Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 NSC November 2018 Question Paper

Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2018, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12201814 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2018 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30 vrae 3 60 30 KEUSE: 4 60 30 Beantwoord enige DRIE. 5 60 30 6 60 30 C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 KEUSE: 8 40 30 Beantwoord enige TWEE. 9 40 30 10 40 30 TOTAAL 300 180 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Hierdie Wet beskerm werkgewers teen 'n finansiële las indien werknemers in 'n ongeluk by die werkplek betrokke sou wees: A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) C Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997) D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) 1.1.2 Dit was vir Dada Vis & Skyfies maklik om 'n handelslisensie te bekom. Dit verwys na die ... as 'n element van Porter se Vyf Kragte. A mag van verskaffers B bedreiging van substitusie/substitute C mag van kopers D bedreigings/versperrings vir nuwe toetreders tot die mark 1.1.3 John, 'n groenteboer, het die ... integrasiestrategie geïmplementeer toe hy die vrugte-en-groentestalletjie wat sy produkte verkoop, gekoop het. A terugwaartse B voorwaartse C intensiewe D horisontale 1.1.4 Hierdie ondernemingsvorm word deur 'n groep mense gestig wat ooreenkom om tot almal se gemeenskaplike ekonomiese voordeel saam te werk: A Koöperasie B Beslote korporasie C Persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy D Privaat maatskappy 1.1.5 Die bedrag wat die versekerde moet betaal wanneer hy/sy 'n eis indien: A Bybetaling B Premie C Boekwaarde D Rente Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.6 'n ... leier verseker dat werknemers streng reëls en prosedures volg wanneer hulle hul take uitvoer. A Burokratiese B Demokratiese C Outokratiese D Laissez-faire-/Vryeteuels- 1.1.7 Spandinamika-teorieë help besighede om ... A take aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede toe te ken. B take volgens elke spanlid se rol toe te ken. C goeie verhoudinge met spanne te bewerkstellig. D individuele tevredenheid te bevorder. 1.1.8 'n King-kode-beginsel wat vereis dat maatskappye gereeld hul finansiële state moet laat oudit: A Winsgewendheid B Verantwoordelikheid C Volhoubaarheid D Deursigtigheid 1.1.9 'n Klein groepie vrywillige werkers wat gereeld bymekaarkom om gehalteverwante sake in die werkplek te bespreek: A Gehaltesirkels B Vakbondverteenwoordigers C Gehaltebestuurders D Werknemerverteenwoordigers 1.1.10 Gerald het sy werk by Groen Industrieë verloor, daarom is hy geregtig om van die ...-fonds te eis. A Padongelukke B Vergoedings C Mediese hulp D Werkloosheidsversekerings (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 5 DBE/November 2018 NSS 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. afgedank; verpligte; aanspreeklikheidspolisse; taal; sakeplan; ras; afgelê; strategie; by-; aftreeannuïteite 1.2.1 'n ... is die plan van aksie wat besighede gebruik om uitdagings op te los. 1.2.2 'n Belegger kan slegs geld uit ... onttrek wanneer hy/sy 'n sekere ouderdom bereik. 1.2.3 'n Besigheid wat 'n tolk vir vergaderings aanstel, gee aandag aan ... as 'n diversiteitskwessie. 1.2.4 Ekon Handelaars bied behuisingstoelaes as 'n ... voordeel aan om nuwe werknemers te lok. 1.2.5 Tim se indiensnemingskontrak is nie hernu nie aangesien hy ... is weens growwe wangedrag. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 6 DBE/November 2018 NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Jaarlikse verlof A voer voorlopige onderhoude om geskikte aansoekers te identifiseer 1.3.2 Staafgrafiek B slegs jong mense word vir aanstellings 1.3.3 Inklusiwiteit oorweeg 1.3.4 Grief C geskil tussen twee of meer partye in die werkplek 1.3.5 Keuring D visualiseer 'n totale eenheid en die verhouding van die komponente daarvan E lok geskikte kandidate om vir 'n vakante pos aansoek te doen F werknemers is op 21 opeenvolgende dae geregtig G 'n stel verkoopsyfers wat as 'n reeks reghoeke voorgestel word H wanneer 'n werknemer 'n klagte in die werkplek het I mense uit verskillende agtergronde word in diens geneem J werknemers is geregtig op ses weke in 'n driejaarsiklus (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 7 DBE/November 2018 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy, ens. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem VIER pilare van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4) 2.2 Beskryf in breë trekke die rol van SOOO's ('SETAs') by die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998). (8) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DUKA MYNE (DM) Duka Myne spesialiseer in die ontginning van platinum. Hulle verskaffers van myntoerusting het hul pryse met meer as 20% verhoog. Die toesighouer het nie 'n goeie werksverhouding met sy werknemers nie. DM kan nie meer hul produkte uitvoer nie weens 'n verhoging in die wisselkoers. 2.3.1 Noem die besigheidsektor waarin DM bedrywig is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om die vrae wat volg, te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER (2.3.2) (2.3.3) (2.3.4) 1. 2. 3. 2.3.2 Haal DRIE uitdagings wat Duka Myne moet hanteer uit die scenario hierbo aan. (3) 2.3.3 Klassifiseer ELKE aangehaalde uitdaging in VRAAG 2.3.2 volgens die besigheidsomgewing. (3) 2.3.4 Noem die mate van beheer wat DM oor ELKE besigheidsomgewing het. (3) 2.4 Beskryf DRIE soorte diversifikasiestrategieë. (9) 2.5 Verduidelik die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 8 DBE/November 2018 NSS 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPEEDY DROOGSKOONMAKERS (SD) Speedy Droogskoonmakers het 'n vakante pos vir 'n ontvangsdame in die koerant geadverteer. Mense met gestremdhede is aangemoedig om vir hierdie vakante pos aansoek te doen. 2.6.1 Identifiseer die Wet wat deur Speedy Droogskoonmakers toegepas is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.6.2 Evalueer die impak van die Wet, in VRAAG 2.6.1 geïdentifiseer, op besighede. (8) 2.7 Gee besighede raad oor die stappe om te volg wanneer hulle 'n strategie evalueer. (10) [60] VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Gee DRIE voorbeelde van versekerbare risiko's. (3) 3.2 Beskryf in breë trekke TWEE regte van gewone aandeelhouers. (4) 3.3 Tammy ken take aan werknemers toe volgens hul vlak van volwassenheid. 3.3.1 Noem die leierskapteorie wat Tammy toepas. (2) 3.3.2 Bespreek die leierskapteorie wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is. (8) 3.4 Onderskei tussen 'n privaat maatskappy en 'n publieke maatskappy. (8) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Ronnete wil R30 000 vir twee jaar in 'n vaste deposito belê. Sy het twee banke genader. Saints Bank het haar 12% enkelvoudige rente per jaar aangebied en Caprica Bank 12% saamgestelde rente per jaar. 3.5.1 Bereken die rentebedrag wat Ronnete na twee jaar sal ontvang indien sy by Saints Bank belê. (3) 3.5.2 Bereken die rentebedrag wat Ronnete na twee jaar sal ontvang indien sy by Caprica Bank belê. (4) 3.5.3 Beveel die beste beleggingsopsie vir Ronnete aan. Motiveer jou antwoord. (3) 3.6 Bespreek enige TWEE beginsels van versekering. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 9 DBE/November 2018 NSS 3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JAVAS SKOENVERVAARDIGER (JSV) Sipho, die bemarkingsbestuurder van JSV, het sy toekomsplanne om verkope te verhoog, aan verskeie belanghebbendes verduidelik. Harde kopieë van sy planne is vir toekomstige verwysing versprei. 3.7.1 Identifiseer die tipe visuele hulpmiddel wat Sipho gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.7.2 Evalueer die impak van die visuele hulpmiddel wat in VRAAG 3.7.1 geïdentifiseer is. (8) 3.7.3 Gee Sipho raad oor die faktore wat hy in ag moet neem om vrae op 'n professionele manier te beantwoord. (8) [60] VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Noem VYF oorsake van konflik in die werkplek. (5) 4.2 Beskryf in breë trekke die voordele van diversiteit in die werkplek. (8) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SHINING STARS (SS) Lerato, Josiah en Gerry het 'n herwinningsprojek, bekend as Shining Stars, begin. Josiah het altyd die ander lede se idees en opinies bevraagteken omdat hy die spanleier wou wees. Die spanlede het uiteindelik saamgestem en konsensus oor die pad vorentoe bereik. 4.3.1 Identifiseer die TWEE stadia van spanontwikkeling wat SS ervaar het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om VRAAG 4.3.1 te beantwoord. STADIA VAN MOTIVERING SPANONTWIKKELING 1. 2. 4.3.2 Verduidelik DRIE ander stadia van spanontwikkeling. (9) 4.4 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (8) 4.5 Verduidelik hoe besighede die kragveldontledingstegniek kan toepas om besigheidsprobleme op te los. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 10 DBE/November 2018 NSS 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LELETHU SHUTTLE SERVICES (LSS) Lelethu Shuttle Services verskaf vervoerdienste aan toeriste in Sharpeville. Albert, 'n werknemer met baie ervaring in die vervoerbedryf, weier om instruksies deur bestuur te aanvaar. Njabulo, die toesighouer by LSS, argumenteer en baklei altyd met die kliënte. 4.6.1 Identifiseer die tipes moeilike persoonlikhede wat deur Albert en Njabulo getoon word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om VRAAG 4.6.1 te beantwoord. SOORT MOEILIKE WERKNEMERS MOTIVERING PERSOONLIKHEID Albert Njabulo 4.6.2 Beveel EEN strategie aan wat LSS kan gebruik om ELKE soort moeilike persoonlikheid wat in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, te hanteer. (4) 4.7 Stel maniere voor waarop besighede maatskaplike regte in die werkplek kan bevorder. (8) [60] VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Noem VIER bronne van interne werwing. (4) 5.2 Beskryf in breë trekke die doel van induksie as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (8) 5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELZETTE HANDELAARS (EH) Elzette het vyf geskikte kandidate op 'n kortlys geplaas en hulle vir onderhoude genooi. Kandidate het dieselfde hoeveelheid tyd gekry en hulle antwoorde is opgeneem. Alle kandidate het selfvertroue getoon en het vrae gevra om duidelikheid te verkry. 5.3.1 Haal uit die scenario hierbo die rol van die onderhoudvoerder en aansoeker gedurende die onderhoud aan. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om VRAAG 5.3.1 te beantwoord. ROL AANHALINGS Onderhoudvoerder/Elzette 1. 2. Aansoeker/Kandidate 1. 2. (4) 5.3.2 Verduidelik die onderhoudvoerder se rol wanneer vir 'n onderhoud voorberei word. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 11 DBE/November 2018 NSS 5.4 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (8) 5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STRYDOM LEER BEPERK (SLB) Strydom Leer Beperk is 'n groot besigheid wat in die vervaardiging van leerhandsakke van hoë gehalte spesialiseer. Hulle gradeer hul produksieproses gereeld op om voor hul mededingers te bly. Klante word altyd gevra om terugvoering oor hul produkte te gee. 5.5.1 Identifiseer die totale gehaltebestuur(TGB)-elemente wat deur SLB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om VRAAG 5.5.1 te beantwoord. TGB-ELEMENTE MOTIVERING 1. 2. (6) 5.5.2 Evalueer die impak van EEN TGB-element, in VRAAG 5.5.1 geïdentifiseer, op Strydom Leer Beperk as 'n groot besigheid. (8) 5.6 Verduidelik die impak van TGB indien besighede dit swak implementeer. (6) 5.7 Gee besighede raad oor die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (8) [60] VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 6.1 Identifiseer die PESTWO-element wat 'n uitdaging vir Tsego Vervaardigers in ELKE stelling hieronder bied. 6.1.1 Klante kan as gevolg van lae inkomstevlakke nie Tsego Vervaardigers se produkte bekostig nie. (2) 6.1.2 Tsego Vervaardigers kan dit nie bekostig om die korrekte prosedures om van afvalmateriaal ontslae te raak, te implementeer nie. (2) 6.1.3 Tsego Vervaardigers het as gevolg van 'n gebrek aan aanlyn koopfasiliteite baie klante verloor. (2) 6.1.4 Tsego Vervaardigers het hul pryse as gevolg van die hoë inflasiekoers verhoog. (2) 6.2 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë vir besighede. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 12 DBE/November 2018 NSS BESIGHEIDSGELEENTHEDE 6.3 Bespreek die belangrikheid van maatskappye in staatsbesit (MSB). (6) 6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JENNY EN JONE OUDITEURE (JJO) Jenny en Jone Ouditeure het hulle kantoorgebou vir R1 000 000 verseker. Die markwaarde van die gebou is R1 500 000. Die gebou is deur oorstromings beskadig en die skade het R80 000 beloop. Hulle het R53 333 as vergoeding by die versekeringsmaatskappy ontvang. 6.4.1 Identifiseer die versekeringsklousule wat deur die versekeringsmaatskappy in die scenario hierbo toegepas is. (2) 6.4.2 Brei uit oor die betekenis van die versekeringsklousule wat in VRAAG 6.4.1 geïdentifiseer is. (4) 6.4.3 Beskryf in breë trekke TWEE voordele van versekering vir besighede. (4) BESIGHEIDSROLLE 6.5 Gee VIER voorbeelde van onbillike reklame. (4) 6.6 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Garry Fietswinkel in ELKE stelling hieronder toegepas is. 6.6.1 Garry neem aan 'n rolspelgesprek met 'n denkbeeldige persoon deel om duidelikheid oor 'n voorgestelde oplossing vir 'n probleem te kry. 6.6.2 Werknemers is gevra om eers self idees te kry en om dit dan met die ander groeplede te deel. 6.6.3 Kundiges is versoek om 'n vraelys te voltooi oor hoe om hulle besigheidsprobleme op te los. (6) 6.7 Beveel strategieë aan wat besighede kan gebruik om die prysbepaling van goedere in landelike gebiede te hanteer. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 6.8 Definieer plasing as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (2) 6.9 Verduidelik TWEE salarisvasstellingsmetodes wat besighede kan toepas om hul werknemers te vergoed. (6) 6.10 Gee die menslikehulpbronbestuurder raad oor aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (6) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 13 DBE/November 2018 NSS AFDELING C Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy, ens. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Baie verbruikers het die instelling van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) en die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) verwelkom aangesien dit hulle teen onbillike sakepraktyke beskerm. Sommige besighede glo dat die NKW hul markaandeel verklein en wil daarom nie hierdie wet nakom nie. As 'n kenner van onlangse wetgewing, skryf 'n opstel oor die volgende aspekte: • Beskryf in breë trekke die doel van die WVB. • Bespreek die impak van die WVB op besighede. • Beveel maniere aan waarop besighede die volgende verbruikersregte kan bevorder, soos in die WVB gestipuleer: o Reg tot privaatheid en vertroulikheid o Reg tot inligting oor produkte en ooreenkomste o Reg tot regverdige waarde/hoë gehalte en veiligheid • Gee besighede raad oor strafmaatreëls/gevolge wat vir die nienakoming van die NKW toegepas kan word. [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS EN ONDERNEMINGSVORME) Peter en Teko is vennote in P & T Konsultante. Hulle oorweeg dit om hul surplus- fondse in die RSA-kleinhandelspaareffekte/regering se kleinhandel-effekte en in voorkeuraandele van maatskappye wat op die JSE genoteer is, te belê. Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf gedetailleerde aantekeninge oor die volgende aspekte: • Beskryf in breë trekke die funksies van die JSE. • Beskryf VIER soorte voordeelaandele. • Evalueer die impak van die RSA-kleinhandelspaareffekte/regering se kleinhandel- effekte op beleggers. • Gee Peter en Teko raad oor hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van hul vennootskap kan bydra: o Bestuur o Wetgewing [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 14 DBE/November 2018 NSS VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI) Daar word van besighede verwag om tot die welstand van die gemeenskappe waarin hulle sake bedryf, by te dra. MIV/Vigs en werkloosheid is geïdentifiseer as belangrike sosio-ekonomiese kwessies wat 'n impak op besighede het. Daar word van besighede verwag om aan hierdie kwessies aandag te gee deur inisiatiewe vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en korporatiewe maatskaplike investering (KMI). Skryf 'n opstel waarin jy aan die volgende aspekte aandag gee: • Onderskei tussen KMV en KMI. • Verduidelik die impak van KMV op gemeenskappe. • Beveel strategieë aan oor hoe besighede HIV/Vigs en werkloosheid as sosio- ekonomiese kwessies kan hanteer. • Stel VYF maniere voor waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van die gemeenskap te verbeter, MIV/Vigs- en werkloosheidstrategieë uitgesluit. [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE) Besighede implementeer gehalteversekering sodat hulle gehalteprodukte kan vervaardig. Sommige bestuurders glo dat dit bereik kan word deur op gehaltebestuur en gehalteprestasie te fokus. Ander redeneer dat die algemene bestuursfunksie en produksiefunksie 'n belangrike rol by die implementering van totale gehaltebestuur (TGB) speel. Gee 'n diepgaande studie van gehalte van prestasie deur na die volgende aspekte te verwys: • Brei uit oor die betekenis van gehalteversekering. • Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie. • Stel gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie en die produksiefunksie voor. • Gee besighede raad oor hoe TGB 'n impak op die vermindering van die koste van gehalte kan hê. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all
Business Studies Grade 12 NSC November 2018 Question Paper | Hlayiso