Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)




Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 464.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Agricultural marketing20 marks
- Question 1.2Agricultural marketing20 marks
- Question 1.3Agricultural production factors20 marks
- Question 1.4Basic agricultural genetics5 marks
- Question 2.1Agricultural marketing6 marks
- Question 2.2Agricultural marketing4 marks
Show all 18 questions
- Question 2.3Agricultural marketing8 marks
- Question 2.4Agricultural entrepreneurship5 marks
- Question 2.5Agricultural entrepreneurship5 marks
- Question 2.6Agricultural marketing8 marks
- Question 3.1Agricultural production factors12 marks
- Question 3.2Agricultural production factors4 marks
- Question 3.3Agricultural production factors6 marks
- Question 3.4Agricultural production factors7 marks
- Question 3.5Agricultural production factors6 marks
- Question 4.1Basic agricultural genetics11 marks
- Question 4.2Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.3Basic agricultural genetics20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees AL die vrae korrek en beantwoord wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Wanneer die prys van sjokolade toeneem, neem die vraag daarna af.
Dit toon dat sjokolade ... is.
A pryselasties
B prysonelasties
C neutraal
D buigbaar
1.1.2 ʼn Koper wat nie nuwe produkte sal koop nie en ander verbruikers
probeer oortuig om dit ook nie te koop nie:
A Innoverende koper
B Tradisionalis
C Aannemer
D Vroeë meerderheid
1.1.3 Bemarkingskostes in die bemarkingsketting sluit … in.
A produksie-, bergings- en ontspanningsgeriewe-kostes
B vervoerkostes, produksiekostes, vermaakkostes
C fooie, belasting en kommissie, bergingskostes en produksiekostes
D aansporings, verwerkingskostes en opleidingskostes
1.1.4 Watter een van die volgende is NIE ʼn kenmerk van beheerde
bemarking NIE?
A Beter kompetisie
B Subsidies
C Beperkings op invoere
D Pryswaarborge
1.1.5 Die faktore wat ʼn skuif in die vraagkurwe veroorsaak is …
(i) verbruikersinkomste.
(ii) veranderinge in die prys van verwante goedere.
(iii) verbruikers se smake en voorkeure.
(iv) industriegroei en -krimping.
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.6 Watter EEN van die volgende items is ʼn voorbeeld van drywende
kapitaal?
A Voertuie
B Geboue
C Saad
D Besproeiingstelsel
1.1.7 … is ʼn voorbeeld van eksterne kragte wat besighede affekteer.
A Bevoegdheid van arbeidsmag
B Beskikbaarheid van krediet
C Swak kontantvloei
D Verouderde masjinerie
1.1.8 ʼn Enkelkam-haan met ʼn genetipe voorgestel deur Dd word gekruis
met ʼn ertjie-kam hen met ʼn genotipe van dd. Die nageslag sal die
volgende fenotipe verhouding hê:
A 50% enkelkam en 50% ertjie-kam
B Almal enkelkam
C Almal ertjie-kam
D 75% enkelkam
1.1.9 ʼn Plant het 12 pare chromosome in die nukleus. Die getal
chromosome in die vroulike gametofiet sal ... wees.
A 18
B 6
C 48
D 24
1.1.10 Een van die volgende is ʼn voorbeeld van verwante teelstelsels:
A Opgradering
B Lynteling
C Spesiekruising
D Kruisteling (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.2 Kies ʼn woord/term uit KOLOM B wat die beste by ʼn beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf SLEGS die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 ʼn Som geld wat vir ʼn spesifieke doel deur A logistiek
die regering of openbare fondse
toegestaan word en nie terugbetaal hoef
te word nie
1.2.2 ʼn Element van die bemarkingsmengsel B oorkruising
1.2.3 Die uitruiling van dele van chromatiede C meiose
van homoloë chromosome wat aanleiding
tot nuwe geenkombinasies gee
1.2.4 Chromosoomgetalle verander van D mitose
diploïed na haploïed
1.2.5 Kombineer klein aangrensende velde om E lening
een groot veld te maak
F konsolidasie
G mutasie
H toelaag
I dubbelverbouing
J promosie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die verlies of afname in waarde van roerende bates soos voertuie en
masjinerie as gevolg van slytasie
1.3.2 Die tipe arbeiders wat geen formele opleiding of vaardighede het nie en
ondervinding opbou soos hul oor baie jare hul werk doen
1.3.3 Die spontane veranderinge in die DNA/DNS-struktuur wat afgedwing
kan word deur blootstelling aan sekere chemikalieë en aanleiding kan
gee tot unieke nuwe individue
1.3.4 ʼn Patroon van oorerwing waar beide allelle voluit in die heterosigotiese
individue uitgedruk word
1.3.5 ʼn Diagram van ʼn organisasie wat die verskillende posisies en
verhoudings tussen hulle toon
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Inversie is die verdubbeling van hele stelle chromosome.
1.4.2 Beplanning behels die meting van plaasverrigtinge teenoor standaarde
en om die nodige korrektiewe aksies te neem.
1.4.3 Grond wat geskik is vir gewasproduksie word na as droë grond verwys.
1.4.4 ʼn Monopolie is ʼn mark met baie verkopers maar slegs een koper.
1.4.5 Verwerkte produkte is produkte wat gesien word as produkte wat nie
skade aan die omgewing veroorsaak nie.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy.
2.1 Die prent hieronder toon vroue wat landbouprodukte gradeer en verpak.
2.1.1 Produkte word gegradeer volgens voorafbepaalde spesifikasies. Gee
die naam van hierdie proses waardeur spesifikasies voorgestel word. (1)
2.1.2 Stel enige DRIE spesifikasies voor waaraan die verpakkingsmateriaal,
wat deur die werkers in die prent hierbo gebruik word, moet voldoen. (3)
2.1.3 Lys enige TWEE faktore wat dalk die bemarking van appels kan (2)
bemoeilik.
2.2 Bemarking voer heelwat belangrike funksies uit. Identifiseer die bemarkings-
funksie wat die beste deur elk van die volgende stellings beskryf word.
2.2.1 Produkte word beskerm, verpak en vertoon op ʼn manier wat vir die
verbruiker aanloklik is. (1)
2.2.2 Die aflewering van goedere deur voertuie, treine, vliegtuie of skepe. (1)
2.2.3 Die verandering van produkte om die gebruikswaarde, rakkwaliteit en
raklewe te verhoog. (1)
2.2.4 Produkte word gehou om die tyd tussen produksie en aankope te
oorbrug. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.3 Advertering is ʼn aktiwiteit wat uitgevoer word om ʼn produk te bevorder sodra dit
reg is vir die mark. Die aard van die produk bepaal die benadering en
bemarkingstelsel wat gebruik moet word om dit te bemark. Verskillende
benaderings tot bemarking, insluitende volhoubare bemarking, word gebruik om
landbouprodukte te bemark, aangesien verbruikers al hoe meer bewus raak van
die toenemende besorgdheid oor die omgewing. Die bemarkingstelsel wat die
boer gebruik is ook ʼn sleutel in die sukses van die bemarking van
landbouprodukte. Sommige boere verkies om die beheerde bemarkingstelsel
eerder as die vrye bemarkingstelsel te gebruik.
2.3.1 Stel TWEE maniere voor vir die bemarking van landbouprodukte. (2)
2.3.2 Onderskei tussen die volgende volhoubare bemarkingsbenaderings:
(a) Groen bemarking (1)
(b) Eko-etikettering (1)
2.3.3 Lei TWEE voordele van die bemarkingstelsel af wat deur boere in die
scenario hierbo verkies word. (2)
2.3.4 Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer die prys van ʼn produk (1)
bepaal word.
2.4 Boer A wou ʼn landboukoöperasie gemeenskap stig. Die boer het kopieë gemaak
van die identiteitsdokumente van vriende en het die landboukoöperasie as
Siyazama geregistreer. Hierdie gemeenskap sou op die produksie en verwerking
van braaikuikens konsentreer. Die boer het geld geleen namens die koöperasie
om die koöperasie se aktiwiteite te finansier en het nie die ander lede betrek nie.
Gevolglik het die besigheid misluk.
2.4.1 Stel EEN rede voor vir die mislukking van Siyazama Koöperasie
Gemeenskap. (1)
2.4.2 Identifiseer TWEE beginsels wat vir die funksionering van ʼn
koöperatiewe gemeenskap toegepas moet word. (2)
2.4.3 Verduidelik hoe direkteure van ʼn koöperatiewe gemeenskap gekies (2)
word.
2.5 Die sukses van ʼn plaasbesigheid hang op baie wyses van die entrepreneur af.
Om ʼn suksesvolle entrepreneur te wees, moet boere fokus op die SWOT-
analise met deeglike beplanning.
2.5.1 Stel TWEE entrepreneurs-suksesfaktore voor wat belangrik is vir ʼn
besigheid om te floreer. (2)
2.5.2 Noem die dokument waarna in die paragraaf hierbo verwys word. (1)
2.5.3 Ondersteun, met TWEE redes, die relevansie van die dokument
genoem in VRAAG 2.5.2 wanneer jy daaraan dink om ʼn nuwe
sakeonderneming te begin. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.6 Die tabel hieronder toon die vraag en aanbod van tamaties.
Prys van tamaties Hoeveelheid vraag (kg) Hoeveelheid voorsien
(R/kg) (kg)
10 180 0
20 160 25
30 140 50
40 120 75
50 100 100
60 80 125
70 60 150
80 40 175
2.6.1 Stel die inligting in die tabel hierbo voor in die vorm van ʼn lyngrafiek op
dieselfde assestelsel. (6)
2.6.2 Noem die situasie wat by ʼn prys van R7 plaasvind. (1)
2.6.3 Bepaal die prys waarteen al die tamaties by die mark uitverkoop sal
wees. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
3.1 ʼn Boer wou bepaal of dit meer winsgewend is om onkruiddoder eerder as
skoffelarbeid te gebruik. Hy het die keuse gemaak met behulp van die begroting
hieronder.
Ekstra inkomste as gevolg van Ekstra koste weens verandering
verandering
Nul Spreier 3 000
Aankoop van onkruiddoder 2 000
Beskermende klere 1 000
Verminderde koste as gevolg van Verminderde inkomste as gevolg
verandering: van verandering:
Skoffelarbeid 6 000 Nul
Waardevermindering van harke 2 000
Subtotaal --- Subtotaal ---
Netto verandering
3.1.1 Identifiseer die plaasbegroting hierbo getoon. (1)
3.1.2 Regverdig jou antwoord op VRAAG 3.1.1 hierbo. (2)
3.1.3 Bereken die netto verandering van hierdie plaasbedryf. (3)
3.1.4 Lei die nodige aksie van die boer af, na aanleiding van die berekening
hierbo. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.1.5 Stel enige DRIE redes voor waarom dit belangrik is om finansiële
rekords op die plaas te hou. (3)
3.1.6. Noem EEN voorbeeld van ʼn finansiële rekord wat deur ʼn boer gehou
word. (1)
3.2 ʼn Nie-regeringsorganisasie wat fokus op HIV/Vigs, nader ʼn boer en bied aan om
HIV/Vigs bewusmakingsveldtogte op sy plaas te doen.
3.2.1 Dui TWEE gevolge aan indien die boer nie sou toelaat dat hierdie nie-
regeringsorganisasie die veldtogte aanbied nie. (2)
3.2.2 Benewens veldtogte, stel TWEE maniere voor waarop die boer die
verspreiding van HIV/Vigs op die plaas kan verminder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.3 ʼn Onlangs gevestigde boer maak varke groot, hou lêhenne aan en groei mielies
sowel as sojabone. Laasjaar, as gevolg van die kommandowurm-uitbraak (‘army
worm outbreak’), is die hele mielieveld vernietig en dit het tot ʼn 100% mielieoes-
verlies gelei. Die boer het ongeag die epidemie nie bankrot gegaan nie,
aangesien sy ander ondernemings die plaas aan die gang gehou het.
3.3.1 Lei die tipe risiko af wat die boer in die scenario in die gesig gestaar (1)
het.
3.3.2 Identifiseer die risikobestuur-strategie wat deur die boer gebruik is. (1)
3.3.3 Verduidelik hoe hierdie strategie die boer gehelp het. (2)
3.3.4 Stel enige ander TWEE strategieë voor wat die boer kan gebruik om
die tipe risiko genoem in VRAAG 3.3.1 te bestuur. (2)
3.4 Die wêreld se bevolking groei teen ʼn eksponensiële / onrusbarende koers. Dit
lei tot ʼn verhoogde vraag na grond. Boere moet nou meer as ooit seker maak
dat hul opbrengs per hektaar baie hoog is, aangesien grond beskikbaar vir
landbou minimaal is weens die gesamentlike effek van verstedeliking en
klimaatsverandering.
3.4.1 Identifiseer die TWEE ekonomiese eienskappe van grond in die (2)
bostaande scenario.
3.4.2 Stel DRIE maniere voor waarop boere die opbrengste per hektaar kan (3)
verhoog.
3.4.3 Noem TWEE funksies van grond as ʼn produksiefaktor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.5 Die foto hieronder toon ʼn plaaswerker wat ʼn plaagdoder aanwend.
3.5.1 Noem die arbeidswetgewing wat boere dwing om te verseker dat die
werkers veiligheidstoerusting het. (1)
3.5.2 Gee die wetgewing wat die plaaswerker hierbo kan gebruik indien die
plaaswerker 'n siekte opdoen weens die versuim van die boer om
veiligheidsklere te verskaf. (1)
3.5.3 Watter wetgewing moedig boere aan om met die opleiding van
plaaswerkers te help? (1)
3.5.4 Benewens veiligheid moet boere ook verseker dat hul werkers
gemotiveer word. Beveel DRIE maniere aan wat boere kan gebruik om
hul werkers te motiveer, om produktiwiteit te verbeter. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
4.1 ʼn Opreggeteelde kort wit bul het met ʼn lang swart koei gepaar. Lank (T) en
swart (B) is dominante eienskappe.
4.1.1 Lys die genotipe van elk van die ouers. (2)
4.1.2 Gebruik ʼn Punnett-vierkant om die genotipe van die F2-generasie (6)
nageslag te bepaal.
4.1.3 Lei die tipe kruising in die scenario af. (1)
4.1.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
4.1.5 Klassifiseer die eienskappe in die scenario as óf kwalitatief óf (1)
kwantitatief.
4.2 Daar is meganismes van oorerwing wat Mendeliaanse verhoudings verander.
Soms affekteer twee verskillende gene dieselfde geen. Dit impliseer dat die
uitdrukking van een geen deur ʼn ander geen beheer word. Dit word meestal in
die kleur van vere by hoenders gesien, byvoorbeeld die kleurgeen met die allele
B = swart en b = wit. Die geen wat die uitdrukking van die kleurgeen beheer, is
die allele: I = geen kleur en i = kleur. As ʼn voël ʼn kopie van geen I het, sal dit wit
vere hê, ongeag die swart alleel as die kleurgeen.
4.2.1 Dui die fenotipes van die vere aan met die volgende genotipes:
(a) BBII
(b) BbIi
(c) Bbii (3)
4.2.2 Identifiseer die tipe oorerwing wat in die paragraaf hierbo beskryf word. (1)
4.3 Die tabel hieronder toon die oorerflikheid van sommige produksie-eienskappe
by varke.
EIENSKAP OORERFLIKHEID %
Gemiddelde speenmassa 36
Maer vleis 68
Werpselgrootte by geboorte 49
Gemiddelde daaglikse toename 65
Voeromset 58
4.3.1 Bepaal die eienskap wat die boer nie moet selekteer nie. (1)
4.3.2 Regverdig jou keuse vir VRAAG 4.3.1. (2)
4.3.3 Gee ʼn naam vir die gebruik van statistiek in biologie om die genetiese
data van individue te analiseer ten einde ware genetika en hul
teelwaarde te skat. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.4 Die DNA/DNS van organismes, veral plante, kan in die laboratorium gemanipuleer
word. ʼn Geen van een organisme word in die DNA/DNS van ʼn ander organisme
ingevoeg om dit 'n nuwe en voordelige eienskap te gee.
4.4.1 Identifiseer die proses hierbo genoem. (1)
4.4.2 Noem TWEE tegnieke wat gebruik kan word om gene in die DNA/DNS (2)
van ʼn organisme te plaas.
4.4.3 Gee DRIE redes waarom planttelers gebruik maak van die bogenoemde (3)
metode eerder as tradisionele metodes van plantverbetering.
4.4.4 Sommige Afrika-lande het GGO’s (‘GMOs’) verbied. Stel DRIE redes (3)
voor om die verbod op GGO’s te ondersteun.
4.5 Variasie kan veroorsaak word deur genetiese faktore binne die organisme soos
mutasie. Verbind die volgende stellings met oorsake van variasie in diere:
4.5.1 (a) Die homoloë chromosome breek by een of twee plekke langs hul
string en herenig tot twee homoloë dele (1)
(b) Die ouers se gene herkombineer slegs en sluit ʼn reeds bestaande
genetiese variasie in, maar maak nie ʼn nuwe een nie (1)
4.5.2 Chromosomale herrangskikking beïnvloed die uitdrukking van gene en
veroorsaak veranderinge in die fenotipe. Die diagramme hieronder toon
die nuwe patrone van chromosomale strukture.
A B C
(a) Identifiseer die tipes mutasies A, B, en C hierbo. (3)
(b) Bespreek kortliks die belangrikheid van mutasies by die teel van
plante en diere. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2021 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper