Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201514 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *CATDM2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. MOENIE in die regterkantlyn skryf nie. 6. Laat ʼn reël tussen elke subvraag oop. 7. Oor die algemeen word een punt per feit toegeken. ʼn Vraag wat 2 punte tel vereis dus TWEE feite, ensovoorts. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: PAS-ITEMS Kies ʼn term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 T. KOLOM A KOLOM B 1.1 ʼn Proses waardeur geografiese identifikasie metadata A Regstelling (‘Patches’) soos lengte- en breedtegraadkoördinate aan verskeie media geheg word 1.2 Die gebruik van rekenaarbronne op ʼn eko-vriendelike en B Koekie (‘Cookie’) effektiewe manier om die negatiewe impak op die omgewing tot die minimum te beperk 1.3 Sagteware wat jou in staat stel om dele van wat op die C Geo-etikketering skerm verskyn, vas te lê of te kopieer (‘Geo-tagging’) 1.4 ʼn Konsep waar werkers hulle eie mobiele toestelle, soos D Toeps (‘Apps’) slimfone, skootrekenaars en PDAs na die werkplek bring vir gebruik en konneksie 1.5 Sagteware wat ontwerp is vir gebruik in slimfone, E Oopbronprogramme tabletrekenaars en ander mobiele toestelle 1.6 ʼn Onwettige praktyk waardeur gebruikers na ʼn vreemde F Snipping tool of vals webtuiste geneem word wanneer hulle ʼn korrekte webadres in hul webblaaier intik 1.7 ʼn Opdatering om foute in ʼn program te herstel G Groenrekenisering (‘Green Computing’) 1.8 ʼn Tekslêer met inligting wat die gebruiker se voorkeure H F1 en keuses aangaande ʼn spesifieke webtuiste bevat 1.9 Sagteware wat gratis gebruik en versprei mag word. en I Skimkaping waarvan die bronkode verander kan word indien nodig (‘Pharming’) 1.10 ʼn Sleutel op die toetsbord wat gebruik word om hulp in J GIS toepassingsprogramme te verkry K BYOD L Strikroof (‘Phishing’) M Shareware (‘Deel- programmatuur’) N F3 O GPS P Ergonomika Q Paint R Inpropprogram (‘Plug-in’) S .txt (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D. 2.1 Watter EEN van die volgende tipes lêers sal heelwaarskynlik hiperskakels bevat? A .bmp B .exe C .html D .avi (1) 2.2 Watter EEN van die volgende kaarttipes is die geskikste om die verandering in die temperature in die loop van ʼn maand in Johannesburg aan te dui? A ʼn Sirkelgrafiek B ʼn Lyngrafiek C ʼn Verspreidingsgrafiek D ʼn Borrelgrafiek (1) 2.3 Die volgende waardes word in ʼn sigblad aan die selle A1–A3: toegeken: A1 = 3, A2 = 6 en A3 = 9. Die volgende formule word in sel A4 ingetik: =SUM(A1:A3)/B1. Wat sal in sel A4 verskyn? A #NUM! B 0 C #DIV/0! D 18 (1) 2.4 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn voorbeeld van aanlynstoor NIE? A Google Drive B OLX C Sky Drive D Dropbox (1) 2.5 Die proses waardeur toegang tot lêers bespoedig word deur die herrangskikking van dele van lêers op die harde skyf van ʼn rekenaar word ... genoem. A disc cleanup B defragmentasie C tussentydse databuffering (‘spooling’) D kompressie (1) 2.6 Watter EEN van die volgende koordlose kommunikasie-tegnologieë het die kortste reikafstand? A Wi-Fi B LTE C 3G D Bluetooth (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 2.7 Watter EEN van die volgende verwys na sagteware wat ontwerp is om foute reg te maak en nuwe eienskappe by programme te voeg? A Opdateer B Drywer C Virus-definisies D Wizards (1) 2.8 Watter EEN van die volgende verwys na ʼn tipe webtuiste wat gebruikers toelaat om saam te werk om inligting op die webtuiste te skep, by te voeg, te skrap of te verander? A Webinar B Wiki C RSS-voer D Podgooi (‘podcast’) (1) 2.9 Watter EEN van die volgende poorte is die beste keuse om video’s vanaf ʼn video- kamera na ʼn rekenaar af te laai? A PS2 B USB C Parallel D Firewire (1) 2.10 Watter EEN van die volgende word NIE direk met sigblaaie geassosieer NIE? A Input Mask B Sel C Werkblad D Absolute seladressering (1) [10 ] VRAAG 3: WAAR/VALS-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Kies die antwoord en skryf ‘waar’ of ‘vals’ langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit VALS is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie bloot die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie.) 3.1 ʼn PDA is ʼn kleiner weergawe van ʼn tablet wat ook die eienskappe van ʼn slimfoon soos stemoproepe en SMS’e insluit. (1) 3.2 Bandwydte voorsien permanente, vinnige Internetkonneksie en is ideaal vir die vinnige aflaai van sagteware, foto’s, video’s en musiek. (1) 3.3 RSS is ʼn webvoer wat opgedateerde inhoud outomaties aan gebruikers voorsien. (1) 3.4 Ruitnetwerkrekenarisering (‘Grid computing’) verwys na die samevoeging van hulpbronne soos programme en datastoring wat aangebied word as ʼn diens op die Internet. (1) 3.5 ʼn Warmkol (‘Hotspot’) is ʼn koordlose netwerktegnologie wat gebruik word om rekenaars in ʼn koordlose netwerk of aan die Internet te verbind. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Die skoolbeheerliggaam van ʼn skool het besluit om rekenaars vir die rekenaarlaboratorium by die koshuis aan te koop. 4.1.1 Jy stel voor dat hulle LED-monitors koop. Motiveer jou antwoord. (2) 4.1.2 Sommige stel voor dat daar ook ʼn grafikakaart gekoop word. Wat is die funksie van ʼn grafikakaart? (1) 4.2 Die skoolbeheerliggaam moet besluit of hulle gewone of koordlose sleutelborde en muise moet aankoop. Noem TWEE nadele van koordlose toestelle. (2) 4.3 Die Beheerliggaam besluit om gebruik te maak van biometriese toevoer om toegang tot die rekenaarlaboratorium te beheer. 4.3.1 Wat is biometriese toevoer? (1) 4.3.2 Noem TWEE metodes van biometriese toevoer wat hulle kan oorweeg. (2) 4.3.3 Bespreek TWEE nadele verbonde van die gebruik van biometriese toevoer vir toegangsbeheer. (2) 4.4 Stoorkapasiteit is ʼn sleutelfaktor wanneer ʼn rekenaar aangekoop word. 4.4.1 Noem TWEE maniere (behalwe wolkberging) waarop jy spasie op jou harde skyf kan spaar. (2) 4.4.2 Wat is wolkberging? (1) 4.4.3 Noem TWEE nadele van aanlynstoor. (2) 4.5 Die Beheerliggaam is geïnteresseerd in maniere waarop fisies gestremde leerders ook toegang tot rekenaars in die laboratorium kan hê. 4.5.1 Verduidelik hoe stemherkenningsagteware gebruik kan word om fisies gestremde leerders te help. (1) 4.5.2 Noem enige EEN toestel wat aangekoop kan word om gesiggestremde (blinde) leerders in die koshuis te help. (1) 4.6 Ten einde ʼn rekenaar te laat funksioneer, is ʼn bedryfstelsel asook toepassingsagteware noodsaaklik. 4.6.1 Noem TWEE funksies van ʼn bedryfstelsel. (2) 4.6.2 Webgebaseerde sagteware kan direk vanaf ʼn bedienerrekenaar op die Internet uitgevoer word. Noem TWEE voordele van webgebaseerde sagteware. (2) 4.6.3 Noem TWEE sagteware probleme wat die spoed van ʼn rekenaar kan verminder. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 4.7 Rekenaars maak soms van virtuele geheue gebruik. Verduidelik kortliks wat virtuele geheue is en wat die uitwerking daarvan op die werking van die rekenaar kan wees. (2) [25] VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die koppeling van rekenaars in ʼn netwerk. (2) 5.2 ʼn Lêerbediener is een van die basiese komponente van ʼn netwerk. Verduidelik die funksie van ʼn lêerbediener in ʼn netwerk. (1) 5.3 ʼn Rekenaarwinkel het die volgende pakket vir die skool vir ʼn Internetkoppeling via ADSL aangebied.  4 Mbps/512 kbps onbeperkte (‘uncapped’) ADSL  5 ure gratis Wi-Fi per maand by meer as 500 warmkolle (‘hotspots’)  5 GB Wolkberging (‘Cloud storage’) rekening 5.3.1 Verduidelik waarna die term onbeperk (‘uncapped) in die spesifikasie verwys. (1) 5.3.2 Waarom is videokonferensies ʼn baie duur metode van kommunikasie indien jy nie onbeperk (‘uncapped) Internetkonneksie het nie? (1) 5.4 Onderskei tussen ʼn “shaped” en ʼn “unshaped” Internetkonneksie. (2) 5.5 Indien rekenaars aan die Internet gekoppel is, verhoog dit die kanse van sekuriteitsprobleme, bv. opwipprogram (‘pop-ups’). 5.5.1 Wat is ʼn opwipprogram (pop-up)? (1) 5.5.2 Waarom is dit raadsaam om opwipprogramme (‘pop-ups’) te blok? (1) 5.6 Alle groot banke bied aanlynbankdienste aan. 5.6.1 Noem TWEE voordele van Internetbankdienste vergeleke met konvensionele bankdienste. (2) 5.6.2 Noem EEN manier waarop banke hulle kliënte kan beskerm wanneer hulle van aanlynbankdienste gebruik maak. (1) 5.7 Kasberging (‘Caching’) is een van die eienskappe wat help om die Web meer effektief te gebruik. 5.7.1 Verduidelik kortliks wat kasberging (caching) is. (1) 5.7.2 Noem TWEE van die belangrikste redes waarom web-kasberging (web cache) gebruik word. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR 6.1 Die versameling van data is ʼn belangrike deel van inligtingsbestuur. 6.1.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van aanlynmeningsopnames om inligting te versamel. (2) 6.1.2 Noem die mees gepaste toepassingsagteware om data, wat van ʼn meningsopname verkry is, te prosesseer. Motiveer jou antwoord. (2) 6.2 Nie alle inligting wat versamel word, is noodwendig betroubaar nie. Noem TWEE redes waarom ʼn wiki nie as ʼn betroubare en gesaghebbende bron van inligting beskou kan word nie. (2) 6.3 Waarna verwys die © simbool? (1) 6.4 Noem EEN gewilde styl waarvolgens jou bibliografie geformateer kan word. (1) 6.5 Een van die leerders het ʼn webtuiste besoek om inligting vir ʼn taak te verkry. Gee TWEE wenke oor hoe om na te gaan of inligting wat vanaf die Internet verkry is, feitelik korrek en betroubaar is. (2) [10] VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Uitvissingsbedrog (Phishing) is nie net tot e-pos of die Internet beperk nie. Dit word ook as boodskappe na selfone gestuur. 7.1.1 Verduidelik wat ʼn uitvissingsbedrog-poging is. (1) 7.1.2 Noem TWEE maniere waarop jy ʼn uitvissingsbedrog-poging kan identifiseer. (2) 7.2 Oor die algemeen, is die kopiëring van sagteware onwettig. Noem EEN geval waar jy egter toegelaat word om sagteware te kopieer. (1) 7.3 Definieer die volgende Internetaanvalle: 7.3.1 Sniffer attack (1) 7.3.2 DoS attack (1) 7.4 Verduidelik hoe die volgende tipes rekenaarbedrog gepleeg word: 7.4.1 Bandwydte diefstal (1) 7.4.2 Identiteitsdiefstal (1) 7.5 Alhoewel tegnologie baie voordelig vir die samelewing kan wees, kan dit ook in baie opsigte ʼn negatiewe uitwerking op die samelewing hê. Noem TWEE maniere (behalwe kriminele aktiwiteite) waarop tegnologie ʼn negatiewe effek op die samelewing kan hê. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 VRAAG 8: PROBLEEMOPLOSSING 8.1 Herskryf die volgende HTML-kode segment sodat dit korrek is: <h1>Computer Applications Technology<h> (1) 8.2 Herskryf die korrekte HTML-kode hieronder sodat die probleem wat sal ontstaan indien dit in ʼn webbediener uitgevoer word, opgelos word. <body bgcolor=”black”> (1) 8.3 Bestudeer die volgende uittreksel uit ʼn sigblad en beantwoord dan die vrae wat volg. 8.3.1 Noem EEN manier waarop slegs die name van leerders in graad 12A vertoon kan word sonder om elke naam afsonderlik te kopieer. (1) 8.3.2 Die onderwyser wil graag dieselfde data wat in die sigbladprogram verskyn ook in ʼn databasisprogram gebruik. Watter eienskap (‘feature’) van ʼn kantoorpakket kan hy gebruik om dit te doen? (1) 8.3.3 Waarom is die SUMIF-funksie nie geskik om te bereken hoeveel leerders in die 12B klas is nie? (1) 8.3.4 Watter sigbladeienskap (‘feature’) kan gebruik word om al die waardes in kolom D, wat groter as 15 is, in ʼn betrokke kleur te vertoon? (1) 8.4 Een van die leerders kan nie ʼn lêer wat hy as ʼn aanhangsel via ʼn e-pos ontvang het, oopmaak nie. Noem TWEE maniere waarop hy dalk hierdie dokument sal kan oopmaak. (2) 8.5 Noem enige EEN voordeel verbonde aan die gebruik van ‘Styles’ wanneer ʼn dokument in Word geskep word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 8.6 Sommige van die leerders kan nie verstaan waarom hulle ʼn paar minute moet wag voordat hulle dokument gedruk word nie. Die konsep van ʼn drukkerwaglys word aan hulle verduidelik. Noem EEN funksie wat jy kan uitvoer indien jy die drukkerwaglys oopmaak. (1) 8.7 Een van die leerders het ontdek dat die woordverwerkingsprogram wat sy gebruik ʼn funksie het wat jou toelaat om outomaties byskrifte by prentjies, grafieke of tabelle te voeg. Noem TWEE redes, behalwe tydbesparing, waarom dit beter is om hierdie funksie te gebruik, eerder as om dit per hand te doen. (2) 8.8 Die onderwysers sleutel self hulle punte (as persentasies) in ʼn databasis in. Daar word opgelet dat sommige onderwysers punte hoër as 100 insleutel. 8.8.1 Verduidelik hoe ʼn validation rule kan verseker dat ʼn onderwyser slegs punte tussen 0 en 100 (insluitend 0 en 100) in die databasis insleutel. Die validation rule wat gebruik moet word, moet deel van jou antwoord wees. (2) 8.8.2 Watter databasiseienskap kan gebruik word om te verseker dat onderwysers wel in elke veld ʼn punt insleutel. (1) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 AFDELING C SCENARIO Die Skoolbeheerliggaam van jou skool het besluit om ʼn rekenaarlaboratorium in een van die koshuise te installeer. Hierdie laboratorium sal gebruik word deur leerders in die koshuis om take te voltooi. Dit sal behels dat hulle navorsing op die Internet moet kan doen en ook hulle take kan tik. Die doel is dat dit vir hulle moontlik sal wees om met leerders van ander skole te kommunikeer. Die Graad 12 RTT-leerders sal verantwoordelik wees om die leerders in die laboratorium te help. VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO Bestudeer die volgende spesifikasies vir ʼn lessenaarrekenaar en ʼn skootrekenaar en antwoord dan die vrae wat daarop volg: REKENAAR A REKENAAR B Intel Pentium Dual Core G2020 CPU HP 250 F7X46EA 15.6” Intel Core i3 Notebook Intel H61 Motherboard Dual CoreG2020 2.9 GHz CPU I3-3110m 2.4GHz CPU 2GB DDR3 ETG (‘RAM’) 15.6 HD LCD Screen 1TB SATA3 HDD 4GB ETG (‘RAM’) Intel 512 MB Graphics 500 GB HDD 24x DVD +/- Writer Windows 8.1 Pro Integrated 8 Channel Sound Integrated 3.2 MP Webcam Wireless keyboard and mouse 3 years Carry-In warranty 9.1 Die Skoolbeheerliggaam moet besluit of hulle lessenaarrekenaars of skootrekenaars moet koop. 9.1.1 Noem TWEE voordele van lessenaarrekenaars. (2) 9.1.2 Noem TWEE nadele van skootrekenaars. (2) 9.1.3 Noem TWEE hardeware komponente uit die advertensies hierbo wat ʼn belangrike rol in die werking van die rekenaar in sy geheel speel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 9.2 Die lessenaarrekenaar sluit ʼn optiese aandrywer in. 9.2.1 Identifiseer ʼn optiese aandrywer in die eerste advertensie. (1) 9.2.2 Wat is die nuutste optiese aandrywer beskikbaar vandag? (1) 9.2.3 Waarom is dit beter om ʼn DVD-RW eerder as ʼn DVD-R-skyf te koop? (1) 9.3 Die Beheerliggaam moet ʼn keuse aangaande die sagteware wat nodig is vir die laboratorium maak. 9.3.1 Waarom sou jy aanbeveel dat hulle ʼn kantoorpakket eerder as alleenstaande programme aankoop? (2) 9.3.2 Die Beheerliggaam verstaan nie hoe die lisensiëring van sagteware werk nie. Verduidelik kortliks aan hulle watter tipe lisensie hulle behoort te koop sodat hulle die sagteware op al die rekenaars in die laboratorium kan laai. Motiveer jou antwoord. (2) 9.4 Aangesien eiendomsregtelike sagteware baie duur is, het die Beheerliggaam besluit om die gebruik van gratis oopbronsagteware te ondersoek. 9.4.1 Noem TWEE voordele (anders as die koste) verbonde aan die gebruik van oopbronsagteware. (2) 9.4.2 Noem EEN nadeel verbonde aan die gebruik van oopbronsagteware. (1) 9.5 Die Beheerliggaam het ook ʼn nuwe drukker aangekoop sodat die leerders hulle take kan druk. Toe die eerste leerder sy taak wil druk, het daar ʼn boodskap verskyn wat sê dat die drywer nie gevind kan word nie. 9.5.1 Verduidelik wat ʼn drywerprogram is. (1) 9.5.2 Noem TWEE plekke waar hulle ʼn drywerprogram kan vind. (2) 9.6 Gedurende die proses van installering van die sagteware word daar ʼn aktiveringskode vereis. 9.6.1 Wat is ʼn aktiveringskode? (1) 9.6.2 Noem TWEE redes waarom die ontwikkelaars van sagteware van aktiveringskodes gebruik maak. (2) 9.6.3 Tydens die installeringsproses is die leerders gekonfronteer met opsies van ʼn typical, custom of full tipe installering. Onderskei tussen ʼn typical en custom installering. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 9.7 Nadat die landsdiensklub van die skool ʼn ‘go-green’-projek van stapel gestuur het, het die leerders besluit om hierdie ‘go-green’-projek ook in die rekenaarlaboratorium voort te sit. 9.7.1 Noem TWEE maniere waarop die leerders die hoeveelheid drukwerk kan verminder ten einde papier te spaar. (2) 9.7.2 Noem TWEE maniere waarop hulle elektrisiteit kan bespaar. (2) 9.8 ʼn Ouer van een van die leerders het ʼn SSD vir elk van die rekenaars in die laboratorium geskenk. 9.8.1 Noem TWEE redes waarom leerders sal baat by die toevoeging van die SSD’s. (2) 9.8.2 Noem TWEE nadele van ʼn SSD. (2) 9.9 Nadat van die leerders van hulle werk verloor het as gevolg van beurtkrag, besef hulle nou hoe belangrik dit is om alle werk te rugsteun (back-up). 9.9.1 Noem TWEE belangrike praktyke wat deel behoort te wees van ʼn rugsteunbeleid. (2) 9.9.2 Watter stoortoestel is die mees geskikste vir rugsteun? (1) 9.10 Een van die leerders het ʼn beursaansoek in pdf-formaat afgelaai. 9.10.1 Noem TWEE redes waarom elektroniese dokumente dikwels in pdf- formaat versprei word. (2) 9.10.2 Watter sagteware word benodig om ʼn pdf-lêer te lees? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015) 9.11 Die leerders het gou besef dat virusse en kwaadwillige programmatuur (‘malware’) ʼn groot probleem kan wees, veral in ʼn netwerkomgewing. Dit blyk dat nie eers die anti-virus program wat 3 jaar gelede geïnstalleer is meer effektief is nie. 9.11.1 Verduidelik aan hulle waarom dit noodsaaklik is om jou anti- virusprogram gereeld op te dateer deur te verduidelik hoe hierdie sagteware werk. (2) 9.11.2 Een van die onderwysers voel dat die rekenaars nie deur virusse geaffekteer sal word indien hulle nie aan die Internet gekoppel is nie. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (2) 9.11.3 Gee TWEE wenke oor hoe om te voorkom dat rekenaars deur virusse besmet word (behalwe die installering en opdatering van anti- virussagteware). (2) 9.11.4 Na ʼn skandering, het die anti-virussagteware ʼn boodskap vertoon dat ʼn virus bespeur en onder kwarantyn geplaas is. Verduidelik wat dit beteken dat ʼn virus onder kwarantyn geplaas is. (1) 9.12 Een van die voordele van ʼn rekenaarlaboratorium by die koshuis is dat leerders maklik met leerders van ander skole kan kommunikeer via sosiale netwerktuistes. 9.12.1 Noem TWEE gewilde sosiale netwerktuistes. (2) 9.12.2 Een van die potensiële nadele van sosiale netwerktuistes is ‘kloning’. Wat verstaan jy onder ‘kloning’ van ʼn gebruiker se profiel? (1) 9.12.3 Noem TWEE ander nadele van sosiale netwerktuistes. (2) TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all