Skip to content

Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 12201521 pages

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2015 (2) PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, 'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2015 (2) NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaar maak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies geassossieer met die eksamen gefinaliseer is nie. Gedurende die eksamen sal die normale reëls rakende die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar toepaslik. 3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word, volg. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat deur die toesighouer aan jou gegee is, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat- antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2015 (2) NSS 12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. 13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 16. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord. 17. Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat Microsoft Office gebruik. 18. Gewoonlik word een punt per aksie toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts. 19. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • 1Fire_Vuur Prentlêer • 1Fynbos Woordverwerkingslêer • 1Title_Titel Prentlêer • 1Wash_Was Prentlêer • 2Entry_Inskryw Woordverwerkingslêer • 2Sanbi Prentlêer • 3Plant Sigbladlêer • 4StatsData Sigbladlêer • 5CFKData Databasislêer • 5Erica Prentlêer • 6Flower Prentlêer • 6Fynbos Prentlêer • 6Home HTML-lêer • 6Protea Prentlêer • 6Ref Woordverwerkingslêer • 7Answ_Antw Woordverwerkingslêer • 7End Databasislêer • 7Flora Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2015 (2) NSS SCENARIO Baie skoolgroepe besoek SANBI (die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut) se tuine. Hulle word bygestaan in programme wat deur SANBI se Omgewingsonderrig- afdeling aangebied word. Omdat jy in fynbos belangstel, het jy saam met SANBI navorsing gedoen. Jy wil nou graag die inligting met leerders by jou skool deel. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die 1Fynbos-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 1.1 Stel die bladsyrandruimte ('gutter margin') van die dokument op 1 cm aan die linkerkant. LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn. (1) 1.2 Die dokument het 'n voorblad. Verander die voorblad soos volg: Die woord 'Fynbos' is in 'n teksblokkie ('text box') geplaas. Vervang die woord 'Fynbos' met die prent 1Title_Titel.jpg in jou eksamenlêergids. (2) 1.3 Justeer die teks van die eerste paragraaf in die dokument. (1) 1.4 Vind die letter 'F' van 'Fynbos' in die eerste paragraaf op bladsy 2 van die dokument. Pas soos volg 'n vergrotehoofletter-effek ('dropped cap effect') op hierdie letter toe: • Die vergrote hoofletter ('dropped cap') moet oor VYF reëls strek. • Die vergrote hoofletter ('dropped cap') moet 0.5 cm van die teks af wees. (3) 1.5 Vind die teks wat met 'WHAT IS FYNBOS?' begin en met '… within small areas' eindig. • Plaas die teks in TWEE kolomme. • Maak seker dat die opskrif 'RICHNESS OF PLANT LIFE' altyd boaan die tweede kolom verskyn. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2015 (2) NSS 1.6 Vind die tabel ná die paragraaf wat met '… within small areas' eindig. Gebruik woordverwerkingseienskappe om die nodige veranderinge aan die inligting en uitleg van die tabel aan te bring sodat dit soos die tabel hieronder vertoon. LET WEL: • Die paragrawe in die tabel is gesorteer. (GEEN punt sal toegeken word indien die teks met die hand geskuif word NIE.) • Let op die inlynstelling ('alignment') van die teks, die formatering van die opskrif, asook die buiteraam wat gebruik is. FYNBOS Elim Fynbos (Lowland Fynbos) Elim, Southern Cape Erica sp. amongst Restios on the east-facing slopes of Keeromsberg, Western Cape Mimetes cucullatus (Proteaceae), Bosmansbos, Western Cape Proteoid Fynbos dominated by Protea eximia, Keeromsberg, Western Cape Proteoid Fynbos dominated by Protea laurifolia, Leucadendron saligna and Restionaceae on the slopes of Keeromsberg, Western Cape Sand Plain Fynbos near Wellington, Western Cape (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2015 (2) NSS 1.7 Vind die opskrif 'THREATS TO FYNBOS'. Plaas 'n hiperskakel op die teks 'THREATS TO FYNBOS' om dit aan die prent 1Fire_Vuur.jpg in jou eksamenlêergids te koppel. (2) 1.8 Vind die teks wat met die opskrif 'CONSERVATION ACTION' begin en met '… in the fynbos.' in die volgende paragraaf eindig. Plaas slegs hierdie teks in landskaporiëntering. Al die ander bladsye moet in portretoriëntering bly. (2) 1.9 Die kolpuntteks wat onder die opskrif 'CONSERVATION ACTION' verskyn, moet na 'n multivlaklys ('mulitlevel list') geformateer word sodat dit soos die voorbeeld hieronder vertoon. A The promotion of public awareness of the Cape Floral Kingdom; B Encouraging land owners to care for their fynbos; C Setting aside important areas of land as nature reserves and national parks; D The conservation of corridors of fynbos within urban areas; E The promotion of ecotours, allowing people to experience the amazing floral diversity of fynbos; F Control of alien, invasive vegetation; G The promotion of environmental awareness exhibitions, for example on ... i World Environment Day ii Arbour Day iii Fynbos Day iv Careers exhibitions v Marine Day vi Care for the Earth Day (3) 1.10 Vind die teks 'DID YOU KNOW?' en verwyder die kommentaar. (1) 1.11 Vind die opskrif 'ACKNOWLEDGEMENTS' onder die teks 'Gavin W Maneveldt. Botany Dept., University of the Western Cape'. Voeg soos volg 'n eindnota ('endnote') op die teks 'ACKNOWLEDGEMENTS' in: • Gebruik die teks hierbo as die eindnotateks. • Gebruik die letter 'A' as 'n doelgemaakte merk ('custom mark'). (3) 1.12 Voeg 'n outomaties gegenereerde bibliografie na die teks 'Add Bibliography here' aan die einde van die dokument in. LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn. (1) 1.13 Voeg die 1Wash_Was.gif-prent in jou eksamenlêergids as 'n watermerk slegs op die laaste bladsy in. (3) Stoor en maak die 1Fynbos-dokument toe. [29] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING 'n Konsepweergawe van die elektroniese inskrywingsvorm is geskep vir leerders wat werkswinkels wil bywoon. Maak die 2Entry_Inskryw-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. Verwys na die voorbeeld hieronder om jou te lei wanneer jy VRAAG 2.1–2.5 beantwoord. Jou finale dokument moet soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon. LET WEL: Ignoreer die buiteraam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2015 (2) NSS 2.1 Formateer die vormopskrif 'SANBI EDUCATIONAL WORKSHOP ENTRY FORM' om soos die voorbeeld op die vorige bladsy te vertoon. (3) 2.2 Voeg die logo 2Sanbi.png in jou eksamenlêergids in om te verskyn in die posisie soos in die voorbeeld op die vorige bladsy aangetoon. Verander die logo se grootte sodat die breedte 8.1 cm en die hoogte 3.6 cm is. (4) 2.3 Formateer die opskrif 'Personal Information' om soos die opskrif 'Contact Information' te lyk deur dieselfde styl te gebruik. (1) 2.4 Die vorm gebruik oorgeërfde-vormkontroles ('legacy form controls'). Sommige vormveldkontroles ('form field controls') is reeds in die vorm ingevoeg. Verander die vorm soos volg: 2.4.1 Stel geskikte tabelstoppe ('tabs') en pas dit toe om die vormkontroles en die byskrifte onder die opskrifte 'Personal Information' en 'Contact Information' soos volg inlyn te stel: • Die eerste tabelstop word op 1 cm gestel. • Die tweede tabelstop word op 11 cm gestel. (4) 2.4.2 Voeg die items 'Male' en 'Female' by die aftrekvormveld ('drop-down form field') langs die woord 'GENDER' in. (2) 2.4.3 Voeg 'n gepaste vormveldkontrole ('form field control') langs die teks 'ID NUMBER' in. Hierdie veld moet slegs 13 karakters aanvaar. (2) 2.4.4 Formateer die teksvormveldkontrole ('text form field control') langs die teks 'DATE OF BIRTH' om slegs datums met die formaat yyyy/MM/dd toe te laat. (2) 2.4.5 Voeg 'n kontrole ('control') langs die teks 'WEDNESDAY' in, wat soortgelyk sal wees aan die een bokant dit in die vorm. (1) LET WEL: MOENIE die vorm sluit of beskerm NIE. 2.5 Voeg die teks 'Entry form' in die dokument se onderwerpkenmerk ('subject property') in. (1) Stoor en maak die 2Entry_Inskryw-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 3: SIGBLAD Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (af kopieer). Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. Data oor bedreigde plante is versamel en in hierdie sigblad saamgevat. Maak die 3Plant-sigblad oop. Werk in die Plants_Plante-werkblad. 3.1 Verander die hoogte van ry 1 na 40 pt. (1) 3.2 Voeg die opskrif 'List of Plants' soos volg in sel A1 in: • Gebruik die 'Aharoni'-fonttipe. • Pas enige patroonstyl ('pattern style') van jou keuse op die sel toe. (3) 3.3 Gebruik die vriespaneel('freeze pane')-eienskap om seker te maak dat die inhoud van ry 1 en ry 2 op die skerm bly as die gebruiker ondertoe rol ('scroll down'). (2) 3.4 Gebruik 'n selformateringseienskap ('cell formatting feature') om die opskrifte in ry 2 oor TWEE reëls te vertoon. (1) 3.5 Pas 'n oranje raam rondom sel A2:E79 toe. (1) 3.6 Voeg 'n funksie in sel E3 om die getal plante wat die woord 'Sugarbush' as deel van hulle spesienaam ('species name') (kolom B) het, te bepaal. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2015 (2) NSS 3.7 Gebruik die data in die Summary-werkblad om 'n grafiek te skep wat soos die voorbeeld hieronder lyk. Hierdie grafiek moet in die Summary-werkblad verskyn. Species per year 40 2 2014 25 17 58 0 2013 76 20 0 15 30 45 60 75 90 Extinct Not Evaluated Threatened Not Threatened WENK: Hou die volgende grafiekkenmerke in gedagte wanneer hierdie vraag beantwoord word: • Die tipe grafiek • Die rye en kolomme is omgeruil • Die etikette ('labels') op beide asse • Die titel van die grafiek • Die verklaring ('legend') • Die intervalle op die asse • Data-etikette ('Data labels') (9) Stoor en maak die 3Plant-dokument toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 4: SIGBLAD Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (af kopieer). Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 'n Sigblad is geskep om die ekosisteem se status op te som. Maak die 4StatsData-sigblad oop. Werk in die Stats-werkblad. 4.1 Formateer die werkblad soos volg om die leesbaarheid te verbeter: 4.1.1 Voeg saam ('merge') en sentreer die teks in sel A1:J1. (2) 4.1.2 Maak seker dat al die opskrifte in ry 2 dieselfde inlyn gestel is, sodat die teks duidelik sigbaar en leesbaar is, deur die teksrigting aan te pas. (2) 4.2 Voeg 'n funksie in sel C3 om die gemiddelde getal hektaar (kolom B) wat in hierdie bewaringsopname gebruik is, te bepaal. (2) 4.3 Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op kolom E toe om al die negatiewe waardes in 'n rooi fontkleur en al die positiewe waardes in 'n blou fontkleur te vertoon. (4) 4.4 Die bedreigingstatus ('threat status') is in kolom G gestoor. Gebruik 'n opsoek ('LOOKUP')-funksie in sel F3 en die data in die Code_Kode- werkblad om te bepaal wat die bedreigingstatuskode vir elke spesie is, gebaseer op die bedreigingstatus in kolom G. Vertoon slegs die afkorting, byvoorbeeld EN. Die funksie moet korrek werk as dit na die res van die selle in kolom F afgekopieer word. (6) 4.5 Voeg 'n IF-funksie in sel H3 in om die beskermingsvlak van die spesie te bepaal, deur die bewaringsdoelwitdata (kolom D) soos volg te gebruik: • 'n Bewaringsdoelwit van meer as 30 moet 'n beskermingsvlak van 'Well' vertoon. • 'n Bewaringsdoelwit van meer as 25 en minder as of gelyk aan 30 moet 'n beskermingsvlak van 'Moderate' vertoon. • Die res van die bewaringsdoelwitte moet 'n beskermingsvlak van 'Poor' vertoon. Kopieer die funksie na die res van die selle in kolom H. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2015 (2) NSS 4.6 Gebruik 'n kombinasie van teksfunksies in sel I4 om 'n unieke spesiekode vir 'n spesienaam (kolom A) te skep. Die spesiekode bestaan uit die volgende: • Die eerste drie letters van die spesienaam (kolom A) • Gevolg deur die getal karakters in die spesienaam • Gevolg deur die bedreigingstatuskode (kolom F) Voorbeeld: Agt25LT sal die spesiekode vir sel A3 wees. (7) Stoor en maak die 4StatsData-dokument toe. [29] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 5: DATABASIS 'n Databasis wat data oor verskillende plantspesies bevat, is geskep. Maak die 5CFKData-databasis oop. 5.1 Verander die ontwerp van die Plant-tabel soos volg: 5.1.1 Verander die veldgrootte van die FamilyCommon-veld na 50. (1) 5.1.2 Verander die veldkenmerke van die EndemicSpecies-veld sodat dit: • 'n Verpligte ('required') veld is • Die data in hierdie veld in vaste ('fixed') formaat vertoon word (2) 5.1.3 Verander die kenmerke van die Listing-veld sodat die gebruiker uit die opsies 'Endangered' of 'Threatened' kan kies wanneer data ingesleutel word. (2) 5.1.4 Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die PlantCode-veld om data in die volgende formaat te aanvaar: • EEN verpligte letter • Gevolg deur ten minste TWEE, maar moontlik DRIE karakters wat uit letters of syfers kan bestaan • Vertoon in hoofletters Voorbeeld: KLM, YM9R, GH2 of C123 LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn. (5) 5.1.5 Stel die primêre sleutel op 'n meer geskikte veld. (1) Stoor en maak die Plant-tabel toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2015 (2) NSS 5.2 Skep 'n vorm met die naam frm5_2 wat op die Plant-tabel gebaseer is en die volgende velde bevat: FamilyCommon, FamilyBot, TotalSpecies en EndemicSpecies. Die vorm moet soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon. Die volgende moet in ag geneem word: • Voeg slegs die verpligte velde in soos op die vorm hierbo aangetoon word. • Die fontgrootte van die opskrif is 36 pt. • Let op die inlynstelling van die opskrif. • Die agtergrond van die vormboskrif ('form header') is geel. • Die prent 5Erica.jpg in jou eksamenlêergids word in die vormboskrif ('form header') vertoon, soos hierbo aangetoon. • Voeg 'n knoppie ('button') uit die beskikbare kontroles op die vorm in. Die knoppie se aksie is om na die volgende rekord te beweeg. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (10) 5.3 Skep 'n navraag ('query') met die naam qry5_3. Die navraag moet die Plant-tabel gebruik om slegs die FamilyCommon- en FamilyBot-velde van al die rekords waar die getal EndemicSpecies meer as 1200 is, te vertoon. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2015 (2) NSS 5.4 Maak die qry5_4-navraag oop. • Sorteer en vertoon die FamilyBot-veld in dalende ('descending') volgorde. • Voeg in en vertoon 'n berekende veld met die naam Perc wat die persentasie wat EndemicSpecies van die TotalSpecies is, vir elke rekord sal bereken. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (6) 5.5 Skep 'n verslag met die naam rpt5_5 wat op die Plant-tabel gebaseer is. • Vertoon slegs die FamilyCommon-, FamilyBot-, EndemicSpecies- en Genus-velde. • Groepeer die rekords volgens die EndemicSpecies-veld. • Vertoon die verslag in landskapformaat. • Voeg 'n funksie in om die gemiddelde getal van AL die endemiese spesies in die verslag te bereken. • Rond die antwoord tot EEN desimale plek af. • Voeg 'n beskrywende etiket by die berekening. • Maak seker dat al die data heeltemal vertoon. Stoor en maak die rpt5_5-verslag toe. (10) Stoor en maak die 5CFKData-databasis toe. [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) Jy is gevra om 'n webblad oor fynbosspesies te voltooi. Maak die onvolledige 6Home-webblad in 'n webblaaier asook in ‘n teks-/HTML- redigeerder oop. LET WEL: • Vraagnommers is as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word. • 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2015 (2) NSS LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. 6.1 Voeg jou eksamennommer as addisionele kommentaar in. (1) 6.2 Voeg HTML-kode by om die teks 'Fynbos' in die webblaaier-oortjie ('browser tab') te vertoon. (1) 6.3 Formateer die opskrif 'Fynbos Information' om in 'n rooi fontkleur en in kursief ('italics') te vertoon. LET WEL: MOENIE enige bestaande formatering verwyder NIE. (2) 6.4 Verander die kolpuntlys ('Erica' en 'Protea') sodat dit as 'n genommerde lys in plaas van 'n kolpuntlys vertoon. (1) 6.5 Voeg 'n horisontale lyn onder die genommerde lys in soos in die voorbeeld op die vorige bladsy aangetoon word en stel die wydte van die horisontale lyn op 50%. (2) 6.6 Voeg HTML-kode in om die prent 6Flower.jpg in jou eksamenlêergids soos volg te vertoon: • Die prent moet onder die horisontale lyn verskyn, soos in die voorbeeld op die vorige bladsy aangetoon. • Die hoogte van die prent moet 191 wees en die wydte 181. • Die teks 'Nevillea' moet vertoon indien die prent nie vertoon kan word nie. (6) 6.7 Vertoon die teks 'Erica' in die tweede paragraaf in vetdruk ('bold'). (1) 6.8 Voeg 'n skakel op die woorde 'Website References' in wat aan die dokument 6Ref.docx in jou eksamenlêergids koppel. (3) 6.9 Formateer die tabel soos volg: • Voeg 'n raam met 'n dikte van 2 om die tabel in. • Verander die spasiëring tussen die selle na 1. • Verander die agtergrondkleur van die eerste ry na enige kleur van jou keuse. (3) Stoor en maak die 6Home-dokument toe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2015 (2) NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Maak die 7Flora-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 7.1 Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in die bladsyonderskrif ('footer') van die dokument in: • Begin die bladsynommering op die bladsy na die voorblad en die inhoudsopgawe('table of contents')-bladsy (die derde bladsy), en nommer dit vanaf bladsy 1 verder. • Gelyke bladsynommers word regs inlyn gestel in die onderskrif ('footer'). • Ongelyke bladsynommers word links inlyn gestel in die onderskrif ('footer'). (5) 7.2 Vind die opskrif 'Table of Contents'. Voeg 'n inhoudsopgawe ('table of contents') soos volg vir die dokument in: 7.2.1 Vertoon TWEE vlakke opskrifte ('Heading 1' en 'Heading 2') met bladsynommers met geen gidslyne ('leader tabs') nie. (3) 7.2.2 Maak seker dat die volgende opskrifte as vlak 2-opskrifte in die inhoudsopgawe ('table of contents') vertoon: RICHNESS OF PLANT LIFE ANIMALS LIVING IN FYNBOS THREATS TO FYNBOS LET WEL: Die teks kan in die dokument gevind word. (2) Stoor en maak die 7Flora-dokument toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 19 DBE/November 2015 (2) NSS 7.3 Jy is gevra om te help met die ontleding van die data oor lemurs wat in die 7End-databasis gestoor is. Maak die 7Answ_Antw-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die dokument in. Hierdie vraag vereis dat jy die antwoord gee en kortliks die spesifieke metode/formule/funksie verduidelik wat jy gebruik het om die antwoord te bepaal. VOORBEELD: VRAAG KORT VERDUIDELIKING ANTWOORD Hoeveel seuns is in die graad Filtreer om die seuns van 12A 24 12A-klas? te onttrek en gebruik dan die 'Count'-funksie. Gebruik die LemurFamily-tabel in die 7End-databasis om die vrae hieronder te beantwoord. 7.3.1 Hoeveel rekords is daar in die tabel? LET WEL: GEEN verduideliking word vereis NIE. (1) 7.3.2 Al die rekords bevat data oor lemurs. Vir hoeveel lemurs word geen gemiddelde grootte gegee nie? (2) 7.3.3 Wat is die algemene naam ('common name') vir die lemur wat Forsyth Major in 1894 as kwesbaar ('vulnerable') geklassifiseer het? (2) 7.3.4 Hoeveel tipes lemur-families is daar? (2) 7.3.5 Wat is die gemiddelde grootte van al die bedreigde spesies ('endangered species')? (2) Stoor en maak die 7Answ_Antw-dokument toe. [19] TOTAAL: 180 BIBLIOGRAFIE Visuele bronne is uit die volgende geneem: Prent op bladsy 4: http://www.botany.uwc.ac.za/envfacts/fynbos/ Prente op bladsy 5: http://www.plantzafrica.com/vegetation/fynbos.htm Prent op bladsy 7: http://www.sanbi.org Prent op bladsy 14: Google Images Prente op bladsy 16: http://www.botany.uwc.ac.za/envfacts/fynbos/ Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2015 (2) NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van die Voor elke lysitem ingevoeg, en webblad voeg 'n nommer of simbool by <li></li> <body Stel die agtergrondkleur van afhangende van die tipe lys wat bgcolor="pink"> die webblad geselekteer is <body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in text="black"> liggaamteks <head></head> Bevat inligting oor die Stel 'n prent inlyn: kan "left", <img src="name" webblad "right", "center", "bottom", "top", align="left"> Skep 'n HTML-dokument – "middle" wees <html></html> begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent webblad <br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name" Stel die hoogte en breedte van <!-- --> Kommentaar width="200" height ="200"> 'n prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" <hl></hl> Skep die grootste opskrif alt="alternative wanneer die muis oor 'n prent text"> gehou word of wanneer die <h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n Skep teks in vetdruk reël Stel die breedte van 'n lyn, in <i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot <hr size="3"></font> color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Table Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> vetgedrukte, gesentreerde <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel teks) <a href="URL"><img <table src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel <a Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam name="NAME"></a> dokument border="1"> rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle <a cellspacing="1"> elders in die dokument van die tabel href="#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook ''center'' <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf of ''right'' wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> vir sel(le) ("top", kan ook ''center'' wees "middle" of "bottom" wees) Voeg 'n reëlbreuk ('line <br/> Stel die getal kolomme waaroor break') in <td colspan="2"> 'n sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", "square","circle"> Definieer die tipe kolpunte </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2015 (2) NSS REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2015(2) INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3-uur-sessie deur die kandidaat voltooi word) 180 SENTRUMNOMMER _________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK LibreOffice 4.4 Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die of hoër 2007 2010 2013 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer) toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ___________________________________________________ Kandidaat moet die lêernaam(-name) wat vir elke antwoord gebruik is, inskryf. Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gedoen is. Nasiener Vraag- Gestoor Gedoen Maksimum Punt Lêernaam Voorletter/ nommer () () Punt Behaal -kode 1 29 2 20 3 22 4 29 5 41 6 20 7 19 TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) ________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all