Skip to content

Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paperAgricultural SciencesGrade 12201816 pages

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT SENIOR CERTIFICATE GRAAD 12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 … is nodig vir die herstel van beskadigde weefsel en help met die genesing van wonde by varke. A Selenium B Jodium C Yster D Sink 1.1.2 Die struktuur in die maag van 'n jong kalf wat vir die vervoer van melk direk na die abomasum verantwoordelik is: A Tragea B Krop C Omasum D Slukdermgroef 1.1.3 Verteerbare energie kan gedefinieer word as die … A energie wat vrygestel word wanneer 'n voer volledig tot sy finale oksidasieproduk verbrand word. B totale hoeveelheid energie wat as hitte vrygestel word. C verskil tussen die bruto energiewaarde en die energie wat in mis verlore gaan. D energie beskikbaar vir instandhouding en produksie. 1.1.4 Een van die volgende is NIE korrek NIE met betrekking tot faktore wat die verteerbaarheid van voere beïnvloed: A Samestelling van die voer B Mineraalinhoud van die voer C Ruveselinhoud van die voer D Tipe dier 1.1.5 Die produksiestelsel waar diere in hoë digthede aangehou word en hoogs gespesialiseerde geformuleerde voere gevoer word: A Semi-intensief B Ekstensief C Battery D Agterplaas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.1.6 Die volgende moet oorweeg word om spanning en aggressiewe konflik by manlike skape te voorkom: A Groepeer en huisves alle manlike skape in een hok. B Plaas diere van dieselfde geslag bymekaar ongeag liggaamsmassa en grootte. C Groepeer diere wat mekaar ken en van dieselfde geslag en ouderdom is. D Plaas 'n aantal manlike skape by vroulike skape tydens die teelseisoen. 1.1.7 Die volgende is op voerverskaffing in 'n goed ontwerpte voervloeiplan van toepassing: (i) Die aankoop van voere in klein hoeveelhede is onekonomies. (ii) Maak voorsiening vir stoorfasiliteite vir voere aangesien nie alle voere wat benodig word, geredelik op plase beskikbaar is nie. (iii) Voerbehoeftes van diere kan bevredig word deur die voer enige tyd wanneer dit benodig word, aan te koop. (iv) Voere moet teen reën, bederf, insekte en knaagdiere beskerm word. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (i), (iii) en (iv) C (ii), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.8 'n Metode om medikasie op die vel of direk op die wond toe te dien: A Lokaal B Mondelings C Inspuiting D Dosering 1.1.9 Die hormoon verantwoordelik vir die rypwording van die follikels: A Progesteroon B Luteïniserende hormoon C Follikelstimulerende hormoon D Prolaktien 1.1.10 Die gesamentlike uitskeidingskanaal vir urien en mis by pluimvee: A Uretra B Kloaak C Vagina D Vas deferens (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B. KOLOM A KOLOM B A: Duodenum die struktuur waar maksimum 1.2.1 absorpsie van voedingstowwe B: Jejunum hoofsaaklik plaasvind A: Kalsium en fosfor voedingstowwe verantwoordelik vir 1.2.2 B: Vitamien D en magnesium die vorming van bene A: Optimale produksie die vlak van diereproduksie wat op 1.2.3 die lange duur vir die boer die B: Maksimum produksie grootste inkomste sal verdien A: Testisdegradasie die verskynsel waar die testes in die 1.2.4 B: Gebrek aan libido buikholte agterbly A: Corpus luteum die struktuur wat na ovulasie op die 1.2.5 B: Plasenta ovarium ontwikkel (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die ensiem in die speeksel van varke wat vir die afbreek van stysel na eenvoudige suikers verantwoordelik is 1.3.2 'n Organisme wat die meeste of 'n gedeelte van sy lewe op die gasheerdier bestee 1.3.3 Materiaal, soos saagsels en strooi, wat op die vloere van varkhokke geplaas word om koue sementvloere te isoleer en vog te absorbeer 1.3.4 Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone behandel word om baie ova te produseer 1.3.5 Die organel in die middelstuk van die spermsel wat energie vir beweging verskaf (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Ureum is 'n wit wateroplosbare stof wat gebruik word om koolhidrate in die rantsoene en lekke van herkouers aan te vul. 1.4.2 Die bestuurslisensie is 'n dokument in die bestuurder se besit met 'n duidelike identifikasie van die diere wat op 'n openbare pad vervoer word. 1.4.3 Die metode wat gebruik word om die aantal identiese nageslag vanaf 'n enkele embrio te verhoog, is embrio-spoeling. 1.4.4 Die endoderm is die laag waaruit die hart, skelet, spiere, urogenitale en vaskulêre stelsels ontwikkel. 1.4.5 Adrenalien is die hormoon by bulle wat geslagsdrang verhoog. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING B VRAAG 2: DIEREVOEDING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die diagram hieronder illustreer die spysverteringskanaal van 'n plaasdier. A A B B C C D D 2.1.1 Skryf die letter (A–D) neer van die gedeelte waar sellulosevertering plaasvind. (1) 2.1.2 Benoem die ensiem wat sellulose verteer wat deur die organismes in deel A afgeskei word. (1) 2.1.3 Noem TWEE vereistes van die organismes wat in deel A aangetref word. (2) 2.1.4 Dui die tipe vertering aan wat in deel D plaasvind. (1) 2.1.5 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.4. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.2 Die prentjies hieronder toon verskillende dierevoere wat beskikbaar is. VOER A VOER B VOER C VOER D 2.2.1 Klassifiseer die tipe voer getoon by VOER A en VOER C. (2) 2.2.2 Skryf die letter (A–D) van die voer in die prentjies hierbo neer wat onder ELK van die volgende toestande vir plaasdiere aanbeveel word: (a) Afronding van beeste vir die slagpale (1) (b) Om mineraaltekorte te korrigeer (1) (c) Om vrugbaarheid by ramme te verbeter (1) (d) Om lywigheid aan die rantsoene van herkouers te verskaf (1) 2.2.3 Nie-herkouers verteer VOER B beter indien dit gemaal is. Regverdig hierdie stelling. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.3 In 'n voedingsproefneming is 'n dier 24 kg droë hooi gevoer en dit het 12,5 kg droë mis uitgeskei. Van hierdie hooi is 11,5 kg verteer en geabsorbeer. 2.3.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie hooi. (3) 2.3.2 Stel voor op watter stadium die hooi gesny is wat aan die diere hierbo gevoer is. (1) 2.3.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2 wat op die berekende waarde hierbo gebaseer is. (2) 2.3.4 Noem TWEE aanvullende stowwe wat gebruik kan word om die verteerbaarheid van hierdie hooi te verbeter. (2) 2.4 Die tabel hieronder toon 'n voervloeiplan vir 50 vleisbeeste oor 'n tydperk van 6 maande. JAN. FEB. MRT. APR. MEI JUN. Natuurlike weiding (ton) 160 160 140 120 80 60 Aanvullende voer (kg/dier/dag) 1 2 4 Koste van aanvullende voer (R/kg) 30 38 50 Voer benodig (ton) 140 140 140 140 140 140 Prys van beesvleis (R/kg) 40 35 30 30 35 60 2.4.1 Identifiseer enige TWEE maande in die tabel hierbo toe die voer onvoldoende was. (2) 2.4.2 Uit die data hierbo, gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2) 2.4.3 Bereken die totale hoeveelheid aanvullende voer (in ton) vir AL die diere in Mei. (3) 2.5 Die tabel hieronder toon die ruproteïen- en ruveselinhoud van die verskillende voere. RUPROTEÏEN (RP) RUVESEL (RV) VOER (%) (%) Natuurlike lusernweiding 23 26 Lusernhooi 14 30 Oliekoekmeel 37 16 Mieliemeel 9 2 Sorghumreste 4 40 Gebruik die data in die tabel hierbo om 'n staafgrafiek van die ruproteïen- en ruveselinhoud van die verskillende voere te teken. (6) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Die prentjies hieronder dui TWEE verskillende varkproduksiestelsels aan. PRENTJIE A PRENTJIE B 3.1.1 Identifiseer die TWEE produksiestelsels wat in PRENTJIE A en PRENTJIE B getoon word. (2) 3.1.2 Vergelyk die TWEE produksiestelsels op grond van die volgende: (a) Metode van voeding (2) (b) Ruimte per produksie-uitset (2) 3.2 Die tabel hieronder toon die voedings- en temperatuursvereistes vir braaikuikens tydens verskillende groeistadia. OUDERDOM TEMPERATUUR- VOER VOEDINGSWAARDE (weke) VEREISTES 0–1 Aanvangs- 23% proteïen versterk met 32,2 °C tot 35 °C meelvoer vitamiene en mineraalsoute 1–2 Aanvangs- 23% proteïen versterk met 29,4 °C tot 32,2 °C meelvoer vitamiene en mineraalsoute 3–4 Groei- 20% proteïen versterk met 26,7 °C tot 29,4 °C meelvoer vitamiene en mineraalsoute 5–slag Afrondings- 18% proteïen versterk Normale kamer- meelvoer met koolhidrate temperatuur (25 °C) 3.2.1 Identifiseer die hoofvoedingstof vir braaikuikens van ALLE ouderdomsgroepe. (1) 3.2.2 Dui die belangrikheid van die voedingstof in VRAAG 3.2.1 vir braaikuikens aan. (1) 3.2.3 Gee die hoofrede vir die insluiting van koolhidrate by 'n afrondingsmengsel. (1) 3.2.4 Lei die verwantskap tussen die proteïenvlak van die voer, die temperatuurvereistes en die ouderdom van die braaikuikens af. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 3.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings van gereedskap wat vir identifikasiedoeleindes van plaasdiere gebruik word deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (3.3.1–3.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. oorplaatjie; brandyster; slim nekband; tattoeëertang 3.3.1 Word gebruik om 'n spesifieke permanente merk op die dier te laat, veral by beeste (1) 3.3.2 Word gebruik om diere te identifiseer met spesifiek gekodeerde inligting oor familielyne en generasies (1) 3.3.3 Toegerus met 'n gevorderde elektroniese toestel om 'n dier op te spoor en terugvoering te gee oor die aksies wat deur die dier uitgevoer word (1) 3.3.4 Gebruik vir die identifikasie van diere, veral stoetperde (1) 3.4 Die fasiliteit hieronder word in 'n diereproduksie-onderneming gebruik. 3.4.1 Identifiseer die fasiliteit hierbo. (1) 3.4.2 Waarvoor word die fasiliteit wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is, gebruik? (1) 3.4.3 Noem TWEE ontwerpkenmerke van hierdie fasiliteit wat dit geskik vir sy gebruik sal maak. (2) 3.4.4 Stel TWEE vorme van leed voor wat diere kan opdoen wanneer die fasiliteit hierbo gebruik word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 3.5 Die diagramme hieronder stel twee parasiete by plaasdiere voor. Larwes heg hulself aan die vel Ingeslukte wurms boor deur die derms na die lewer PARASIET A PARASIET B 3.5.1 Klassifiseer die TWEE tipes parasiete wat in A en B geïllustreer word. (2) 3.5.2 Gebruik die diagramme om ELKE antwoord op VRAAG 3.5.1 te motiveer. (2) 3.5.3 Noem EEN voorkomingsmaatreël teen die parasiet wat in B geïllustreer word. (1) 3.6 Dieresiektes word deur patogene veroorsaak. Sommige siektes kan tydens kontak oorgedra word; ander het 'n siektedraende organisme nodig. Alle siektes het 'n negatiewe invloed op boere, arbeiders en die ekonomie van die land. 3.6.1 Gee 'n wetenskaplike term wat in dieregesondheid gebruik word om ELK van die volgende toestande te beskryf: (a) Siektes wat van dier na dier oorgedra kan word (1) (b) Siektedraende organisme (1) 3.6.2 Noem EEN bakteriese siekte wat van een dier na die volgende oorgedra kan word. (1) 3.6.3 Noem EEN rol van die boer om die voorkoms van die siektes in VRAAG 3.6.2 te beheer. (1) 3.6.4 Stel TWEE maniere voor waarop plaaswerkers aan dieresiektes blootgestel kan word. (2) 3.6.5 Dui TWEE rolle van die staat aan om die verspreiding van aansteeklike siektes te beheer. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n spermsel. A B C D 4.1.1 Identifiseer deel A. (1) 4.1.2 Gee 'n funksie van die gedeeltes gemerk: (a) A (1) (b) B (1) (c) D (1) 4.1.3 Onderskei tussen 'n spermsel en semen. (2) 4.1.4 Benoem die vroulike voortplantingsel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 4.2 Die diagram hieronder illustreer fetusontwikkeling by beeste. A B C B C D D C EE FF 4.2.1 Identifiseer deel B en F. (2) 4.2.2 Noem die funksie van deel D. (1) 4.2.3 Noem die toestand wat deur ELK van die volgende stellings beskryf word: (a) Die fetus gaan dood en alle vloeistowwe word herabsorbeer terwyl die harde en droë dele in die baarmoeder agterbly. (1) (b) Die fetus gaan dood en die sagte weefsel ontbind en alles bly in die baarmoeder agter. (1) (c) Dragtigheid word beëindig voor die normale tyd van geboorte en die dooie fetus word uitgewerp. (1) (d) Die plasenta bly na geboorte vir sewe dae in die baarmoeder agter. (1) 4.3 'n Kommersiële melkboer het 100 vrugbare koeie en een bul. Al die diere is goed gevoer, 'n siektebeheerprogram is ingestel en die onderneming word goed bestuur. Die kalfpersentasie oor die afgelope drie jaar was egter slegs 55%. 4.3.1 In die scenario hierbo, identifiseer die grootste probleem in die onderneming. (1) 4.3.2 Gee die boer raad oor EEN wetenskaplike tegniek om by koeie te gebruik wat 'n aansienlik hoër besettingskoers tot gevolg sal hê. (1) 4.3.3 Indien die boer nie die tegniek in VRAAG 4.3.2 gebruik nie, hoe kan die besettingspersentasie van die koeie verbeter word? (1) 4.3.4 Verduidelik die invloed van voeding op die vrugbaarheid van bulle. (2) 4.3.5 Gee TWEE ander redes waarom die bul in die scenario hierbo swak presteer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 4.4 Die grafiek hieronder illustreer die melkproduksie van 'n melkkoei oor 'n periode van een jaar. A B C Produksie (kg per dag) D E F G H Weke na kalwing 4.4.1 Gee die term wat die grafiek hierbo beskryf. (1) 4.4.2 Skryf die letter (A–H) op die grafiek neer wat aandui waar ELK van die volgende plaasvind: (a) Opdroog van die koei (1) (b) Kalwing (1) (c) Piek melkproduksie (1) (d) Tyd van besetting indien die koei agt weke na sy opgedroog het, weer moet kalf (1) 4.4.3 Gee TWEE redes om die abnormale afname in die melkproduksie tussen punt F en punt G te verduidelik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 4.5 Die prent hieronder wys melkkoeie in estrus. B A 4.5.1 Definieer die konsep estrus by melkkoeie. (2) 4.5.2 Noem TWEE sigbare tekens van estrus in melkkoeie, behalwe die een in die prent hierbo. (2) 4.5.3 Noem die koei (A of B) wat beslis in estrus is. (1) 4.5.4 Noem die: (a) Hormoon verantwoordelik vir die tekens van estrus (1) (b) Tydsduur van die estrussiklus (in dae) (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all