Skip to content

Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperAgricultural SciencesGrade 12202314 pages

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 ʼn Bemarkingskanaal waar produsente hul produkte deur bemarkings- agentskappe by groot sentrale liggings verkoop: A Voorraadverkope B Varsproduktemarkte C Plaashekbemarking D Direkte bemarking 1.1.2 … is die mees koste-effektiewe manier om die waardeketting van landbouprodukte te stroomlyn. A Verbetering van padinfrastruktuur B Bou stoorfasiliteite C Gesamentlik bemark deur vragte met ander produsente te kombineer D Gebruik van koelberging en verkoelde vervoer 1.1.3 Identifiseer die korrekte volgorde van fases van die entrepreneursproses. A Besigheidsvorming, idee generering, ontwikkel ʼn sakeplan, mobiliseer hulpbronne B Idee generering, mobiliseer hulpbronne, ontwikkel ʼn sakeplan, besigheidsvorming C Idee generering, ontwikkel ʼn sakeplan, mobiliseer hulpbronne, besigheidsvorming D Ontwikkel ʼn besigheidsplan, idee generering, besigheidsvorming, mobiliseer hulpbronne 1.1.4 Die volgende is voorbeelde van tegniese risiko’s in boerdery. (i) Droogte en oorstromings (ii) Insekbesmetting (iii) Veranderinge in rentekoerse (iv) Siekte-uitbrekings Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iii) D (ii), (iii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.5 ʼn Hele plaasbegroting wys die ... A bruto marge. B netto plaasinkomste. C winsgewendheid van ʼn enkele onderneming. D effek van ʼn verandering aan plaasbedrywighede op winsgewendheid. 1.1.6 ʼn Besigheid se kontantvloeibegroting toon ʼn inkomste van R700 000, uitgawes van R400 000 en ʼn eindbalans van R500 000 vir ʼn bepaalde maand. Die openingsaldo van die volgende maand sal ... wees. A R300 000 B R1 100 000 C R800 000 D R500 000 1.1.7 As rooi pelskleur (R) dominant is oor wit pelskleur (r), watter van die volgende kruising sal 1 : 1, rooi : witkleurige nageslag tot gevolg hê? A RR X rr B Rr X Rr C Rr X rr D rr X rr 1.1.8 Die F1-generasie word bepaal deur PP met pp te kruis. Daarna is die nageslag wat van hulle verkry is, gekruis. Wat sal die verhouding van suiwer broeiblomme tot nie-suiwer broeiblomme in F2 wees? A 3 suiwer : 1 nie-suiwer B 1 suiwer : 3 nie-suiwer C 1 suiwer : 2 nie-suiwer D 1 suiwer : 1 nie-suiwer 1.1.9 … maak gebruik van biologiese vektore soos plasmiede om vreemde gene in selle in te dra. A Lipofeksie B Rekombinante DNA-tegniek C Chemiese porasie D Bioballistiek 1.1.10 … is NIE ʼn voorbeeld van ʼn chromosomale mutasie NIE. A Vervanging B Verwydering C Duplisering D Translokasie (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn term/frase uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Bemarkingstelsel met groter wisseling A Beheerde bemarking van pryse 1.2.2 ʼn Produsentegedrewe benadering wat B Risiko-deling op die produk fokus 1.2.3 Verspreiding van risiko deur in C Oorkapitalisering verskillende ondernemings op ʼn plaas te belê 1.2.4 Opbrengs op belegging wat deur ʼn D Verkope plaas verdien word, is buitengewoon laer as ander plase 1.2.5 Verskille tussen individue van dieselfde E Diversifikasie spesie F Variasie G Gratis bemarking H Onderkapitalisering (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die gekoppelde entiteite wat ʼn spesifieke produk van produksie na verbruiker bring 1.3.2 ʼn Maatstaf van die responsiwiteit van ʼn produk se hoeveelheid gevra of verskaf op ʼn verandering in sy prys 1.3.3 Die fisiese en geestelike inspanning wat gebruik word om goedere en dienste te produseer 1.3.4 Die proses van beplanning, besluitneming, organisering en beheer van die menslike, finansiële en fisiese hulpbronne van ʼn organisasie om sy doelwitte te bereik 1.3.5 ʼn Maatstaf van hoe goed verskille in diere se gene vir verskille in hul kenmerke verantwoordelik is (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 ʼn Bestuurder is ʼn persoon wat ʼn besigheid stig, finansiële risiko’s aangaan in die hoop op wins. 1.4.2 ʼn Kontantanalise is ʼn analise van die onderneming se sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings. 1.4.3 Die gebruik van statistieke in die analise van biologiese data word teling genoem. 1.4.4 Poliploidie is ʼn tipe mutasie waarin daar ʼn verandering in die getal van een of meer van die chromosome in die chromosoomstel is. 1.4.5 Seleksie is hoeveel beter of minder as gemiddeld die nageslag van ʼn individu vir ʼn bepaalde eienskap sal wees. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die prent hieronder toon ʼn voorbeeld van ʼn bemarkingsfunksie. 2.1.1 Identifiseer die bemarkingsfunksie hierbo uitgebeeld. (1) 2.1.2 Noem TWEE riglyne wat die bemarkingsfunksie in VRAAG 2.1.1 beheer. (2) 2.1.3 Definieer die term bemarking. (2) 2.2 Die tabel hieronder toon die hoeveelhede van ʼn produk wat teen verskillende pryse verskaf en gevra word. PRYS HOEVEELHEID HOEVEELHEID AANGEBIED GEVRA 10 20 160 20 40 140 30 60 120 40 80 100 50 100 80 60 120 60 70 140 40 2.2.1 Bied die inligting in die tabel hierbo in die vorm van ʼn lyngrafiek aan. (6) 2.2.2 Lei die ewewigsprys van die grafiek af. (1) 2.2.3 Beskryf die wet van aanbod. (2) 2.2.4 Gee TWEE faktore behalwe die prys wat die aanbod van ʼn produk beïnvloed. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.3 Drie boere gebruik verskillende bemarkingsbenaderings soos hieronder verduidelik. BOER A BOER B BOER C Poog om aan die wydste Het ʼn unieke produk. Besluit om afsonderlike moontlike kliëntebasis te Bevorder en verkoop aanbiedinge aan elke adverteer, tot en met en die produk aan ʼn verskillende marksegment ingesluit die hele mark gespesialiseerde wat dit teiken te verskaf. beskikbaar. segment van ʼn mark. 2.3.1 Identifiseer die bemarkingsbenaderings wat deur BOERE A, B en C gebruik word. (3) 2.3.2 Identifiseer ʼn bemarkingsbenadering wat ideaal vir klein besighede sal wees. (1) 2.3.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.2 met TWEE redes. (2) 2.4 Ontleed die logo hieronder en reageer op die vrae wat volg. 2.4.1 Noem die proses om logo’s soos die een hierbo getoon te plaas. (1) 2.4.2 Die logo hierbo word in volhoubare bemarking gebruik. Definieer volhoubare bemarking. (1) 2.4.3 Noem TWEE vereistes waaraan verpakking in volhoubare bemarking voldoen moet word. (2) 2.5 Een van die grootste frustrasies wat boere in landbouwaardekettings ondervind, is dat hulle gedwing word om markpryse te aanvaar. Hulle het beperkte bedingingsmag aan beide die inset- en aanbodkant. Egter deur saam te werk kan hulle groter invloed op die verspreiding van winste langs die waardeketting hê. 2.5.1 Identifiseer die hoofprobleem wat boere in die gesig staar. (1) 2.5.2 Lei die oplossing af wat in die leesstuk voorgestel word. (1) 2.5.3 Identifiseer ʼn bemarkingstelsel wat ooreenstem met die oplossing wat in die leesstuk voorgestel word. (1) 2.5.4 Gee TWEE voordele van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 2.5.3 geïdentifiseer is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.6 ʼn Sakeplan is ʼn dokument wat die onderneming se toekomstige doelwitte en strategieë uiteensit om dit te bereik. 2.6.1 Gee TWEE redes om die gebruik van besigheidsplanne/sakeplanne in plaasbesigheidsbestuur te regverdig. (2) 2.6.2 Stel TWEE maniere voor hoe elektroniese hulpbronne gebruik kan word wanneer besigheidsplanne/sakeplanne opgestel word. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Die opbrengsvermoë van ʼn stuk grond word hoofsaaklik deur die fisiese eienskappe van die grond bepaal. Dit kan verhoog word tot ʼn sekere limiet per eenheid deur middel van verbeterde tegnologie, maar ʼn punt sal bereik word waar produksie nie meer met verhoogde eenhede van inset toeneem nie. 3.1.1 Identifiseer die ekonomiese eienskap van grond wat in hierdie scenario beskryf word. (1) 3.1.2 Noem TWEE maniere waarop ʼn boer die produktiwiteit van grond kan verbeter. (2) 3.1.3 Gee TWEE funksies van grond as ʼn produksiefaktor. (2) 3.2 Die foto hieronder toon plaaswerkers wat staak. 3.2.1 Noem die stuk wetgewing wat werkers bemagtig om stakings uit te voer. (1) 3.2.2 Noem TWEE ander kwessies wat deur die stuk wetgewing wat in VRAAG 3.2.1 hierbo genoem word, aangespreek word. (2) 3.2.3 Gee TWEE moontlike oorsake van stakingsaksies deur werkers op ʼn plaas. (2) 3.2.4 Stel TWEE strategieë voor wat deur boere gebruik kan word om arbeidsproduktiwiteit te verhoog. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.3 Die tabel hieronder toon ʼn opsomming van inkomste en uitgawes vir ʼn finansiële jaar. Inkomste (R) Verkoop van gewasprodukte 470 000 Verkoop van veeprodukte 220 000 Staatsubsidie 50 000 Totale inkomste …………. Uitgawes Saad 23 500 Kunsmis 45 000 Voer 18 200 Verwerking 28 300 Bemarking 12 000 Versekering 7 000 Waardevermindering 4 500 Totale uitgawes ………….. Netto inkomste ..……… 3.3.1 Identifiseer die dokument hierbo getoon. (1) 3.3.2 Bereken die netto inkomste van die besigheid. (4) 3.3.3 Lewer kommentaar oor die boerdery se winsgewendheid. (2) 3.3.4 Identifiseer TWEE vaste koste wat in die dokument hierbo gelys word. (2) 3.3.5 Noem TWEE belangrike gebruike van finansiële rekords op plase. (2) 3.4 Die diagram hieronder toon ʼn voorbeeld van ʼn plaasbate. 3.4.1 Definieer die term bate. (2) 3.4.2 Identifiseer die tipe kapitaal wat deur die plaasbate hierbo getoon, verteenwoordig word. (1) 3.4.3 Bepaal die tipe krediet wat gebruik word om die kapitaal-item hierbo getoon te finansier. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.4.4 Stel TWEE bronne van finansiering voor wat gebruik kan word om die bate hierbo te koop. (2) 3.4.5 Noem ʼn plaasrekord waar jy plaasbates soos die een hierbo gelys is vind. (1) 3.5 Die paneel hieronder wys kragte wat besighede raak. eties; kontantvloei; wetgewing; arbeidsmagbevoegdheid; droogtes 3.5.1 Identifiseer TWEE interne kragte wat besighede raak. (2) 3.5.2 Watter van die kragte hierbo kan deur indiensopleiding verbeter word? (1) 3.6 Identifiseer die bestuursvaardigheid wat geskik is in elk van die volgende omstandighede: 3.6.1 Om effektief met verskillende belanghebbendes en werknemers te kan kommunikeer (1) 3.6.2 Hou plaasrekords (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Ontleed die genetiese kruising hieronder en beantwoord die vrae wat volg. P1 aaBB x AAbb Fenotipe Gevlek en swart Solied en bruin F1-genotipe A F1-fenotipe Almal solied en swart P2 AB Ab V X AB AABB AABb Ab AABb AAbb Y Z 4.1.1 Noem die tipe kruising wat hierbo gewys word. (1) 4.1.2 Identifiseer die dominante kenmerke. (2) 4.1.3 Bepaal die genotipe A. (1) 4.1.4 Noem die Mendeliaanse wet wat slegs van toepassing is op die kruising hierbo. (1) 4.1.5 Lei die gamete V, X, Y en Z af en gebruik dit om ʼn Punnett-vierkant met 4 nageslag te teken. (4) 4.1.6 Bepaal die fenotipiese verhouding van die F2-generasie. (2) 4.2 By aartappels word planthoogte deur 3 gene beheer. Elke lokus het ʼn byvoegende en nie-byvoegende alleel. ʼn Boom met ʼn genotipe van AABBCC groei om 100 cm hoog te wees, terwyl een met ʼn genotipe van aabbcc tot 40 cm hoog groei. 4.2.1 Bepaal die bydra van elke byvoegende alleel tot die plant se hoogte. (2) 4.2.2 As jy ʼn 100 cm-plant en ʼn 40 cm-plant gekruis het om die F1-generasie te kry. Wat sal die genotipe van die F1-generasie wees? (1) 4.2.3 Bereken die hoogte van ʼn plant met ʼn genotipe van AaBBCc. (3) 4.2.4 Klassifiseer die kenmerke wat met poligeniese oorerwing geassosieer word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.3 Identifiseer die meganisme van oorerwing van toepassing op elk van die stellings hieronder. 4.3.1 Die uitdrukking van een geen word beïnvloed deur die uitdrukking van een of meer onafhanklik oorgeërfde gene. (1) 4.3.2 Twee allele van dieselfde geen word afsonderlik uitgedruk om verskillende kenmerke in ʼn individu te lewer. (1) 4.3.3 ʼn Vorm van geen interaksie waarin beide allele van ʼn geen by ʼn lokus gedeeltelik uitgedruk word wat ʼn intermediêre fenotipe tot gevolg het. (1) 4.3.4 Drie of meer soorte gene wat dieselfde lokus beset. (1) 4.4 ʼn Bul en ʼn koei paar en produseer twee verse A en B. Alhoewel die nageslag grootgemaak en onder identiese toestande gehou word, groei vers A en word ʼn topmelkproduserende koei terwyl vers B groei en ʼn gemiddelde melkprodusent word. Die boer kies dus A om vir verdere teling te gebruik. 4.4.1 Identifiseer die seleksiemetode wat in die leesstuk hierbo beskryf word. (1) 4.4.2 Noem TWEE moontlike oorsake van die verskille in prestasie van die verse. (2) 4.4.3 Noem TWEE gebruike van seleksie in diereverbetering. (2) 4.5 Identifiseer die teelstelsel wat met elk van die onderstaande stellings geassosieer word. 4.5.1 Stel nuwe genetiese materiaal bekend, maar steeds binne die grense van die ras. (1) 4.5.2 Word gebruik om gewenste eienskappe te versterk. (1) 4.5.3 Ontwikkel nuwe rasse. (1) 4.5.4 Nageslag bly so na as moontlik verwant aan ʼn uitstaande voorouer. (1) 4.6 Hieronder is ʼn paar van die potensiële omgewingsrisiko’s verbonde aan die gebruik van geneties gemodifiseerde organismes. Verduidelik kortliks, hoe die gebruik van geneties gemodifiseerde organismes kan tot die risiko’s gegee in elk van die VRAE 4.6.1 tot 4.6.2 lei. 4.6.1 Skep van onkruiddoderbestande onkruide. (2) 4.6.2 Besoedeling van grond en waterliggame. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all