Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 263.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die bemarkingstelsel wat die entrepreneur stimuleer om inisiatief
en dryfkrag aan die dag te lê as gevolg van direkte kontak met
verbruikers, word … bemarking genoem.
A vrye
B koöperatiewe
C beheerde
D saampotstelsel-/poelstelsel-
1.1.2 EEN van die volgende faktore beïnvloed die aanbod van 'n produk:
A Toename in die aantal verbruikers
B Smaak en voorkeur van die verbruikers op kort termyn
C Regeringsubsidies en belastingbeleid
D Die reeks van 'n produk
1.1.3 Die hoofrede vir die verpakking van landbouprodukte is om …
A voedselsekerheid te verseker.
B die stoortydperk van produkte te verleng.
C 'n konstante vloei van produkte na die verbruiker te waarborg.
D produkte teen fisiese beskadiging te beskerm.
1.1.4 Die volgende stellings ten opsigte van pryselastisiteit is WAAR:
(i) Stapelvoedsel is oor die algemeen onelasties.
(ii) Pryselastisiteit van die aanbod van landbouprodukte op kort
termyn is onelasties.
(iii) Die elastisiteit van die aanbod van landbouprodukte is oor die
algemeen op lang termyn positief.
(iv) Die elastisiteit van die vraag na alle landbouprodukte is op
kort termyn altyd negatief.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (ii) en (iii)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.1.5 Die volgende is NIE 'n funksie van grond as produksiefaktor NIE:
A Dit verskaf ruimte vir die produksieproses.
B Dit stoor grondstowwe.
C Dit voorsien voedsel aan diere.
D Dit kan nie opgebruik word nie.
1.1.6 Die boer kan die volgende maatreëls instel om die produktiwiteit
van werkers op die plaas te verbeter:
A Die boer moet die regte soort en aantal werkers hê.
B Stel duidelike onbereikbare doelwitte vir werkers.
C Gee werkers die geleentheid om by besluitneming betrokke te
wees.
D Waarborg die welstand van werkers.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.7 Buigsaamheid as 'n risikobestuurstrategie behels …
A die vermindering van veegetalle as gevolg van droogte.
B die verbouing van gewasse asook die aanhou van lewende
hawe.
C die verspreiding van die koste van risiko tussen verskeie
belanghebbendes.
D om slegs op 'n lewendehawe-onderneming te konsentreer.
1.1.8 EEN van die volgende is 'n metode om korttermynkrediet te
bekom:
A Banklening oor 36 maande terugbetaal
B Gebruik vaste bates as sekuriteit
C Gebruik persoonlike lenings vir 6 tot 12 maande
D Gebruik 'n toelaag vanaf die Landbank
1.1.9 'n Heterosigotiese individu het die volgende genotipe vir 'n
kwalitatiewe genetiese eienskap:
A Twee dominante allele
B Twee resessiewe allele
C Een dominante alleel en twee resessiewe allele
D Een dominante alleel en een resessiewe alleel
1.1.10 Beeste het 30 paar chromosome in die kern. Die manlike gamete
sal dus … chromosome hê.
A 30
B 15
C 45
D 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.2 Kies die term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Dui die toestand aan wanneer die A vraag
hoeveelheid verskaf meer is as die
hoeveelheid gevra B seleksie
1.2.2 Die vermoë en die behoefte om C oorkapitalisering
goedere en dienste teen 'n gegewe
prys aan te koop D Wet op Vaardigheids-
ontwikkeling, 1998 (Wet 97
1.2.3 Ekstra kapitaal word belê en sal nie van 1998)
tot ekstra produktiwiteit lei nie
E tekort
1.2.4 Die wetgewing wat aandag gee aan
die opvoedkundige opleiding en F onderkapitalisering
verbetering van die Suid-Afrikaanse
werksmag G surplus/oorskot
1.2.5 Die verskille in die genotipes en H variasie
fenotipes van individue van
dieselfde spesie I Wet op Arbeidsverhoudinge,
1995 (Wet 66 van1995)
J aanbod
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die ondernemingsuksesfaktor om 'n nuwe besigheidsidee te
ontwikkel
1.3.2 Die voorspelling van verwagte inkomste en uitgawes vir 'n
spesifieke jaar
1.3.3 'n Oorerwingsmeganisme waarby meer as twee allele betrokke is
1.3.4 'n Seleksiemetode wat op die eienskappe van die familielede
gebaseer is
1.3.5 Die modifikasie van die DNA wat aanleiding gee tot 'n verandering
in die volgorde van die gene (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Beheerde bemarking is 'n bemarkingstelsel waar twee of meer
boere saamwerk om 'n gemeenskaplike doel te bereik.
1.4.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1993 (Wet 85 van 1993) reguleer
gesondheid en veiligheid van alle werkers in die werkplek.
1.4.3 Die kruising van 'n lyngeteelde plaasdier met 'n dier van 'n ander
spesie word inteling genoem.
1.4.4 Basterkrag word deur homosigositeit verkry.
1.4.5 Die interne oorerflikheidsfaktor wat die prestasie van 'n individu sal
beïnvloed wat vir seleksie en teling gebruik gaan word, is 'n
chromosoom. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die tabel hieronder toon die verskillende bemarkingstelsels wat deur BOER A
en BOER B gebruik word.
BOER A BOER B
Toegang tot mark Plaaslike klein- en Groter markte via die
groothandelaars Internet
Prysbepaling Bepaal deur plaaslike Deur die regering
vraag en aanbod bepaal
Kompetisie/Mededinging Plaaslike produsente Internasionale
mededinging
2.1.1 Noem die bemarkingstelsels wat deur BOER A en BOER B gebruik
word. (2)
2.1.2 Gee 'n rede vir die bemarkingstelsel wat deur BOER B gebruik
word. (1)
2.1.3 BOER B gebruik massabemarking om die produkte te bemark.
Regverdig hierdie stelling deur na die tabel hierbo te verwys. (1)
2.1.4 Noem TWEE maniere waarop die landboubedryfsketting vir
BOER A vereenvoudig kan word om toegang tot plattelandse
markte te kry. (2)
2.2 Dui TWEE rolle van wetgewing aan om doeltreffende bemarking van
landbouprodukte te verseker. (2)
2.3 Noem die komponent van 'n besigheidsplan wat ELK van die volgende tipes
inligting sal weerspieël:
2.3.1 Naam van die besigheid en die persoon se besonderhede (1)
2.3.2 Die aantal en tipes werknemers (1)
2.3.3 Bedrag geld benodig en toekomstige projeksies (1)
2.4 Noem DRIE algemene foute wat boere maak wanneer hulle 'n besigheidsplan
opstel. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.5 Die tabel hieronder toon die vraag en aanbod van perskes teen verskillende
pryse.
PRYS PER kg HOEVEELHEDE HOEVEELHEDE
(R) VERSKAF (kg) GEVRA (kg)
0,50 1 9
1,00 2 8
1,50 3 7
2,00 4 6
2,50 5 5
3,00 6 4
3,50 7 3
4,00 8 2
4,50 9 1
2.5.1 Gebruik die data hierbo en teken 'n lyngrafiek van die vraag en
aanbod van perskes teen verskillende pryse. (6)
2.5.2 Identifiseer die ewewigsprys van perskes per kg. (1)
2.5.3 Verwys na die tabel en verduidelik wat gebeur wanneer die prys
per kg laer as die ewewigsprys is. (2)
2.6 Pas die faktore wat die bemarking van landbouprodukte bemoeilik hieronder
by ELK van die stellings. Skryf slegs die faktor langs die vraagnommer
(2.6.1–2.6.4) neer.
standaardisering; bederfbaarheid; lywigheid;
gebrek aan beheer oor produksie; politieke situasie
2.6.1 Landbouprodukte het 'n beperkte leeftyd wat hul tyd op die mark
verkort. (1)
2.6.2 Onrus in die land kan 'n negatiewe invloed op die bemarking van
landbouprodukte hê. (1)
2.6.3 Landbouprodukte word deur 'n groot aantal produsente
geproduseer wat tot 'n surplus en 'n daling in die prys kan lei. (1)
2.6.4 Landbouprodukte het groot volumes met relatiewe lae waarde. (1)
2.7 Dui DRIE vereistes van 'n houer vir die verpakking van vars produkte aan om
beskadiging en bederf te voorkom. (3)
2.8 Identifiseer die tipes verbruiker wat deur ELK van die stellings hieronder
beskryf word.
2.8.1 Kopers verdeel groot besendings produkte en verkoop dit aan
verbruikers in klein eenhede (1)
2.8.2 Koop 'n karkas om geblikte beesvleis en biltong te maak (1)
2.8.3 Koop produkte om aan buitelandse markte te verkoop (1)
2.9 Verduidelik die wet van vraag in 'n marksituasie. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder verteenwoordig twee groepe boere met verskillende
boerderymetodes.
GROEP A GROEP B
20 klein stukkies grond 576 ha bewerkbare grond
Gemiddelde grootte van 1 ha 1 groot trekker, 'n balkspuit en
per boer 'n stroper
2 klein trekkers, ander gebruik Verbou mielies volgens 'n
osse monokultuurstelsel
1 handspuit Opbrengs van 5 ton per hektaar
Verbou verskillende gewasse in
die groeiseisoen
Oes met die hand
Gesamentlike opbrengs is
1 ton per hektaar
3.1.1 Dui die grondfaktor aan wat in ELK van die twee scenario's
beskryf word. (1)
3.1.2 Noem TWEE voordele van die praktyke deur die boere in
GROEP B wat tot die hoër produksie per hektaar kon gelei het. (2)
3.1.3 Stel TWEE tegnieke voor wat op die boere in GROEP A van
toepassing is wat hulle produksie per hektaar kan verbeter. (2)
3.1.4 Identifiseer 'n ekonomiese eienskap van grond wat negatief deur
monokultuur en aanhoudende bewerking beïnvloed sal word. (1)
3.1.5 Noem TWEE funksies van grond as 'n produksiefaktor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.2 Dit is belangrik om 'n etiese en hoogs doeltreffende werksmag te hê wat
verstaan dat die besigheid nie net oor die werkgewer gaan nie, maar ook tot
voordeel van die werkers is. Om te slaap terwyl jy aan diens is, is 'n misdryf
indien dit met opset gedoen word aangesien dit nie net produktiwiteit
beïnvloed nie, maar ook lewens in gevaar kan stel, veral waar met gevaarlike
toerusting gewerk word. Die nodige stappe moet gedoen word om die
werknemer te waarsku, en selfs aan te kla, indien so 'n oortreding begaan
word.
3.2.1 Noem die tipe permanente arbeider wat 'n gevorderde trekker
hanteer wat met 'n gevorderde rekenaar en stuurmeganisme
toegerus is. (1)
3.2.2 Dui die kundigheid aan wat die werknemer in VRAAG 3.2.1
nodig het. (1)
3.2.3 Identifiseer 'n tipe wangedrag deur werknemers wat die werkgewer
die mag sal gee om dissiplinêre stappe te doen. (1)
3.2.4 Noem die spesifieke wetgewing wat die werkgewer sou gebruik om
die dissiplinêre stappe te regverdig. (1)
3.2.5 Noem TWEE probleme wat met arbeid op plase verband hou. (2)
3.2.6 Beveel TWEE aksies aan wat 'n werkgewer moet oorweeg om
werkers aan te moedig om hul produktiwiteit te verbeter. (2)
3.3 'n Familievrugteboombesigheid is op 34 hektaar (ha) begin. Dit is later na
12 hektaar afgeskaal en is nou baie suksesvol. Hierdie sukses kan aan die
inbring van varke, pluimvee en skape op die plaas toegeskryf word. Die afval
van hierdie diere word gebruik om kompos te maak. Die besigheid koop ook
surplusvrugte by buurplase aan om droëvrugte en konfyt te maak. Vyf
gastekothuise is op die plaas gebou. Die kombuisafval van die gastekothuise
word vir die kompos-van-wurms-projek op die plaas gebruik.
3.3.1 Identifiseer die risikobestuurstrategie wat deur hierdie
familiebesigheid gebruik word. (1)
3.3.2 Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 3.3.1. (1)
3.3.3 Stel TWEE primêre risikobronne in 'n boerderybesigheid voor. (2)
3.3.4 Noem die algemene besigheidsbestuursvaardighede wat deur die
bestuurder van die familiebesigheid in die volgende situasies
toegepas word:
(a) Die gladde werking van die verskillende ondernemings van
die familiebesigheid met dieselfde arbeidsmag (1)
(b) Verwerk en ontleed die markinligting en besef daar is 'n
groter vraag na organiese produkte op wêreldmarkte (1)
(c) Ontwikkel positiewe verhoudings met werkers, verskaffers
en die markte (1)
3.3.5 Definieer die konsep strategiese bestuur van 'n plaas. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.4 'n Plattelandse gemeenskap met 900 ha kommunale grond het aanvanklik
geen bron van kapitaal gehad nie. Hulle het armoede deur innovering beveg
deur kommersiële plantasies op die kommunale grond te plant. Tans kry hulle
nie net wins uit die plantasies nie, maar ook uit avontuurtoerisme. Hulle het
eers gewerk met 'n regeringstoelaag van R11 miljoen en 'n lening van
R2 miljoen by die Landbank, terugbetaalbaar teen 'n koers van 5% oor 'n
tydperk van 5 jaar. Tans het hulle jaarliks 'n omset van R12 miljoen en
uitgawes van R4 miljoen.
3.4.1 Identifiseer die vastekapitaal-item in die scenario hierbo. (1)
3.4.2 Noem enige TWEE bronne van kapitaal wat deur die gemeenskap
gebruik is om die kommersiële plantasies te begin. (2)
3.4.3 Identifiseer die probleem wat die gemeenskap met kapitaal gehad
het toe hulle die besigheid begin het. (1)
3.4.4 Dui die terugbetalingstermyn van die lening by die Landbank aan. (1)
3.4.5 Bereken die wins van die gemeenskap gedurende die 5 jaar. Toon
ALLE berekeninge. (5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Boer kruisbestuif 'n heterosigotiese ertjieplant met geel saad (G) en 'n
suiwer ertjieplant met groen saad (g).
4.1.1 Dui die genotipes van ELKE ouer in die eerste kruising aan. (2)
4.1.2 Gebruik die Punnett-vierkantmetode om die moontlike genotipe
van die nageslag in die eerste kruising te bepaal. (3)
4.1.3 Noem die tipe dominansie wat deur die kruising in VRAAG 4.1.2
getoon word. (1)
4.1.4 Verduidelik 'n rede vir die tipe dominansie in VRAAG 4.1.3. (2)
4.1.5 Bereken die persentasie heterosigositeit van die nageslag in die
F1-generasie. (2)
4.2 Die illustrasie hieronder toon die teelstelsels wat algemeen deur boere
gebruik word.
TEELSTELSELS
A B C D
Brahmaanbul Bonsmarabulle x Santa Donkie x
Afrikaner x
x sy dogter Getrudiskoeie generasie perd
Hereford
na generasie
Identifiseer die teelstelsel (A–D) wat ooreenstem met ELK van die stellings
hieronder. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.5)
neer.
4.2.1 Dit produseer basterkrag. (1)
4.2.2 Die negatiewe gevolge daarvan kan deur uitkruising verminder
word. (1)
4.2.3 Die nageslag is gehard en kan onder ongunstige toestande werk. (1)
4.2.4 'n Nuwe ras word geleidelik aan 'n nuwe omgewing bekend gestel. (1)
4.2.5 Aanhoudende gebruik lei tot 'n geleidelike afname in die prestasie
van diere. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.3 Variasie is 'n verskynsel wat na die verskille in die eienskappe van individue
verwys en veroorsaak dat individuele nageslagte effens van hul ouers verskil.
Hierdie verskynsel is 'n natuurlike gebeurtenis en is baie belangrik vir boere
aangesien dit die basis van seleksie- en teelprogramme vorm.
4.3.1 Noem TWEE genetiese prosesse wat variasie veroorsaak. (2)
4.3.2 Waarom is variasie in 'n teelprogram belangrik? Gee TWEE redes. (2)
4.3.3 Onderskei tussen kontinue variasie en nie-kontinue/onderbroke
variasie. (2)
4.4 'n Boer teel beeste vir 'n speengewig. Die gemiddelde speengewig van die
kudde is 230 kg. Een groep beeste het 'n massa van 220 kg en die ander
groep het 'n massa van 250 kg.
4.4.1 Dui die groep beeste aan waaruit die boer die dier sal selekteer om
die speengewig van die kudde te verbeter. (1)
4.4.2 Gee 'n rede vir die seleksie in VRAAG 4.4.1. (1)
4.4.3 Identifiseer die seleksiemetode wat die boer in VRAAG 4.4.1
gebruik. (1)
4.4.4 Verduidelik kortliks die seleksiemetode in VRAAG 4.4.3. (2)
4.4.5 Noem enige TWEE ander seleksiemetodes wat die boer kan
gebruik om die speengewig van die kudde te verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.5 Die opbrengste wat deur twee mielieboere in 'n tipiese mielieproduksie-area
verkry is, word in die tabel hieronder getoon. BOER A het konvensionele
bastersaad gebruik en BOER B het omgeskakel en die nuutste geneties
gemodifiseerde (GG) saad gebruik.
JAAR OPBRENGS (t/ha) OPBRENGS (t/ha)
(BOER A) (BOER B)
2011 10,0 10,2
2012 10,8 10,6
2013 9,6 12,0
2014 11,0 13,0
2015 10,4 15,0
2016 10,8 16,5
4.5.1 Uit die data in die tabel hierbo, identifiseer die jaar waarin BOER B
na GM gewasse oorgeskakel het. (1)
4.5.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.5.1. (1)
4.5.3 Gebruik die data hierbo en noem TWEE voordele van die
voortgesette gebruik van GM mielies vir BOER B. (2)
4.5.4 Noem TWEE belangrike eienskappe van GM mielie-oeste wat
verantwoordelik kan wees vir die voordele wat BOER B ondervind
het. (2)
4.5.5 Gee EEN rede waarom daar openbare weerstand teen die gebruik
van GM kultivars en rasse is. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum