Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
LANDBOUWETENSKAPPE
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Jagrsa*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Hosted by https://www.ecexams.co.za
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)

View all_hlayiso.com_--39f09f59-476d-43f3-970f-636d7d3459ad/v1-f950a9a18f46f431923e/card.webp)
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 … is ʼn gespierde klep wat oopmaak, om voedsel van die maag na
die bokant van die dunderm te laat beweeg.
A Kardiale sfinkter
B Piloriese/Peloriese sfinkter
C Uretrale sfinkter
D Anale sfinkter
1.1.2 ʼn Tipe voer het ʼn TVV van 80% en ʼn VP van 18%. Die
voedingsverhouding van hierdie voer sal ... wees.
A 1 : 0,78
B 1 : 5,4
C 1 : 3,4
D 1 : 4,4
1.1.3 Die succus entericus word deur die ... afgeskei.
A kliere van Lieberkühn
B pankreas
C lewer
D Brunner se kliere
1.1.4 Die volgende is die funksies van rumenmikrobes:
(i) Hidroliseer proteïene
(ii) Verteer sellulose
(iii) Sintetiseer aminosure
(iv) Sintetiseer vitamien C
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
1.1.5 ʼn … is ʼn voorbeeld van ʼn drie-gasheer bosluis.
A Bloubosluis
B Rooipootbosluis
C Bont-beenbosluis
D Bontbosluis
1.1.6 ʼn Lang plat lintvormige wurm, wie se liggaam uit honderde
segmente bestaan.
A Rondewurm
B Lewerslak
C Lintwurm
D Draadwurm
1.1.7 ʼn Daklose kamp waar vee tydelik opgesluit word.
A Afrondingskuur
B Klein kampie/vangkraal
C Kraamhok/jongkrat
D Voerskuur
1.1.8 … is wanneer diere deur kontak van die dier se liggaam met ʼn
koue oppervlak liggaamshitte verloor.
A Geleiding
B Uitskeiding
C Konveksie
D Hittebestraling
1.1.9 Die korrekte temperatuur om semen wat na ʼn lang tyd gebruik sal
word, te berg:
A 37 ˚C
B 42 ˚C
C 5 ˚C
D -196 ˚C
1.1.10 … is die hormoon wat verantwoordelik is vir die melkvrystellings-
refleks.
A Estrogeen
B Progesteroon
C Prolaktien
D Oksitosien
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 5
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs vraagnommers (1.2.1 tot
1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Diffusie Beweging van voedingstowwe
B: Passiewe opname teen die konsentrasiegradiënt af
1.2.2 A: Skep ideale pH of ensieme Funksies van soutsuur in ʼn
pepsien en renien proventrikulus
B: Vernietig bakterieë wat
saam met voedsel
geabsorbeer word
1.2.3 A: Akute Siekte wat aanhoudend of
B: Per akuut langdurig in sy uitwerking is
1.2.4 A: Gespitste ore Teken van aggressie by beeste
B: Snork
1.2.5 A: Fetale tydperk Stadium van swangerskap
B: Embrioniese tydperk gekenmerk deur differensiasie
van selle om weefsels, organe en
sisteme te vorm
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 ʼn Voersoort wat van groenblaargewasse gemaak is, wat deur
fermentasie tot die punt van versuring bewaar word
1.3.2 ʼn Beperkte gebied waar ʼn groot aantal diere vir optimale
produksiedoeleindes aangehou word
1.3.3 Die stadium van paring waartydens bulle die flehmen-reaksie toon
1.3.4 ʼn Metode om die aantal oӧsiete wat tydens ovulasie vrygestel word,
wat beskikbaar is om bevrugting te verhoog
1.3.5 Die samesmelting van manlike en vroulike gamete om ʼn sigoot te
vorm
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die farinks is ʼn geutvormige struktuur wat melk vanaf die esofagus
direk na die abomasum by ʼn jong lam vervoer.
1.4.2 Metaboliese siektes kan van een dier na ʼn ander dier oorgedra
word.
1.4.3 Spermatogenese is die produksie van eierselle.
1.4.4 Tweeling wat uit een sperm en eiersel gevorm word, word
tweesiggotiese tweelinge genoem.
1.4.5 Maserasie vind plaas wanneer ʼn fetus sterf, gevolg deur die
vorming van ʼn harde skelet en vel.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die prente hieronder toon die interne strukture van die maagkompartemente
van ʼn herkouer plaasdier.
A B C
2.1.1 Noem ʼn plaasdier met die maagkompartemente wat hierbo gewys
word. (1)
2.1.2 Noem maagkompartemente A en C. (2)
2.1.3 Identifiseer ʼn aanpassingskenmerk wat op maagkompartement A
sigbaar is. (1)
2.1.4 Verduidelik hoe die aanpassing wat in VRAAG 2.1.3 hierbo genoem
word, verbeterde vertering tot gevolg het. (2)
2.1.5 Lei met ʼn rede af, die maagkompartement van ʼn herkouer waar ʼn
mens sal verwag om ʼn plastieksak te kry, as ʼn dier dit per ongeluk
ingesluk het. (2)
2.2 Hieronder is ʼn paar minerale en vitamiene wat noodsaaklik vir diere se groei
is.
Sink; Kobalt; Vitamien D; Vitamien B; Jodium
2.2.1 Identifiseer die vitamiene wat met elk van die tekortsimptome hieronder
geassosieer word:
(a) ʼn Vergrote skildklier (1)
(b) Ragitis (1)
(c) Vel-letsels (1)
2.2.2 Identifiseer ʼn vitamien wat minder geneig is om in herkouers ʼn tekort
te wees. (1)
2.2.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.2 hierbo. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
2.3 In ʼn verteerbaarheidsproef het ʼn hoender 1,5 kg mieliekorrels met ʼn
voginhoud van 12% ingeneem, en 0,5 kg mis met ʼn voginhoud van 30%
uitgeskei.
2.3.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer hierbo. (6)
2.3.2 Gee TWEE faktore wat die verteerbaarheid van die voer in die proef
kon beïnvloed het. (2)
2.3.3 Stel TWEE metodes voor wat ʼn boer kan gebruik om die
verteerbaarheid van die voer hierbo te verbeter. (2)
2.4 ʼn Boer verbou mielies en sojabone op sy plaas. Die boer hou lae aan, wat
ʼn voer met ʼn verteerbare proteïeninhoud van 17% benodig. Mielies het ʼn
verteerbare inhoud van 13% terwyl die sojaboon 38% verteerbare proteïen
bevat.
Gebruik ʼn Pearson-vierkant om sy verhouding te bepaal waarteen die twee
voere gemeng moet word, om die verlangde verteerbare proteïeninhoud te
kry. (4)
2.5 Biologiese waarde (BW) is ʼn maatstaf van die proporsie geabsorbeerde
proteïen uit ʼn voedsel wat in die proteïene van die organisme se liggaam
opgeneem word.
2.5.1 Vergelyk die biologiese waardes van voere van plantaardige
oorsprong met die van dierlike oorsprong. (2)
2.5.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om nie-herkouers te voer met
voere van hoër biologiese waarde as in vergelyking met herkouers. (2)
2.6 Om optimale produksie te verseker, moet boere seker maak dat daar
genoeg voer is om vir die diere se behoeftes, vir die hele jaar te voorsien.
2.6.1 Identifiseer die plan wat hierbo beskryf word. (1)
2.6.2 Gee TWEE redes waarom die plan in VRAAG 2.6.1 genoem
noodsaaklik vir optimale diereproduksie is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 9
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder toon ʼn hoenderbehuisingstelsel.
3.1.1 Identifiseer die produksiestelsel wat met die behuisingstelsel hierbo
geassosieer word. (1)
3.1.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 3.1.1 hierbo deur TWEE sigbare
redes in die prent te gee. (2)
3.1.3 Evalueer of die produksiestelsel hierbo deur hulpbron arm boere
geïmplementeer kan word? Motiveer jou antwoord. (2)
3.1.4 Identifiseer TWEE faktore wat tot verbeterde produksie in die
produksiestelsel hierbo kan lei. (2)
3.2 Die tabel hieronder toon die aanbevole temperature vir kuikens.
OUDERDOM (WEKE) TEMPERATUUR (°C)
1 35
2 33
3 31
4 29
5 26
6 23
3.2.1 Oorsit die inligting in die tabel hierbo in ʼn lyngrafiek. (6)
3.2.2 Lei die neiging wat die grafiek toon, af. (2)
3.2.3 Stel TWEE stukke toerusting voor wat deur boere gebruik kan word om
temperatuur in dierebehuisingstelsels te reguleer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
3.3 Bestudeer die prent hieronder.
3.3.1 Identifiseer die parasiet wat hierbo getoon word. (1)
3.3.2 Klassifiseer die parasiet hierbo as ʼn ekto-, of endoparasiet. (1)
3.3.3 Beskryf EEN simptoom van besmetting deur die parasiet hierbo by
skape. (1)
3.3.4 Gee DRIE finansiële implikasies van besmetting deur die parasiet
hierbo getoon. (3)
3.3.5 Beveel ʼn chemiese beheermaatreël aan wat deur boere gebruik kan
word om die parasiete wat hierbo getoon is, te hanteer. (1)
3.4 Hieronder is ʼn lys van voorbeelde van dieresiektes.
Mastiti; Hondsdolheid; Knobbelwol; Rooiwater
Identifiseer ʼn siekte uit die lys hierbo wat by elk van die stellings hieronder pas:
3.4.1 Dit is ʼn soönotiese siekte (1)
3.4.2 Versprei deur ʼn een gasheer bosluis (1)
3.4.3 Veroorsaak inflammasie van die uier (1)
3.4.4 Is ʼn voorbeeld van ʼn swamsiekte (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 11
3.5 Bestudeer die prent hieronder.
3.5.1 Identifiseer die giftige plant wat in die prent hierbo getoon word. (1)
3.5.2 Beveel met ʼn rede aan, ʼn behandelingstrategie vir ʼn dier wat die giftige
plant hierbo ingeneem het. (2)
3.5.3 Gee TWEE maatreëls wat boere kan gebruik om te voorkom dat hul vee
deur giftige plante soos die een hierbo getoon vergiftig kan word. (2)
3.5.4 Beskryf TWEE rolle wat die staat in dierebeskerming speel. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die voortplantingstelsel van ʼn koei.
D C B A
H
E
G
E F
4.1.1 Identifiseer dele gemerk A, B en D. (3)
4.1.2 Identifiseer die deel wat met elk van die onderstaande stellings
geassosieer word:
(a) Die primêre voortplantingsorgaan (1)
(b) Die kopulerende orgaan (1)
(c) Plek van bevrugting (1)
4.1.3 Beskryf TWEE funksies van deel C. (2)
4.2 Miljoene koeie regoor die wêreld word jaarliks deur kunsmatige inseminasie
(KI) geteel en die getal neem toe. Die meeste koeie wat wêreldwyd
geïnsemineer word, is melkkoeie, maar KI word toenemend in die
beesvleisbedryf gebruik. KI is die goedkoopste, veiligste en doeltreffendste
manier om voortreflike genetiese materiaal te versprei en beide die vleisbees-
en melkbeesbedryf is daarvan vir hul genetiese bevorderingskemas afhanklik.
Die mees onlangse vordering is op die gebied van sinchronisasie van estrus.
4.2.1 Verduidelik waarom kunsmatige inseminasie as goedkoop beskou
word. (1)
4.2.2 Noem TWEE stukke toerusting wat deurslaggewend beslissend, in
die proses hierbo beskryf, is. (2)
4.2.3 Definieer die onderstreepte frase in die gedeelte hierbo. (2)
4.2.4 Noem TWEE hormone wat gebruik kan word om estrus te
sinchroniseer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 13
4.3 Die diagram hieronder toon ʼn fetale aanbieding/posisie wat distosie tydens
geboorte veroorsaak.
4.3.1 Noem die aanbieding/posisie wat in die diagram hierbo getoon word. (1)
4.3.2 Identifiseer die stadium van parturisie/geboorte hierbo getoon. (1)
4.3.3 Beskryf TWEE ander oorsake van distosie. (2)
4.3.4 Gee TWEE tekens wat koeie toon nader aan die tyd van
parturisie/geboorte waarop boere moet ag slaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2024)
4.4 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in vlakke van verskeie hormone
wat die bronstigheidsiklus beheer.
Y
Relatiewe hormoon konsentrasie
Z
X
FSH
B C D Di-estrus
4.4.1 Identifiseer hormone X en Y. (2)
4.4.2 Gee die letter van die fase wat die bronstigheidstadium wys. (1)
4.4.3 Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 4.4.2 hierbo te
ondersteun. (2)
4.4.4 Beveel TWEE hulpmiddels aan wat boere kan gebruik om diere op
bronstigheid te kenmerk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) LANDBOUWETENSKAPPE 15
4.5 Die diagram hieronder toon ʼn moderne tegniek wat in diereteling gebruik
word.
4.5.1 Identifiseer die tegniek wat hierbo getoon word. (1)
4.5.2 Lei af of die nageslag C, die gene van skaap A of B sal hê? (1)
4.5.3 Noem proses D. (1)
4.5.4 Beskryf die hoofdoel van die voortplantingstegniek hierbo. (1)
4.5.5 Gee DRIE nadele van hierdie voortplantingstegniek. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 MG Afr.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans FINAL_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Agric Sciences Backup Memo_watermark.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
_hlayiso.com_--39f09f59-476d-43f3-970f-636d7d3459ad/v1-f950a9a18f46f431923e/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences P2 May June 2022 MG Afr (1)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P1 Nov 2022 Eng (1)_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper