Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
BESIGHEIDSTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)







%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
View all





BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP JUNE2023 Afrikaans hlayiso.com
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 367.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
VRAAG PUNTE TYD
AFDELING
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE.
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet bevorder diversiteit in die werksplek deur seker te maak
dat mense van verskillende agtergronde aangestel word:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997)
B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
D Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
2008)
1.1.2 David Handelaars hanteer uitdagings van die … faktor as ʼn
PESTWO-element deur geld by Wealth-Bank te leen wanneer
rentekoerse gunstig is.
A ekonomiese
B politiese
C sosiale
D wetlike
1.1.3 Opblaas Myne word in die … sektor bedryf omdat hulle in die
ontginning van steenkool spesialiseer.
A tersiêre
B primêre
C ekonomiese
D sekondêre
1.1.4 Die proses om ʼn werknemer se vaardighede en vermoëns by die
vereistes van ʼn pos te pas:
A Indiensneming
B Keuring
C Werwing
D Plasing
1.1.5 Die … funksie is verantwoordelik vir die ontwikkeling van effektiewe
strategiese planne.
A algemene-bestuurs-
B openbare-betrekkinge-
C finansiële
D produksie-
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2023)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
gehaltesirkels; afdanking; PESTWO; twee; bedanking; drie;
geen; totale gehaltebestuur; SSGB; sommige
1.2.1 Werknemers kan ʼn maksimum van … ure oortyd per dag werk.
1.2.2 Lumo Ligte het … beheer oor politiese veranderinge.
1.2.3 Andile Handelaars het ʼn …-analise saamgestel om uitdagings in hul
interne omgewing te identifiseer.
1.2.4 Die beëindiging van ʼn indiensnemingskontrak as gevolg van
wangedrag staan as … bekend.
1.2.5 Besighede gebruik … om die behoeftes van verbruikers bo hulle
verwagtinge te bevredig.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Wet op Breë-basis- A kan in elk van die besigheidsfunksies
Swart Ekonomiese vir aanspreeklikheid gebruik word
Bemagtiging
1.3.2 Konsentriese B implementeer verandering op klein-
diversifikasie skaal om die gehalte van produkte te
verbeter
1.3.3 Posontleding C het slegs ʼn paar voorheen benadeelde
mense bevoordeel
1.3.4 Handel soos nodig D besigheid voeg ʼn nuwe produk by wat
met bestaande produkte verband hou
1.3.5 Gehalteprestasie E die proses om nuwe werknemers aan
die besigheid se aspekte bekend te
stel
F het ʼn breër basis van voorheen
benadeelde mense bevoordeel
G implementeer verandering op ʼn wyer
skaal om die gehalte van produkte te
verbeter
H beskrywing van die pligte en die
spesifieke kwalifikasies wat nodig is vir
die pos
I besigheid voeg ʼn nuwe produk by wat
nie met bestaande produkte verband
hou nie
J kan verkry word indien al die
besigheidsfunksies saamwerk
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER pilare van die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4)
2.2 Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale
Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005). (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VARS GROENTE (VG)
Vars Groente spesialiseer in die verkoop van vrugte en groente. Grootskaalse
oorstromings in die gebied het hul stoorkamer beskadig. Die werknemers van
VG het vir groot salarisverhogings gevra. Reuse Vrugte het ook ʼn nuwe tak
oorkant die straat van Vars Groente oopgemaak.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 te
beantwoord.
UITDAGINGS (2.3.1) BESIGHEIDSOMGEWINGS (2.3.2)
1.
2.
3.
2.3.1 Haal DRIE uitdagings vir VG uit die scenario hierbo aan. (3)
2.3.2 Klassifiseer VG se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3)
2.4 Verduidelik die reg op openbaarmaking en inligting as een van die
verbruikersregte ingevolge die Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
2008). (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ROYAL MOTORS (RM)
Royal Motors vervaardig hibriede voertuie. Elke ongeluk in die fabriek wat lei tot
ʼn werknemerbeserings, word deur RM se bestuur aangemeld.
2.5.1 Identifiseer die Wet waaraan RM in die scenario hierbo voldoen. (2)
2.5.2 Verduidelik die strafmaatreëls waarvoor RM te staan kan kom vir nie-
nakoming van die Wet geïdentifiseer in VRAAG 2.5.1. (6)
2.6 Bespreek hoe besighede die bedreiging van substitusie as deel van Porter se
Vyf kragte-model kan toepas om hul posisie in die markomgewing te analiseer. (4)
2.7 Evalueer die impak van die Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997) op besighede. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem DRIE bronne van eksterne werwing. (3)
3.2 Beskryf kortliks die keuringsprosedure. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STER HAARSALON (SH)
Ster Haarsalon bied verskeie haarbehandelings aan hul kliënte. Die
werknemers by SHS word R200 betaal vir elke behandeling wat hulle doen.
3.3.1 Identifiseer die salarisbepalingsmetode wat SH gebruik om hul
werknemers te vergoed. (2)
3.3.2 Verduidelik EEN ander salarisbepalingsmetode wat besighede kan
gebruik om hul werknemers te vergoed. (3)
3.4 Bespreek die voordele van induksie vir besighede. (6)
3.5 Beskryf kortliks die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CHIPS HANDELAARS (CH)
Chips Handelaars is ʼn groot kleinhandelonderneming en gebruik ʼn
aggressiewe advertensieveldtog om hul markaandeel te vergroot. CH plaas
bestellings betyds en volg op ʼn gereelde basis op om te verseker dat hul
voorraad betyds afgelewer word. Die bestuur handhaaf voorraadbeheerstelsels
om die sekuriteit van voorraad te verseker.
3.6.1 Haal TWEE gehalteaanwysers van die aankoopfunksie vanuit die
scenario hierbo aan. (2)
3.6.2 Verduidelik ander gehalteaanwysers van die aankoopfunksie. (4)
3.7 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)
3.8 Gee groot besighede raad oor die voordele van totale kliënte-/klante-
tevredenheid as ʼn element van totale gehaltebestuur (TGB). (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige TWEE soorte integrasiestrategieë. (2)
4.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO’s in hulle ondersteuning van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (4)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SILWER DEURE (SD)
Silver Deure spesialiseer is die vervaardiging van aluminium-deure in die
Oos-Kaap. Hulle het onlangs ʼn nuwe tak in die Vrystaat oopgemaak.
4.3.1 Identifiseer die soort intensiewe strategie wat Silwer Deure in die
scenario hierbo gebruik. (2)
4.3.2 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë. (6)
4.4 Stel maniere voor waarop besighede die Wet op Arbeidsverhoudinge
(WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) kan nakom. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER voorbeelde van byvoordele. (4)
4.6 Beskryf kortliks die voordele van interne werwing vir besighede. (6)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
TEËLS BEPERK (TB)
Teëls Beperk is ʼn groot onderneming wat spesialiseer in die vervaardiging
van hoë gehalte keramiekteëls. TB voer gereelde inspeksies uit om te
verhoed dat masjinerie onnodig vervang word. Hulle kan bekostig om
stelsels in plek te hê om defekte in hul teëls te voorkom.
4.7.1 Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat
deur TB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.7.1 te beantwoord.
TGB-ELEMENTE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.8 Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
kan verminder. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)
Besighede gebruik die strategiese bestuursproses om uitdagings wat hul omgewing
stel, aan te spreek. Baie besighede implementeer verskillende soorte defensiewe
strategieë en ander pas die PESTWO-faktore toe om uitdagings in die makro-
omgewing te identifiseer. Besighede moet verstaan hoe om hul strategieë te
evalueer.
Skryf ʼn opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die proses van strategiese bestuur
• Bespreek DRIE soorte defensiewe strategieë
• Verduidelik hoe volgende PESTWO-faktore uitdagings vir besighede inhou:
o Tegnologiese
o Wetlike
• Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer strategieë
geëvalueer word [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)
Die menslikehulpbronbestuurder verseker dat die korrekte werwingsprosedure
gevolg word en speel ʼn belangrike rol tydens die onderhoudproses. Die suksesvolle
kandidaat sal byvoordele aangebied word en besighede moet die verband tussen
salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997) verstaan.
Skryf ʼn opstel oor die menslikehulpbron-funksie waarin jy die volgende aktiwiteite
aanspreek:
• Beskryf kortliks die werwingsprosedure
• Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud
• Bespreek die impak van byvoordele op besighede
• Gee besighede raad oor die verband tussen salarisbepalings en die Wet op
Basiese Diensvoorwaardes [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers

Question paper
Business Studies P1 Nov 2025 Afr
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
BSTD P1 QP AFR JUNE 2024

Question paper
Business Studies P1 Nov 2024 Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Business Studies P1 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Business Studies P1 May June 2023 Eng hlayiso.com
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga

Memorandum
KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo hlayiso.com

Memorandum