Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12202211 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN BESIGHEIDSTUDIES V1 2022 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Werknemers word deur die ... teen werkpleksiektes en -ongelukke beskerm wat tydens die uitvoer van hul pligte kan plaasvind. A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) C Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997) D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) 1.1.2 Moggy Vervoer is in die ... sektor werksaam omdat hulle produkte aan verskillende verbruikers aflewer. A primêre B ekonomiese C sekondêre D tersiêre 1.1.3 'n Besigheid wat hulle verskaffers oorneem om die risiko van afhanklikheid te verminder, pas die ... integrasiestrategie toe. A voorwaartse vertikale B terugwaartse vertikale C horisontale D konglomerasie- 1.1.4 Die doel van 'n onderhoud is om ... A die vaardighede en persoonlike eienskappe van die aansoeker te evalueer. B die vra van diskriminerende tipes vrae te vermy. C die lokaal vir die onderhoud voor te berei. D moontlike kandidate uit te nooi om vir die vakante pos aansoek te doen. 1.1.5 Besighede gebruik ... om voortdurend prosesse en stelsels te verbeter om sodoende die behoeftes van verbruikers bo hulle verwagtinge te bevredig. A gehaltebestuur B gehaltesirkels C totale gehaltebestuur D gehalteversekering (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 4 DBE/2022 SS/NSS 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. SSGB; tydverwante; Nasionale Vaardigheids; gehaltebestuur; doen; Menslikehulpbron; beplan; strategiese bestuur; PESTWO; stukwerk 1.2.1 Bongo Supermark het die proses van ... toegepas toe hulle hul missie- en visieverklarings hersien het. 1.2.2 Die ...-ontwikkelingstrategie verskaf beroepsvoorligting en opleidingsentrums. 1.2.3 Mlaba Klere het die ...-salarisbepalingsmetode gebruik toe hulle Piet betaal het vir die aantal items wat hy geproduseer het. 1.2.4 Die ...-analise word gebruik om die interne en eksterne omgewingsfaktore wat uitdagings vir 'n besigheid inhou, te identifiseer. 1.2.5 Ace Tekstiele implementeer verandering op klein skaal om die gehalte van hul produkte te verbeter. Dit staan as die ...-stap in die BDKH-model bekend. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 5 DBE/2022 SS/NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Ontbondeling A nieverpligte voordeel wat aan werknemers betaal word 1.3.2 Wet op Verbruikers- beskerming B poog om ongeskikte aansoekers te elimineer 1.3.3 Werkloosheids- versekeringsfonds C inspeksie word tydens elke fase van die produksieproses gedoen 1.3.4 Sifting D die verkoop van alle bates met die doel 1.3.5 Gehaltebeheer om die besigheid te sluit E verseker dat kopers toegang het tot inligting oor die bestanddele van die produk F verpligte voordeel wat aan werknemers betaal word G die verkoop van sommige bates wat nie meer winsgewend is nie H verseker die registrasie van skuldberadingsdienste I inspeksie word op die finale produk gedoen om te kontroleer of dit aan die vereiste standaard voldoen J poog om kandidate uit te nooi om die onderhoud by te woon (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 6 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (4) 2.2 Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REMI HANDELAARS (RH) Remi Handelaars is bekend vir die verkoop van gehalteprodukte aan verskillende afsetpunte. Hulle het aanlyn transaksies vir hulle afgesonderde klante bekendgestel. RH se werknemers het nie die kennis en vaardighede om aanlyn transaksiedienste te verskaf nie. 2.3.1 Noem die PESTWO-faktor wat 'n uitdaging vir RH inhou in die scenario hierbo. (2) 2.3.2 Verduidelik maniere waarop RH die uitdagings kan aanpak wat die PESTWO-faktor wat in VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is, bied. (4) 2.4 Beskryf hoe SOOO's befonds word. (4) 2.5 Bespreek die positiewe impak van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) op besighede. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 7 DBE/2022 SS/NSS 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JAMES INGENIEURS (JI) James Ingenieurs is verantwoordelik vir die inspeksie van behuisingsprojekte. Die bestuur van JI stel spesifieke datums vir beheer en opvolg as deel van hulle inspeksieprogram vas. Hulle implementeer ook korrektiewe aksies wanneer afwykings voorkom. 2.6.1 Haal TWEE stappe in strategie-evaluering aan wat deur JI uit die scenario hierbo geïmplementeer is. (2) 2.6.2 Verduidelik ander stappe in strategie-evaluering. (6) 2.7 Gee besighede raad oor hoe hulle die volgende kragte van die Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in die markomgewing te analiseer: 2.7.1 Krag van verskaffers (4) 2.7.2 Krag van mededingers/Mededingende wedywering (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 8 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige TWEE bronne van eksterne werwing. (2) 3.2 Beskryf kortliks die plasingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KHULA HOENDERPLAAS (KH) Khula Hoenderplaas is op soek na 'n ervare opsigter om 'n vakante pos te vul. Hulle het voorlopige onderhoude gevoer omdat daar baie aansoekers was. KH het 'n geskrewe aanbod vir die pos aan die suksesvolle kandidaat gegee. 3.3.1 Haal TWEE stappe van die keuringsprosedure uit die scenario hierbo aan. (2) 3.3.2 Verduidelik ander stappe in die keuringsprosedure. (6) 3.4 Bespreek die impak van byvoordele op besighede. (6) 3.5 Beskryf kortliks TWEE gehalteaanwysers van die administrasiefunksie. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEGA VERVAARDIGERS BEPERK (MVB) Mega Vervaardigers Beperk spesialiseer in die vervaardiging van gehalte- meubels. MVB versoek altyd hulle kopers om terugvoering oor hul aankoop- ervaring te verskaf. Hulle voer gereelde gehalte-kontroles uit om die onnodige vervanging van masjinerie te voorkom. MVB is bewus van die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien dit swak geïmplementeer word. 3.6.1 Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur MVB geïmplementeer word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te beantwoord. TGB-ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.6.2 Bespreek die impak van TGB indien besighede dit swak implementeer. (4) 3.7 Gee besighede raad oor die belangrikheid van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 9 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige TWEE tipes besigheidsomgewings en noem die mate van beheer wat besighede oor ELKE omgewing het. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord. BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER 1. 2. (4) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. ZAKO GROOTHANDELAARS (ZH) Zako Groothandelaars het onlangs vir Zandile as hul hoofbedryfsbeampte (HBB) aangestel. Hulle het Mandla Elektrisiëns versoek om instandhoudings- dienste vir hulle elektriese toerusting te lewer. Identifiseer TWEE pilare van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) wat deur ZH geïmplementeer is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2 te beantwoord. BBSEB-PILARE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.3 Verduidelik enige TWEE soorte intensiewe strategieë. (6) 4.4 Bespreek maniere waarop besighede die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) kan nakom. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 10 DBE/2022 SS/NSS BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Gee enige TWEE voorbeelde van byvoordele. (2) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FOURIE LOGISTIEK (FL) Fourie Logistiek het 'n induksieprogram ontwikkel wat gebruik gaan word om nuwe werknemers te oriënteer. Die bestuur van FL het hulle werknemers op 'n toer van die perseel geneem. Hulle het ook al die nodige veiligheidsregulasies en -reëls uitgelig. 4.6.1 Haal TWEE aspekte van die induksieprogram uit die scenario hierbo aan. (2) 4.6.2 Bespreek die voordele van induksie vir besighede. (6) 4.7 Verduidelik die verskil tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie. (4) 4.8 Gee besighede raad oor maniere waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan verlaag. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V1 11 DBE/2022 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) verskaf 'n raamwerk om die kredietmark te reguleer. Dit beskerm die regte van verbruikers en verskaf riglyne oor hoe besighede hierdie Wet moet nakom. Besighede kan strafmaatreëls in die gesig staar indien hulle nie die Nasionale Kredietwet nakom nie. Skryf 'n opstel oor die Nasionale Kredietwet waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale Kredietwet.  Bespreek die impak van die NKW op besighede.  Verduidelik maniere waarop besighede die NKW kan nakom.  Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar indien hulle nie die Wet nakom nie. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Die menslikehulpbronbestuurder is verantwoordelik vir die opstel van die posbeskrywing en posspesifikasie. Geskikte aansoekers kan intern gewerf word deur verskillende werwingsbronne te gebruik. Die aansoekers moet vertroud wees met hulle rol tydens die onderhoud. Besighede moet seker maak dat die indiensnemingskontrak aan die regsvereistes van indiensneming voldoen. Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende menslikehulpbron-aktiwiteite insluit:  Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie.  Bespreek die impak van interne werwing op 'n besigheid.  Verduidelik die rol van die aansoeker tydens die onderhoud.  Gee besighede raad oor die regsvereistes van die indiensnemingskontrak. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all