Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES V1
2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)









View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 489.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
2
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
3
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet bevorder omvattende veiligheidsregulasies vir
werkgewers en werknemers in die werkplek:
A Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van
1998)
B Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
D Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes,
1997 (Wet 61 van 1997)
1.1.2 Sue Skryfbehoeftes het die … diversifikasiestrategie toegepas toe
hulle skoonmaakmiddels wat nuwe kliënte kon lok by hul produkreeks
gevoeg het.
A konsentriese
B horisontale
C konglomerasie-
D vertikale
1.1.3 Die kassiere van Sonskyn Supermark het nie die vaardigheid om die
nuwe kasregisters te gebruik nie. Dit is 'n voorbeeld van 'n … in 'n
SSGB('SWOT')-ontleding.
A sterk punt
B swak punt
C geleentheid
D bedreiging
1.1.4 Besighede mag … as 'n bron van interne werwing gebruik om
beskikbare poste te adverteer.
A mondelinge oordrag ('word of mouth')
B professionele verenigings
C indiensnemingsagentskappe
D netwerke
1.1.5 KB Vervaardigers het gereelde kontroles en prosedures ingestel om
produkdefekte te voorkom. Dit verwys na … as 'n element van totale
gehaltebestuur.
A voldoende finansiering en kapasiteit
B deurlopende vaardigheidsontwikkeling
C monitering en evaluering van gehalteprosesse
D totale kliënte-tevredenheid (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
4
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
mediese hulp; tersiêre; Nasionale Kredietreguleerder; ekonomiese;
bestuur; sekondêre; sosiale; prestasie;
Werkloosheidsversekerings; Nasionale Kredietwet
1.2.1 Express Bank moet by die … geregistreer wees sodat hulle lenings
aan kliënte kan bied.
1.2.2 Jenny Groothandelaars werk in die … sektor omdat hulle in die
verspreiding van produkte spesialiseer.
1.2.3 'n Uitdaging van die PESTWO-analise wat besighede se
winsgewendheid as gevolg van hoë rentekoerse beïnvloed, staan
as die ... faktor bekend.
1.2.4 Die …-fonds is 'n verpligte voordeel wat korttermyn- finansiële
bystand aan werknemers bied wat hulle werk as gevolg van siekte
verloor.
1.2.5 Shesha Konstruksies implementeer gehalte-… deur instrumente en
tegnieke te gebruik om die gehalte van hulle produkte te verbeter.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
5
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Leerlingskap A verseker volle betrokkenheid van
al die werknemers om kliënte se
1.3.2 Markontwikkeling behoeftes te bevredig
1.3.3 Werwing B verskaf gereelde persverklarings
aan die gemeenskap
1.3.4 Totale gehaltebestuur
C beoog om nuwe produkte in
1.3.5 Openbarebetrekkinge- bestaande markte bekend te stel
funksie
D skakel ongeskikte kandidate vir
beskikbare vakante poste uit
E teoretiese en praktiese
opleidingsgeleenthede wat tot 'n
erkende kwalifikasie lei
F verseker dat kliënte se behoeftes
volgens gestandaardiseerde
spesifikasies bevredig word
G beoog om bestaande produkte in
'n nuwe mark te verkoop
H vind potensiële kandidate vir
beskikbare vakante poste
I praktiese opleidingsgeleenthede
vir deurlopende professionele
ontwikkeling
J verskaf betyds betroubare data
aan bestuur
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
6
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige TWEE verbruikersregte soos in die Wet op
Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) gestipuleer. (2)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van diversifikasiestrategieë. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REËNBOOG MEUBELVERVAARDIGERS (RM)
Reënboog Meubelvervaardigers het Woody Meubelvervaardigers oorgeneem
om kompetisie in die mark te verminder. Die bestuur van RM evalueer hulle
strategieë gereeld.
2.3.1 Identifiseer die tipe integrasiestrategie in die scenario hierbo. (2)
2.3.2 Bespreek die stappe in strategie-evaluering. (6)
2.4 Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte-
model kan toepas om hulle posisie in die markomgewing te analiseer:
2.4.1 Krag van kopers (4)
2.4.2 Bedreiging van substitusie/plaasvervangers (4)
2.5 Bespreek maniere waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (6)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KATLEGO LOGISTIEKE (KL)
Katlego Logistieke voldoen aan die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
(Wet 66 van 1995) deur die regte van werknemers in die werkplek in ag te
neem. Werknemers neem deel aan wettige stakings sonder enige vrees vir
viktimisasie. Hulle word ook deur KL uitgesluit om beskadiging van die
eiendom te verhoed. Die vakbondverteenwoordigers word tyd af gegee om
aan hulle onderskeie pligte aandag te gee.
2.6.1 Haal TWEE regte van werknemers volgens die Wet op
Arbeidsverhoudinge uit die scenario hierbo aan. (2)
2.6.2 Verduidelik ander regte van werknemers in terme van die WAV. (4)
2.7 Gee besighede raad oor die strategiese bestuursproses. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
7
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem die TWEE komponente van posontleding. (2)
3.2 Beskryf kortliks die redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SEAVIEW EIENDOMME (SE)
Seaview Eiendomme bied aanloklike byvoordeelpakkette aan om
werknemersomset te verminder. SE moedig werknemers aan om
opleidingsprogramme by te woon. Werknemers is ook lojaal en gewillig om
meer as hulle plig te doen.
3.3.1 Haal TWEE voordele van byvoordele uit die scenario hierbo aan
wat op SE van toepassing is. (2)
3.3.2 Verduidelik ander voordele van byvoordele vir besighede. (4)
3.4 Gee besighede raad oor die impak van eksterne werwing. (6)
3.5 Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die produksiefunksie. (4)
3.6 Verduidelik die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering
aan prosesse en stelsels. (4)
3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOBUS MOTORONDERDELE (KMO)
Kobus Motoronderdele is 'n groot besigheid wat verskillende
voertuigonderdele regoor die land verkoop. Hulle voer kontroles gedurende
en na die produksieproses uit. KMO implementeer ook totale kliënte-/klante-
tevredenheid om voor te bly met die nuutste ontwikkelings in die mark.
3.7.1 Identifiseer die gehaltekonsep wat deur KMO in die scenario hierbo
geïmplementeer is. (2)
3.7.2 Bespreek die impak van totale kliënte-/klantetevredenheid as 'n
totale gehaltebestuur(TGB)-element op groot besighede. (6)
3.8 Gee besighede raad oor die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
8
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER bepalings van Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV),
1997 (Wet 75 van 1997). (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZALO ONDERNEMINGS (ZO)
Zalo Ondernemings verkoop 'n verskeidenheid produkte aan verskillende
klante. ZO ontvang hulle voorraad altyd laat van Smart Groothandelaars. Die
bestuur van ZO vind dit moeilik om onproduktiewe werknemers te hanteer.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 tot 4.2.3 te
beantwoord.
UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
4.2.1 4.2.2 4.2.3
1.
2.
4.2.1 Haal TWEE uitdagings vir ZO uit die scenario hierbo aan. (2)
4.2.2 Klassifiseer ZO se uitdagings volgens die besigheidsomgewings. (2)
4.2.3 Noem die mate van beheer wat ZO oor ELKE omgewing het, wat in
VRAAG 4.2.2 genoem is. (2)
4.3 Bespreek enige TWEE soorte defensiewe strategieë. (6)
4.4 Gee besighede raad oor die rol van SOOO's ('SETAs') ter ondersteuning van
die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
9
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Beskryf kortliks die plasingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (4)
4.6 Verduidelik TWEE salarisbepalingsmetodes. (6)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
VASHNI BEPERK (VB)
Vashni Beperk gebruik aggressiewe advertensieveldtogte om hulle
klantebasis te vergroot. Jabu, die senior bestuurder, stel begrotings op om
akkurate aanwending van monetêre hulpbronne te verseker.
Identifiseer TWEE besigheidsfunksies wat op VB van toepassing is. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord.
BESIGHEIDSFUNKSIES MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.8 Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
kan verminder. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1
Downloaded from
10
hlayiso.com DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op
'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van
2003) is een van die gewilde Wette wat beide besighede en aangewese groepe
bevoordeel. Besighede moet kennis dra van die voordele van die Wet op hulle
bedrywighede om strafmaatreëls vir nienakoming te vermy. Hulle moet ook
bestuursbeheer en eienaarskap as deel van die pilare van BBSEB toepas.
Skryf 'n opstel oor die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging waarby jy
die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die doel van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Verduidelik die voordele van die Wet op BBSEB vir besighede.
Bespreek strafmaatreëls wat besighede in die gesig mag staar vir nienakoming van
die Wet.
Stel maniere voor waarop besighede die volgende pilare van die BBSEB in die
werkplek kan toepas:
o Bestuursbeheer
o Eienaarskap [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE))
Besighede volg die regte keuringsprosedure om vakante poste te vul om verkwistende
uitgawes te beperk. Hulle maak ook seker dat die onderhoudvoerders hulle rol
verstaan voordat onderhoude gevoer word. Die suksesvolle kandidate en werkgewers
moet die regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak ken. Besighede moet ook
verseker dat nuut aangestelde werknemers behoorlike induksie kry.
Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die keuringsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteite.
Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud.
Bespreek die regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak.
Gee besighede raad oor die doel van induksie. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper