in.
1.1.10 Die fasiliteit in die illustrasie hieronder wat gebruik word om
bosluise te beheer, kan die beste beskryf word as 'n ...
A spuitdip.
B dompeldip.
C voetdip.
D opgietdip. (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM B op SLEGS A, SLEGS B,
BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A van toepassing is.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A Mieliemeel
1.2.1 Proteïenryke kragvoer
B Karkasmeel
A Kommersiële boerdery 'n Boerderyeenheid wat hoofsaaklik
1.2.2 gebruik word om voedsel vir die
B Bestaansboerdery gesin te lewer
A Di-estrus Die fase van rus in die
1.2.3
B Pro-estrus bronstigheidskringloop
A Prostaatklier Manlike byklier vir die afskeiding van
1.2.4 hormone wat vir geslagsaktiwiteit
B Seminale klier nodig is
A Virussiektes Het die grootste ekonomiese impak
1.2.5
B Swamsiektes op veeboerdery
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2013
NSS
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die deel van die spysverteringstelsel van 'n vark waar die meeste
absorpsie van verteerde voedingstowwe plaasvind
1.3.2 Die komponent van 'n voer wat as die belangrikste bron van hitte
en energie vir 'n dier dien
1.3.3 'n Tradisionele Afrikagebruik waar 'n man die vader van die
toekomstige bruid met beeste betaal
1.3.4 Die proses waardeur 'n Graafse follikel van 'n eierstok bars om die
ovum vry te stel
1.3.5 Die diens wat deur die Staat gelewer word waar diere vir 'n
bepaalde tydperk in isolasie gehou word terwyl hulle vir siektes
getoets word (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Proteïen word tydens vertering na glukose afgebreek.
1.4.2 Ektotermiese diere handhaaf 'n konstante liggaamstemperatuur,
selfs al varieer die omgewingstemperatuur.
1.4.3 Die Drakensberger is beter aangepas vir plaaslike omgewings-
toestande omdat dit 'n eksotiese ras is.
1.4.4 Die intensiewe boerderybedryf waar beeste op 'n klein area
aangehou en gevoer word vir maksimum produksie-uitset, word 'n
skropstelsel genoem.
1.4.5 Muggies vorm maaiers en veroorsaak ernstige wonde op die nat
vel rondom die stert van 'n wolskaap. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: DIEREVOEDING
2.1 Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van 'n plaasdier.
H
A B C G
F
D E
2.1.1 Kies 'n letter (A–H) wat 'n deel van die spysverteringstelsel in die
diagram hierbo voorstel wat ooreenstem met elk van die volgende
beskrywings:
(a) Afskeiding van soutsuur (1)
(b) Die meeste vlugtige vetsure word geabsorbeer (1)
(c) Pankreassap word afgeskei (1)
2.1.2 Beskryf DRIE aanpassings van deel C vir maksimum absorpsie
van verteerde voedsel. (3)
2.1.3 Beskryf kortliks die absorpsie van vetmolekule in deel C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2013
NSS
2.2 Die volgende inligting is gebruik tydens 'n verteerbaarheidsproef wat op 'n
groep herkouerplaasdiere uitgevoer is:
Droëmateriaalinhoud van die voer = 88%
Droëmateriaalinhoud van die mis = 77%
Mis uitgeskei = 3,5 kg
Gemiddelde voerinname = 10 kg
2.2.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie voer. (5)
2.2.2 Verduidelik die implikasie van die waarde wat in VRAAG 2.2.1
bereken is. (2)
2.3 Mielies en sonneblom-oliekoekmeel is gebruik om 'n gebalanseerde rantsoen
vir plaasdiere voor te berei. Hierdie diere benodig 18% verteerbare proteïen in
hulle rantsoen. Mielies het 'n verteerbare proteïeninhoud van 9% en
sonneblom-oliekoekmeel het 38%.
2.3.1 Gebruik die Pearson-vierkant om die verhouding van mielies tot
sonneblom-oliekoekmeel te bereken wat in hierdie voermengsel
benodig word. (4)
2.3.2 Bereken die persentasie mielies wat by hierdie mengsel
ingesluit is. (3)
2.4 Noem die voedingselementtekort wat met elk van die volgende toestande wat
in vee waargeneem word, verband hou.
2.4.1 Weidiere kou droë bene en lek die grond (1)
2.4.2 Bleek slymvlies (1)
2.4.3 'n Vergrote skildklier (1)
2.5 Die tabel hieronder toon die samestelling van twee voere (A en B).
KOMPONENT VOER A VOER B
Verteerbare proteïen (VP) 8% 12%
Koolhidrate 50% 40%
Vette 22% 5%
TVV – 67%
VV – 1:5
2.5.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) van voer A. (4)
2.5.2 Identifiseer die voer (A of B) wat die geskikste is vir vetmesting van
diere. Regverdig jou antwoord. (3)
2.5.3 Dui die voer (A of B) aan wat die geskikste is vir jong, groeiende
diere. Motiveer jou antwoord. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2013
NSS
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE
3.1 Kies 'n verduideliking uit die lys hieronder wat by elk van die volgende
beskrywings van waargenome dieregedrag pas. Skryf slegs die letter (A–E)
langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Skaduwees in die pad of gesigsveld van diere
B Normale moedergedrag
C Dier is gesond
D Dier kan 'n siekte opdoen
E Normale voortplantingsgedrag
3.1.1 Vroulike diere in die kudde spring op ander vroulike diere en laat
toe dat ander vroulike diere op hulle spring (1)
3.1.2 'n Kudde diere wei op natuurlike weiding (1)
3.1.3 'n Dier het sy aptyt verloor (1)
3.1.4 Diere wil nie deur 'n hek in 'n gang inbeweeg nie (1)
3.1.5 Dier is aggressief nadat sy geboorte geskenk het (1)
3.2 Die tabel hieronder gee data oor temperatuuraanwysers en hitteproduksie vir
drie verskillende plaasdiere.
PLAASDIER LAER KRITIEKE OPTIMALE HITTE-
TEMPERATUUR TEMPERATUUR- PRODUKSIE
(oC) REEKS (oC) (kJ/h)
Melkkoei 2 15–23 2 500
Vark (sog) 10 12–18 800
Kuikens (2 weke) 21 28–32 6
3.2.1 Identifiseer die dier met die hoogste hitteproduksie per uur. Gee 'n
rede vir jou antwoord deur na die data in die tabel te verwys. (2)
3.2.2 Gee TWEE moontlike redes waarom kuikens die intensiefste
omgewingsbeheermaatreëls benodig. (2)
3.2.3 Definieer die optimale temperatuurreeks vir produksie-uitset. (2)
3.2.4 Verduidelik waarom varke in die winter in 'n beskutte omgewing
aangehou word, deur na die data hierbo te verwys. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2013
NSS
3.3 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika het 'n verskeidenheid inheemse plaasdierrasse. Die Mbuzi-bok is
een van die inheemse rasse wat deur 'n verskeidenheid kleure gekenmerk
word. Die bokke raak gewild onder telers as gevolg van hulle
aanpassingsvermoëns. Hulle kan baie goed op steiler terreine oorleef omdat
hulle lang, sterk, dun bene het, wat hulle ook in staat stel om die meeste
voedsame struike en bome te vreet. Hulle is nie vatbaar vir wurms nie en het
goeie moederinstinkte. Hulle verdedig hulself en hul kleintjies teen indringers
met hul skerp, sterk horings.
3.3.1 Verwys na die inligting hierbo en beskryf die aanpassing van
Mbuzi-bokke onder die volgende opskrifte:
(a) Omgewingstoestande (2)
(b) Plaag- en siektebestuur (2)
3.3.2 Mbuzi-bokke word die meeste van die tyd onder ekstensiewe
toestande aangehou. Hulle word slegs vir normale
bestuurspraktyke bymekaargebring. Noem DRIE sulke
bestuurspraktyke. (3)
3.4 'n Dier (A) uit 'n klein produksie-eenheid word met 'n dier (B) uit 'n groot
produksie-eenheid vergelyk. Daar word bereken dat beide diere ongeveer
6 kg van hulle daaglikse voerinname vir onderhoud gebruik. Die produksie-
uitset en voerinname van die twee diere word in die tabel hieronder aangedui.
INDIKATOR DIER A DIER B
Produksie-uitset: melkproduksie 12 liter/dag 43 liter/dag
Voer ingeneem per dag 48 kg 56 kg
3.4.1 Bereken die hoeveelheid voer wat elke dier vir produksie gebruik
het. (2)
3.4.2 Identifiseer die dier (A of B) wat sy rantsoen die doeltreffendste
gebruik het. Motiveer jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2013
NSS
3.5 Die foto hieronder toon 'n braaikuikenproduksie-eenheid.
Hierdie braaikuiken-eenheid is toegerus met die volgende gespesialiseerde
toerusting vir omgewingsbeheer:
• Voetbaddens by al die ingange
• Opvoubare kantmure
• Elektriese verwarmers
• Waaiers in die dak en mure
• Isoleringsmateriaal op die dak
3.5.1 Kies die toerusting uit die lys hierbo wat in elk van die volgende
gevalle gebruik sal word. Elke tipe toerusting kan slegs een keer
genoem word. Skryf slegs die toerusting langs die letter (a–d) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
(a) Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid dag en nag
konstant te hou (1)
(b) Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid tydens 'n
skielike daling in die omgewingstemperatuur te verhoog (1)
(c) Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid op 'n baie
warm dag te verlaag (1)
(d) Om die moontlikheid dat patogene in die braaikuiken-eenheid
ingebring word, te verlaag (1)
3.5.2 Noem VIER moontlike kenmerke van 'n intensiewe diereproduksie-
eenheid gebaseer op die braaikuiken-eenheid hierbo. (4)
3.5.3 Wat is die grootste gesondheidsrisiko vir so 'n braaikuiken-
eenheid? Gee 'n rede om jou antwoord te ondersteun. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2013
NSS
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
4.1 Die diagram hieronder illustreer dragtigheidsbepaling in 'n koei. Die hand
word in die rektum ingesteek.
rektum
vagina
C
B
fetus
A
4.1.1 Identifiseer deel A, B en C. (3)
4.1.2 Noem TWEE voordele van die vroeë bepaling van dragtigheid. (2)
4.1.3 Verduidelik die rol van die slymprop wat in deel C gevind word. (2)
4.1.4 Noem die toestand wat in elk van die volgende situasies sal
plaasvind:
(a) Die fetus sterf, ontbind en bly binne-in die koei (1)
(b) Die vloeistof rondom die fetus word geherabsorbeer en 'n
harde skelet bly oor (1)
4.1.5 Dragtigheid kan voor natuurlike geboorte beëindig word met die
uitwerping van 'n sigbare fetus. Identifiseer hierdie situasie en gee
TWEE moontlike oorsake daarvan. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2013
NSS
4.2 Die diagram hieronder toon 'n struktuur in die vroulike voortplantingstelsel van
'n plaasdier.
brein
hormoon
4.2.1 Benoem struktuur A, B en E. (3)
4.2.2 Noem die hormoon wat met elk van die volgende funksies
geassosieer word:
(a) Stimuleer die ontwikkeling van struktuur B (1)
(b) Stimuleer proses D (1)
(c) Karakteriseer die sigbare tekens van bronstigheid (1)
(d) Afgeskei deur struktuur F (1)
4.2.3 Beskryf hoe struktuur E aangepas is om die ovum suksesvol te
vang. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2013
NSS
4.3 Die tabel hieronder toon sekere inheemse metodes wat gebruik word om
siektes en plae onder vee te beheer.
FREKWENSIE PERSENTASIE
INHEEMSE BEHEERMETODE
VAN GEBRUIK (%)
Galsmering 72 93,5
Kruie 67 87,0
Selfdiagnose 70 90,1
Brand van bosse 37 48,1
Kudde-isolering 17 22,0
Plaaslike konkoksies/mengsels 27 35,0
[Aangepas uit 'n veldopname – 1995]
4.3.1 Identifiseer 'n inheemse beheermetode wat met die chemiese
beheer van siektes vergelyk kan word. (1)
4.3.2 Noem die TWEE metodes wat die algemeenste gebruik word om
plae en siektes te beheer deur na die tabel hierbo te verwys. (2)
4.3.3 Noem TWEE maniere waarop die brand van bosse besmetting met
bosluise sal beheer. (2)
4.3.4 Teken 'n kolomgrafiek om die frekwensie van die gebruik van
inheemse beheermetodes aan te toon. (6)
4.3.5 Noem DRIE konvensionele beheermaatreëls wat 'n boer moet
gebruik om aansteeklike siektes te beperk. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2013 Memo (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper