Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
2018
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction20 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition7 marks
- Question 2.2Animal nutrition8 marks
Show all 22 questions
- Question 2.3Animal nutrition6 marks
- Question 2.4Animal nutrition6 marks
- Question 2.5Animal nutrition4 marks
- Question 2.6Animal nutrition6 marks
- Question 3.1Animal production and housing8 marks
- Question 3.2Animal production and housing2 marks
- Question 3.3Animal production and housing7 marks
- Question 3.4Animal health and protection7 marks
- Question 3.5Animal health and protection5 marks
- Question 3.6Animal health and protection6 marks
- Question 4.1Animal reproduction3 marks
- Question 4.2Animal reproduction5 marks
- Question 4.3Animal reproduction5 marks
- Question 4.4Animal reproduction9 marks
- Question 4.5Animal reproduction6 marks
- Question 4.6Animal reproduction7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/2018
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 'n Voedingsbenadering waar plaasdiere onbeperkte toegang tot
rantsoene, ruvoer en lekke het:
A Vitamienverskaffing
B Ad lib
C Natuurlike weiding
D Aanvulling
1.1.2 Die eindprodukte van koolhidraatvertering deur mikro-organismes
in die rumen:
A Aminosure
B Vlugtige vetsure
C Ammoniak
D Peptiede
1.1.3 Die term wat die hoeveelheid voer wat vir onderhoud en groei
geabsorbeer word, beskryf:
A Droë materiaal
B Voedingsverhouding
C Voerverteerbaarheid
D Voersmaaklikheid
1.1.4 Die energiewaarde van 'n voer wat bereken word deur die energie
wat deur mis, urine en gasse verlore gaan, van die bruto energie
af te trek:
A Netto energie
B Verteerbare energie
C Metaboliese energie
D Kinetiese energie
1.1.5 Die volgende stel die lewensiklus van die bontbosluis voor:
A Larwe, nimf en volwassene word op verskillende gashere
aangetref.
B Larwe en nimf word op een gasheer aangetref.
C Larwe word op een gasheer aangetref en nimf op 'n ander
gasheer.
D Larwe en nimf word op een gasheer aangetref en die
volwassene op 'n ander gasheer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/2018
SSE
1.1.6 Kies EEN beskrywing van oor die vlugsone van 'n dier wat
KORREK is:
A 'n Punt waar die hanteerder beweging sal inisieer
B 'n Area wat 'n dier nie kan sien sonder om sy kop te draai
nie
C Die ruimte rondom die dier waar hy veilig voel
D 'n Area waar die dier bedreig voel
1.1.7 Varke toon die volgende gedrag wanneer hulle gestres is:
A Eet gulsig
B Lê kalm
C Rol in water rond
D Byt hulle sterte
1.1.8 Skape se sterte word afgesit om …
A diere vir landbouskoue gereed te kry.
B wol- en vleiskwaliteit direk te verbeter.
C hulle voeromsettingskoers te verbeter.
D brommerbesmetting te voorkom.
1.1.9 Die volgende gebeur tydens die proses van spermatogenese:
(i) Spermatogonia verdeel tydens mitose en vorm primêre
spermatosiete.
(ii) Sekondêre spermatosiete verdeel tydens meiose 1 om
spermatosoë te vorm.
(iii) Primêre spermatosiete verdeel tydens meiose 1 om twee
sekondêre spermatosiete te vorm.
(iv) Spermatiede ondergaan morfologiese veranderinge om
spermatosoë te vorm.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.10 Die estrusstadium by koeie waartydens daar vinnige ontwikkeling
van die follikels is:
A Met-estrus
B Pro-estrus
C Estrus
D Di-estrus (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/2018
SSE
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Abomasum
1.2.1 Afskeiding van maagsappe
B: Proventrikulus
A: VV van 1 : 7
1.2.2 Voer geskik vir produserende ooie
B: VV van 1 : 10
A: Dosering Geskikte metode om uitwendige
1.2.3
B: Dip parasiete te beheer
A: Marmering Die verstywing van spiere in die
1.2.4 liggaam van 'n dier onmiddellik na
B: Rigor mortis slagting
A: Herhaalkoeisindroom 'n Koei wat drie of meer keer moet
1.2.5
B: Kween paar voordat sy bevrug is
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Plan vir veeboere om te verseker dat daar deurlopend genoeg
voer op die plaas is om in die behoeftes van diere te voorsien
1.3.2 'n Bakteriese siekte wat die melkkliere aantas
1.3.3 Die toestand waar die testes van manlike diere in die abdominale
holte agterbly
1.3.4 Die primêre kiemlaag rondom die embrio waaruit die hart, skelet en
urogenitale sisteem ontwikkel
1.3.5 Die geel liggaam wat in die leë spasie van die follikel na ovulasie
gevorm word, wat progesteroon afskei (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/2018
SSE
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die hoeveelheid vet en vetoplosbare bestanddele in 'n voer staan
as die stikstofekstrak bekend.
1.4.2 Slenkdalkoors is 'n virussiekte wat blaasagtige letsels op die tong
en lippe van diere veroorsaak.
1.4.3 Die binneste laag van die uterus word die myometrium genoem.
1.4.4 Dragtigheid verwys na 'n verlengde en moeilike kalwing waar hulp
dikwels benodig word.
1.4.5 Die chorion vervoer suurstof en voedingstowwe vanaf die moeder
se bloed na die fetus. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/2018
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n
plaasdier.
A B C
F
D
Pankreas
E
2.1.1 Benoem deel A, D en F. (3)
2.1.2 Gee die belangrikheid van deel B en E in die vertering van voer. (2)
2.1.3 Definieer die konsep chemiese vertering. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/2018
SSE
2.2 Die vloeidiagram hieronder toon verskillende prosesse wat by die beweging
van voedsel deur die spysverteringskanaal van plaasdiere betrokke is.
A B C
Voer word Voermolekules Oplosbare voerdeeltjies
deur die mond word afgebreek beweeg deur die
ingeneem dundermwand in die bloed in
E D
Onverteerde voer Opgeloste voedseldeeltjies
word deur die word deur die liggaamselle
liggaam uitgeskei opgeneem
2.2.1 Noem prosesse C, D en E. (3)
2.2.2 Pas die beskrywings hieronder by die prosesse in die vloeidiagram
hierbo. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(2.2.1(a) en 2.2.1(b)) neer.
(a) Vingeragtige uitsteeksels vergroot die oppervlakte vir
voedingstofinname (1)
(b) Ensiemvertering plaasvind (1)
2.2.3 Noem die ensiem in nie-herkouers verantwoordelik vir die vertering
van voer in A. (1)
2.3 Twee voere word in die volgende verhoudings gemeng om 'n gebalanseerde
rantsoen te verkry om in die proteïenbehoeftes van produserende ooie
te voorsien:
11% 31 dele
13%
44% 2 dele
2.3.1 Dui die dele aan wat die volgende verteenwoordig:
(a) Mieliemeel (1)
(b) Sojabone (1)
2.3.2 Regverdig die antwoorde op VRAAG 2.3.1(a) en 2.3.1(b). (2)
2.3.3 Bereken die hoeveelheid mieliemeel (in kg) wat nodig is om 285 kg
van die mengsel te maak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/2018
SSE
2.4 'n Melkboer hou 100 koeie op weiding aan wat 'n totaal van 450 000 kg voer
gedurende die reënseisoen en 216 000 kg in die droë seisoen lewer.
Die koeie moet in die droë seisoen kalf om parasietbesmetting te voorkom.
Die gemiddelde dier se behoefte is 360 000 kg gedurende die reënseisoen en
dit verhoog na 390 000 kg in die droë seisoen as gevolg van dragtigheid en
laktasie. Aanvullende voeding tydens die droë seisoen beloop 'n totaal van
R756 000.
2.4.1 Bereken die totale voervoorsiening vir die jaar (in ton). (3)
2.4.2 Identifiseer TWEE probleme van hierdie voervloeiprogram. (2)
2.4.3 Stel EEN toepaslike voorkomingsmaatreël voor wat die boer sal
moet tref om die probleem in VRAAG 2.4.2 te voorkom. (1)
2.5 Noem die mineraal of vitamien verantwoordelik vir die volgende
gebreksimptome:
2.5.1 Parakeratose in varke (1)
2.5.2 Pika in beeste (1)
2.5.3 Swak stolling van bloed by hoenders (1)
2.5.4 Nagblindheid by plaasdiere (1)
2.6 Die grafiek hieronder toon die voerkomponente van 'n rantsoen vir 'n plaasdier.
Die samestelling van 'n rantsoen
Hoeveelheid (kg)
Mieliemeel Ureum Lusernhooi Hawerhooi Ca/P Molasse
Voerkomponente
2.6.1 Dui die tipe plaasdier aan wat met hierdie rantsoen gevoer
kan word. (1)
2.6.2 Ondersteun die antwoord op VRAAG 2.6.1 deur TWEE redes te
gee wat op die bewyse in die grafiek gebaseer is. (2)
2.6.3 Identifiseer 'n konsentraatvoer in die rantsoen hierbo. (1)
2.6.4 Gee TWEE redes vir die insluiting van molasse by die rantsoen. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die data hieronder toon die produksievlakke vir sekere maande van die jaar
vir 'n pluimveeplaas.
MAAND VAN PRODUKSIE (EIERS) PRODUKSIE
DIE JAAR (duisend eenhede) (BRAAIKUIKENS)
(duisend eenhede)
Januarie 35 20
Februarie 25 20
Maart 40 30
April 30 40
Mei 45 50
Junie 50 60
Julie 35 60
Augustus 40 60
3.1.1 Teken 'n gekombineerde staafgrafiek van die eier- en braaikuiken-
produksievlakke op 'n pluimveeplaas van Februarie tot Julie. (6)
3.1.2 Dui die tendens in braaikuikenproduksie van Februarie tot
Augustus aan. (2)
3.2 Die prente hieronder illustreer diereproduksiestelsels.
PRODUKSIESTELSEL A PRODUKSIESTELSEL B
3.2.1 Identifiseer die TWEE diereproduksiestelsels wat in die prentjies
hierbo geïllustreer is. (2)
3.3.2 Vergelyk PRODUKSIESTELSEL A en B aan die hand van die
volgende:
(a) Kapitaalinvestering (2)
(b) Grondoppervlakte met betrekking tot produksie-uitset (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/2018
SSE
3.3 Noem die struktuur wat in ELK van die situasies hieronder van toepassing is.
3.3.1 Pluimvee word vir die hele produksiesiklus aangehou om eiers te
lê. (1)
3.3.2 Sôe word in huise aangehou tydens die laat dragtigheidsperiode
tot na geboorte om te voorkom dat hulle op die varkies lê. (1)
3.3.3 Diere word vir 'n kort tydjie by 'n veilingterrein of net voor oplaai
aangehou. (1)
3.4 Die diagram hieronder dui die verskillende stadia in die lewensiklus van 'n
parasiet aan.
F
A
E
B
C
D
3.4.1 Identifiseer die tipe parasiet in die diagram hierbo geïllustreer. (1)
3.4.2 Klassifiseer die parasiet volgens die lewensiklus soos aangedui in
die diagram hierbo. (1)
3.4.3 Skryf die letter (A–F) neer wat elk van die volgende stadia in die
lewensiklus van die parasiet in die diagram hierbo verteenwoordig:
(a) Die larwes wat uit die eiers broei (1)
(b) Die nimf wat op die tweede gasheer sal voed (1)
(c) Die bosluis wat op die derde gasheer sal voed (1)
3.4.4 Noem TWEE nadelige gevolge wat hierdie parasiet op vee kan hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/2018
SSE
3.5 Voltooi die tabel hieronder deur slegs die ontbrekende inligting langs die
letters (A–E) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf. (Moet NIE die tabel
oorteken NIE.)
SIEKTE VEROORSAKENDE SIMPTOME TIPE DIER
ORGANISME
Swelling van
Voëlgriep A die kamme en Pluimvee
'n neusuitskeiding
Bloederige uitskeiding
B Bakterieë uit die neus, mond C
en rektum
Skuim rondom die
D Protosoë Beeste
mond en hart
Klontwol E 'n Kors vorm op die vel Wolskape (5)
3.6 Die prent hieronder toon 'n plaasdier wat 'n soutlek benut. Mortaliteite kan
voorkom wanneer daar 'n hoë soutkonsentrasie en 'n gebrek aan skoon
drinkwater is.
3.6.1 Noem die tipe vergiftiging wat die plaasdier hierbo moontlik kan
opdoen. (1)
3.6.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls om te tref in geval van die
vergiftiging wat in VRAAG 3.6.1 genoem is. (2)
3.6.3 Dui 'n simptoom van hierdie tipe vergiftiging in plaasdiere aan. (1)
3.6.4 Beskryf kortliks TWEE moontlike maatreëls om die vergiftiging
hierbo genoem, te behandel. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/2018
SSE
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder illustreer die geslagstelsel van 'n koei.
A
B
C
D
Skryf slegs die letter (A–D) van die gedeelte neer waar ELK van die volgende
plaasvind:
4.1.1 Bevrugting (1)
4.1.2 Implantasie van die bevrugte ovum (1)
4.1.3 Deponering van semen deur 'n manlike geslagsorgaan (1)
4.2 Die diagram hieronder illustreer die rol van hormone in die ontwikkeling en
funksionering van organe in die vroulike dier.
A
B
D C
4.2.1 Benoem deel A en C. (2)
4.2.2 Dui die hormoon aan wat:
(a) Die groei en ontwikkeling van deel A stimuleer (1)
(b) Deur deel B geproduseer word (1)
4.2.3 Noem die funksie van deel D. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/2018
SSE
4.3 'n Vroulike dier word met hormone behandel om haar te laat super-ovuleer.
Die ova word bevrug en die embrio's word verwyder en in 'n ander vroulike
dier oorgeplaas.
4.3.1 Identifiseer die reproduktiewe proses hierbo. (1)
4.3.2 Noem TWEE voordele van die reproduktiewe proses, wat in
VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is, vir boere (2)
4.3.3 Gee die term vir 'n koei waar die volgende toegepas is:
(a) Behandel met hormone om te super-ovuleer (1)
(b) Plasing van 'n embrio (1)
4.4 Kunsmatige inseminasie (KI) is 'n tegniek wat deur boere gebruik word om die
kwaliteit van hul vee te verbeter.
4.4.1 Dui TWEE eienskappe van hoë gehalte semen vir suksesvolle
inseminasie aan. (2)
4.4.2 Gee die funksie van ELK van die volgende verdunningsmiddels
van semen:
(a) Fruktose (1)
(b) Gliserol (1)
(c) Antibiotika (1)
4.4.3 Noem TWEE nadele van KI. (2)
4.4.4 Noem TWEE aangebore defekte by bulle wat tot onsuksesvolle
bevrugting kan lei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/2018
SSE
4.5 Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende embrio.
A
B
C
D
4.5.1 Identifiseer membraan A en D. (2)
4.5.2 Noem TWEE funksies van vloeistof B. (2)
4.5.3 Wat is die rol van membraan D? (1)
4.5.4 Dui die laaste stadium van dragtigheid aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/2018
SSE
4.6 Die grafiek hieronder illustreer die melkproduksie van 'n melkkoei.
Piekproduksie
Liter per dag
Einde van produksie
Weke na kalwing
4.6.1 Identifiseer die proses hierbo geïllustreer. (1)
4.6.2 Gebruik die grafiek en gee die tyd (in weke) wanneer die volgende
plaasgevind het:
(a) Die opdroog van die koei (1)
(b) Kalwing (1)
(c) Piek van melkproduksie (1)
4.6.3 Noem DRIE faktore wat die kwaliteit van melk, geproduseer tydens
die piekproduksietydperk, van die koei sal beïnvloed. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper