NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2021
LANDBOUWETENSKAPPE
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)




Agricultural Sciences Grade 12 EC June 2021 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the EC June 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · EC June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- EC June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
EC June 2021
- Paper 2Memo
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 A.
1.1.1 ʼn Dier met ʼn tekort aan kobalt sal simptome van die siekte … toon.
A osteomalasie
B parakeratose
C lamsiek
D verkwyning
1.1.2 Gedurende … beweeg voedselmolekules teen die konsentrasie-
gradiënt.
A aktiewe vervoer
B osmose
C passiewe vervoer
D diffusie
1.1.3 Die volgende vlugtige vetsure is die eindproduk van fermentasie wat
deur die wand van die rumen geabsorbeer word:
A Koolsuur, butanoësuur en propanoësuur
B Butanoësuur, asetielsuur en propanoësuur
C Propanoësuur, soutsuur en asetielsuur
D Ammoniak, asetielsuur en propanoësuur
1.1.4 Die volgende vind in die abomasum plaas:
(i) Afskeiding van maagsappe, soutsuur en verteringsensieme
(ii) Maal van kos deur spierwande om chiem te vorm
(iii)Mikrobiale fermentasie van hooi lei tot die produksie van vlugtige
vetsure
(iv) Pepsien en rennien word in die abomasum afgeskei om
onderskeidelik proteïene te verteer en melk te verdik
Kies die korrekte kombinasie hieronder:
A (i), (ii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.1.5 Die instrument of toerusting wat in die onderstaande prent getoon word,
word deur boere gebruik om siektes by plaasdiere te bestuur en staan
as ʼn … bekend.
A inspuitingsgeweer
B spreigeweer
C doseringsgeweer
D pilgeweer
1.1.6 Die moontlike voordele van ʼn voerkraal by diereproduksie word
onderaan gelys:
(i) Veedigtheid word verhoog
(ii) Speningstres by vroulike diere word verhoog
(iii) Geenbeweiding word toegepas
(iv) Die produksie uitset word verhoog
Kies die korrekte kombinasie hieronder:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (ii) en (iii)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.7 Die mees effektiewe manier om virale sektes by plaasdiere te voorkom
is om … te gebruik.
A dosering
B inenting
C dippe
D antibiotika
1.1.8 ʼn Proses waar beter gehalte koeie met hormone behandel word om die
produksie van meer volwasse ova tydens ʼn enkele ovariale siklus te
verseker:
A Sinchronisasie van bronstigheid
B Kernoordrag
C Embrio-spoeling
D Superovulasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 5
1.1.9 Die hoofrede vir die opdroging van ’n hoë produserende melkkoei voor
sy haar volgende laktasieperiode begin, is om …
A te verseker dat die koei vroeg dragtig raak.
B die dragtigheidsperiode te verkort.
C die herstel van weefsel en klierryke materiaal toe te laat.
D probleme tydens geboorte te verminder.
1.1.10 EEN van die faktore hieronder gelys kan onvrugbaarheid van bulle
veroorsaak:
A Kriptorkidisme
B ‘Freemartinism’
C Teruggehoue plasenta
D Metritis (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die volgende beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Ureum Aanbeveel as ʼn aanvulling vir proteïene in
B: Biuret die rantsoen van herkouers
1.2.2 A: Pankreassap Die sap in die spysverteringstelsel wat die
B: Galsap suurtoestande neutraliseer
1.2.3 A: Protosoë Hartswatersiekte is ʼn voorbeeld hiervan
B: Fungi
1.2.4 A: Jonghok Nou stalle wat in intensiewe boerdery
B: Gestasiekratte gebruik word om dragtige sôe gedurende
die 16 week tydperk te huisves
1.2.5 A: Maserasie Teken van geboorte by koeie en verse
B: Mummifikasie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die gebreksimptoom by plaasdiere as gevolg van ʼn tekort aan yster wat
tot bleekheid lei
1.3.2 Proteïenstowwe wat deur witbloedselle geproduseer word in reaksie op
ʼn spesifieke vreemde antigeen
1.3.3 ʼn Versamelnaam om myte, neuswurms en luise te klassifiseer
1.3.4 Die toestand waar die bul in ʼn koei belangstel, maar die koei nie kan dek
nie
1.3.5 Die tipe kernoordrag waar embrioniese stamselle vir mediese redes
geproduseer word (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in ELK van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die Punnett-vierkant is ʼn metode om die verhouding tussen twee voere
vir ʼn bepaalde voedingswaarde te kry.
1.4.2 Onderhouds-voer is ʼn proteïenryke voer wat aan varkies gegee word
om ʼn hoër speenmassa te verkry.
1.4.3 Onvrugbaarheid is die totale verlies aan vrugbaarheid wat nie
reggestel kan word nadat dit gediagnoseer is.
1.4.4 Gestasie beskryf abnormale toestande wat met normale geboorte
inmeng.
1.4.5 ʼn Toestel wat vir die verkryging van bevrugte eierselle gedurende
embrio-oordrag gebruik word, staan as ʼn pistolet bekend.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die onderstaande diagramme stel die spysverteringskanale van plaasdiere
voor.
2.1.1 Identifiseer die dele wat deur letters B, C en G vanaf bostaande
DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2 voorgestel word. (3)
2.1.2 Klassifiseer die dier met die spysverteringskanaal soos die een in
DIAGRAM 2 getoon. (1)
2.1.3 Regverdig die antwoord op VRAAG 2.1.2 met ʼn sigbare rede. (1)
2.1.4 Identifiseer die letter van die deel in DIAGRAM 2 wat dieselfde funksie
as deel A in DIAGRAM 1 verrig. (1)
2.1.5 Identifiseer die letter (A–H) wat die deel voorstel waar elk van die
volgende plaasvind:
(a) Maksimum absorpsie van verteerde voedingstowwe (1)
(b) Hoofarea vir die aborpsie van vlugtige vetsure (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
2.2 Stel die naam van die vitamien voor wat die volgende gebreksimptome
veroorsaak:
2.2.1 Ragitis wat poreuse bene by jong diere veroorsaak (1)
2.2.2 Krultoon-verlamming by hoenders (1)
2.3 Die onderstaande foto’s toon verskillende dierevoer.
Identifiseer die voer vanuit die bostaande prente wat met elk van die volgende
doelwitte geassosieer kan word:
2.3.1 Verbeter vrugbaarheid in ramme (1)
2.3.2 Stel mineraaltekorte reg (1)
2.3.3 Om beeste vir die slagpale af te rond (1)
2.3.4 Voorsien lywigheid aan rantsoene vir herkouers (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 9
2.4 Die onderstaande voere is beskikbaar om ʼn rantsoen vir plaasdiere saam te
stel.
VOERE SAMESTELLINGSAANWYSER VOEDINGS-
Droë Vog TVV VP VERHOUDING
materiaal (VV)
(%) (%) (%)
(%)
Mieliemeel 85 15 75 10 1:7
Sonneblom-oliekoek- 89 11 85 17
meel
Kuilvoer 80 20 65 7 1:8
2.4.1 Identifiseer vanuit die bostaande tabel ʼn voorbeeld van elk van die
volgende:
(a) Kragvoer (1)
(b) Ruvoer (1)
2.4.2 ʼn Vers was 25 kg kuilvoer vanuit die bostaande tabel gevoer en dit het
8 kg droë materiaal uitgeskei. Bereken die verteerbaarheidskoëfisiënt
van die kuilvoer. Toon ALLE bewerkings. (5)
2.4.3 Bereken die voedingsverhouding (VV) van die sonneblom-oliekoekmeel.
Toon ALLE bewerkings. (3)
2.4.4 Kategoriseer die VV-waarde van die sonneblom-oliekoekmeel en die
mieliemeel. (2)
2.4.5 Regverdig, met ʼn rede, die geskiktheid van sonneblom-oliekoekmeel vir
die vetmaak van volwasse diere. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
2.5 Die onderstaande sirkeldiagram illustreer ʼn voervloeiprogram vir ʼn plaas in Suid-
Afrika.
2.5.1 Identifiseer die maand waartydens die boer slegs natuurlike weiding
gebruik het om die diere te voer. (1)
2.5.2 Regverdig jou antwoord op VRAAG 2.5.1 deur na die sirkeldiagram te
verwys. (1)
2.5.3 Die boer het verklaar dat die plaas 4,3 ton natuurlike weiding in
Desember voorsien het.
(a) Bepaal die hoeveelheid natuurlike weiding, in kilogram, wat in
Desember benodig sal word om 45 skape te voer as elke skaap
2,5 kg voer per dag vreet. (2)
(b) Die skaapboer het ʼn oorskot ervaar. Regverdig hierdie stelling deur
die hoeveelheid oorskot te bereken. Toon ALLE bewerkings. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 11
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die onderstaande prent stel twee diereproduksiestelsels voor.
3.1.1 Identifiseer die diereproduksiestelsels wat in PRENT A en PRENT B
hierbo voorgestel word. (2)
3.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 3.1.1 gebaseer op die volgende:
(a) Volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne (2)
(b) Kapitaalbelegging (2)
3.1.3 Dui die boerderysisteem aan wat met elk van die diere-
produksiestelsels in VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer, geassosieer word. (2)
3.2 Die onderstaande prente toon behuisingsfasiliteite vir plaasdiere.
3.2.1 Identifiseer FASILITEIT 1 en FASILITEIT 2 vanuit die bostaande prent. (2)
3.2.2 Dui die hoofdoel van deel A in FASILITEIT 1 en deel B in
FASILITEIT 2 aan. (2)
3.2.3 Noem EEN toestel wat in FASILITEIT 1 gevind kan word. (1)
3.2.4 Dui TWEE maniere aan hoe diere liggaamshitte kan verloor indien
FASILITEIT 1 nie voorsien word nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
3.3 Die onderstaande tabel verteenwoordig verskillende dieresiektes wat algemeen
in Suid-Afrika gevind word.
SIEKTE TIPE DIER PATOGEEN HOOF- VOORSORG
SIMPTOME MAATREËLS
Varke Virus Braking en bloei Slag en
vanuit neus en vernietiging van
A rektum geïnfekteerde
diere en hul
produkte.
Miltsiekte Beeste, Swelling van
skape, nek en keel wat
bokke, lei tot
perde en asemnood,
varke spierbewing met C
steiering en
stuiptrekkings
B
Hartswater Beeste, skape Dun diarree met Goeie sanitasie.
en bokke ingewands-
D mukus en bloed Voorkom
oorbevolking.
Beeste, skape, Haarverlies Isolering van
bokke en varke Rooi jeukerige geïnfekteerde diere
letsels
E F Korsagtige grys-
wit rowe
3.3.1 Voltooi die tabel deur byskrifte vir die letters A–F te voorsien. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 13
3.4 Die volgende tabel dui die aantal aangemelde hondsdolheid gevalle per
provinsie in Suid-Afrika aan.
Provinsie Aantal Aangemelde Aantal
aangemelde gevalle van aangemelde
gevalle van hondsdolheid as gevalle van
hondsdolheid in ʼn persentasie (%) hondsdolheid in
2017 in 2017 2018
Oos-Kaap 12 14 6
Vrystaat 9 10 3
Gauteng 5 6 2
KwaZulu-Natal 20 23 10
Wes-Kaap 3 3 2
Noord-Kaap 6 7 3
Limpopo 17 20 8
Mpumalanga 10 12 5
Noordwes 4 5 2
3.4.1 Teken ʼn staafgrafiek om die persentasie aangemelde hondsdolheid-
gevalle per provinsie in Suid-Afrika voor te stel. (5)
3.4.2 Verduidelik die neiging van die aangemelde hondsdolheid-gevalle vanaf
die tabel. (2)
3.4.3 Dui die moontlike rede vir die neiging soos in VRAAG 3.4.2
waargeneem, aan. (1)
3.5 Parasiete leef op die dier as ʼn gasheer en kan skade wat produksie laat afneem,
veroorsaak.
3.5.1 Gee ʼn voorbeeld van elk van die volgende kategorieë van bosluise:
(a) Enkelgasheer bosluis
(b) Driegasheer bosluis (2)
3.5.2 Dui TWEE aanwendingsmetodes vir die chemiese beheer van
ektoparasiete aan. (2)
3.6 Noem TWEE dienste wat deur die staat aangebied word om diere teen
besmetting van siektes te beskerm. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die onderstaande diagram illustreer die voortplantingstelsel van ʼn bul.
4.1.1 Identifiseer die dele gemerk B, C en E in die bostaande DIAGRAM. (3)
4.1.2 Dui die proses aan wat in deel F plaasvind. (1)
4.1.3 Gee TWEE funksies van die hormoon afgeskei in deel F. (2)
4.1.4 Pas die funksies onderaan gelys met die letters (A–H) in die bostaande
diagram:
(a) Berg en laat die spermatosoë toe om volwasse te raak (1)
(b) Skei ʼn stof af wat die uretra smeer en skoonmaak voor
ejakulasie. (1)
(c) Voorsien die spermselle van voedsel (1)
4.1.5 Verduidelik die belangrikheid van deel H in die beheer van temperatuur
vir die effektiewe funksionering van dele F en G. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) LANDBOUWETENSKAPPE 15
4.2 Die onderstaande diagram illustreer ʼn voortplantingsproses wat by plaasdiere
plaasvind.
4.2.1 Identifiseer die voortplantingsproses wat in die bostaande diagram
geïllustreer word. (1)
4.2.2 Dui die naam van ʼn orgaan aan waar die voortplantingsproses wat in
VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, plaasvind. (1)
4.2.3 Noem die verdelingsproses wat by A en B in die bostaande diagram
plaassvind. (2)
4.3 Estrogeen hormoon help die koei om die tekens van bronstigheid aan te bring.
4.3.1 Definieer die term bronstigheid. (2)
4.3.2 Gee TWEE sigbare tekens van bronstigheid in koeie. (2)
4.3.3 Dui TWEE praktiese metodes aan wat ʼn boer kan gebruik om bronstigheid
by koeie te identifiseer. (2)
4.4 Die onderstaande lys verteenwoordig die fases gedurende die kernoordrag-
proses:
Oorgedra na die uterus van die ontvanger koei om te groei tot volwassenheid
Verwyder kern uit onbevrugte eiersel
Gemanipuleerde sel word kunsmatig geaktiveer om tot ʼn blastosist te begin
verdeel
Eiersel word behandel en in die laboratorium gekultiveer vir samesmelting om
plaas te vind
Nukleus wat DNA bevat van die skenker word na die sitoplasma van die
ontkernde eiersel oorgedra
Herrangskik die fases van die kernoordragproses in die bostaande lys gegee in
chronologiese volgorde. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LANDBOUWETENSKAPPE (EC/JUNIE 2021)
4.5 Gee die naam van ʼn orgaan/struktuur waar elk van die volgende vroulike
hormone geproduseer word:
4.5.1 Estrogeen (1)
4.5.2 Gonadotropien vrystellende hormoon (GnRH) (1)
4.5.3 Progesteroon (1)
4.5.4 Follikelstimulerende hormoon (FSH) (1)
4.5.5 Oksitosien (1)
4.6 Meervoudige geboortes is ʼn verskynsel wat by plaasdiere plaasvind.
4.6.1 Identifiseer die tipe meervoudige geboortes wat deur DIAGRAM 1 en
DIAGRAM 2 voorgestel word. (2)
4.6.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 4.6.1. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 EC June 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2021 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper