Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
2015
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, 'n HTML-merkersblad en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







_hlayiso.com_--fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d/v1-f6162084d235af202af8/card.webp)



View all





CAT P1 June July 2015 Afr hlayiso.com
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 21
- File size
- 445.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
einde van die eksamensessie te verlaat NIE.
2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
wat jy skep of stoor.
3. Die toesighouer sal 'n disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig
word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
sentrumnommer en eksamennommer op die etiket skryf. Indien jy op die
netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word,
volg.
4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
6. Beantwoord AL die vrae.
7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy
moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaatantwoord-lêers/-lêergidse
inlewer NIE.
10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE 3-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer dit
aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy
gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
12. Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge
in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
in 'n sigblad kopieer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2015
SSE
13. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet
jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
14. Vir alle woordverwerkingsvrae moet die taal op 'English (South Africa)' gestel
word. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui.
15. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer hierdie vraestel beantwoord
word.
16. Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word
gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat
Microsoft Office gebruik.
17. Gewoonlik word een punt vir een aksie toegeken; dus sal 'n twee-punt-vraag
gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.
18. Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang,
bevat al die lêergidse en lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
• 1Brain_Brein Woordverwerkingslêer
• 1Hist_Gesk Woordverwerkingslêer
• 2Notes_Note Prentlêer
• 2Piece_Stuk Woordverwerkingslêer
• 3Music_Musiek Prentlêer
• 3Stats Sigbladlêer
• 4Sum_Ops Sigbladlêer
• 5Code_Kode Sigbladlêer
• 5Music_Musiek Databasislêer
• 6Facts_Feite HTML-lêer
• 6Therapy_Terapie Prentlêer
• 7Names_Name Databasislêer
• 7News_Nuus Woordverwerkingslêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2015
SSE
SCENARIO
Musiekterapie word reeds vir duisende jare gebruik as 'n manier om energie te
herstel, buie op te vrolik en selfs te help met die natuurlike helingsproses.
Die musiekklub in jou area het besluit om 'n veldtog te loods waartydens hulle
mense sal opvoed oor die uitwerking en die geskiedenis van musiek.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
'n Dokument wat die uitwerking van musiek op die brein toon, is geskep.
Maak die 1Brain_Brein-dokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') in.
1.1 Verander die linkerkantlyn na 2.3 cm. (1)
1.2 Voeg outomatiese bladsynommering ('automatic page numbering') in sodat die
bladsynommering in die bladsyonderskrif ('footer') van die gelyke bladsye links
inlyn gestel is en die bladsynommering in die bladsyonderskrif ('footer') van die
ongelyke bladsye regs inlyn gestel is. (3)
1.3 Vind die teks wat begin met 'Music is so …' en eindig met '… we so desired'.
1.3.1 Pas die 'MyQuotes'-styl op hierdie teks toe. (1)
1.3.2 Voeg 'n plekhouer ('placeholder') met die naam 'Quote' vir die
aanhaling ('citation') aan die einde van hierdie teks in. (2)
1.4 Pas 'n vergrotehoofletter-effek ('dropped cap effect') op die eerste letter van die
teks 'Music's' in die eerste paragraaf toe sodat dit oor vier reëls en in die
'Bell MT'-font vertoon. (3)
1.5 Verander al die teks wat met die 'Heading 3'-styl geformateer is na die
'Heading 5'-styl. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2015
SSE
1.6 Vind die prent onder die tweede paragraaf en verander die prent EN die
belyning van die paragraaf sodat dit soos volg vertoon:
Albert Einstein is recognised as one of the
smartest men who has ever lived. A little
known fact about Einstein is that when he was
young he performed poorly in school. His
grade school teachers told his parents to take
him out of school because he was "too stupid
to learn" and it would be a waste of resources
for the school to invest time and energy in his
education. The school suggested that his
parents get Albert an easy, manual labour job
as soon as they could. His mother did not think
that Albert was "stupid". Instead of following
the school's advice, Albert's parents bought
him a violin. Albert became skilled at playing
the violin.Music was the key that helped Albert
Einstein become one of the smartest men who
has ever lived. Einstein himself said that the
reason he was so smart is because he played the violin. He loved the music of Mozart and
Bach the most. (4)
LET WEL: Die woorde waarop die reëls in jou dokument eindig, mag dalk
effens van die voorbeeld hierbo verskil.
1.7 Vind die teks 'Mozart' onder die opskrif 'The Power of Music on Memory and
Learning' en voeg 'n kruisverwysing by 'Figure 1: Wolfgang Amadeus Mozart'.
LET WEL: Die figuur (Figure 1) se nommer moenie in die kruisverwysing
vertoon nie. (3)
1.8 Vind die prent met die byskrif: 'Figure 2: Johann Sebastian Bach'.
Voeg 'n outomatiese byskrif ('caption') by die prent onder hierdie een om
'George Frederic Handel' te lees.
LET WEL: Die figuur se nommer moenie vertoon nie. (2)
1.9 Vind die woord 'Napoleon' onder die opskrif 'Conclusions'.
Voeg 'n hiperskakel soos volg op hierdie woord by:
• Die hiperskakel moet aan die dokument 1Hist_Gesk in jou
eksamenlêergids gekoppel word.
• Vertoon die teks 'Read more' wanneer die muis oor die hiperskakel hang. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2015
SSE
1.10 Gebruik 'n verwysingseienskap om die volgende boek as 'n bron by te voeg:
Outeur: Scarantino, Anne
Titel: Joys of Music
Jaar: 1987
Stad: New York
Uitgewer: Dodd, Mead & Co. (3)
1.11 Vind die teks 'Laurence O'Donnell III' voor die opskrif 'Bibliography' op die
laaste bladsy.
Doen die volgende:
• Voeg 'n eindnota by hierdie teks.
• Gebruik enige simbool van jou keuse as 'n doelgemaakte merk ('custom
mark') om die eindnota te merk.
• Gebruik die teks wat as 'n opmerking ('comment') in die dokument verskyn
om as die eindnota-teks te vertoon.
• Verwyder die opmerking ('comment'). (4)
1.12 Voeg 'n outomatiese bibliografie onder die opskrif 'Bibliography' op die laaste
bladsy in. (1)
Stoor en maak die 1Brain_Brein-dokument toe. [31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2015
SSE
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Een van die lede van die musiekklub het 'n stuk geskryf oor hoe hy oor musiek voel.
Maak die dokument 2Piece_Stuk oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') in.
2.1 Pas WordArt/Fontwork op die opskrif 'Music' toe sodat dit soos volg vertoon:
LET WEL:
• Vul die WordArt/Fontwork met 'n rooi kleur.
• Voeg 'n swart buitelyn by.
• Verander die fontgrootte na 48 pt. (4)
2.2 Verander die inkeping van die eerste paragraaf om soos volg te vertoon:
(2)
2.3 Vind die teks op die tweede bladsy wat met 'Music has everything …' begin en
met '… a great mood' eindig.
Plaas hierdie teks soos volg in twee kolomme:
• Die eerste kolom moet 13 cm wyd wees.
• Die spasie tussen die kolomme moet 3 cm wees.
• 'n Raam moet om die kolomme verskyn soos hieronder aangedui.
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2015
SSE
2.4 Voeg reëlnommers by die dokument. Maak seker dat die reëlnommers op elke
bladsy weer by 1 begin.
LET WEL: Reëlnommers hoef nie op elke bladsy te vertoon nie. (2)
2.5 Vind die paragraaf op die laaste bladsy wat met 'Music will always …' begin en
met '... a person up.' eindig.
Pas die volgende paragraafopsies op hierdie paragraaf toe:
• Tref voorsorg dat geen sweef-/rugreëls ('widows/orphans') voorkom nie.
• Hou die reëls op een bladsy bymekaar. (2)
2.6 Die prent van die klavier se klawerbord op die laaste bladsy is in drie dele
verdeel. Twee van die dele is reeds na die korrekte posisie geskuif.
Die prent van die derde deel van die klawers is nog nie in die regte posisie nie.
Pas die derde deel aan en verskuif dit om seker te maak dat dit die klavier se
klawerbord voltooi en dat dit soos die klawerborde op die vorige bladsye van
die dokument vertoon.
WENK: Formateer die prent van die derde deel van die klawerbord sodat die
hele prent sigbaar is. (2)
2.7 Gebruik die prent 2Notes_Note in jou eksamenlêergids en voeg dit as 'n
watermerk in sodat dit slegs op bladsy 3 van die dokument vertoon. (3)
2.8 Verander die bladsykleur van die hele dokument na oranje. (1)
Stoor en maak die 2Piece_Stuk-dokument toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer dit
afwaarts gekopieer word. Alle formules en/of funksies wat ingevoeg word, moet op so
'n wyse ingevoeg word dat die korrekte resultate verkry sal word, selfs al verander die
data.
Data is versamel oor die musiek wat mense van die Internet aflaai.
Maak die 3Stats-sigblad oop. Werk in die Data-werkblad.
3.1 Voeg die prent 3Music_Musiek, wat in jou eksamenlêergids gevind word, in
sel A1:B2 in. (1)
3.2 Pas 'n vulkleur van jou keuse toe op die saamgevoegde selle wat die opskrif
'Internet Sales Internetverkope' bevat. (1)
3.3 Voeg die opmerking ('comment') 'Sales on 1 Jan 2015' in sel A3 by. (2)
3.4 Die huidige datum ('current date') word verkeerd vertoon in sel P2. Verander
die formaat van sel P2 om die huidige datum in die formaat dd/mmm/yyyy te
vertoon. (2)
3.5 Pas teksomvou ('text wrapping') op sel B3 toe. (1)
3.6 Elke produk moet 'n unieke kode hê sodat dit maklik geïdentifiseer kan word.
Voer 'n formule in sel A4 in om die kode vir die liedjie 'Endlessly' deur die
kunstenaar 'Duffy' te kompileer ('compile') deur die volgende te kombineer.
• Die tipe lêer in sel D4.
• Die laaste twee letters van die titel van die liedjie in sel F4.
Die kode moet in hoofletters vertoon word.
Die kode vir die produk in ry 5 sal MP3UM wees. (5)
3.7 Voeg 'n funksie in sel I4 by om die getal jare sedert die liedjie 'Endlessly'
vrygestel is, te bepaal.
Gebruik die jaar waarin die liedjie vrygestel is in kolom H en die datum in
sel P2 om jou antwoord te bepaal. Formateer die sel indien nodig. (3)
3.8 Die aanbevole verkoopprys (kolom K) word soos volg bereken:
• 25% wins moet bygevoeg word.
• 14% BTW word daarna by dié prys (kolom J) gevoeg.
Voeg 'n funksie by sel K4 om die aanbevole verkoopprys te bereken. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2015
SSE
3.9 Gebruik 'n toepaslike LOOKUP-funksie in sel M4 om die status van elke liedjie
op grond van die getal wat verkoop is, gevind in kolom L, en in die tabel in die
Status-werkblad, te vertoon.
Maak seker dat die funksie na die toepaslike selle in die kolom gekopieer kan
word. (5)
3.10 Die vervaardigers wil weet watter bistempo ('bit rate') (kolom N) as hoog
('high'), matig ('moderate') en laag ('low') geklassifiseer word.
Die bistempo ('bit rate') word soos volg geklassifiseer:
BISTEMPO ('BIT RATE') KLASSIFIKASIE
Meer as 300 High
Tussen 200 en 300 (inklusief) Moderate
Minder as 200 Low
Voeg 'n funksie in sel O4 by om die bistempo-klassifikasie van die liedjie te
bepaal.
Kopieer die funksie na die res van die selle in die kolom. (5)
3.11 'n Poging is aangewend om 'n aftreklys ('drop-down list') vir elke sel in kolom P
te skep sodat 'n gebruiker 'n opsie kan kies. Die lys vertoon egter slegs die
'Yes'-opsie.
Voltooi die lys deur die 'No'-opsie by die lys te voeg. (2)
Stoor en maak die 3Stats-sigblad toe. [32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer dit
afwaarts gekopieer word. Alle formules en/of funksies wat ingevoeg word, moet op so
'n wyse ingevoeg word dat die korrekte resultate verkry sal word, selfs al verander die
data.
Data wat versamel is oor musiek wat mense van die Internet aflaai, is opgesom.
Maak die 4Sum_Ops-sigblad oop. Werk in die Sum_Ops-werkblad.
4.1 Gebruik 'n funksie in sel E5 om die totale getal liedjies wat by Amazon
beskikbaar is, te bepaal. (1)
4.2 Bepaal in sel D2 hoeveel MP3-liedjies van 7Digital op die lys verskyn.
Maak seker dat die antwoord korrek sal bly selfs al verander die data.
LET WEL: Die liedjies van 7Digital verskyn in die Data-werkblad. (5)
4.3 'n Funksie is in sel B13 ingevoeg om die totale getal MP3's wat deur al die
maatskappye verkoop is, te bepaal.
Hierdie funksie bevat ongelukkig foute. Maak die foute in die funksie reg sodat
die korrekte antwoord sal vertoon.
Gebruik die lêertipe (kolom C) en die getal wat verkoop is (kolom G) in die
Data-werkblad in jou berekening.
Maak seker dat die antwoord korrek sal bly, selfs al verander die data. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2015
SSE
4.4 'n Lyngrafiek is in die Graph_Grafiek-werkblad geskep.
Verander die grafiek om soos die grafiek in die voorbeeld hieronder te lyk.
7Digital
R 12.00
R 11.00
R 10.00
R 9.00
R 8.00
R 7.00
R 6.00
R 5.00
R 4.00
R 3.00
R 2.00
R 1.00
R 0.00
Endlessly
Victim Of Love
Find The Torch, Burn The…
Late Night Tales:…
1039/Smoothed Out… Seventeen Seconds…
Girl's File
Luciano Pavarotti…
Macy Gray : Nissan Live…
A Wakening CD2
Opera
Up At The Lake (UK &…
In Rainbows
Pop Masters: It Started…
Ugly - Single
See the Day - EP
The Immaculate…
Singles
Welcome To Wherever…
Jane Mcdonald
By The Way
American Idiot (Regular…
Permission To Land
LET WEL:
• Verander die grafiektipe om by die voorbeeld hierbo te pas.
• Verander die titel na '7Digital'.
• Stel die intervalle op die vertikale as na 1.
• Stel die maksimumwaarde van die vertikale as na 12.
• Verander die formaat van die vertikale as na geldeenheid ('currency').
• Verander die inlynstelling van die horisontale as se etikette na 90°.
• Voeg 'n 'Moving average'-tendenslyn ('trend line') by soos vertoon in die
voorbeeld hierbo. (8)
Stoor en maak die 4Sum_Ops-sigblad toe. [17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2015
SSE
VRAAG 5: DATABASIS
'n Opname oor die musiek in mense se besit is opgesom.
Maak die databasis 5Music_Musiek oop.
5.1 Bring die volgende veranderinge op die TMusic_TMusiek-tabel aan:
5.1.1 Maak seker dat al die data sigbaar is. (1)
5.1.2 Skuif die Code_Kode-veld sodat dit eerste voorkom.
LET WEL: Daar is geen data in die Code_Kode-veld nie. (1)
5.1.3 Die data vir al die rekords vir die Code_Kode-veld verskyn in die
sigblad 5Code_Kode.
Kopieer al die data van die sigblad na die Code_Kode-veld toe. (2)
5.1.4 Dwing die gebruiker om 'n waarde in die Artist_Kunst-veld in te sleutel
elke keer wanneer hy of sy 'n nuwe rekord insleutel. (1)
5.1.5 Voeg 'n aftreklys ('drop-down list') by die Type_Tipe-veld om seker te
maak dat slegs een van die waardes 'MP3', 'CD' of 'DVD' ingevoer kan
word. (2)
5.1.6 Verander die kenmerke ('properties') van die Genre-veld om seker te
maak dat slegs die waardes 'Rock', 'Pop' of 'Dance' ingesleutel kan
word.
LET WEL: Moenie 'n aftreklys ('drop-down list') gebruik om dit te doen
nie. Maak seker dat 'n geskikte boodskap verskyn indien
die gebruiker 'n verkeerde of ongeldige waarde insleutel. (4)
5.1.7 Die Demand_Aanvraag-veld bevat 'n waarde om aan te dui of 'n
spesifieke liedjie in aanvraag is of nie.
Verander die datatipe van die Demand_Aanvraag-veld na 'n meer
geskikte veldtipe.
LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat moontlik
mag verskyn. (1)
5.1.8 Stel 'n toevoermasker ('input mask') op die Owner_Eienaar-veld sodat
die data in die volgende formaat ingesleutel moet word:
• 'n Hoofletter, gevolg deur
• Ten minste twee, maar moontlik drie syfers
Voorbeeld: B23 of B023 (5)
Stoor en maak die TMusic_TMusiek-tabel toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2015
SSE
5.2 Skep 'n vorm met die naam frm5_2 wat op die TMusic_TMusiek-tabel
gebaseer is.
5.2.1 Die vorm moet 'n kolom-uitleg ('columnar layout') hê en al die velde
van die TMusic_TMusiek-tabel insluit. (3)
5.2.2 Verander die agtergrondkleur van die etiket van die Artist_Kunst-veld. (1)
5.2.3 Voeg datum- en tyd-velde in die bladsyonderskrif van die vorm ('form
footer') by. (2)
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.
5.3 Skep 'n navraag met die naam qry5_3 wat op die TMusic_TMusiek-tabel
gebaseer is, soos volg:
• Slegs die liedjies wat in aanvraag is, moet ingesluit word.
• Slegs Owners_Eienaars wat met die letter 'H' begin, moet vertoon word.
Voorbeeld: H1038
• Die rekords moet in dalende volgorde volgens die Artist_Kunst-veld
gesorteer wees.
• Die Title_Titel-, Artist_Kunst-, Year_Jaar- en Owners_Eienaars-velde moet
vertoon word. (4)
Stoor en maak die navraag qry5_3 toe.
5.4 Maak die navraag qry5_4 oop. Die Cost_Koste-veld verwys na die koste van 'n
liedjie.
• Voeg 'n berekende veld met die naam IncCost in, wat die nuwe koste sal
bereken indien die vorige koste van 'n liedjie sou verdubbel.
• Vertoon hierdie veld in 'rand'-formaat. (4)
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2015
SSE
5.5 Skep 'n verslag ('report') met die naam rpt5_5 wat op die TMusic_TMusiek-
tabel gebaseer is.
5.5.1 Kies en vertoon die velde Title_Titel, Artist_Kunst, Type_Tipe, Genre
en Cost_Koste.
Maak seker dat die verslag:
• Die inligting volgens die Genre-veld groepeer
• Die inligting volgens die Type_Tipe-veld, in dalende volgorde,
sorteer (3)
5.5.2 Verander die titel in die boskrif van die verslag ('report header') soos
volg:
• Die titel moet 'Songs by Genre' wees.
• Die titel moet gesentreer wees. (2)
5.5.3 Voeg 'n funksie by om die totale koste vir al die liedjies in elke genre te
bereken en te vertoon. Dit is nie nodig om die etiket te verander nie. (3)
5.5.4 Gebruik voorwaardelike formatering om die koste wat meer as R100 is,
in 'n oranje fontkleur te vertoon. (2)
Stoor en maak die rpt5_5-verslag toe. [41]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2015
SSE
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
Jy moet 'n webblad, wat geskep is om inligting oor musiek te vertoon, finaliseer.
Maak die webblad 6Facts_Feite in 'n webblaaier ('web browser') oop, asook in 'n
teksredigeerder.
LET WEL:
• Vraagnommers word as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg as
riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
• 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
6.1 Verander die merkers ('tags') sodat die teks 'Facts_Feite' in die webblaaier-
oortjie ('browser tab') vertoon. (1)
6.2 Voeg 'n addisionele sel met die teks 'Background' langs die sel 'Videos' in die
tabel boaan die webblad in, soos aangedui. Die sel moet presies soos die
ander selle vertoon. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/2015
SSE
6.3 Verander die font van die opskrif 'Archive for the 'Interesting Music facts'
Category' na 'Forte' en 'n fontgrootte van 6. (2)
6.4 Voeg merkers in om die teks 'Why do we like certain types of music?' in die
'Heading 3'-styl te vertoon soos aangedui op die vorige bladsy. (1)
6.5 Stel die tweede paragraaf inlyn in die middel van die bladsy. (1)
6.6 Formateer die teks wat met 'studies showed the …' begin en met '… higher
verbal ability' eindig met sirkelvormige kolpunte ('bullets') soos volg:
o Studies showed the connection between music lessons and an improved
memory
o Children engaged in music showed higher verbal ability (3)
6.7 Voeg 'n prent soos volg onderaan die bladsy by:
6.7.1 Voeg die prent 6Therapy_Terapie.jpg onderaan die webblad in. (2)
6.7.2 Verander die breedte van die prent na 300 en die hoogte na 200. (2)
6.7.3 Vertoon die teks 'Therapy' as die prent nie kan vertoon nie. (1)
6.8 Voeg die teks 'To read more!' onderaan die bladsy in en koppel dit aan die
'Google.com'-webtuiste. (3)
Stoor en maak die 6Facts_Feite-webblad toe. [19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/2015
SSE
VRAAG 7: ALGEMEEN
'n Nuusbrief moet aan lede gestuur word.
Maak die dokument 7News_Nuus oop.
7.1 Verander die eerste kolpunt ('bullet') om soos hieronder te vertoon:
Q Increased coordination
A: Students who practise with musical instruments can improve their hand-eye
coordination. Just like when playing sports, children can develop motor skills when
playing music.
Q Music builds imagination and intellectual curiosity
A: Introducing music in the early childhood years can help foster a positive attitude
toward learning and curiosity. Artistic education develops the whole brain and
develops a child's imagination.
LET WEL: Verander die inkeping om by die ander te pas. (2)
7.2 Redigeer ('Edit') die tabel onderaan die dokument sodat dit soos volg sal
vertoon:
EVENTS
Blodgett Fromm
Blodgett Chamber Music Series: The Fromm Players at Harvard with
Chiara Quartet the Manhattan Sinfonietta
Friday, February 20 and
October 31, March 13, April 17 Reich, Saturday, February 21
Bartok, Korngold, Berg, Works by Hitomi Kaneko,
Schoenberg, Haydn, Mozart, Galina Ustvolskaja, David
Hillary Zipper, Beethoven Gompper, Arther Kampela,
Marcos Baler, Luciano
Berio, Lei Liang, Ivan
Fedele, Philippe Leroux,
Donald Martino
ALL EVENTS ARE FREE AND OPEN TO THE PUBLIC, AND TAKE PLACE AT
8:00 PM IN JOHN KNOWLES PAINE HALL UNLESS OTHERWISE NOTED
Doen die volgende:
• Voeg die eerste ry saam en sentreer die teks in hierdie sel horisontaal en
vertikaal.
• Verwyder die derde (oop) ry.
• Verander die buiterame ('outside borders') na 'n dubbellyn en die
binnerame na 'n stippellyn.
• Verander die font van die teks in die laaste ry na kleinbokas ('small caps'). (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 19 DBE/2015
SSE
7.3 Vind die antwoordstrokie ('REPLY SLIP') aan die einde van die nuusbrief op
bladsy 2.
• Verander die grootte van die 'Yes'-merkblokkievormveld ('check box form
field') na 10 pt.
• Voeg 'n teksblokkievormveld ('text box form field') in langs die teks 'Give us
your feedback'. (2)
7.4 Voeg 'n bladsyonderskrif ('footer') soos volg by die dokument:
• Sleutel die teks 'Editor' in en stel dit links inlyn.
• Voeg 'n veld in wat regs inlyn gestel is wat die laaste datum waarop die
dokument gestoor of verander is, vertoon.
• Plaas 'n horisontale lyn bokant die teks in die onderskrif. (5)
Stoor die dokument.
7.5 Werk verder in die 7News_Nuus-dokument.
Gebruik die Clients_Kliënte-tabel in die databasis 7Names_Name en berei 'n
possamevoeging (mail merge') soos volg voor:
• Sorteer die kliënte in dalende volgorde volgens hul vanne.
• Vervang die teks 'Name_Naam' en 'Surname_Van' boaan die dokument
met die velde Name_Naam en Surname_Van.
• Stoor die dokument.
• Voltooi die samevoeging ('merge').
• Stoor die saamgevoegde dokument as 7Letters_Briewe. (5)
Stoor en maak al die dokumente toe. [20]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2015
SSE
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basic Tags Formatting Tags continued
Tag Description Tag Description
<body></body> Defines the body of the web Inserted before each list
page item, and adds a number
<li></li>
<body Sets the background colour of or symbol depending upon
bgcolor="pink"> the web page the type of list selected
<body text="black"> Sets the colour of the body text <img src="name"> Adds an image
<head></head> Contains information about the Aligns an image: can also
document <img src="name"
align="left"> be "right", "center";
Creates an HTML document – "bottom", "top", "middle"
<html></html>
starts and ends a web page <img src="name" Sets size of border around
border="1"> an image
<title></title> Defines a title for the document
<img src="name"
width="200" height Sets the height and width
<!-- --> Comment of an image
Text Tags ="200">
Tag Description Displays alternative text
<img src="name"
when the mouse hovers
<hl></hl> Creates the largest heading alt="alternative
text"> over the image or when
<h6></h6> Creates the smallest heading the image is not found
<hr/> Inserts a horizontal line
<b></b> Creates bold text <hr size="3"/> Sets size (height) of line
Sets width of line, in
<i></i> Creates italic text <hr width="80%"/> percentage or absolute
value
<font <hr
size="3"></font> Sets size of font, from "1" to "7" color="ff0000"/> Sets the colour of the line
<font Table Tags
color="green"></ Sets font colour
font> Tag Description
<font face="Times <table></table> Creates a table
New Roman"></font> Sets font type
<tr></tr> Creates a row in a table
Links Tags <td></td> Creates a cell in a table
Tag Description Creates a table header (a
<th></th>
<a href="URL"></a> Creates a hyperlink cell with bold, centred text)
<a href="URL"><img
src="URL"></a> Creates an image link <table width="50"> Sets the width of the table
Sets the width of the
<a name="NAME"></a> Creates a target location <table border="1"> border around the table
cells
Links to a target location <table Sets the space between
<a
created somewhere else in the cellspacing="1"> the table cells
href="#NAME"></a>
document <table Sets the space between a
Formatting Tags cellpadding="1"> cell border and its contents
Tag Description Sets the alignment for
<tr align="left"> cell(s) (can also be
<p></p> Creates a new paragraph "center" or "right")
Aligns a paragraph to the "left" Sets the vertical alignment
<p align="left"> (default), can also be "right", or <tr valign="top"> for cell(s) (can also be
"center" "middle" or "bottom")
<br/> Inserts a line break Sets the number of
<td colspan="2"> columns a cell should
<ol></ol> Creates a numbered list
span
<ol type="A","a", Defines the type of numbering <td rowspan="4"> Sets the number of rows a
"I","i","1"></ol> used cell should span
<ul></ul> Creates a bulleted list
<ul type="disc",
"square","circle">< Defines the type of bullets
/ul> used
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2015
SSE
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2015
INLIGTINGBLAD (moet NA die 3-uur-sessie deur die kandidaat voltooi word) 180
SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
EKSAMENNOMMER _________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
LibreOffice 4.2 Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die of hoër 2007 2010 2013
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER
GEBRUIK
Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer Ander
(Maak 'n kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam (-name) vir elke antwoord inskryf. Maak 'n regmerkie indien
dit gestoor en gedoen is.
Gestoor Nasiener
Vraag- Gedoen Maksimum Punt
Lêernaam Voorletter/
nommer () () Punt Behaal
-kode
1 31
2 20
3 32
4 17
5 41
6 19
7 20
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
CAT P2 GR12 QP September 2025 ENG

Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
CAT P2 GR12 QP SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 MG Afr
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
CAT P2 June July 2015 Eng hlayiso.com

Question paper
CATN P1 GR12 SEPT2015 QP Afr hlayiso.com
_hlayiso.com_--fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d/v1-f6162084d235af202af8/card.webp)
Question paper
CAT P1 Nov 2015 Afr (2) hlayiso.com

Question paper
Computer Applications Technology P1 May June 2023 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Computer Application Technology P1 May June 2016 Eng hlayiso.com

Memorandum
CAT P2 June July 2015 Memo Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Computer Applications Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG

Memorandum
CAT P2 GR12 MEMO September 2025 AFR

Memorandum
Computer Applications Technology P1 May June 2025 MG Eng

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English hlayiso.com

Question paper
Computer Applications Technology P2 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper