Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 


_hlayiso.com_--fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d/v1-f6162084d235af202af8/card.webp)


View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 405.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Gewoonlik word een punt per aksie toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag
gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.
KOLOM A KOLOM B
1.1 'n Toegewyde toestel wat gebruik A veseloptiese kabel
kan word om kontant uit 'n
bankrekening te onttrek B skakeltoestel ('switch')
1.2 Die proses om hardeware- of C RSS-voer
sagtewareprobleme te probeer
oplos D COUNTIF
1.3 'n Medium wat gebruik word om E proeflees ('proofing')
data teen 'n baie hoë spoed te
stuur en ontvang F SUMIF
1.4 'n Toestel wat gebruik word om G Intranet
rekenaartoestelle in 'n LAN te
koppel H gesigherkenning ('facial recognition')
1.5 Die handeling om voor te gee dat I foutopsporing ('troubleshooting')
iemand anders se werk jou eie is
J wolkverwerking ('cloud computing')
1.6 'n Webtuiste wat deur 'n
maatskappy gebruik word om K gedraaidepaarkabel ('twisted pair
inligting slegs met hulle cable')
werknemers te deel
L formatering
1.7 Die proses om aanlyn met mense
wat dieselfde belangstellings en M kopiereg
aktiwiteite deel, te skakel
N OTM
1.8 Die proses om 'n dokument vir
spel- en taalfoute na te gaan O plagiaat
1.9 'n Biometriese sekuriteitsmaatreël P roeteerder ('router')
wat toegang tot 'n gebruiker se
rekenaar of toestel kan beheer Q WAN
1.10 'n Sigbladfunksie wat gebruik R sosiale netwerking ('social
word om te bepaal in hoeveel networking')
selle die inhoud aan spesifieke
vereistes voldoen S selfoonbankdienste
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.
2.1 Watter EEN van die volgende sal gewoonlik in 'n deurblaaier besigtig word?
A WWW
B PAN
C USB
D OKT ('UPS') (1)
2.2 ... is 'n kortpad wat algemeen in baie programme gebruik word om 'n lêer te
stoor.
A Alt + S
B Shift + S
C Ctrl + S
D Alt + Shift + S (1)
2.3 Watter EEN van die volgende soekfrases sal gewoonlik die woord 'Android'
uitsluit of ignoreer wanneer 'n soekenjin gebruik word om die woord 'tablette'
te soek?
A tablet AND Android
B tablet -Android
C tablet OR Android
D tablet without Android (1)
2.4 Watter EEN van die volgende word direk met e-pos verbind?
A URL
B html
C VTA ('SSD')
D Bcc (1)
2.5 'n ... is NIE 'n voorbeeld van optiese stoorplek NIE.
A CD
B DVD
C HDD
D BD (1)
2.6 Watter EEN van die volgende is 'n potensiële bedreiging vir die omgewing
wat deur die wydverspreide gebruik van tegnologie veroorsaak word?
A 'n Toename in kragverbruik
B 'n Papierlose kantoor
C Die hervul van inkhouers
D Herhalende ooreisingsbeserings (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2015
NSS
2.7 Watter EEN van die volgende databasisobjekte laat 'n gebruiker toe om data
een rekord op 'n keer in te voer of te besigtig?
A Tabel
B Navraag
C Vorm
D Verslag (1)
2.8 Watter EEN van die volgende is die afkorting vir die grootste eenheid wat
gebruik word om stoorplek te meet?
A MG ('MB')
B GG ('GB')
C TG ('TB')
D KG ('KB') (1)
2.9 Die ... is 'n hardewarekomponent wat 'n rekenaar toelaat om aan 'n netwerk
te koppel en daardeur te kommunikeer.
A BTAS ('BIOS')
B GVE ('GPU')
C LAG ('ROM')
D NKK ('NIC') (1)
2.10 Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste rede waarom al die lêers
gereeld van dieselfde USB-flitsskyf ('flash drive') af verdwyn?
A Die flitsskyf is aan 'n USB 3.0-poort gekonnekteer.
B Die lêers word outomaties gerugsteun.
C Die flitsskyf is leesalleen ('Read Only').
D Die lêers is deur 'n virus weggesteek. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stellings WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om jou
stelling te verander nie.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Rekenaarprogram-instruksies word deur
Waar
die SVE ('CPU') uitgevoer.
Stippel, inkspuit en laser is tipes
Onwaar – drukkers
sleutelborde.
3.1 Die www is die multimedia-afdeling of -diens van die Internet. (1)
3.2 Die hiperskakel ('hyperlink') is die geskikste databasisveldtipe om prente
fisies in 'n veld te stoor. (1)
3.3 Kuberkrakery ('Hacking') verwys na die gebruik van tegnieke soos uitvissing
(phishing') en e-posflousery ('e-mail spoofing') om 'n gebruiker te kul om
private inligting soos wagwoorde en rekeningnommers bekend te maak. (1)
3.4 Die sigbladeienskap wat selle formateer volgens die waardes wat hulle bevat,
word nommer-formatering genoem. (1)
3.5 'n E-posboodskap wat die leser teen 'n probleem soos 'n virus wat nie werklik
bestaan nie waarsku, word 'n gekskeerdery ('hoax') genoem. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
Bestudeer die spesifikasies van die twee rekenaars hieronder en beantwoord die vrae
wat volg:
REKENAAR A REKENAAR B
i3 1.7 GHz-SVE ('CPU') i7 3.0 GHz SVE
4 GG ('GB')-DDR3, 1 333 MHz-ETG ('RAM') 8 GG-DDR3, 1 600 MHz-ETG
500 GG-hardeskyf 1 TB-hardeskyf
2 GG-geïntegreerde HD-grafikakaart 4 GG-toegewyde grafikakaart
Multi-DVD-skrywer Multi-DVD-skrywer
USB 3.0 USB 3.0
802.11 a/b/g 802.11 a/b/g/n
2 MP-webkamera 8 MP-webkamera
19''-VKV ('LCD')-monitor 23''-raakskerm
Windows 7 Windows 8.1 Professional
USB-sleutelbord Draadlose sleutelbord
4.1 Noem TWEE hardewarespesifikasies vir Rekenaar B, buiten die grafikakaart,
wat aandui dat dit 'kragtiger' behoort te wees of beter werkverrigting behoort
te bied as Rekenaar A. (2)
4.2 Verduidelik die verskil tussen ETG ('RAM') en 'n hardeskyf ten opsigte van
elkeen se funksie. (2)
4.3 Noem TWEE voorbeelde van kraggebruikers vir wie dit voordelig sal wees om
'n aparte grafikakaart soos die een wat vir Rekenaar B genoem is, te
installeer. (2)
4.4 Die term 'konvergensie' verwys na 'n algemene neiging in die ontwikkeling
van rekenaarhardeware en -toestelle.
4.4.1 Verduidelik die term konvergensie. (1)
4.4.2 Gee EEN voorbeeld van konvergensie. (1)
4.5 Watter item in die lys spesifikasies sal jy gebruik om 'n drukker aan
Rekenaar A te koppel? (1)
4.6 Watter tipe stelselsagteware is spesifiek ontwerp om 'n rekenaar in staat te
stel om toestelle soos drukkers te beheer en daarmee te kommunikeer? (1)
4.7 Noem die tipe sagteware wat benodig word om 'n geskandeerde beeld van
teks na redigeerbare teks te verander. (1)
4.8 Verduidelik waarom die webkameraspesifikasie vir Rekenaar B moontlik sal
veroorsaak dat dit meer bandwydte as die webkameraspesifikasie vir
Rekenaar A sal gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2015
NSS
4.9 Gee TWEE voordele van VTA's (vastetoestand-aandrywers) ('SSDs'/'solid
state drives') bo tradisionele hardeskywe. (2)
4.10 Noem 'n hardewaretoestel wat benodig word om 'n rekenaar aan die Internet
te koppel. (1)
4.11 Stemherkenningsagteware kan op die rekenaars gebruik word.
4.11.1 Noem 'n hardewaretoestel wat NIE vir Rekenaar A óf B
gespesifiseer word NIE, maar wat vir stemtoevoer nodig sal wees. (1)
4.11.2 Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van
stemherkenningsagteware. (2)
4.12 Gee TWEE moontlike sagtewareverwante probleme, buiten kwaadwillige
sagteware ('malware'), wat 'n skielike afname in die werkverrigting van 'n
rekenaar kan veroorsaak. (2)
4.13 Noem TWEE voordele daarvan om 'n VP (verkooppunt)-stelsel ('POS'/'point
of sale') in 'n winkel te laat installeer. (2)
4.14 Gee TWEE basiese funksies van 'n bedryfstelsel, buiten take wat deur
nutsprogramme soos die skyfdefragmenteerder ('disk defragmenter')
uitgevoer word. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van SoIP ('VoIP'). (2)
5.2 Wat is die hoofverskil tussen 'n bediener en 'n kliënt in 'n netwerk ten opsigte
van elkeen se rol of funksie? (1)
5.3 Wat is die algemene naam vir die tipe netwerk wat oor 'n groot area soos
'n provinsie strek? (1)
5.4 Wat is ruitnetrekenarisering ('grid computing')? (2)
5.5 Noem EEN ding wat jy in jou webblaaier sal sien wat wys dat jy aan 'n veilige
webtuiste gekoppel is wanneer jy aanlyn bankdienste gebruik. (1)
5.6 'n Video op 'n webblad wil nie in jou webblaaier speel nie, selfs nadat jy die
webblad verfris het.
Stel EEN manier voor hoe jy die probleem kan oplos, buiten om 'n ander
webblaaier te gebruik of om die video op 'n ander webtuiste of rekenaar
te kyk. (1)
5.7 Gebruikers laai dikwels data op en af deur die Internet te gebruik.
5.7.1 Verduidelik die verskil tussen die terme oplaai ('uploading') en
aflaai ('downloading'). (2)
5.7.2 Hoe verskil die spoed van dataversending oor 'n ADSL-lyn ten
opsigte van oplaai en aflaai? (1)
5.8 Noem TWEE alternatiewe maniere om groot lêers via die Internet te stuur,
buiten om dit as 'n e-posaanhegsel te stuur. (2)
5.9 Verduidelik kortliks wat webberging ('web caching') is EN ook die grootste
voordeel wat dit inhou. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Motiveer waarom jy 'n vraelys of opname sou gebruik om inligting te bekom,
selfs al het jy toegang tot soveel inligting op die Internet. (1)
6.2 Gee TWEE redes waarom geslote vrae in 'n vraelys of opname gebruik word. (2)
6.3 Noem TWEE algemene eienskappe van sigblaaie wat dit vir data-ontleding
geskik maak. (2)
6.4 Wat sal jy by 'n woordverwerkingsdokument moet voeg om 'n outomaties
gegenereerde bibliografie te skep? (1)
6.5 Noem die woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om outomaties
die veranderinge aan te dui wat deur verskeie redigeerders of gebruikers aan
'n dokument aangebring is. (1)
6.6 Noem TWEE aanduidings dat inligting wat op 'n webtuiste gevind is, moontlik
nie akkuraat is nie. (2)
6.7 Waarom is dit nodig om die datum waarop die inligting van webtuistes verkry
is in 'n bibliografie in te sluit? (1)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Noem TWEE bedryfstelselinstellings wat verander kan word om die
batterylewe te verbeter deur krag op 'n draagbare rekenaar te bespaar. (2)
7.2 Noem TWEE verskillende aksies wat iemand in 'n IKT-konteks aan
roofkopiëring ('piracy') sal skuldig maak. (2)
7.3 Gee advies aan iemand wat nie 'n ten volle gelisensieerde kopie van die
Windows 8.1-bedryfstelsel kan bekostig nie, deur TWEE moontlike wettige
oplossings vir hierdie probleem te gee. (2)
7.4 Stel TWEE maniere voor om dit vir swaksiendes makliker te maak om
'n webtuiste te gebruik. (2)
7.5 Verduidelik kortliks wat inligtingsoorlading ('information overload') is EN hoe
dit spesifiek produktiwiteit beïnvloed. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 'n Woordverwerkingsprogram laat 'n gebruiker toe om 'n possaamvoeging
('mail merge') te skep.
8.1.1 Noem TWEE moontlike databronne wat vir 'n possaamvoeging
gebruik kan word. (2)
8.1.2 Hoekom moet jy saamvoegvelde ('merge fields') in 'n
possaamvoegdokument invoeg? (1)
8.2 Bestudeer die volgende skermkopie van 'n sigblad:
8.2.1 Bestudeer die funksie in sel E2.
Verduidelik, in jou eie woorde, die TWEE kriteria waarvolgens
'n persoon volgens hierdie funksie, vir pensioen kwalifiseer.
MOENIE in jou antwoord uit die funksie aanhaal of direk daarna
verwys NIE. (2)
8.2.2 Wat sal die funksie in sel E2 vertoon? (1)
8.3 Gee EEN voorbeeld van waar of hoekom jy die spesialeplak ('paste special')-
eienskap van 'n sigbladprogram in plaas van die normale plak ('paste')-
funksie sal gebruik. (1)
8.4 Die HTML-kode van 'n webblad bevat die volgende reël:
<!-- Skoolinligting hier -->
8.4.1 Wat is die doel van hierdie tipe HTML-kode ('tag')? (1)
8.4.2 Wat word deur hierdie HTML-kode vertoon wanneer die webblad in
'n webblaaier vertoon word? (1)
8.5 Wat is die doel daarvan om die 'Alt'-gedeelte in die HTML-kode hieronder in
te voeg?
<img src=''skool.jpg'' Alt=''Skoolwapen''> (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2015
NSS
8.6 Bestudeer die skermkopie hieronder van die struktuur van 'n tabel wat geskep is
om rekord te hou van items wat 'n rekenaarwinkel in voorraad het.
8.6.1 Hoekom sal dit NIE nodig wees om die eienskappe van die
VoorraadID-veld in te stel om 'n verpligte ('required') veld
te wees NIE? (1)
8.6.2 Watter kenmerk of eienskap kan in die Hoeveelheid in voorraad-veld
gebruik word om seker te maak dat geen getal hoër as 100 ingelees
kan word nie? (1)
8.7 Verwerkers word as SVE in die Kategorie-veld aangedui.
Die navraag hieronder (gebaseer op die Voorraad-tabel wat in VRAAG 8.6 beskryf
is) is geskep om al die SVE's te vind waarvan daar minder as 10 in voorraad is.
8.7.1 Verduidelik kortliks hoekom hierdie navraag NIE die regte data sal
terugstuur NIE EN hoe dit reggestel kan word. (2)
8.7.2 Watter veld in hierdie navraag sal NIE vertoon word wanneer die
navraag opgeroep word NIE? (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2015
NSS
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
'n Skool wil graag 'n rekenaarnetwerk in hulle biblioteek opstel sodat leerders
navorsing vir hulle take kan doen. Mej. Mabona, die RTT-onderwyser, het ingestem om
die bibliotekaris, mnr. Joseph, met enige vrae oor rekenaars te help.
9.1 Noem EEN ergonomiese oorweging wat in gedagte gehou moet word
wanneer stoele gekoop word sodat die leerders op die rekenaars kan werk. (1)
9.2 Een van die programme wat mnr. Joseph vir die biblioteek wil koop, het die
volgende minimum stelselvereistes:
Dubbelkern ('Dual core') 1.8 GHz
2 GG-ETG ('GB RAM')
5 GG-hardeskyfspasie
Windows 8 of 8.1
1024 x 768
9.2.1 Wat beteken die term minimum stelselvereistes ('minimum system
requirements') in hierdie konteks? (2)
9.2.2 Mej. Mabona stel voor dat die skool rekenaars met hoër
spesifikasies as die vereistes hierbo koop.
Gee TWEE redes waarom dit goeie raad is. (2)
9.2.3 Na watter toestel verwys die '1024 x 768'-spesifikasie? (1)
9.2.4 Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van 'n
eiendomsregtelike ('proprietary') bedryfstelsel soos Windows in
plaas van 'n OBS (oopbronsagteware)-weergawe. (2)
9.2.5 Mnr. Joseph wil die nuwe program installeer, maar die hardeskyf
op die rekenaar het tans nie genoeg spasie nie.
Noem TWEE moontlike maniere waarop hy skyfspasie op die
bestaande hardeskyf beskikbaar kan stel. (2)
9.2.6 Mnr. Joseph het ook die keuse om webgebaseerde toepassings
te gebruik.
Gee kortliks TWEE moontlike redes waarom webgebaseerde
toepassings NIE 'n goeie oplossing vir die skool sal wees NIE. (2)
9.3 Mnr. Joseph is aangeraai om 'n dienspakket ('service pack') vir sy
kantoorpakket te installeer.
Gee TWEE voordele van die installering van 'n dienspakket. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2015
NSS
9.4 Mnr. Joseph wil 'n drukker vir die biblioteek bestel sodat die leerders hulle
projekte kan druk.
9.4.1 Gee TWEE voordele daarvan om 'n kaartleser of ekstra USB-poort
op 'n drukker te hê.
LET WEL: Dit sluit NIE die koppeling van die drukker aan die
USB-poort in NIE. (2)
9.4.2 Mnr. Joseph het 'n sigblad ontvang met die besonderhede en
pryse van al die drukkers wat in sy geval sal werk.
Watter sigbladeienskap kan hy gebruik om 'n lys van slegs 'n
spesifieke tipe drukker te maak? (1)
9.4.3 Noem TWEE maniere waarop mnr. Joseph die hoeveelheid papier
wat leerders gebruik, kan verminder. (2)
9.4.4 Noem TWEE omgewingsvriendelike maniere waarop leë inkhouers
hanteer kan word. (2)
9.5 Mnr. Joseph het 'n skandeerder ('scanner') vir die biblioteek gekoop.
9.5.1 Nadat hy die boks oopgemaak en uitgepak het, sien hy dat hierdie
tipe skandeerder nie 'n CD met drywers het nie.
Waar kan die drywers vir die skandeerder gevind of verkry word,
buiten by 'n winkel? (1)
9.5.2 Verduidelik wat elk van die volgende terme met betrekking tot die
skandeerder aandui:
(a) Kleurdiepte ('colour depth')
(b) spd ('dpi') (2)
9.6 Die rekenaars in die biblioteek sal aan die Internet gekoppel word.
9.6.1 Gee TWEE voordele van die gebruik van die Internet in plaas van
die boeke in die biblioteek om navorsing te doen. (2)
9.6.2 Noem die klas of tipe sagteware wat gebruik behoort te word om
ongemagtigde toegang tot die rekenaars op die netwerk vanaf die
Internet of van die rekenaars na die Internet, te voorkom. (1)
9.6.3 Leerders het Wikipedia vir hulle navorsing gebruik.
Wat is 'n wiki? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2015
NSS
9.7 Leerders en personeel word aangemoedig om wolkberging ('cloud storage')
te gebruik om hulle werk te stoor.
9.7.1 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van wolkberging
in plaas van 'n flitsskyf ('flash drive') om data en inligting te stoor. (2)
9.7.2 Noem EEN manier waarop personeel kan verseker dat hulle werk
gereeld na die wolk gerugsteun word. (1)
9.8 'n Weeklikse kunsklas sal lewend oor die Internet gestroom ('streamed')
word. Leerders sal deur middel van 'n videokonferensie kan deelneem.
9.8.1 Noem EEN toevoertoestel wat op die rekenaars geïnstalleer moet
word sodat die videokonferensie kan plaasvind. (1)
9.8.2 Gee TWEE voordele ten opsigte van onderrig en leer van die
gebruik van videokonferensies soos in hierdie scenario aangedui
word. (2)
9.8.3 Noem die hoofvoordeel van videostroming ('streaming'). (1)
9.8.4 Mnr. Joseph moet tussen die gebruik van 'n groot rekenaarskerm
of 'n dataprojektor vir die videokonferensie kies.
Gee TWEE redes waarom dit in hierdie geval beter sal wees om
'n groot rekenaarskerm te gebruik. (2)
9.9 Mej. Mabona het voorgestel dat die bediener in 'n vertrek met biometriese
sekuriteitbeheer geplaas word.
9.9.1 Waarom moet die bediener in so 'n vertrek gehou word? (1)
9.9.2 Noem TWEE beperkinge waarvan mnr. Joseph bewus moet wees
rakende biometriese vingerafdruksekuriteit, buiten enige
kosteverwante kwessies. (2)
9.10 Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n databasis in plaas van 'n sigblad om
inligting oor al die boeke in die biblioteek aan te teken. (2)
9.11 Mnr. Joseph het 'n databasis geskep om die inligting van al die boeke in
te voer.
Stel die geskikste datatipe vir elk van die volgende velde voor:
9.11.1 Die Koste-veld, wat die vervangingswaarde van elke boek in
'rand'-formaat sal stoor en vertoon (1)
9.11.2 Die ISBN-veld, wat die ISBN-nommer van elke boek sal bevat,
byvoorbeeld 918-6-619-42299-5 (1)
9.11.3 Die Opsomming-veld, wat 'n opsomming van 500 tot 1 000 woorde
sal bevat wat elke boek se inhoud beskryf (1)
9.11.4 Die Voorblad-veld, wat 'n foto van die voorblad van elke boek in die
veld self sal stoor (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2015
NSS
9.12 Mnr. Joseph het 'n databasis met rekords van al die persone wat skenkings
vir die projek gemaak het. Hy wil graag 'n verslag van die top 10-skenkers
skep ten opsigte van die totale bedrae wat hulle vir die projek geskenk het.
Beskryf die stappe wat hy moet volg om hierdie verslag in die databasis te
skep in breë trekke. (3)
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou *
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d/v1-f6162084d235af202af8/card.webp)
Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper