Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2014 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201420 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2014 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE. 2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument wat jy skep of stoor. 3. Die toesighouer sal 'n disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die etiket skryf. Indien jy op 'n netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaatantwoord-lêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA AFLOOP VAN DIE 3-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 12. Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2014 NSS 13. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 14. Vir alle woordverwerkingsvrae moet die taal op 'English (South Africa)' gestel word. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 15. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer hierdie vraestel beantwoord word. 16. Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat Microsoft Office gebruik. 17. Gewoonlik word een punt vir een aksie toegeken; dus sal 'n twee-punt-vraag TWEE aksies vereis, ensovoorts. 18. Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat al die lêergidse en lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • 1Africa_Afrika Woordverwerkingslêer • 1Visitors_Besoekers Sigbladlêer • 2Questionnaire_Vraelys Woordverwerkingslêer • 2Temp Woordverwerkingslêer • 3Airplane_Vliegtuig Prentlêer • 3Clients_Kliënte Sigbladlêer • 3Draw_Trekking Tekslêer • 4Book_Bespreek Sigbladlêer • 5Ace Databasislêer • 6Info_Inlig Woordverwerkingslêer • 6Serengeti HTML-lêer • 6SerengetiPark Prentlêer • 7Attract_Besiens Woordverwerkingslêer • 7Convert_Verander Woordverwerkingslêer • 7GraphSA_GrafiekSA Sigbladlêer • 7Merge_Saamvoeg Woordverwerkingslêer • 7Top10 Woordverwerkingslêer • 7TouristsSA_ToeristeSA Sigbladlêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2014 NSS SCENARIO Die Afrika-kontinent bied baie pragtige plekke om te besoek. Jou skool beplan 'n toer vir die graad 12-leerders op die Afrika-kontinent. Die skoolhoof het jou gevra om die reisagentskap, Ace Travel, in verband met moontlike bestemmings te skakel. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Ace Travel is gevra om 'n dokument oor die pragtige plekke waar 'n mens op die Afrika-kontinent kan toer, te ontwerp. Maak die 1Africa_Afrika-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 1.1 Stel die linkerkantlyn van die dokument op 2 cm. (1) 1.2 Hierdie dokument het 'n voorblad nodig. Doen die volgende: 1.2.1 Voeg enige voorblad/titelblad aan die begin van die dokument in. (1) 1.2.2 Voeg die volgende titel op die voorblad by: 'Beautiful Africa' (1) 1.3 Vind die teks 'Table of Contents' en pas 'n 'WordArt/Fontwork' van jou keuse daarop toe. (1) 1.4 Vind die 'Summary of Facts'-tabel op die bladsy ná die inhoudsopgawe en formateer die tabel soos volg: Summary of Facts Country Zambia/Zimbabwe Coordinates 17.9233ºS, 25.856ºE Height 108 m Watercourse Zambezi River UNESCO World Heritage Site 1989 • Voeg ('Merge') die selle in die eerste ry van die tabel saam. • Skuif die teks 'Summary of Facts' na ry 1 en stel die teks regs inlyn. • Bring die nodige veranderinge aan sodat 'n graad-simbool net voor die letter 'S' en die letter 'E' in die koördinate verskyn, soos hieronder getoon: 17.9233ºS, 25.856ºE • Sentreer die tabel horisontaal op die bladsy. • Formateer die binneste roosterlyne ('gridlines') na 1½ pt. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2014 NSS 1.5 Vind die teks 'Visiting the falls in Zambia has some advantages:' ná die 'Summary of Facts'-tabel. Formateer die kolpunte ('bullets') onder die teks soos volg: • Verander die kolpunte ('bullets') na die Wingdings-simbool : Microsoft Office: karakterkode 39 LibreOffice: karakterkode U+F027 • Stel die kolpuntposisie op 3 cm vanaf die linkerkantlyn inlyn. (2) 1.6 Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in: • Plaas die bladsynommers in die bladsyonderskrif ('footer'). • Begin die bladsynommering op die bladsy wat begin met '1. Victoria Falls, Zambia', en nommer dit vanaf bladsy 1 verder. • Maak seker dat gelyke bladsynommers regs inlyn in die bladsyonderskrif ('footer') vertoon en dat ongelyke bladsynommers links inlyn in die bladsyonderskrif ('footer') vertoon. • Geen bladsynommer moet op die voorblad en die bladsy wat die inhoudsopgawe bevat, verskyn nie. (6) 1.7 Vind die kolpuntteks 'Trekking Precautions' onder die opskrif '2. Mount Kilimanjaro, Tanzania'. Voeg 'n hiperskakel op die teks 'Trekking Precautions' na die Precautions- boekmerk in dieselfde dokument in. (2) 1.8 Vind die paragraaf wat begin met 'Mount Kilimanjaro' en eindig met '… World Heritage site.' wat onder die prent onder die opskrif '2. Mount Kilimanjaro, Tanzania' verskyn. Pas sweef-/rugreël ('widow/orphan') -kontrole slegs op hierdie paragraaf toe. (1) 1.9 Verwyder die boekmerk met die naam 'Summit'. (1) 1.10 Die opskrif '5. Mount Kenya, Kenya' word tans nie in die inhoudsopgawe vertoon nie. • Bring die nodige veranderinge aan sodat die opskrif '5. Mount Kenya, Kenya' in die inhoudsopgawe verskyn. • Dateer die inhoudsopgawe op. LET WEL: Moet GEEN ander veranderinge aan die inhoudsopgawe aanbring NIE. (2) 1.11 Vind die opskrif '9. Sossusvlei, Namibia'. Voeg die sigblad 1Visitors_Besoekers onder die opskrif '9. Sossusvlei, Namibia' in sodat dit as 'n ikoon/knoppie verskyn. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2014 NSS 1.12 Vind die prent onder die opskrif '10. Serengeti National Park, Tanzania'. Voeg 'n byskrif ('caption') in wat lees: Microsoft Office: 'Figure 6: Serengeti' LibreOffice: 'Illustration 6: Serengeti' Die byskrif ('caption') moet bokant die prent geplaas word. (2) 1.13 Voeg die volgende objek onder die opskrif 'Table of Figures/Illustration Index' op die laaste bladsy in en gebruik die verstekwaardes: Microsoft Office: Table of Figures LibreOffice: Illustration Index (1) 1.14 Voeg 'n teks-watermerk met die teks 'Ace Travel' in die dokument in. (1) Stoor en maak die 1Africa_Afrika-dokument toe. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2014 NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Ace Travel het 'n vraelys voorberei vir alle graad 12-leerders wat op die Afrika- kontinenttoer gaan. Maak die 2Questionnaire_Vraelys-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 2.1 Verwyder die kommentaar ('comment') uit die dokument. (1) 2.2 Formateer die opskrif 'Ace Travel' soos volg: • Rek die karakterspasiëring met 4 pt uit. • Verander die skaal ('Scale') van die karakterspasiëring na 120%. (2) 2.3 Hersien ('Review') die dokument soos volg: • Aanvaar die verandering wat deur die outeur ('author') voorgestel is. • Verwerp die verandering wat deur die assistent ('assistant') voorgestel is. LET WEL: MOENIE die veranderingspoor ('track changes') aktiveer NIE. (2) 2.4 Redigeer die teksvormveld ('text form field') -kontrole langs die 'Date of Birth'- etiket soos volg: • Formateer die datumtipe na 'yyyy-MM-dd' of 'YYYY-MM-DD'. • Vertoon die volgende hulpboodskap op die statusbalk: 'yyyy-MM-dd' of 'YYYY-MM-DD' (3) 2.5 Voeg 'n kombinasielys ('combo box') langs die teks 'Meal preference' in met die volgende opsies: • Vegetarian • White meat • Red meat (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2014 NSS 2.6 Vind die teks 'Choose 2 places that you would like to visit'. Verander die opsies onder die opskrif om soos die voorbeeld hieronder te lyk: LET WEL: • Stel EN pas 'n 8 cm-stippelgidslyn-tabelstop toe, soos hierbo getoon. • Voeg 'n merkblokkie ('check box') -vormveld langs die opsie 'Victoria Falls, Zambia' in. • Stel die verstekwaarde van die merkblokkie ('check box') sodat dit outomaties as gemerk vertoon. (5) 2.7 Vind die stel prente onderaan die eerste bladsy. Elke prent is in 'n outovorm ('autoshape') geplaas. Voltooi die stel prente soos volg: • Bepaal die grootte van die ander prente in die stel en verander die grootte van die prent van Tafelberg ('Table Mountain') op bladsy 2 van die dokument na presies dieselfde grootte. • Skuif die Tafelberg ('Table Mountain') -prent om presies oor die leë teksblokkie te pas sonder om die prent te snoei ('crop'). • Maak seker dat die vier prente as een objek optree nadat die prent in die korrekte posisie geplaas is. (4) Stoor en maak die 2Questionnaire_Vraelys-dokument toe. 2.8 Maak die 2Temp-dokument oop en stoor die dokument as 'n templaat met dieselfde naam. (1) Stoor en maak die 2Temp-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2014 NSS VRAAG 3: SIGBLAD Ace Travel het 'n lys van hulle kliënte in 'n sigblad gestoor. Maak die 3Clients_Kliënte-sigblad oop en werk in die Clients_Kliënte-werkblad. Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in. 3.1 Formateer die werkblad soos volg: 3.1.1 Sentreer die teks in ry 1. (1) 3.1.2 Omvou ('Wrap') die inhoud van sel A3. (1) 3.2 Voeg 'n funksie/formule in sel B5 in om die huidige ouderdom van die tweede kliënt in voltooide jare te bepaal en te vertoon. Die funksie/formule moet die korrekte ouderdom gee, selfs al verander die huidige datum. (4) 3.3 Die kliënt se identiteit (ID) in kolom C word saamgestel uit: • Die eerste twee letters van die kliënt se naam (kolom E) gevolg deur • Die hoeveelheid karakters van die kliënt se van (kolom D) Voorbeeld: Otto Moss se kliënt-ID sal Ot4 wees. Voeg 'n funksie/formule in sel C4 in om die kliënt-ID vir die kliënt April Bennett te bepaal. (4) 3.4 Gebruik 'n geskikte sigbladeienskap om 'n 2-kleur-skaal ('2-colour scale') -formateringstyl op al die waardes in kolom I toe te pas. Verander die kleure van die minimum en maksimum waardes na enige ander kleur behalwe die verstekkleur. (3) 3.5 'n Reisigerstatus word soos volg aan kliënte toegeken op grond van hul ouderdom (kolom B): Ouderdom Reisigerstatus Jonger as 12 jaar Child 12 tot 60 jaar Adult Ouer as 60 jaar Pensioner Voeg 'n geskikte funksie in sel J20 in om die reisigerstatus van die kliënt Jarvis Hanae te vertoon. (4) 3.6 Voeg 'n funksie in sel M8 in om die totale hoeveelheid reise wat deur kliënte onderneem is, te bepaal. (2) 3.7 Voeg 'n funksie in sel M9 in om te bepaal hoeveel kliënte NIE internasionale reisigers is NIE. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2014 NSS 3.8 Skep 'n gepaste grafiek om die persentasie-indeling van elke kategorie van reisigerstatus te vertoon. Gebruik die data in sel L11:M13 om die grafiek soos volg te skep: • Voeg 'n gepaste grafiekopskrif boaan die grafiek by wat na die funksie/doel van die grafiek verwys. • Vertoon die persentasie vir elke kategorie van reisigerstatus. • Vul die kategorie wat die hoogste persentasie het met die 3Airplane_Vliegtuig-prent. • Vertoon die grafiek in die Travellers_Reisigers-werkblad. (6) 3.9 Werk in die Draw_Trekking-werkblad. Die Draw_Trekking-werkblad bevat die name, vanne en geslag van al die kliënte. Die punte vir elke kliënt, wat vir die gelukkige trekking gebruik sal word, verskyn in die 3Draw_Trekking-tekslêer. Die volgorde van die besonderhede in hierdie lêer is dieselfde volgorde as die name in die Draw_Trekking- werkblad, met ander woorde Bennett het 266 punte en Jarvis het 267 punte. Gebruik enige geskikte metode om die hoeveelheid manlike kliënte wat 200 of meer punte het in sel G1 in die Draw_Trekking-werkblad te vertoon. LET WEL: Toon AL die stappe wat jy gebruik het om die getal te bepaal. (3) Stoor en maak die 3Clients_Kliente-dokument toe. [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2014 NSS VRAAG 4: SIGBLAD 'n Lys van al Ace Travel se besprekings is in 'n sigblad gestoor. Maak die 4Book_Bespreek-sigblad oop en werk in die Bookings_Besprekings- werkblad. Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in. 4.1 Voeg 'n formule in sel F4 in wat die data in kolom D en kolom E gebruik om die hoeveelheid dae waarvoor die eerste kliënt (Amena Contreras) bespreek is, te bepaal. (2) 4.2 Die tarief per dag word in kolom L gestoor. Voeg 'n formule in sel G5 in om die totale akkommodasiekoste vir die duur van Bertha Hood se verblyf te bereken. (2) 4.3 Kliënte moet 'n addisionele verpligte toerismeheffing betaal. Die heffing wat vir 'n spesifieke hotel of lodge deur kliënte betaal moet word, hang af van of dit hoogseisoen ('Peak Season') of buiteseisoen ('Off- peak Season') is. Kolom M vertoon 'n 1 vir hoogseisoen ('Peak Season') en 'n 2 vir buiteseisoen ('Off-peak Season'). Die tabel hieronder dui die kodes vir die seisoene aan. Seisoenkode Seisoen 1 Peak 2 Off-peak Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel H6 om die toeristeheffing wat vir daardie hotel of lodge deur die spesifieke kliënt betaal moet word, te vertoon. Gebruik die Hotel/Lodge-data in sel J6, die hoogseisoen ('Peak Season') -data in sel M6 en die data wat in die Levy_Heffing-werkblad voorsien word. Maak seker dat die funksie korrek sal werk as dit na die res van die selle in kolom H gekopieer word. WENK: Jy mag die VLOOKUP-funksie in kombinasie met 'n ander funksie gebruik om die antwoord te bepaal. (4) 4.4 'n Besprekingsverwysing in kolom A wat met 'n 'X' begin, dui 'n internasionale hotel of lodge aan. 'n Besprekingsverwysing wat met 'n 'D' begin, dui 'n plaaslike hotel of lodge aan. Voeg 'n funksie in sel I10 in om die waarde 'TRUE' te vertoon as die hotel of lodge in ry 10 internasionaal is en die waarde 'FALSE' as die hotel of lodge in ry 10 plaaslik is. (5) 4.5 Voeg 'n funksie in sel O7 in om die derde laagste tarief per dag te bepaal. (2) 4.6 Voeg 'n funksie in sel O10 in om die totale getal dae (kolom F) wat kliënte in hotelle of lodges in 'Kenya' sal spandeer, te bepaal. (4) Stoor en maak die 4Book_Bespreek-dokument toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2014 NSS VRAAG 5: DATABASIS 'n Databasis met kliënte en besprekings is geskep. Maak die 5_Ace-databasis oop. 5.1 Die besonderhede van al Ace Travel se kliënte is in die Clients_Kliënte-tabel gestoor. Maak die Clients_Kliënte-tabel oop. Die ontwerpaansig ('Design view') van die tabel word hieronder getoon. Field Name Data Type Description Surname_Van Text Van van kliënt Name_Naam Text Voornaam van kliënt ID_ID AutoNumber ID van kliënt Birthdate_Geboortedatum Date/Time Geboortedatum van kliënt CellNumber_Selnommer Text Selfoonnommer van kliënt International_Internasionaal Text Is die kliënt 'n internasionale reisiger? Notes_Notas Text Een bladsy notas oor die kliënt se reisgewoontes Photo_Foto Text Foto van kliënt Grading_Gradering Text Kliëntgradering op 'n skaal van 1 tot 10 LET WEL: Datatipe vir teks: • MSO 2007/2010 – text • MSO 2013 – short text • LibreOffice – Text (VARCHAR) 5.1.1 Verander die veldgrootte van die Name_Naam-veld na 40. (1) 5.1.2 Stel die huidige primêre sleutel op 'n meer geskikte veld. (1) 5.1.3 Verander die datatipe van die volgende velde na meer geskikte datatipes: • International_Internasionaal • Notes_Notas • Grading_Gradering (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2014 NSS 5.1.4 Verander die veldeienskappe van die Birthdate_Geboortedatum- veld sodat: • Die Birthdate_Geboortedatum-veld 'n vereiste veld is • Data in die medium datum (bv. dd-MM-yy) -formaat vertoon word • 'n Valideringsreël by die Birthdate_Geboortedatum-veld gevoeg word om te voorkom dat die gebruiker 'n datum later as die huidige datum waarop die data vasgelê is, invoeg • Geskikte valideringsteks ingevoeg word (5) 5.1.5 Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die CellNumber_ Selnommer-veld om data soos 080 101 0101 of 075 555 5555 te aanvaar. Let op die twee spasies wat tussen die syfers verskyn. (3) Stoor en maak die Clients_Kliënte-tabel toe. 5.2 Maak die frm5_2-vorm oop. Verander die vorm soos volg: • Verander die teks in die vormkopskrif ('form header') na 'n oranje fontkleur. • Formateer die Rate_Tarief-veld na geldeenheid ('currency'). • Voeg 'n kombinasielys ('combo box') in die besonderhede ('details') -afdeling van die vorm vir die Country_Land-veld. Dit moet die gebruiker toelaat om 'n waarde vir die veld uit die volgende opsies te kies: Kenya, Namibia, South Africa, Tanzania en Zambia • Voeg 'n geskikte etiket ('label') vir die kombinasielys ('combo box') by. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6) 5.3 Maak die qry5_3-navraag oop. Verander die navraag sodat die name van die hotelle en lodges wat met die letter 'S' begin EN 'n gradering van 9 het, vertoon sal word. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3) 5.4 Maak die qry5_4-navraag oop om die koste vir Oktober 2014 te vertoon. • Vertoon slegs die ClientName_KliëntNaam-, HotelsLodges_ HotelleLodges-, DateIn_DatumIn- en DateOut_DatumUit-velde in die navraag. • Skep en vertoon 'n berekende veld met die byskrif ('caption') Tot om die totale koste wat die kliënt moet betaal, te bereken deur die Charges_Koste en die Levy_Heffing bymekaar te tel. • Vertoon slegs besprekings as die volle verblyf in Oktober is. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2014 NSS 5.5 Maak die qry5_5-navraag oop. Verander die navraag om 'n lys van hotelle en lodges te vertoon deur die volgende veranderinge aan te bring: • Sorteer die rekords alfabeties volgens die HotelsLodges_HotelleLodges- veld. • Vertoon slegs daardie hotelle en lodges waar die Rate_Tarief-bedrag in die R5 000 tot R7 000-bestek ('range') is EN die hotelle en lodges NIE in 'Tanzania' is NIE. • Vertoon slegs die HotelsLodges_HotelleLodges-, Country_Land- en Rate_Tarief-velde. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (6) 5.6 Skep 'n verslag met die naam rpt5_6 wat op die Bookings_Besprekings- tabel gebaseer is. • Vertoon slegs die ClientSurname_KliëntVan-, HotelsLodges_ HotelleLodges-, Country_Land- en Days_Dae-velde. • Groepeer die rekords eers volgens die Country_Land-veld en dan volgens die HotelsLodges_HotelleLodges-veld. • Vertoon die verslag in landskapformaat. • Gebruik 'n funksie om die totale hoeveelheid dae wat vir elk van die hotelle en lodges bespreek is, te vertoon. Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (6) Stoor en maak die 5_Ace-databasis toe. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2014 NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) Jy moet Ace Travel help om die webblad te voltooi. Maak die onvoltooide 6Serengeti-webblad in 'n webblaaier ('browser') asook in 'n teksredigeerder oop. LET WEL: • Vraagnommers word as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg as riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word. • 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2014 NSS 6.1 Voeg HTML-kode by om die teks 'Serengeti Information' in die webblaaier- oortjie ('browser tab') te vertoon. (2) 6.2 Pas die opskrif 'Serengeti National Park' soos volg aan: • Verander die inlynstelling van die opskrif 'Serengeti National Park' sodat dit in die middel vertoon. • Verander die fontkleur na rooi. (2) 6.3 Die prentmerker ('image tag') is veronderstel om die 6SerengetiPark-prent, wat in jou datalêer gestoor is, te vertoon. 6.3.1 Korrigeer die kode sodat die prent korrek vertoon. (2) 6.3.2 Verander die breedte van die prent na 200 en die hoogte na 180. (2) 6.4 Vertoon die twee teksreëls 'About the Serengeti, Serengeti Facts' as kolpunte ('bullets'). (2) 6.5 Voeg 'n skakel op die woorde 'Contact us', wat onder die kolpuntlys gevind word, om met die teks 'Contact details' in die tabel aan die einde van die bladsy te skakel. (3) 6.6 Kopieer die teks van die 6Info_Inlig-dokument om as die derde paragraaf te vertoon. LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. (2) 6.7 Redigeer die tabel soos volg: • Verander die tabel om uit twee rye en twee kolomme te bestaan. • Plaas die opskrifte in die eerste kolom. • Plaas die data/inligting in die tweede kolom. • Verander die dikte van die raam na 2. LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. (4) 6.8 Voeg jou eksamennommer onder die tabel as kommentaar ('comment') in. (1) Stoor en maak die 6Serengeti-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2014 NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Ace Travel wil hul besigheid in die Suid-Afrikaanse mark bevorder. 7.1 Verander die outeurseienskap ('author property') van die 7Top10-dokument na jou eksamennommer. (1) 7.2 Maak die woordverwerkingsdokument 7Convert_Verander oop en stoor dit as 'n enkele webblad met dieselfde naam. (1) Maak die 7Convert_Verander-dokument toe. 7.3 Maak die 7GraphSA_GrafiekSA-sigblad oop. 'n Grafiek vir die jaar 2013 is in die Graph_Grafiek-werkblad geskep. • Verleng die datareeks van die grafiek om die data vir 2014 in te sluit. • Verander die grafiektipe na: Microsoft Office: 3-D Line LibreOffice: 3D-Lines (2) Stoor die 7GraphSA_GrafiekSA-dokument, maar hou die dokument oop. 7.4 Die bemarkingsbestuurder het 'n konsepweergawe ('draft version') geskep van 'n dokument wat hy wil uitstuur. Maak die 7Attract_Besiens-dokument oop. 7.4.1 Voeg 'n voetnoot ('footnote') in op die teks 'How many people visit South Africa?' om 'Refer to www.attractions.com' te lees. (2) 7.4.2 Plak die grafiek uit die 7GraphSA_GrafiekSA-sigblad in die 7Attract_Besiens-dokument onder die teks 'Insert graph' sodat enige toekomstige veranderinge aan die grafiek in die sigblad outomaties in die woordverwerkingsdokument sal vertoon. (2) 7.4.3 Vervang alle gevalle van die HELE woord 'tour' met die woord 'trip' in 'n blou fontkleur. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2014 NSS 7.4.4 Formateer die geskakeerde teks onder die opskrifte 'Oudtshoorn' en 'Robben Island' in twee kolomme sodat dit soos die voorbeeld hieronder lyk. LET WEL: • Gebruik 'n woordverwerkingsfunksie sodat die opskrif 'Robben Island' altyd boaan die tweede kolom sal vertoon. • Justeer ('Justify') die teks. • Jy mag die teks wat geskakeer is, net so los. (3) Stoor en maak al die dokumente toe. 7.5 Maak die 7Merge_Saamvoeg-dokument oop. Berei 'n possaamvoeging ('mail merge') soos volg voor: • Gebruik die Details_Besonderhede-werkblad van die 7TouristsSA_ ToeristeSA-sigblad as die databron. • Kies slegs kliënte wat internasionale reisigers is EN wat meer as 20 keer gereis het. • Sorteer die kliëntname in stygende volgorde. • Voeg die saamvoegvelde Name_Naam en Trips_Reise by in die spasies wat in die dokument voorsien is. • Stoor die 7Merge_Saamvoeg-dokument voordat jy die possaamvoeging voltooi. • Voltooi die possaamvoeging en stoor die nuwe saamgevoegde dokument as 7MData. (7) Stoor en maak al die dokumente toe. [20] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2014 NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringmerkers vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van die Word voor elke lysitem webblad ingevoeg, en voeg dan 'n <li></li> nommer of simbool by <body Stel die agtergrondkleur van die afhangende van die tipe lys bg color="pink"> webblad wat geselekteer is Stel die kleur van die <body text="black"> <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die Stel 'n prent inlyn: kan ook dokument <img src="name" align="left"> ''right", "center"; "bottom", Skep 'n HTML-dokument – "top", "middle'' wees <html></html> begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent <title></title> dokument <img src="name" Stel die hoogte en breedte van <!-- --> Kommentaar width="200" height ="200"> 'n prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent <hl></hl> Skep die grootste opskrif alt="alternative text"> gehou word of wanneer die <h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in Stel die grootte (hoogte) van 'n <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> reël Stel die breedte van 'n lyn, in <i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> persentasie of absolute waarde <font <hr size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn <font Tabelmerkers ('Table Tags') color="green"></ Stel fontkleur font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel <th></th> met algemene vetgedrukte, <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel gesentreerde teks) <a href="URL"><img src="URL"></a> Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel Stel die breedte van die raam <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea <table border="1"> rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle <a href="#NAME"></a> elders in die dokument geskep cellspacing="1"> van die tabel is <table Stel die spasie tussen 'n Formateringmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die <tr align="left"> sel(le) (kan ook ''center'' of <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf ''right'' wees) Stel 'n paragraaf links inlyn Stel die vertikale inlynstelling <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> vir sel(le) (kan ook ''middle'' of ''center'' wees ''bottom'' wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line break') Stel die getal kolomme in <td colspan="2"> waaroor 'n sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor 'n sel "I","i","1"></ol> gebruik is moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", "square","circle"></ Definieer die tipe kolpunte wat ul> gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2014 NSS REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2014 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3-uur-sessie deur die kandidaat voltooi word) 180 SENTRUMNOMMER _________________________________________________________ EKSAMENNOMMER _________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________ SUITE GEBRUIK LibreOffice 4.2 Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die of hoër 2007 2010 2013 toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________ Kandidaat moet die lêernaam (-name) vir elke antwoord inskryf. Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en gedoen is. Nasiener Vraag- Gestoor Gedoen Maksimum Punt Lêernaam Voorletter/ nommer () () Punt Behaal -kode 1 30 2 20 3 31 4 19 5 40 6 20 7 20 TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) __________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all