Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2013
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2013 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 408.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en B.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
6. Moet NIE in die regterkantlyn skryf NIE.
7. In die algemeen word 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: PASITEMS
Kies 'n term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.
KOLOM A KOLOM B
1.1 'n Draadlose tegnologie wat algemeen A sleutelvaslegger ('keylogger')
gebruik word om lêers van een selfoon
na 'n ander oor te dra B kuberkrakery ('hacking')
1.2 'n Drukker wat vir vinnige, hoëvolume- C netskans ('firewall')
drukwerk in 'n tuiskantoor gebruik word
D biografies
1.3 Alle rekenaartoevoer wat op die fisiese
eienskappe van mense gebaseer word E kopiereg
1.4 'n Term wat gebruik word om F aflaai ('download')
onwettige aktiwiteite wat op die
Internet uitgevoer word, te beskryf G biometries
1.5 'n Tipe sekuriteitsprogrammatuur wat H antivirusprogrammatuur
ongemagtigde toegang tot 'n netwerk
voorkom I inkspuitdrukker
1.6 Prentjies wat gebruik word om buie of J Bluetooth
gevoelens in elektroniese boodskappe
voor te stel K kubermisdaad
1.7 Die term wat na die oordrag van data L emotikone
of inligting vanaf die rekenaar na die
wolk ('cloud') verwys M laserdrukker
1.8 Programmatuur wat gebruikersname N makro ('macro')
probeer vaslê deur sleuteldrukke wat
'n gebruiker maak, na te speur en op O infrarooi
te neem
P sosiale netwerke
1.9 Die kategorie van toepassings wat
dienste soos YouTube en Facebook Q stippeldrukker ('dot matrix
insluit printer')
1.10 Wette wat bedoel is om eienaarskap R plagiaat
en regte tot intellektuele eiendom te
beskerm S oplaai ('upload')
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.
2.1 Watter EEN van die volgende opsies is 'n versameling aparte programme wat
gebruik word om instandhoudingstake ten opsigte van die bestuur van die
rekenaar uit te voer?
A Bedryfstelselprogrammatuur
B 'GUI'-programmatuur
C Oopbronprogrammatuur
D Nutsprogrammatuur (1)
2.2 Watter EEN van die volgende opsies is 'n netwerk van netwerke wat miljoene
gebruikers dwarsoor die wêreld verbind?
A Intranet
B Ekstranet ('Extranet')
C Virtuelenet ('Virtualnet')
D Internet (1)
2.3 Watter EEN van die volgende opsies rangskik die optiese media van die
kleinste na die grootste kapasiteit?
A Blu-ray, CD, DVD
B CD, DVD, Blu-ray
C DVD, CD, Blu-ray
D CD, Blu-ray, DVD (1)
2.4 Watter EEN van die volgende opsies is 'n tegnologie wat spesifiek ontwerp is
om 'n geografiese ligging te vind?
A GPRS
B OKT ('UPS')
C GPS
D Wi-Fi (1)
2.5 Watter EEN van die volgende opsies is 'n eienskap van 'n
databasistoepassing wat die formaat waarin data ingelees kan word, sal
beperk en afdwing?
A Valideringsreël
B Valideringsteks
C Verstekinstelling ('Default setting')
D Toevoermasker ('Input mask') (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2013
NSS
2.6 Watter EEN van die volgende aktiwiteite sal die waarskynlikste die algehele
werkverrigting van 'n rekenaar beduidend verbeter?
A Die byvoeg van 'n Blu-ray-aandrywer
B Die byvoeg van 'n tweede hardeskyf
C Die opdateer van die antivirusprogrammatuur
D Die byvoeg van meer LSG ('RAM') (1)
2.7 'n Opgeneemde oudioboodskap wat op 'n webruimte gestoor is en na 'n
digitale toestel afgelaai kan word, is 'n ...
A blog.
B potgooi ('podcast').
C videoblog.
D videosending ('vodcast'). (1)
2.8 Watter EEN van die volgende terme beskryf al die maniere waarop vertroulike
inligting verkry word deur mense se goedgelowigheid uit te buit?
A Sosiale manipulasie ('Social engineering')
B Sosiale netwerk ('Social networking')
C Sosiale samewerking ('Social collaboration')
D Sosiale bestuur ('Social management') (1)
2.9 Die term Internetgeaktiveerde ('Internet-enabled') draagbare toestel verwys
oor die algemeen na tegnologie wat ... Internetkoppeling toelaat.
A kabel-
B ADSL-
C draadlose
D mikrogolf- (1)
2.10 Watter EEN van die volgende opsies word NIE met groenrekenarisering
geassosieer NIE?
A Herwin papier en rekenaaronderdele.
B Vervang inkhouers gereeld.
C Telependel ('Telecommute') wanneer moontlik.
D Koop en gebruik energiedoeltreffende toestelle. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B
Die vrae wat volg, is op die scenario hieronder gebaseer.
Die RTT-onderwyser van Prestige Hoërskool, me. Cloete, het besluit om 'n vraelys te
gebruik om seker te maak dat al die leerders in die skool praktiese kennis het van IKT-
toestelle, -programme en die impak wat IKT op hul lewens het. As 'n RTT-leerder word
daar van jou verwag om me. Cloete by te staan deur antwoorde te verskaf wat as 'n
gids gebruik sal word om die antwoorde op die vraelys na te sien.
VRAAG 3
Sommige vrae in die vraelys is op die interpretasie van 'n advertensie gebaseer.
Bestudeer die advertensie hieronder voordat jy die vrae wat volg, beantwoord.
SKOOTREKENAAR ('NOTEBOOK') G74SX
• Core i5
• 17.3" vol-HD 1920 x 1080 LED-beeld ('display')
• 8 GG ('GB') DDR3 LSG ('RAM')
• 750 GG ('GB')-'HDD' + 160 GG ('GB')-'SSD'
• Geïntegreerde Intel HD3000-grafika
• Blu-ray-skrywer
• Agtergrondverligte ('Backlit') sleutelbord
• Draadlose LAN en Bluetooth
• MS Windows 7 Ultimate 64-bit
• Microsoft Security Essentials
3.1 Gee die spesifikasie in die advertensie wat na die verwerker verwys. (1)
3.2 Die beeld word gespesifiseer as 'n 17.3" vol-HD ('full HD') 1920 x 1080 LED-
beeld.
3.2.1 Na watter spesifikasie verwys 17.3"? (1)
3.2.2 Noem die spesifikasie waarna die syfers 1920 x 1080 verwys. (1)
3.2.3 Waarvoor staan HD? (1)
3.3 Verduidelik die funksie van die LSG ('RAM') in 'n rekenaar. (2)
3.4 'n Bedryfstelsel word in die advertensie genoem.
3.4.1 Noem die bedryfstelsel wat in die advertensie genoem word. (1)
3.4.2 Noem EEN oopbronbedryfstelsel wat op hierdie rekenaar gebruik
kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2013
NSS
3.5 Die advertensie spesifiseer 'n 'HDD' en 'n 'SDD' ('solid state drive').
3.5.1 Wat is die hoofvoordeel van 'n vastetoestandaandrywer ('solid
state drive') wanneer dit met ander aandrywers vergelyk word? (1)
3.5.2 Wat is die hooffunksie van die 'HDD'? (1)
3.6 Die spesifikasie 'Geïntegreerde Intel HD3000-grafika' verskyn in die
advertensie.
Waarna verwys die term geïntegreerde? (1)
3.7 Die skootrekenaar het 'n Blu-ray-skrywer.
Gee TWEE redes waarom sommige gebruikers 'n Blu-ray-formaat eerder as
'n DVD-formaat verkies. (2)
3.8 Die advertensie spesifiseer 'Draadlose LAN en Bluetooth'.
3.8.1 Noem die tipe netwerk wat 'n gebruiker kan opstel en waartoe hy of
sy toegang kan verkry met die gebruik van Bluetooth in sy of haar
eie huis. (1)
3.8.2 Verduidelik waarom dit 'n voordeel is om draadlose LAN-vermoëns
op die skootrekenaar te hê. (1)
3.8.3 Aangesien die skootrekenaar reeds 'n draadlose LAN-vermoë het,
noem EEN ander toestel wat nodig sal wees om toegang tot die
draadlose LAN te verkry. (1)
3.9 Gee die TWEE hoofvoordele om 'n strepieskode-skandeerder ('barcode
scanner') te gebruik om groot hoeveelhede data in te voer. (2)
3.10 Die advertensie noem nie spesifiek ander toevoertoestelle as die ingeboude
agtergrondverligte sleutelbord op die skootrekenaar nie.
Noem TWEE toevoertoestelle (buiten die sleutelbord) wat jy sou verwag in die
skootrekenaar ingebou moet wees. (2)
3.11 Stel 'n manier voor waarop 'n persoon wat nie sy of haar hande kan gebruik
nie, self 'n dokument kan skep. Sluit die apparatuur en programmatuur wat
benodig word, in jou antwoord in. (2)
3.12 Om data te verloor wanneer 'n mens op 'n rekenaar werk, kan baie
frustrerend wees.
3.12.1 Noem die toestel wat gebruikers aan hul rekenaars kan koppel om
die verlies van data tydens 'n kragonderbreking te voorkom. (1)
3.12.2 Bespreek TWEE ander maniere waarop 'n gebruiker seker kan
maak dat data nie per ongeluk uitgevee of verander word nie. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4
Die tweede deel van die vraelys vereis kennis van programmatuur.
4.1 Programmatuur word gewoonlik in twee kategorieë verdeel, naamlik
toepassingsprogrammatuur ('application software') en stelselprogrammatuur
('system software').
Watter tipe stelselprogrammatuur moet op 'n rekenaar gelaai word sodat dit
die toepassingsprogrammatuur kan uitvoer? (1)
4.2 'n Groot verskeidenheid toepassingsprogrammatuur is op die Internet
beskikbaar.
4.2.1 Noem die tipe of klas programmatuur wat gebruik word om
toegang tot webblaaie op die Internet te kry en dit deur te blaai.
MOENIE spesifieke voorbeelde of handelsname in jou antwoord
gebruik NIE. (1)
4.2.2 Noem TWEE maniere waarop mense persoon-tot-persoon kan
kommunikeer deur (web-) toepassings op die rekenaar te gebruik. (2)
4.2.3 Noem die algemene term wat gebruik word om die onwettige
gebruik en onwettige verspreiding van programmatuur te beskryf. (1)
4.3 Verskeie tegnologieë en programmatuur is ontwikkel om gesiggestremde en
blinde gebruikers by te staan.
Noem EEN tipe program wat gebruik word om blinde gebruikers te help om
met die inhoud op die monitor te werk. (1)
4.4 Beide gratis progammatuur ('freeware') en oopbronprogrammatuur ('open-
source software') is kosteloos beskikbaar.
4.4.1 Noem TWEE beperkings van gratis progammatuur ('freeware'). (2)
4.4.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van oopbronprogrammatuur
('open-source software'). (2)
4.5 Die instandhouding van 'n rekenaar sluit sekere huishoudelike take in.
4.5.1 Wat is die hoofrede waarom jy die 'Disk Cleanup'-toepassing sal
gebruik? (1)
4.5.2 Gee TWEE redes waarom dit NIE 'n goeie idee is om maar net
ongewenste programme uit die lêergids waarin dit gestoor is, uit te
vee NIE. (2)
4.5.3 Noem die stelseltoepassing wat jy behoort te gebruik om
ongewenste programme te verwyder, eerder as om dit bloot uit te
vee. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2013
NSS
4.6 Aandrywers ('Drivers') is noodsaaklik vir rekenaars om behoorlik te werk.
4.6.1 Wat is 'n aandrywer? (1)
4.6.2 Wat is die funksie van 'n aandrywer? (1)
4.6.3 Waarom vra baie inprop-en-speel-toestelle ('plug-and-play
devices') nie vir die gebruiker om 'n aandrywer te installeer nie? (2)
4.7 Klikprogrammatuur ('Spyware') en rekenaarvirusse is tipes kwaadwillige
programmatuur wat gebruikers moet leer om te hanteer.
4.7.1 Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat 'n rekenaar 'n
virus kry, buiten om opgedateerde antivirusprogrammatuur te
installeer en om glad nie die Internet te gebruik nie. (2)
4.7.2 Noem TWEE maniere waarop klikprogrammatuur algemeen op 'n
rekenaar geïnstalleer word. (2)
4.7.3 Noem DRIE maniere waarop 'n gebruiker sal weet dat sy of haar
rekenaar 'n virus het. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 5
Gee antwoorde op die netwerkgedeelte van die vraelys.
5.1 Mense gebruik toenemend genetwerkte rekenaars vir besigheid, onderwys,
kommunikasie en vermaak.
5.1.1 Gee 'n definisie van 'n netwerk. (2)
5.1.2 Gee TWEE redes vir die opstel van 'n netwerk by 'n besigheid. (2)
5.2 Noem DRIE apparatuurkomponente ('hardware components') wat nodig is om
'n netwerk op te stel. (3)
5.3 Wat is die hoofverskil tussen 'n kliëntrekenaar (werkstasie) en 'n
netwerkbediener ('network server')? (2)
5.4 Noem TWEE dienste wat deur 'n IDV ('ISP') aangebied word. (2)
5.5 Wat is die Wêreldwye Web ('World Wide Web')? (1)
5.6 Mense wat aanlyn speletjies speel, het 'n hoë bandwydte en 'n
breëbandkoppeling ('broadband connection') met die Internet nodig.
5.6.1 Wat is die TWEE hoofeienskappe van 'n breëbandkoppeling? (2)
5.6.2 Verduidelik waarom aanlyn speletjies 'n hoë bandwydte-koppeling
nodig het. (2)
5.6.3 Gee TWEE voorbeelde van of tipes breëbandkoppelings. (2)
5.7 Gebruikers kan die slagoffers van bedrog word as gevolg van hulle
Internettoegang of e-posgebruik.
Noem TWEE maniere waarop banke gebruikers beskerm om seker te maak
dat transaksies wat oor die Internet uitgevoer word, veilig is. (2)
5.8 Uitvissingsbedrog ('Phishing') kan tot identiteitsdiefstal ('identity theft') lei.
Verduidelik wat identiteitsdiefstal is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2013
NSS
5.9 Dit is belangrik om al die nodige regstellings ('patches') of opdaterings
('updates') en dienspakkette ('service packs') op 'n rekenaar te installeer. Die
hoofdoel van 'n regstelling of opdatering is om haakplekke ('bugs') reg te
maak.
5.9.1 Verduidelik wat 'n haakplek ('bug') in hierdie konteks is. (1)
5.9.2 Behalwe om 'n regstelling of opdatering by 'n vriend te kry, waar
sou 'n mens dit die waarskynlikste kry? (1)
5.9.3 Gee EEN ander rede waarom jy jou programmatuur opgedateer
moet hou, buiten om die probleem van haakplekke op te los. (1)
5.9.4 Wat is die hoofverskil tussen 'n regstelling/opdatering en 'n
dienspakket? (2)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 6
Die deel van die vraelys wat volg, fokus op die impak van rekenaars en
kommunikasietegnologieë.
6.1 Inligting- en kommunikasietegnologie (IKT/'ICT') het bykans onmiddellike
kommunikasie dwarsoor die wêreld moontlik gemaak.
6.1.1 Noem TWEE maniere waarop IKT gehelp het om 'n globale
gemeenskap te skep. (2)
6.1.2 Noem TWEE maniere waarop die vermoëns of ontwerp van 'n
slimfoon gebruik kan word om ongeletterde gebruikers (mense wat
nie kan lees nie) te help om dit te gebruik. (2)
6.2 Baie besighede gebruik rekenaartegnologie.
6.2.1 Noem TWEE maniere waarop rekenaartegnologie die vinnige en
doeltreffende betaling van goedere en dienste moontlik maak. (2)
6.2.2 Verduidelik TWEE maniere waarop IKT ('ICT') die bedryfskoste van
'n klein besigheid kan verlaag. (2)
6.2.3 Noem TWEE moontlike nadele van of probleme met die gebruik
van rekenaars en ander tegnologie vir 'n besigheid. (2)
6.3 Ons gebruik tegnologie toenemend vir die grootste gedeelte van die dag (en
selfs die nag) en is voortdurend met ander mense of instansies deur middel
van hierdie tegnologie verbind.
Noem TWEE moontlike negatiewe uitwerkings wat hierdie voortdurende
gebruik van tegnologie en konnektiwiteit op ons lewens kan hê (behalwe
gesondheidskwessies). (2)
6.4 Draagbare toestelle ('Mobile devices') stel mense in staat om voortdurend met
ander in kontak te wees.
6.4.1 Noem TWEE tipes boodskapdienste wat op mobiele toestelle
beskikbaar is. Verwys na algemene tipes boodskapdienste.
MOENIE spesifieke voorbeelde gee nie. (2)
6.4.2 Noem TWEE maniere waarop die vermaaklikheidswêreld deur
tegnologie beïnvloed is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2013
NSS
6.5 'n Massiewe hoeveelheid inligting is deesdae geredelik beskikbaar vir alle
leerders. Verder is dit moontlik om data by mense te kry om vas te stel wat
hulle opinies en voorkeure oor bepaalde sake is.
6.5.1 Watter instrument is die doeltreffendste om spesifieke data oor
leerders se standpunte en opinies te kry. (1)
6.5.2 Noem TWEE voordele om inligting aanlyn by mense te verkry. (2)
6.5.3 Noem TWEE eienskappe van 'n sigblad wat gebruik kan word om
data in bruikbare inligting te verwerk. (2)
6.5.4 Noem TWEE moontlike negatiewe uitwerkings as soveel inligting
geredelik op die Internet vir leerders beskikbaar is. (2)
6.6 Biljoene rekenaars word elke dag dwarsoor die wêreld gebruik, wat groot eise
aan die omgewing stel.
6.6.1 Gee die algemene naam vir die konsep vir die gebruik van
tegnologie op so 'n manier dat dit nie die omgewing beskadig nie. (1)
6.6.2 Stel TWEE maniere voor waarop jy kan help om die negatiewe
uitwerking wat die gebruik van rekenaars op die omgewing het, te
verminder.
Verduidelik hoe jy dit vir elk van jou twee voorstelle sou regkry. (4)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 7
Me. Cloete het voorheen die volgende navrae van ouers en leerders ontvang en het
besluit om dit by die vraelys in te sluit.
7.1 Sommige van die toepassings wat gewoonlik in klein besighede gebruik word,
is:
• Sigbladtoepassing
• Woordverwerkingstoepassing
• Databasistoepassing
• E-posprogrammatuur
• Webblaaierprogrammatuur
Kies TWEE van die toepassings uit die lys hierbo en noem die gebruik of
funksie van elk van die twee toepassings in 'n klein besigheid. (2)
7.2 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B
1 Pryse vir die Vraelysprojek
2
3 Item Waarde
4 7" Tablet 2500,50
5 Skootrekenaar 3900,95
6 Digitale kamera 8500,20
7 Totaal 0.00
7.2.1 Stel 'n verandering aan die formatering van selle B4:B7 voor sodat
die 'R'-simbool outomaties vir elke waarde verskyn. (1)
7.2.2 Die skermkopie hierbo toon 'n resultaat van 0.00 in sel B7 vir 'n
korrekte funksie wat as =SUM(B4:B6) ingesleutel is.
Hoe moet die sigblad verander word om die korrekte resultaat
vanaf die funksie te kry? (2)
7.2.3 Stel EEN manier voor waarop die formatering verander kan word
om dit makliker te maak om die sigblad te lees of te vertolk. (1)
7.3 Verduidelik kortliks hoe om na te gaan of daar genoeg spasie op 'n flitsskyf
('flash disk') is om 'n lêer van 2 GG ('GB') te stoor. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2013
NSS
7.4 Sommige ouers is besorg oor die gesondheid van leerders wat lang ure op 'n
rekenaar werk.
7.4.1 Noem die studieveld wat betrekking het op die uitleg en ontwerp
van die werksomgewing en toerusting om die gemak en veiligheid
van werkers te verseker. (1)
7.4.2 Noem TWEE maniere waarop leerders oogstremming kan voorkom
as hulle lank op 'n rekenaar moet werk. (2)
7.5 Me. Cloete het verskeie navrae oor apparatuurkwessies ontvang.
7.5.1 Een van die leerders het baie toestelle wat USB-poorte vereis.
Noem 'n toestel wat hierdie leerder by sy rekenaar kan voeg om
die hoeveelheid USB-poorte te vermeerder. (1)
7.5.2 Een van die ouers het 'n rekenaar wat 12 jaar oud is.
Gee TWEE redes waarom sy hierdie spesifieke rekenaar behoort
te vervang eerder as om te probeer om dit op te gradeer. (2)
7.6 Nog 'n ouer kla dat sy dit moeilik vind om lêers op haar hardeskyf op te spoor.
Gee EEN oplossing wat dit makliker sal maak om lêers te vind. (1)
7.7 'n Leerder wil graag foto's as 'n aanhegsel by 'n e-posboodskap aan sy meisie
stuur.
7.7.1 Die e-posboodskap bly in die uitmandjie ('Outbox').
Noem EEN moontlike oorsaak en gee 'n oplossing vir hierdie
probleem. (2)
7.7.2 Behalwe e-pos, noem EEN manier waarop sy meisie op die
Internet toegang tot die foto's kan kry en daarna kan kyk. (1)
7.7.3 Die leerder wil graag die foto's gedurende die RTT-les aan sy
meisie stuur deur die RTT-sentrum se Internetkoppeling te gebruik.
Gee TWEE redes waarom dit oneties sou wees om dit te doen. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2013
NSS
7.8 'n Leerder het toegang tot 'n wiki gekry vir sy Geskiedenistaak se navorsing.
7.8.1 Verduidelik wat 'n wiki is. (2)
7.8.2 Waarom sou jy NIE aanbeveel dat hy slegs op die wiki staatmaak
om die korrekte inhoud vir sy projek te verkry NIE? (1)
7.8.3 Noem die oortreding waaraan die leerder skuldig sou wees indien
hy die inhoud uit die wiki kopieer en in sy projek plak sonder om
die bron te erken. (1)
7.8.4 Me. Cloete moet seker wees dat sy nie werk van leerders aanvaar
wat nie hulle eie werk is nie.
Noem TWEE maniere waarop sy kan nagaan of die werk vanaf die
Internet gekopieer is. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 130
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2013 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 NSC November 2013 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2013 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper