NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)




Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 581.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction10 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition7 marks
- Question 2.2Animal nutrition2 marks
Show all 20 questions
- Question 2.3Animal nutrition3 marks
- Question 2.4Animal nutrition6 marks
- Question 2.5Animal nutrition7 marks
- Question 3.1Animal production and housing6 marks
- Question 3.2Animal production and housing6 marks
- Question 3.3Animal production and housing6 marks
- Question 3.4Animal health and protection7 marks
- Question 3.5Animal health and protection7 marks
- Question 3.6Animal health and protection3 marks
- Question 4.1Animal reproduction6 marks
- Question 4.2Animal reproduction7 marks
- Question 4.3Animal reproduction8 marks
- Question 4.4Animal reproduction6 marks
- Question 4.5Animal reproduction8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 A.
1.1.1 Die chemiese vertering by hoenders vind in die ... plaas.
A krop
B proventrikulus
C spiermaag
D ventrikulus
1.1.2 Die vingervormige uitsteeksels wat as verhittingstawe in die rumen
optree.
A Papille
B Mikro-vingers
C Villi
D Makro-villi
1.1.3 Die vetoplosbare vitamiene wat nodig is vir lewensbelangrike funksies
in die dier se liggaam.
A Kobalamien en vitamien K
B Tiamien en vitamien E
C Riboflavin en piridoksien
D Retinol en vitamien D
1.1.4 Die volgende is die funksies van ʼn sap wat deur die lewer afgeskei
word.
(i) Stimuleer die omskakeling van pepsinogeen na pepsien.
(ii) Verander die pH van suur na alkalies.
(iii) Bevorder die absorpsie van vetsure.
(iv) Verhoog die oplosbaarheid van vette.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.5 Beeste raak ongemaklik wanneer hulle …
A in ʼn groep geskuif word.
B ʼn leier volg.
C van ander geskei word.
D op ʼn bekende wyse behandel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.1.6 Die volgende is basiese riglyne wanneer plaasdiere vervoer word:
(i) Verskillende diere moet saam vervoer word.
(ii) Dragtige en beseerde diere moet nie vervoer word nie.
(iii) Diere van verskillende ouderdomme en geslag moet geskei
word.
(iv) Gefluit en gekraak van swepe tydens vervoer op ʼn pad.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.7 Die volgende is VERKEERD met betrekking tot die lewensiklus van
ʼn een-gasheer-bosluis:
A Eiers broei in larwes uit
B Larwes ontwikkel in nimfe
C Larwes en nimfe leef op 'n tussengasheer
D Nimfe ontwikkel tot volwassenes
1.1.8 Bakteriese siektes wat aansteeklik is.
A Miltsiekte en mastitis
B Klontwol en polineuritis
C Voëlgriep en tuberkulose
D Ringwurm en anaplasmose
1.1.9 Die stadium van hofmakery tydens paring word deur die ...
gekenmerk.
A vrystelling van semen in die voorste deel van die vagina
B intromissie in die vagina
C oprigting van die penis gestimuleer deur feromone
D vroulike dier op te klim om penetrasie moontlik te maak
1.1.10 Die hoofrede vir die afdroog van ʼn koei voor die volgende laktasie is
om …
A vroeë bevrugting te verseker.
B swangerskapprobleme te verminder.
C die dragtigheidsperiode te verkort.
D die herstel van klierweefsel moontlik te maak. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Ureum ʼn Proteïenaanvulling in die
B: Biuret rantsoen van herkouerdiere
gedurende droë wintermaande
1.2.2 A: Herkoutjie Herkoude bolus wat terug na
B: Spysbry die mond vervoer word
1.2.3 A: Onbehoorlike hantering Styfheid van die vleis na
B: Behoorlike hantering slagting
1.2.4 A: Lewerslak en
hoenderluise Inwendige parasiete by
B: Bontbosluis en hoenders
draadwurm
1.2.5 A: Endoderm Verantwoordelik vir die
B: Ektoderm ontwikkeling van die
respiratoriese en
spysverteringstelsel
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Indeks wat gebruik word om die kwaliteit van proteïen in ʼn voer
te bepaal
1.3.2 Die stelsel waarin die produksie van diere en gewasse hoofsaaklik
die gesin moet voed
1.3.3 Die toestand waarin vroulike diere probleme tydens parturisie
ondervind
1.3.4 Die sisteem wat afvalprodukte van die weefsels van die uier na
uitskeidingsorgane wegvoer
1.3.5 Die toestand by bulle gekenmerk deur afwesigheid van
seksdrang (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 ʼn Voedingprogram is ʼn strategiese plan vir ʼn veeboer om
beskikbaarheid van voer te verseker om deur die jaar aan die diere
se behoefte te voldoen.
1.4.2 Akute siektes is langdurig en kom herhaaldelik by dieselfde dier
voor.
1.4.3 Voorvel is ʼn beskermende tweelobbige sak wat die testis omsluit en
beskerm.
1.4.4 Die naelstring is ʼn vaskulêre membraniese orgaan wat die bloed van
die moeder en die fetus in noue kontak bring.
1.4.5 Embrio splitsing is die proses wanneer blastosist aan die wande van
die baarmoeder heg. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon ʼn gedeelte van die spysverteringskanaal van ʼn
plaasdier.
2.1.1 Noem die deel van die spysverteringskanaal gemerk A. (1)
2.1.2 Gee TWEE aanpassingskenmerke wat in die illustrasie hierbo
sigbaar is wat deel B in staat stel om sy funksie te verrig. (2)
2.1.3 Dui die voedingstof aan wat deur elk van die volgende geabsorbeer
word:
(a) Limfvate (1)
(b) Bloedkapillêre (1)
2.1.4 Die binnevoering van die deel genoem in VRAAG 2.1.1 is gevou.
Verduidelik hoe hierdie voue die absorpsie van voedsel verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.2 Die tabel hieronder toon die voerkomponente van ʼn rantsoen.
VOERKOMPONENTE HOEVEELHEID (kg)
Mieliemeel 50
Ureum 5
Lusern hooi 70
Hawer hooi 40
Melasse 30
2.2.1 Identifiseer die volgende uit die rantsoen in die tabel hierbo:
(a) Energie-ryk konsentraat (1)
(b) Proteïen-ryk ruvoer (1)
2.2.2 Noem die tipe dier wat die bogenoemde rantsoen suksesvol kan
benut. (1)
2.2.3 Verduidelik die antwoord in VRAAG 2.2.2 gebaseer op die
samestelling van die rantsoen en aanpassingskenmerk van ʼn dier. (2)
2.2.4 Dui die komponent van die rantsoen hierbo aan wat die smaaklikheid
en verteerbaarheid van hawerhooi kan verbeter. (1)
2.2.5 Gebruik die data in die tabel hierbo om ʼn staafgrafiek te teken. (6)
2.3 Die diagram hieronder toon ʼn sog en haar varkies.
2.3.1 Noem die mineraalelement wat waarskynlik ʼn tekort aan die sog en
haar varkies sal hê wanneer hulle in ʼn voerpen met sementvloer
gehuisves word. (1)
2.3.2 Dui EEN tekortsimptoom van die mineraal genoem in VRAAG 2.3.1
aan. (1)
2.3.3 Dui die metode aan waarop hierdie mineraal tekort by die sog
aangevul kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.4 Mieliemeel en sonneblomoliekoekmeel word teen ʼn rantsoen van 8 : 20
gemeng, om die voermengsel met 17% verteerbare proteïen te kry.
2.4.1 Dui die deel van die verhouding aan wat sonneblomoliekoekmeel
verteenwoordig. (1)
2.4.2 Verduidelik die antwoord in VRAAG 2.4.1. (2)
2.4.3 Bereken die persentasie van ʼn koolhidraatryke voer in die mengsel.
Toon ALLE berekeninge. (3)
2.5 Die vloeidiagram hieronder illustreer die energiewaardes van ʼn voer.
2.5.1 Identifiseer die energieverlies in B. (1)
2.5.2 Die energie in C is vir plaasdiere belangrik. Motiveer hierdie stelling
met TWEE redes. (2)
2.5.3 Bereken die energiewaarde wat deur A voorgestel word. (2)
2.5.4 Noem TWEE doelwitte met die berekening van energiewaarde van die
voer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder illustreer die fasiliteite wat gebruik word wanneer
plaasdiere hanteer word.
3.1.1 Identifiseer die fasiliteit gemerk B. (1)
3.1.2 Dui die doel van die gebruik van die fasiliteit gemerk A aan. (1)
3.1.3 Die fasiliteit gemerk A voldoen aan die veiligheidskriteria vir die
hantering van groot diere. Verwys na die ontwerpkenmerke van
hierdie fasiliteit om die antwoord te regverdig. (2)
3.1.4 Noem TWEE redes vir die hantering van plaasdiere deur die fasiliteit
gemerk A te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.2. Die diagram hieronder illustreer verskillende areas vir die hanteerder om te
oorweeg wanneer hy met plaasdiere werk.
3.2.1 Dui die letter aan wat op elk van die volgende posisies van
toepassing is:
(a) Die voorkeurafstand van die diere tot gevaarbedreiging (1)
(b) ʼn Punt van balans (1)
(c) Vir die hanteerder om beweging te laat begin (1)
3.2.2 Voorspel die gedrag van die dier wanneer die hanteerder dit by
punt gemerk B nader. (1)
3.2.3 Noem TWEE ander algemene gedrag wat deur beeste getoon kan
word wanneer hulle onder stres is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.3 Veeboere gebruik verskillende strukture om plaasdiere te skuil en te huisves.
3.3.1 Dui die doel aan waarvoor elk van die volgende strukture gebruik
word:
(a) Vangkraal (1)
(b) Jongingstal (1)
(c) Skuur (1)
3.3.2 Noem DRIE redes om plaasdiere te huisves. (3)
3.4 Die tabel hieronder toon siektes wat plaasdiere affekteer.
SIEKTE PATOGEEN SLEUTEL- OORDRAG- VOORKOMINGS
SIMPTOME METODE -METODE
Oormatige Byt van Immunisering
speeksel- besmette dier
A Virus
afskeiding en
aggressie
Goeie
Mastitis B C Vlieë higiëniese
praktyke
Inname van
Dun waterige
D Protosoë voer wat met E
diarree
mis besmet is
3.4.1 Benoem A, B, C, D en E. (5)
3.4.2 Dui die rol van die volgende in die beheer van dieresiektes aan:
(a) Die plaasboer (1)
(b) Die staat (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.5 Die vloeidiagram hieronder illustreer verskillende metodes om medisyne aan
plaasdiere toe te dien.
3.5.1 Noem die metode om medikasie aan diere toe te dien soos in A, B en
D geïllustreer. (3)
3.5.2 Dui die letter aan wat die metode verteenwoordig wat gebruik word
om die volgende te behandel:
(a) Rondewurm (1)
(b) Blou bosluise (1)
3.5.3 Noem TWEE maniere waarop medikasie volhoubaar gebruik kan
word. (2)
3.6 Giftige plante hou ʼn bedreiging vir vee in omdat hulle tot die dood van diere
kan lei, as hulle dit verteer.
3.6.1 Noem EEN giftige plant wat normaalweg in weivelde voorkom. (1)
3.6.2 Noem TWEE maatreëls wat ʼn boer kan instel om plantgif in weiding
te beheer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die voortplantingstelsel van ʼn plaasdier.
4.1.1 Identifiseer die letter wat die deel verteenwoordig waar elk van die
volgende voorkom:
(a) Voeding van spermselle deur SERTOLI-selle tydens
spermatogenese. (1)
(b) Vervoer van spermselle na die uretra. (1)
(c) Afskeiding van ʼn taai vloeistof wat energie vir die spermselle
verskaf. (1)
4.1.2 Noem TWEE aangebore defekte van deel B wat ʼn volledige verlies
aan vrugbaarheid by bulle kan veroorsaak. (2)
4.1.3 Dui die rol aan wat deel C in reproduksie speel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.2 Die diagram hieronder illustreer die effek van die hormone wat tydens die
estrussiklus vrygestel word.
4.2.1 Dui die duur aan van die estrussiklus soos hierbo geïllustreer. (1)
4.2.2 Identifiseer die hormone wat in A en B geïllustreer word. (2)
4.2.3 Dui die volgende aan tydens die follikulêre fase:
(a) Stadium van estrussiklus (1)
(b) Die hormoon wat verantwoordelik is (1)
4.2.4 Stel TWEE funksies van die hormoon gemerk B voor wanneer die
koei in die estrussiklus hierbo dragtig word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
4.3 Die toerusting hieronder word tydens kunsmatige inseminasie gebruik.
4.3.1 Dui die doel van die gebruik van toerusting gemerk C aan. (1)
4.3.2 Noem TWEE basiese vereistes wanneer toerusting gemerk B
gebruik word. (2)
4.3.3 Identifiseer die letter van die toerusting wat die volgende verseker:
(a) Semen word nie deur insemineerders met patogene besmet
nie (1)
(b) Semen is gereed vir gebruik nadat dit gevries gehou is (1)
4.3.4 Noem EEN nadeel van die gebruik van die toerusting in VRAAG 4.3
vir die boer. (1)
4.3.5 Dui TWEE voordele van kunsmatige inseminasie aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
4.4 Die diagram hieronder illustreer ʼn prosedure wat gevolg word wanneer
embrio-oordrag gedoen word.
4.4.1 Identifiseer die prosedure hierbo geïllustreer. (1)
4.4.2 Dui die tipe koei aan waar die prosedure hierbo uitgevoer word. (1)
4.4.3 Noem ʼn rede vir die gebruik van die tipe koei genoem in VRAAG 4.4.2. (1)
4.4.4 Noem EEN doel van die tegniek wat in die prosedure wat hierbo
geïllustreer word. (1)
4.4.5 Noem TWEE nadele van die tegniek vir die boer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
4.5 Die vloeidiagram hieronder toon die pad waardeur melk vloei van waar dit
geproduseer word totdat dit tydens soog of melk vrygestel word.
Speenbak Melkkanale Alveolus Speenkanaal Klierbak
4.5.1 Herrangskik in ʼn opeenvolgende volgorde, die stappe waarmee die
melk sal vloei vanaf die punt van produksie tot melk of soog. (5)
4.5.2 Dui die volgende met betrekking tot die melkafsakkings-proses aan:
(a) TWEE stimuli wat die proses begin (2)
(b) Die hormoon betrokke (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2019 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper