You're offline
Skip to content
CAPS document

CAPS SAL Akrikaans FP.pdf

Subject: UnknownGrades 1, 2, 364 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
AFRIKAANS SECOND ADDITIONAL LANGUAGE National Curriculum Statement (NCS) Curriculum and Assessment Policy Statement GRONDSLAGFASE GRAAD 1 – 3
Department of Basic Education 222 Struben Street Private Bag X895 Pretoria 0001 South Africa Tel: +27 12 357 3000 Fax: +27 12 323 0601 120 Plein Street Private Bag X9023 Cape Town 8000 South Africa Tel: +27 21 465 1701 Fax: +27 21 461 8110 Website: http://www.education.gov.za © 2016 Department of Basic Education DRAFT COPY
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 INHOUD AFDELING 1: INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING . . . . . . . 4 1.1 Agtergrond . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4 1.2 Oorsig . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4 1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5 1.4 TYDSTOEKENNING . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 1.4.1 Grondslagfase . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 1.4.2 Intermediêre Fase . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 1.4.3 Senior Fase . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 1.4.4 Graad 10-12 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 AFDELING 2 Die TWEEDE ADDISIONELE TAAL IN DIE GRONDSLAGFASE . . . . . . . . . . . . . . . . . . 9 2.1 TALE IN DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING . . . . . . . . . . . . . . . . . 9 2.1.1 Taalvlakke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 9 2.1.2 Doelwitte vir die aanleer van die Tweede Addisionele Taal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 10 2.1.3 Onderrig in die Tweede Addisionele Taal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12 2.1.4 Die taalvaardighede vir die Tweede Addisionele Taal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 13 2.1.5 Tipes Geletterdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14 2.1.6 Taalstruktuur en Gebruik . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 17 2.1.7 Onderwerpe en temas . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 18 2.1.8 Pedagiek en Metodiek . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 18 2.1.9 KLASKAMERBESTUUR EN HULPMIDDELS . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 18 2.2 ASSESSERING IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 2.3 TYDSTOEKENNING EN DIE ROOSTER . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 2.4 PROMOSIE EN PROGRESSIE IN DIE GRAAD 1-3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 2.5 OPTEKENING EN RAPPORTERING: GRAAD 1 – 3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 2.6 LEER- EN ONDERRIGONDERSTEUNINGSMATERIAAL . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19 AFDELING 3: OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 21 3.1 GRAAD 1 TWEEDE ADDISIONELE TAAL . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 25 3.2 GRAAD 2 TWEEDE ADDISIONELE TAAL . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 34 3.3 GRAAD 3 TWEEDE ADDISIONELE TAAL . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 47 WOORDELYS . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 62 KABV 3
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 AFDELING 1 INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING 1.1 Agtergrond Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 bepaal beleid ten opsigte van kurrikulum en assesserings- aangeleenthede in die skoolsektor. Ten einde die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring te verbeter, is dit aangepas en die aanpassings tree in Januarie 2012 in werking. ‘n Enkele samevattende Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring is vir elke vak ontwikkel om die ou Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne in Graad R-12 te vervang. 1.2 Oorsig (a) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) is ‘n beleidsverklaring vir leer en onderrig in Suid-Afrikaanse skole en bestaan uit die volgende dokumente: (i) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir al die goedgekeurde vakke in hierdie dokument opgeneem; (ii) Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12; en (iii) Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12 (Januarie 2012). (b) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) vervang die huidige twee Nasionale Kurrikulumverklarings, naamlik: (i) Nasionale beleid met betrekking tot Algemene Onderwysprogramme: Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole), gepromulgeer in Staatskoerant No. 23406 van 31 Mei 2002; en (ii) Nasionale kurrikulumverklaring Graad 10-12 Staatskoerante, No. 25545 van 6 Oktober 2003 en No. 27594 van 7 Mei 2005. (c) Die Nasionale Kurrikulumverklarings, soos vervat in subparagrawe b(i) en (ii), wat uit die volgende beleidsdokumente bestaan, word jaarliks toenemend deur die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012), gedurende die periode 2012 - 2014, herroep en vervang: (i) die Leerarea-/Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne vir Graad R-9 en Graad 10-12; (ii) die beleidsdokument, Nasionale beleid ten opsigte van assessering en kwalifikasies vir skole in die Algemene Onderwys- en Opleidingsfase, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing No. 124, in Staatskoerant No. 29626 van 12 Februarie 2007; (iii) die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), gepromulgeer in Staatskoerant No.27819 van 20 Julie 2005; (iv) die beleidsdokument, ‘n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot leerders met spesiale leerbehoeftes, gepromulgeer in Staatskoerant, No. 29466 van 11 Desember 2006, word geïnkorporeer in die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12; en 4 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 (v) die beleidsdokument, ‘n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing, No. 1267, in Staatskoerant No. 29467 van 11 Desember 2006. (d) Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 en die afdelings oor die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring soos in Afdeling 2, 3 en 4 van hierdie dokument vervat, beslaan die norme en standaarde van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10-12. Die uitkomste en standaarde wat behoudens artikel 6(A) van die Suid- Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996) bepaal is, sal die grondslag vorm vir die Minister van Basiese Onderwys om die minimum uitkomste en standaarde, sowel as die prosesse en prosedures vir die assessering van leerderprestasie wat van toepassing sal wees op openbare en onafhanklike skole, te bepaal. 1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum (a) Die Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 vorm die grondslag van wat beskou kan word as die kennis, vaardighede en waardes wat noodsaaklik is om te leer. Dit sal verseker dat leerders kennis en vaardighede verwerf en toepas op maniere wat betekenisvol is vir hulle lewens. Hiervolgens bevorder die kurrikulum die idee van begronde kennis binne plaaslike, bekende kontekste en terselfdertyd toon dit sensitiwiteit ten opsigte van globale vereistes. (b) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 het die volgende doelwitte: • om leerders, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese of intellektuele vermoë, toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is vir selfvervulling en betekenisvolle deelname in die samelewing as burgers van n vrye land; • om toegang tot hoër onderwys te verskaf; • om die oorgang van leerders vanaf onderwysinstellings na die werkplek te fasiliteer; en • om aan werkgewers n voldoende profiel van ‘n leerder se vermoëns te verskaf. (c) Die Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is op die volgende beginsels gebaseer: • Sosiale transformasie: Dit verseker dat onderwysongelykhede van die verlede aangepak word en dat gelyke onderwysgeleenthede aan alle sektore van die bevolking voorsien word; • Aktiewe en kritiese leer: Dit moedig ‘n aktiewe en kritiese benadering tot leer aan eerder as om te leer sonder om te begryp, en niekritiese leer van gegewe waarhede; • Hoë kennis en hoë vaardighede: Dit is die minimum standaarde vir die kennis en vaardighede wat in elke graad verwerf moet word, word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke; • Progressie: Die inhoud en konteks van elke graad toon progressie van die eenvoudige tot die komplekse • Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: Die infasering van die beginsels en praktyke van sosiale en omgewingsgeregtigheid en menseregte soos dit in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word. Die National Curriculum Statement Grades R-12 is veral sensitief vir kwessies wat diversiteit weerspieël soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdhede en ander faktore; • Waardering vir inheemse kennissisteme: Om erkenning te gee aan die ryke geskiedenis en erfenisse van hierdie land as bydraende faktore om die waardes in die Grondwet te laat gedy; en KABV 5
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 • Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid: Dit voorsien onderwys wat vergelykbaar is met internasionale standaarde in terme van kwaliteit, omvang en diepte. (d) Die National Curriculum Statement Grades R-12 stel in die vooruitsig dat leerders die volgende kan doen: • identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke; • werk doeltreffend saam met ander as lede van n span, groep, organisasie en gemeenskap; • organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend; • versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities; • kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme; • gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; en • begryp die wêreld is n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie. (e) Inklusiwiteit behoort ‘n belangrike deel van organisering, beplanning en onderrig by elke skool te vorm. Dit kan alleenlik gebeur indien alle onderwysers deeglik begryp hoe om leerstruikelblokke te herken en aan te pak, asook hoe om vir diversiteit te beplan. Die sleutel tot die goeie bestuur van inklusiwiteit is die versekering dat struikelblokke geïdentifiseer en aangespreek word deur al die ondersteuningsisteme binne die skoolgemeenskap, insluitend onderwysers, distriksondersteuningspanne, institusionele ondersteuningspanne, ouers en spesiale skole wat kan dien as hulpbronsentrums. Om die leerhindernisse in die klaskamer aan te spreek, behoort onderwysers verskeie kurrikulêre strategieë vir differensiëring te gebruik soos uiteengesit in die Departement van Basiese Onderwys se Riglyne vir Inklusiewe Onderrig en Leer (2010). 6 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 1.4 TYDSTOEKENNING 1.4.1 Grondslagfase (a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui: VAK GRAAD R GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 Huistaal 10 8/7 8/7 8/7 Eerste Addisionele Taal N/A 3/2 3/2 3/4 Tweede Addisionele Taal N/A 1 1 1 Wiskunde 7 7 7 7 Lewensvaardighede 6 6 6 7 • Aanvangskennis (1) (1) (1) (2) • Skeppende Kunste (2) (2) (2) (2) • Liggaamlike Opvoeding (2) (2) (2) (2) • Persoonlike en Sosiale Welsyn (1) (1) (1) (1) TOTAAL 23 24 24 26 (b) Die onderrigtyd vir Graad R is 23 uur, vir Graad 1-2 is dit 24 uur en vir Graad 3 is dit 26 uur. (c) Die onderrigtyd vir Huistaal in Graad Ris 10 uur. ‘n Maksimum tyd van 8 uur en ‘n minimum tyd van 7 uur word aan Huistaal vir Graad 1-3 toegeken. Vir Eerste Addisionele Taal in Graad 1-3 word ‘n maksimum tyd van 3 uur en ‘n minimum tyd van 2 uur toegeken, en in Graad 3 word ‘n maksimum tyd van 4 uur en ‘n minimum tyd van 3 uur toegeken. Vir Tweede Addisionele Taal in Graad 1-3 word 1 uur toegeken. (d) Die onderrigtyd vir Wiskunde in Graad 1-3 is 7 uur. Vir Lewensvaardighede in Graad R-2 is dit 6 uur; en vir Lewensvaardighede in Graad 3 is dit 7 uur. 1.4.2 Intermediêre Fase (a) Die onderstaande tabel dui die vakke en onderrigtyd in die Intermediêre Fase aan: VAK URE Huistaal 6 Eerste Addisionele Taal 5 Tweede Addisionele Taal 2 Wiskunde 6 Natuurwetenskappe en Tegnologie 3.5 Sosiale Wetenskappe 3 Lewensvaardighede 4 • Skeppende Kunste (1.5) • Liggaamlike Opvoeding (1) • Persoonlike en Sosiale Welsyn (1.5) TOTAAL 29.5 KABV 7
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 1.4.3 Senior Fase a) Onjderrigtyd in die Senior Fase is soos volgl: VAK URE Huistaal 5 Eerste Addisionele Taal 4 Tweede Addisionele Taal 2 Wiskunde 4.5 Natuurwetenskappe 3 Sosiale Wetenskappe 3 Tegnologie 2 Ekonomiese Bestuurswetenskappe 2 Lewensoriëntering 2 Skeppende Kunste 2 TOTAAL 29.5 1.4.4 Graad 10-12 (a) Die onderrigtyd in Graad 10-12 is soos volg: VAK Time allocation per week (hours) Huistaal 4.5 Eerste Addisionele Taal 4.5 Tweede Addisionele Taal 2 Wiskunde 4.5 Lewensoriëntering 2 Enige drie keusevakke uit Groep B (Bylaag B Tabel B1-B8) 12 (3x4h) van die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, onderhewig aan die voorbehoudsbepalings soos uiteengesit in paragraaf 28 van die genoemde beleidsdokument. TOTAAL 29.5 Die toegekende 29,5 uur per week mag slegs gebruik word vir die minimum vereistes vir vakke genoem in die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 soos hierbo gespesifiseer, en mag dus nie gebruik word vir addisionele vakke gevoeg by die lys van minimum vakke nie. Indien ʼn leerder addisionele vakke bykomend tot die lys van minimum vakke wil aanbied, moet voorsiening vir bykomende tyd vir die aanbieding van hierdie vakke gemaak word. 8 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 AFDELING 2 Die Tweede Addisionele Taal in die Grondslagfase. 2.1 TALE IN DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Dit is ook ‘n kulturele en estetiese middel wat mense deel om beter sin te maak van die wêreld waarin hulle leef. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf, hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander en om hul eie leefwêrelde te bestuur. Dit voorsien leerders ook van ’n ryk, kragtige en diepgewortelde stel beelde en idees wat hulle kan gebruik om hulle wêreld te verander en te verbeter. Deur taal word uitdrukking gegee aan kulturele diversiteit en word sosiale verhoudings opgebou en uitgeleef. Juis deur taal word hierdie verhoudings aangepas, verbreed en verfyn. 2.1.1 Taalvlakke Taalonderrig in die Intermediêre Fase sluit al die amptelike tale in Suid-Afrika in, naamlik Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Sepedi (Sesotho sa Leboa), Setswana, siSwati, Tshivenda en Xitliedjie ‘n – asook Gebaretaal en Nie-Amptelike Tale. Hierdie tale kan op verskillende vlakke aangebied word. Ook nie-amptelike tale soos Arabies, Frans, Duits, Gujarati, Joods, Hindi, Italiaans, Latyn, MOderne Grieks, Portugees, Spaans, Tamil, Telugu en Urdu. Taalleer in Graad 4 – 9 sluit alle amptelike tale van Suid-Afrika in. Al die amptelike tale kan op Huis-, Eerste Addisionele- of Tweede Addisionele Taalvlak aangebied word. Nie-amptelike tale kan aangebied word op ten minste Tweede Addisionele Taalvlak. Huistaal is die taal wat leerders eerste aanleer, terwyl Eerste Addisionele Taal die taal is wat bykomend tot die Huistaal geleer word. Die Tweede Addisionele Taal is ‘n bykomende taal wat ‘n leerder kan aanleer, wat breër kommunikasie en multilingualisme bevorder soos in die Grondwet en die Taal in die Opvoedingsbeleid (Language in Education Policy (LiEP) beliggaam. Die taal mag in die gemeenskap of kultuur gebruik word en nasiebou en interkulturele begrip versterk. Baie Suid-Afrikaanse skole bied twee tale op huistaalvlak aan, maar dit kan gebeur dat hierdie tale nie die huistaal van sommige of al die ingeskrewe leerders is nie. Dit beteken dat die name Huistaal en Eerste Addisionele Taal verwys na die vaardigheidsvlak waarop die tale aangebied word en nie na die moedertaal (Huistaal) of verworwe taal (soos in die addisionele tale) nie. Vir die doel van hierdie beleidsdokument verwys Huistaal dus na die onderrigvlak waarop dit aangebied word en nie na die taal op sigself nie. Huistaalvlak maak voorsiening vir taalvaardighede wat basiese interpersoonlike kommunikasievaardighede en kognitiewe akademiese vaardighede reflekteer. Klem word geplaas op die onderrig van luister, praat, lees en skryfvaardighede op hierdie taalvlak. Hierdie vlak voorsien ook die leerders van ‘n ‘n literêre, estetiese en kreatiewe vermoë wat hulle sal voorsien van die vermoë om te skep, verbeel en hul te bemagtig om die wêreld waarin hulle woon te verstaan. Die klem en punte toegeken is egter groter op Lees en Skryf van Graad 7 en verder as praat en luister omdat die eise op leerders se Geletterdheid vermeerder wanneer hulle voorberei vir verder en hoër opvoeding en die wêreld van werk. Die Eerste Addisionele Taal-vlak gaan van die standpunt uit dat leerders nie noodwendig enige kennis van die taal het wanneer hulle begin skoolgaan nie. Die kurrikulum in die eerste skooljare het ten doel om die leerder se vermoë om die taal te praat en te verstaan, te ontwikkel – basiese interpersoonlike kommunikasievaardighede. In Graad 2 en 3 begin leerders om geletterdheid te ontwikkel op grond van hulle mondelinge taalverwerwing. Hulle gebruik ook geletterdheidsvaardighede wat hulle alreeds in die Huistaal geleer het. KABV 9
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 In die Intermediêre en Senior Fase hou die leerders aan om hul luister, praat, lees en skryfvaardighede te versterk. Op hierdie stadium leer die meeste van hulle deur die medium van die Eerste Addisionele Taal, Engels, en behoort meer blootstelling daaraan te kry. Groter klem word geplaas op denke en beredenering. Dit stel die leerders in staat om hul kognitiewe en akademiese vaardighede te ontwikkel, wat hulle nodig het om vakke soos Wetenskap en Engels te studeer. Hulle gaan ook in groter diepte om met literêre tekste en begin om estetiese en kreatiewe vermoëns in hul Addisionele taal te ontwikkel. Teen die tyd dat leerders in die Senior Fase kom, behoort hulle redelik bedrewe in hul Eerste Addisionele Taal te wees ten opsigte van sowel interpersoonlike as kognitiewe akademiese vaardighede. In werklikheid kan baie leerders in hierdie stadium egter steeds nie goed in hul addisionele taal kommunikeer nie. Die uitdaging in die Intermediêre Fase is dus om hierdie leerders te ondersteun en om terselfdertyd ‘n kurrikulum te voorsien wat leerders in staat stel om aan die vereiste standaard van die daaropvolgende grade te voldoen. Hierdie standaarde moet sodanig wees dat leerders hul addisionele taal op ‘n hoë vlak kan gebruik om hulle voor te berei vir verdere of hoër onderwys of vir die wêreld van werk. Die Eerste Addisionele Taal-vlak gaan van die standpunt uit dat leerders nie noodwendig enige kennis van die taal het wanneer hulle begin skoolgaan nie. Dit fokus op die blootstelling aan Tweede Addisionele Taal is op die ontwikkelende leerder se vermoë om die taal te verstaan en te praat - basiese interpersoonlik kommunikasie vaardighede. In Graad 4 - 6 begin leerders om hul mondeling en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel. Hulle gebruik ook geletterdheidsvaardighede wat hulle alreeds in die Huistaal en Eerste Addisionele Taal geleer het. In Graad 7-9, sal die leerders aanhou hul Luister en Praatvaardighede te ontwikkel sowel as hul Lees- en Skryfvaardighede. Teen die tyd dat leerders in Graad 7 kom, behoort hulle te probeer om in hul Tweede Addisionele Taal te kommunikeer op beide interpersoonlike en sosiale vlakke. Die realiteit is egter dat baie leerders in hierdie stadium steeds nie in hul Addisionele taal kan kommunikeer nie. Die uitdaging in Graad 4-6, is daarom om ondersteuning te voorsien vir hierdie leerders terwyl die kurrikulum terselfdertyd die leerder bemagtig om die standaarde te bereik wat in die volgende graad verwag word. 2.1.2 Doelwitte vir die aanleer van die Tweede Addisionele Taal 2.1.2.1 Algemene doelwitte Bevordering van veeltaligheid Die Suid Afrikaanse Grondwet sowel as doe Taal in Onderwysbeleid bevorder veeltaligheid. Veeltaligheid is ‘n belangrike instrument vir sosiale samehorigheid, asook vir individuele en sosiale ontwikkeling. Suid-Afrika is ‘n veeltalige land met elf amptelike tale. Dit is daarom belangrik dat kinders so vroeg as moontlik ‘n addisionele taal aanleer. Daar is ook kognitiewe voordele. Navorsing het getoon dat die brein meer ontvanklik gemaak word indien ‘n addisionele taal aangeleer word. Die aanleer van ‘n addisionele taal is meer effektief indien kinders reeds oor ‘n vaste grondslag in hul moedertaal beskik, want die moedertaal vorm die basis vir die aanleer van ander tale in ‘n veeltalige omgewing. Wanneer kinders begin om ‘n addisionele taal in Graad 1 aan te leer, hetsy op Eerste Addisionele ( EAT) of Tweede Addisionele ( TAT) vlak, moet ‘n goeie mondelinge grondslag gelê word. Voorts moet hulle aan die geskrewe teks in die taal blootgestel word. Hulle moet na baie en eenvoudige taal luister wat hulle binne die konteks kan verstaan. ʼn Uitstekende metode is om na die onderwyser(es) te luister terwyl hy/sy voorlees uit groot gedrukte boeke met gekleurde prente en illustrasies (“tell and read stories”). Dit voorsien ‘n betekenisvolle konteks waarbinne woordeskat ontwikkel kan word en dra by tot die ontwikkeling van die kind se ontluikende geletterdheidsontwikkeling. Namate die kind se begrip toeneem, moet daar voldoende geleenthede geskep word om na die taal te luister en om die taal te praat op ʼn eenvoudige wyse. Geleenthede vir interaksie en werklike situasies moet geskep word, byvoorbeeld in die 10 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 vroeë stadiums kan eenvoudige opdragte uitgevoer word in die teikentaal. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat, indien kinders in hulle Huistaal kan lees en skryf, hulle die volgende kennis en geletterdheidsvaardighede in lees en skryf kan oordra na hulle Eerste en Tweede Addisionele tale: • Fonologiese bewuswording - die vermoë om lettergrepe en klanke op te breek en saam te voeg. • Ortografiese bewuswording - om te verstaan dat simbole op papier klanke verteenwoordig. • Alfabetiese bewuswording - om te verstaan dat letters klanke verteenwoordig en dat letters saamgevoeg word om woorde en sinne te vorm. • Om te verstaan dat die geskrewe woord betekenis bevat en dat, deur te lees, betekenis verkry word uit die woorde. • Begrippe soos dat ons van links na regs lees. • Gewoontes en gesindhede t.o.v. lees en skryf. Indien leerders met selfvertroue kan lees en skryf in hul Huistaal, kan hulle hierdie vaardighede oordra wanneer hulle lees en skryf in die Eerste Addisionele Taal en die Tweede Addisionele Taal (TAT). • Kennis van die inhoud. Inhoud wat bemeester word in een taal word oorgedra na ‘n ander taal. Indien ‘n tema behandel word in die Huistaal, voorsien dit die grondslag vir geletterdheidsontwikkeling in hulle EAT en TAT. In die geval van die Eerste Addisionele Taal behoort kinders met vertroue te kan lees en skryf in die teikentaal aan die einde van Graad 3, veral as dit die taal van onderrig en leer in Graad 4 is. In die geval van TAT, waar minder tyd beskikbaar is, sal die hoofklem val op mondelinge kommunikasie. Indien eenvoudige storieboeke gelees word in die EAT en TAT, sal kinders blootgestel word aan die teikentaal met gepaardgaande uitbreiding van hul woordeskat. Hulle kan ook die nuut aangeleerde skryfvaardighede gebruik om hul mondelinge ontwikkeling uit te brei (byvoorbeeld om woorde neer te skryf in hul eie woordelys - ‘n goeie strategie vir die ontwikkeling van woordeskat). Sosiale Samehorigheid (Kohesie) Die denke agter die bekendstelling van ‘n Tweede Addisionele Taal is om sosiale samehorigheid, diversiteit en inklusiwiteit (taal, kultuur, ras) in die klaskamer en skool te bevorder. Die aanleer van tale ontwikkel begrip en waardering vir uiteenlopende kulture. Die aanleer van ‘n nuwe taal behoort kulturele praktyke, gebruike en gewoontes in te sluit, byvoorbeeld wanneer iemand afkyk grond toe wanneer met ‘n ouer persoon gepraat word of die klap van hande wanneer dankie gesê word, ens. Skole moet verseker dat die taal wat op die tweede addisionele vlak aangebied word, een van die nege amptelike Afrikatale is. Die keuse van die taal word bepaal deur konsultasie met die skool se Beheerliggaam. Die hoofdoel van die TAT-Kurrikulum is om die gebruik van inheemse Afrikatale te bevorder en om die nie-sprekers van die taal te ondersteun om ‘n nuwe taal aan te leer, ten minste op TAT-vlak in Graad 1. Navorsing het getoon dat waar skole se onderrigtaal Afrikaans of Engels is, talle Afrikataalsprekers nie hierdie dominante tale gebruik in interaksie met hulle maats of onderwysers nie. Die TAT sal aan alle leerders die geleentheid bied om hulself uit te druk in ander tale bo en behalwe in Afrikaans en Engels. Onderwysers sal aangemoedig word om ander tale buiten Afrikaans en Engels te bevorder en om verskeidenheid en meertaligheid te akkomodeer. KABV 11
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 2.1.2.2 Spesifieke doelwitte Die aanleer van ‘n Tweede Addisionele Taal behoort die leerders in staat te stel om: • die taalvaardighede wat benodig word om op ‘n gepaste vlak in die teikentaal te komunikeer, op ‘n basiese vlak te bemeester; • die taal luister, praat, lees / kyk en skryf met groeiende vertroue en genot. Hierdie vaardighede en houdings vorm die basis vir lewenslange leer; • hulself uit te druk, mondeling en skriftelik en om gemaklik in die taal te voel; • taal en hul verbeelding te gebruik om meer oor hulself en die verskillende kulture en die wêreld rondom hulle te leer. Dit sal hulle bemagtig om hul ervarings en bevindings van die wêreld rondom hulle mondelings en skriftelik uit te druk; • taal te bekom en te gebruik om in verskillende kontekste te kommunikeer. Inligtingsgeletterdheid is ‘n sleutelvaardigheid in ‘inligtingera” en vorm die basis vir lewenslange leer; • taal as ‘n middel vir uitdrukking oor bekende onderwerpe te gebruik; vir interaksie met ‘n verskeidenheid van bekende tekste; en vir lees vir genot, basies inligting en kommunikasie. 2.1.3 Onderrig in die Tweede Addisionele Taal Om ‘n Tweede Addisionele Taal effektief aan te leer, het ‘n mens so veel as moontlik blootstelling daaran nodig om aan taalvermoë en gespreksvaardigheid te bou. Onderwysers behoort daarom seker te maak dat die leerders daarna luister en dit lees in die tyd wat daarvoor toegeken is. Die leerders het nodig om na die Addisionele Taal te luister vir inligting en begrip (bv. ‘n dialoog) asook vir genot (bv. ‘n liedjie). Meer belangrik is dat hulle geleenthede nodig het om in die Addisionele Taal te lees en kyk vir inligting (bv. hoe om ‘n toebroodjie te maak) en genot (bv. ‘n eenvoudige storie). Navorsing het gewys dat die beste manier om ‘n groot woordeskat te ontwikkel is deur gepaste tekste te lees. Dit is belangrik dat mondeling, geskrewe en visuele tekste op die regte vlak vir die leerders moet wees. As tekset te moeilik is, mag dit hulle afskrik en hulle sal ontmoedig word om lees en nie enigiets leer nie. As dit te maklik is, sal daar weinig uitdaging wees en min leer sal plaasvind. ‘n Belangrike rol van die taalonderwyser is om die vlak van die teks by die leerders te pas. Regdeur die Intermediêre Fase behoort leerders na tekste te luister en tekste te lees wat in lyn is met hul ontwikkelende taalvaardighede. Leerders moet die doel verstaan waarom hulle praat. Regdeur die Intermediêre Fase behoort leerders mondeling oefeninge te doen wat in lyn is met hul ontwikkelende taalvaardighede. Dit is nodig dat leerders gereelde en tydige terugvoering kry oor hul mondeling vaardighede, sodat hulle weet waar en hoe om te verbeter. ‘n Belangrike rol van ‘n taalonderwyser is om leerders te voorsien van goeie terugvoering, wat die kern is van goeie assessering. In Graad 4 – 6, is dit belangrik dat: • daar ‘n sterk fokus op Luister en Praat is; • daar voortdurend ondersteuning is vir die ontwikkeling van woordeskat, sin- en paragraaf konstruksie, en taalstrukture en -konvensies in konteks; en • leerders met ‘n verskeidenheid van tekste, insluitend visuele teks werk. Die tekste moet in moeilikheidgraad verhoog soos hulle van graad tot graad beweeg. 12 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 2.1.4 Die taalvaardighede vir die Tweede Addisionele Taal Die Tweede Addisionele Taal (TAT) sal onderrig word in Graad 1 tot 3 in al die 11 amptelike tale. Die fokus van die TAT Kurrikulum is op die ontwikkeling van mondelinge kommunikasie-vaardighede. Die TAT Kurrikulum sal die volgende hoofvaardighede dek, naamlik: • Luister en praat: mondelinge kommunikasie en Dink, redeneer en taalstruktuurvaardighede sal vaardighede in taalontwikkeling geïntegreer word met luister, praat en ontluikende geletterdheidsvaardighede. • Ontluikende geletterdheidsvaardighede (fonologiese bewustheid, fonemiese bewustheid, ontluikende lees en skryf) Die klem van die TAT val op mondelinge taalonderrig en die ontwikkeling van basiese interpersoonlike kommunikasievaardighede. Die fokus is op luister- en praatvaardighede wat groet, reaksie op opdragte en versoeke insluit. Hier word gebruik gemaak van formele taaluitdrukkings, asook deelname aan eenvoudige dialoë. Die onderwyser wat met die TAT in Graad 1 begin, moet die idee van ‘n addisionele taal op eenvoudige wyse aan die jong leerders oordra. ʼn Goeie manier is om van ʼn handpop gebruik te maak. Die pop kry dan ʼn naam in die addisionele taal, byvoorbeeld Anna die handpop. Die onderwyser stel die handpop voor gedurende die eerste les en meld dat Anna glad nie Setswana of Engels kan praat nie; net Afrikaans. Die kinders mag dus net Afrikaans praat met Anna. Anna word ‘n permanente deel van die TAT-klas. ‘n Tweede handpop kan ook bekend gestel word, byvoorbeeld Pieter die handpop, om verskillende interaksies te illustreer, byvoorbeeld om die kinders te leer groet. Wanneer tale mondelings aangeleer word, moet daar baie herhaling wees om memorisering aan te help. Aksie-liedjies, gediggies, Herhaalde Storievertelling en Gedeelde Lees moet daarom die hoofaktiwiteite in die TAT-Kurrikulum wees. Kinders kan ook formele taal aangeleer word, byvoorbeeld die wyse waarop daar gegroet word. ‘n Ander metode wat suksesvol toegepas kan word is die Totale Fisiese Reaksie (TFR), ‘n vorm van nie-verbale kommunikasie. Kinders reageer op opdragte en bevele op ‘n prettige wyse deur speletjies soos “Simon sê”. Aksieliedjies en gediggies is ook vorms van TFR. Samespraak (koorspraak) van kernwoorde en kort gedeeltes uit stories (vertel en gelees), liedjies en gediggies moet deel vorm van die alledaagse aktiwiteite in die klaskamer. Kernwoordeskat en frases uit verhale, liedjies en rympies kan daagliks in die klaskamer gebruik word as deel van ‘n geïntegreerde roetine om sodoende geleenthede te skep om die woorde te gebruik en hulle eie te maak. ‘Woordmure’ (“word walls”) kan geskep word om die onderwyser en leerders te herinner aan watter woorde reeds aangeleer is. Wanneer leerders in hul eie taal kan skryf, kan hierdie woorde in hul eie persoonlike woordeboekies/woordelyste geskryf word en in woordspeletjies en vasvrae ingesluit word. Sodra kinders in hulle huistaal kan lees en skryf (aan die einde van graad 1), kan hulle die kennis gebruik as ʼn hulpmiddel om die Tweede Addisionele Taal aan te leer. Hulle kan byvoorbeeld Grootboeke met heelwat illustrasies en eenvoudige teks saam met hulle juffrou lees. Hulle kan ‘n klaskamerteks in die Tweede Addisionele Taal lees ( byvoorbeeld woordkaarte, woordmure, plakkate ) en sal baie eenvoudige boeke in die Tweede Addisionele Taal kan lees indien dit deel vorm van die leeshoekie. Hulle kan nuwe woorde in ʼn persoonlike woordeboekie skryf en dit selfs leer. Dit sal leerders meer blootstel aan die Tweede Addisionele Taal en hulle help om hulle woordeskat te ontwikkel. KABV 13
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 Die TAT-Kurrikulum vir die Grondslagfase is soos volg saamgestel: • inhoud, begrippe en vaardighede wat per kwartaal aangeleer moet word; • riglyne t.o.v. tydstoewysing; • voorstelle vir informele assessering; en • lys van aanbevole bronne/ hulpmiddels per graad. 2.1.5 Tipes Geletterdheid TAT-lesse behoort mondelinge-, visuele-, numeriese- en teks-geletterdheid te bevat. Onderwysers moet aangemoedig word om die Huistaal te gebruik om die TAT aan te leer waar van toepassing. Die alfabet en lettervorming in Afrikatale is dieselfde as in Engels. TAT-leerders sal byvoorbeeld in staat wees om te tel en sal die getalsimbole kan herken, maar die getalname moet aangeleer word in die nuwe taal. Dit kan aangeleer word deur gebruik te maak van telliedjies en -rympies. Op hierdie wyse kan getalle, dae van die week, maande van die jaar, ens. aangeleer word. Die tipe benadering wat gevolg word t.o.v. fonemiese bewustheid sal bepaal word deur die taal wat aangeleer word. Storievertelling, ondersteun deur visuele en ouditiewe hulpbronne, kan benut word om tekstuele geletterdheid bekend te stel. Groot storieboeke en gesprektipe plakkate (met slegs prente) word aanbeveel in Graad 1. In Graad 2 word tekste gebruik met kernwoorde en taaluitdrukkings (language chunks). In Graad 3 bevat die leesstukke eenvoudige herhalende woorde, taaluitdrukkings (language chunks) en sinne om ontluikende geletterdheid te bevorder. LUISTER EN PRAAT Om ‘n nuwe addisionele taal aan te leer is soos om ‘n huistaal aan te leer, behalwe dat dit net op ‘n later stadium in ‘n kind se lewe geskied. Gedurende die eerste jaar van hul lewens hoor kinders ‘n groot hoeveelheid eenvoudige taal binne ‘n bepaalde konteks. Dit stel hulle in staat om die taal en woordeskat geleidelik aan te leer. Na ‘n jaar of wat begin die kind in sy eie taal te praat, maar nie in volsinne nie. Hulle begin deur een of twee woorde te sê en gebruik hierdie beperkte woordeskat vir ‘n wye reeks betekenisse. Hulle kan baie meer ingewikkelde taal verstaan as wat hulle kan praat. Dis belangrik vir onderwysers om dit in gedagte te hou wanneer kinders ‘n nuwe taal aanleer. Leerders in Graad 1 moet blootgestel word aan baie mondelinge taal in die vorm van stories en eenvoudige instruksies in die klaskamer. Deur na stories te luister is ‘n uitstekende manier om ‘n addisionele taal aan te leer. Die onderwyser moet: • stories kies met ‘n eenvoudige herhalende struktuur wat leerders in staat stel om betrokke te raak deur middel van koorspraak binne ‘n taalpatroon; • die taal baie eenvoudig hou. Praat stadig, maar natuurlik; • gebruik maak van gebare, prente en werklike voorwerpe om nuwe woorde aan te leer en die storie verstaanbaar te maak; • die storie ʼn paar keer vertel en geleidelik die kinders meer betrek deur byvoorbeeld herhalende refreine te laat sê; en • sleutelwoorde op flitskaarte skryf en dit op die woordmuur vertoon. ‘n Ander wyse waarop leerders blootgestel kan word aan die addisionele taal is om na stories te luister wat deur die onderwyser gelees word. Daar word gelees uit grootdrukboeke met duidelik prente en illustrasies wat die leerders 14 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 kan sien terwyl daar gelees word. Dit word Gedeelde Lees (“Shared Reading”) genoem. Een van die voordele van Gedeelde Lees is dat bo en behalwe dat dit ʼn uitstekende luisteraktiwiteit is, help dit ook om die kind se ontluikende geletterdheid te ontwikkel. Kinders leer byvoorbeeld die konsepte van die gedrukte woord (byvoorbeeld dat ons ‘n boek lees van voor na agter, van links na regs en van bo na onder) en hulle begin om ‘n paar woorde in die addisionele taal te herken (byvoorbeeld hy, sy). Gedeelde Lees is aan die leerders bekend, aangesien hulle dit ook in die Huistaal en Eerste Addisionele Taallesse doen. Die aanleer van die TAT sal aangehelp word indien dieselde verhaal/storie in die Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal vertel word waar moontlik. Nog ‘n effektiewe manier om kinders bloot te stel aan ‘n addisionele taal, is om gebruik te maak van eenvoudige opdragte waarop hulle fisies moet reageer. Die onderwyser sê byvoorbeeld: “Kom hier, Thabo.” Daar word ook gebruik gemaak van gebare deur die onderwyser en reaksie word verkry. Hierdie metode, bekend as Totale Fisiese Reaksie (“Total Physical Response”) het die voordeel dat die onderwyser onmiddellik kan sien of Thabo verstaan en terugvoer word gegee. Hy word geprys wanneer hy korrek reageer, “Pragtig, Thabo” of die opdrag word stadiger herhaal met meer gebare totdat hy verstaan wat van hom verwag word. ‘Klaskamertaal’, soos “Kom sit hier op die mat” en “Kom vorentoe en kom sit op die mat” , kan met groot vrug gebruik word op ‘n natuurlike wyse om Totale Fisiese Reaksie uit te lok. Aksieliedjies en gediggies is weereens ‘n uitstekende manier om taal met fisiese aktiwiteite op só ‘n wyse te verbind dat dit lei tot die verstaan (begrip) en memorisering van die taal. Die voordeel van die voorafgaande drie metodes (Luister na Stories, Gedeelde Lees en Totale Fisiese Reaksie) is dat hulle fokus op die aanleer van taal d.m.v. begripsluister. Dit verhoed dat jong leerders onder druk verkeer om te praat, dit verlaag die angsvlakke en laat hulle toe om op die aanleer en verstaan van die nuwe taal te fokus. Om leerders egter in staat te stel om bedrewe taalgebruikers te word, moet hulle ook oefen om die taal te praat. Aanvanklik sal die gesproke taal bloot formele taaluitdrukkings wees - aangeleer d.m.v. gememoriseerde liedjies en aksie-gediggies, byvoorbeeld “Goeiemôre. Hoe gaan dit?” “Dit gaan goed met my. Hoe gaan dit met jou?” Soos die kinders die taal begin verstaan, so moet hulle dit begin praat - met een of twee woorde aan die begin. Voorbeeld: Die onderwyser vra: “Hou jy van die storie?” Die leerders antwoord: “Ja” of “Nee”. Speletjies is ook ‘n goeie manier waarop taal versterk en leerders aktief betrek word. Voorbeeld: Die onderwyser laat die leerders ‘n kring vorm. Die eerste kind vra: “Wat is jou naam?” Die volgende kind antwoord. Herhaal totdat al die kinders ‘n beurt gehad het. Die eerste treetjies wat die leerders gee met die aanleer van ‘n nuwe taal moet gerugsteun (gemodelleer en ondersteun) word. Kinders kan, byvoorbeeld, begin deur gediggies voor te dra, aksieliedjies te sing, aksies by te voeg, taaluitdrukkings te herhaal, koorspraak, asook deelname in eenvoudige rolspel, dialoog, ens. Met die hulp van die onderwyser, kan kinders dele van ‘n storie oorvertel deur gebruik te maak van hulpmiddels soos maskers, handpoppe, ens. Die onderwyser moet seker maak dat al die kinders geleentheid kry om die nuwe taal in ‘n veilige en ondersteunende omgewing te gebruik. Geleenthede moet geskep word waar leerders praat deur na voorwerpe in die klaskamer te wys. Die vordering van elke kind sal verskil en daar moet dus hiermee rekening gehou word. Soos die kind van een graad na die volgende beweeg, moet die onderwyser verwag dat die kind meer en in langer sinne sal praat. Luister- en praataktiwiteite word georganiseer rondom bepaalde temas. Dit word aanbeveel dat die onderwyser ten minste twee temas per kwartaal in Graad 1 en 2 sal kies en drie temas per kwartaal in Graad 3. Die keuse van die temas moet geskik wees vir die aanleer van die addisionele taal. Die temas moet aan die leerders bekend wees en verkieslik alreeds in die onderrig van die Huistaal of Eerste Addisionle Taal behandel gewees het. Die rede waarom temas gebruik word, is om konstant woordeskat en taalstruktuur te herhaal binne betekenisvolle konteks. Voorbeeld: woorde m.b.t. die liggaam (gesig, ore, oë, neus, mond, arms, bene, voete) en die strukture KABV 15
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 waarbinne hulle hulle bevind. (Wys my waar is jou ....... Dit is my ........) moet herhaaldelik binne konteks herhaal word. Leerders moet dan die geleentheid gebied word om dit ook só te gebruik. Alleenlik deur die woordeskat en strukture gereeld te hoor en herhaal, sal hulle dit onthou. ONTLUIKENDE GELETTERDHEID In die TAT is die fokus op die ontwikkeling van ontluikende geletterdheid, naamlik mondelinge taal deur luister- en praataktiwiteite (liedjies, gediggies, taaluitdrukkings, opdragte, storievertelling), fonologiese bewusmaking (van die gesproke klanke en hoe die klanke saamsmelt om woorde te vorm), skryf, fonetiese kennis (letter-klankverhoudings, dekodering, samevoeging, segmentasie) en ontluikende skryfvaardighede. Ontluikende leesvaardighede (byvoorbeeld om na voorwerpe te wys, prente te “lees”, prente in volgorde te plaas, ens.) word bekend gestel deur storievertelling, Gedeelde Lees en Hardoplees deur die onderwyser. Later, in Graad 3, kan die skryfaktiwiteite geïntegreer word met leesaktiwiteite. FONOLOGIESE EN FONEMIESE BEWUSMAKING Die eerste stap om die geskrewe taal te dekodeer is mondelings deur gebruik te maak van fonologiese en fonemiese bewusmakingsvaardighede. Beide is belangrike en betroubare voorspellers van die kind se toekomstige leesvaardigheid. Idees ten opsigte van die onderrig van fonologiese en fonemiese bewuswordingsvaardighede sluit die volgende in: • die hoor van herhalende klanke (woordspel) in sang en rympies (gediggies); • klap ritmies hande terwyl woorde in sinne gebruik word; • klap hande op lettergrepe; • opbreek van gesproke woorde in lettergrepe en die samevoeging van die lettergrepe; • identifiseer die klanke aan die begin van gesproke woorde; • klap op individuele klanke (foneme) in die gesproke woorde; • segmentering van gesproke woorde in klanke en dan weer as volledige woorde; en • identifisering van letter-klankverhoudings. Toevallige bespreking en onderrig van letter-klank verhoudings in die nuwe taal moet in Graad 3 plaasvind.Teen hierdie tyd sal die klanke in die Huistaal en Eerste Addisionele Taal reeds in plek wees. Besprekings sal handel oor ooreenkomste en verskille in klanke van die letters in die alfabet van die TAT en Huistaal. Voorbeeld: die letter “a” in ant (Engels) en “a” appel (Afrikaans) en “a” abantwana (isiZoeloe). 16 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GEDEELDE LEES Gedeelde Lees is die dominante of belangrikste metode wat gebruik sal word om leesvaardighede in die Tweede Addisionele Taal vanaf graad 1 te ontwikkel. Gedeelde Lees is ʼn belangrike fokus vir taal en letterkunde ontwikkeling. Die doel van Gedeelde Lees in Graad 1-3 is om kinders bloot te stel aan die Tweede Addisionele Taal deur van betekenisvolle en ondersteunende teks binne konteks gebruik te maak. Dit help ook om die kinders se ontluikende taal in die Tweede Addisionele Taal te ontwikkel. In Graad 1 behoort die juffrou: • baie eenvoudige vergrote teks (Grootboek) met heelwat illustrasies te kies. ʼn Grootboek of plakkaat met heelwat duidelike illustrasies; • die leerders te betrek in “prentloop en -praataktiwiteite” ( picture walk and talk); • die storie met behulp van die prente te vertel; en • leerders aanmoedig om dele van die storie te herhaal. In Graad 2 en 3 behoort die teks vir Gedeelde Lees woorde, uitdrukkings en kort sinne in te sluit. Die onderwyseres behoort: • oor die prente te gesels, sodat die leerders die woordeskat verstaan; • die teks ʼn paar keer te lees terwyl sy haar vinger of ʼn wyser gebruik wat kinders in staat stel, om haar vordering deur die teks te volg; • vrae te vra oor die storie; • geleidelik die kinders te betrek om die storie te lees; en • kernwoorde (flitskaarte) vir die prent(e) te skryf en dit te vertoon teen die muur (hulle kan ook gebruik word vir inoefening, hersiening en speletjies). BEGRIP In die Tweede Addisionele Taal is die fokus hoofsaaklik op luister en visuele begrip. Dit word ontwikkel deur die leerders se woordeskat uit te brei en vrae te vra wat die leerder in staat stel om met die teks om te gaan. Die onderwyser(es) behoort te begin met vrae wat verband hou met die visuele teks, byvoorbeeld benoem en/of wys na voorwerpe. Vra eenvoudige letterlike vrae soos ‘Wie? Wat? Waar?’ 2.1.6 TAALSTRUKTUUR EN KONVENSIES In Graad 1-3 word taalstruktuur en -konvensies toevallig aangeleer deurdat die leerder blootgestel word aan betekenisvolle gesproke taal. Toevallige leer sal plaasvind deurdat die kind luister na stories , betrek word in Gedeelde Leesaktiwiteite, liedjies sing, gediggies opsê , betrek word in aktiwiteite waar die kind in totaliteit moet reageer (total physical response/ totale fisiese reaksie), ingedrilde taalkonstruksies gebruik en algemeen aanvaarde taal gebruik. As die onderwyser(es) ʼn nuwe storie bekendstel, sal sy woordeskat aanleer wat betrekking het op die prent of die werklike voorwerp klaskamer toe bring. Sy sal woorde op flitskaarte skryf en dit teen die muur opsit. Hierdie woorde sal sy gebruik vir inoefening en hersiening. Sy sal ook die woorde gebruik in speletjies en ander klasaktiwiteite. KABV 17
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 2.1.7 ONDERWERPE EN TEMAS Onderwerpe en temas moet versigtig gekies word sodat die taal en woordeskat herhaaldelik gebruik en aangeleer kan word. ‘n Tema oor ‘ Ek en my liggaamf’ kan byvoorbeeld opgevolg word deur ‘My Gesin’, ‘My Skool’, ens. Dieselfde onderwerpe en temas kan herhaal en verder uitgebrei word in Graad 2 en 3. Temas moet só beplan word dat dit taalontwikkeling bevorder vir gebruik in sosiale interaksie binne en buite die skool. Voorgestelde temas: Graad 1 Graad 2 Graad 3 Ek en my liggaam Ek en my liggaam Ek en my liggaam Vriende Vriende Vriende My huis My huis My huis My gesin My gesin My gesin Klere Winkels toe (“shopping”) Winkels toe (“shopping) By die skool By die skool By die skool Die weer Die weer Die weer Diere Diere Diere Mense wat ons help Mense wat ons help Mense wat ons help Kos Kos Kos Sport Sport Sport Seisoene Vervoer Die plaas Feesvieringe (verjaarsdae, feesdae, Feesvieringe (verjaarsdae, feesdae, Feesvieringe (verjaarsdae, feesdae, ens.) ens.) ens.) 2.1.8 PEDAGOGIEK EN METODIEK Die onderwyser moet interaktiewe en samewerkende leer deur groepwerk en kleingroep aktiwiteite inisieer en motiveer. Die leerder moet blootgestel te word aan baie geleenthede waartydens hy/sy homself/haarself in die nuwe taal kan uitdruk deur byvoorbeeld geykte taalvorme te gebruik. Dit sluit in : reageer op groet, neem deel aan dialoë, speel speletjies wat op taal gemik is en sing liedjies wat aksies insluit. ʼn Multi-sensoriese aanslag word aanbeveel. Die nuwe taal moet pret wees en dit moet aangeleer word deur mondelinge drilwerk, totale fisiese reaksie, rolspel,die sing van liedjies en die opsê van gediggies. Al hierdie aktiwiteite moet visuele, ouditiewe en kinestetiese/liggaamlike aktiwiteite insluit. Die onderwysers moet geleenthede skep waartydens leerders hulle nuut aangeleerde taalvaardighede kan gebruik (groet in al drie die tale, verjaarsdagliedjies, items vir die skoolkonsert, items vir oop dae, ens.) 2.1.9 KLASKAMERBESTUUR EN HULPMIDDELS Suid-Afrikaanse klaskamers is baie uiteenlopend en inklusief. Dit is algemeen om leerders met verskillende huistale in een klas te hê en dikwels is dit nie ook taal van onderrig en leer nie. In sommige gevalle kan die taal wat op Tweede Addisionele vlak aangebied word, die leerder se huistaal wees. In sulke gevalle sal die onderwyser(es) aktiwiteite so beplan dat dit leerders op alle vlakke insluit. Onderwysers behoort huistaalsprekers te gebruik om die taal te modelleer en om die leiding te neem in aktiwiteite waar hulle hul maats wat nie met die taal vertroud is nie, die Tweede Addisionele Taal-sprekers, kan ondersteun. 18 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 Die Huistaal sal aanvanklik gebruik word om die onderrig van die Tweede Addisionele Taal te ondersteun. Woordmure kan geskep word om die leerders en onderwyser(es) te herinner aan die woordeskat wat in die drie verskillende tale aangeleer is. Onderwysers word aangemoedig om kleurkodes te gebruik om tussen die woordeskat van die drie verskillende tale (Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal) te onderskei. Taalspeletjies soos “Simon sê” en “Ek sien met my klein ogie….” behoort gebruik te word om taaluitdrukkings en woordeskat aan te leer. Hulpmiddels soos die werklike voorwerpe, gespreksplakkate (plakkate wat gesprekke aanmoedig), gewone plakkate, ʼn versameling stories, gediggies, maskers, handpoppe asook Grootboeke en sig-sag boeke wat self deur die onderwyseres en leerders gemaak is, behoort gebruik te word. 2.2 ASSESSERING IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL Assessering in die TAT behoort informeel en aaneenlopend te wees (reageer op groetvorme, opdragte, volg van instruksies, die opsê van gediggies, die sing van liedjies met aksies, deelname aan dialoë, deelname aan rolspel, reageer op stories, benoeming van voorwerpe, ens.). Die grootste deel van die assessering sal plaasvind deur waarneming en reaksie op demonstrasies. Die onderwyser(es) moet die assessering opteken deur van ‘n kontolelys gebruik te maak. Die Tweede Addisionele Taal word nie in aanmerking geneem vir promosie en progressie in Graad 1-3 nie. 2.3 TYDSTOEKENNING EN DIE ROOSTER Die voorgestelde onderrigtyd vir die Tweede Addisionele Taal in die Intermediêre Fase is een uur per week. Skole word dus gevra om die implementering van die TAT in Graad 1-3 kreatief aan te durf. Die volgende voorstelle word met betrekking tot die rooster aan die hand gedoen: • 4 periodes van 15 minute elk per week vir die TAT (Maandag tot Donderdag) • 3 periodes van 20 minute elk per week vir die TAT (bv Maandag tot Woensdag) • 2 periodes van 30 minute elk per week vir die TAT (bv. Maandag en Donderdag) Die onderwyservoorsieningsmodel wat in die bepaalde skool gevolg word, moet die roosterbepalings vir die TAT bepaal. 2.4 PROMOSIE EN PROGRESSIE IN DIE GRAAD 1-3 Die tans geldige promosie- en progressievereistes vir Graad 1-3 sal onveranderd bly ten spyte van die toevoeging van die Tweede Additsionele Taal. Die Tweede Addisionele Taal sal nie vir promosiedoeleindes in aanmerking geneem word nie. 2.5 OPTEKENING EN RAPPORTERING: GRAAD 1 - 3 Verslae van leerderprestasie en vordering in die Tweede Addisionele Taal moet deeglik opgeteken word. Dit word gedoen deur verslagkaarte in te vul, waarnemings te doen, ensovoorts. Onderwysers word gevra om gereeld van ‘n leerder se prestasie verslag te doen, verkieslik kwartaalliks. 2.6 LEER- EN ONDERRIGONDERSTEUNINGSMATERIAAL Die onderwyser behoort die volgende te hê: a) ‘n Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring b) die “Language in Education Policy” (LiEP) KABV 19
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 c) ‘n woordeboek en naslaanboek (tweetalige en veeltalige woordeboeke;tesourus; ensiklopedië, ‘n goeie grammatikanaslaanbron ensovoorts) d) DieTweede Addisionele Taal hulpmiddelstel vir die grondslagfase: • Lesplanne • Grootboeke; • Geselsplakkate geskoei op die temas van die TAT; • ‘n Versameling stories, gedigte en liedjies. • Oudio (disket) met liedjies, aksie gesdigte en dialoë. e) ‘n Onderwysershulpbronlêer: dit kan ‘n leer wees wat uit gekose inligtingstukke saamgestel is, of ‘n kommersiële, gepubliseerde onderwysersgids. f) Toegang tot leesmateriaal in die klas, skool, van openbare biblioteek om die leerders se leespraktyke te ondersteun; g) Oudio/visuele hulpmiddels 20 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
AFDELING 3: OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE KABV ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 • Reageer op eenvoudige groetvorme deur • Reageer op en demonstreer in pare of • Regeer en gebruik groetvorme met selfvertroue. eenvoudige taaluitdrukkings te gebruik, kleiner groepies eenvoudige groetvorme • Memoriseer en dra eenvoudge gediggies en aksieliedjies voor byvoorbeeld Goeiemôre; Goeiedag. deur taaluitdrukkings te gebruik. Byvoorbeeld met selfvertroue en entoesiasme in pare en groepies. • Sing van eenvoudige liedjies en voer die aksies Goeiemôre, Hoe gaan dit? Dit gaan goed • Gaan voort om mondelinge woordeskat te ontwikkel deur temas uit met hulp (saam met die onderwyser, in dankie. en onderwerpe te gebruik. groepverband en/pare– liedjies moet verwant • Sing eenvoudige liedjies en doen meegaande • Gebruik ʼn eenvoudige mondelinge opdrag om ʼn persoon, dier wees aan die gekose/verwante tema. aksies, met hulp, in pare en kleiner groepies. of voorwerp te identifiseer. Gebruik 2/3 leidrade, werk in pare / • Met die onderwyser se hulp, memoriseer en • Neem deel aan aksierympies/gediggies in pare groepies. Byvoorbeeld Ek het twee bene . Ek kan vlieg. Wat is dra aksierympies /gediggies voor in kleiner of klein groepies. ek? groepies of pare. • Rolspel van eenvoudige kort dialoë met behulp • Identifiseer en benoem werklike voorwerpe in die nuwe taal • Reageer op instruksies byvoorbeeld Staan op; van die onderwyser, deur dit in pare of kleiner (boek, potlood, skoen, hemp, ens.) sit stil. groepies te doen, byvoorbeeld Goeiedag, my • Neem deel aan eenvoudige rolspel en dialoë (2- 3 sinne) met • Volg eenvoudige klasopdragte m.b.v. naam is _____. Wat is jou naam? Waarvan hou behulp van onderwyser wat dit demonstreer. onderwyser en/of in pare, byvoorbeeld Klap jou jy? • Reageer op en rig eenvoudige versoeke hande. • Wys na en benoem voorwerpe in die klaskamer, of op ʼn prent in reaskie op die onderwyser se • Gebruik bepaalde formele uitdrukkings, byvoorbeeld verskoon • Luister na en reageer op opdragte deur opdrag. Byvoorbeeld Wys na die dogter in die my, ek is jammer, vandag, môre, gister. na voorwerpe in die klaskamer te wys, byvoorbeeld Wys na die stoel. Waar is die rooi rok. • Rolspel en deelname, in pare of klein groepies, aan kort venster? • Bou ʼn mondelinge woordeskat op deur gebruik gesprekke in formele taal (2 – 4 sinne) met behulp van die te maak van temas wat gekies is. onderwyser byvoorbeeld Ontmoetings en groetvorme • Speel eenvoudige taalspeletjies saam met onderwyser / in pare, byvoorbeeld Simon Sê: • Neem deel, in pare of kleiner groepies, aan • Praat oor voorwerpe as reaksie op onderwyser se instruksie byvoorbeeld Wat kan jy in die prentjie sien? Kom ons gesels LUISTER EN PRAAT Raak aan jou kop, ens. eenvoudige taalspeletjies, byvoorbeeld Simon sê. oor die prent. • Gebruik van formele taaluitdrukkings, byvoorbeeld Asseblief; Dankie. • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld Mag ek • Speel van taalspeletjies binne en buite die klaskamer saam met asseblief toilet toe gaan? Kan ek asseblief ʼn maats in klein groepies onder onderwysertoesig. • Rolspel – groetvorme (2 sinne) in pare en klein groepies, byvoorbeeld Goeiemôre Tommie. potlood kry? • Reageer fisies, in pare of klein groepies, op die onderwyser se Hoe gaan dit met jou? Goeiemôre Sandra. Dit • Gebruik van formele taaluitdrukkings, eenvoudige mondelinge instruksies. gaan goed dankie. byvoorbeeld Asseblief, Dankie, Verskoon my, Ek • Verstaan en reageer op eenvoudige vrae van die onderwyser • Begin om mondelinge (luister en praat) is jammer. en leerders wat die rol van die onderwyser kan aaneem. woordeskat te ontwikkel deur middel van die • Reageer, individueel/ in pare/kleiner groepies, Byvoorbeeld wat, waar; wie; hoe? gekose/verwante temas. fisies op eenvoudige mondelinge opdragte van • Rig eenvoudige versoeke en maak stellings in die nuwe taal die onderwyser, byvoorbeeld Staan in ʼn ry, met die hulp van die onderwyser, byvoorbeeld Kan ek ʼn glas • Reageer op eenvoudige vrae van die water kry? Kan ek asseblief buite gaan speel?’ onderwyser en maats wat die rol van die • Neem beurte om eenvoudige instruksies en opdragte onderwyser kan inneem byvoorbeeld Wat is jou gedurende ʼn taalspeletjie aan maats te gee. naam? Waar bly jy? 21 TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3
22 OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 Storievertelling Storievertelling • Volg ʼn kort reeks van 2 – 3 instruksies wat deur die onderwyser • Luister na kort eenvoudige stories soos vertel • Luister na kort eenvoudige stories gelees of gegee word, byvoorbeeld ‘Kom staan saam met jou maat voor deur die onderwyser. vertel vir genot en neem deel aan die refrein op in die klas.’ • Luister na kort eenvoudige stories soos die gepaste tyd. Herhaal taaluitdrukkings waar • Luister na ʼn eenvoudige hervertelling , 2 – 3 sinne, van die vertel deur die onderwyser en herhaal van van toepassing in pare/kleiner groepies. onderwyser, oor wat sy gedoen het. taaluitdrukkings wanneer toepaslik. • Benoem bepaalde voorwerpe op prente as • Gee ʼn eenvoudige hervertelling met die onderwyser se hulp • Wys en benoem voorwerpe op prente. reaksie op vrae van die onderwyser byvoorbeeld (1-2 sinne) oor die weersomstandighede. Wat, wie? • Rolspel bepaalde dele van die storie en maak Storievertelling Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en gebruik van gebare en hulpmiddels, byvoorbeeld • Luister na kort stories vertel of gelees en neem deel aan taalstrukture maskers, handpoppe, ens. refreingedeeltes op toepaslike tyd. Herhaal taaluitdrukkings • Reageer op groetvorme en opdragte. waar van toepassing in pare en klein groepies. • Herhaal bepaalde taaluitdrukkings met Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en • Antwoord eenvoudige geformuleerde vrae oor die storie met selfvertroue. taalstrukture kort antwoorde bv Wie, Wat,Waar? • Begin om mondelige woordeskat te ontwikkel. • Bou voort op mondelinge woordeskat. • Toon begrip vir visuele tekste. • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings met • Luister en reageer op ʼn kort storievertelling deur die selfvertroue. onderwyser. • Reageer op eenvoudige versoeke, opdragte en • Rolspel dele van die storie deur gebare en met hulpmiddels, instruksies. byvoorbeeld maskers, handpoppe, ens. • Gebruik eenvoudige formele taaluitdrukkings. • Vertel dele van die storie met behulp van die onderwyser. • Begin om begrip en die vermoë om eenvoudige taalstrukture te gebruik in konteks van Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture betekenisvolle gesproke taal, byvoorbeeld LUISTER EN PRAAT • Gebruik taaluitdrukkings met gemak. persoonlike voornaamwoorde: Ek, my, ons, ens. • Reageer op eenvoudige versoeke, opdragte en instruksies. • Reageer op vrae. TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 • Gebruik eenvoudige formele taal. • Verstaan en gebruik van werkwoorde in • Toon begrip en vermoë om eenvoudige taalstrukture eenvoudige gesprekke. in konteks van verstaanbare geproke taal te ontwikkel, • Reageer op opdragte / stellings. byvoorbeeld persoonlike voornaamwoorde, meervoude, • Reageer op eenvoudige versoeke, opdragte en instruksies/bevele. instruksies. • Reageer op vraagvorme. KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) • Verstaan en gebruik werkwoorde in eenvoudige gesprekke. • Reageer op opdragte/stellings. • Bou voort en demonstreer die vereiste woordeskat en taaluitdrukkings in eenvoudige dialoë. • Verstaan en gebruik die modaliteit ‘kan’, byvoorbeeld ‘Ek kan hardloop.’ • Gebruik bepaalde negatiewe vorme byvoorbeeld Ek kan nie swem nie, ens.
OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 Fonologiese Bewustheid Fonologiese Bewustheid Fonologiese en Fonemiese Bewustheid KABV • Klap woorde uit in aksieliedjies, gediggies, kort • Klap hande/klik vingers, spring, stamp voete op • Verdeel gesproke woorde in lettergrepe en bou weer gesproke sinne, byvoorbeeld Ek skop die bal. lettergrepe in woorde van bekende woorde en die word. • Klap lettergrepe in sleutelwoorde in gesproke taal, gesproke sinne. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou. (kyk, sê ʼn liedjie, rympie of storie byvoorbeeld Goei-e-mô- • Verdeel woorde en voeg gesproke woorde saam, en doen). re. byvoorbeeld lek-ker, lekker • Identifiseer die begin- en eindklanke van gesproke • Klap hande/klik vingers; spring/stamp voete op • Verdeel in lettergrepe en voeg klanke in mondelinge woorde. lettergrepe in woorde, liedjies, rympies, stories woorde saam, byvoorbeeld ba-ba, baba. • Identifiseer die aantal klanke in elke lettergreep in byvoorbeeld Jan- Pam-poen. • Identifiseer die beginklank van gesproke woorde. bekende woorde. • Luister na herhaling van klanke in byvoorbeeld • Identifiseer die klanke aan die einde van gesproke • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters woordspeletjies. woorde, byvoorbeeld los wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede KLANKE • Identifiseer die klanke in die begin van gesproke • Identifiseer die klanke aan die begin en einde van Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ens. woorde byvoorbeeld neus gesproke woorde. Behandel ten minste een klank per week. • Verdeel gesproke woorde deur te klap op elke • Verdeel mondelinge sinne in individuele woorde deur • Onderrig bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld lettergreep, byvoorbeeld woorde in die storie. elke woord te klap. vokale. • Klap individuele klanke (foneme) in gesproke woorde. • Leer meer beginklanke aan wat dalk kan verskil tussen die TAT en die Huistaal. 23 TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3
24 OORSIG VAN DIE TAALVAARDIGHEDE WAT AANGELEER MOET WORD IN DIE TWEEDE ADDISIONELE TAAL (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 Gedeelde Lees Gedeelde Lees Gedeelde Lees • Storievertelling (eenvoudige stories wat met • Luister na die storie terwyl die onderwyser lees en die • Luister na kort stories, hervertellings, vertellings gekose tema verband hou) met behulp van prente gevolg word (Grootboeke, plakkate, ens.) van niefikse-teks of gelees vanaf ʼn Grootboek of Grootboeke, prente/visuele hulpmiddels en • Lees die teks hardop saam met die onderwyser. Die geïlusstreerde plakkaat vir genot en neem, waar van handpoppe. hele klas lees dieselfde storie of niefiksie-teks saam toepassing, deel aan die refrein. • Neem mondelings deel met visuele hulpmiddels/ met die onderwyser. • Lees die teks hardop saam met die onderwyser. Die Grootboeke /plakkate saam met die onderwyser. • Praat soveel moontlik, oor die prente in die storie hele klas lees dieselfde storie of niefiksie-teks saam • Na herhaalde visuele interaksie, herhaal die deur die TAT te gebruik maar indien nodig kan die met die onderwyser. kernwoordeskat (kyk, hoor, sê en doen). Huistaal gebruik word. • Volg die teks wat deur die onderwyser gelees word. • Na herhaalde storievertelling, herhaal die • Identifiseer en benoem voorwerpe op die prent. Lees daaropvolgend dieselfde teks saam met die taaluitdrukkings/woordeskat. Byvoorbeeld Wys na die ou man. Wys na die hond. onderwyser en maats meer vloeiend en met gevoel. • Luister na die storievertelling en volg die prente • Antwoord eenvoudige vrae met behulp van die • Beantwoord eenvoudige geformuleerde vrae oor ʼn terwyl die onderwyser vertel. prente, byvoorbeeld Wie? Wat? Waar? storie. Gebruik kort antwoorde, byvoorbeeld Wie, Wat, Waar, Hoe? • Identifiseer voorwerpe in die prente byvoorbeeld • Na herhaalde lees, neem deel aan die refrein en Wys na Thandi se onderwyser. Waar is die….? herhaal die taaluitdrukkings waar van toepassing in • Benoem sommige voorwerpe op die prent in reaksie op pare en klein groepies. vrae vanaf die onderwyser en maats. Byvoorbeeld Wat • Praat oor die prente in die storie deur die TAT is dit? Dit is ʼn vis. KLANKE soveel as moontlik te gebruik, maar indien nodig • Reageer op sommige eenvoudige geformuleerde kan die Huistaal gebruik word. vrae wat met die storie verband hou. • Herken en lees sommige algemene woorde in drukskrif in die TAT, byvoorbeeld teen die klasmure. • Neem deel aan die storielesse deur • Begin om sommige geskrewe woorde in die TAT te kernwoordeskat te herhaal en ook visuele herken gedurende die Gedeelde Leesaktiwiteite. • Lees die behandelde Gedeelde Leesteks in klein hulpmiddels te gebruik in pare en in klein groepies. groepies nou vlot. • Aanleer van sommige woorde vanuit die storie. • Na herhaalde lees, neem deel aan die refrein en • Verstaan en reageer op eenvoudige geformuleerde • Herken en lees sommige algemene woorde in die herhaal die taaluitdrukkings waar toepaslik in pare vrae (Wie, Waar, Wat, Hoe?) wat op die Gedeelde TAT in drukskrif in die klaskamer byvoorbeeld deur en klein groepies. Leesteks gebaseer is. middel van uitstalling teen die mure. • Leer mondelinge woordeskat aan met behulp van • Rolspel van bepaalde dele van die storie in klein • Rolspel, in pare of klein groepe, dele van die storie TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 visuele tekste (Grootboeke, plakkate, ens.) groepies. deur gebare en eenvoudige taaluitdrukkings deur • Neem deel aan storielesse deur op eenvoudige hulpmiddels te gebruik, byvoorbeeld maskers, • Demonstreer dele van die storie. Gebruik dele van die mondelinge vrae te reageer. handpoppe, ens. dialoog in pare en klein groepies. Maak gebruik van eenvoudige hulpmiddels, maskers en handpoppe in pare of klein groepies • Hervertel, in pare, dele van die storie met behulp van KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) die onderwyser.
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 3.1 GRAAD 1 TWEEDE ADDISIONELE TAAL VEREISTES PER KWARTAAL VOORGESTELDE TYD PER WEEK: 1 UUR GRAAD 1 KWARTAAL 1 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Leerders moet blootgestel word aan baie eenvoudige gesproke taal wat hulle kan verstaan. Woordeskat behoort gereeld herhaal te word sodat leerders dit nie vergeet nie. Die aanleer van die TAT behoort ontspanne en genotvol te wees. ʼn Handpop kan vir die eerste les gebruik word, om die TAT voor te stel. Die pop kan ʼn naam gegee word in die TAT byvoorbeeld Anna die handpop. Die onderwyser stel die handpop voor en sê dat Anna nie hulle Huistaal kan praat nie, sy kan net Afrikaans praat, daarom moet die leerders net hierdie taal met haar praat. Anna sal dan ʼn permanente deel van die klaskamer word. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Weeklikse aktiwiteite Ten minste twee van die volgende aktiwiteite behoort per week aangebied te word: • Reageer op eenvoudige groetvorme deur eenvoudige taaluitdrukkings te gebruik, byvoorbeeld ‘Goeiemôre!’ • Sing van eenvoudige liedjies en voer die aksies uit met leiding. (byvoorbeeld Kop en skouers). • Dra eenvoudige gediggies voor en voer die bewegings met hulp uit (byvoorbeeld Ek raak aan my kop, Ek raak aan my tone, Ek raak aan my knieë, Ek raak aan my neus. kop, tone, knieë, neus). • Speel taalspeletjies (byvoorbeeld Simon sê:”Raak aan jou kop”). Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • reaksie op groetvorme en opdragte. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties/waarneming): • Reageer op eenvoudige groetvorme. • Sing van eenvoudige aksieliedjies. KABV 25
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 1 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese bewustheid • Klap woorde uit in aksieliedjies en gediggies. • Klap hande/ klik vingers/ spring/ stamp voete op lettergrepe byvoorbeeld Ka- tri- na. Gedeelde Lees Aktiwiteite word een keer per week gedoen deur Grootboeke met illustrasies, of enige vorm van vergrote, geïllustreerde teks, te gebruik. Dieselfde boek kan meer as een keer gelees word en kan selfs op ʼn latere stadium, weer gelees word. Onderwyser stel woordeskat bekend en demonstreer die leesproses. • Deelname aan die visuele teks in Grootboeke/ plakkate, met die onderwyser. • Na herhaalde deelname aan die visuele teks, herhaal die kernwoordeskat (kyk, luister, sê en doen). • Storievertelling (eenvoudige stories gekoppel aan tema waar moontlik.) met hulpmiddels soos Grootboeke, visuele hulpmiddels, handpoppe, ens. • Na herhaalde storievertelling, doen mee aan refreine, waar die gepaste taaluitdrukkings voorkom. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties, waarneming) • Klap woorde uit in aksieliedjies en gediggies. • Klap lettergrepe in woorde van ʼn storie wat herhaaldelik gelees was. • Reageer op visuele teks deur na voorwerpe in prente te wys, op instruksies van die onderwyser. (byvoorbeeld ‘Wys na………’) 26 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 2 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Weeklikse aktiwiteite Ten minste twee van die volgende aktiwiteite behoort in ʼn les per week gedoen te word. • Begin om mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur gebruik te maak van die temas of onderwerpe wat vir die kwartaal gekies is. • Reageer op eenvoudige groetvorme deur die gebruik van taaluitdrukkings (byvoorbeeld ‘Goeiemorê….. Hoe gaan dit?) saam met die onderwyser en in pare. • Sing eenvoudige liedjies en voer die aksies uit met die onderwyser se leiding en in pare. • Reageer op opdragte (byvoorbeeld ‘Staan op, sit stil, ens.) • Speel taalspeletjies saam met die onderwyser en in pare. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien.Die storie word deur duidelike visuele teks, voorwerpe, speelgoed en handpoppe ondersteun. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • ontwikkeling van mondelinge woordeskat; • reaksie op en herhaling van taaluitdrukkings, byvoorbeeld ‘Hoe gaan dit?’ • reaksie op opdragte. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties, waarneming): • Reageer op eenvoudige groetvorme (byvoorbeeld ‘Goeiemôre. Hoe gaan dit?’) • Reageer gepas op eenvoudige opdragte (byvoorbeeld ‘Simon sê.............’) • Sing ʼn eenvoudige liedjie en voer die aksies uit. KABV 27
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 2 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese bewustheid: • Luister na herhaling van klanke (in woordspeletjies). • Klap die kernwoorde in liedjies, gediggies, stories. • Klap die lettergrepe in die gesproke woorde, byvoorbeeld Goei-e-mô-re Gedeelde Lees Aktiwiteite word een keer per week gedoen deur Grootboeke met illustrasies, of enige vorm van vergrote, geïllustreerde teks, te gebruik. Dieselfde boek kan meer as een keer gelees word en kan selfs op ʼn latere stadium, weer gelees word. Onderwyser stel woordeskat bekend en demonstreer die leesproses. • Deelname aan die visuele teks in Grootboeke/ plakkate, saam met die onderwyser. • Na herhaalde deelname aan die visuele teks, herhaal die kernwoordeskat (kyk, luister,sê en doen). • Storievertelling (eenvoudige stories gekoppel aan tema waar moontlik) met hulpmiddels soos Grootboeke, visuele hulpmiddels, handpoppe, ens. • Na herhaalde storievertelling, doen mee aan refreine, waar die nodige taaluitdrukkings voorkom. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid : (mondeling en/of prakties, waarneming) • Neem deel aan woordspeletjies deur die lettergrepe in die gesproke woorde, te klap. • Deelname aan die visuele teks in Grootboeke/ plakkate, saam met die onderwyser en herhaal van die kernwoordeskat (kyk, hoor, sê en doen). 28 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 3 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Weeklikse aktiwiteite Ten minste twee van die volgende aktiwiteite behoort in elke les gedoen te word. • Begin om mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur gebruik te maak van die temas of onderwerpe wat vir die kwartaal gekies is. • Reageer op eenvoudige groetvorme (byvoorbeeld ‘Goeiemôre’) met die onderwyser en in pare. • Wys na voorwerpe in die klaskamer of in prente (byvoorbeeld ‘Wys na die stoel.’ ‘Waar is die …?’) • Dra eenvoudige gediggies voor en doen die aksies saam met die onderwyser en in pare. • Reageer individueel of in pare met ondersteuning van die onderwyser op opdragte (byvoorbeeld ‘Staan op, sit stil). • Reageer op bevele deur taalspeletjies te speel (byvoorbeeld Simon sê…) • Sing eenvoudige liedjies en voer die aksies uit met leiding in pare of klein groepies. • Doen aan aksierympies verwant aan die temas, mee in pare of in klein groepies, m.b.v. die onderwyser,. • Volg m.b.v. die onderwyser en in pare, eenvoudige opdragte in die klaskamer bv.: “Klap jou hande.” Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye, byvoorbeeld ‘Dit is Maandag, dit is Maandag’ en ‘Tommie gaan skool toe, skool toe, skool toe.’) • Benoem bepaalde voorwerpe in die prente (byvoorbeeld ‘Wie is hierdie?- wys na die voorwerp in die prent.) Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • herhaling en reaksie op taaluitdrukkings; • voordrag van gediggies en sing van liedjies; en • volg van instruksies en bevele. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties, waarneming): • Reageer op eenvoudige groetvorme met vertroue. • Wys na voorwerpe in die klaskamer of in prente (byvoorbeeld ‘Wys my die stoel’. ‘Wys na die stoel’.) • Reageer, in groepe, op bevele deur gebruik te maak van taalspeletjies. KABV 29
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 3 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE • Luister na herhaling van klanke (in woordspeletjies). • Klap hande/ klik vingers/ spring/ stamp voete op lettegrepe in woorde (liedjies, gediggies, stories). • Klap woorde in kort gesproke sinne (Ek skop die bal.) • Identifiseer die klank aan die begin van gesproke woorde. Gedeelde Lees Aktiwiteite word een keer per week gedoen deur Grootboeke met illustrasies, of enige vorm van vergrote, geïllustreerde teks, te gebruik. Dieselfde boek kan meer as een keer gelees word en kan selfs op ʼn latere stadium weer gelees word. Onderwyser stel woordeskat bekend en demonstreer die leesproses. • Luister na die storievertelling en volg die prente terwyl die onderwyser vertel. • Leer bepaalde mondelinge woordeskat vanuit visuele teks. (Grootboeke, plakkate, ens.) • Identifiseer voorwerpe in prente (byvoorbeeld ‘Wys my Tommie se juffrou.’) • Praat oor prente deur van die Huistaal gebruik te maak, waar nodig. • Neem deel aan storielesse deur die kernwoorde te herhaal en interaksie met visuele hulpmiddels, in pare en in groepies. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties, waarneming) • Identifiseer die klanke aan die begin van gesproke woorde. • Gesels oor die prente deur van die Huistaal gebruik te maak, waar nodig. • Identifiseer voorwerpe wat in die prente voorkom (byvoorbeeld ‘Wys my Tommie se juffrou.’) 30 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 4 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Weeklikse aktiwiteite Twee of meer van die volgende aktiwiteite behoort in elke les gedoen te word. • Begin om mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur die tema of onderwerpe van die Huistaal en Eerste Addisionele Taal te gebruik. • Reageer op eenvoudige groetvorme (byvoorbeeld ‘Totsiens’. ‘Laat dit goed gaan’.’Goeiemiddag’.) • Wys na en benoem voorwerpe in die klaskamer of in prente (byvoorbeeld ‘Wys my die...... in die plakkaat’. ‘Wys na die ....’.) • Volg eenvoudige instruksies (byvoorbeeld ‘Waai totsiens.’) • Gebruik bepaalde formele taaluitdrukkings (byvoorbeeld. ‘asseblief’’, ‘dankie’). • Sing eenvoudige liedjies en voer die aksies uit met hulp in pare en klein groepies. • Dra eenvoudige gediggies voor met hulp in pare en klein groepies. • Rolspel - groetvorme (2 sinne) in pare en in klein groepies (byvoorbeeld ‘Goeiemôre Tommie. Hoe gaan dit?’ ‘Goeiemôre Jannie. Dit gaan goed, dankie.’) Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye, (byvoorbeeld stories wat verband hou met die tema.) • Benoem bepaalde voorwerpe in die prent (byvoorbeeld ‘Wie/Wat is hierdie? ’wys na die voorwerp of dier in die prent.) Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • herhaling en reaksie op taaluitdrukkings; • volg van instruksies en bevele; en • gebruik van bepaalde formele taaluitdrukkings. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties, waarneming): • Sing aksieliedjies en dra gediggies voor met vertroue. • Volg eenvoudige instruksies (byvoorbeeld ‘Raak aan jou kop. Raak aan jou tone.’) • Rolspel - groetvorme (2 sinne) in pare en in klein groepies (byvoorbeeld ‘Goeiemôre Tommie, Hoe gaan dit?’ Goeiemôre Tim dit gaan goed met my, dankie.’) KABV 31
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 1 KWARTAAL 4 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE • Klap hande/ klik vingers/ spring/ stamp voete op lettergrepe in woorde van gesproke sinne. • Identifiseer klanke aan begin van gesproke woorde. • Klap lettergrepe in sleutelwoorde in gesproke taal (byvoorbeeld woorde van ʼn storie). Gedeelde Lees Aktiwiteite word een keer per week gedoen deur Grootboeke met illustrasies, of enige vorm van ver- grote, geïllustreerde teks, te gebruik. Dieselfde boek kan meer as een keer gelees word en kan selfs op ʼn latere stadium, weer gelees word. • Luister na die storievertelling en volg die prente terwyl die onderwyser vertel. • Praat oor prente in die storie deur die TAT soveel as moontlik te gebruik, maar indien nodig kan die Hu- istaal gebruik word. • Identifiseer voorwerpe in prente (byvoorbeeld ‘Wys my........., Wys na .......’) • Leer bepaalde mondelinge woordeskat wat betrekking het op die gekose tema. • Na herhaalde lees, neem deel aan die refrein en herhaal die taaluitdrukkings waar toepaslik in pare en klein groepies. • Neem deel aan storielesse deur op eenvoudige mondelinge vrae te reageer. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid : (mondeling en/of prakties, observasie) • Klap lettergrepe in sleutelwoorde in gesproke taal. • Herken en benoem bepaalde voorwerpe in prente. • Na herhaalde lees, neem deel aan die refrein en herhaal die taaluitdrukkings waar toepaslik in pare en klein groepies. 32 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 VOORGESTELDE HULPMIDDELS VIR DIE JAAR • Plakkate en prente om die onderrig van stories en woordeskat te ondersteun • Gekleurde muur- en getalkaarte • Liedjies en aksiegediggies • Werklike voorwerpe wat van toepasssing is op temas en onderwerpe • Ondersteuningsmateriaal vir rolspel, byvoorbeeld maskers, voorwerpe, ens. • CD’s, DVD’s en televisieprogramme • Grootboeke(met visuele teks) • Versameling stories, gediggies en liedjies • Maskers, selfgemaakte onderwyser/leerder Grootboeke, sigsagboeke, handpoppe, flitskaarte, ens. KABV 33
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 3.2 GRAAD 2 TWEEDE ADDISIONELE TAAL VEREISTES PER KWARTAAL VOORGESTELDE TYD PER WEEK: 1 UUR GRAAD 2 KWARTAAL 1 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD /BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers behoort twee temas te kies wat hul in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die onderstaande aktiwiteite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Indien enigsins moontlik, probeer al die aktiwiteite meer as een keer dek. Onderwysers assesseer leerders deur gebruik te maak van die aanbevole informele assesseringsaktiwiteite. Die temas behoort onderwysers geleenthede te bied om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal wanneer sy met die leerders in die Tweede Addisionele Taal kommunikeer. Weeklikse aktiwiteite Twee of meer van die volgende aktiwiteite in ʼn les in die loop van die week: • Begin ʼn mondelinge woordeskat (luister en praat) ontwikkel deur die gebruik van temas of onderwerpe. • Reageer op eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: ‘Goeiemôre. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my, dankie.’ Werk in pare en klein groepies. • Rolspel van groetvorme (twee sinne) in pare en klein groepies (byvoorbeeld ‘Goeiemôre Thando, Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my, dankie.’) • Wys na en benoem bepaalde voorwerpe in die klaskamer of in ʼn prent in opdrag van die onderwyser, byvoorbeeld: ‘Wys vir my die meisie wat ʼn rooi rokkie aanhet.’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings/frases (byvoorbeeld: ‘Asseblief en dankie’). • Sing, met hulp, eenvoudige liedjies en voer die aksies uit byvoorbeeld: ‘Dit is hoe ek my hemp aantrek, hemp aantrek, hemp aantrek ……’ Werk in pare en klein groepies. • Neem aan aksiegediggies en –liedjies deel en voer die bewegings uit, byvoorbeeld: ‘Hier is Oupa se bril, Hier is oupa se hoed …..’ Werk in pare en klein groepies. • Speel taalspeletjies in pare en klein groepies, byvoorbeeld: ‘Simon sê.’ Die onderwyser moet een keer per week ʼn storie lees of vertel. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en maskers gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Benoem van die voorwerpe in ʼn prent as reaksie op die onderwyser se vrae, byvoorbeeld: Wat? Waar? Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat; • gebruik van bepaalde taaluitdrukkings met die nodige selfvertroue; • reaksie op instruksies en opdragte; en • gebruik van bepaalde taaluitdrukkings/frases. 34 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat (Mondeling en/of prakties) • Sing aksieliedjies en gediggies met die nodige selfvertroue. • Reageer op eenvoudige instruksies (byvoorbeeld Raak aan jou kop. Raak aan jou tone). • Rolspel van groetvorme (twee sinne) in pare of in klein groepies (byvoorbeeld Goeie môre Thando. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my, dankie). KABV 35
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 1 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese bewustheid • Klap hande/klik vingers/spring/stamp voete op lettergrepe in woorde in gesproke sinne. • Verdeel gesproke woorde in lettergrepe. • Verdeel gesproke sinne in individuele woorde deur elke woord te klap. Gebruik sinne uit stories (voorgelees of vertel). • Identifiseer die beginklank van gesproke woorde. Gedeelde Lees (ten minste 15 minute een keer per week) Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en bespreek die prente en die storielyn. Sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel. • Luister na, volg die storie wat voorgelees word en kyk saam met die onderwyser na die prente. • Praat oor die prente in die storie. Gebruik Tweede Addisionele Taal soveel as moontlik, maar laat gebruik van Huistaal toe waar nodig. • Identifiseer voorwerpe in die storie, byvoorbeeld: ‘Wys vir my die ou man. Wys na die hond.’ • Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente byvoorbeeld: ‘Wie? Wat? Waar?’ • Begin bepaalde geskrewe woorde in Twee Addisionele Taal in Gedeelde Lees herken. • Leer mondelinge woordeskat aan (uit die storie). • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese bewustheid • Klap woorde in gesproke sinne. • Verdeel gesproke woorde in lettergrepe. Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Identifiseer bepaalde mense, diere en voorwerpe in die illustrasies wat in die Grootboek (of ander vergrote teks) voorkom. • Beantwoord eenvoudige mondelinge vrae oor die storie. • Begin om bepaalde geskrewe woorde in Tweede Addisionele Taal in Gedeelde Lees te herken. 36 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 2 LUISTER EN PRAAT INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers behoort twee temas te kies wat hul in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die onderstaande aktiwitieite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Indien enigsins moontlik, probeer al die aktiwiteite meer as een keer dek. Onderwysers assesseer leerders deur gebruik te maak van die aanbevole informele assesseringsaktiwiteite. Die temas behoort onderwysers geleenthede te bied om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal wanneer sy met die leerders in die Tweede Addisionele Taal kommunikeer. Weeklikse aktiwiteite Twee of meer van die volgende aktiwiteite in ʼn les in die loop van die week: • Gaan voort met die ontwikkeling van ʼn mondelinge woordeskat (luister en praat) deur die gebruik van die temas of onderwerpe. • Reageer op en rolspel van eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: ‘Goeie môre. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my, dankie.’ Werk in pare en klein groepies. • Rolspeel kort dialoë byvoorbeeld: ‘Goeiedag. My naam is _____.Wat is jou naam? Waarvan hou jy?’ • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief toilet toe gaan?’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings/frases (byvoorbeeld: ‘Asseblief en dankie’). • Wys na en benoem bepaalde voorwerpe in die klaskamer of in ʼn prent in opdrag van die onderwyser. • Reageer fisies op eenvoudige mondelinge instruksies, byvoorbeeld: ‘Staan in ʼn ry.’ Werk in pare en klein groepies. • Neem aan aksieliedjies en –gediggies deel en voer die bewegings uit. Werk in pare en klein groepies. • Speel taalspeletjies in pare en klein groepies. Die onderwyser moet een maal per week ʼn storie lees of vertel. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en maskers gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Benoem van die voorwerpe in ʼn prent na aanleiding van die onderwyser se vrae byvoorbeeld: Wat? Waar? Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat; • gebruik van bepaalde taaluitdrukkings met die nodige selfvertroue; • rolspel van kort dialoë byvoorbeeld: ‘Goeiedag. My naam is _____.Wat is jou naam? Waarvan hou jy?’ • rig van eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief toilet toe gaan?’ KABV 37
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat (mondeling en/of prakties) • Reageer op en rolspel van eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: ‘Goeie môre Pule. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my. Dankie, Palesa. Hoe gaan dit met jou?’ • Demonstreer die begrip van bepaalde basiese mondelinge woordeskat deur na voorwerpe in die klaskamer of in prente te wys in opdrag van die onderwyser. • Sing aksieliedjies en -gediggies met die nodige selfvertroue en entoesiasme. Werk in pare en klein groepies. 38 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 2 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese en Fonemiese bewustheid • Klap hande/klap vingers/spring/stamp voete op lettergrepe in bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in lettergrepe en voeg dele saam om woord te vorm, byvoorbeeld: kos – blik, kosblik. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke saam, byvoorbeeld: k –a-t, kat. Gedeelde Lees (ten minste 15 minute een keer per week) Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en bespreek die prente en die storielyn. Sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel. • Luister na en volg die storie of niefiksie-teks wat voorgelees word en kyk saam met die onderwyser na die prente. • Praat oor die prente in die storie. Gebruik Tweede Addisionele Taal soveel as moontlik, maar laat gebruik van Huistaal toe waar nodig. • Identifiseer voorwerpe in die prente. • Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente byvoorbeeld: ‘Wie? Wat? Waar?’ • Leer mondelinge woordeskat aan. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. • Dramatiseer gedeeltes van die storie deur van gebare, eenvoudige teks, ondersteuningsmateriaal, maskers en handpoppe gebruik te maak. Werk in pare en kleiner groepies. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties) • Klap hande/klik vingers/ spring/stamp voete op lettergrepe in bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in lettergrepe en voeg dele saam om woord te vorm, byvoorbeeld: kos – blik, kosblik. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke saam, byvoorbeeld: k –a-t, kat. Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Praat oor die prent. • Beantwoord eenvoudige mondelinge vrae oor die storie of niefiksie-teks. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. KABV 39
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 3 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers behoort twee temas te kies wat hul in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die onderstaande aktiwitieite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers kan hul eie gepaste temas kies na aanleiding van hul konteks en beskikbare bronne. Hulle moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, plakkate, rympies, liedjies, speletjies en regte voorwerpe beskikbaar het vir die gekose tema. Indien enigsins moontlik probeer al die aktiwiteite meer as een keer dek. Onderwysers assesseer leerders deur gebruik te maak van die aanbevole informele assesseringsaktiwiteite. Die temas behoort onderwysers geleenthede te bied om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal wanneer sy met die leerders in die Tweede Addisionele Taal kommunikeer. Weeklikse aktiwiteite Twee of meer van die volgende aktiwiteite in ʼn les in die loop van die week: • Gaan voort met die ontwikkeling van ʼn mondelinge woordeskat (luister en praat) deur die gebruik van temas of onderwerpe. • Reageer op en rolspeel eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: ‘Goeiemôre. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met my, dankie.’ Werk in pare en klein groepies. • Rolspel van eenvoudige dialoë met die hulp van die onderwyser. • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief jou potlood leen?’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings/frases (byvoorbeeld: ‘Verskoon my. Ek is jammer’). • Wys na en benoem bepaalde voorwerpe in die klaskamer of in ʼn prent in opdrag van die onderwyser. • Reageer fisies op eenvoudige mondelinge instruksies. Werk in pare en klein groepies. • Reageer op eenvoudige vrae wat deur die onderwyser en klasmaats, wat die rol van die onderwyser inneem, gevra word, byvoorbeeld: ‘Wat is jou naam? Waar woon jy?’ • Sing aksieliedjies en neem deel aan aksiegediggies met die nodige selfvertroue. Werk in pare en klein groepies. • Speel taalspeletjies in pare en klein groepies. Die onderwyser moet een keer per week ʼn storie lees of vertel. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en maskers gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik word wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Beantwoord eenvoudige vrae oor die storie (Wie, Wat, Waar). Verskaf kort antwoorde. • Benoem van die voorwerpe in ʼn prent na aanleiding van die onderwyser en klasmaats se vrae. Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat; • reaksie op eenvoudige versoeke, opdragte en instruksies; • reaksie op eenvoudige vrae gebaseer op die storie; en • rolspel van eenvoudige dialoë met die hulp van die onderwyser. • Begin om eenvoudige taalstrukture in konteks te verstaan en te gebruik, bv. Persoonlike Voornaamwoorde: ek, my ons 40 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat: (mondeling en/of prakties) • Reageer fisies op eenvoudige mondelinge instruksies deur onderwyser. Werk individueel en in pare. • Rolspeel eenvoudige dialoë en groetvorme met ondersteuning van onderwyser. Werk in pare en klein groepies. • Rig eenvoudige versoeke byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief jou potlood leen?’ • Benoem bepaalde voorwerpe in ʼn prent of in die klaskamer wat met die tema verband hou. • Speel taalspeletjies in pare en klein groepies. KABV 41
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 3 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/BEGRIPPE/VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Verdeel mondelinge sinne in individuele woorde deur elke woord te klap, byvoorbeeld: sinne uit storie. • Klap lettergrepe in bekende woorde. • Identifiseer beginklanke in gesproke woorde. • Identifiseer eindklanke in gesproke woorde. • Klap die verskillende klanke waaruit ʼn woord bestaan en voeg dit weer saam byvoorbeeld: k-a-t, kat. Gedeelde Lees (ten minste 15 minute een keer per week) Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en bespreek die prente en die storielyn. Sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel. • Luister na en volg die storie of niefiksie-teks wat voorgelees word en kyk saam met die onderwyser na die prente. • Praat oor die prente in die storie. Gebruik Tweede Addisionele Taal soveel as moontlik, maar laat gebruik van Huistaal toe waar nodig. • Identifiseer en benoem voorwerpe in die prente deur gebruik te maak van Tweede Addisionele Taal. • Die hele klas lees dieselfde storie of nie-fiksie teks m.b.v. die onderwyser. • Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente byvoorbeeld: ‘Wie? Wat? Waar?’ • Reageer op eenvoudige voor die handliggende vrae uit die storie. • Leer mondelinge woordeskat aan. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. • Dramatiseer gedeeltes van die storie deur van gebare, eenvoudige teks, ondersteuningsmateriaal, maskers en handpoppe gebruik te maak. Werk in pare en klein groepies. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties) • Klap klanke in bekende woorde. • Identifiseer beginklanke in gesproke woorde. • Verdeel mondelinge sinne in individuele woorde deur elke woord te klap, byvoorbeeld: sinne uit storie. Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Identifiseer en benoem voorwerpe in prente deur gebruik te maak van Tweede Addisionele Taal. • Beantwoord eenvoudige mondelinge vrae oor die storie of niefiksie-teks. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. • Dramatiseer gedeeltes van die storie deur van gebare en eenvoudige taaluitdrukkings gebruik te maak. Werk in pare en klein groepies. 42 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 4 LUISTER EN PRAAT INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers behoort twee temas te kies wat hul in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die onderstaande aktiwitieite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers kan hul eie gepaste temas kies na aanleiding van hul konteks en beskikbare bronne. Hulle moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, plakkate, rympies, liedjies, speletjies en regte voorwerpe beskikbaar het vir die gekose tema. Indien enigsins moontlik probeer om al die aktiwiteite meer as een keer te dek. Onderwysers assesseer leerders deur gebruik te maak van aanbevole informele assesseringsaktiwiteite. Die temas behoort onderwysers geleenthede te bied om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal wanneer sy met die leerders in die Tweede Addisionele Taal kommunikeer. Weeklikse aktiwiteite Twee of meer van die volgende aktiwiteite in ʼn les in die loop van die week: • Gaan voort met die ontwikkeling van ʼn mondelinge woordeskat (luister en praat) deur die gebruik van die temas of onderwerpe. • Sing eenvoudige liedjies met die nodige selfvertoue. Werk in pare en klein groepies. • Dra gediggies voor en voer gepaste aksies uit met die nodige selfvertroue. Werk in pare en klein groepies. • Reageer op en rolspel van eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: ‘Totsiens.Sien julle later.’ Werk in pare en klein groepies. • Rolspel van eenvoudige dialoë met die hulp van die onderwyser. Modelleer verskillende groetvorme. Werk in pare en klein groepies. • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief die kamer verlaat?’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings/frases (byvoorbeeld: ‘Verskoon my. Ek is jammer.’) • Wys na en benoem bepaalde voorwerpe in die klaskamer of in ʼn prent in opdrag van die onderwyser. • Speel taalspeletjies in pare en klein groepies. • Reageer fisies op eenvoudige mondelinge instruksies. Werk in pare en klein groepies. • Reageer op eenvoudige mondelinge instruksies deur die onderwyser, byvoorbeeld: ‘Wat, Wie, Waar?’ Die onderwyser moet een keer per week ʼn storie lees of vertel. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en maskers gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geilllustreerde plakkaat word gebruik word wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Benoem van die voorwerpe in ʼn prent in reaksie op die onderwyser en klasmaats se vrae. Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • reaksie op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: ‘Wat is jou naam?’ • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat en taalstrukture in eenvoudige dialoë • reaksie op eenvoudige instruksies van die onderwyser, byvoorbeeld: ‘Spring/raak aan jou tone, ens. Loop vinnig/stadig’ ens.; en • rig van eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief die kamer verlaat?’ • verstaan en gebruik van eenvoudige taalstrukture in konteks, bv. persoonlike voornaamwoorde (ek, my ons, ensovoorts.) KABV 43
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat: (mondeling en/of prakties) • Reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: ‘Wat is jou naam?’ • Neem deel aan eenvoudige dialoë met ondersteuning van onderwyser, modelleer groetvorme in pare en klein groepies. • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: ‘Mag ek asseblief die kamer verlaat?’ • Reageer op instruksies van onderwyser, byvoorbeeld: ‘Spring/raak aan jou tone, ens. Loop vinnig/ stadig’ ens. 44 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 2 KWARTAAL 4 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Klap klanke in bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke weer saam. • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Verdeel mondelinge sinne in individuele woorde deur elke woord te klap. Gedeelde Lees (ten minste 15 minute een keer per week) Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en bespreek die prente en die storielyn. Sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel. • Luister na, volg die storie of niefiksie-teks wat voorgelees word en kyk saam met die onderwyser na die prente. • Praat oor die prente in Tweede Addisionele Taal. • Identifiseer en benoem voorwerpe in die prente deur gebruik te maak van Tweede Addisionele Taal. • Die hele klas lees, met behulp van die onderwyser, dieselfde storie of nie-fiksie teks saam. • Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente byvoorbeeld: ‘Wie? Wat? Waar?’ • Leer mondelinge woordeskat aan. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en kleiner groepies. • Herken en lees bepaalde algemene Tweede Addisionele Taal woorde in die klaskamer, byvoorbeeld: woordmuur. • Dramatiseer gedeeltes van die storie deur van gebare, eenvoudige teks, ondersteuningsmateriaal, maskers en handpoppe gebruik te maak. Werk in pare en klein groepies. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties) • Klap klanke in bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke weer saam. • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Verdeel mondelinge sinne in individuele woorde deur elke woord te klap. Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Identifiseer en benoem voorwerpe in prente in Grootboek/plakkaat. • Beantwoord eenvoudige voor die handliggende vrae oor die storie in kort sinne. • Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel. Werk in pare en klein groepies. • Dramatiseer gedeeltes van die storie met selfvertroue en entoesiasme deur van gebare en eenvoudige taaluitdrukkings gebruik te maak. Werk in pare en klein groepies. KABV 45
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 VOORGESTELDE TEKSTE/HULPMIDDELS VIR DIE JAAR • Grootboeke - Fiksie en niefiksie • Versameling stories, gediggies en liedjies • Plakkate en prente om onderrig van stories en woordeskat te ondersteun • Gekleurde muur- en getalkaarte • Werklike voorwerpe wat van toepasssing is op temas en onderwerpe • Ondersteuningsmateriaal vir rolspel, byvoorbeeld maskers, voorwerpe, ens. • CD’s, DVD en televisieprogramme • Handpoppe om Tweede Addisionele Taal bekend te stel • Naamkaarte vir klaskamer-items en uitstallings • Wysers vir gebruik tydens lees van vergrote tekste, muurstories en uitstallings • Maskers, selfgemaakte onderwyser/leerder Grootboeke, sigsagboeke, handpoppe, flitskaarte, ens. 46 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 3.3 GRAAD 3 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VEREISTES PER KWARTAAL VOORGESTELDE TYD PER WEEK:1 UUR GRAAD 3 KWARTAAL 1 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers kies drie temas wat hulle in staat sal stel om woordeskat uit te brei en in te skerp, asook om die aktiwiteite wat hieronder gelys is, te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Onderwysers moet poog om, sover moontik, alle aktiwiteite meer as een keer te dek. Leerders word geassesseer deur gebruik te maak van die informele assesseringsaktiwiteite. Die temas moet deurgaans die onderwyser in staat stel om eenvoudige, basiese taalstrukture te vestig, terwyl daar met die leerders in die Tweede Addisionele Taal gekommunikeer word. Weeklikse aktiwieite Twee of meer van die volgende aktiwiteite per les per week: • Gaan voort om ʼn mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur van onderwerpe of temas gebruik te maak. • Identifiseer ʼn persoon, dier of voorwerp deur ʼn eenvoudige mondelinge beskrywing, met twee leidrade byvoorbeeld: ‘Ek het twee bene. Ek kan vlieg. Wat is ek?’ Hierdie aktiwiteit kan in pare of klein groepies gedoen word. • Memoriseer en dra eenvoudige gediggies, aksierympies en liedjies voor in pare en in groepies. • Neem, met behulp van die onderwyser wat groetvorme modelleer, deel aan eenvoudige rolspel en dialoё (2-3 sinne) in pare en klein goepies. • Reageer op en rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld, ‘Mag ek ʼn glas water kry asseblief?’ • Gebruik bepaalde formele taaluitdrukkings (byvoorbeeld ‘Verskoon my; Ek is jammer.’) • Praat oor voorwerpe in ʼn prent en reageer op die onderwyser se instruksies. • Speel taalspeletjies in pare en in klein groepies. • Reageer indivueel of in pare op die onderwyser se eenvoudige mondelinge instruksies, byvoorbeeld, ‘Wat, Wie, Waar, Hoe’. Die onderwyser lees of vertel een keer per week ʼn storie. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie. (Wie, Wat, Waar) Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • uitbreiding en vaslegging van verworwe woordeskat en taalstrukture in eenvoudige dialoё; • gebruik van bepaalde formele taaluitdrukkings (byvoorbeeld ‘Verskoon my; Ek is jammer’); • reaksie op eenvoudige vrae deur die onderwyser en maats wat die rol van die onderwyser oorneem, byvoorbeeld, ‘Wat, Wie, Waar, Hoe’; en • begrip en ontwikkel vermoё om eenvoudige taalstrukture in konteks te gebruik, byvoorbeeld, die woord ‘kan’: ‘Ek kan spring / sit / hardloop ens. Ek kan my tone raak.’ KABV 47
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties): • Toon begrip van basiese woordeskat deur na voorwerpe in ʼn prent te wys. • Memoriseer en dra eenvoudige gediggies en aksierympies voor. • Neem, met behulp van die onderwyser wat groetvorme modelleer, deel aan eenvoudige rolspel en dialoё (2-3 sinne) in pare en klein goepies. • Reageer op eenvoudige vrae (byvoorbeeld ‘Waar woon jy?’) 48 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 1 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Verdeel woorde mondelings in lettergrepe en voeg hulle weer saam. • Identifiseer die begin- en eindklanke van gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak in Huistaal en Tweede Addisionele Taal het (byvoorbeeld, b,d,f,h,l,m,n,s ens.). Behandel ten minste een klank per week. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees (ten minste 15 minute twee keer per week) Die onderwyser lees of vertel twee keer per week ʼn storie, afhangend van die tyd beskikbaar. Stories wat vertel word, kan deur gebare en rekwisiete gedramatiseer word om die betekenis van die storie duidelik verstaanbaar te maak. Stories wat gelees word moet uit Grootboeke of illustrasies op plakkate gelees word, waarvan al die leerders die prente kan sien. Die onderwyser skryf hoёfrekwensiewoorde uit die storie op flitskaarte en bring dit op die woordmuur aan. • Luister na kort stories, persoonlike vertellings van niefiksie-tekste, gelees of vertel, uit Grootboeke, geïllustreerde muurkaarte of prente. • Lees tekste hardop saam met die onderwyser. Die hele klas lees dieselfde storie of niefiksie-teks saam met die onderwyser. • Volg die teks wat deur die onderwyser gelees word. In daaropvolgende leessessies van dieselfde teks, lees die leerders saam met die onderwyser met verbeterde vlotheid. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie. (Waar, Wat, Wie, Hoe) • Benoem van die voorwerpe in die prent en reageer op die onderwyser en leerders se vrae, byvoorbeeld, ‘Wat is dit?’ ‘ ʼn Vis.’ • Dramatiseer gedeeltes van die storie, in pare of klein groepies, deur van die dialoog te gebruik. • Herken en lees bepaalde algemene woorde in drukskrif in die TAT, byvoorbeeld teen die klasmure. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid : (mondeling en/of prakties) • Verdeel woorde mondelings in lettergrepe en voeg hulle weer saam. • Identifiseer die klanke aan die begin en einde van gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van bekende woorde in Tweede Addisionele Taal en Huistaal. Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Lees die teks hardop en vlot saam met die onderwyser. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie. • Toon begrip van woordeskat in die storie deur voorwerpe in die prente te benoem in reaksie op die onderwyser se instruksies. • Na herhaalde leessessies, neem (in pare of klein groepies) op gepaste tye deel aan refreine van taaluitdrukkings. • Dramatiseer gedeeltes van die storie, in pare of klein groepies, deur die gebruik van gebare en eenvoudige dialoog. KABV 49
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 2 LUISTER EN PRAAT INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Onderwysers kies drie temas wat hulle in staat sal stel om woordeskat aan te leer en in te skerp, asook om die aktiwiteite wat hieronder gelys is, te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Onderwysers moet soveel moontlik aktiwiteite gedurende die beskikbare tyd probeer dek. Leerders word geassesseer deur gebruik te maak van die informele assesseringsaktiwiteite. Die temas moet deurgaans die onderwyser in staat stel om eenvoudige, basiese taalstrukture te vestig, terwyl daar met die leerders in Tweede Addisionele Taal gekommunikeer word. Weeklikse aktiwieite Twee of meer van die volgende aktiwiteite per les per week: • Gaan voort om ʼn mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur van onderwerpe en temas gebruik te maak. • Memoriseer en dra eenvoudige gediggies, aksierympies en liedjies voor in pare en klein groepies • Gebruik bepaalde formele taaluitdrukkings (byvoorbeeld ‘Verskoon my; Ek is jammer.’) • Rolspel en deelname aan ʼn kort gesprek deur die gebruik van formele taaluitdrukkings (2-3 sinne) met behulp van die onderwyser, byvoorbeeld ontmoet en groet mekaar in pare of klein groepies. • Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld, ‘Mag ek ʼn boek vat?’ • Praat oor ʼn voorwerp in ʼn prent en reageer op die onderwyser se instruksies, byvoorbeeld: ‘Wat sien jy in die prent?’ ‘Kom ons praat oor die prent.’ • Identifiseer ʼn persoon, dier of voorwerp deur ʼn eenvoudige mondelinge beskrywing, met twee leidrade byvoorbeeld: ‘Ek het twee bene. Ek kan vlieg. Wat is ek?’ Hierdie aktiwiteit kan in pare of klein groepies gedoen word. • Speel taalspeletjies in pare en in klein groepies. • Reageer fisies op eenvoudige mondelikse instruksies deur die onderwyser; individueel en in pare. • Reageer op eenvoudige vrae deur die onderwyser of leerders wat die rol van die onderwyser oorneem, byvoorbeeld, ‘Wat, Wie, Waar, Hoe’. Die onderwyser lees of vertel een keer per week ʼn storie. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie (Wie, Wat, Waar). • Verstaan die verband tussen visuele en geskrewe teks. Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • uitbreiding van mondelinge woordeskat; • rolspel en deelname aan kort gesprekke deur die gebruik van formele taaluitdrukkings (2-3 sinne) en met hulp van die onderwyser; en • ontwikkelling van begrip en vermoё om eenvoudige taalstrukture in konteks en betekenisvolle gesprek te gebruik, byvoorbeeld,verstaan en gebruik van die modaliteit ‘kan’: ‘Ek kan hardloop.’ asook negatiewe vorm: ‘Ek kan nie vlieg nie.’ 50 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat: (mondeling en/of prakties) • Toon begrip en gebruik van basiese mondelinge woordeskat deur voorwerpe te benoem. • Memoriseer en dra eenvoudige gediggies en aksierympies met selfvertroue voor. • Reageer fisies op eenvoudige mondelinge instruksies deur die onderwyser; individueel en in pare. • Rolspel en deelname aan ʼn kort gesprek deur die gebruik van formele taaluitdrukkings (2-3 sinne) met behulp van die onderwyser, byvoorbeeld groet mekaar in pare of klein groepies. • Reageer op eenvoudige vrae deur die onderwyser en leerders. KABV 51
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 2 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Klap individuele klanke (foneme) van gesproke woorde. • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ensovoorts. Behandel ten minste een klank per week. • Onderrig bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld vokale. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees (ten minste 15 minute twee keer per week) Die onderwyser lees of vertel twee keer per week ʼn storie, afhangend van die tyd beskikbaar. Stories wat vertel word, kan deur gebare en rekwisiete gedramatiseer word om die betekenis van die storie duidelik verstaanbaar te maak. Stories wat gelees word moet uit Grootboeke of illustrasies op plakkate gelees word, waarvan al die leerders die prente kan sien. Die onderwyser skryf hoёfrekwensiewoorde uit die storie op flitskaarte en bring dit op die woordmuur aan. Weeklikse aktiwieite Die onderwyser kan een lang aktiwiteit, of twee of drie korter aktiwiteite per week doen. • Luister na kortstories, hervertellings, vertellings van niefikse-teks of gelees uit Grootboeke, geïlusstreerde muurkaarte of prente vir genot en neem waar van toepassing deel aan die refrein. • Lees die teks hardop saam met die onderwyser. Die hele klas lees dieselfde storie of niefiksie-teks saam met die onderwyser. • Volg die teks wat deur die onderwyser gelees word. Herken algemene woorde en lees met toenemende vlotheid in daaropvolgende leessessies, van dieselfde teks, saam met die onderwyser en leerders. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie (Waar, Wat, Wie, Hoe). • Benoem van die voorwerpe in die prent en reageer op vrae van die onderwyser en leerders, byvoorbeeld, ‘Wat is dit?’ ‘ ʼn Vis’. • Dramatiseer die storie, in pare of klein groepies, deur die gebruik van die dialoog. • Met behulp van die onderwyser, vertel in pare gedeeltes van die storie. • Herken en lees bepaalde algemene woorde in drukskrif in die TAT, byvoorbeeld teen die klasmure. 52 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid : (mondeling en/of prakties) • Verdeel woorde mondelings in lettergrepe en voeg hulle weer saam. • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Lees teks hardop en vlot saam met die onderwyser. • Beantwoord eenvoudige vrae met kort antwoorde oor ʼn storie. • Toon begrip van woordeskat in die storie deur voorwerpe in die prente te benoem in reaksie op die onderwyser se instruksies. • Na herhaalde leessessies, neem op gepaste tye deel aan refreine van taaluitdrukkings in pare of klein groepies. • Dramatiseer gedeeltes van die storie, in pare of klein groepies, deur die gebruik van gebare en eenvoudige dialoog. KABV 53
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 3 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers kies drie temas wat hulle in staat sal stel om woordeskat uit te brei en in te skerp, asook om die aktiwiteite wat hieronder gelys, te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Onderwysers moet soveel moontlik aktiwiteite gedurende die beskikbare tyd probeer dek. Leerders word geassesseer deur gebruik te maak van die informele assesseringsaktiwiteite. Die temas moet deurgaans die onderwyser in staat stel om eenvoudige, basiese taalstrukture te vestig, terwyl daar met die leerders in Tweede Addisionele Taal gekommunikeer word. Weeklikse aktiwiteite Die onderwyser kan een langer aktiwiteit of twee tot drie korter aktiwiteite per week doen. • Gaan voort om ʼn mondelinge (luister en praat) woordeskat te ontwikkel deur van die onderwerpe of temas gebruik te maak. • Neem deel aan eenvoudige rolspel en dialoë (3-4 sinne) in pare en klein groepies met die onderwyser se hulp wat dit demonstreer. • Volg ʼn kort reeks van 2 – 3 instruksies wat deur die onderwyser gegee word. • Verstaan en reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld ‘Wie? Wie se boek is dit? Wat? Waar? Watter storie wil jy hoor?’ • Rig eenvoudige versoeke en maak stellings in die nuwe taal met die hulp van die onderwyser, byvoorbeeld ‘Mag ek buite gaan speel, asseblief?’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister. • Luister na ʼn eenvoudige hervertelling van 2-3 sinne wan die onderwyser oor wat sy gedoen het. • Memoriseer en dra eenvoudge gediggies en aksieliedjies voor met selfvertroue en entoesiasme in pare en groepies. • Speel van taalspeletjies binne en buite die klaskamer saam met maats in klein groepies onder onderwysertoesig. Die onderwyser lees of vertel een keer per week ʼn storie. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare en rekwisiete gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister met genot na kort stories wat voorgelees of vertel word en neem deel aan refreine op gepaste tye. Werk in pare en klein groepies. • Luister en reageer op ʼn kort, eenvoudige storie wat deur die onderwyser voorgelees word. Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat en taaluitdrukkings in eenvoudige dialoë; • gebruik bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister; • begrip en reaksie op eenvoudige vrae, byvoorbeeld ‘Wie? Wie se boek is dit? Wat? Waar? Watter storie wil jy hoor?’ • begrip en vermoë om eenvoudige taalstrukture in konteks van verstaanbare gesproke taal te ontwikkel, soos algemene woorde, vraagwoorde, persoolike voornaamwoorde, werkwoorde, instruksies/bevele; en • ontwikkelling van begrip en vermoё om eenvoudige taalstrukture in konteks en betekenisvolle gesprek te gebruik, byvoorbeeld,verstaan en gebruik van die modaliteit ‘kan’: ‘Ek kan hardloop.’ asook negatiewe vorm: ‘Ek kan nie vlieg nie.’ 54 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat: (mondeling en/of prakties) • Neem deel aan eenvoudige rolspel en dialoë (3-4 sinne) in pare en klein groepies met die onderwyser se hulp wat dit demonstreer. • Volg 2-3 instruksies wat deur die onderwyser gegee is. • Gee en reageer op eenvoudige instruksies wat deur die onderwyser en maats gegee word, byvoorbeeld ‘Vang die bal.’ • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister. • Verstaan en reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld ‘Wie? Wie se boek is dit? Wat? Waar? Watter storie wil jy hoor?’ • Rig eenvoudige versoeke en maak stellings in die nuwe taal met die hulp van die onderwyser, byvoorbeeld ‘Mag ek buite gaan speel, asseblief?’ KABV 55
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 3 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer die aantal klanke in elke lettergreep van bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke weer saam. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ens. Behandel ten minste een klank per week. • Onderrig bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld vokale. • Leer meer beginklanke aan wat dalk kan verskil tussen die TAT en die Huistaal. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees (ten minste 15 minute twee keer per week) Die onderwyser lees of vertel twee keer per week ʼn storie, afhangend van die tyd beskikbaar. Stories wat vertel word, kan deur gebare en rekwisiete gedramatiseer word om die betekenis van die storie duidelik verstaanbaar te maak. Stories wat gelees word moet uit Grootboeke of illustrasies op plakkate gelees word, waarvan al die leerders die prente kan sien. Die onderwyser skryf hoёfrekwensiewoorde uit die storie en bring dit op die woordmuur aan. Weeklikse aktiwiteite • Luister na kortstories, hervertellings, vertellings van niefikse-teks of gelees uit Grootboeke, geïlusstreerde muurkaarte of prente vir genot en neem waar van toepassing deel aan die refrein. • Lees die teks hardop saam met die onderwyser. Die hele klas lees dieselfde storie of niefiksie teks saam met die onderwyser. • Volg die teks wat deur die onderwyser gelees word. Lees daaropvolgend dieselfde teks saam met die onderwyser en maats met toenemende vlotheid en met gevoel. • Lees die Gedeelde Leesteks wat in kwartaal 1 en 2 gedoen is, vlot. • Verstaan die storie en antwoord eenvoudige letterlike vrae wat op die Gedeelde Lees van toepasing is (Wie, Wat, Waar, Hoe?) • Benoem bepaalde voorwerpe op die prent in reaksie op vrae vanaf die onderwyser en maats. • Rolspel van bepaalde dele van die storie in klein groepies • Herken en lees bepaalde algemene woorde in drukskrif in die TAT, byvoorbeeld teen die klasmure. ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties) • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ens. • Ken bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld vokale. • Leer meer beginklanke aan wat dalk kan verskil tussen die TAT en die Huistaal. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou. (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Lees die teks hardop en vlot saam met die onderwyser. • Lees die Gedeelde Leesteks wat in kwartaal 1 en 2 gedoen is, vlot. • Verstaan die storie en antwoord eenvoudige letterlike vrae. • Toon begrip vir woordeskat deur bepaalde voorwerpe op die prent te benoem. • Rolspel van bepaalde dele van die storie in klein groepies. 56 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 4 LUISTER EN PRAAT (MONDELING) INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Onderwysers behoort twee temas te kies wat hul in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die onderstaande aktiwitieite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas/onderwerpe slegs voorstelle is. Hulle moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, plakkate, rympies, liedjies, speletjies en regte voorwerpe beskikbaar het vir die gekose tema. Indien enigsins moontlik probeer om al die aktiwiteite meer as een keer te dek. Onderwysers assesseer leerders deur gebruik te maak van aanbevole informele assesseringsaktiwiteite. Die temas behoort onderwysers geleenthede te bied om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal wanneer sy met die leerders in die Tweede Addisionele Taal kommunikeer. Weeklikse aktiwiteite Die onderwyser kan een langer aktiwiteit of twee tot drie korter aktiwiteite per week doen. • Gaan voort met die ontwikkeling en gebruik van ʼn mondelinge woordeskat (luister en praat) deur die gebruik van die temas of onderwerpe. • Volg ʼn kort reeks van 2 – 3 instruksies wat deur die onderwyser gegee word, byvoorbeeld ‘Kom staan saam met jou maat voor in die klas.’ • Rolspel en deelname, in pare of klein groepies, aan kort gesprekke in formele taal (3 – 4 sinne) met behulp van die onderwyser, byvoorbeeld groetvorme/kort gesprekke. • Neem beurte om eenvoudige instruksies en opdragte gedurende ʼn taalspeletjie aan maats te gee. • Verstaan en reageer op eenvoudige vrae soos ‘Wat is jou naam? Hoe oud is jy?’ • Reageer op en rig eenvoudige versoeke aan onderwyser en maats. • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister. • Identifiseer en benoem werklike voorwerpe in die nuwe taal (boek, potlood, skoen, hemp, ens.) • Praat oor voorwerpe as reaksie op onderwyser se instruksie byvoorbeeld ‘Wat kan jy in die prentjie sien? Kom ons gesels oor die prent.’ • Luister na ʼn eenvoudige hervertelling, 2 – 3 sinne, van die onderwyser, oor wat sy gedoen het. • Gee ʼn eenvoudige hervertelling met die onderwyser se hulp (1-2 sinne) oor die weersomstandighede. • Memoriseer en dra eenvoudge gediggies en aksieliedjies voor met selfvertroue en entoesiasme. KABV 57
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 Die onderwyser moet een maal per week ʼn storie lees of vertel. Stories wat vertel word, kan met behulp van gebare, maskers, handpoppe en ander hulpmiddele gedramatiseer word om begrip te versterk. ʼn Grootboek of geïllustreerde plakkaat word gebruik wanneer ʼn storie voorgelees word sodat al die leerders die prente kan sien. • Luister na kort stories vertel of gelees en neem deel aan refreingedeeltes op toepaslike tyd. Herhaal taaluitdrukkings waar van toepassing in pare en klein groepies. • Luister en reageer op ʼn kort storievertelling deur die onderwyser. • Antwoord eenvoudige geformuleerde vrae oor die storie met kort antwoorde bv Wie, Wat,Waar? Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture Deelname aan bogenoemde aktiwiteite bevorder: • voortdurende opbou van mondelinge woordeskat en taaluitdrukkings in eenvoudige dialoë; • begrip en vermoë om eenvoudige taalstrukture in konteks van verstaanbare geproke taal te ontwikkel, byvoorbeeld algemene woorde, vraagwoorde, persoonlike voornaamwoorde, meervoude, werkwoorde, instruksies/bevele; • gebruik van bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister. • begrip en reaksie op eenvoudige vraagvorme, byvoorbeeld ‘Wie, Wat, Waar, Wie se (Wie se boek is dit?)’ • ontwikkelling van begrip en vermoё om eenvoudige taalstrukture in konteks en betekenisvolle gesprek te gebruik, byvoorbeeld,verstaan en gebruik van die modaliteit ‘kan’: ‘Ek kan hardloop.’ asook negatiewe vorm: ‘Ek kan nie vlieg nie.’ ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en Praat: (mondeling en/of prakties) • Neem deel aan eenvoudige rolspel en dialoë (3-4 sinne) in pare en klein groepies met die onderwyser se hulp wat dit demonstreer. • Gebruik bepaalde taaluitdrukkings, byvoorbeeld Vandag, Môre, Gister. • Volg ʼn kort reeks van 2 – 3 instruksies wat deur die onderwyser gegee word. • Reageer op en rig eenvoudige versoeke wat deur die onderwyser en maats gegee word, byvoorbeeld ‘Vang die bal.’ • Verstaan en reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld Wat, Waar; Wie; Wie se (Wie se hoed is dit?) • Reageer op en rig eenvoudige versoeke van onderwyser en maats. 58 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 GRAAD 3 KWARTAAL 4 ONTLUIKENDE GELETTERDHEID Fonologiese-, Fonemiese bewustheid en Gedeelde Lees word geïntegreer met Luister en Praat. INHOUD/ BEGRIPPE/ VAARDIGHEDE Fonologiese- en Fonemiese bewustheid • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer die aantal klanke in elke lettergreep van bekende woorde. • Verdeel gesproke woorde in klanke en voeg klanke weer saam. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ensovoorts. Behandel ten minste een klank per week. • Onderrig bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld vokale. • Leer meer beginklanke aan wat dalk kan verskil tussen die TAT en die Huistaal. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou. (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees (ten minste 15 minute twee keer per week) Die onderwyser lees die teks of vertel die storie vir die hele klas twee keer per week afhangende van die tyd. Stories wat vertel word, kan ondersteun word deur middel van dramatisering of die gebruik van gebare en/of hulpmiddele soos maskers, handpoppe, voorwerpe, ensovoorts. Gebruik Grootboeke of geïllustreerde plakkate sodat die leerders die prente kan sien. Die onderwyser skryf die sigwoorde en hoëfrekwensie woorde wat in die storie voorkom op flitskaarte en vertoon dit teen die woordmuur. Weeklikse aktiwiteite • Luister na kortstories, hervertellings, vertellings van niefikse teks of gelees vanaf ʼn Groot Boek of geïllustreerde plakkaat vir genot en neem waar van toepassing deel aan die refrein. • Lees die teks hardop saam met die onderwyser. Die hele klas lees dieselfde storie of niefiksie teks saam met die onderwyser. • Volg die teks wat deur die onderwyser gelees word. Lees daaropvolgend dieselfde teks saam met die onderwyser en maats meer vloeiend en met gevoel. • Lees die Gedeelde Leesteks wat in kwartaal 1 tot 3 gedoen is, vlot. • Verstaan die storie en antwoord eenvoudige letterlike vrae wat op die Gedeelde Lees van toepasing is (Wie, Wat, Waar, Hoe?) • Benoem bepaalde voorwerpe op die prent in reaksie op vrae vanaf die onderwyser en maats. • Rolspel van bepaalde dele van die storie in klein groepies. • Hervertel die storie met behulp van die onderwyser • Herken en lees bepaalde algemene woorde in drukskrif in die TAT, byvoorbeeld teen die klasmure. • Lees en skryf van bekende woorde in die TAT. KABV 59
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 ASSESSERING Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite: Fonologiese en fonemiese bewustheid: (mondeling en/of prakties) • Identifiseer begin- en eindklanke in gesproke woorde. • Identifiseer letter-klankverhouding van enkel letters wat dieselfde uitspraak het as die Huistaal en Tweede Addisionele Taal byvoorbeeld d, f, g ,h, l, m, n, s, ensovoorts. • Ken bepaalde klanke wat verskil, byvoorbeeld vokale. • Leer meer beginklanke aan wat dalk kan verskil tussen die TAT en die Huistaal. • Gebruik lettergreepkaarte om woorde te bou (kyk, sê en doen). Gedeelde Lees: (mondeling en/of prakties) • Lees die Gedeelde Leesteks wat in kwartaal 1 tot 3 gedoen is, vlot. • Antwoord eenvoudige vrae oor die storie . • Toon begrip vir woordeskat deur bepaalde voorwerpe op die prent te benoem. • Rolspel van bepaalde dele van die storie in klein groepies VOORGESTELDE TEKSTE/HULPMIDDELS VIR DIE JAAR • Prente en plakkate • Grootboeke - Fiksie en niefiksie • Ander vergrote teks (gediggies, liedjies, ens.) • Werklike voorwerpe wat van toepasssing is op temas en onderwerpe, handpoppe, maskers, ens. • Prente wat in volgorde geplaas kan word • Versameling kort stories, gediggies en liedjies • Taalspeletjies (mondeling) • Prenteboeke met byskrifte • Flitskaarte vir voorwerpe in die klaskamer, uitstallings en sigwoorde • Alfabetkaarte • Wysers vir gebruik tydens lees van vergrote tekste, muurstories en uitstallings. • Maskers, selfgemaakte onderwyser/leerder Grootboeke, sigsagboeke, handpoppe, flitskaarte, ens. • Fantasieklere (improvisasie) wat gebruik kan word vir rolspel en dramatisering • CD’s of oudiobande met stories (gelees of vertel), gediggies, rympies en liedjies, CD-speler of bandspeler, televisie en videobande/DVD’s 60 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 AFDELING 5: WOORDELYS aksiegediggies – gediggies wat met aksies gedoen word (byvoorbeeld Ek raak aan my kop, ek raak aan my tone, ek raak aan my knieë, ek raak aan my neus) bygevoegde tweetaligheid – wanneer ʼn persoon nog ʼn taal (of tale) saam met sy/haar huistaal aanleer. Die persoon bou voort op die verworwe huistaalkennis (byvoorbeeld hoe om te lees en skryf). Die addisionele taal vervang nie die huistaal nie, maar bou voort daarop. fonemies- die onderskeid tussen die aparte klanke van ‘n taal (bv. ‘t’, ‘k’) fonemiese bewustheid - die vermoë om die individuele klanke van die taal te hoor, identifiseer en manipuleer, byvoorbeeld om die verskillende klanke in die woorde“bed” en “bad”, “bod” en “bid” te onderskei. formele taaluitdrukkings - taal wat aangeleer word as frases of as ʼn geheel (byvoorbeeld groetvorme). Aan die begin, is die aanleer van ʼn taal meestal formele taaluitdrukkings (bepaalde taaluitdrukkings). Daarna ontwikkel daar geleidelik ʼn bewustheid van die taal se patrone en reëls sodat eie idees deur middel van eenvoudige taal uitgespreek kan word. Gedeelde Lees - ʼn aktiwiteit waar leerders en onderwysers die lees van vergrote teks met mekaar deel. Dit is ʼn les vir die hele klas. Sekere leerders sal slegs op luistervlak funksioneer, ander sal poog om te lees en die res sal ten volle deelneem. Dieselfde teks word oor die bestek van ʼn paar dae gebruik. Die onderwyser selekteer elke dag ʼn nuwe fokuspunt. Die teks word gebruik om klanke, taal en leesvaardighede in konteks aan te bied. klankbewustheid - die vermoë om tussen die afsonderlike klanke van ʼn taal te onderskei, byvoorbeeld die klanke, lettergrepe, rym, ens. klankleer – klankleer kweek die bewustheid dat daar ʼn verwantskap is tussen die geskrewe letter en die klank van die letter. Hierdie verwantskap word gebruik wanneer woorde gelees en geskryf word. letterlik– die letterlike betekenis van ʼn teks is presies dit wat in die teks weergegee word. Wanneer ʼn letterlike vraag gevra word, word daar van die leerders verwag om die antwoord vanuit die teks te kry, byvoorbeeld: ‘Wat is die kleur van die kind se trui?’ ontluikende / vormende geletterdheid - verwys na die kind se groeiende kennis van die gedrukte woord. Kinders sien die gedrukte teks in die omgewing en begin die doel daarvan verstaan. Wanneer stories aan hulle gelees en vertel word, leer hulle hoe stories werk en wat boeke is. Selfs voordat hulle skool toe gaan, weet hulle dikwels reeds baie. Hulle mag hulle eie idees van letters en spelling gebruik (vormende spelling). Hulle kan maak of hulle ʼn boek of boeke lees (vormende lees). Dit is die begin van leerders se geletterdheid Ortografiese definisie – die kuns om woorde met letters te skryf volgens die aanvaarde gebruik en met die korrekte spelling. refrein- herhaling van ʼn taalpatroon in ʼn teks wat hardop gelees word. rym – woorde of reëls in ʼn gedig wat met ʼn woord eindig wat dieselfde klank het as die woord in vorige reël(s) storiebord - ʼn reeks prente wat ʼn storie illustreer, byvoorbeeld hoe om ʼn masker te maak. taaluitdrukkings – dit is groepe woorde wat gewoonlik saam in ʼn taal voorkom, byvoorbeeld ‘Hoe gaan dit?’ ‘Waar woon jy?’ toevallige leer – leer wat toevallig plaasvind sonder dat die begrip / vardigheid formeel onderrig word. KABV 61
TWEEDE ADDISIONELE TAAL AFRIKAANS (TAT) GRAAD 1 – 3 Totale Fisiese Reaksie (TFR) – ʼn metode om taal te onderrig waar die onderwyser instruksies gee en van die leerder verwag om fisies te reageer waarna die onderwyser terugvoering gee. veeltaligheid – is die gebruik van twee of meer tale wat deur ʼn individu of ʼn gemeenskap gepraat word. Die woord, veeltaligheid, verwys na die gebruik of onderhoud van meer as een taal in ʼn bepaalde konteks. In hierdie geval verwys dit na die feit dat daar verskillende tale in Suid-Afrika gepraat word, maar ook dat daar baie Suid-Afrikaners is wat meer as een taal magtig is. vlotheid - die vermoë on ʼn teks vining, akkuraat en met uitdrukking te lees sodat daar begrip vir die teks weergegee word. woordmuur – ʼn hulpmiddel waar woorde op ʼn georganiseerde manier (gewoonlik in alfabetiese volgorde) in groot, sigbare letters teen die muur ten toon gestel word. herorganisering/hervertelling – die organisering van feite of gebeure in ‘n logiese volgorde bv. om te vertel of te skryf oor wat die afgelope naweek gebeur het. Verlede tyd is hier van pas bv. gister, daarna 62 KURRIKULUM EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)