Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 682.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord ALLE vrae van BEIDE AFDELINGS A en B.
2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD
beantwoord word.
3. Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne-in jou
ANTWOORDEBOEK.
4. AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
word.
5. Begin elke vraag van AFDELING B op ʼn NUWE bladsy.
6. Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word.
7. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
8. MOENIE die antwoorde OPBREEK NIE.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
GEEN PUNTE SAL TOEGEKEN WORD AS MEER AS EEN ANTWOORD
GEMERK WORD.
Voorbeeld: A B C D
1.1.1 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn faktor om in bemarkings-
beplanning te oorweeg NIE?
A Wanneer om te verkoop.
B Beweegbaarheid om die produk betyds na die beste mark te
vervoer.
C Die mark wat die beste sal wees om die produk aan te lewer.
D Kontantvloei om te verseker dat daar genoeg geld vir roetine
prosesse sal wees.
1.1.2 ʼn Kenmerk van ʼn bevolking van geel blomknoppe op roosplante het
skielik weer in ʼn blomkweker se tuin herverskyn. Die beste genetiese
beskrywing daarvoor sal ... wees.
A erflikheid
B atavisme
C oorkruising
D erfdwang
1.1.3 Jy het op die volgende templaat in ʼn kommersiële boerdery se
kantoor afgekom.
Kommoditeit Jan Feb. Maart April Mei Junie Julie Aug. Sept.
Melk
Mielies
Uie
Kropslaai
Ertjies
Kies die geskikste titel vir die templaat.
A Produksieproses beplanning
B Plaaswerkers beplanning
C Bywoningsregister van plaaswerkers
D Prioriteitsbeplanning
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
1.1.4 Watter tipe kapitaal word deur die beeste in die prentjie voorgestel?
A Vaste kapitaal
B Bedryfskapitaal
C Beweegbare kapitaal
D Geeneen van bogenoemde
1.1.5 Die genetiese eienskappe van ʼn organisme word beheer deur
eenheidsfaktore wat in pare voorkom. Mendel se eenheidsfaktore in
moderne genetika word ... genoem.
A gene
B allele
C gamete
D poligene.
1.1.6 ʼn Graad 12-leerder word ʼn rekenaarprogram gegee wat statistieke
gebruik om die genetiese data van beeste te analiseer ten einde hul
ware genetika en vervolgens hulle teelwaarde te skat. Hierdie
program kan ʼn ... wees.
A stamboomkeuringsprogram
B biometriese program
C suiwerlyn program
D doods-program.
1.1.7 Die Wet op die Volhoubare Gebruik van Landbouhulpbronne (2003) is
gemik op …
A ploeg van ongerepte grond.
B brandgevaar veiligheidsaspekte.
C agteruitgang van natuurlike hulpbronne en volhoubare bestuur
van hulpbronne op plase.
D toestemming om houtplantasies en landerye te vestig.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.8 Die proses hieronder dui ... aan.
A kruisbestuiwing
B agro-bakterieë tumefensis
C oorkruising
D hergekombineerde gene
1.1.9 Die prys van ʼn produk word deur die interaksie tussen Vraag en
Aanbod bepaal. Die letter A dui ... aan.
A
PRYS
HOEVEELHEID
A vraagkromme
B ekwilibrium/ewewigsprys
C aanbodkromme
D surpluskromme
1.1.10 ʼn Tradisionele manier van identifisering en die kies van ʼn dier vanaf
die veld vir teeldoeleindes na gelang van die manier waarop dit
optree.
A Inteel
B Stoetseleksie
C Stamboomseleksie
D Massaseleksie (10 x 2) (20)
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
1.2 In die tabel hieronder word ʼn beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs
B, beide A en B of GEEN van die antwoorde in KOLOM A nie. Maak ʼn kruisie
(X) in die blokkie (A−D) lands die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op die
aangehegte ANTWOORDBLAD.
Voorbeeld:
KOLOM A KOLOM A
A: radio Voorbeeld/e van ʼn advertensie
B: televisie
Antwoord:
Hierdie stelling verwys na:
Slegs A Slegs B A en B Geen
A B C D
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: 58XY chromosome Somatiese selle van ʼn bul
B: 58XX chromosome
1.2.2 vis wat geprosesseer moet Primêre goedere
A:
word
B: hout in die woud
1.2.3 A: selfbestuiwende gewasse Heterosigoties
B: kruisbestuiwende gewasse
1.2.4 eksterne oorsake van Ligsensitiwiteit, siektes, klimaat,
A:
variasie voeding
B: interne oorsake van variasie
1.2.5 A: produksie verandering Produseerder groothandelaar
kleinhandelaar verbruiker
B: terugvoeringskringloop
(5 x 2) (10)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
1.3 Gee EEN TERM/WOORD/FRASE vir elk van volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
1.3.1 Die verwantskap tussen ʼn verandering in prys en die verandering
in vraag vir die gewas
1.3.2 Die bedrag geld wat ʼn bank of finansieringsinstelling hef vir die
uitleen van kapitaal
1.3.3 ʼn Eenvoudige werktuig of tabel wat gebruik word om die
waarskynlikheid te bepaal dat die nageslag ʼn spesifieke genotipe
sal weergee
1.3.4 ʼn Organisme se DNS word met gene van ʼn ander organismes
gemeng
1.3.5 ʼn Tipe seldeling wat lei tot die vorming van vier haploïede
dogterselle (gamete) uit een diploïede ouersel
(5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.
1.4.1 Bemarkingstrategieë word deur die behoeftes van produseerders
gedryf.
1.4.2 Allele is ʼn groep individue wat eenders lyk en kan teel met mekaar
om ʼn vrugbare nageslag te produseer.
1.4.3 Erfdwang vind plaas wanneer die struktuur van ʼn geen verander.
1.4.4 Die program wat daarop gemik is om die sekuriteit van
eiendomsreg van mense wat in landelike en buitestedelike gebiede
grond bewoon te verbeter, word die herstel van grondregte
genoem.
1.4.5 Die ruilhandelstelsel van bemarking word bestuur en gekontrolleer
deur direkteure wat deur die lede verkies word.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B
Begin hierdie VRAAG op ʼn nuwe bladsy.
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR
2.1 ʼn Jong agronoom (landboukundige) is deur tradisionele boere in diens
geneem om hul boerderyprojek te bestuur. Die landboukundige het ʼn
deeglike begrip van die belastingsstelsel van Suid-Afrika. Hy/Sy het geweet
wanneer om fondse te leen en wanneer om dit te investeer/belê. Hy/Sy het
hul visioen aan die boere verduidelik en hy/sy was altyd bereid om te luister
wat die boere aan hom/haar vertel het.
2.1.1 Noem TWEE bestuursvaardighede in die scenario wat die
landboukundige getoon het. (2)
2.1.2 Stel ʼn gepaste rol vir die landboukundige op die plaas voor. (1)
2.1.3 Dui DRIE bestuursvaardighede wat hy/sy kan gebruik om die totale
mislukking van die boerdery-onderneming te beheer of te verhoed. (3)
2.2 ʼn Groep leerders het katoen verbou om te verkoop. Na die oes en gradering
van die katoen, het hulle vergader om die hanteringsprosesse waardeur rou
katoen gaan, te bespreek.
2.2.1 Voorspel VIER aspekte wat die middelpunt van hul bespreking kan
wees. (4)
2.2.2 Stel DRIE manier voor hoe die regering ʼn ondersteunende omgewing
vir jong boere kan skep. (3)
2.2.3 Onderskei tussen landbouvoorsieningskoöperasies en landbou-
bemarkingskoöperasies. (4)
2.2.4 Noem DRIE beperkinge wat tradisionele plaasbestuurders voor te
staan kan kom met gewasproduksie in Suid-Afrika. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.3 Die prys van ʼn produk is ʼn groot bepalende faktor in die hoeveelheid van
goedere wat geproduseer word. Hieronder is ʼn numeriese tabel van die
hoeveelheid aartappels geproduseer teenoor uitgesoekte pryse.
PRYS HOEVEELHEID AARTAPPELS
VOORSIEN
R1 12
R2 22
R3 42
R4 52
R5 65
2.3.1 Gee ʼn gepaste ekonomiese term vir die onderstreepte woorde. (2)
2.3.2 Teken ʼn lyngrafiek van die data in VRAAG 2.3. (4)
2.3.3 Beskryf die tendens wat blyk uit die grafiek. (2)
2.3.4 Dui die prys aan waar die produseerders gereed sal wees om die
meeste van hul produkte aan die mark te voorsien. (1)
2.4 Die rol van wetgewing in verband met landboubemarking kan in drie
hooffunksies verdeel word.
2.4.1 Noem enige TWEE funksies van bemarkingswetgewing in Suid-Afrika
en gee EEN voorbeeld van elk. (4)
2.4.2 Verduidelik kortliks die term “bemarkingskanaal”. (2)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE EN BESTUUR
Begin hierdie VRAAG op ʼn skoon bladsy.
3.1 Daar is ʼn reeks wetgewings wat bestuur en werkers in Suid-Afrika beheer en
kontroleer. Die prentjie hieronder illustreer die aksies van werkers.
Ons eis
lone in
lyn met
inflasie
3.1.1 Beskryf die optrede van die plaaswerkers in die prentjie in
VRAAG 3.1. (1)
3.1.2 Noem die arbeidswetgewing wat die werkers se optrede in die
prentjie in VRAAG 3.1.1 toelaat. (1)
3.1.3 Identifiseer VIER bestuursbeginsels wat produseerders sal bystaan
om hul uitset in ʼn mededingende mark te verhoog. (4)
3.1.4 Gee TWEE basiese elemente in besluitneming. (2)
3.2 Regverdige toegang tot landbougrond sluit in grondherverdeling en grond-
herstelprogramme. Grondherverdeling spreek die onregte van die verlede
aan deur die hervorming van toegang, besit en eiendomsreg. Die sukses
van so ʼn grondhervormingsbeleid vereis aksie deur die regering.
3.2.1 Som DRIE aksies op wat die regering kan neem om die grond
hervormingsbeleid ʼn sukses te maak. (3)
3.2.2 Noem TWEE maniere om regverdige toegang tot landbougrond te
verkry uit die scenario in VRAAG 3.2. (2)
3.2.3 Onderskei tussen private en gemeenskaplike grondbesit. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.3 Identifiseer DRIE redes om die veldtog teen die verspreiding van MIV en Vigs
op landbouondernemings te regverdig. (3)
3.4 ʼn Plaasbestuurder het ʼn staat opgestel vir sy/haar toekomstige inkomste en
uitgawes van sy/haar onderneming. Die staat sluit die volgende in:
Lone aan werkers R28 000,00
Verkoop van tamaties R36 000,00
Vervoer van bemesting R 1 750,00
Rente van krediteure R 3 500,00
3.4.1 Gee ʼn gepaste beskrywing van die onderstreepte woorde in die
scenario in VRAAG 3.4. (1)
3.4.2 Trek ʼn inkomste en uitgawe staat op deur die inligting in VRAAG 3.4
te gebruik. (6)
3.4.3 Bereken die boer se verwagte wins of verlies in VRAAG 3.4. (2)
3.5 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.
3.5.1 Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prentjie geïllustreer word. (1)
3.5.2 Som VIER voordele op van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 3.5.1
geïdentifiseer word. (4)
3.5.3 Noem DRIE faktore wat vraag bepaal. (3)
[35]
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 4: BASIESE LANDBOU-GENETIKA
Begin hierdie VRAAG op ʼn skoon bladsy.
4.1 Genetiese gemodifiseerde voedsel is nou beskikbaar in jou plaaslike
winkelgroep. Die meeste Amerikaners wil dit nie hê nie en baie glo dat dit
gevaarlik is. ʼn CBS-meningsopname het gevind dat 53 persent van
Amerikaners nie voedsel sal koop as hulle weet dat dit geneties
gemodifiseer is nie.
[Vrylik vertaal: Bron: www.newsmaxhealth.com]
4.1.1 Stel DRIE redes voor om te regverdig waarom 53 persent van
Amerikaners nie genetiese gemodifiseerde voedsel sal koop nie. (3)
4.1.2 Verduidelik hoe jy ʼn mikro-inspuiting sal gebruik om ʼn plant geneties
te modifiseer. (3)
4.1.3 Gee VIER tradisionele metodes van seleksie van diere in Suid-
Afrika. (4)
4.2 Die grafiek hieronder toon die variasie in die hoogte van braaikuikens op ʼn
plaas.
4.2.1 Lei die tipe variasie af wat deur die grafiek voorgestel word. (1)
4.2.2 Dui die aantal hoenders met die lengtereeks 60–69 cm aan. (1)
4.2.3 Noem DRIE genetiese oorsake wat die variasie in die hoogte van
die braaikuikens kan voortbring. (3)
4.2.4 Noem die veranderlikes wat deur X en Y in die grafiek voorgestel
word. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
4.3 ʼn Wetenskaplike het twee eende gekruis. Die manlike eend het die BB
(swart) gene en die vroulike eend het bb (wit) gene.
4.3.1 Teken ʼn Punnett-vierkant om die kruising te toon. (4)
4.3.2 Definieer die volgende terminologieë:
(a) Genotipe (1)
(b) Fenotipe (1)
4.3.3 Uit die lys van die kenmerke hieronder, dui die kenmerk aan wat as
kwalitatief beskou kan word:
Oogkleur van die nageslag
Hoogte van die nageslag
Gewig van die nageslag (1)
4.4 Groei is ʼn verhoging in die grootte en kompleksiteit van ʼn plant of dier. Dit
verander ʼn saailing of ʼn kind/kleintjie na ʼn volwassene wat tot reproduksie in
staat is. Veroudering aan die ander kant is die geleidelike agteruitgang van
ʼn organisme nadat dit volwassenheid bereik het.
4.4.1 Noem DRIE invloede van veroudering op diereproduksie. (3)
4.4.2 Identifiseer DRIE interne faktore wat die groeipotensiaal van diere
kan beïnvloed. (3)
4.5 Hormone is stowwe wat deur die liggaam geproduseer word om die
veranderings in die liggaam te reguleer en te kontroleer. Verskeie hormone
is betrokke in die regulering van groei in beide plante en diere. Hieronder is
ʼn lys van hormone wat groei in plante en diere reguleer.
4.5.1 Gee DRIE hormone uit die lys hieronder wat groei in plante reguleer.
Androgene
Gibberiliene
Ouksiene
Somatotrofien
Tiroksien
Sitokiniene (3)
4.5.2 Noem die klier wat vir die afskeiding van somatotrofien
verantwoordelik is. (1)
4.5.3 Gee die manlike geslagshormoon wat in die testis van manlike diere
geproduseer word. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013)
ANTWOORDBLAD LANDBOUWETENSKAPPE V2
NAAM EN VAN:
AFDELING A
VRAAG 1.1 VRAAG 1.2
1.1.1 A B C D
1.1.2 A B C D 1.2.1
1.1.3 A B C D
1.1.4 A B C D 1.2.2
1.1.5 A B C D
1.1.6 A B C D 1.2.3
1.1.7 A B C D
1.1.8 A B C D 1.2.4
1.1.9 A B C D
1.1.10 A B C D 1.2.5
(10 x 2) (20) (5 x 2) (10)
VRAAG 1.3 VRAAG 1.4
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5 x 2) (10) (5 x 1) (5)
45
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum