Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 








View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 24
- File size
- 524.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.11 A.
1.1.1 Die komponent van verteringsap wat bakterieë vernietig wat ingesluk
word saam met kos is …
A pankreassap.
B gal.
C soutsuur.
D succus entericus.
1.1.2 Die wateroplosbare vitamien wat ongekoördineerde bewegings van
varke se agterbene as gevolg van ʼn gebrek veroorsaak is …
A riboflavien.
B kobalamien.
C piridoksien.
D tiamien.
1.1.3 Die addisionele hoeveelheid voer wat aan hoenders gegee word om
meer eiers te produseer is ʼn … rantsoen.
A aanvullings
B verteerbare
C onderhoud
D produksie
1.1.4 Bruto energie is die hoeveelheid energie vrygestel as hitte na voer
heeltemal verbrand is tot ...
A koolstofdioksied, mis en water.
B koolstofdioksied, metaan en water.
C water, uriensuur en uriene.
D koolstofdioksied, water en hitte.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.5 Die volgende gebeur in ʼn ekstensiewe produksiestelsel.
(i) Meer diere word op ʼn klein area land aangehou.
(ii) Klem is op oorlewing eerder as produktiwiteit.
(iii) Lae insette en menslike inmenging.
(iv) Min diere en hulle wei vry op groot area.
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.6 Die volgende stelling is NIE die effek van verkeerde hantering van
plaasdiere NIE.
A Diere sal bang wees om genader te word.
B Diere raak geïrriteerd gedurende hantering.
C Diere sal baie moeiliker wees om te hanteer.
D Hulle raak mak wanneer hanteer word.
1.1.7 Soönotiese siektes wat van diere na mense oorgedra kan word.
A Miltsiekte en hondsdolheid
B Hipokalsemie en polineuritis
C Tuberkulose en hartswater
D Omlope en lamsiek
1.1.8 Die parasiet in die spysverteringskanaal van ʼn dier wat verantwoordelik
is vir anemie is …
A myt.
B brommers.
C rondewurm.
D neuswurm.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Die volgende vind plaas gedurende die laktasie van koeie.
(i) Wanneer melk produksie ʼn piek bereik, is die bottervetinhoud op
sy laagste.
(ii) Indien ʼn koei meer veselagtige voer inkry, sal die melk ʼn laer
vetinhoud hê.
(iii) Hoe meer konsentrate in ʼn voer, hoe laer is die vetinhoud van die
melk.
(iv) Wanneer melkproduksie afneem, bereik die bottervetinhoud sy
piek.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.10 Die stadium van paring wat hieronder geillustreer word, vertoon ...
A flehmen reaksie.
B paringsgedrag.
C afklimgedrag.
D ejakulasie-proses. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
KOLOM A. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs
die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 SLEGS B.
KOLOM A KOLOM B
A Eruktasie Die vrylaat van gasse wat gedurende
1.2.1 B Windopbreking mikrobiale fermentasie in die rumen
gevorm het
A Passiewe vervoer Die beweging van glukose molekules en
1.2.2 B Aktiewe vervoer aminosure oor ʼn membraan teen die
konsentrasiegradient
A Houkraal Area waar diere vir ʼn kort tyd aangehou
1.2.3
B Houskuur word voor hantering
A Rooiwater
1.2.4 Oorgedra deur ʼn enkelgasheer bosluis
B Koksidiose
1.2.5 A Embrio-oordrag Oordrag van die nukleus van ʼn
B Kloning liggaamsel na ʼn eiersel sonder ʼn
nukleus wat lei tot ʼn embrio
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDE-
BOEK.
1.3.1 ʼn Maatstaf van meer oplosbare koolhidrate soos stysel en suiker in
ʼn droë materiaal voer
1.3.2 Voorsorgmaatreëls waar diere in isolasie gehou word voor hul met
ander diere gemeng word, om die voorkoms van siektes te bespeur
1.3.3 Hitte waarnemingstoestel wat onder die onderkaak van die koeie
wat dek vasgemaak word en ʼn streep op die rug van die koei
waarby opgeklim is los
1.3.4 Die periode by koeie vanaf bevrugting tot geboorte waartydens die
fetus ontwikkel
1.3.5 Steriele verskalf wat as ʼn nie-identiese tweeling van ʼn bulkalf gebore
word
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Volledige proteïene voorsien ʼn perfekte mengsel van al die aminosure
in die korrekte hoeveelhede en verhoudings.
1.4.2 Vryloopstelsel is ʼn stelsel waar voëls in klein draadhokke gehou word
om eiers te lê vir die hele produksie-tydperk.
1.4.3 Vas deferens is ʼn spierbuis wat as ʼn gemeenskaplike kanaal dien vir
die ekskresie van beide semen en urine.
1.4.4 Embrio oordrag is die verwydering van ʼn lewensvatbare embrio vanaf
die uterus van die skenker.
1.4.5 Posterior aanbieding is wanneer die fetus op sy maag lê met sy
voorpote en neus uitgestrek na die heupbeen en kop wat op sy
voorpote rus.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die diagram onderaan toon die spysverteringskanaal van ʼn plaasdier.
2.1.1 Identifiseer die tipe plaasdier wat ʼn spysverteringskanaal het wat in die
diagram hierbo getoon word. (1)
2.1.2 Gee TWEE redes wat sigbaar is vanuit die diagram om jou antwoord
by VRAAG 2.1.1 te staaf. (2)
2.1.3 Identifiseer die letter van die deel waar die volgende plaasvind:
(a) Afskeiding van dermsap (1)
(b) Afskeiding van succus entericus (1)
(c) Maal van kos (1)
2.1.4 Noem TWEE aanpassingsfunksies van die deel wat D genommer is
wat dit help om sy funksie te verrig. (2)
2.1.5 Toon die tipe voer wat die mees geskikste vir die spysverteringstelsel
van die dier hierbo is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die tabel onderaan toon die voedingstof inligting van verskeie voere aan.
Nr. Voer Verteerbare Ru-vesel ME
proteïene (RV) (%) (MJ/kg)
(VP) (%)
A Lusernhooi 14 30 8
B Sojaboon olie-koekmeel 38 8 17
C Mieliemeel 9 2 12
D Sorghum stingels 4 40 6
2.2.1 Klassifiseer voere A, B, C en D uit die tabel boaan as proteïen-/
koolhidraatryke kragvoere en ruvoer. (4)
2.2.2 Gebruik die Pearson-vierkant metode om ʼn rantsoen saam te stel vir
skape wat 17% VP benodig deur voer B en C uit die tabel te gebruik. (4)
2.2.3 Bereken die persentasie van voer B in die rantsoen in VRAAG 2.2.2. (3)
2.3 Die skematiese voorstelling onderaan toon die energievloei in voer.
2.3.1 Gee die letter wat die volgende tipes energie voorstel:
(a) Energie beskikbaar vir onderhoud en produksie. (1)
(b) Energie wat oorbly na mikrobiale vertering deur herkouer diere. (1)
2.3.2 Bereken die hoeveelheid energie in A wat die dier van hierdie voer sal
kry. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.4 Aanvullings word gevoeg by die dieet van plaasdiere om te verseker vir
gebalanseerde voedingstowwe wat noodsaaklik is vir groei en produksie om
wins te maksimeer.
2.4.1 Verduidelik hoe die stowwe onderaan groei en produksie van diere
bevorder:
(a) Kalmeermiddels (1)
(b) Antibiotika (1)
(c) Somatotropien hormoon (1)
2.5 Tipe Aantal Inname per Vereiste per Aantal Area Produksie
diere dier (kg) dag (kg) benodig 40(ha) (kg/ha)
vir 120
dae (ton)
Koeie 60 10 600 72 3 200
Bulle 3 15 ------- 5,4
Kalwers 50 4 200 -------
Totaal 113 ---------
2.5.1 Bereken die totale droë materiaal in ton wat deur die veld voorsien
word. (3)
2.5.2 Bereken die totale DM benodig deur al die diere vir 120 dae in ton. (3)
2.5.3 Stel met ʼn rede voor, die seisoen waartydens hierdie voervloei-program
van toepassing sal wees. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die grafiek onderaan toon die produksievlakke van verskillende varke wat onder
verskillende toestande grootgemaak is.
Produksie uitslae vir Vark A, Vark B en Vark C
90
Aanvanklike massa Finale massa
80
70
Produksie (kg)
60
50
40
30
20
10
0
Vark A Vark B Vark C
Varke
3.1.1 Identifiseer die vark wat onder die volgende toestande grootgemaak is:
(a) Altyd onder intensiewe produksiestelsel gehou (1)
(b) Ekstensiewe produksiestelsel. (1)
(c) Mees bevorderde omgewingstoestande. (1)
3.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord by VRAAG 3.1.1 (c). (1)
3.1.3 Stel DRIE faktore voor wat moontlik tot die hoogste verbeterde
produksie by vark B kon bydra. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.2 Die prente onderaan toon die verskillende fasiliteite wat in ʼn intensiewe
produksiestelsel gebruik word.
FASILITEIT 1 FASILITEIT 2
B
A
FASILITEIT 3
3.2.1 Identifiseer die fasiliteit genommer 2 en 3. (2)
3.2.2 Toon die rede vir die gebruik van strukture genommer A en B by
fasiliteit 1. (2)
3.3 Die hantering van plaasdiere is ʼn belangrike aspek in die bestuur van enige
kudde. Verskeie diere word verskillend hanteer en reageer volgens die manier
waarop hul hanteer word.
3.3.1 Dui aan tot watter dier die volgende riglyne vir hantering van
toepassing is:
(a) Dra aan beide bene (1)
(b) Vang bo die gewrig van die agterbeen (1)
(c) Maak gebruik van ʼn laaghout bord om dit te verskuif (1)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.4 Lys DRIE tipes abnormale gedrag wat algemeen getoon word deur varke wat
onder stres verkeer. (3)
3.5 Die illustrasie onderaan toon die lewensiklus van ʼn parasiet wat plaasdiere
beïnvloed.
3.5.1 Klassifiseer die parasiet bo-aan gebaseer op die lewensiklus en gee
die naam. (2)
3.5.2 Gee ʼn rede vir die klassifikasie by VRAAG 3.5.1. (1)
3.5.3 Noem ʼn protosoë siekte wat deur die parasiet boaan oorgedra kan
word. (1)
3.5.4 Dui TWEE bestuurspraktyke aan wat ʼn boer kan gebruik om die
besmetting met hierdie parasiet te voorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.6 Varkgriep is ʼn aansteeklike, pandemiese en soönotiese siekte wat boere ernstig
affekteer. Dit is ʼn aanmeldbare siekte en versprei vinnig wat lei tot groot getalle
diere wat geaffekteer word. Die uitbraak voldoen aan die kriteria om as ʼn
epidemie geklassifiseer te word. Die patogeen kan lewensvatbaar bly, selfs in
verwerkte vleis. Vatbare diere word doodgemaak en hul produkte vernietig sodra
die siekte opgemerk word.
3.6.1 Noem die patogeen wat varkgriep veroorsaak en die diere wat die
meeste daardeur geaffekteer word. (2)
3.6.2 Varkgriep word as ʼn epidemiese siekte geklassifiseer. Regverdig
hierdie stelling met TWEE redes. (2)
3.6.3 Identifiseer die term uit die scenario wat beteken dat ʼn siekte vanaf ʼn
dier na die mens oorgedra kan word. (1)
3.6.4 Identifiseer die rol van die staat vanuit die scenario wat die verdere
verspreiding van die siekte verhoed. (1)
3.6.5 Stel die plig van eienaars van diere met die beheer van varkgriep indien
dit opgemerk word. (1)
3.7 Die volhoubare gebruik van medikasie is ʼn nuwe benadering wat die voordele van
moderne, tradisionele en komplementêre behandelingstelsels kombineer om
beter mediese sorg aan diere te bied. Die hoof voordeel van die benadering is dat
dit omgewingsvriendelik is.
3.7.1 Noem TWEE metodes wat die boer kan gebruik om die gesondheid van
diere te toets. (2)
3.7.2 Stel DRIE voorsorgmaatreëls voor wat in ag geneem moet word voor
diere behandel word om die volhoubare gebruik van medikasie te
verseker. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die diagram onderaan toon die voortplantingstelsel van ʼn bul.
H
H
A
G
B
F
C
D
E
4.1.1 Identifiseer die letter vanuit die diagram bo-aan wat die deel voorstel
waar die volgende plaasvind:
(a) Skei ʼn klewerige vloeistof af wat energie aan die sperms voorsien (1)
(b) Vervoer spermselle na die uretra deur peristaltiese bewegings (1)
(c) Produseer testosteroon (1)
(d) Afskeiding van ʼn melkerige alkaliese mukus wat die reuk aan
semen gee. (1)
4.1.2 Deel genommer E reguleer die temperatuur van die sperm. Regverdig
hierdie stelling deur te verduidelik hoe dit onder uiterste temperatuur
toestande plaasvind. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.2 Die tabel onderaan toon die vlakke van estrogeen en progesteroon in ʼn koei oor
ʼn periode van 28 dae.
DAE PROGESTEROON ESTROGEEN
(mlU/mℓ) (mlU/mℓ)
2 5 4
4 5 4
6 5 4
8 5 10
10 5 15
12 5 33
14 5 30
16 5 10
18 10 5
20 20 5
22 30 4
24 42 3
26 42 3
28 42 2
4.2.1 Stel die inligting in die tabel boaan voor in die vorm van ʼn lyngrafiek vanaf
dag 6 tot 28. (6)
4.2.2 Identifiseer die dag wat die koei bronstig was. (1)
4.2.3 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 4.2.2. (1)
4.2.4 Stel met ʼn rede voor die fase van estrus in die koei op dag 28. (2)
4.3 Boere of telers kan die kudde vinnig vermeerder deur ʼn groep koeie op dieselfde
tyd op estrus te bring sodat die kalwers gelyktydig gebore word.
4.3.1 Gee die term wat na die proses boaan verwys. (1)
4.3.2 Verskillende tegnieke word gebruik om die proses genoem in
VRAAG 4.3.1 uit te voer. Noem enige TWEE van hierdie tegnieke. (2)
4.3.3 Stel TWEE nadele van die proses in VRAAG 4.3.1 vir die teler. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
4.4 Die prent onderaan toon ʼn voortplantingsproses wat op ʼn koei uitgevoer word.
4.4.1 Identifiseer die proses wat op die dier boaan uitgevoer word. (1)
4.4.2 Noem TWEE vereistes vir die sukses van die proses in VRAAG 4.4.1
wat sigbaar uit die prent is. (2)
4.4.3 Dui TWEE ekonomiese voordele van die proses vir die boer aan. (2)
4.5 Dragtigheid in koeie neem ongeveer 280 dae en is verdeel in stadiums wat
volgens groot ontwikkelings gekategoriseer word.
Dui die stadium van dragtigheid aan waartydens die volgende ontwikkeling
plaasvind:
(a) Uro-genitale en vaskulêre stelsels ontwikkel. (1)
(b) Verkalking van been en orgaan funksionering begin. (1)
(c) Blastosist heg aan die endometrium vas. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
18 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.6 Die grafiek onderaan toon melkproduksie, droë materiaal inname en
liggaamsgewig oor ʼn periode van 42 weke.
4.6.1 Dui die tyd in weke aan wanneer die volgende plaasgevind het:
(a) Hoogtepunt van melkproduksie (1)
(b) Opdroog van ʼn koei (1)
4.6.2 Die melk geproduseer gedurende week 1 speel ʼn belangrike rol by die
kalf. Regverdig hierdie stelling met TWEE redes. (2)
4.6.3 Verduidelik die verhouding tussen melkproduksie, liggaamsgewig en
droë materiaal inname vanaf die grafiek. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum