Skip to content

Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paperAgricultural SciencesGrade 12202315 pages

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN LANDBOUWETENSKAPPE V2 2023 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. 1.1.1 Die hoeveelheid van die produk wat deur verbruikers teen 'n gegewe prys aangekoop kan word: A Aankoop B Aanbod C Vraag D Verkoop 1.1.2 'n Situasie in die mark waar die prys van goedere konstant gehou word ongeag die koste van produksie, staan as prys-… bekend. A bepaling B vasstelling C instelling D aanwysing 1.1.3 EEN van die volgende is 'n riglyn vir die verpakking van vars produkte: A Verpakking moet nie inligting oor die produk insluit nie B Verpakkingsmateriaal moet chemikalieë bevat C Houer moet sag wees vir maklike hantering D Produkte moet goed in die houer pas 1.1.4 Die volgende gebeur in 'n mark indien die prys van 'n produk hoog is: (i) Die vraag is hoog en die aanbod is laag (ii) Die vraag is laag en die aanbod is hoog (iii) Hoe meer produkte, hoe meer is produsente gewillig om te verkoop (iv) Die gewilligheid om 'n produk te koop, verminder Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.5 'n Ekonomiese konsep waar produksie-uitset nie verhoog teen dieselfde tempo as waarteen kunsmistoediening verhoog nie: A Wet van dalende meeropbrengs B Wet van aanbod C Wet van vraag D Wet van onelastisiteit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/2023 SS/NSS 1.1.6 'n Finansiële rekord wat die kwitansies en betalings oor 'n gegewe periode toon: A Begrotingstaat B Inkomstestaat C Kontantvloeistaat D Balansstaat 1.1.7 'n Bestuursbeginsel wat die evaluering van planne en die remediëring daarvan behels om die gestelde doelwitte te bereik: A Motivering B Koördinering C Organisering D Kontrole 1.1.8 Arbeiders kan verliese in 'n produksie-onderneming veroorsaak indien hulle nie … (i) vaardig in hulle werk is nie. (ii) onder toesig werk nie. (iii) gemotiveerd is nie. (iv) werksverwante uitdagings ervaar nie. Kies die KORREKTE kombinasie. A (i), (iii) en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) 1.1.9 Die illustrasie hieronder toon 'n teelstelsel wat as … bekend staan. × = A spesiekruising. B inteling. C kruisteling. D opgradering. 1.1.10 'n Modifikasietegniek waar 'n geengeweer gebruik word om koeëls af te vuur wat met die verlangde gene bedek is, staan as … bekend. A mikro-inspuiting B elektroporasie C biolistiek D bakterieë as draers (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/2023 SS/NSS 1.2 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die hoeveelheid produkte aangebied, A geslagsgekoppel oorskry die hoeveelheid gevra B toelaag 1.2.2 Bemarkingsbenadering wat dieselfde produk op verskillende maniere by C surplus verskillende groepe verbruikers bevorder en verkoop D interpersoonlik 1.2.3 Die befondsing maak voorsiening vir 'n E massabemarking spesifieke doel en word nie terugbetaal nie F tekort 1.2.4 'n Bestuursvaardigheid waar 'n boer die G finansieel belasting- en rentekoerse moet verstaan H hoogte h 1.2.5 'n Eienskap voorgestel deur X Y met B 'n XHXh-genotipe (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die proses om verbruikers na 'n spesifieke produk te lok deur verskillende vorms van kommunikasie 1.3.2 'n Maatstaf van produksie-uitset in die arbeidsmag 1.3.3 Die genetiese eienskappe wat aan 'n reeks van fenotipes oorsprong gee 1.3.4 'n Individu wat verskillende allele vir 'n spesifieke geen op elke homoloë chromosoom dra 1.3.5 'n Tipe risiko wat voorkom wanneer gene van geneties gemodifiseerde gewasse na wilde plante oorgedra word wat hulle teen onkruiddoders bestand maak (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/2023 SS/NSS 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 In beheerde bemarking word produkte van individuele produsente saamgevoeg, gegradeer en as een massa hanteer. 1.4.2 'n Lys van bates op die plaas staan as laste bekend. 1.4.3 Die wet van dominansie stel dat 'n organisme twee allele bevat wat skei sodat elke gameet slegs een alleel ontvang. 1.4.4 Kunsmatige seleksie is waar slegs individue wat die beste by die omgewing aanpas, oorleef. 1.4.5 Biometrie is die mate waartoe 'n eienskap grotendeels deur gene bepaal word. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die skematiese voorstelling hieronder toon die verskillende kanale wat tydens die bemarking van landbouprodukte gebruik word. A Produkte word direk aan die kleinhandelaar verkoop D B Goedere word aan 'n Produkte word by 'n agent gelewer wat dit punt van produksie E namens die boer verkoop verkoop C Lewende hawe word aan die hoogste bieër verkoop 2.1.1 Identifiseer die volgende in die skematiese voorstelling hierbo: (a) Bemarkingstelsel E (1) (b) Bemarkingskanaal A (1) 2.1.2 Skryf die letter (A–E) neer wat die bemarkingskanaal verteenwoordig wat by ELK van die volgende beskrywings pas: (a) Die boer moet kommissie betaal (1) (b) Geen vervoerkoste vir die boer nie (1) 2.1.3 Noem TWEE nadele van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 2.1.1(a) geïdentifiseer is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/2023 SS/NSS 2.2 Die tabel hieronder toon die vraag na twee produkte teen veranderlike pryse. PRODUK PRYS 1 VRAAG PRYS 2 VRAAG (R/SAK) (SAK) (R/SAK) (SAK) A 10 200 15 100 B 20 200 25 190 2.2.1 Identifiseer die produk waarvan die vraag: (a) Prysonelasties is (1) (b) Pryselasties is (1) 2.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1(a). (2) 2.2.3 Noem TWEE faktore wat tot pryselastisiteit van die produk wat in VRAAG 2.2.1(b) geïdentifiseer is, kon bygedra het. (2) 2.3 Die prente hieronder illustreer faktore wat die bemarking van landbouprodukte kan belemmer. PRENT A PRENT B VERVOER BERGING 2.3.1 Lei 'n probleem af wat met elke faktor hierbo geassosieer word wat die bemarking van landbouprodukte kan belemmer soos hieronder verteenwoordig: (a) Prent A (1) (b) Prent B (1) 2.3.2 Dui aan hoe die probleem in VRAAG 2.3.1(a) opgelos kan word om 'n verbeterde agribesigheidsketting te verseker. (1) 2.3.3 Dui EEN kostefaktor in Prent B aan wat 'n impak op die bemarking van die landbouproduk kan hê. (1) 2.3.4 Noem TWEE rolle wat wetgewing in die doeltreffende bemarking van landbouprodukte speel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/2023 SS/NSS 2.4 Die tabel hieronder toon die hoeveelheid koring aangebied en gevra teen veranderlike pryse oor 'n periode van vyf jaar. JAAR PRYS (R/ton) KORING KORING GEVRA AANGEBIED (ton) (ton) 2018 450 180 230 2019 500 190 210 2020 650 200 175 2021 720 220 165 2022 800 250 140 2.4.1 Teken 'n staafgrafiek om die hoeveelheid koring aangebied en gevra vanaf 2018 tot 2022 te toon. (6) 2.4.2 Uit die tabel hierbo, lei die tendens van elk van die volgende oor 'n periode van vyf jaar af: (a) Hoeveelhede aangebied (1) (b) Hoeveelhede gevra (1) 2.5 'n Groep boere het 'n maalprojek begin om mense in die omliggende gebiede te help om mielies tot mieliemeel te maal. Hulle het vir 'n meule en ander geskikte toerusting gesorg en die onderneming is met vyf werkers begin. Binne 'n tydperk van twee jaar het die onderneming vinnig tot vyftien werkers gegroei. 2.5.1 Identifiseer TWEE fases van entrepreneurskap in die scenario hierbo. (2) 2.5.2 Noem die bemarkingsfunksie in die scenario hierbo. (1) 2.5.3 Gee 'n voordeel van die bemarkingsfunksie in VRAAG 2.5.2 vir die gemeenskap. (1) 2.6 Die stellings hieronder toon die aspekte van 'n SSGB('SWOT')-ontleding: A Die boer het 'n gebrek aan kapitaal en bestuursvaardighede om die onderneming te bedryf B Verhoogde rentekoerse maak die onderneming minder kompeterend C Nuwe markte ontstaan D Die boer het baie grond om 'n boerderyonderneming te bedryf 2.6.1 Gee EEN doel van 'n SSGB('SWOT')-ontleding in 'n onderneming. (1) 2.6.2 Skryf die letter (A–D) neer wat die stelling verteenwoordig wat ELK van die volgende aspekte van die SSGB('SWOT')-ontleding ondersoek: (a) Geleentheid (1) (b) Bedreiging (1) (c) Swak punt (1) (d) Sterk punt (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Hieronder is 'n lys van produksiefaktore. A Kapitaal B Bestuur C Grond D Arbeid 3.1.1 Identifiseer, in die lys hierbo, die produksiefaktor waar elk van die volgende van toepassing is: (a) Word as waarborg gebruik (1) (b) Word gebruik om die salarisse van plaaswerkers te betaal (1) (c) Die boer (1) 3.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 3.1.1(a). (1) 3.2 Die tabel hieronder toon die projeksie van 'n bevolkingsgrootte en die bewerkbare grond vir 'n sekere streek vanaf 1983 tot 2023. JAAR BEVOLKINGSGROOTTE BEWERKBARE GROND (miljoen) (miljoen hektaar) 1983 24 12 1993 29 10 2003 34 8 2013 39 6 2023 44 4 3.2.1 Lei die ekonomiese eienskap van grond af soos wat dit in die tabel hierbo geïllustreer is. (1) 3.2.2 Gee TWEE funksies van grond wat duidelik in die tabel hierbo is. (2) 3.3 MIV/Vigs het 'n negatiewe invloed op die produktiwiteit van plaaswerkers. 3.3.1 Dui TWEE gevolge van HIV/Vigs op die landbousektor aan. (2) 3.3.2 Noem EEN maatreël wat boere kan tref om die probleem van MIV/Vigs op die plaas te hanteer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/2023 SS/NSS 3.4 Die volgende personeel is op die plaas in diens:  'n Melkery-voorman  Twee algemene werkers  'n Bouer/Messelaar  'n Elektroniese voermasjienoperateur 3.4.1 Identifiseer, in die lys personeel hierbo, 'n voorbeeld van elk van die volgende: (1) (a) Los werker (1) (b) Bestuurder (1) (c) Ongeskoolde werker (1) (d) Geskoolde werker 3.4.2 Verwys na die wetgewing wat elk van die volgende reguleer: (a) Betaling as gevolg van 'n ongeluk by die werksplek (1) (b) Voorsiening van sekuriteit indien werkers werkloos raak (1) (c) Werksure, verlof en werk op openbare vakansiedae (1) 3.5 Die tabel hieronder toon 'n finansiële rekord met die verwagte uitgawes en inkomste van 'n tuinbouboerdery-onderneming. VERWAGTE UITGAWES VERWAGTE INKOMSTE ITEM BEDRAG (R) ITEM BEDRAG (R) Besproeiing 10 300 Blomme (winkel) 150 000 Bemesting 22 400 Blomme (kwekery) 40 000 Brandstof 13 300 Kompos 7 500 Arbeid 24 500 Potgrond 8 800 Vegetatiewe materiaal 45 500 Chemikalieë 18 700 TOTALE UITGAWES TOTALE INKOMSTE 3.5.1 Identifiseer die tipe finansiële rekord in die tabel hierbo verteenwoordig. (1) 3.5.2 Gebruik 'n formule om die wins of verlies van hierdie onderneming te bereken. (Toon ALLE berekeninge.) (4) 3.5.3 Dui aan of die boer met die onderneming moet voortgaan of nie. (1) 3.5.4 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.5.3. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/2023 SS/NSS 3.6 Die grafiek hieronder verteenwoordig die waarde van verskillende tipes bates in 'n gewasproduksie-onderneming. A Waarde van bates (rand) B 0 Tyd (Jare) 3.6.1 Identifiseer die kurwe (A of B) wat die volgende verteenwoordig: (a) Roerende kapitaalbates (1) (b) Vaste kapitaalbates (1) 3.6.2 Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 3.6.1(b) te ondersteun. (1) 3.6.3 Noem TWEE probleme van kapitaal as 'n produksiefaktor. (2) 3.7 'n Boerderyonderneming moet goed bestuur word om finansieel suksesvol te wees en te verseker dat die onderneming sy voorgenome doelwitte en teikens bereik. Die boer moet dus daarop voorbereid wees om risiko's te hanteer soos wat dit voorkom. 3.7.1 Noem TWEE tipes risiko's wat die boerderyonderneming kan beïnvloed. (2) 3.7.2 Gee TWEE bronne van risiko's in 'n boerderyonderneming. (2) 3.7.3 Noem TWEE risikobestuurstrategieë. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die illustrasie hieronder toon 'n kruising tussen 'n swart bul (B) en 'n wit koei (W). P1 BB X WW Proses 1 Gamete B W X F1-generasie BW (Almal grys) F1 BW X 2 F2 3 BW BW Wit 4.1.1 Identifiseer die oorerwingspatroon in die diagram hierbo. (1) 4.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 4.1.1. (1) 4.1.3 Gee die term vir elk van die volgende in die diagram hierbo: (a) Proses by 1 (1) (b) Genotipe by 2 (1) (c) Fenotipe by 3 (1) 4.1.4 Skryf neer elk van die volgende: (a) Genotipiese verhouding van die F1-generasie (1) (b) Fenotipiese verhouding van die F2-generasie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/2023 SS/NSS 4.2 Boere van drie provinsies het tamatiesaad wat geneties identies is by planttelers gekoop. Die tamaties is in verskillende provinsies gekweek, maar is op dieselfde datums geplant en geoes. Die tabel hieronder toon die opbrengs van die tamaties vir die drie boere in die drie verskillende provinsies. PROVINSIE OPBRENGS (TON) 1 35 2 20 3 60 4.2.1 Identifiseer die genetiese verskynsel wat deur die data in die tabel hierbo voorgestel word. (1) 4.2.2 Noem DRIE moontlike oorsake van die verskynsel wat tot die resultate in die tabel hierbo kon aanleiding gee. (3) 4.3 Die verskillende tipes mutageniese agente wat tot variasie lei, word in die blok hieronder getoon: chemies; biologies; fisies Pas die tipes mutageniese agente hierbo by hulle effekte hieronder: (a) Abnormale selverdeling wat lei tot poliploïdie wat deur kolgisien veroorsaak word (1) (b) Bestraling soos X-strale beskadig die DNS-molekules en veroorsaak (1) dat dit breek (c) Bakterieë veroorsaak ontsteking wat chemikalieë vrystel en die (1) DNS-molekule beskadig 4.4 Seleksie van meerderwaardige diere vir teeldoeleindes is baie belangrik vir boere. 4.4.1 Dui die akkuraatste metode aan wat boere gebruik om diere te selekteer. (1) 4.4.2 Noem EEN ander metode wat boere gebruik om diere te selekteer. (1) 4.4.3 Gee EEN rede waarom variasie in seleksie en teling belangrik is. (1) 4.4.4 Onderskei tussen kruisteling en inteling. (2) 4.5 By bokke is die alleel vir swart pels (B) dominant oor die alleel vir bruin pels (b). 'n Bok met bruin pels word met 'n heterosigotiese bok met swart pels gekruis. 4.5.1 Gebruik die Punnett-vierkant om die genotipe van die F1-generasie van die nageslag te bepaal. (4) 4.5.2 Bereken die persentasie van die bokke met swart pels. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 15 DBE/2023 SS/NSS 4.6 Die lengte van sybokhaar in bokke word deur twee pare gene beheer. Die basislengte vir 'n resessiewe bok is aabb en dit is 25 cm lank. Elke additiewe alleel dra 3 cm tot die basislengte by. 4.6.1 Identifiseer die patroon van oorerwing wat die lengte van sybokhaar beheer. (1) 4.6.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.6.1. (1) ( 4.6.3 Bereken die sybokhaarlengte van 'n bok met 'n genotipe van AABb. (2) ( 4.6.4 Dui 'n ander genotipe van 'n bok aan met dieselfde lengte sybokhaar as die een in VRAAG 4.6.3. (1) 4.7 Baie telers in ontwikkelende lande gebruik al hoe meer genetiese modifikasie. 4.7.1 Definieer die term genetiese modifikasie. (2) 4.7.2 Gee TWEE doelwitte van genetiese modifikasie by plante en diere. (2) 4.7.3 Noem EEN voordeel van genetiese modifikasie bo dié van die tradisionele metode. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all