You're offline
Skip to content
Question paper

CATN P1 GR12 SEPT2015 QP Afr hlayiso.com

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201519 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 180 TYD: 3 uur *CATDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende aanhangsels.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE. 2. Tik jou naam en van in die bladsyboskrif (‘header’) van elke dokument wat jy skep of stoor. 3. Die toesighouer sal ʼn disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou naam op die etiket skryf. Indien jy op ʼn netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg. 4. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn ander kopie vra. 5. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 6. Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 7. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou gegee is inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word. 8. Let daarop dat GEEN drukwerk vereis word nie. 9. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik nie. 10. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 11. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word, tensy anders aangedui. Absolute- selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word. 12. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar, tensy anders aangedui. 13. Alle meeteenhede moet op sentimeters gestel word. 14. Hierdie vraestel bestaan uit sewe vrae. Beantwoord AL die vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3 LET WEL: Die datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang bevat die lêergids en al die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en AL die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin: ‘n Lêergids genaamd EXAM DATA met lêers en ʼn sub-lêergids genaamd:  Q7MyFile Lêergids  1Chart.jpg Prentlêer  Images6.jpg Prentlêer  Q1Newsletter_Nuusbrief Woordverwerkingslêer  Q2SubjectChoice_Vakkeuse Woordverwerkingslêer  Q3Staff_Personeel Sigbladlêer  Q4Marks_Punte Sigbladlêer  Q5Tablet database_databasis Databasislêer  Q6_Logo.jpg Prentlêer  Q6_Techno.html HTML-lêer  Q7Answersheet_Antwoordblad Woordverwerkingslêer  Q7SubjetChoice_Vakkeuse Woordverwerkingslêer  Tablets-v-textbooks.jpg Prentlêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) SCENARIO In 1922 Thomas Edison reportedly said: I believe that the motion picture is destined to revolutionise [transform] our education system and that in a few years it will supplant the use of textbooks … The education of the future, as I see it, will be conducted through the medium of the motion picture where it should be possible to obtain 100 percent efficiency. Tablets will not transform education: “What a bold statement,”, “particularly in view of the current proliferation of tablets and other mobile devices.” Die meeste Suid-Afrikaanse skole is huidig besig om ondersoek in te stel na die gebruik van tablette in plaas van handboeke in skole. Jy word deur jou skoolhoof versoek om te help met die opstel van briewe en vraelyste aan ouers. VRAAG 1 ʼn Nuusbrief moet aan ouers gestuur word om hulle in te lig omtrent die skool se ondersoek in hierdie verband. Maak gebruik van jou kundigheid in die toepassing van ʼn woordverwerkingsprogram funksies om ʼn professionele dokument te skep. Maak die dokument Q1Newsletter_Nuusbrief oop. 1.1 Stel die kantlyne bo en onder op 1.5 cm. (1) 1.2 Vind die paragraaf wat begin met: ‘During the AGM and ...’ onder die paragraaf-opskrif ‘The cost saving’. Pas die volgende formatering toe: 1.2.1 Verander die skryfstyl (‘font’) van die paragraafopskrif, “The cost saving” na Garamond 13 pt. (2) 1.2.2 Verander die reëlspasiëring van die teks onder die opskrif ‘The cost saving’ na presies (‘exactly’) 14 pt. (2) 1.2.3 Vind die lys van voorafgelaaide hulpbronne onder die opskrif ‘Resource Library’. Voeg kolpunte (‘bullets’) by tot die lys. Skep die kolpunt deur gebruik te maak van die prent tablets-vs- textbooks.jpg wat in jou eksamenlêergids gevind kan word. (2) 1.3 Vervang al die voorkomste van die woord ‘TRAIN YOUR BRAIN’ met ‘TYB’. Al die vervangings moet in ʼn heldergroen fontkleur vertoon. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.4 Die teks ‘MIB Technology’ (geskakeer in geel) to ‘… low, fixed cost’, moet in kolomme soos volg geplaas word:  Formateer die geskakeerde teks in drie kolomme met ‘n lyn tussen elke kolom. (2)  Die spasie tussen die kolomme moet presies 1 cm wees. (1)  Die teks van al drie kolomme moet volledig gejusteer (‘justify’) wees. (1) 1.5 Maak soos volg gebruik van style (‘styles’) in die dokument. 1.5.1 Skep ʼn nuwe paragraaf-styl genaamd Lets go digital wat gebaseer is op die Heading 1 styl. Verander die nuwe styl soos volg: (2)  Die teks moet ‘n geskadeerde raam ‘(shadowed border‘) rondom hê. (1)  Stel die paragraaf spasiëring 2.5 pt na die opskrif. (1) 1.5.2 Pas die Lets go digital-styl toe op die opskrif, ‘How it all works’. (1) 1.6 Voeg ‘n outomatiese inhoudsopgawe (‘automatic table of contents’) op ʼn nuwe bladsy aan die begin van die dokument in. Voeg die opskrif ‘TABLE OF CONTENTS’ by en formateer die inhoudsopgawe soos volg:  Die inhoudsopgawe moet die styl Lets go digital as die eerste vlak vertoon, Heading 1 as die tweede vlak en Heading 2 as die derde vlak soos dit hieronder vertoon word:  Gebruik die ‘Distinctive’-formatering.  Gidsstippies (‘Tab leaders’) moet vertoon word. (5) 1.7 Voeg die prent 1Chart (in jou lêergids), as ʼn watermerk in die dokument in. Stel die skaal van die watermerk op 150%. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 1.8 Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in:  Plaas die bladsynommers in die bladsyonderskrif (‘footer’).  Maak seker dat gelyke nommers regs inlyn in die bladsyonderskrif vertoon en dat ongelyke nommers links inlyn in die bladsyonderskrif vertoon.  Begin die bladsynommering op die eerste bladsy van die dokument. Begin nommer vanaf 10 en verder. (5) 1.9 Vind die teks ‘31 March 2001’ aan die begin van die dokument. Maak seker dat die volle datum (31 March 2001) in een reël bymekaar bly en nie geskei kan word na ʼn volgende reël nie. (2) 1.10  Sprei (‘expand’) die karakterspasiëring van die teks ‘Striving excellence’ op die eerste bladsy met 3 pt uit. (1)  Plaas die teks regsinlyn. (1)  Formateer die teks sodat dit in hoofletters vertoon. (1) Stoor Q1Newsletter_Verslag en maak die dokument toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 2 Maak die Q2SubjectChoice_Vakkeuse-woordverwerkingsdokument oop. Voeg jou Naam en Van in die bladsyboskrif (‘header’) van die dokument in. Die skool het ʼn vorm ontwerp wat sal help om die leerders se vakkeuse-inligting in te voer. Kyk na die voorbeeld hieronder en volg die instruksies om die vorm gereed te maak vir gebruik. 2.1 Verwyder die hiperskakel (‘hyperlink’) van die teks ‘SUBJECT GROUPS’. (1) 2.2 Voeg die Wingdings-simbool  (Microsoft Office: karakterkode 225) tussen die teks ‘Subject Choices’ en ‘Vakkeuse’ in. (1) 2.3 Maak gebruik van paragraaframe om ʼn lyn, soos aangedui, bo en onder die opskrif bo-aan die vorm te plaas. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 2.4 Vind die aftrek-vormveld (‘drop-down form field’) onder die ‘Group 2’-teks en voeg die volgende opsies in: Accounting Geography Business Studies (1) 2.5 Voeg ʼn merkblokkie (‘check box’)-vormveld langs die opsie ‘Mathematics/Mathematical Literacy’ in. Die merkblokkie moet op 8 cm langs die opsie ingevoeg word. Maak gebruik van ‘n tabelstop om die merkblokkie op 8cm te plaas. (2) 2.6 Verander die eienskap (‘properties’) van die vormveld om die van te verander sodat ʼn maksimum van 10 karakters ingevul kan word. (1) 2.7 Voeg ʼn tabel langs die toepaslike veld sodat die leerder se selnommer ingevul kan word:  Die tabel moet bestaan uit 10 kolomme.  Die kolomwydte moet gestel word op ‘autofit to contents’.  Die ryhoogte moet gestel word op presies (‘exactly’) 0.8 cm. (3) 2.8 Stel en pas ‘n 5 cm-stippelgidslyn-tabelstop toe onder die teks ‘Signature’ waar die leerder se handtekening kan verskyn. (2) 2.9 Beperk (‘restrict’) veranderinge aan die dokument deur die wagwoord ‘Help’, maar die vorm moet steeds ingevul kan word. (2) Stoor Q2SubjectChoice_Vakkeuse en maak die dokument toe. [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 3 ʼn Plaaslike skool het die persoonlike inligting van hulle opvoeders in ‘n sigblad gestoor. Maak die Q3Staff_Personeel-sigblad oop en werk in die Educators-werkblad. 3.1 Smelt (‘merge’) die selle A1:P1 saam en sentreer die teks horisontaal in die saamgesmelte sel. (1) 3.2 Verander die vulkleur van die bogenoemde selle na enige groen kleur. (1) 3.3 Verander die teksrigting van die opskrifte in selle A3-P3 na ʼn 90-grade hoek. (1) 3.4 Formateer die datum in sel F12 sodat dit die volgende formaat vertoon: bv. 20-Jan-80. (1) 3.5 ʼn Kode is aan elke personeellid toegeken, bv. 101Y*JOH. Voeg ʼn funksie/formule in kolom D (begin by sel D4) in om ‘n personeelkode vir elke personeellid te bepaal. Die personeelkode word soos volg saamgestel:  Die nommer in kolom A  Die laaste letter van die naam in kolom B gevolg deur ʼn asterisk (*)  Die eerste drie letters van die van in kolom C  Die kode moet in hoofletters vertoon (6) 3.6 Kolomme H-J bevat tipes toestelle wat opvoeders daagliks gebruik. 3.6.1 Voeg ʼn funksie in sel H22 in om te bepaal hoeveel opvoeders skootrekenaars (‘laptops’) gebruik. (2) 3.6.2 Voeg ʼn funksie in sel H23 in om te bepaal hoeveel opvoeders skootrekenaars en slimfone (‘smartphones’) gebruik. (1) 3.7 Opvoeders kry soms erkenning vir die aantal jare wat hulle onderwys gee. Voeg ʼn formule in sel K4 in om die aantal jare te bereken wat die opvoeder onderwys gee deur gebruik te maak van die begindatum in sel G4 en vandag se datum. Formateer die aantal jare sodat geen desimale plekke vertoon word nie. (5) 3.8 Die opvoeders ontvang sertifikate by die Onderwysdepartement vir hul jare diens. Opvoeders met meer as 30 jaar diens, ontvang “Goue”- sertifikaat, meer as 20 jaar diens, ontvang ʼn “Silwer”-sertifikaat en dié met minder as 20 jaar diens ontvang geen sertifikaat nie. Maak gebruik van ʼn “IF”-funksie in sel L4 om te vertoon watter tipe sertifikaat hierdie die opvoeder moet ontvang. Kopieer die funksie na die res van die opvoeders. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 3.9 Maak in sel C22 gebruik van ‘n funksie om die totale aantal karakters van die van wat in sel C16 is, te bereken. (2) 3.10 Gebruik ʼn funksie in sel M22 om te bepaal hoeveel opvoeders doen nie sport as ʼn buitemuurse aktiwiteit (‘extra mural activity‘) nie. (Maak seker die antwoord vertoon geen desimale plekke.) (2) 3.11 Die skool ontvang kontantdonasies en hulle reël fondsinsamelings vir die opvoedersfonds wat gebruik word om opvoeders vir buitemuurse aktiwiteite gedurende die jaar te betaal. Opvoeders wat aan die vereistes voldoen, ontvang R120 per uur wat hulle aan die aktiwiteite afstaan. Voeg ʼn formule in sel O9 in om te bereken hoeveel Mev. Samson sal ontvang vir die tyd wat sy aan krieketafrigting spandeer. (Jou antwoord moet in rand vertoon word.) (3) 3.12 Voeg ʼn funksie in sel O22 in om die bedrag wat aan slegs die vroulike (‘female’) personeel verskuldig is vir die kwartaal se buitemuurse aktiwiteite, te bepaal. (4) Werk in die Sheet 1-werkblad. 3.13 ʼn Voorsiener van die skool se handboeke, AYOBA BOOKS, het ʼn sigblad geskep om vinnig vir ouers ʼn faktuur te kan genereer.  Die raamwerk van die faktuur is gestoor in Sheet 1. Herbenaam hierdie werkblad na Invoice. (1) 3.14 Die ISBN nommers, die boeke se titels en pryse is in die Costs_Lookup- werkblad gestoor.  Voeg ʼn VLOOKUP-funksie in sel C20 op die Invoice-werkblad in sodat die korrekte titel van die boek verskyn. Kopieer die funksie na die res van die selle. (6) 3.15 Voeg die huidige datum as ʼn funksie in sel D15 in. Die datum moet outomaties opdateer. (1) Stoor Q3Staff_Personeel-sigblad en maak die dokument toe. [42] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 4 Die graad 12-klasonderwyser wil graag ʼn grafiek skep om die topleerder se punte te vertoon. Maak die sigblad Q4Marks_Punte en werk in die Report-werkblad. 100 90 80 70 60 50 82 85 76 77 40 69 70 30 20 10 Lamani Asanda Gebruik die onderstaande inligting om ʼn kolomgrafiek in die werkblad te skep. (1) Let op die volgende:  Gebruik die geel verhelderde (‘highlighted’) data/punte van Lamani Asanda om die grafiek te skep. (Moenie die totaal vertoon nie.) (1)  Die data-waardes (‘labels’) moet in die middel (‘centre’) van elke datareeks (‘series’) vertoon. (1)  Vertoon die randskrif (‘legend’) onder die grafiek en herbenaam dit as Lamani Asandi. (2)  Verander die minimumwaarde van die vertikale as (‘axis’) na 10 en die maksimum waarde na 100. (2)  As die grafiek voltooi is, skuif dit na die Graphs-werkblad. (1) Stoor Q4Marks_Punte-sigblad en maak die dokument toe. [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 5 Die data wat gedurende die ondersoek ingewin is, is in ‘n databasis ingevoer. Help die onderwyser om die data, waar nodig, te redigeer sodat dit bruikbare inligting kan voorsien. Maak die databasis Q5Tablet database databasis oop. 5.1 Maak die Q5Tabs-tabel oop. 5.1.1 Skuif die Name of tab-veld sodat dit as die eerste veld in die tabel vertoon en stel die primêre sleutel op die veld. (2) 5.1.2 Ken ʼn geskikte datatipe (‘data type’) toe aan die DatePurchased- veld. (1) 5.1.3 Voeg ʼn veld genaamd Operating system in. (1)  Plaas die veld direk onder die Screen size-veld. (1)  Ken ʼn datatipe toe wat die gebruiker in staat sal stel om ‘n prent in te voeg. (1) 5.1.4 Verander die veldeienskappe (‘Field Properties’) van die Review- veld soos volg:  Die veldgrootte na ‘Double’.  Die desimale plekke op EEN desimale plek. (2) 5.1.5 Gebruik ʼn aftuimel-lys (‘drop-down list’) in die Available colours- veld sodat die volgende kleure verskyn: Black, White, Grey en Red. Beperk die veld sodat slegs die kleure in die aftuimel-lys aanvaar sal word. (2) 5.1.6 Skep ʼn toevoermasker (‘input mask’) vir die ID Code-veld om slegs SES karakters in die volgende formaat te aanvaar: TWEE hoofletters gevolg deur ʼn onderstreep (‘underscore’) (_), gevolg deur DRIE syfers, bv. CT_202 (2) 5.1.7 Verskillende handelsmerke van tablette kan in die veld Name of tab gevind word. Die tablet genaamd ‘google’, is verkeerd gespel. Vind hierdie rekord en korrigeer die spelling. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13 5.2 Navorsing oor tablette se spesifikasies en werkverrigting is deur die RTT onderwyser gedoen. Maak die Q5Favourite_Gunsteling-tabel oop. Die meeste tablette gebruik ʼn Androidbedryfstelsel (‘operating system’) van weergawe 2 tot 4.2. Skep ʼn navraag met die naam Q5Androids om al die tablette wat enige weergawe van die Android bedryfstelsel gebruik, te vertoon. (2) 5.3 Maak die Device Info-navraag oop.  Verander die navraag sodat die al die toestelle waarvan die huidige waarde (‘Current Value’) meer as R10 000 is, vertoon. (1)  Vertoon slegs die volgende velde: ‘Name of Tab’, ‘Storage’, ‘Screen Size’ en ‘Current Value’. (1)  Sorteer die navraag volgens die Screen Size-veld in dalende orde. (1) Stoor die navraag as Q5Modified maak toe. (1) 5.4 Maak die Q5Tabs Query-navraag oop. ʼn Deposito van 20 persent word verlang vir elke aankope wat gemaak word. Voeg ʼn berekende veld in wat die 20 persent- deposito van elke aankoop sal bereken en vertoon. Noem die berekende veld ‘Deposit’. (4) 5.5 Maak die Q5Signals_Seine-vorm (‘form’), wat gebaseer is op die Favourite_Gunsteling-tabel, oop. Verander die vorm soos volg: 5.5.1 Verwyder die Operating system-veld aangesien dit nie langer benodig word nie. (1) 5.5.2 Voeg die datum as ʼn veld (‘field’) in die vorm-onderskrif (‘form footer’) in. (2) 5.5.3 Die ‘Connectivity_Konneksie’-veld verskyn nie tans in die vorm nie. Voeg ʼn aftuimel-lys (‘List Box’) vir die ‘Connectivity_Konneksie’-veld in wat die volgende keuses insluit: Wi-Fi, 3G en LTE. Voeg ‘n geskikte etiket (‘label’) vir die aftuimel-lys by. (4) Die formaat van die etiket moet dieselfde lyk as die ander etikette op die vorm. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 5.6 Maak die Favourite_Gunsteling-verslag oop en verander dit soos volg: 5.6.1 Verander die papiergrootte (‘paper size’) van die verslag na ‘letter’. (1) 5.6.2 Voeg bladsynommers in die Verslag-onderskrif (‘Report Footer‘) in. (3) 5.6.3 Voeg die datum langs die opskrif in die Verslag-boskrif (‘Report Header’) in. Maak seker die formaat is ‘page N of M’ en is geposinieer aan die regterkant van die verslag. (1) 5.6.4 Voeg ʼn toepaslike funksie met ʼn toepaslike byskrif in om die totale aantal tablette aan te toon. (3) 5.6.5 Verander die fontkleur van die opskrif in die Verslag-boskrif (‘Report Header’) na blou. (1) Stoor en maak die Q5 tablet-databasis toe. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15 VRAAG 6 Jy moet die persoon wat die onderstaande webblad geskep het help om dit te voltooi. Jou opdrag is om die uitleg van die webblad te redigeer sodat dit leesbaar sal wees. Maak die Q6_Techno.html-lêer oop en voer die instruksies hieronder aangedui uit. Gebruik die applikasieprogram Notepad om die webblad te redigeer. Jy mag die ‘HTML Tag Sheet’ wat vir hierdie vraag voorsien word, gebruik. 6.1 Voeg die titel, “Tablets on wheels”, van die webblad in. (1) 6.2 Korrigeer die prentmerker (‘image tag’) sodat die prent korrek vertoon. Maak seker dat die prent aan die regterkant vertoon. Verander die hoogte en wydte van die prent na 100. (4) 6.3 Verander die paragraafmerker (‘paragraph tag’) in “Contact Details” sodat dit ʼn vlak 1 opskrif word. (1) 6.4 Formateer die opskrif “Address” sodat dit in vetdruk (‘bold’) vertoon. (1) 6.5 Gebruik ʼn toepaslike merker om die skryfstyl (‘font’) van die opskrif “Directions” na Algerian te formateer. Verander die fontkleur na rooi. (3) 6.6 Plaas die name onder die woorde “Names of tablets” in ‘n kolpuntlys (‘unordered list’) met vierkantige kolpunte. (4) 6.7 ‘n Tabel is geskep maar dit vertoon nie korrek nie. Gebruik toepaslike merkers om al die “shipment information” korrek in die tabel te plaas. Die tabel moet soos volg vertoon: (3) Redigeer die tabel soos volg: 6.7.1 Verander die dikte van die raam na 5. (1) 6.7.2 Die spasie tussen die selrame en die teks moet op 8 gestel word. (1) 6.8 Gebruik die prent “Tablets-v-textbooks.jpg” om ʼn hiperskakel (‘hyperlink’) na die woord “e-Books” onder die tabel in te voeg. (3) Stoor en maak die Q6_Techno.html-dokument toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 7 Jou onderwyser het ʼn lêergids genaamd Q7MyFile geskep en het hulp nodig om die lêers en sublêergidse in dié lêergids te organiseer. Voeg jou Naam en Van in die kopskrif (‘header’) van die Q7Answersheet_Antwoordblad in. 7.1 Skep ʼn sub-lêergids genaamd “Music” in die Q7MyFile-lêergids. (1) 7.2 Skuif (‘move’) al die MP3-lêers na die Music-sub-lêergids. (1) 7.3 Vind die kleinste lêer in die Q7MyFile-lêergids. Skryf jou antwoord in die Q7Answersheet_Antwoordblad. (1) 7.4 Beskerm (‘protect’) die lêer Selfie sodat die lêer nie oopgemaak kan word sonder die wagwoord #Self12 nie. (2) 7.5 Skakel (‘convert’) die Tablets for sale-lêer om na ʼn pdf-lêer en verwyder die oorspronklike lêer. (2) 7.6 Maak die sigblad-lêer (‘spreadsheet file’) Staff_Personeel oop. Kopieer (‘copy’) die grafiek na die Q7Answersheet_Antwoordblad en maak seker dat dit kan opdateer (‘update’) indien enige veranderinge aan die grafiek gemaak word. (2) 7.7 Pers (‘compress’) die lêer Ultimate 7 saam en herbenoem dit as Q7Compress. (2) 7.8 Sorteer die lêers en lêergidse in die Q7MyFile-lêergids volgens grootte (van groot na klein). Maak ʼn skermkopie van die gesorteerde lêers en plak (‘paste’) dit in die spasie wat daarvoor gelaat is in die Q7Answersheet_Antwoordblad. (2) 7.9 Verander die lêer-eienskappe (‘properties’) van die lêer Q7Answersheet_Antwoordblad deur jou naam as die skrywer (‘author’) in te voeg. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 17 7.10 Die Q7SubjectChoice_Vakkeuse-brief moet aan Sannie du Plessis in graad 9 se ouers gepos word aangesien hulle nie die inligtingsaand kon bywoon nie. Skep (‘create’) ʼn koevert in die Q7SubjectChoice_Vakkeuse dokument en gebruik die inligting soos vertoon in die voorbeeld hieronder: Afleweringsadres: Mr & Mrs du Plessis 101 Ninon Court Sunnyside 0002 Terugsendingsadres: The Principal Hellen High School P.O. Box 909 Pretoria 0001 Stoor die veranderinge en maak die lêer toe. (4) [18] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 18 Basic Tags Formatting Tag Description Tag Description Defines the body of the <p></p> Creates a new paragraph <body></body> webpage <body bgcolor="pink"> Sets the background color of Aligns a paragraph to the left (default), <p align="left"> the web page can also be right, or center <body text="black"> Sets the colour of the body <br/> Inserts a line break text Contains information about <ol></ol> Creates a numbered list <head></head> the document Creates an HTML document <ol type="A","a", Defines the type of numbering used <html></html> - starts and end a web page "I","I","1"></ol> <title></title> Defines a title for the <ul></ul> Creates a bulleted list document <!-- --> Comment <ul type="disc", Defines the type of bullets used "square","circle"></ul> Text Tags <li></li> Tag Description <imgsrc="name"> Adds an image Creates the largest heading <img src="name" Aligns an image: can be left, right, <hl></hl> align="left"> center; bottom, top, middle Creates the smallest heading <img src="name" Sets size of border around an image <h6></h6> border="1"> <b></b> Creates bold text <img src="name" width="200" height Sets the height and width of an image ="200"> <i></i> Creates italic text <img src="name" Displays alternative text when the alt="alternative text"> mouse hovers over the image <font Sets size of font, from 1 to 7 <hr/> Inserts a horizontal line size="3"></font> <font <hr size="3"/> Sets size (height) of line Sets font color color="green"></font> <font face="Times New Sets width of line, in percentage or Sets font type <hr width="80%"/> Roman"></font> absolute value Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 19 Links Tables Tag Description Tag Description <a <table></table> Creates a table Creates a hyperlink href="URL"></a> <a <tr></tr> Creates a row in a table href="URL"><img Creates an image link src="URL"></a> <a <td></td> Creates acell in a table Creates a target location name="NAME"></a> Links to a target location Creates a table header (a cell with <a created somewhere else in <th></th> common bold, centered text) href="#NAME"></a> the document Sets the width of the border around the <table border="1"> table cells <table cellspacing="1"> Sets the space between the table cells <table cellpadding="1"> Sets the space between a cell’s border and its contents <table width="50"> Sets width of table Sets alignment for cell(s) (left, can <tr align="left"> also be center, or right) Sets vertical alignment for cell(s) (top, <tr valign="top"> can also be middle, or bottom) Sets number of columns a cell should <td colspan="2"> span Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all
CATN P1 GR12 SEPT2015 QP Afr hlayiso.com | Hlayiso