Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2015 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2015, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 284.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag (VRAAG 1, 2, 3, ensovoorts) op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Gewoonlik word 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE feite
vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A
VRAAG 1: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.
KOLOM A KOLOM B
1.1 'n Webtuiste wat gebruikers toelaat A metadata
om 'n aanlyndagboek te hou
B absolute selverwysing
1.2 'n Toestel wat op 'n skootrekenaar
ingebou word wat as 'n sleutelbord C valideringsteks
en muis gebruik kan word
D lêeruitbreiding
1.3 Die oordrag van data vanaf 'n
databasis na 'n sigblad sonder om E voorwaardelike formatering
dit oor te tik of te kopieer en plak
F skimkaping ('pharming')
1.4 'n Bedryfstelsel wat gewoonlik op
'n tablet gebruik word G spraakherkenning
1.5 Die foutboodskap wat vertoon H formatering
word indien 'n gebruiker ongeldige
data in 'n databasisveld inlees I bandwydte
1.6 Sagteware wat toelaat dat 'n J potgooi ('podcast')
rekenaar gesproke woorde na teks
verander K blog
1.7 'n Manier om seker te maak dat L Firefox
selverwysings nie verander
wanneer 'n formule gekopieer word M uitvissing ('phishing')
nie
N uitvoer ('exporting')
1.8 'n Term wat gebruik word om enige
soort hoëspoed-Internetkonneksie O OKH ('OCR')
te beskryf
P raakskerm
1.9 'n Tegniek wat gebruik word om 'n
gebruiker na 'n valse webtuiste te Q breëband
neem, selfs al is die regte adres in
die deurblaaier ingesleutel R valideringsreël
1.10 Ekstra inligting oor 'n dokument, S Android
soos die naam van die outeur
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/2015
SSE
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.
2.1 Watter EEN van die volgende verwys na 'n nuwe program wat op 'n rekenaar
bygevoeg word?
A Hibernering
B Installering
C Toepassing
D Fragmentering (1)
2.2 Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings wys dat dit 'n prentlêer is?
A .bmp
B .exe
C .pdf
D .rar (1)
2.3 Watter EEN van die volgende is 'n program wat lyk asof dit nuttig kan wees,
maar wat in werklikheid kwaadwillige sagteware ('malware') soos 'n virus
bevat?
A Koekie
B Spam
C Trojaan
D Gekskeerdery ('hoax') (1)
2.4 Watter EEN van die volgende beskerm die wettige eienaarskap van
elektroniese materiaal?
A Lêergrootte
B Eienskappe
C 'URL'
D Kopiereg (1)
2.5 Watter EEN van die volgende is 'n stel riglyne vir gepaste optrede, soos om
nie net hoofletters in 'n elektroniese boodskap te gebruik nie?
A ELO ('EULA')
B AGB ('AUP')
C Netiket
D Wet (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/2015
SSE
2.6 Watter EEN van die volgende tipes grafieke is die geskikste om tendense oor
'n tydperk voor te stel?
A Lyngrafiek
B Kolomgrafiek
C Staafgrafiek
D Sirkelgrafiek (1)
2.7 Watter EEN van die volgende is 'n sigbladfunksie wat gebruik word om selle
wat aan spesifieke kriteria voldoen, uit te lig ('highlight')?
A IF
B Teksomvouing
C Voorwaardelike formatering
D VLOOKUP (1)
2.8 Watter EEN van die volgende is die mees gepaste datatipe om selfoon-
nommers in 'n databasistabel te stoor?
A 'Text'
B 'Number'
C 'Yes/No'
D 'Hyperlink' (1)
2.9 Watter EEN van die volgende verskyn onderaan die bladsy en gee meer
inligting/meer besonderhede oor teks wat op daardie bladsy verskyn?
A Bladsynommering
B Style
C Bladsyboskrifte en bladsyonderskrifte
D Voetnote (1)
2.10 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n webblaaier?
A Yahoo!
B WhatsApp
C Access
D Chrome (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) neer. Indien die stelling ONWAAR is,
verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. Skryf slegs die
toepaslike woord(e) langs die vraagnommer neer.
VOORBEELD:
VRAAG ANTWOORD
Die digitale skeiding word Waar
gekenmerk deur die ongelyke
toegang tot IKT deur verskillende
groepe mense.
Rekenaarprogram-instruksies Onwaar – SVE
word deur die RSS uitgevoer.
3.1 Ikone, nutsbalke en knoppies is almal tipiese komponente van 'n GGK ('GUI'). (1)
3.2 'n Poort is sagteware wat toegang tussen 'n rekenaar en die Internet monitor
en beheer. (1)
3.3 'n Aftaster is 'n afvoer-toestel. (1)
3.4 Die inhoud van ETG ('RAM') sal gedurende 'n kragonderbreking verlore raak. (1)
3.5 Die kortpad Ctrl+S word gewoonlik gebruik om teks wat jy gekopieer of
geknip het, te plak. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/2015
SSE
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n kabellose ('wireless')
sleutelbord in plaas van 'n sleutelbord met 'n kabel ('wired'). (2)
4.2 Noem TWEE toestelle wat vir 'n videokonferensie benodig word, behalwe die
eintlike rekenaar of rekenaartoestel wat gebruik word. (2)
4.3 'n Multifunksiedrukker bespaar ruimte in 'n kantoor.
4.3.1 Noem TWEE funksies, behalwe drukwerk, wat hierdie toestel kan
verrig. (2)
4.3.2 Noem EEN moontlike nadeel van 'n multifunksiedrukker. (1)
4.4 Verduidelik waarom 'n rekenaar-kraggebruiker, soos 'n argitek, 'n rekenaar
met hoër spesifikasies sou benodig. (2)
4.5 Gee TWEE maniere waarop rekenaars tot voordeel van die omgewing
gebruik kan word. (2)
4.6 Gee TWEE hardewarespesifikasies wat in ag geneem moet word wanneer 'n
drukker aangekoop word. (2)
4.7 Verduidelik wat die term konvergensie beteken deur na 'n gepaste voorbeeld
te verwys. (2)
4.8 'n Sleutelbord het opgehou om te reageer.
Noem TWEE moontlike maniere waarop hierdie probleem opgelos kan word
sonder om die sleutelbord te vervang. (2)
4.9 Die beskikbare spasie op 'n flitsskyf ('flash drive') is minder as die grootte van
die dokument wat jy daarheen moet kopieer.
Stel 'n oplossing voor om die dokument na die flitsskyf te kopieer sonder om
die inhoud van die dokument te verander of enige lêers vanaf die flitsskyf te
verwyder. (1)
4.10 Wanneer 'n rekenaar aangekoop word, moet verskeie behoeftes teen
rekenaarspesifikasies opgeweeg word.
4.10.1 Watter TWEE komponente het in die algemeen 'n groot uitwerking
op die werkverrigting van 'n rekenaar? (2)
4.10.2 Watter naam word gebruik vir die vinnige elektroniese toestel wat
'n hardeskyf kan vervang? (1)
4.11 Gee TWEE gebruike van teks-na-spraak-sagteware. (2)
4.12 Gee TWEE redes waarom dit beter sou wees om take soos defragmentering
of virussoektogte te doen wanneer jy niks anders op die rekenaar doen nie. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/2015
SSE
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Watter komponent in 'n rekenaar laat jou toe om aan 'n netwerk te koppel? (1)
5.2 Gee TWEE voorbeelde van waar die regering dienste oor die Internet lewer. (2)
5.3 Gee TWEE redes waarom 'n skool nie Twitter moet gebruik om leerders se
eksamenuitslae aan ouers te stuur nie. (2)
5.4 Waarom is dit belangrik om verskillende gebruikersrekeninge op 'n netwerk te
hê? (1)
5.5 Gee TWEE voordele van die gebruik van SoIP ('VoIP') in plaas van 'n
normale telefoonoproep. (2)
5.6 Wat is die grootste verskil tussen 'n LAN en 'n WAN? (1)
5.7 Stel TWEE maniere voor om 'n webtuiste gebruikersvriendelik te maak. (2)
5.8 Noem TWEE maniere waarop jy lêers tussen 'n slimfoon en 'n rekenaar kan
oordra. (2)
5.9 Hoe kan jy 'n lêer elektronies na 'n ander persoon stuur indien dit te groot is
om as 'n aanhangsel in 'n e-pos te stuur? (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/2015
SSE
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Woordverwerkers is waardevolle hulpmiddels om verslae te skep.
6.1.1 Wat is die algemene term wat gebruik word om die proses te
beskryf waar 'n grafiek by 'n dokument gevoeg word ('added')
sodat dit (outomaties) opdateer wanneer die oorspronklike data
verander of opgedateer word?
LET WEL: MOENIE 'n beskrywing van die proses gee NIE. (1)
6.1.2 Gee TWEE voordele van die gebruik van vormvelde in 'n
elektroniese vraelys. (2)
6.1.3 Noem die eienskap in 'n woordverwerker wat gebruik word om 'n
hiperskakel met 'n plek in dieselfde dokument te koppel. (1)
6.2 Noem TWEE moontlike bronne van inligting buiten die Internet. (2)
6.3 Beskryf TWEE maniere waarop jy die objektiwiteit van 'n bron sou bepaal. (2)
6.4 Gee EEN voordeel daarvan om gebruikers te vra om 'n vraelys elektronies te
voltooi in plaas daarvan om gedrukte vraelyste uit te deel. (1)
6.5 Wat word met die term plagiaat bedoel? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/2015
SSE
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Noem TWEE moontlike fisiese gesondheidsprobleme wat deur die gereelde
gebruik van IKT's veroorsaak word. (2)
7.2 Bestudeer die skermskoot hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
7.2.1 Watter TWEE elemente in hierdie e-pos kon moontlik die rede wees
waarom die diensverskaffer die e-pos as spam geïdentifiseer het? (2)
7.2.2 Hoekom kan hierdie e-pos ook as uitvissing ('phishing') gesien word? (1)
7.2.3 Stel DRIE maniere voor hoe jy e-posse van hierdie aard behoort te
hanteer. (3)
7.3 Noem TWEE voordele van telependel ('telecommuting'). (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Wat is die doel van die tesourus-funksie ('Thesaurus') van 'n
woordverwerker? (1)
8.2 Gee TWEE voordele van die gebruik van die veranderingspoor-eienskap
('Track Changes feature') van 'n woordverwerker. (2)
8.3 Gee TWEE voordele van die gebruik van style wanneer 'n
woordverwerkingsdokument geformateer word. (2)
8.4 Watter funksie van 'n sigblad sou jy gebruik om 'n funksie na selle ondertoe te
kopieer sonder om dit te kopieer en plak? (1)
8.5 Gee EEN rede vir die gebruik van die spesiale plak-opsie ('Paste Special') in
'n sigblad in plaas van die normale plak-opsie ('Paste')? (1)
8.6 Wat is die doel van 'n kommentaar ('comment') in 'n HTML-lêer. (1)
8.7 Gee TWEE moontlike redes waarom hiperskakels nie in 'n gestoorde
HTML-bladsy werk nie. (2)
8.8 Verduidelik wat 'n primêre sleutel in 'n databasistabel is. (2)
8.9 Verduidelik wat 'n hulpprogram ('wizard') is deur na EEN geskikte voorbeeld
in 'n databasis te verwys. (2)
8.10 Hoekom sou dit nie gepas wees om 'n verstekwaarde ('default value') in 'n
veld wat 'n persoon se van in 'n databasistabel stoor, te gebruik nie? (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/2015
SSE
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
Die hoof van jou skool gaan 'n onderhoud voer met mnr. Dell, met die doel om hom as
'n IT-ondersteuningstegnikus aan te stel. Die skoolhoof het gevra dat die RTT-klas
hom help om 'n lys vrae op te stel om gedurende die onderhoud te gebruik.
9.1 Mnr. Dell sal rekenaars by die skool moet kan installeer.
Noem DRIE ergonomiese (gesondheids- en veiligheids-) kwessies om te
oorweeg wanneer 'n klaskamer voorberei word, voordat rekenaars gekies en
geïnstalleer word. (3)
9.2 Bestudeer die spesifikasies van 'n rekenaar hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
Intel Core i3 1.9 GHz
4 GG ('GB') ETG ('RAM')
500 GG('GB')-hardeskyf
DVD-skrywer
21.5" LED-raakskerm
2 GG ('GB') toegewyde grafikakaart
802.11 b/g/n
1 x 'VGA'-poort
1 x 'HDMI'-poort
9.2.1 Die 'VGA'-poort en die 'HDMI'-poort kan albei gebruik word om
monitors aan die rekenaar te koppel.
Gee EEN voordeel daarvan om die 'HDMI'-poort eerder as die
'VGA'-poort te gebruik. (1)
9.2.2 Hoeveel permanente stoorspasie is op die rekenaar beskikbaar? (1)
9.2.3 Verduidelik hoe die gebruik van 'n toegewyde grafikakaart die
werkverrigting van 'n rekenaar kan verbeter. (1)
9.2.4 Hoeveel primêre geheue het die rekenaar? (1)
9.2.5 Watter EEN van die toestelle in die spesifikasies kan as beide 'n
toevoer- en afvoerapparaat beskryf word? (1)
9.2.6 Watter spesifikasie dui aan dat die rekenaar aan 'n kabellose
netwerk sal kan koppel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/2015
SSE
9.3 Mnr. Dell sal gereeld die sagteware op die rekenaars moet opdateer of
vervang.
9.3.1 Gee TWEE redes waarom dit 'n goeie idee is om sagteware
gereeld op te dateer. (2)
9.3.2 Wat is 'n regstelling ('patch')? (1)
9.3.3 Mnr. Dell wil graag deelware ('shareware') op die rekenaars
installeer.
Verduidelik wat deelware is en wat die voordeel van die gebruik
daarvan sal wees. (2)
9.3.4 Die skoolhoof wil graag 'n program installeer wat dokumente na
PDF-lêers verander.
Waarom sal die skool omsendbriewe na PDF-formaat verander
voordat dit per e-pos aan ouers gestuur word? (1)
9.4 Mnr. Dell sal 'n blog moet skep om belangrike gebeurtenisse en sportuitslae
aan ouers oor te dra.
Gee TWEE maniere hoe hy die moontlikheid dat die blog gereeld gelees sal
word, kan verhoog. (2)
9.5 Noem EEN manier om te voorkom dat advertensies verskyn wanneer die
Internet gebruik word. (1)
9.6 Verduidelik wat met die term skyffragmentasie bedoel word. (1)
9.7 Leerders moet drukstukke maak.
Verduidelik wat die spesifikasies hieronder met verwysing na drukkers sal
beteken. MOENIE slegs dit waarvoor die afkortings staan, neerskryf nie.
9.7.1 ppm (1)
9.7.2 dpi (1)
9.8 Die skool wil intreevlakrekenaars installeer.
Wat is 'n intreevlakrekenaar? (1)
9.9 Mnr. Dell wil graag biometriese sekuriteit gebruik om op die bediener aan te
teken.
Gee TWEE voordele van die gebruik van biometriese sekuriteit. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/2015
SSE
9.10 Die rekenaars in die skool is almal aan 'n enkele netwerk gekoppel.
9.10.1 Gee TWEE voordele van rekenaars wat in 'n netwerk gekoppel is. (2)
9.10.2 Mnr. Dell het die keuse om 'n kabellose netwerk te installeer.
Gee TWEE moontlike nadele van 'n kabellose netwerk in
vergelyking met 'n netwerk met kabels. (2)
9.11 Mnr. Dell sal daarvoor verantwoordelik wees om 'n lys wenke oor rugsteuning
vir die skool te skep.
9.11.1 Gee TWEE nuttige wenke om in gedagte te hou wanneer data
gerugsteun word. (2)
9.11.2 Mnr. Dell wil graag data in die wolk stoor.
Gee TWEE voordele van wolkberging ('cloud storage'). (2)
9.12 Verduidelik die moontlike oorsaak van elk van die volgende probleme:
9.12.1 'n Kabellose muis beweeg nie die pyltjie op die skerm nie, selfs al
het die rekenaar nie gevries nie. Mnr. Dell is seker dat die muis nie
stukkend is nie. (1)
9.12.2 'n Bladsy wat na die drukker gestuur is, het nie gedruk nie, al is die
drukker ingeprop, reg gekoppel en die krag aangeskakel. (1)
9.13 Die skoolhoof wil vir mnr. Dell 'n paar vrae oor die gebruik van die Internet
vra.
9.13.1 Verduidelik die verskil tussen 'n webblaaier en 'n soekenjin. (2)
9.13.2 Gee TWEE voordele van die gebruik van e-bankdienste uit 'n kliënt
se oogpunt. (2)
9.13.3 Mnr. Dell wil sagteware installeer wat sal voorkom dat kwaadwillige
programme ('malware') die rekenaars besmet.
Gee EEN geskikte voorbeeld van 'n program wat vir hierdie doel
gebruik kan word. (2)
9.13.4 Verduidelik wat 'n sleutelvaslegger ('keylogger') is en waarom dit
gevaarlik is. (2)
9.14 Mnr. Dell sal vir die implementering van die skool se AGB (aanvaarbare
gebruiksbeleid) ('AUP') verantwoordelik wees.
Noem TWEE items wat in 'n skool se AGB kan verskyn. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/2015
SSE
9.15 Die personeel kan dalk mnr. Dell se hulp benodig.
Een van die onderwysers het die volgende sigblad geskep om punte aan te
teken:
9.15.1 Watter eienskap van die sigbladtoepassing het sy gebruik om die
woorde in dieselfde sel onder mekaar in ry 1 te plaas? (1)
9.15.2 Die formule hieronder is in sel E3 gebruik en toe afwaarts na die
res van die kolom gekopieer. Die formule het reg gewerk in sel E3,
maar vertoon verkeerde punte vir die res van die kolom.
=D3/$D$2*E2
Herskryf die funksie sodat die kwartaalpunt korrek bereken sal
word indien dit weer afwaarts na die res van die kolom gekopieer
sou word. (1)
9.15.3 Watter funksie moet gebruik word om die getal punte in kolom E
wat hoër as 75 is, te vind? (1)
9.15.4 Watter funksie moet gebruik word om die totaal van al die punte bo
75 te bepaal? (1)
9.15.5 Gee TWEE redes waarom 'n sigblad die beste program is vir 'n
onderwyser om punte te stoor en te verwerk. (2)
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou *
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2015 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2015 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2015 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper