Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs al maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat sal
word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat
met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NÁ AFLOOP
VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n
ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is. 2025
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel is
en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is.
16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
18. Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
instruksie is om dit te doen.
19. Gebruik die korrekte instellings of eienskappe in die toepassingsprogram
('app') soos deur 'n vraag vereis.
20. Die datalêers wat jy nodig het om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
op die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
is. Die lêers word in die vorm van 'n wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer
verskaf.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
CAT P1 June 2025 DATA.exe
• Klik op die 'Extract'-knoppie.
• Klik die 'Show Password'-merkblokkie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: e@25
• Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids
('folder') deur een of meer lêers oop te maak.
• Vee die .exe leer uit.
• Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids
('folder') CAT P1 June 2025 DATA met jou eksamennommer.
Die lys met lêers ('files') op die volgende bladsy sal in die lêergids ('folder')
beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
SCENARIO
ESports is 'n sportkompetisie wat videospeletjies gebruik. Daar is verskeie toernooie
waar individue of spanne kan kompeteer vir pryse of geld.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1eSports-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting oor eSports en
sommige van die hoofspelers van hierdie sport bevat.
Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif van die dokument in.
1.1 Voeg die teks 'eSports' in die Status-eienskap van die dokument in. (1)
1.2 Verander die vergrote hoofletter ('drop cap') wat op die teks 'eSports' toegepas
is sodat dit links in lyn gestel is met die res van die teks en oor vyf lyne vergroot
is. (2)
1.3 Verander die 'Win'-styl soos volg:
• Verander die karakterspasiëring na 'n skaal van 150% met 'n gestrekte
('expanded') spasiëring van 2 pt.
• Voeg 'n voorafopgestelde ('preset') oranje gloei('glow')-tekseffek van
8 pt by. (3)
1.4 Soek en vervang alle kere wat die presiese woord 'games' voorkom met die
'Win Char'-styl. (3)
1.5 Vind die prent langs die paragraaf wat met 'How eSports Competitions Work'
begin en formateer die prent soos volg:
• Formateer die prentstyl na 'n wit geroteerde raam ('white rotated border').
• Verander die raamkleur na ligblou.
• Voeg 'n artistiese ('artistic') Paint Strokes-effek by. (3)
1.6 Redigeer die voetnota op die teks 'DOTA 2' soos volg:
• Verander die nommerformaat na 'n simbool:
(Webdings-karakterkode: 185)
• Skakel die voetnota na 'n eindnota om. (2)
1.7 Skep 'n nuwe boekmerk met die naam 'Sponsor' om die huidige boekmerk
'Organiser' te vervang. Maak seker dat die nuwe boekmerk steeds na dieselfde
posisie beweeg. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.8 Vind die SmartArt onder die opskrif 'The growth of eSports' en verander die
SmartArt om soos die voorbeeld hieronder te vertoon. Gebruik die teks onder
die SmartArt.
LET WEL: Ignoreer die fontgrootte.
(3)
1.9 Skuif die SmartArt met die opskrif sodat dit altyd aan die bokant van 'n nuwe
bladsy sal vertoon. Verander die bladsyoriëntering van slegs die laaste twee
bladsye na landskap. (2)
1.10 Voeg 'n bladsyonderskrif ('footer') by die dokument soos volg:
• Voeg die ingeboude ('built-in') ViewMaster (Vertical)-onderskrif in.
• Verander die bladsynommers van die laaste twee bladsye om in die formaat
A, B, C, ... voort te gaan. (2)
1.11 Vind die teks onder die opskrif 'Budget for 2026' en verander die teks in 'n tabel
om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
(4)
Stoor en maak die 1eSports-dokument toe. [27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Stats-woordverwerkingsdokument oop, wat inligting bevat oor eSports-
statistieke, toernooie, pryse en die spelers wat die meeste geld verdien.
Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif van die dokument in.
2.1 Voeg die Slice (Dark)-voorblad in en voeg die titel 'Statistics' by die titelkontrole
('Title control'). (2)
2.2 Verander die uitleg van die teks wat met 'Viewer Demographics' begin en met
'… and sponsorship opportunities.' eindig om in twee kolomme met 'n spasie
van 1.5 cm en 'n lyn tussen die kolomme te vertoon.
Maak seker dat die paragraaf 'The relationship between …' boaan die tweede
kolom verskyn. (4)
2.3 Vind die lys onder die teks 'The following list …' en pas dieselfde kolpuntstyl
en formatering op hierdie lys toe as die ander lyste in die dokument. (1)
2.4 Verander die teks en die prent onder die teks 'Question/Vraag 2.4' om soos in
die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Die prent en die teks moet as een objek beweeg.
(3)
2.5 Vind die teks 'Question/Vraag 2.5' en voeg die data uit die 2Team-sigblad, wat
in jou eksamenlêergids gevind word, as 'n gekoppelde objek ('linked object') in. (3)
2.6 Voeg enige 3 lyn-bladsyraam in om aan albei kante van die dokumentbladsye
te verskyn. (2)
2.7 Vind die teksblokkie aan die einde van die dokument en doen die volgende:
• Voeg die totale aantal woorde as 'n veld in, in die formaat: First, Second,
Third, …
• Verander die rigting van die teks na horisontaal. (3)
Stoor en maak die 2Stats-dokument toe. [18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
• Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
• Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 3Rank-sigblad oop, wat inligting oor toernooie en die prysgeld van spelers
bevat.
Werk in die Sheet1-werkblad.
3.1 Hernoem Sheet1 tot Medals en skuif die werkblad om as die laaste werkblad
in die werkboek te vertoon. (2)
Werk in die Players-werkblad.
3.2 Formateer die opskrifte in ry 5 om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
(2)
3.3 Voeg 'n funksie in sel D3 in om die vierde hoogste totale prysgeld deur 'n speler
vir die huidige jaar gewen, te bepaal. (2)
3.4 Voeg 'n formule in sel F6 in om te bereken watter persentasie Sven se totale
prysgeld van sy algehele prysgeld is. (1)
Werk in die Tournament-werkblad.
3.5 Voeg 'n funksie in sel C3 in om die getal van al die toernooie wat gehou is, te
bepaal. (1)
3.6 Voeg 'n funksie in sel C4 in om die totale prysgeld vir al die toernooie wat in
Washington gehou is, te bereken. (4)
3.7 'n Poging is aangewend om die drieletter-afkorting vir elke land uit die
CountryCode-werkblad te vind.
Verander die funksie in sel F9 sodat die korrekte afkorting getoon sal word. (4)
Stoor en maak die 3Rank-sigblad toe. [16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
• Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
• Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
• Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
• Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 4Shop-sigblad oop, wat besonderhede van produkte wat gedurende April by
die Gamers Shop verkoop is, bevat.
Werk in die April-werkblad.
4.1 Die winkel het 'n beleid wat 'n klant toelaat om 'n produk maandeliks oor
'n 24-maande-tydperk af te betaal. Die klant sal 'n ekstra bedrag vir die
24-maande-kontrak (kolom G) betaal.
4.1.1 Voeg 'n funksie in sel D3 in om te bepaal hoeveel klante nie 'n
24-maande-kontrak geneem het nie. (1)
4.1.2 Voeg 'n formule in sel H10 in om te bepaal hoeveel geld Jacob Msibi
elke maand vir die 24-maande-kontrak moet betaal. (3)
4.2 Gebruik 'n sigbladeienskap om die klant se naam met enige groen kleur te vul
as 'n klant drie of meer items gekoop het. (4)
4.3 Die winkel sal 'n kennisgewing aan 'n klant met 'n 24-maande-kontrak stuur.
Voeg 'n funksie in sel I6 in om die teks 'Notice' te vertoon as 'n klant 'n
24-maande-kontrak het; andersins moet die sel oop gelaat word. (5)
Werk in die Games-werkblad.
4.4 Voeg 'n funksie in sel C3 in om te bepaal hoeveel speletjies 'n afslag-
persentasie tussen 60 en 75 (ingesluit) het. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
4.5 Skep 'n grafiek om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL:
• Gebruik die 4Screen-prent in jou eksamenlêergids.
• Skuif die grafiek na 'n nuwe werkblad met die naam 'Price'.
(6)
Stoor en maak die 4Shop-sigblad toe. [24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5: DATABASIS
'n Tabel is geskep met al die toekomstige eSports-toernooi-gebeurtenisse.
Maak die 5Games-databasis oop.
5.1 Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop.
5.1.1 Redigeer die eienskappe ('properties') van die Tournament-veld sodat
die teks nie meer as 15 karakters is nie. (1)
5.1.2 Verander die Date-veld om in die formaat yyyy/mm/dd te vertoon.
Maak seker dat 'n gebruiker 'n datum kan kies. (2)
5.1.3 Verander die eienskappe van die Location-veld sodat dit vertoon soos
in die voorbeeld hieronder.
LET WEL:
• Gebruik die tblCountry-tabel.
• Kies 'Yes' indien 'n waarskuwingsboodskap verskyn.
(3)
5.1.4 Redigeer die Prize-veld sodat dit slegs waardes bo R15 000 aanvaar.
Voeg enige beskrywende teks by wat na die reël verwys. (2)
Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
5.2 Verander die frm5_2-vorm om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL:
• 10%-afslag op die registrasiefooi sal vir al die speletjies op die lys gegee
word.
• Gebruik die prent in die vormonderskrif.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (6)
5.3 Skep 'n navraag met die naam qry5_3, wat op die tblGames-tabel gebaseer is.
Vertoon die Game- en Fee-velde vir AL die speletjies wat vanaf Januarie 2025
tot April 2025 gespeel is. Sorteer die lys in alfabetiese volgorde volgens die
Game-veld.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4)
5.4 Maak die qry5_4-navraag wat op die tblGames-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig (Design View) oop.
Verander die navraag om die volgende te vertoon:
• Al die 'classic'-speletjies EN
• Al die 'non-action'-speletjies met 'n gradering ('rating') hoër as 8
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
5.5 Verander die qry5_5-navraag, wat op die tblGames-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
(3)
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe.
5.6 Maak die qry5_6-navraag, wat op die tblGames-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig oop.
'n Onvoltooide poging is aangewend om 'n kode vir elke speletjie te skep.
Hernoem die berekende veld tot Code en maak seker dat 'n kombinasie van
funksies gebruik word om 'n kode soos volg te skep:
• Die eerste drie letters van die speletjie ('Game'), gevolg deur
• Die maand van die GameDate-veld
Stoor en maak die qry5_6-navraag toe. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
5.7 Skep 'n verslag met die naam rpt5_7 wat op die tblGames-tabel gebaseer is
om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Ignoreer die formaat en raam van die teksblokkie.
(6)
Stoor en maak die rpt5_7-verslag toe.
Stoor en maak die 5Games-databasis toe. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
• Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vrae te beantwoord NIE.
• 'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
• Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
gevind word.
Verander 'n webblad oor 'n eSports-toernooi wat deur The Rising Sun School aangebied
sal word.
6.1 Maak die onvoltooide 6_1Tournament-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks/HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word nie).
Voltooi die webblad om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
LET WEL:
• Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie
vraag beantwoord.
• Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
kommentaar uitvee NIE.
6.1.1 Verander die liggaamsmerker ('body tag') om die teks in lyn te stel
soos in die voorbeeld op die vorige bladsy. (1)
6.1.2 Redigeer die merker sodat die 6_1Logo-prent sal vertoon. Maak
seker dat die teks 'Logo' sal vertoon as die prent nie kan vertoon nie. (2)
6.1.3 Formateer die opskrif 'Welcome to the Tournament!' om as die
tweede grootste opskrif te vertoon. (1)
6.1.4 Formateer die teks onder die opskrif 'Tournament Details' om te
vertoon soos in die voorbeeld op die vorige bladsy. (1)
6.1.5 Verander die HTML-kode om 'n horisontale lyn bo 'Registration' met
'n dikte van 10% en 'n goue kleur te vertoon. (3)
6.1.6 Korrigeer die HTML-kode aan die einde van die dokument sodat die
hiperskakel na die webblad sal beweeg. (2)
Stoor en maak die 6_1Tournament-lêer toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
6.2 Maak die onvoltooide 6_2Entry-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks/
HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
Voltooi die webblad om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Die agtergrondkleur moet liggeel ('light yellow') wees.
(4)
Stoor en maak die 6_2Entry-lêer toe.
EEN punt sal vir sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide webblaaie toegeken word. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 7: ALGEMEEN
7.1 Maak die 7Report-dokument oop.
'n Algemene verslag is geskep om die groeipotensiaal van eSports in
Suid-Afrika te toon.
Redigeer die verslag soos volg:
7.1.1 Vind die opskrif 'Table of contents' en skep 'n inhoudsopgawe met
twee vlakke, onder hierdie opskrif, soos volg:
• Gebruik die 'Gaming'-styl vir vlak 1, en
• Die 'Heading 3'-styl vir vlak 2 (3)
7.1.2 Vind die VR-kode ('QR code') onder die teks 'Winners of the …' en
doen die volgende:
• Koppel die VR-kode aan die 7Results-webblad wat in jou
eksamenlêergids gevind word.
• Voeg 'n skermwenk ('screen tip') met die naam 'Viewing' by.
Stoor en maak die 7Report-dokument toe. (2)
7.2 Maak die 7Staff-sigblad oop.
Die personeellede mag slegs deel van die gasheerspan van die 2025 eSports-
toernooi wees as hulle nie 'n gasheer ('host') in die afgelope twee jaar was nie
en as hulle nie Spelmeesters ('Game Masters') is nie.
Voeg 'n AND-funksie in sel H5 in om te bepaal of Visagie, Werner in 2025 deel
van die gasheerspan kan wees.
Stoor en maak die 7Staff-sigblad toe. (4)
7.3 Maak die 7SA-databasis in datablad-aansig ('Datasheet View') oop.
Voer ('Export') die eerste 20 spelers uit die tblSA-tabel, met AL die formatering,
uit na 'n nuwe sigblad met die naam 7Export in jou eksamenlêergids.
Stoor en maak die 7SA-databasis toe. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 19 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
7.4 Maak die onvoltooide 7Results-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks/
HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
Voltooi die webblad om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Voeg 'n 3 pt-raam om die prent by.
(3)
Stoor en maak die7Results-lêer toe.
[15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item ingevoeg,
<body></body>
webblad en voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur van die afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> webblad geselekteer is
<img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks
align="left"/> "bottom", "top" wees
<head></head> Bevat inligting oor die webblad <img src="name"/> Voeg 'n prent in
Skep 'n HTML-dokument – begin <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook
<html></html>
en eindig 'n webblad src="name"/></p> "middle" wees
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die webblad
border="1"/> rondom 'n prent
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line break') <img src="name"
Stel die hoogte en breedte van 'n
width="200" height
<!-- --> Kommentaar prent
="200"/>
Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks wanneer
Merker ('Tag') Beskrywing <img src="name" die muis oor 'n prent gehou word of
alt="alternative text"/> wanneer die prent nie gevind kan
<h1></h1> Skep die grootste opskrif word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk
Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/>
persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags')
Stel fonttipe
Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel
src="name"/></a> Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
Skep 'n teikenarea in die vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>
dokument
Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a> <table width="50"> Skep die breedte van die tabel
elders in die dokument geskep is
<a href= Stel die breedte van die raam
Skakel na 'n e-posadres <table border="1">
"mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel
Stel die spasie tussen die selle van
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1">
die tabel
Stel die spasie tussen die selraam
Merker ('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1">
en die inhoud daarvan
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die sel(le)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left"> (verstek); kan ook ''right'' of wees)
''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center> Sentreer teks, 'n seksie, 'n tabel <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of
of 'n prent horisontaal "bottom" wees)
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
Stel die getal kolomme waaroor 'n
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2">
sel moet strek
"I","i","1"></ol> gebruik word
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4">
moet strek
"square","circle"> </ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat
0
nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word
#
verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
.,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
< Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links
!
na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
\
word (bv. \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
Eksamenplakker
150
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – MEI/JUNIE 2025
INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER _______________________________________________________
EKSAMENNOMMER _______________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ____________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Microsoft Microsoft
(Maak 'n kruisie in die Office 365
Office 2016 Office 2019 Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
Firefox Chrome Explorer Edge
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM __________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
Nasiener
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt
Lêernaam Voorletters/
nommer () () Punt Verdien
Kode
1 1eSports 27
2 2Stats 18
3 3Rank 16
4 4Shop 24
5 5Games 35
6_1Tournament
6 15
6_2Entry
7Report
7Staff
7 15
7Export
7Results
TOTAAL 150
Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.