Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)
LEWENSORIËNTERING
Kurrikulum- en
assesseringsbeleidsverklaring
Senior fase
Graad 7-9
Skip to contentCAPS document
CAPS SP AFR LEWENSORIENTERING GR 7 9 WEB
Grades 7, 8, 9 Afr Lewensorientering CAPS document (Afrikaans), 38 pages. Read online or get the free PDF download.
Afr Lewensorientering · Grades 7, 8, 9 · Afrikaans. CAPS document, 38 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afr Lewensorientering
- Grade
- Grades 7, 8, 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- CAPS document
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 38
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 38
Document textSearch extracted text and jump to a page.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
GRAAD 7-9
lewensoriËntering
KABV
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Departement van Basiese Onderwys
Strubenstraat 222
Privaatsak X895
Pretoria 0001
Suid-Afrika
Tel: +27 12 357 3000
Faks: +27 12 323 0601
Pleinstraat 120 Privaatsak X9023
Kaapstad 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 465 1701
Faks: +27 21 461 8110
Webtuiste: http://www.education.gov.za
© 2011 Departement van Basiese Onderwys
Isbn: 978-1-4315-0780-1
Ontwerp en uitleg deur: Ndabase Printing Solution
Gedruk deur: Staatsdrukkery
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
VOORWOORD VAN DIE MINISTER
Die nasionale kurrikulum is die hoogtepunt van ons poging oor ֹ’n tydperk van 17 jaar
om die apartheidskurrikulum wat ons geërf het, te hervorm. Sedert die aanvang van
demokrasie het ons gepoog om die kurrikulum op die waardes deur die Grondwet
(Wet No. 108 van 1998) geϊnspireer, te skoei. Die Aanhef van die Grondwet verklaar
die doelstellings van die Grondwet soos volg:
• Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op
demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te
skep;
• Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke
mens te ontsluit;
• Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering
gebaseer is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg
beskerm word; en
• ’n Verenigde demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as soewereine staat in die samelewing
van nasies inneem.
Onderwys en die kurrikulum het ’n belangrike rol om in die verwesenliking van hierdie doelstellings te vervul.
Uitkomsgebaseerde onderwys, wat in 1997 ingestel is, was ’n poging om die verdeeldheid van die verlede te heel,
maar die ondervinding van implementering het as aansporing vir ’n kurrikulumvernuwing in 2000 gedien. Dit het
tot die eerste kurrikulumvernuwing, naamlik die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad 10-12 (2002), gelei.
Deurlopende implementeringsuitdagings het tot 'n volgende kurrikulumvernuwing in 2009 gelei, naamlik die hersiening
van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10-12 (2002)
wat tot die ontwikkeling van hierdie dokument gelei het.
Sedert 2012 is die twee onderskeie nasionale kurrikulumverklarings, naamlik diè vir Graad R-9 en Graad 10-12
in ’n enkele dokument, wat voortaan slegs as die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, bekend sal staan,
geamalgameer. Hoewel die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 sy vertrekpunt in die vorige kurrikulum vind,
het daar wel vernuwing ingetree wat ten doel het om groter duidelikheid oor dit wat op ’n kwartaal-tot-kwartaal-
grondslag onderrig en geleer moet word, te verskaf.
Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is ’n beleidsverklaring met betrekking tot onderrig en leer in Suid-
Afrikaanse skole en is in die volgende dokumente vervat:
(a) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir alle vakke in hierdie dokument opgeneem;
(b) Nasionale beleid met betrekking tot die program-en bevorderingsvereistes van die Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-12; en
(c) Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12.
MEV ANGIE MOTSHEKGA, LP
MINISTER VAN BASIESE ONDERWYS
KABV
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
INHOUD
AFDELING 1: inleiding tot die KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING...... 3
1.1 Agtergrond. ...................................................................................................................................................... 3
1.2 Oorsig. .............................................................................................................................................................. 3
1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum........................................................................... 4
1.4 Tydstoekenning................................................................................................................................................ 6
1.4.1 Grondslagfase. ........................................................................................................................................ 6
1.4.2 Intermediêre Fase.................................................................................................................................... 6
1.4.3 Senior Fase. ............................................................................................................................................ 7
1.4.4 Graad 10-12............................................................................................................................................. 7
AFDELING 2: INLEIDING TOT LEWENSORIËNTERING......................................................................... 8
2.1 Wat is Lewensoriëntering?. ............................................................................................................................ 8
2.2 Spesifieke doelstellings.................................................................................................................................. 9
2.3 Tydstoekenning vir Lewensoriëntering in die kurrikulum. .......................................................................... 9
2.4 Gewigswaarde van onderwerpe..................................................................................................................... 9
AFDELING 3: ONDERRIGPLAN. ............................................................................................................ 10
3.1 Oorsig van onderwerpe................................................................................................................................. 10
3.2 Jaarlikse onderrigplan................................................................................................................................... 12
AFDELING 4: ASSESSERING IN LEWENSORIËNTERING................................................................... 25
4.1 Inleiding. ......................................................................................................................................................... 25
4.2 Informele of daaglikse assessering............................................................................................................. 25
4.3 Formele assessering .................................................................................................................................... 25
4.4 Assesseringsprogram................................................................................................................................... 26
4.4.1 Projek .................................................................................................................................................... 26
4.4.2 Skriftelike take: ontwerp en skep, gevallestudie, werkstuk en toets...................................................... 27
4.4.3 Eksamens.............................................................................................................................................. 28
4.4.4 Liggaamsopvoeding............................................................................................................................... 29
4.5 Rekordhouding en rapportering................................................................................................................... 31
4.6 Moderering van assessering. ....................................................................................................................... 32
4.7 Algemeen........................................................................................................................................................ 32
KABV 1
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
2 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
AFDELING 1: INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN
ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
1.1 Agtergrond
Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 bepaal beleid ten opsigte van kurrikulum en
assesseringsaangeleenthede in die skoolsektor.
Ten einde die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring te verbeter, is dit aangepas en die aanpassings
tree in Januarie 2012 in werking. 'n Enkele samevattende Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring is vir elke
vak ontwikkel om die ou Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne in Graad R-12 te vervang.
1.2 Oorsig
(a) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) is 'n beleidsverklaring vir leer en onderrig in
Suid-Afrikaanse skole en bestaan uit die volgende dokumente:
(i) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir al die goedgekeurde vakke in hierdie dokument
opgeneem;
(ii) Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-12; en
(iii) Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12 (Januarie 2012).
(b) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) vervang die huidige twee Nasionale
Kurrikulumverklarings, naamlik:
(i) Nasionale beleid met betrekking tot Algemene Onderwysprogramme: Die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole), gepromulgeer in Staatskoerant No. 23406 van 31 Mei 2002; en
(ii) Nasionale kurrikulumverklaring Graad 10-12 Staatskoerante, No. 25545 van 6 Oktober 2003 en No.
27594 van 17 Mei 2005.
(c) Die Nasionale Kurrikulumverklarings, soos vervat in subparagrawe b(i) en (ii), wat uit die volgende
beleidsdokumente bestaan, word jaarliks toenemend deur die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12
(Januarie 2012), gedurende die periode 2012 - 2014, herroep en vervang:
(i) die Leerarea-/Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne vir Graad R-9 en Graad
10-12;
(ii) die beleidsdokument, Nasionale beleid ten opsigte van assessering en kwalifikasies vir skole in die
Algemene Onderwys- en Opleidingsfase, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing No. 124, in
Staatskoerant No. 29626 van 12 Februarie 2007;
(iii) die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR), gepromulgeer in Staatskoerant No.27819 van 20 Julie 2005;
(iv) die beleidsdokument, 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n
KABV 3
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot leerders
met spesiale leerbehoeftes, gepromulgeer in Staatskoerant, No. 29466 van 11 Desember 2006,
word geïnkorporeer in die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en
bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12; en
(v) die beleidsdokument, 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n
Kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot die Nasionale
Protokol vir Assessering Graad R-12, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing, No. 1267, in
Staatskoerant No. 29467 van 11 Desember 2006.
(d) Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 en die afdelings oor die Kurrikulum- en assesseringsbeleids-
verklaring soos in Afdeling 2, 3 en 4 van hierdie dokument vervat, beslaan die norme en standaarde van die
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10-12. Die uitkomste en standaarde wat behoudens artikel 6(A) van die
Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996) bepaal is, sal die grondslag vorm vir die Minister van
Basiese Onderwys om die minimum uitkomste en standaarde, sowel as die prosesse en prosedures vir die
assessering van leerderprestasie wat van toepassing sal wees op openbare en onafhanklike skole, te bepaal.
1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum
(a) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 vorm die grondslag van wat beskou kan word as die kennis,
vaardighede en waardes wat noodsaaklik is om te leer. Dit sal verseker dat leerders kennis en vaardighede
verwerf en toepas op maniere wat betekenisvol is vir hulle lewens. Hiervolgens bevorder die kurrikulum die
idee van begronde kennis binne plaaslike, bekende kontekste en terselfdertyd toon dit sensitiwiteit ten opsigte
van globale vereistes.
(b) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 het die volgende doelwitte:
• om leerders, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese of intellektuele vermoë, toe te
rus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is vir selfvervulling en betekenisvolle deelname in
die samelewing as burgers van 'n vrye land;
• om toegang tot hoër onderwys te verskaf;
• om die oorgang van leerders vanaf onderwysinstellings na die werkplek te fasiliteer; en
• om aan werkgewers 'n voldoende profiel van 'n leerder se vermoëns te verskaf.
(c) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is op die volgende beginsels gebaseer:
• Sosiale transformasie: Dit verseker dat onderwysongelykhede van die verlede aangepak word en dat
gelyke onderwysgeleenthede aan alle sektore van die bevolking voorsien word;
• Aktiewe en kritiese leer: Dit moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot leer aan eerder as om te leer
sonder om te begryp, en niekritiese leer van gegewe waarhede;
• Hoë kennis en hoë vaardighede: Dit is die minimum standaarde vir die kennis en vaardighede wat in elke
graad verwerf moet word, word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke;
• Progressie: Die inhoud en konteks van elke graad toon progressie van die eenvoudige tot die komplekse;
4 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
• Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: Die infasering van die beginsels en praktyke van
sosiale en omgewingsgeregtigheid en menseregte soos dit in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
omskryf word. Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is veral sensitief vir kwessies wat diversiteit
weerspieël soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdhede en ander faktore;
• Waardering vir inheemse kennissisteme: Om erkenning te gee aan die ryke geskiedenis en erfenisse van
hierdie land as bydraende faktore om die waardes in die Grondwet te laat gedy; en
• Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid: Dit voorsien onderwys wat vergelykbaar is met
internasionale standaarde in terme van kwaliteit, omvang en diepte.
(d) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 stel in die vooruitsig dat leerders die volgende kan doen:
• identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke;
• werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie en samelewing;
• organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend;
• versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities;
• kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
• gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en
die gesondheid van ander te toon; en
• begryp die wêreld as 'n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.
(e) Inklusiwiteit behoort 'n belangrike deel van organisering, beplanning en onderrig by elke skool te vorm. Dit kan
alleenlik gebeur indien alle onderwysers deeglik begryp hoe om leerstruikelblokke te herken en aan te pak,
asook hoe om vir diversiteit te beplan.
Die sleutel tot die goeie bestuur van inklusiwiteit is die versekering dat struikelblokke geïdentifiseer en
aangespreek word deur al die ondersteuningsisteme binne die skoolsamelewing, insluitend onderwysers,
distriksondersteuningspanne, institusionele ondersteuningspanne, ouers en spesiale skole wat kan dien as
hulpbronsentrums. Om die leerhindernisse in die klaskamer aan te spreek, behoort onderwysers verskeie
kurrikulêre strategieë vir differensiëring te gebruik soos uiteengesit in die Departement van Basiese Onderwys
se Riglyne vir Inklusiewe Onderrig en Leer (2010).
KABV 5
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
1.4 Tydstoekenning
1.4.1 Grondslagfase
(a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui:
GRAAD GRAAD 1-2 GRAAD 3
VAK
(UUR) (UUR) (UUR)
Huistaal 10 8/7 8/7
Eerste Addisionele Taal 2/3 3/4
Wiskunde 7 7 7
Lewensvaardighede 6 6 7
• Aanvangskennis (1) (1) (2)
• Skeppende Kunste
(2) (2) (2)
• Liggaamlike Opvoeding
(2) (2) (2)
• Persoonlike en Sosiale
Welsyn (1) (1) (1)
TOTAAL 23 23 25
(b) Onderrigtyd vir Graad R, 1 en 2 is 23 uur en Graad 3 is 25 uur.
(c) Onderrigtyd vir Tale in Graad R-2 is 10 uur en vir Graad 3 is 11 uur. 'n Maksimum tyd van 8 uur en 'n minimum
tyd van 7 uur word aan Huistaal toegeken. Vir Addisionele Taal word 'n minimum tyd van 2 uur en 'n maksimum
tyd van 3 uur vir Graad 1-2 toegeken. In Graad 3 word 'n maksimum van 8 uur en 'n minimum van 7 uur vir
Huistaal toegeken. 'n Minimum van 3 uur en 'n maksimum van 4 uur word in Graad 3 vir Addisionele Taal
toegelaat.
(d) In Lewensvaardighede is die onderrigtyd vir Aanvangskennis in Graad R-2 net 1 uur en in Graad 3 is dit 2 uur.
(Die aantal ure word in die tabel tussen hakies aangetoon.)
1.4.2 Intermediêre Fase
(a) Die onderstaande tabel dui die vakke en onderrigtyd in die Intermediêre Fase aan:
VAK UUR
Huistaal 6
Eerste Addisionele Taal 5
Wiskunde 6
Natuurwetenskappe en Tegnologie 3,5
Sosiale Wetenskappe 3
Lewensvaardighede 4
• Skeppende Kunste (1,5)
• Liggaamlike Opvoeding
(1)
• Persoonlike en Sosiale Welsyn
(1,5)
TOTAAL 27,5
6 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
1.4.3 Senior Fase
(a) Die onderrigtyd in die Senior Fase is soos volg:
VAK UUR
Huistaal 5
Eerste Addisionele Taal 4
Wiskunde 4,5
Natuurwetenskappe 3
Sosiale Wetenskappe 3
Tegnologie 2
Ekonomiese Bestuurswetenskappe 2
Lewensoriëntering 2
Skeppende Kunste 2
TOTAAL 27,5
1.4.4 Graad 10-12
(a) Die onderrigtyd in Graad 10-12 is soos volg:
VAK TYDSTOEKENNING PER WEEK (UUR)
Huistaal 4,5
Eerste Addisionele Taal 4,5
Wiskunde 4,5
Lewensoriëntering 2
Enige drie keusevakke uit Groep B (Bylaag B Tabel
B1-B8) van die beleidsdokument, Nasionale beleid met
betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes
van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, 12 (3 x 4 uur)
onderhewig aan die voorbehoudsbepalings soos
uiteengesit in paragraaf 28 van die genoemde
beleidsdokument.
TOTAAL 27,5
Die toegekende 27,5 uur per week mag slegs gebruik word vir die minimum vereistes vir vakke genoem in die
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 soos hierbo gespesifiseer, en mag dus nie gebruik word vir addisionele
vakke gevoeg by die lys van minimum vakke nie. Indien 'n leerder addisionele vakke wil aanbied, moet voorsiening
vir bykomende tyd vir die aanbieding van hierdie vakke gemaak word.
KABV 7
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
AFDELING 2: INLEIDING TOT LEWENSORIËNTERING
2.1 WAT IS LEWENSORIËNTERING?
Lewensoriëntering is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit is gemoeid met leerders se vaardighede,
kennis en waardes oor die sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele en liggaamlike groei, asook met die
verband tussen hierdie fasette. Lewensoriëntering gee leiding aan leerders en berei hulle voor op die lewe en al sy
moontlikhede. Lewensoriëntering rus leerders spesifiek toe vir 'n suksesvolle en sinvolle lewe in 'n snelveranderende
samelewing.
Die fokus is die ontwikkeling van die self in die samelewing. Dit bevorder selfmotivering en leerders leer hoe om
doelwitte te stel, probleme op te los en om sinvolle besluite te neem. Hierdie persoonlike groei, vorm deel van die
poging om 'n demokratiese samelewing, 'n produktiewe ekonomie en 'n verbeterde lewensgehalte te skep. Leerders
word gelei om hulle volle potensiaal te ontwikkel en hulle word geleenthede gebied om ingeligte besluite te neem ten
opsigte van persoonlike- en omgewingsgesondheid, studiegeleenthede en toekomstige loopbane.
Lewensoriëntering laat leerders toe om nuttige sosiale interaksie te ontwikkel soos om ander se regte en waardes te
respekteer. Dit moedig ook lewenslange deelname aan ontspannings- en fisiese aktiwiteite aan.
Die vak bestaan uit die volgende vyf onderwerpe in graad 7 tot 9:
1) Selfontwikkeling in die samelewing
2) Gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
3) Grondwetlike regte en verantwoordelikhede
4) Liggaamsopvoeding
5) Wêreld van werk
Die kwessies wat in elke onderwerp aangespreek word, is verwant aan die kwessies wat in die ander vier onderwerpe
van die vak aangespreek word. Die vyf onderwerpe in Lewensoriëntering funksioneer onafhanklik en word as ewe
belangrik geag as gevolg van die interafhanklike en holistiese aard van die vak. Die tyd wat aan elke onderwerp
spandeer word, mag varieer en behoort nie as maatstaf gebruik te word om die belangrikheid van die onderwerp te
bepaal nie.
Die onderwerpe in Lewensoriëntering in graad 7, 8 en 9 is verwant aan die onderwerpe wat in die Grondslagfase,
Intermediêre Fase en Graad 10, 11 en 12 behandel word. Die Lewensoriënteringkurrikulum vir Graad 7, 8 en 9 fokus
op soortgelyke areas van vaardighede, kennis en waardes, en berei leerders voor om met hierdie vak in graad 10, 11
en 12 voort te gaan. Die inhoud wat in die laer grade onderrig word, dien as grondslag vir die inhoud wat in die hoër
grade onderrig moet word.
8 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
2.2 SPESIFIEKE doelstellings
Lewensoriëntering het dit ten doel om:
1) leerders te lei om hulle volle fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te bereik;
2) leerders se vaardighede te ontwikkel om op uitdagings te reageer en om 'n aktiewe en verantwoordelike rol in
die ekonomie en samelewing te speel;
3) leerders te leer om hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede uit te leef en om die regte van ander te
respekteer;
4) leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem aangaande hul gesondheid, omgewing,
vakkeuses, verdere studie en loopbane; en
5) geleenthede te skep waar leerders begrip kan toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike
ontwikkeling bevorder.
2.3 Tydstoekenning vir Lewensoriëntering in die kurrikulum
Die tydstoekenning vir Lewensoriëntering in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) is twee uur per week. Een uur
per week sal aan Liggaamsopvoeding spandeer word en die oorblywende uur sal tussen die vier ander onderwerpe
verdeel word. Dit beteken dat daar 70 uur beskikbaar is vir die onderrig van Lewensoriëntering. Dit sluit die interne
eksamentyd uit. Die inhoud is in Afdeling 3 van hierdie dokument gegroepeer en dit is oor 40 weke (80 uur) versprei
om sodoende seker te maak dat die hele kurrikulum deur die loop van die jaar gedek word. 'n Vaste periode moet
elke week aan liggaamsopvoeding gewy word en hierdie periode sal bekendstaan as Liggaamsopvoeding op die
skoolrooster.
2.4 GEWIGswaarde van Onderwerpe
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp
Uur Uur Uur
Selfontwikkeling in die
10 09 10
samelewing
Gesondheids-, sosiale en
10 08 07
omgewingsverantwoordelikheid
Grondwetlike regte en
07 09 07
verantwoordelikhede
Wêreld van werk 08 09 11
Liggaamsopvoeding 35 35 35
Kontaktyd 70 70 70
Eksamens 10 10 10
Totale ure 80 80 80
Totale weke 40 40 40
KABV 9
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
AFDELING 3: ONDERRIGPLAN
3.1 OORSIG VAN OnderwerpE
Onderwerp Graad 7 Graad 8 Graad 9
Selfontwikkeling in die • Konsep: selfbeeld • Konsep: • Vaardighede ten opsigte
samelewing selfbeeldvorming en van doelwitstelling:
• Veranderinge by seuns
selfmotivering persoonlike
en meisies: puberteit
lewenstylkeuses
• Konsep: seksualiteit
• Groepsdruk
1 • Seksuele gedrag en
• Verhoudings en
• Konsepte: persoonlike -gesondheid
vriendskappe
dieet en voedingswaarde
• Uitdagende situasies:
depressie, hartseer,
verlies, trauma en krisis
Gesondheids-, sosiale • Dwelmmisbruik • Sosiale faktore wat • Konsep: vrywillige
en omgewings- bydra tot dwelmmisbruik dienslewering
• Konsep:
verantwoordelikheid
omgewingsgesondheid • Omgewings- • Gesondheids- en
gesondheidskwessies veiligheidskwessies wat
2 • Algemene siektes:
verwant is aan geweld
tuberkulose (TB), • Besluitneming ten
suikersiekte, epilepsie, opsigte van gesondheid
vetsug, anoreksie, MIV en veiligheid: MIV en
en VIGS VIGS
Grondwetlike regte en • Menseregte soos • Nasiebou • Kwessies verwant
verantwoordelikhede gestipuleer in die Suid- aan burgerregte en
• Konsep:
Afrikaanse Grondwet -verantwoordelikhede
menseregteskendings
• Regverdige spel in • Grondwetlike waardes
• Konsep:
'n verskeidenheid
geslagsgelykheid • Bydraes wat verskeie
sportaktiwiteite
religieë lewer tot die
3 • Konsep: kulturele
• Hantering van bevordering van vrede
diversiteit in Suid-Afrika
mishandeling
• Sportetiek
• Bydraes wat
• Rol van mondelinge
organisasies in
tradisies en geskrifte in
verskillende religieë
meerderheidsreligieë
lewer tot sosiale
ontwikkeling
Wêreld van werk • Belangrikheid van lees • Verskillende leerstyle • Vaardighede ten opsigte
en studeer van tydbestuur
• Ses loopbaankategorieë
• Loopbaanvelde • Lees en skryf vir
• Verband tussen
verskillende redes
• Simulasie van skoolprestasie in vakke
loopbaangerigte en belangstellings en • Beskikbare moontlikhede
aktiwiteite vermoëns nadat Graad 9 voltooi is
4 • Waarde en belangrikheid • Besluitnemingsproses • Kennis van die wêreld
van werk in die van werk
verwesenliking van
• Loopbaan- en vakkeuses
persoonlike potensiaal
• Verskaffers van studie-
en loopbaanbefondsing
• Plan vir eie lewenslange
leer
10 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Onderwerp Graad 7 Graad 8 Graad 9
Liggaamsopvoeding • Neem deel aan 'n • Deelname aan • Verbetering van
fiksheidsprogram fisiese aktiwiteite wat eie liggaamlike
fiksheidskomponente gesondheidsvlak
• Speel samelewing- of
bevorder
inheemse speletjies wat • Uitvoering van 'n
die begrip "inval" insluit • Speel teikenspeletjies spelplan vir individue of
'n spansport
• Voer 'n reeks fisiese • Program om
5 aktiwiteite uit bewegingstegnieke te • Verfyn eie en klasmaats
verbeter se uitvoering van
• Neem deel aan 'n
bewegingsaktiwiteite
buitelugontspannings- • Deelname aan 'n
program buitelugontspannings- • Verfyn eie uitvoer van 'n
aktiwiteit buitelugontspannings-
• Veiligheidskwessies
aktiwiteit
• Veiligheidskwessies
• Veiligheidskwessies
KABV 11
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
3.2 JAARLIKSE ONDERRIGPlan
ONDERWERP KWARTAAL 1 GRAAD 7
WEEK 1 - 2 Voorgestelde hulpbronne
Handboek, lewensvaardigheidsboeke en
Selfontwikkeling in die samelewing 2 uur
plakkate
• Konsep: selfbeeld
-- Identifiseer en besin oor positiewe persoonlike eienskappe: verhouding met self, familie, vriende
-- Persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal
-- Strategieë om selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: selfrespek
-- Strategieë om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: respek vir ander en respek vir diversiteit
Liggaamsopvoeding 2 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan 'n fiksheidsprogram
• Veiligheidskwessies met betrekking tot fiksheidsaktiwiteite
WEEK 3 - 5
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Veranderinge in seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld)
-- Fisiese en emosionele veranderinge
-- Begrip vir die veranderinge en hoe dit verhoudings beïnvloed
-- Respek vir eie en ander se liggaamsveranderinge en emosies
-- Waardering en aanvaarding van self en ander
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan 'n fiksheidsprogram
• Deelname en uitvoering van bewegings as deel van 'n fiksheidsprogram
WEEK 6 - 8
Selfontwikkeling in die samelewing Handboek, lewensvaardigheidsboeke,
3 uur
jeugtydskrifte
• Groepsdruk: invloed van groepsdruk
-- Hoe groepsdruk 'n individu kan beïnvloed: dwelmgebruik, misdaad, ongesonde seksuele gedrag, afknouery en rebelse
gedrag
-- Gepaste reaksies op druk: selfversekerdheid/selfgelding en vaardighede om probleme te hanteer
-- Onderhandelingsvaardighede: die vermoë om op 'n opbouende manier te verskil
-- Waar om hulp te vind
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan 'n fiksheidsprogram
WEEK 9 - 10
Wêreld van werk Handboek, hulpbronne oor loopbane en
2 uur
studievaardighede
• Belangrikheid van lees en studeer: lees vir genot en lees met begrip
• Vaardighede om geheue te ontwikkel: vermoë om feite te herroep
Liggaamsopvoeding 2 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan 'n fiksheidsprogram
• Deelname en uitvoering van bewegings as deel van 'n fiksheidsprogram
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
1. Skriftelike Taak kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. Liggaamsopvoedingtaak (LOT)
12 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 2 GRAAD 7
WEEK 1 - 2 Voorgestelde hulpbronne
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, koerantberigte, Handves van
2 uur
Menseregte, Suid-Afrikaanse Grondwet
• Menseregte soos gestipuleer in die Suid-Afrikaanse Grondwet:
− Toepassing van menseregte
− Toepassing van verantwoordelikhede met betrekking tot menseregte
• Regverdige spel in 'n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite: rol van waardes, vertroue en respek vir verskil
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor inheemse en
2 uur
invalspeletjies
• Speel 'n samelewing- of inheemse speletjie wat die begrip ‘inval’ insluit
• Veiligheidskwessies met betrekking tot deelname aan invalspeletjies
WEEK 3 - 5
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, hulpbronne oor kinderveiligheid en
3 uur
beskerming
• Hantering van mishandeling in verskillende kontekste: tussen volwassenes en kinders, en tussen maats
-- Identifiseer bedreigende en gevaarlike situasies
-- Effek van mishandeling op persoonlike en sosiale gesondheid en verhoudings
-- Belangrikheid van kommunikasie om gesonde verhoudings sonder geweld te bevorder
-- Hoe om jouself teen bedreigende en gevaarlike situasies te beskerm
-- Plekke van beskerming en veiligheid vir slagoffers van mishandeling: waar om hulp te vind
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor inheemse en
3 uur
invalspeletjies
• Speel 'n samelewing- of inheemse speletjie wat die begrip ‘inval’ insluit
• Deelname en uitvoering van bewegings wat samelewing- of inheemse invalspeletjies insluit
WEEK 6 - 8
Wêreld van werk Handboek, hulpbronne oor loopbane en
3 uur
loopbaanleiding en voorligting
• Loopbaanvelde:
-- Kwaliteite wat verband hou met elke veld: belangstellings en vermoëns
-- Skoolvakke wat verband hou met elke loopbaanveld
-- Werksomgewing en aktiwiteite in elke loopbaanveld
-- Geleenthede binne elke loopbaanveld
-- Uitdagings binne elke loopbaanveld
-- Vlak van skoolonderrig - vereistes vir elke loopbaanveld
-- Duur van studie vir elke loopbaanveld
-- Dienste en bronne vir loopbaanvelde en studie-inligting
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor inheemse en
3 uur
invalspeletjies
• Speel 'n samelewing- of inheemse speletjie wat die begrip ‘inval’ insluit
• Deelname en uitvoering van bewegings wat samelewing- of inheemse invalspeletjies insluit
WEEK 9 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Halfjaareksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 13
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 3 GRAAD 7
WEEK 1 - 4 Voorgestelde hulpbronne
Gesondheids-, sosiale en Handboek, lewensvaardigheidsboeke en
4 uur
omgewingsverantwoordelikheid gesondheidstydskrifte
• Dwelmmisbruik:
-- Soorte/vorms van dwelmmisbruik
-- Simptome van dwelmmisbruik
-- Persoonlike faktore wat bydra tot dwelmmisbruik: interpersoonlik en intrapersoonlik
-- Beskermende faktore wat die moontlikheid van dwelmmisbruik verminder
-- Voorkomingsmaatreëls: vroeë bespeuring
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike en
4 uur
bewegingsaktiwiteite
• Voer 'n reeks oefeninge uit wat rotasie-, balans-, elevasie- en ritmiese bewegings insluit
• Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite
WEEK 5 - 7
Gesondheids-, sosiale en Handboek, koerantberigte,
3 uur
omgewingsverantwoordelikheid omgewingsgesondheidsboeke
• Konsep: omgewingsgesondheid
-- Plaaslike omgewingsgesondheidsprobleme
-- Gemeenskaps- en individuele projekte en strategieë om omgewingsgesondheidsprobleme te voorkom en te hanteer
-- Probleemoplossingsvaardighede: 'n aksieplan om omgewingsgesondheidsprobleme aan te spreek en om
omgewingsvriendelike keuses en optredes te formuleer
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike en
3 uur
bewegingsaktiwiteite
• Voer 'n reeks oefeninge uit wat rotasie, balans-, elevasie- en ritmiese bewegings insluit
• Deelname en uitvoering van bewegings van 'n reeks oefeninge wat rotasie-, balans-, elevasie- en ritmiese bewegings
insluit
WEEK 8 - 10
Wêreld van werk Handboek, koerantberigte, hulpbronne oor
3 uur
loopbane
• Simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite: loopbaan en werkgewer
-- Kleredrag van toepassing op die loopbaan
-- Gereedskap of werktoerusting van toepassing op die loopbaan
-- Aktiwiteite wat verband hou met die werkomgewing
-- Plek of instelling waar gewerk word
-- Persoonlikheidseienskappe
-- Skoolvakke en die vlak van skoolonderrig: vereistes vir die bepaalde loopbaan
-- Waar om te studeer en die duur van die studie
-- Verwante loopbane
• Waarde en belangrikheid van werk in die verwesenliking van persoonlike behoeftes en potensiaal
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike en
3 uur
bewegingsaktiwiteite
• Voer 'n reeks fisiese aktiwiteite uit wat rotasie, balans-, elevasie- en ritmiese bewegings insluit
• Deelname en uitvoering van bewegings van 'n reeks oefeninge wat rotasie-, balans-, elevasie- en ritmiese bewegings
insluit
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
1. Projek kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
14 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 4 GRAAD 7
WEEK 1 - 2 Voorgestelde hulpbronne
Selfontwikkeling in die samelewing Handboek, voeding- en gesondheidstydskrifte
2 uur
en brosjures
• Konsepte: persoonlike dieet en voeding
-- Faktore wat die keuse van 'n persoonlike dieet beïnvloed: ekologiese, sosiale, ekonomiese, kulturele en politiese faktore
-- Maniere om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter: 'n plan vir gesonde eetgewoontes
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
2 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname aan 'n buitelugontspanningsprogram
• Veiligheidskwessies wat verwant is aan buitelugontspanningsaktiwiteite
WEEK 3 - 5
Gesondheids-, sosiale en Handboek, gesondheidsboeke, tydskrifte en
3 uur
omgewingsverantwoordelikheid brosjures
• Algemene siektes: tuberkulose, suikersiekte, epilepsie, vetsug, anoreksie, MIV en VIGS
-- Oorsake van siektes: sosiale, ekonomiese en omgewingsfaktore insluitend die gebruik van alkohol en tabak, slegte
eetgewoontes en tekort aan oefening
-- Keuses ten opsigte van behandeling, versorging en ondersteuning
-- Beskikbare hulpbronne vir gesondheidsinligting en -dienste
-- Strategieë om met tuberkulose, suikersiekte, epilepsie, MIV en VIGS saam te leef
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
3 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname aan 'n buitelugontspanningsprogram
• Deelname aan en uitvoering van bewegings tydens 'n buitelugontspanningsprogram
WEEK 6 - 7
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede 2 uur Handboek, hulpbronne oor religieë
• Rol van die mondelinge tradisies en geskrifte in 'n meerderheidsreligieë in Suid-Afrika: Judaïsme, Christendom, Islam,
Hindoeïsme, Boeddhisme, Baha'i-religie en Afrika-religie
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
2 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname aan 'n buitelugontspanningsprogram
• Deelname aan en uitvoering van bewegings tydens 'n buitelugontspanningsprogram
WEEK 8 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Jaareindeksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 15
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 1 GRAAD 8
WEEK 1 - 3 Voorgestelde hulpbronne
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Konsepte: selfbeeldvorming en selfmotivering
-- Faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed: media, omgewing, vriende en portuurgroep, familie, kultuur,
religie en samelewing
-- Praat positief oor self: individualiteit en unieke eienskappe, asook persoonlike prestasies
-- Strategieë en vaardighede om persoonlike potensiaal te ontgin en te bevorder
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
• Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidsaktiwiteite
WEEK 4 - 6
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Konsep: seksualiteit.
-- Begrip vir eie seksualiteit: persoonlike gevoelens wat seksualiteit beïnvloed
-- Vriende en portuurgroep se invloed op eie seksualiteit
-- Invloed wat familie/gesin en samelewing se norme ten opsigte van seksualiteit het
-- Kulturele waardes wat 'n invloed op seksualiteit het
-- Sosiale druk, insluitend die media, wat 'n invloed op seksualiteit het
-- Probleemoplossingsvaardighede: vorming van eie identiteit en ontwikkeling
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
WEEK 7 - 9
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Verhoudings en vriendskappe: verhoudings by die huis, skool en in die samelewing
-- Gepaste maniere om 'n verhouding te begin
-- Gepaste maniere om 'n verhouding te behou
-- Probleemoplossingsvaardighede: gepaste gedrag tydens 'n verhouding
-- Kommunikasievaardighede: vermoë om op opbouende maniere te verskil en gepaste maniere om 'n verhouding te
beëindig
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
WEEK 10
Wêreld van werk 1 uur Handboek, hulpbronne oor loopbane en
studievaardighede
• Verskillende leerstyle: visueel, ouditief, kinesteties, lees en skryf
Liggaamsopvoeding 1 uur Handboek, hulpbronne oor fiksheid
• Deelname aan fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in fisiese aktiwiteite wat die komponente van fiksheid bevorder
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Skriftelike Taak
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
16 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 2 GRAAD 8
WEEK 1 Voorgestelde hulpbronne
Wêreld van werk Handboek, hulpbronne oor loopbane en
1 uur
studievaardighede
• Identifiseer en pas eie leerstyl toe
Liggaamsopvoeding 1 uur Handboek, hulpbronne oor teikenspeletjies
• Deelname aan teikenspeletjies
• Veiligheidskwessies ten opsigte van teikenspeletjies
WEEK 2 - 5
Wêreld van werk Handboek, hulpbronne oor loopbane,
4 uur
loopbaanvoorligting en -advies
• Ses loopbaankategorieë: ondersoekend, ondernemend, realisties, kunstig, konvensioneel en sosiaal
-- Belangstellings en vermoëns wat aan elke loopbaankategorie verwant is
-- Denk- en leervaardighede wat deur elke loopbaankategorie vereis word
-- Skoolvakke wat verband hou met elke loopbaankategorie
• Die rol van werk in verhouding tot Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes
-- Identifiseer die behoeftes in die samelewing en in die land
-- Hoe werk Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes kan aanspreek
Liggaamsopvoeding 4 uur Handboek, hulpbronne oor teikenspeletjies
• Deelname aan teikenspeletjies
• Deelname aan en uitvoering van bewegings as deel van teikenspeletjies
WEEK 6 - 8
Gesondheids-, sosiale en Handboek, koerantberigte,
3 uur
omgewingsverantwoordelikheid gesondheidstydskrifte
• Sosiale faktore wat bydra tot dwelmmisbruik, insluitend die samelewing en die media
-- Gepaste gedrag om dwelmmisbruik te voorkom en stop te sit: weiering en besluitnemingsvaardighede
-- Lang- en korttermyngevolge van dwelmmisbruik: verbintenis met misdaad, geweld en opvoedkundige uitkomste
-- Moontlikhede vir rehabilitasie: waar om hulp te vind, versorging en ondersteuning
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor teikenspeletjies
• Deelname aan teikenspeletjies
• Deelname aan en uitvoering van bewegings as deel van teikenspeletjies
WEEK 9 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Halfjaareksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 17
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 3 GRAAD 8
WEEK 1 - 3 Voorgestelde hulpbronne
Wêreld van werk Handboek, hulpbronne oor loopbane,
3 uur
loopbaanvoorligting en -advies
• Verband tussen prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns
-- Soorte leeraktiwiteite wat verwant is aan die verskillende vakke: praktiese, teoretiese, individuele of groepaktiwiteite
-- Vereistes vir elke vak: denk- en leervaardighede wat benodig word
• Besluitnemingsproses:
-- Stappe wat geneem word om die loopbaankategorie te kies volgens individuele sterk punte, vermoëns, belangstellings
en passie
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
3 uur
bewegingstegnieke
• Deelname aan 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
• Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite
WEEK 4 - 6
Gesondheids-, sosiale en Handboek, hulpbronne oor
3 uur
omgewingsverantwoordelikheid omgewingsgesondheid
• Omgewingsgesondheidskwessies:
-- Toepassing van wette en beleide om die omgewingsgesondheid te beskerm: aanspreek van 'n omgewingskwessie
-- Wêrelddag: bewaring van die omgewing
-- Eerbiedig Wêrelddag: maniere waarop ons die aarde kan bewaar en beskerm
-- Ontwikkel en implementeer 'n omgewingsgesondheidsprogram
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
3 uur
bewegingstegnieke
• Deelname aan 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
WEEK 7 - 8
Gesondheids-, sosiale en Handboek, hulpbronne oor gesondheid en
2 uur
omgewingsverantwoordelikheid veiligheid
• Ingeligte, verantwoordelike besluitneming oor gesondheid en veiligheid: MIV en VIGS
-- Bestuur van medikasie, dieet, gesonde lewenstyl en positiewe houdings
-- Voorkoming en veiligheidsmaatreëls ten opsigte van MIV en VIGS
-- Versorging van persone wat met MIV en VIGS saamleef
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
2 uur
bewegingstegnieke
• Deelname aan 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
WEEK 9 - 10
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede 2 uur Handboek, koerantberigte
• Nasiebou: definisie
-- Verskillende maniere waarop nasiebou bevorder kan word in verskillende kontekste: samelewing, skool en huis
-- Bydraes van vrouens en mans wat nasiebou bevorder: individue en groepe
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
2 uur
bewegingstegnieke
• Deelname aan 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in 'n program wat bewegingstegnieke bevorder
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
1. Projek kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
18 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 4 GRAAD 8
WEEK 1 - 4 Voorgestelde hulpbronne
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, koerantberigte, Handves van
4 uur
Menseregte, Suid-Afrikaanse Grondwet
• Konsep: menseregteskendings
-- Soorte skendings
-- Strategieë teen menseregteskendings
• Konsep: geslagsgelykheid
-- Geslagsgelykheidskwessies in 'n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite
-- Definieer geslagsgeweld
-- Emosionele, gesondheid en sosiale invloed van verkragting en geslagsgeweld
-- Voorkoming van geweld teen vroue: wet in verband met seksuele oortredings
-- Bronne van hulp vir slagoffers: veiligheid van meisies en vrouens
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
4 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname aan 'n buitelugontspanningsprogram
• Deelname aan en uitvoering van bewegings tydens 'n buitelugontspanningsprogram
• Veiligheidskwessies wat verband hou met ontspanningsaktiwiteite
WEEK 5 - 7
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, hulpbronne oor verskillende
3 uur
kulture, koerantberigte
• Konsep: kulturele diversiteit in Suid-Afrika
-- Verskillende kulturele normes en waardes in verhouding tot persoonlike en samelewingskwessies
-- Invloed van kulturele normes en waardes op individuele gedrag, houding en keuses: kulturele verwagtings, gebruike en
tradisies
-- Begrip vir diverse kulture: herkenning van diverse kulture om die Suid-Afrikaanse samelewing te verryk
-- Respekteer verskille: kultuur, religie en geslag
-- Viering van eenheid in diversiteit: respekteer verskille en vier ooreenkomste
• Bydraes tot sosiale ontwikkeling deur organisasies van verskillende religieë
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
3 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname aan 'n buitelugontspanningsprogram
• Deelname aan en uitvoering van bewegings tydens 'n buitelugontspanningsprogram
WEEK 8 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Jaareindeksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 19
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 1 GRAAD 9
WEEK 1 - 3 Voorgestelde hulpbronne
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Doelwitstelling: persoonlike lewenstylkeuses
-- Invloed van die media, omgewing, vriende en portuurgroep, familie/gesin, kultuur, religie en samelewing op persoonlike
lewenstylkeuses
-- Gepaste reaksies op invloede op persoonlike lewenstylkeuses:
o Ingeligte besluitnemingsvaardighede: positiewe en negatiewe invloede
o Selfversekerdheid/selfgelding: met vertroue en doelgerigte besluitneming
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike
3 uur
fiksheidsaktiwiteite
• Deelname aan aktiwiteite wat die liggaamlike gesondheidsvlak verbeter
• Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidsaktiwiteite
WEEK 4 - 7
Selfontwikkeling in die samelewing 4 uur Handboek, lewensvaardigheidsboeke
• Seksuele gedrag en seksuele gesondheid:
-- Risikofaktore wat tot ongesonde seksuele gedrag lei
-- Ongewenste resultate van ongesonde seksuele gedrag: tienerswangerskappe, seksueel oordraagbare infeksies, MIV en
VIGS, lae selfbeeld en emosionele skade
-- Faktore wat persoonlike gedrag beïnvloed, insluitend familie/gesin, vriende, portuurgroep en norme wat die samelewing
stel
-- Strategieë om ongesonde seksuele gedrag te hanteer: weerhouding en gedragsverandering
-- Beskermende faktore, waar om hulp en ondersteuning te vind: samelewingtrukture wat beskerming of weerstand teen
hoë risiko gedrag bied
-- Nadelige gevolge en implikasies van tienerswangerskap vir tienerouer(s) en die kinders van tienerouers
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike
4 uur
fiksheidsaktiwiteite
• Deelname aan aktiwiteite wat die liggaamlike gesondheidsvlak verbeter
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in aktiwiteite wat liggaamlike gesondheidsvlak verbeter
WEEK 8 - 10
Wêreld van werk 3 uur Handboek, hulpbronne oor studievaardighede
• Tydsbestuurvaardighede: verantwoordbaarheid in die uitvoering van verantwoordelikhede
-- Hoe om jou werk te organiseer
-- Hoe om tyd doeltreffend te benut
• Lees en skryf vir verskillende redes:
-- Hou 'n joernaal; maak opsommings en verbeter lees- en skryfvaardighede
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor liggaamlike
3 uur
fiksheidsaktiwiteite
• Deelname aan aktiwiteite wat liggaamlike gesondheidsvlak verbeter
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in aktiwiteite wat liggaamlike gesondheidsvlak verbeter
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Skriftelike Taak
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
20 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 2 GRAAD 9
WEEK 1 - 2 Voorgestelde hulpbronne
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboeke, koerantberigte, Handves van
2 uur
Menseregte, Suid-Afrikaanse Grondwet
• Kwessies wat verband hou met burgerregte en -verantwoordelikhede:
-- Respekteer ander se regte: mense wat met verskillende gestremdhede, MIV en VIGS (aangetas en beïnvloed) leef
-- Viering van nasionale en internasionale dae: Menseregtedag, Vryheidsdag, Erfenisdag, Versoeningsdag, Jeugdag,
Werkersdag, Vrouedag, Afrikadag, Nelson Mandeladag, Wêreldvlugtelingdag en nasionale gesondheidsdae
-- Beplan en neem deel aan 'n plaaslike viering van 'n nasionale dag
Liggaamsopvoeding 2 uur Handboek, hulpbronne oor sport
• Deelname aan en uitvoering van 'n spelplan vir individue of 'n spansport
• Veiligheidskwessies wat verband hou met sportdeelname
WEEK 3 - 5
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, koerantberigte, Suid-Afrikaanse
3 uur
Grondwet
• Grondwetlike waardes soos vervat in die Suid-Afrikaanse Grondwet
-- Positiewe en negatiewe rolmodelle
-- Rolmodelle vir die handhawing van die grondwetlike waardes: ouers en leiers in die samelewing/samelewing
-- Toepassing van hierdie waardes in alledaagse lewe
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor sport
• Deelname aan en uitvoering van 'n spelplan vir individue of 'n spansport
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in 'n spelplan vir individue of 'n spansport
WEEK 6 - 8
Wêreld van werk 3 uur Handboek, hulpbronne oor loopbane
• Beskikbare opsies nadat Graad 9 voltooi is: Nasionale Senior Sertifikaat (NSS - Graad 10 - 12) en Nasionale
Vaardigheidsertifikaat (National Certificate Vocational qualifications [NCV - VOO kolleges])
-- Implikasies van keuses: keuse tussen NSS en Nasionale Vaardigheidsertifikaat
• Kennis van die wêreld van werk: verantwoordelikhede en geleenthede in die werkplek
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor sport
• Deelname aan en uitvoering van 'n spelplan vir individue of 'n spansport
• Deelname aan en uitvoering van bewegings in 'n spelplan vir individue of 'n spansport
WEEK 9 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Halfjaareksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 21
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 3 GRAAD 9
WEEK 1 - 3 Voorgestelde hulpbronne
Wêreld van werk 3 uur Handboek, hulpbronne oor loopbane,
loopbaanvoorligting en -advies
• Loopbane en vakkeuses:
-- Vakke in graad 10, 11 en 12
-- Loopbane wat verband hou met verskillende vakke
-- Kwaliteite wat verband hou met verskillende loopbane en vakke: sterk- en swak punte, belangstellings en vermoëns
o Besluitnemingsvaardighede: stappe in die keuse van vakke wat verband hou met belangstellings, vermoëns en
loopbane van belangstelling
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor
bewegingsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite
• Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite
WEEK 4 - 6
Gesondheids-, sosiale en 3 uur Handboek, koerantberigte, hulpbronne oor
omgewingsverantwoordelikheid vrywillige diens
• Konsep: vrywillige diens:
-- Individuele en samelewingverantwoordelikheid
-- Verskeie soorte vrywillige organisasies: bydraes wat samelewinggebaseerde en niewinsgewende organisasies maak ten
opsigte van sosiale en omgewingsgesondheid asook volhoubare ontwikkeling
-- Verskeie soorte vrywillige aktiwiteite: hulp aan minder bevoorregtes; ondersteuning van persone wat deur MIV en VIGS
en ander terminale siektes aangetas of beïnvloed is
Liggaamsopvoeding 3 uur Handboek, hulpbronne oor
bewegingsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite
• Deelname aan en uitvoering van bewegingsaktiwiteite
WEEK 7 - 10
Gesondheids-, sosiale en 4 uur Handboek, koerantberigte, gesondheids- en
omgewingsverantwoordelikheid veiligheidsboeke
• Gesondheids- en veiligheidskwessies wat verwant is aan geweld:
-- Algemene dade van geweld by die huis, skool en in die samelewing
-- Redes vir geweld wat in families/gesinne en samelewings, asook tussen vriende en portuurgroep voorkom
-- Impak van geweld op individuele en samelewingsgesondheid en veiligheid
-- Alternatiewe oplossings vir geweld: Probleemoplossingsvaardighede en konflikbestuur
-- Beskerming van jouself en ander teen gewelddadige optredes: waar om hulp te vind, Nasionale gesondheid en/of
programme wat veiligheid bevorder
Liggaamsopvoeding 4 uur Handboek, hulpbronne oor
bewegingsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite
• Deelname aan en uitvoering van bewegingsaktiwiteite
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Projek
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
22 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ONDERWERP KWARTAAL 4 GRAAD 9
WEEK 1 - 2 Voorgestelde hulpbronne
Wêreld van werk 2 uur Handboek, hulpbronne oor loopbane
• Verskaffers van studie- en loopbaanbefondsing
• Plan vir eie lewenslange leer: doelwitstelling vir lewenslange leer
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
2 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie uitvoering van 'n buitelugontspanningsaktiwiteit
• Veiligheidskwessies wat verband hou met ontspanningsaktiwiteite
WEEK 3
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, koerantberigte en hulpbronne oor
1 uur
religieë
• Bydraes van verskillende religieë tot die bevordering van vrede
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
1 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie uitvoering tydens 'n buitelugontspanningsaktiwiteit
WEEK 4
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede Handboek, koerantberigte en hulpbronne oor
1 uur
sport
• Sportetiek in alle fisiese aktiwiteite
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
1 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname en uitvoering van beweging tydens 'n buitelugontspanningsaktiwiteit
WEEK 5 - 7
Selfontwikkeling in die samelewing 3 uur Handboek, koerantberigte
• Uitdagende situasies: depressie, hartseer, verlies, trauma en krisis
-- Redes vir depressie, hartseer, verlies, trauma en krisis
-- Teenproduktiewe tegnieke om uitdagende situasies te hanteer: gebruik van alkohol en dwelms
-- Probleemoplossing en besluitnemingsvaardighede: strategieë om op emosies in uitdagende situasies te reageer
Liggaamsopvoeding Handboek, hulpbronne oor
3 uur
ontspanningsaktiwiteite
• Deelname en afronding van eie uitvoering van 'n buitelugontspanningsaktiwiteit
• Deelname en uitvoering van bewegings tydens 'n buitelugontspanningsaktiwiteit
WEEK 8 - 10
EKSAMEN
Formele assessering: Dit is verpligtend om die gegewe onderwerpe gedurende die
kwartaal te dek. Die onderwyser kan die volgorde waarin die
1. Jaareindeksamen
onderwerpe gedurende die kwartaal onderrig word, wysig.
2. LOT
KABV 23
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Die volgende tabel bevat voorbeelde van moontlike liggaamsopvoedingaktiwiteite wat aangebied kan word per
bewegingsafdeling vir Graad 7 - 9:
Fiksheid Speletjies en Sport Rekreasie
• Aërobies: aqua (water) aërobies, • Atletiek • Dans: sosiaal (baldans, volksdanse),
dans aërobies, trappies klim tradisionele, kreatiewe, ritmiese
• Kolf- en veldwerkspeletjies en sport:
(stepping) beweging met apparate
krieket, bofbal
• Apparaat roetine (Circuit training) • Gimnastiek: individueel en
• Teikenspeletjies: gholf, hokkie
groepsaktiwiteite
• Hindernisbane
• Invalspeletjies: netbal, rugby, ringbal,
• Voetslaan
• Stap/hardloopprogramme sokker
• Oriëntering
• Opstote • Swemspeletjies en watersport
• Selfverdediging
Veiligheidskwessies
• Kleredrag en skoene • Basiese eerstehulp
• Oppervlak van die speelarea • Waterveiligheid
• Gebruik en toestand van die apparaat • Spasiëring van leerders tydens aktiwiteite
• Opwarming en afkoeling • Volg van instruksies
24 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
afdELING 4: ASSESSERING IN LEWENSORIËNTERING
4.1 InLEIDING
Assessering is 'n deurlopende, beplande proses om inligting oor leerderprestasie te identifiseer, te versamel en te
vertolk. Verskeie vorme van assessering word in hierdie proses gebruik. Dit bestaan uit vier stappe: die ontwikkeling
en versameling van bewyse van prestasie; die evaluering van die bewyse; rekordhouding van die bevindinge en
die gebruik van hierdie inligting om die leerder se ontwikkeling te verstaan en te ondersteun. Sodoende word die
onderrig en leerproses bevorder.
Elkeen van die onderwerpe in Lewensoriëntering vereis dat sekere vaardighede, kennis en waardes aangespreek
en geassesseer word. Vaardighede soos besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling,
vermoë om inligting te bekom, probleemoplossing en kreatiewe denke word oor al vyf die onderwerpe aangespreek
en deur middel van formele of informele assessering geassesseer. Net so, word houdings soos selfrespek, respek
vir en aanvaarding van ander, aanvaarding van verantwoordelikheid, uithouvermoë, volharding, anti-diskriminasie en
gelykheid oor al vyf onderwerpe aangespreek en geassesseer.
Die vordering van leerders in Lewensoriëntering word regdeur die skooljaar gemonitor en behels die volgende twee
verskillende, maar verwante, aktiwiteite:
1) Informele of daaglikse assesseringstake.
2) Formele assesseringstake.
4.2 Informele of daaglikse assessering
Informele of daaglikse assessering behels die daaglikse monitering van die leerders se vordering. Dit voorsien
aan leerders 'n verskeidenheid geleenthede om die kennis, vaardighede en waardes met betrekking tot die vak
te bemeester. Informele assessering behoort gebruik te word om terugvoering aan die leerders te bied en om die
beplanning toe te lig. Dit behoort nie afsonderlik van die leeraktiwiteite tydens 'n les gesien te word nie. Informele
assessering vind gedurende en na die onderrig- en leerproses plaas. Die onderwyser kan enige van die volgende as
'n daaglikse assesseringstaak kies: 'n kort klastoets, bespreking, praktiese demonstrasie, kopkaart, debat, rolspel, 'n
onderhoud, ontwerp en skepping, kort huiswerktake, werkkaarte, groepwerk, individuele rekordhouding, mondelinge
en skriftelike aanbieding.
Die onderwyser hoef nie elkeen van hierdie take na te sien nie, maar leerders kan gelei word om hul eie of hul maats
se werk te assesseer deur die toepaslike assesseringsinstrumente soos 'n memorandum vir 'n toets of 'n kontrolelys
vir 'n waarnemingsoefening te gebruik. Die gebruik van 'n waarnemingskontrolelys in daaglikse assesseringstake
help die leerders om hul vordering ten opsigte van die kennis, vaardighede en waardes wat gedurende die formele
assesseringstake geassesseer gaan word, te bepaal. Die resultate van die informele daaglikse assessering word nie
formeel opgeteken nie, tensy die onderwyser dit wil doen. Die uitslae van die informele assessering word nie in ag
geneem vir bevorderings- en sertifseringsdoeleindes nie.
4.3 Formele assessering
Alle assesseringstake wat deel vorm van die formele assesseringsprogram vir die jaar, word beskou as formele
assessering. Formele assesseringstake word nagesien en formeel deur die onderwyser vir progressie en sertifisering
KABV 25
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
opgeteken. Alle formele assesseringstake word gemodereer ter wille van gehalteversekering en om te verseker dat
gepaste standaarde gehandhaaf word. Formele assessering voorsien aan onderwysers 'n sistematiese manier om te
evalueer hoe goed leerders in 'n graad en 'n betrokke vak vorder. In Lewensoriëntering se formele assesseringsprogram,
word daar van leerders verwag om vier take per graad te voltooi. Elke formele assesseringstaak moet 100 punte per
kwartaal tel, waarvan 70 punte aan skriftelike werk toegeken word en 30 punte aan Liggaamsopvoeding. Die vorme
van assessering behoort geskik te wees vir leerders se ouderdom en ontwikkelingsvlak.
Formele assessering in Lewensoriëntering moet soos volg vir 'n reeks kognitiewe vlakke en vermoëns van die
leerders voorsiening maak:
Gewig Kognitiewe vlak Bloom se taksonomie Voorbeelde
Wat? Hoekom? Wie?
40% Laer orde Vlakke 1 & 2 Wanneer? Waar? Maak 'n
lys ...
Bespreek, verduidelik,
40% Middel orde Vlakke 3 & 4
beskryf
Evalueer, sintetiseer,
20% Hoër orde Vlakke 5 & 6 evalueer krities, stel
ondersoek in
4.4 ASSESSERINGSPROGRAM
Die assesseringsprogram is ontwikkel om formele assesseringstake in 'n vak in 'n skool oor 'n skooljaar te versprei.
Die gewig van die punte vir die vier interne formele assesseringstake vir Lewensoriëntering, Graad 7 tot 9, is soos
volg:
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4
Taak 1 Taak 2 Taak 3 Taak 4
Skriftelike taak: 70 punte Halfjaareksamen: 70 punte Projek: 70 punte Jaareindeksamen: 70 punte
LOT: 30 punte LOT: 30 punte LOT: 30 punte LOT: 30 punte
Aard van die formele take
4.4.1 Projek
Die projek sal 'n werkstuk wees waarin kennis, vaardighede en waardes gedemonstreer word, wat sal lei tot
bevoegdheid in die spesifieke of geïntegreerde inhoud. Die taak behels die versameling, ontleding en/of evaluering
van data en inligting wat sal lei tot die sintetisering van die bevindinge in 'n skriftelike produk waaroor verslag gedoen,
gemodelleer of deur die leerders uitgevoer kan word. Leerders sal ook data/hulpbronne/inligting versamel buite
die kontaktyd om die taak uit te voer. Die voltooiing van die projek word deur die onderwyser gedurende klastyd
gefasiliteer om die geldigheid van die produk te verseker.
Die onderwerp en aard van die projek sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek moet
word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om die projek te voltooi. Leerders behoort vanaf die aanvang voldoende
leiding gegee te word en vordering behoort deurgaans gemonitor te word. Alle toepaslike assesseringskriteria moet
met die leerders bespreek word voordat daar met die projek begin word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om
die projek te voltooi, daarom behoort dit voor die einde van die tweede kwartaal gegee te word sodat dit gedurende
die derde kwartaal ingehandig kan word.
26 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
4.4.2 Skriftelike take: ontwerp en skep, gevallestudie, werkstuk en toets
Die volgende lys voorsien die vorme van assessering wat sal dien as skriftelike taak in graad 7, 8 en 9. Onderwysers
moet seker maak dat leerders aan verskeie van hierdie vorme van assessering blootgestel word oor die drie grade
sodat leerders nie dieselfde vorm van assessering oor die grade herhaal nie.
1) Ontwerp en skep
Dit behels die ontwerp en skep van die werklike produk deur gebruik te maak van skeppende prosesse om 'n sekere
bevoegdheid te bereik. Die skep van 'n voorwerp is die eindproduk van 'n ontwerp. Daar word van die leerders
verwag om te ontwerp, te skep en beskrywende paragraaf/paragrawe oor die taak te skryf. Leerders moet begrip
toon van die kennis wat verwerf is, asook die toepassing van die kennis en vaardighede. Die fokus sal bepaal word
deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek word. Die onderwyser voorsien die leerders van hulpbronne
en inligting wat benodig word om die taak te voltooi. Alle assesseringskriteria wat op die taak van toepassing is moet
vooraf met die leerders bespreek word.
Voorbeelde:
• Maak 'n plakskildery (collage) of 'n plakkaat wat jou eie persoonlike dieet beskryf met verwysing na jou
eetgewoontes en voedingswaarde. Skryf een tot twee paragrawe wat jou eetgewoontes beskryf en hoe om
slegte gewoontes te verbeter of goeie gewoontes vol te hou.
• Ontwerp 'n plakkaat deur prente, foto’s en tekeninge te gebruik wat jou doelwitte weerspieël in verhouding
tot jou persoonlike lewenstyl en toekomstige loopbaan. Skryf kort aantekeninge en heg 'n plan aan wat sal
beskryf hoe jy jou doelwitte sal bereik.
2) Werkstuk
Die werkstuk laat 'n meer holistiese assessering van kennis, vaardighede en waardes toe en die toepassing daarvan
in verskillende kontekste. Die werkstuk is nie so oop soos 'n projek nie en daar word nie van die leerders verwag om
data en inligting te versamel, te analiseer en/of te evalueer met die doel om dit te sintetiseer nie. Die werksopdrag
is 'n oefening met duidelike riglyne en 'n spesifieke lengte waarin probleme opgelos word en/of besluitneming en die
toepassing van kennis gedoen word. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat gedek is volgens die jaarlikse
onderrigplan. Die onderwyser voorsien die hulpbronne en inligting aan die leerders wat hulle gaan benodig om die
taak te voltooi. Alle toepaslike kriteria moet met die leerders bespreek word voordat die taak begin word.
3) Gevallestudie
'n Gevallestudie behels 'n gedetailleerde beskrywing van 'n spesifieke situasie of verskynsel. Dit kan 'n werklike of
hipotetiese beskrywing wees en dit kan uit 'n boek, koerant, tydskrif, video of die radio geneem wees. Die gevallestudie
sal die onderwyser in staat stel om te bepaal of die leerders die kennis, vaardighede en waardes in 'n onbekende
konteks kan toepas. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek moet word.
Die onderwyser voorsien die leerders van hulpbronne en inligting wat benodig word om die taak te voltooi. Alle
toepaslike kriteria moet met die leerders bespreek word voordat hulle met die taak begin.
4) Toets
Toetse bestaan gewoonlik uit 'n reeks vrae. Daar word van die leerders verwag om in 'n bepaalde tyd op die vrae
te reageer. Vrae is nuttig om kennis weer te gee en begrip te toets. Indien die vrae korrek gefraseer is, kan dit
KABV 27
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
ook die toepassing van kennis toets. Omdat toetse maklik is om te merk, is dit 'n goeie manier om 'n summatiewe
assessering uit te voer en dit is dus ook 'n nuttige formatiewe instrument.
4.4.3 Eksamens
Eksamens van ten minste 60 minute elk sal twee keer per jaar as deel van die interne eksamenrooster van die
skool/distrik/provinsie uitmaak. Die eksamen sal die inhoud, kennis en vaardighede wat tot die tyd van die eksamen
gedek is, omvattend aanspreek. Meer as een tipe vraagstelling behoort ingesluit te word en fokus veral op die
toepassing van kennis op 'n geïntegreerde manier. Die halfjaareksamen sal kwartaal 1 en 2 se inhoud dek, terwyl die
jaareindeksamen die hele jaar se werk sal dek.
Uitleg van eksamen
Die onderstaande uitleg sal gevolg word wanneer eksamenvraestelle vir Lewensoriëntering Graad 7-9 opgestel
word.
Die vraestel sal uit drie afdelings bestaan. Die totale punte vir die eksamen: 70 Punte
Afdeling A: 25 punte Afdeling B: 25 punte Afdeling C: 20 punte
Alle vrae is verpligtend. Alle vrae is verpligtend. Drie vrae van 10 punte elk word
opgestel waarvan die leerders TWEE
• 'n Bron of gevallestudie mag gebruik • Kort oop-einde-,
vrae moet beantwoord.
word om sommige van die vrae in scenariogebaseerde-,
konteks te plaas. brongebaseerde- en • Vrae fokus hoofsaaklik op
gevallestudievrae. die toepassing van kennis en
• Die vrae moet 'n kombinasie van
vaardighede.
drie of meer tipes vrae wees wat • Vrae behoort kennisgebaseerd te
wissel van lys, wat, wie, meervoudige wees uit inligting wat die leerders • Leerders moet probleme kan oplos,
vrae, pas die kolomme, voltooi die vanuit die Lewensoriënteringinhoud besluite kan neem en advies kan
ontbrekende woorde en waar of vals. verkry het. gee. Hulle gee 'n paar direkte
antwoorde en uitgebreide skriftelike
• Die vrae sal begrip en feitelike kennis • Leerders moet hul kennis en
werk wissel van beskrywende
toets. vaardighede ten toon stel, aanbied
paragrawe tot kort opstelle wat 'n
en toepas deur begrip te toon vir
• Antwoorde behoort kort en bondig te kwessie verklaar of ondersoek.
werklike lewenskwessies wat die jeug
wees en kan wissel van 'n antwoord
en samelewing as geheel beïnvloed • Elke vraag fokus op spesifieke
met een woord tot 'n frase of
en advies of moontlike oplossings inligting of die integrasie van die
volsinne.
kan voorstel, asook doelwitstelling- inhoud.
en besluitnemingsvaardighede
• 'n Kort teks/diagram/data/grafiek/
demonstreer.
strokiesprent kan voorsien word as
• Leerders behoort direkte antwoorde, stimulus.
volsinne in puntvorm en uitgebreide
antwoorde in kort paragrawe te kan
verskaf.
Nota. Die inligting wat voorsien word behoort hedendaags, ouderdomsgepas en leerdervriendelik te wees.
NB. 'n Memorandum of gepaste riglyn vir elkeen van die bogenoemde take moet gebruik word tydens die nasien
van die leerder se prestasie in 'n gegewe eksamen/projek/gevallestudie/werkstuk/ontwerp en skep. Die aard
van die taak en die kennis, vaardighede en waardes wat geassesseer moet word, sal as riglyn dien vir die tipe
assesseringsinstrument. Voorsiening moet gemaak word in die memorandum/riglyn vir addisionele antwoorde,
asook die leerder se eie interpretasie van die vrae. Voorbeelde van gepaste assesseringsinstrumente om die leerder
se prestasie in Lewensoriëntering te bepaal is: memorandum/riglyn, kriteria kontrolelys, rubriek of matriks.
28 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
4.4.4 Liggaamsopvoeding
Liggaamsopvoeding (LO) se doel is om die leerders se fisiese welsyn en die kennis van beweging en veiligheid te
ontwikkel. Dit moedig leerders aan om aan 'n wye verskeidenheid aktiwiteite deel te neem wat met die ontwikkeling van
'n aktiewe en gesonde leefwyse vereenselwig word. LO het dit ook ten doel om leerders se selfvertroue en algemene
vaardighede, veral dié wat met samewerking, kommunikasie, kreatiwiteit, kritiese denke en estetiese waardering
gepaardgaan, te ontwikkel. Dit, saam met die kweek van positiewe waardes en houdings in Liggaamsopvoeding,
voorsien 'n goeie grondslag vir leerders se lewenslange en -omvangryke leer.
Alle Liggaamsopvoedingperiodes sal op praktiese, fisiese-, en massadeelname aan bewegingsaktiwiteite vir genot
en verrykingsdoeleindes fokus. Die doel is om leerders aan te moedig om hulself te verbind tot - en betrokke te raak
by - gereelde fisiese aktiwiteit as deel van hul leefwyse.
Die LOT word gedurende al vier die skoolkwartale in Graad 7-9 gedoen. Daar word van leerders verwag om een
keer per week aan die Liggaamsopvoedingperiode deel te neem wat 'n vaste periode op die rooster is. Dit staan ook
bekend as Liggaamsopvoeding. Leerderdeelname en uitvoering van bewegings in die LOT sal dus geassesseer
word en aan die einde van elke kwartaal sal daaroor verslag gedoen word. Die vakadviseur sal die LOT modereer
tydens aangekondigde skoolbesoeke, deur die leerders waar te neem terwyl hulle besig is met die uitvoering van die
werklike assesseringstaak.
Die fokus van die assessering van die LOT word in twee breë kategorieë verdeel:
1) Deelname: Leerders word blootgestel aan die besef van die waarde van gereelde deelname aan fisiese
aktiwiteit. Deelname behoort verdere ontwikkeling, genot en die bou van selfvertroue aan te moedig.
2) Uitvoering van bewegings: Leerders word geassesseer op die vlak waarop hulle in staat is om te presteer.
Uitvoering van bewegings behoort nie 'n gevoel van kompetisie aan te moedig nie.
Die onderwyser sal waarneem of die uitvoering van die beweging die gewenste uitkoms het wat op die
algehele uitvoering van die beweging fokus eerder as op die gedetailleerde meganismes van elke beweging.
Sodra die onderwyser egter vertroue opgebou het en weet hoe om die motoriese vaardigheid af te breek en die
bewegingsvolgorde in verskillende dele op te breek, kan addisionele kriteria bygevoeg word om die uitvoering in
groter diepte te assesseer.
KABV 29
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Assesseringsinstrument vir Liggaamsopvoedingtaak
Die assesseringsinstrument om leerders se bevoegdheid in die twee kriteria van die taak te bepaal:
Vlak Beperk Toereikend Bekwaam Uitstekend
Kriterium 1: 0% = 0 punte (geen 21-25% = 5 punte 51-55% = 11 punte 76-80% = 16 punte
deelname)
Gereeldheid van 26-30% = 6 punte 56-60% = 12 punte 81-85% = 17 punte
1-5% = 1 punt
deelname gedurende 31-35% = 7 punte 61-65% = 13 punte 86-90% = 18 punte
Liggaams- 6-10% = 2 punte
36-40% = 8 punte 66-70% = 14 punte 91-95% = 19 punte
opvoedingperiodes 11-15% = 3 punte
41-45% = 9 punte 71-75% = 15 punte 96-100% = 20 punte
(20 punte) 16-20% = 4 punte
46-50% = 10 punte
Kriterium 2: Benodig aansienlike Benodig aandag en Doeltreffend, effektief Uitsonderlike
aandag: bewegings afronding: veral in en gepas: bewegings vaardigheidsvlakke:
Uitkoms van
lei glad nie tot die bewegings wat nie lei meestal tot die bewegings lei altyd tot
uitvoering van
gewenste uitkoms nie altyd tot die gewenste gewenste uitkoms die gewenste uitkoms
bewegings
(0-1 punt) uitkoms lei nie (4 punte) (5 punte)
(10 punte)
(2-3 punte)
'n Klaslys sal gebruik word om 'n punt uit 20 te bepaal vir deelname en 'n punt uit 10 vir uitvoering van bewegings aan
die einde van elke kwartaal, dit wil sê, vier lyste vir graad 7, 8 en 9. Die aantal LO-periodes per kwartaal sal deur die
Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender vir die jaar bepaal word.
Voorbeeld van die klaslys vir deelname en uitvoering van beweging:
1. Gereeldheid van deelname (20 punte) 2. Uitvoering van beweging Totaal
Kwartaal
vir die
1 LO periodes per kwartaal (P1= periode 1) (10 punte) kwartaal
Leerders Totale
Punte 1ste 2de
se name P1 P2 P3 P4 P5 P6 % punte 30
20 Waarneming Waarneming
10
1.
2.
3.
4.
5.
Neem kennis:
Kriterium 1: Gereeldheid van deelname
Daar word 'n punt uit 20 aan die einde van elke kwartaal aan elke leerder toegeken op grond van die gereeldheid
waarmee hy/sy aan die Liggaamsopvoedingperiodes deelgeneem het. Indien die leerder afwesig was vir daardie
spesifieke periode, word dit op die klaslys met 'n ‘a’ aangedui en 'n ‘x’ dui aan dat die leerder aanwesig was maar
nie deelgeneem het nie. 'n Leerder wat altyd deelneem wanneer hy/sy teenwoordig is, behoort nie gepenaliseer te
word wanneer hy/sy afwesig is nie, maar 'n leerder wat slegs nou en dan deelneem behoort wel gepenaliseer te word
tydens afwesigheid.
Verdeel die aantal kere waarin 'n leerder aan die LO-periodes deelgeneem het per kwartaal en vermenigvuldig
dit met 100 om die persentasie vas te stel. Daarna word dit verwerk na 'n punt uit 20 volgens die bogenoemde
assesseringsinstrument.
30 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Kriterium 2: Uitvoering van beweging
Hoewel daar 'n rekord gehou word van leerderdeelname per week, sal leerders nie tydens elke
Liggaamsopvoedingperiode geassesseer word in die uitvoering van beweging nie, maar dit sal twee keer tydens die
skoolkwartaal formeel geassesseer word om die vlak van hul uitvoering van bewegings te bepaal. Ken 'n punt uit
vyf (5) toe vir elk van die twee waarnemings, tel die twee bymekaar om 'n finale punt uit tien (10) te kry volgens die
bogenoemde assesseringsinstrument.
Totale vir die kwartaal
Die punte wat per kwartaal toegeken word vir onderskeidelik gereelde deelname en uitvoering van bewegings, word
bymekaargetel om 'n punt uit 30 per leerder te kry. Hierdie punt uit 30 is die LOT-punt wat formeel per kwartaal op 'n
rekorderingstaat aangeteken moet word.
4.5 REKORDhouding EN RAPPORTERING
Rekordhouding is 'n proses waartydens die onderwyser die vlak van 'n leerder se prestasie in 'n spesifieke
assesseringstaak dokumenteer. Dit dui aan hoe 'n leerder vorder in die berekening van die kennis soos voorgeskryf
in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings. Rekords van leerderprestasie behoort bewys te lewer van die
leerder se konseptuele groei in 'n graad en sy/haar gereedheid om na die volgende graad te vorder of te bevorder te
word. Rekords van leerderprestasies behoort ook gebruik te word om te verifieer watter vordering onderwysers en
leerders in die leerproses en in die onderrig onderskeidelik maak.
Rapportering is 'n proses waarvolgens leerderprestasie aan leerders, ouers, skole en ander rolspelers
gekommunikeer word. Daar kan op verskeie maniere oor leerderprestasie verslag gelewer word. Dit sluit in rapporte
(verslagkaarte), ouervergaderings, skoolbesoekdae, ouer-onderwyser-konferensies, telefoonoproepe, briewe, klas-
of skoolnuusbriewe, ens. Onderwysers sal werklike punte teenoor die taak aandui deur 'n rekordblad/verslagblad te
gebruik en die persentasie vir die vak op die leerder se rapport/verslagkaart aantoon.
Wanneer leerderprestasie in Lewensoriëntering aangeteken word en daaroor verslag gelewer word, is die volgende
punte per kwartaal van toepassing:
Punte per kwartaal
Kwartaal Graad 7 Graad 8 Graad 9
Rekordering Rapportering
Skriftelike Taak Skriftelike Taak Skriftelike Taak 70
1 100
LOT LOT LOT 30
Halfjaareksamen Halfjaareksamen Halfjaareksamen 70
2 100
LOT LOT LOT 30
Projek Projek Projek 70
3 100
LOT LOT LOT 30
Jaareindeksamen Jaareindeksamen Jaareindeksamen 70
4 100
LOT LOT LOT 30
Totaal 400 400
KABV 31
LEWENSORIËNTERING GRAAD 7-9
Die verskillende prestasievlakke en die ooreenstemmende persentasies verskyn in die volgende tabel:
KODES EN PERSENTASIES VIR REKORDHOUDING EN RAPPORTERING
BESKRYWING VAN DIE
PRESTASIEKODES PERSENTASIE
VAARDIGHEID
7 Uitmuntende prestasie 80 - 100
6 Verdienstelike prestasie 70 - 79
5 Beduidende prestasie 60 - 69
4 Voldoende prestasie 50 - 59
3 Matige prestasie 40 - 49
2 Basiese prestasie 30 - 39
1 Ontoereikende prestasie 0 - 29
4.6 MODERERING van AsSESSERING
Moderering verwys na die proses wat verseker dat die assesseringstake regverdig, geldig en betroubaar is. Moderering
behoort op skool-, distriks-, provinsiale en nasionale vlakke plaas te vind. Deeglike en gepaste modereringspraktyke
moet ingestel word vir die gehalteversekering van alle vakassesserings.
Alle formele assesseringstake vir Lewensoriëntering behoort intern gemodereer te word deur die departementshoof of
die vakhoof van die skool. Die vakadviseur moet steekproewe van hierdie take modereer tydens sy/haar skoolbesoek
om die standaard van die interne moderering te verifieer. Graad 9 take moet op provinsiale vlak gemodereer word.
Hierdie proses sal deur die provinsiale onderwysdepartement bestuur word.
4.7 ALGEMEEN
Hierdie dokument moet in samehang met die volgende gelees word:
4.7.1 Die Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes vir die Nasionale Kurrikulumbeleid
Graad R-12; en
4.7.2 Die beleidsdokument, Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12
32 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 7 Afr Lewensorientering.