Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 NSC November 2014 Question Paper

Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2014, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12201412 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2014 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 minute B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute tipe vrae 3 60 30 minute KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute enige DRIE.) 5 60 30 minute 6 60 30 minute C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute enige TWEE.) 9 40 30 minute 10 40 30 minute TOTAAL 300 180 minute 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B. 1.1.1 Een item wat in die gedragskode vir geoktrooieerde rekenmeesters behoort te verskyn is om … A volle verantwoordelikheid vir jouself en jou werk te neem. B volgens die jongste kantoormode aan te trek. C kliënte se persoonlike inligting vir finansiële gewin te gebruik. D seker te maak dat jou besigheid volhoubaar is. 1.1.2 Die King-kode vir Korporatiewe Bestuur bevat voorbeelde van etiese sakepraktyk. 'n Voorbeeld van 'n etiese sakepraktyk is om … A finansiële resultate kunsmatig aan te pas om 'n banklening te bekom. B skadelike inligting oor 'n nuwe produk wat in die mark bekend gestel is, weg te steek. C tweedehandse meubels teen laer pryse as nuwe meubels te verkoop. D handel te dryf met lande wat swak menseregterekords het. 1.1.3 Die probleemoplossingstegniek waar sleutelwoorde vertoon word en dan bymekaar gevoeg word om nuwe, kreatiewe idees te ontwikkel: A Ses Hoede (Dinkhoede) B Kragveldanalise C Leë stoel D Gedwonge kombinasie 1.1.4 Watter EEN van die volgende sal heel waarskynlik by 'n salarisadvies ingesluit word? A Eiendomsbelasting B Behuisingstoelaag C Elektrisiteitsbetaling D Bankkoste 1.1.5 Aandele wat teen R10 elk gekoop is, is nou R15 werd. Dit verwys na … A opbrengs op die belegging. B kapitaalgroei. C dividende. D rente-inkomste. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 4 DBE/November 2014 NSS 1.1.6 'n ... is 'n aanduiding dat 'n maatskappy geld geleen het en belowe om dit in die toekoms teen duidelik gespesifiseerde voorwaardes terug te betaal. A Aandeel B Dividend C Skuldbrief D Prospektus 1.1.7 Die algemene bestuurder van Super M Slaghuis gee opdragte aan personeellede en laat hulle nie toe om insette te lewer met betrekking tot besluitneming nie. Hierdie leierskapstyl word die beste as ... beskryf. A demokraties B charismaties C laissez-faire D outokraties 1.1.8 'n Grafiese voorstelling van 'n stel verkoopsyfers wat as 'n reeks reghoeke voorgestel word: A Lyngrafiek B Kolomgrafiek C Tabel D Diagram 1.1.9 Hierdie Wet bevorder demografiese verteenwoordiging in 'n besigheid: A Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) B Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) C Wet op Gelyke Indiensneming/Diensbillikheid, 1998 (Wet 55 van 1998) D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.10 Samewerking beteken dat spanlede ... A effektief op hulle eie werk. B nie op mekaar staatmaak nie. C vir hulle optrede verantwoordelik gehou word. D instem om na 'n gemeenskaplike doelwit saam te werk. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 5 DBE/November 2014 NSS 1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Waar van toepassing, sal slegs die akroniem wat in die vraag gegee word, as antwoord aanvaar word. 1.2.1 Die (Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes [COIDA]/Padongelukfondswet [POF]) bied dekking vir alle eise van individue en hulle afhanklikes wat in 'n motorongeluk beseer is of gesterf het. 1.2.2 (Tyd-/Stukwerk-) betaling word ontvang as elke taak voltooi is. 1.2.3 Die produksiebestuurder kan nie verskaffers van gehalte grondstowwe vind nie. Dit is 'n uitdaging in die (mikro-/mark-) sake- omgewing. 1.2.4 Lerato het haar geakkrediteerde leerderskapprogram by Azur Sjefskool voltooi en het 'n (Nasionale Kwalifikasie-raamwerk [NKR]/Nieregeringsorganisasie [NRO]) -kwalifikasie verwerf. 1.2.5 Die (stigtingsverklaring [SV]/memorandum van inkorporering ['MOI']) spesifiseer die belangrikste sakebedrywighede van 'n publieke maatskappy. (5 x 2) (10) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 RSA-kleinhandeleffekte A analiseer die markomgewing 1.3.2 Interne werwing B dui die minimum vereistes vir 'n pos aan 1.3.3 Posspesifikasie C vereis 'n minimum beleggings- 1.3.4 Effektetrust bedrag van R1 000 1.3.5 Porter se Vyf Kragte D beskrywing van die take wat uitgevoer moet word E bevordering/verplasing van huidige werknemers F 'n advertensie vir werk in 'n nasionale koerant G analiseer die mikro-omgewing H 'n beleggingsportefeulje (fondsportefeulje) wat deur finansiële kundiges bestuur word I die minimum bedrag wat belê kan word, is R500 (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 6 DBE/November 2014 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING 2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEX BANK Tex Bank is onlangs deur die NKR met R30 miljoen beboet vir die roekelose toestaan van lenings aan kliënte wat nie vir 'n lening kwalifiseer nie. Die bank het nie die kredietwaardigheid van die kliënte behoorlik geassesseer nie, wat tot gevolg gehad het dat sommige kliënte nie in staat was om hul lenings terug te betaal nie en/of dieper in die skuld geraak het. Die NKR het die bank beveel om die skulde uit lenings wat roekeloos toegestaan is, af te skryf. 2.1.1 Waarvoor staan die akroniem NKR? (1) 2.1.2 Identifiseer die Wet wat deur Tex Bank in die toestaan van lenings oortree is. (1) 2.1.3 Beskryf die voordele van die toepaslike Wet wat in VRAAG 2.1.2 geïdentifiseer is, vir Tex Bank as 'n kredietverskaffer. (4) 2.1.4 Verduidelik hoekom Tex Bank vir die roekelose toestaan van lenings aan kliënte beboet is. Gebruik die betrokke Wet om jou antwoord te ondersteun. (4) 2.1.5 Bespreek die gevolge wat Tex Bank in die gesig kan staar vir die roekelose toestaan van lenings. (4) 2.2 Strategiese bestuur is 'n proses wat verseker dat geskikte besigheidstrategieë ontwikkel en geïmplementeer word in reaksie op uitdagings in die sake- omgewing. 2.2.1 Beskryf in hooftrekke hoe die strategiese bestuursproses deur besighede toegepas kan word. (10) 2.2.2 Motiveer hoe elk van die DRIE defensiewe strategieë geïmplementeer kan word. (9) 2.3 Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) is ingestel om arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers te reguleer. 2.3.1 Stel VIER optredes voor wat as nienakoming van hierdie Wet beskou kan word. (8) 2.3.2 Analiseer die impak van hierdie Wet op Suid-Afrikaanse werkgewers/besighede. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 7 DBE/November 2014 NSS 2.4 Die hoofdoelwit van besighede is om wins te maak. Daar word ook van hulle verwag om menseregte in terme van hulle breëbasis-benadering te bevorder. 2.4.1 Identifiseer DRIE basiese menseregte wat aan die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) gekoppel kan word. (3) 2.4.2 Analiseer die verband tussen hierdie Wet en elk van die basiese menseregte wat in VRAAG 2.4.1 geïdentifiseer is. (6) [60] VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Maak 'n lys van VIER vereistes van 'n effektiewe en logiese aanbieding. (8) 3.2 Vergelyk die situasionele/situasieleierskapteorie en die transformasie- leierskapteorie. (12) 3.3 Bespreek enige VIER voordele wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) aan werknemers verskaf word. (12) 3.4 Onderskei tussen versekering en assuransie. Ondersteun jou antwoord met EEN voorbeeld van elk. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Peter Simpson het 'n nuwe huis met 'n markwaarde van R500 000 in Vryheid gekoop. Hy het besluit om sy huis vir R400 000 te verseker. Hy het ook 'n lening van R20 000 vir drie jaar teen 18% rente p.j. by Standard Bank uitgeneem. 3.5.1 Identifiseer die versekeringskonsep wat Peter se optrede die beste beskryf toe hy sy huis tot die waarde van R400 000 verseker het. (2) 3.5.2 Gee TWEE moontlike redes hoekom Peter besluit het om versekering op sy huis uit te neem. (4) 3.5.3 Indien brandskade aan die huis R300 000 beloop, bereken die bedrag wat Peter as vergoeding sal ontvang. (Toon AL jou bewerkinge.) (4) 3.5.4 Bepaal die bedrag wat Peter na drie jaar teen 18% p.j. saamgestelde rente aan Standard Bank op sy lening sal moet betaal. (Toon AL jou bewerkinge.) (6) 3.5.5 Bereken die bedrag wat Peter sal moet terugbetaal indien hy dieselfde bedrag geleen het, maar teen enkelvoudige rente van 18% p.j. vir drie jaar. (Toon AL jou bewerkinge.) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 8 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Identifiseer die onetiese sakepraktyk wat in elke scenario hieronder geïllustreer word EN stel EEN besigheidstrategie voor wat elke scenario sal bekyk om etiese gedrag te bevorder: 4.1.1 EE Elektriese Maatskappy word vir hulle dienste met kontant betaal om die betaal van BTW op die transaksie te vermy. Hierdie transaksie is nie aangeteken nie. (4) 4.1.2 John Tlale, 'n bestuurder by Jakes Fittings, maak dikwels onwelkome aanmerkings teenoor sy vroulike kollegas. (4) 4.1.3 Werknemers van OD Toestelle Beperk is dikwels gedurende werkstyd op sosiale netwerke op die Internet. (4) 4.2 Brei uit op die betekenis van probleemoplossing. (6) 4.3 Onderskei tussen 'n grief en konflik by die werksplek. (4) 4.4 Verduidelik die konsep van diversiteit in die werksplek. (6) 4.5 Beskryf die voordele van kreatiewe denke in die werksplek. (8) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRICKS KONSTRUKSIE BPK. Bricks Konstruksie Bpk. bou 'n nuwe mediese kliniek in 'n klein plattelandse dorpie. Hulle is twee maande laat met die afhandeling van die projek en sal groot boetes moet betaal indien hulle nie die spertyd kan nakom nie. Die raad van direkteure het besluit om hierdie uitdaging (om nie betyds klaar te wees nie) te oorkom sonder om gehalte vakmanskap in te boet. 4.6.1 Gee Bricks Konstruksie raad oor hoe om die nominalegroeptegniek toe te pas om die uitdaging waarvoor hulle staan, te oorkom. (6) 4.6.2 Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van die tegniek wat in VRAAG 4.6.1 toegepas is. (6) 4.7 Bespreek die volgende onetiese reklamepraktyke en gee 'n praktiese voorbeeld van elk: 4.7.1 Valse beloftes (4) 4.7.2 Misleidende verpakking (4) 4.7.3 Lokaasbemarking (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 9 DBE/November 2014 NSS VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Verduidelik EEN voordeel vir 'n besigheid as byvoordele aan hulle werknemers verskaf word. Gee TWEE voorbeelde van byvoordele om jou verduideliking te ondersteun. (4) 5.2 Beveel die gehalte-aanwysers vir elk van die volgende besigheidsfunksies aan: 5.2.1 Openbare/Eksterne betrekkinge (8) 5.2.2 Administrasie (8) 5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DM MOTORVERVAARDIGERS (DMMV) Danny is onlangs in die produksie-afdeling aangestel. Volgens besigheids- beleid moet Danny 'n induksieprogram van twee weke deurloop voordat hy geplaas kan word. 5.3.1 Definieer induksie. (2) 5.3.2 Regverdig waarom dit vir alle DMMV-werknemers nodig is om 'n tweeweek-induksieprogram voor plasing te deurloop. (10) 5.3.3 Stel die plasingsprosedure voor wat DMMV moet oorweeg wanneer Danny in sy nuwe posisie geplaas word. (6) 5.3.4 Gee DMMV raad oor die besonderhede wat ingesluit moet word wanneer Danny se indiensnemingskontrak opgestel word. Gebruik die volgende opskrifte: (a) Wetlike vereistes (10) (b) Inhoud (12) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 10 DBE/November 2014 NSS VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE 6.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EASTERN STAR HOTEL Die Eastern Star Hotel in Port Elizabeth is naby 'n aantal gewilde toeriste- attraksies geleë. Hulle het 20 voltydse werknemers in diens en tydens spitstyd in die vakansieseisoen word tydelike werkers aangestel om aan die hotel se behoeftes te voldoen. Onlangs het die hotel 'n daling in toeristebesprekings ervaar wat die aflê van sommige voltydse personeel tot gevolg gehad het. Misdaad in die omgewing is ook besig om toe te neem. Sommige gaste is in hulle hotelkamers beroof. Gereelde gaste van die Eastern Star Hotel bly nou in ander hotelle en gastehuise in die omgewing wat strenger sekuriteit en ander dienste soos konferensiefasiliteite bied. 6.1.1 Noem die ekonomiese sektor waarin die Eastern Star Hotel bedrywig is. (1) 6.1.2 Identifiseer DRIE uitdagings in die gevallestudie hierbo en ontwikkel 'n strategie vir elke uitdaging. (9) 6.2 Verduidelik die rol/funksie van SOOO's ('SETAs') om die tekort aan vaardige werkers in sekere industrieë in Suid-Afrika te oorkom. (10) 6.3 Bespreek maniere waarop bestuurders moeilike werknemers, wat verskillende persoonlikhede kan hê, kan hanteer. (10) 6.4 Analiseer VIER kriteria vir spanne wat goed presteer. (12) 6.5 Definieer gewone aandele en evalueer dit as 'n vorm van belegging. (8) 6.6 Evalueer 'n niewinsgewende maatskappy ('NPC') as 'n ondernemingsvorm. (10) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 11 DBE/November 2014 NSS AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) wat in 2011 geïmplementeer is, is ingestel om aan verbruikers regte en beskerming vir enige besigheidstransaksie te bied. Besighede behoort vertroud te wees met die implikasies van hierdie Wet en moet die manier waarop hulle besigheid doen, verander indien nodig. As 'n regsadviseur, gee 'n volledige analise van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) aan die plaaslike besigheidsforum. Jy moet die volgende aspekte by jou analise insluit: • Bespreek enige VIER verbruikersregte soos gestipuleer in die WVB • Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede en verbruikers krities • Beveel praktiese maniere/prosedures aan wat besighede behoort te implementeer om aan die vereistes van die Wet te voldoen [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME) Nhlanzeko en Mfundo is gekwalifiseerde prokureurs wat hulle studies verlede jaar voltooi het. Hulle wil graag hulle eie sakepraktyk begin. Hulle oorweeg óf 'n vennootskap óf 'n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy as moontlike ondernemingsvorm en het jou advies nodig. Skryf 'n volledige verslag waarin hierdie TWEE ondernemingsvorme met mekaar vergelyk word. Verduidelik ook hoe kapitaal, bestuur en wetgewing tot die sukses of mislukking van 'n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy kan bydra. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 12 DBE/November 2014 NSS VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID) KFC BPK. 'Daar is meer by KFC as net goeie kos. Ons bevorder onderwys, diversiteit en diere- beskerming op 'n verskeidenheid positiewe maniere.' KFC bedryf 'n paar programme as deel van hulle maatskaplike verantwoordelikheid. - www.kfc.com Jy is deur KFC (Kentucky Fried Chicken) se raad van direkteure genader om as konsultant op te tree en hulle met die uitdagings van hulle korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en korporatiewe maatskaplike investering (KMI) te help. Skryf 'n verslag aan KFC se raad van direkteure waarin jy die volgende aspekte insluit: • 'n Volledige beskrywing van KMV • Assesseer die rol van KMV in beide die besigheid en sy gemeenskappe krities • Maak voorstelle oor KMI-programme waarop KFC kan fokus • Maak aanbevelings oor hoe KFC kan verseker dat hulle KMI-programme die behoeftes van verskillende belanghebbendes bevredig [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE) Gehalte van prestasie is in alle besighede noodsaaklik. Sonder 'n gehalte- bestuurstelsel sal die besigheid probleme ervaar. Gehalte moet daarom voortdurend verbeter word om hoë standaarde te handhaaf. Bespreek enige DRIE elemente van Totale Gehaltebestuur (TGB) en evalueer die impak indien TGB nie behoorlik deur besighede geïmplementeer word nie. Stel maniere voor waarop besighede die koste van gehalte deur middel van TGB kan verminder. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all
Business Studies Grade 12 NSC November 2014 Question Paper | Hlayiso