Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend ʼn antwoordblad.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 









View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Gr12 AGRS P1 QP AFR_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 17
- File size
- 712.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die bygevoegde ANTWOORDBLAD
beantwoord word.
3. AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
word.
4. Begin elke vraag van AFDELING B op ʼn NUWE bladsy.
5. Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word.
6. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
word.
7. Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne in jou
ANTWOORDEBOEK.
8. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
9. Toon alle bewerkings.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A – D)
langs die vraagnommer 1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD. Geen punte sal toegeken word as meer as een
antwoord gemerk word nie.
VOORBEELD: 1.1.11 A B C D
1.1.1 ʼn Tekort aan jodium in ʼn dier se liggaam kan aanleiding tot ... gee.
A kropgeswel
B bloedarmoede
C parakeratose
D pika
1.1.2 Proteïene is ʼn baie duur bestanddeel van voermengsel. Die verlangde
proteïenverhouding in die rantsoen van ʼn herkouer kan verkry word
deur ... by te voeg en sodoende die rantsoenkoste meer effektief te
maak.
A karkasmeel
B vismeel
C bloedmeel
D ureum
1.1.3 Die voorsiening van beskutting in ʼn koste effektiewe
boerderyvertakking is noodsaaklik vir ...
A volhoubare produksie.
B optimale produksie.
C gemiddelde produksie.
D selektiewe produksie.
1.1.4 Die deel van die spysverteringskanaal waar ekskresie tydelik gestoor
word voordat dit deur willekeurige spiersametrekkings uitgeskei word.
A Sekum
B Anus
C Rektum
D Kolon
1.1.5 Diere wat op so ʼn manier hanteer word sal baie onvoorspelbaar
reageer:
A Met ʼn sweep geslaan word
B Word altyd op dieselfde manier hanteer
C Op ʼn rustige manier hanteer
D In groepe aangejaag word
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
1.1.6
Die bostaande skets toon ʼn bul wat ʼn koei dek. Hierdie is ʼn
voorstelling van …
A kunsmatige inseminasie.
B semen wat deur ʼn kunsmatige vagina opgevang word.
C die oordra van bevrugte ova.
D die versameling van semen deur elektriese stimulasie.
1.1.7 Die stadium tydens die geboorteproses waar die koei verskeie
tekens van ongemak en rusteloosheid toon gevolg deur die skeur
van die membraan wat die amniotiese vloeistof toelaat om uit te
vloei is …
A die uitskeiding van nageboorte.
B die uitwerp van fetus.
C miskraam.
D die voorbereidingstadium.
1.1.8 Die intensiewe kuikenbehuisingstelsel wat uit materiaal bestaan wat
maklik skoongemaak kan word, waar die vloer van die stoor bedek
word met strooi, saagsels of bas word ʼn ... genoem.
A vrylopende batterystelsel
B geslote vrylopende stelsel
C skrophoenderstelsel
D batterystelsel
1.1.9 Dit is belangrik om die volgende te doen wanneer met diere in ʼn
drukgang gewerk word:
A Gebruik honde om diere kalm te hou
B Wees versigtig en pas veiligheidsmaatreëls toe
C Fluit hard om die diere te kalmeer
D Maak skielik bewegings
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.10 Vleis vorm ʼn belangrike produk in die lewendehawe industrie. Een
van die volgende is NIE ʼn eienskap van vleis afkomstig van diere wat
onder stresvolle toestande geslag word NIE. Die vleis is ...
A stewiger.
B baie taai.
C baie ligter in massa.
D van swak kwaliteit. (10 x 2) (20)
1.2 In die tabel hieronder word ʼn beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs
B, beide A en B of GEEN van die antwoorde in KOLOM A nie, en maak ʼn
kruisie (X) in die blokkie (A − D) lands die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) op die
aangehegte ANTWOORDBLAD.
Voorbeeld: KOLOM A KOLOM B
A: Meganies Die fisiese vertering van
1.2.6
B: Chemies voedsel in die mond
Antwoord: Hierdie stelling verwys na:
Slegs A Slegs B A en B Geen
1.2.6
A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Polsslag Is gelyk aan die aantal hartkloppe per
B: Asemhalingstempo minuut
1.2.2 A: Sanitasie Dieresiektes kan voorkom word deur deeglik
B: Isolasie toesig te hou oor die prosesse
1.2.3 A: Korion Hierdie membraan dien as skokbreker en
B: Amnion verskaf smering tydens die kalwingsproses
1.2.4 A: Mieliemeel Bevat ʼn klein persentasie verteerbare
B: voedingstowwe en het ʼn hoë droë materiaal-
Kuilvoer
inhoud
1.2.5 A: Biuret ʼn Stof wat by mielies gevoeg word om
B: Ureum skape tydens droogtetye te voer
(5 x 2) (10)
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
1.3 Gee EEN TERM/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/frase langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
1.3.1 Die sekondêre geslagsorgaan van ʼn koei waar bevrugting plaasvind
1.3.2 Die boerderystelsel waar die boer op ʼn groot skaal produseer met die
uitsluitlike doel om ʼn wins te maak
1.3.3 Die beskermingsmaatreël waar ingevoerde diere in isolasie gehou word
vir ʼn tydperk om veeartse die kans te bied om hul deeglik vir siektes te
toets en te ondersoek
1.3.4 Die vitamien wat verantwoordelik is vir die stol van bloed in plaasdiere
se liggame
1.3.5 Die bakteriese siekte wat ʼn daling in die produksie van lakterende
melkkoeie veroorsaak (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf die gepaste woord of term langs die
vraagnommer (1.4.1 −1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.
1.4.1 Aansteeklike siektes verwys na siektes wat nie van een dier na die
ander oorgedra word nie.
1.4.2 ʼn Nie-identiese tweeling van teenoorgestelde geslag en waar die
vroulike individu steriel is, word die surogaat genoem.
1.4.3 Die mineraal koper is vir die vervaardiging van vitamien B in die
herkouer se maag verantwoordelik.
1.4.4 ʼn Voervloeiprogram word gebaseer op die temperatuur behoeftes van
diere en die beskikbaarheid van voerkomponente sodat die diere
optimaal kan produseer.
1.4.5 As semen vir Kunsmatige Inseminasie (KI) vir ʼn kort periode (paar
dae) geberg moet word, moet dit by temperatuur van -196 °C gehou
word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: DIEREVOEDING
2.1 Die onderstaande diagram illustreer organe wat spysverteringsappe afskei.
2.1.1 Stel die naam van die plaasdier voor waarin soortgelyke uitskeidings-
organe soos hierbo aangetref word. (1)
2.1.2 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 2.1.1 hierbo. (2)
2.1.3 Identifiseer ʼn spysverteringsap wat deur elk van die organe afgeskei
word wat deur die letters A, B en C voorgestel word. (3)
2.1.4 Gee EEN algemene eienskap wat die verteringsappe in die lewer en
pankreas in gemeen het. (1)
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
2.2 Die esofagus (slukderm) is ʼn buisagtige struktuur wat strek vanaf die agterkant
van die keel tot in die maag en wat ʼn deurgang verskaf vir voedselbeweging.
Analiseer die volgende struktuur en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Watter proses word deur die skets hierbo voorgestel? (1)
2.2.2 Verduidelik kortliks hoe die proses genoem in VRAAG 2.2.1 plaasvind. (2)
2.2.3 Die proses wat hierbo voorgestel word kan deur die liggaam omgekeer
word. Verskaf die naam van die omgekeerde proses. (1)
2.3 Die onderstaande gegewens toon uitgesoekte-voere vir dierevoeding aan:
PROTEÏEN- KOOLHIDRAAT- METABOLIESE
VOERE
INHOUD (%) INHOUD (%) ENERGIE (%)
Kuilvoer 24,7 26,2 8,4
Karkasmeel 79,4 0,0 9,4
Grondbone-olie-koekmeel 56,0 19,5 10,6
Lusern hooi 13,9 38,4 7,3
Mieliemeel 10,6 3,8 13,4
Veldgras 6,9 40,3 9,8
2.3.1 Noem ʼn voer wat die meeste geskik sal wees vir produksie. Gee ʼn
rede vir jou antwoord. (2)
2.3.2 Verskaf ʼn rede vir die hoogste metaboliese energiewaarde van
mieliemeel. (2)
2.3.3 Dui TWEE voere aan wat voorbeelde van proteïenryk kragvoere is. (2)
2.3.4 Noem die groep of tipe voer waaraan kuilvoer behoort. (1)
2.3.5 Herkouers kan veldgras beter benut en verteer as nie-herkouers.
Verduidelik hierdie stelling. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.4 Gedurende die spysverteringsproses word voer ingeneem, dan verteer en die
voedingstowe word deur die villi geabsorbeer en dan deur die liggaam gebruik.
In ʼn eksperiment wat deur ʼn boer uitgevoer is het ʼn koei 30 kg hooi met ʼn
voginhoud van 20% ingeneem, 14 kg mis is uitgeskei en dit het ʼn voginhoud
van 40% bevat.
2.4.1 Maak van die toepaslike formule gebruik en bepaal dan die
verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer. Toon alle berekenings. (4)
2.4.2 Dui aan in watter deel van die spysverteringskanaal villi aangetref word. (1)
2.5 Die dierevoedingskundige op ʼn melkplaas was gevra om ʼn gebalanseerde
rantsoen vir lakterende koeie saam te stel deur van die volgende voere gebruik
te maak:
VERLANGDE VERTEERBARE VERTEERBARE
VOER
PROTEÏEN (VP) PROTEÏENINHOUD (VP) %
A 24
17%
B 31
2.5.1 Deur van ʼn Pearson-vierkantmetode gebruik te maak bepaal die
verhouding waarin voer A en B gemeng moet word om die verlangde
verteerbaarheid te bereik. (4)
2.5.2 Bepaal die persentasie van voer B in die rantsoen van koeie wat
benodig word om die korrekte verteerbare proteïeninhoud te bereik.
Toon alle berekenings aan. (2)
2.6 Biologiese waarde dui die kwaliteit van die proteïene in ʼn voer aan.
2.6.1 Verduidelik waarom die biologiese waarde van ʼn dierlike proteïen hoër
as die van plantaardige proteïen is. (2)
2.6.2 Dui TWEE belangrike funksies van proteïene in die dierlike liggaam
aan. (2)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 3: DIERE-PRODUKSIE
3.1 Lees die volgende gedeelte in verband met twee melkboere.
Boer A bedryf ʼn plaas op ʼn klein skaal in die platteland. Die plaas is omtrent
20 hektaar groot met 50 koeie. Die diere word deur die oppassers met die
hand en baie min geriewe gemelk. Die diere word in ʼn kraal gemelk waar die
diere kalm en rustig is. Boer B het ʼn groot produksie-eenheid wat uit
1 600 koeie bestaan. Plaas B is in die Vrystaat geleë en is toegerus met die
modernste tegnologie vir omgewingsbeheer soos ventilasie-stelsels om
optimale produksie te lewer.
3.1.1 Watter boer uit die leesstuk maak gebruik van inheemse kennis om
die koeie te melk? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.1.2 Boer A melk koeie in ʼn kraal waar die diere kalm en rustig gehanteer
word. Noem enige TWEE tipes apparaat wat gebruik kan word om
plaasdiere te hanteer. (2)
3.1.3 Verduidelik die term optimale produksievlakke. (2)
3.1.4 Verskaf die naam van die eerste melk wat deur ʼn koei afgeskei word
nadat sy gekalf het en wat baie voedingstowwe bevat. (1)
3.1.5 Dui die effek aan wat uiterste temperature op die voerinname van ʼn
dier sal hê. (2)
3.2 Plaasdiere word vanaf verskillende plase geneem wanneer dit na die slagpale
vir slagting vervoer word.
3.2.1 Noem TWEE vereistes wat deur wetgewing bepaal word vir die
vervoer van diere op openbare paaie soos die regeringsregulasies of
wetgewing vereis. (2)
3.2.2 Ontwerp ʼn eenvoudige vervoerpermit wat benodig word wanneer
diere vervoer word. (4)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.3 Die onderstaande illustrasies stel twee verskillende produksiesisteme voor.
ILLUSTRASIE A stel ʼn beesboerdery in Mpumalanga en ILLUSTRASIE B ʼn
varkboerdery voor.
ILLUSTRASIE A ILLUSTRASIE B
3.3.1 Deur na illustrasie A en B te verwys, dui die produksiesisteem aan wat
die hoogste risiko-faktor ten opsigte van klimaat sal toon. Gee ʼn rede
vir jou antwoord. (2)
3.3.2 Identifiseer die tipe produksiesisteem wat deur ILLUSTRASIE B
voorgestel word. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.3.3 Tabuleer TWEE verskille tussen die produksiesisteme hierbo
geïllustreer. (2)
3.4 Die onderstaande tabel toon die eierproduksie in ʼn lê hoender
produksiesisteem oor ʼn periode van nege maande:
MAANDE VAN DIE JAAR GETAL EIERS GEPRODUSEER
Jan 500
Feb 550
Mar 520
Apr 490
Mei 460
Jun 430
Jul 300
Aug 280
Sep 260
3.4.1 Maak gebruik van ʼn staafgrafiek om die eierproduksie oor die nege
maande aan te toon. (5)
3.4.2 Bereken die gemiddelde eierproduksie oor die nege maande en toon
alle berekenings. (3)
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
3.5 Daar is verskeie faktore wat die gedrag van diere beïnvloed. Noem TWEE van
hierdie faktore. (2)
3.6 Die volgende is sommige van die aktiwiteite wat so vroeg as twee weke nadat
ooie gelam het, plaasvind.
Stertsny; Kastrasie; Tatoeëring; Dosering
Kies ʼn aktiwiteit uit bogenoemde lys wat die beste geassosieer word met elk
van die volgende stelling:
3.6.1 Dit word gebruik om lammers tussen die ander tydens weiding in die
veld uit te ken. (1)
3.6.2 ʼn Ramlam kan vinniger groei en swaarder word nadat hierdie operasie
uitgevoer is. (1)
3.6.3 Skaapbrommer-aanvalle op skaapgeslagsdele kan beperk word deur
hierdie proses uit te voer. (1)
3.6.4 Interne parasiete kan maklik beheer word indien die instruksies vir
hierdie proses noukeurig gevolg word. (1)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE, -BESKERMING EN -BEHEER
4.1 Die onderstaande illustrasie toon die primêre-reproduksie proses wat in diere
plaasvind.
DIAGRAM A
DIAGRAM B
4.1.1 Identifiseer die proses wat deur die diagramme (A en B) hierbo
voorgestel word. (2)
4.1.2 Dui die organe in die manlike en vroulike diere aan waar hierdie
prosesse (A en B) plaasvind. (2)
4.1.3 Tabuleer enige TWEE aangebore defekte wat die verloop van
bostaande prosesse kan beïnvloed. (2)
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
4.1.4 Watter tipe seldeling dra die meeste by tot die vorming van hierdie
prosesse? (1)
4.1.5 Vergelyk die TWEE prosesse wat deur A en B voorgestel word. (2)
4.2 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord dan die vrae.
STADIUM 1
Sigoot (2-sel)
STADIUM 2
STADIUM 3
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.2.1 Tabuleer die verskille tussen die drie fases van fetale ontwikkeling wat
deur bostaande illustrasies voorgestel word. (3)
4.2.2 Noem enige DRIE simptome van ʼn koei wat moet kalf. (3)
4.2.3 Verduidelik hoe identiese tweelinge en fraternale (nie-identiese)
tweelinge gedurende die bevrugtingsproses gevorm word. (4)
4.3 Die onderstaande grafiek toon die seisoenale voorkoms van parasiete wat
varieer as gevolg van die seisoene en die bestuur daarvan.
Parasietbesmetting
Winter Lente Somer Herfs
4.3.1 Identifiseer die seisoen met die hoogste parasietbesmetting en gee ʼn
rede daarvoor. (3)
4.3.2 Stel enige TWEE bestuursbeginsels rakende kuddes voor wat tot die
verlaging van parasietbesmetting kan lei. (2)
4.3.3 Dui die seisoen met die laagste parasietbesmetting aan. (1)
4.3.4 Dui kortliks die negatiewe effek van lintwurms op die dierlike liggaam
aan. (2)
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2013)
4.4 Bosluise benadeel diere deurdat hulle bloed suig en siektes oordra. Boere
moet kennis dra van die lewenssiklus en gewoontes van die bosluise om dit
suksesvol te kan beheer. Bosluise kom gewoonlik in die warmer dele van die
land voor. Sekere soorte bosluise soos bv. die Bloubosluis kom oor die hele
Suid-Afrika voor. Die Bloubosluis is die hoofdraer van rooiwater en galsiekte
by beeste. Hierdie bosluis spesialiseer daarin om die vel van die diere te
beskadig. Hulle kan ook maklik die spene van koeie affekteer indien drastiese
stappe nie geneem word om hulle te beheer nie, wat sodoende kan lei tot ʼn
skielike afname in lakterende koeie se melkproduksie.
4.4.1 Tot watter tipe parasiete behoort bosluise? Gee ʼn rede deur ʼn stelling
uit die leesstuk vir jou antwoord aan te haal wat daarmee verband hou. (2)
4.4.2 Verduidelik kortliks hoe bosluise beheer kan word. (1)
4.4.3 Identifiseer ʼn protosoë-siekte wat deur ʼn bosluis veroorsaak word. (1)
4.5 Die onderstaande illustrasie toon die lewensiklus van ʼn lewerslak in sy
verkillende stadiums soos gashere, waar hy voed, afval en vervel.
4.5.1 Voorsien byskrifte vir die letters A, B, C en F. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
ANTWOORDBLAD: LANDBOUWETENSKAPPE V1
NAAM EN VAN:
AFDELING A
VRAAG 1.1 VRAAG 1.2
1.1.1 A B C D
BEIDE A en B
SLEGS A SLEGS B
1.1.2 A B C D
1.1.3 A B C D Geen
1.1.4 A B C D
1.1.5 A B C D
1.1.6 A B C D 1.2.1 A B C D
1.1.7 A B C D 1.2.2 A B C D
1.1.8 A B C D 1.2.3 A B C D
1.1.9 A B C D 1.2.4 A B C D
1.1.10 A B C D 1.2.5 A B C D
(10x2) (20) (5x2) (10)
VRAAG 1.3 VRAAG 1.4
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5x2) (10) (5x1) (5)
45
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Gr12 AGRS P1 QP Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AGRS P1 MEMO Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC P2 QP ENG GR12 SEPT2013_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRS P1 S12 2016 QP Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum