Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
2021
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 590.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition
- Question 1.2Animal nutrition10 marks
- Question 1.3Animal reproduction10 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition9 marks
- Question 2.2Animal nutrition7 marks
Show all 20 questions
- Question 2.3Animal nutrition8 marks
- Question 2.4Animal nutrition7 marks
- Question 2.5Animal nutrition5 marks
- Question 3.1Animal production and housing7 marks
- Question 3.2Animal production and housing7 marks
- Question 3.3Animal production and housing5 marks
- Question 3.4Animal health and protection5 marks
- Question 3.5Animal health and protection7 marks
- Question 3.6Animal health and protection4 marks
- Question 4.1Animal reproduction7 marks
- Question 4.2Animal reproduction6 marks
- Question 4.3Animal reproduction7 marks
- Question 4.4Animal reproduction8 marks
- Question 4.5Animal reproduction7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die ... in pluimvee is vir fisiese vertering verantwoordelik.
A proventrikel
B ventrikel
C krop
D sekum
1.1.2 Lipase is 'n ensiem wat help om vet na … af te breek.
A glukose en vetsure
B glukose en gliserol
C gliserol en versure
D glukose en galaktose
1.1.3 Dit is belangrik om ruvoer aan 'n volgroeide herkouer te voer omdat
dit:
(i) Die opbou van gasse voorkom wanneer op lusern gewei word
(ii) Die ontwikkeling van die rumen stimuleer
(iii) Massa aan die rantsoen verskaf
(iv) Verseker dat vertering behoorlik plaasvind
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (i), (ii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.4 In 'n kafeteriastyl word plaasdiere toegelaat om …
A minder minerale te eet as wat hulle benodig.
B minerale deur drinkwater te kry.
C meer minerale te eet as wat hulle benodig.
D minerale volgens hulle individuele behoeftes in te neem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/2021
SS/NSS
1.1.5 Die prent hieronder illustreer … as 'n rede om plaasdiere te hanteer.
A weging
B kastrasie
C skoonmaak
D ontsterting
1.1.6 Die doel van inenting is hoofsaaklik om siektes by plaasdiere te …
A beheer.
B voorkom.
C verleng.
D behandel.
1.1.7 Die volgende stellings is WAAR met betrekking tot die gebruik van
opvoubare gordyne in 'n braaikuikenhok:
(i) Die uitwerking van omgewingstemperatuur word beheer.
(ii) Doeltreffende voerbenutting kan bewerkstellig word.
(iii) Dit verdonker die braaikuikenhok om voerverbruik te verbeter.
(iv) Dit is 'n noodsaaklike eienskap om die uitwerking van
hittespanning ('heat stress') te verminder.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (ii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.8 Watter EEN van die volgende kombinasies siektes word as
aanmeldbare virussiektes geklassifiseer?
A Hondsdolheid en antraks/miltsiekte
B Varkpes en tuberkulose
C Hondsdolheid en bek-en-klouseer
D Slenkdalkoors en antraks/miltsiekte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/2021
SS/NSS
1.1.9 … is die aangebore defekte by bulle wat aanleiding gee tot steriliteit.
A Prolaps en dubbele servikale kanaal
B Kriptorkidisme en 'n beseerde penis
C Hipoplasie en hermafroditisme
D Geslagtelike onvolwassenheid en geslagsiektes
1.1.10 Die versameling van serebrospinale vloeistof in die brein van 'n fetus
wat moeilike geboorte tot gevolg het:
A Hidrosefalie
B Metritis
C Fleksie
D Hidro-fetus (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Ureum 'n Nieproteïen-stikstofbestanddeel wat
B: Biuret veiliger is om te gebruik omdat dit minder
oplosbaar is
1.2.2 A: VV 1 : 4 Voer wat baie proteïen met 'n hoë
B: VV 1 : 7 biologiese waarde bevat
1.2.3 A: Dip
Chemiese metode om parasiete te beheer
B: Doseer
1.2.4 A: Agterplaas 'n Stelsel waar elke lêhen vir die hele
B: Diepskrop produktiewe siklus in haar eie klein
draadhokkie aangehou word
1.2.5 A: Follikelstimulerings-
Hormoon wat die groei en rypwording van
hormoon (FSH)
die Graafse follikel verhoed
B: Progesteroon
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die tipe dierevoer wat 'n klein volume per eenheid massa bevat
1.3.2 'n Permanente hanteringsfasiliteit wat gebruik word om die beweging
van 'n bul te beperk en hom na 'n laaibank te lei
1.3.3 Die proses by lakterende koeie wat deur hormone gestimuleer word
en tot die vloei van melk aanleiding gee
1.3.4 Die sel wat tydens die bevrugtingsproses met die ovum versmelt
1.3.5 Die oordrag van 'n bevrugte ovum van een koei na 'n ander (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/2021
SS/NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Kalmeermiddels stimuleer die groei van plaasdiere deur die
afskeiding van die tiroksienhormoon.
1.4.2 Skoonmaak is die toediening van chemikalieë om 'n omgewing vry
van siekteveroorsakende mikroörganismes te skep.
1.4.3 Die ovum-fase word gekenmerk deur die differensiasie van selle na
weefsel, organe en stelsels.
1.4.4 Bevrugting is die proses waar vroulike diere in 'n kudde gelyktydig in
estrus gebring word.
1.4.5 Die epididimis is verantwoordelik vir die produksie van die manlike
geslagshormoon by bulle. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.
Ileum Sekum Rektum
2.1.1 Noem die plaasdier wie se spysverteringskanaal in die diagram hierbo
voorgestel word. (1)
2.1.2 Verwys na die diagram om die antwoord op VRAAG 2.1.1 te motiveer. (1)
2.1.3 Fisiese en chemiese vertering in die spysverteringskanaal van die
plaasdier genoem in VRAAG 2.1.1, vind in die mond plaas. Regverdig
hierdie stelling. (2)
2.1.4 Identifiseer, in die diagram hierbo, die deel waar ELK van die
volgende plaasvind (skryf slegs die letter):
(a) Oplosbare voedseldeeltjies beweeg in die bloed in (1)
(b) Oplosbare kaseïnogeen in melk verander in onoplosbare kaseïen (1)
(c) Gal word geproduseer (1)
2.1.5 Identifiseer die deel in die spysverteringskanaal van herkouer-
plaasdiere wat ooreenstem met D in die diagram hierbo ten opsigte
van funksionering. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/2021
SS/NSS
2.2 Die vloeidiagram hieronder toon voerkomponente wat vir doeltreffende
funksionering deur plaasdiere benodig word.
VOER
A Droë materiaal
Anorganies Organies
Fosfor Yster Sink Vit. K Vit. B1
2.2.1 Noem TWEE rolle van komponent A in vertering by plaasdiere. (2)
2.2.2 Identifiseer die komponent in die vloeidiagram hierbo wat tot die
volgende gebreksimptome aanleiding sal gee:
(a) Stadige genesing van wonde by plaasdiere (1)
(b) Oormatige bloeding by kuikens (1)
(c) Die kou van droë bene deur plaasdiere (1)
2.2.3 Dui die organiese komponent in die vloeidiagram hierbo aan wat:
(a) Vetoplosbaar is (1)
(b) Wateroplosbaar is (1)
2.3 Tydens 'n voerverteringsproefneming is 12 kg droë voer elk aan twee
herkouerdiere gegee. Die droë massa van die mis is bepaal. Die resultate
word hieronder getoon.
DIER A DIER B
Droë massa van mis (kg) 2 7
Verteerbaarheidskoëffisiënt (%) 83 ?
2.3.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer by DIER B. Sluit
die formule in. (4)
2.3.2 Lei TWEE diereverwante faktore af wat die verteerbaarheid van die
voer wat aan DIER A en DIER B gegee is, kon beïnvloed het. (2)
2.3.3 Noem TWEE metodes waarop die verteerbaarheid van die voer in
DIER B verhoog kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/2021
SS/NSS
2.4 'n Voer wat 50% totale verteerbare voedingstowwe en 5% verteerbare
proteïen bevat, is aan 'n lam gegee.
2.4.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) van hierdie voer. (3)
2.4.2 Gebaseer op die berekende voedingsverhouding in VRAAG 2.4.1,
toon die geskiktheid van hierdie voer vir die voorgenome doel. (1)
2.4.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2. (1)
2.4.4 Klassifiseer die voer wat aan die lam gegee is. (1)
2.4.5 Noem EEN voordeel daarvan om die lam met die voer in
VRAAG 2.4.4 te voer. (1)
2.5 Die tabel hieronder toon 'n voervloeiprogram van 'n skaapproduksie-eenheid
oor 'n tydperk van 6 maande.
MAANDE 1 2 3 4 5 6
Voer beskikbaar (ton) 36 24 20 16 12 4
Aantal diere 50 50 50 50 50 50
Behoefte (kg/dier/dag) 5 5 5 7 9 9,5
Totale behoefte (ton) 7,5 7,5 7,5 10,5 13,5 ?
2.5.1 Bereken die totale hoeveelheid voer (in ton) wat in maand 6 deur die
diere benodig word. (3)
2.5.2 Lei die probleem in die vloervloeiprogram hierbo af. (1)
2.5.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.2 gebaseer op die tabel. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder toon 'n diereproduksiestelsel vir beeste.
3.1.1 Identifiseer die produksiestelsel wat in die prent hierbo getoon word. (1)
3.1.2 Gee TWEE redes, op die prent hierbo gebaseer, om die antwoord op
VRAAG 3.1.1 te regverdig. (2)
3.1.3 Vergelyk die TWEE produksiestelsels wat in lewendehawe-
ondernemings gebruik word, gebaseer op die volgende:
(a) Produksie-uitset per eenheidsoppervlakte (2)
(b) Die oordrag van siektes (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/2021
SS/NSS
3.2 Die toerusting hieronder word vir verskillende hanteringstegnieke by
plaasdiere gebruik.
A B
C D
E
3.2.1 Pas die toerusting (A–E) hierbo by die hanteringstegnieke ((a)–(e))
hieronder, bv. (a) F:
(a) Mikskeer die wol in die nat areas rondom die stert (1)
(b) Brandmerk van beeste (1)
(c) Kastrasie van ouer kalwers (1)
(d) Mondelikse toediening van wurmmiddels (1)
(e) Binneaarse toediening van medisyne (1)
3.2.2 Gee TWEE redes vir die hantering van beeste, buiten dié wat in
VRAAG 3.2.1 aangedui word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/2021
SS/NSS
3.3 Die prent hieronder toon 'n sekere gedrag by plaasdiere.
3.3.1 Identifiseer die gedrag getoon deur die plaasdiere hierbo. (1)
3.3.2 Dui die oorsaak van die volgende gedrag deur plaasdiere aan:
(a) Beeste wat weier om in die dompeldip in te gaan (1)
(b) Kuikens wat weg van mekaar beweeg met oop snawels en
vinnige asemhaling (1)
(c) Skape wat wanordelik ronddraai en moeilik is om individueel te
hanteer (1)
3.4 Parasiete is 'n algemene probleem vir lewendehaweboere en dit hou ernstige
finansiële gevolge in.
Brommers besmet ooie en lammers
in verskillende maande
Ooie Lammers
Aantal besmettings/1 000 diere
Ooie
Mei Jun. Jul. Aug. Sept. Okt.
Maande
3.4.1 Klassifiseer die tipe parasiet wat in die grafiek hierbo geïllustreer
word. (1)
3.4.2 Dui die maand met die hoogste brommerbesmetting aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/2021
SS/NSS
3.4.3 Lei die tempo van besmetting deur die brommer vir beide ooie en
lammers gedurende die volgende maande af:
(a) Mei (1)
(b) Augustus (1)
3.4.4 Noem 'n finansiële implikasie vir die boer indien die brommer-
besmetting toegelaat word om te verhoog. (1)
3.4.5 Noem EEN voorsorgmaatreël deur wolskaapboere om die impak van
hierdie parasiet te verminder. (1)
3.5 Die vloeidiagram hieronder toon die verskillende plaasdiersiektes.
A B
? Virus Deur bosluise
oorgedra
Aggressiwiteit,
Aanmeldbare siekte
C oormatige speeksel- Bloedbevlekte
wat aanhoudende
afskeiding en kan na neusafskeiding
hoes veroorsaak
mense oorgedra word
C D E
3.5.1 Identifiseer die patogeen verantwoordelik vir siektes A en B. (2)
3.5.2 Dui die wyse van oordrag van die virus vir siekte D aan. (1)
3.5.3 Noem die vektor wat virussiekte E gedurende warm, nat seisoene dra. (1)
3.5.4 Gee die boer raad oor 'n voorsorgmaatreël vir die voorkoms van
siekte E. (1)
3.5.5 Stel TWEE maatreëls voor wat die staat kan tref om die verspreiding
van siekte C, wanneer dit waargeneem word, te beheer. (2)
3.6 Vergiftiging is algemeen by plaasdiere wat van skoon, vars water ontneem
word, terwyl hulle aan diëte hoog in natriumchloried blootgestel word.
3.6.1 Noem die tipe vergiftiging waarna in die stelling hierbo verwys word. (1)
3.6.2 Identifiseer die mineraalbron van die vergiftiging in die stelling hierbo. (1)
3.6.3 Noem EEN behandelingsmaatreël indien diere hierdie vorm van
vergiftiging opdoen. (1)
3.6.4 Stel 'n voorsorgmaatreël vir hierdie vorm van vergiftiging voor. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagramme hieronder illustreer die voortplantingstelsels van beeste.
DIAGRAM A DIAGRAM B
4.1.1 Identifiseer die diagram (A of B) hierbo wat die voortplantingstelsel
van 'n koei voorstel. (1)
4.1.2 Gee EEN sigbare rede in die diagram vir die antwoord op
VRAAG 4.1.1. (1)
4.1.3 Benoem dele C en G. (2)
4.1.4 Gee 'n funksie van ELK van die volgende:
(a) Deel B (1)
(b) Die vloeistof wat deur deel F afgeskei word (1)
4.1.5 Identifiseer die letter wat die deel verteenwoordig waar gamete in
DIAGRAM B gevorm word. (1)
4.2 Paring is 'n natuurlike proses wat in fases voorkom. Hieronder is 'n lys van
sommige van hierdie fases wat betrokke is.
Semen word in die vagina gedeponeer.
'n Bul slaag met penetrasie van die koei se vagina.
'n Bul toon belangstelling in die koei.
'n Bul staan op sy agterpote en rus op die agterkant van die koei.
4.2.1 Herrangskik die paringsfases hierbo in chronologiese volgorde. (4)
4.2.2 Noem die fase wat NIE hierbo aangedui word NIE. (1)
4.2.3 Noem die hormoon wat die paringsgedrag by bulle reguleer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/2021
SS/NSS
4.3 Die grafiek hieronder toon die vlakke van ovariumhormone by 'n koei.
Ovariumhormoonvlakke by 'n koei
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45
Hormoonvlakke
2 4 6 8 10 12 14 16 18 20 22 24 26 28 30
Dae
4.3.1 Identifiseer die letter (A of B) wat die volgende hormone
verteenwoordig:
(a) Estrogeen (1)
(b) Progesteroon (1)
4.3.2 Noem die fase in die estrussiklus:
(a) Tussen dag 2 en dag 6 (1)
(b) Op dag 14 (1)
4.3.3 Die koei het op dag 16 dragtig geraak. Verwys na die hormoonvlakke
om hierdie stelling te regverdig. (2)
4.3.4 Noem die fase in 'n normale voortplantingsiklus van 'n koei 282 dae
na inseminasie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/2021
SS/NSS
4.4 Die tabel hieronder toon die melkopbrengs van twee groepe lakterende koeie
oor 'n tydperk van 25 weke.
MELKPRODUKSIE (liter)
WEEK GROEP 1 GROEP 2
5 10 13
10 25 16
15 15 18
20 13 20
25 10 20
4.4.1 Teken 'n staafgrafiek wat die melkopbrengs van die twee groepe
lakterende koeie toon. (6)
4.4.2 Vergelyk die melkopbrengs van beide groepe oor die weke. (2)
4.5 Die toerusting/apparaat wat tydens kunsmatige inseminasie (KI) gebruik
word, word hieronder getoon.
PRENT A PRENT B
4.5.1 Noem die funksie van die apparaat in PRENT A en die toerusting in
PRENT B tydens KI. (2)
4.5.2 Noem die reproduktiewe deel waar die apparaat in PRENT A tydens
KI geplaas word. (1)
4.5.3 Noem TWEE basiese vereistes wanneer die toerusting in PRENT B
gebruik word. (2)
4.5.4 Noem TWEE uitdagings van die gebruik van die toerusting in
PRENT B. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 2021 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper