Skip to content
Memorandum

Dance Studies Grade 12 NSC November 2012 Memo

Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2012, 26 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Dance StudiesGrade 12201226 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS • In die inhoudsmemorandum is inligting verskaf as 'n bron om nasien te lei en om te help om die gehalte van die antwoord te assesseer. In baie vrae het kandidate 'n keuse tussen choreograwe/danswerke/inheemse danse, ensovoorts. Voorbeelde van al die verskillende werke kan nie in die memorandum verskaf word nie. • Kolpunte ('Bullets') is in die memo gebruik om nasien te vergemaklik. • Verwys na die vermoënsvlakke in die 'Fokusvraag'-tabel onder elke vraag om die hoë, medium en lae kognitiewe vlakke, wat in die antwoord verwag word, te bepaal. • Nasieners moet nie kandidate vir verkeerde gebruik van grammatika of spelling penaliseer nie, solank die kandidaat se antwoord duidelik en verstaanbaar is en aan die nasienkriteria (bv. die benoeming van spiere) voldoen. Hulle mag egter nie volpunte vir opstel-/paragraaftipe vrae kry as daar grammatika- en spel- foute is en die antwoord nie in die regte formaat geskryf is nie. • In baie van die kwalitatiewe vrae, waar volledige verduidelikings vereis word, is een regmerkie nie altyd aan een punt gelyk nie. Halwe punte kan toegeken word en aan die einde van die nasien afgerond word. • Vermy die toekenning van volpunte waar die antwoord oppervlakkig en minimaal is. Hierdie eksamen is die hoogtepunt van 'n 3 jaar-opleidingsperiode, van graad 10 tot 12, en die vlak van inspanning wat vereis word, is dieselfde as vir ander matriekvakke. • Waar kandidate agterlosige foute gemaak het, bv. nommering, moet die nasiener en moderator besluit of die kandidaat die betrokke vraag korrek beantwoord het. • Soek na dit wat die kandidaat weet, nie wat hy/sy nie weet nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING A: DANSGESKIEDENIS EN -TEORIE VRAAG 1 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Hoofdansvorm LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Verduideliking: 1.2 = 5 √ 5 Toepassing: 1.3 = 10 10 NOTA AAN NASIENERS • Kandidate moet oor 'n dansvorm wat hulle op skool geleer het, antwoord. • Die dansvorm moet deel uitmaak van die aanbevole dansvormlys volgens die beleidsdokument. • Kandidate het moontlik meer inligting in een afdeling as in 'n ander gegee. • Evalueer die hele antwoord om te bepaal wat die kandidaat weet en ken daarvolgens punte toe. • Kandidate mag slegs volpunte kry as hulle al die afdelings van 'n vraag beantwoord het. KRITERIA VIR NASIEN 1.1 Moenie punte toeken vir die naam van die hoofdansvorm nie. 1.2 Kandidate moet VYF feite oor die geskiedenis van hulle hoofdansvorm noem en dit verduidelik: Ken ‘n ½ punt vir die feit toe, ½ punt vir die verduideliking toe. (5) 1.3 Kandidate moet VYF beginsels/ eienskappe wat hulle in hulle dansklasse geleer het, noem en verduidelik. Moenie meer as die eerste VYF nasien, as meer gegee word nie. Ken TWEE punte per beginsel bespreek, toe, 1 punt vir (10) beginsel/eienskappe, 1 punt vir verduideliking . [15] VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE 1.1 Kontemporêre dans 1.2 Geskiedenis van die hoofdansvorm. Sien slegs die eerste VYF feite wat gegee word, na.  Kontemporêre dans het aan die begin van die 20ste eeu in Amerika en Duitsland ontwikkel.  Dit was 'n alternatiewe dansvorm wat ontstaan het in antwoord op die gestruktureerde formules van klassieke ballet.  Dit was 'n poging om die liggaam te bevry en om individueel kreatiwiteit en die uitdrukking van subjektiewe gevoelens te beklemtoon.  Kontemporêre dansers, ook genoem moderne dansers, was voortdurend op soek na nuwe maniere om dans uit te druk.  Elke choreograaf het sy/haar eie interpretasie ontwikkel wat 'n wye verskeidenheid style tot gevolg gehad het wat net so verskillend en voortdurend wisselend soos die beoefenaars was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Spesifieke tegnieke is met individuele danskunstenaars geassosieer, gebaseer op hulle bewegingsnavorsing en hulle opleiding en choreografiese werke, bv. Cunningham, Ailey, Graham en Limon.  Martha Graham is as die moeder van moderne dans beskou. Kandidate kan ook in hierdie formaat antwoord: Moderne dans het drie goed gedefinieerde ontwikkelingstydperke:  Die eerste was 'n era van pionierswerk en eksperimentering, wat die filosofieë en estetika van moderne dans neergelê het. Danskunstenaars het natuurlike en alledaagse bewegings gebruik om hulle eie danswoordeskat, tegnieke en choreografiese vorms te skep vir gebruik in werke waarin hulle die tweeledige rol van skepper én opvoerder aangeneem het. Daar was ook al hoe meer navorsing oor kulturele en etniese dansvorms wat in choreografiese werke geïnkorporeer is.  Die tweede tydperk het die vestiging van modernedans-geselskappe en -skole gekenmerk. Hieruit het die tweede golf voorpuntinnovasies ontstaan.  Die derde tydperk, wat die kulturele onstuimigheid van die laat 1960's en vroeë 1970's gereflekteer het, het wegbeweeg van gevestigde modernedans- konvensies. Die teater het die voortou geneem; die uitdrukking van politieke en sosiale idees het belangrik geword; daar was samewerking van gemengde media; uitvoerende kunste gebeure ('happenings') en verskillende omgewings vir dansopvoerings het die gevestigde moderne dans estetiese idees verander. Hierdie tydperk, dikwels ook postmoderne dans genoem, het gestalte gegee aan 'n nuwe tegniek, kontakimprovisasie. Die tegniek bestaan uit die ontdekking van hoe liggame beweeg in verhouding tot mekaar met gebruik van alledaagse bewegings, die opweeg van gewig en krag, vertroue en instinktiewe afwagting. Dit is 'n tegniek wat ook die basis vorm van 'n dans/drama wat as Fisiese Teater bekendstaan. (5) 1.3 Beginsels van kontemporêre dans. Sien slegs die eerste vyf genoem, na.  Sentrering: Dansers moet hulle middelpunt ('centre') ('solar plexus') vind. Beweging moet beheer word uit die middelpunt en 'n sterk middelpunt laat vryheid van beweging van ledemate: die arms, bene, kop en nek, toe. Dit help ook met balans.  Rigtingslyn: Postuur het met rigtingslyne te make, wat die liggaamsdele in verhouding met mekaar plaas.  Val en herstel: Kombineer asemhaling, sweef en swaartekrag. 'Val' is die volkome loslating van die spiere soos wat die liggaam aan swaartekrag toegee. 'Herstel' is die terugkeer van energie wat deur die onderste deel van die val loop en op dieselfde pad voortbeweeg soos die swaai van 'n pendulum.  Suspensie/Sweef: Dis 'n langdurige hoogtepunt. Dit word by die hoogtepunt van die beweging geskep deur die beweging te laat aanhou en die oorneem van swaartekrag te vertraag/teen te werk.  Balans en van balans af: Innerlike balans steun op 'n bewustheid van gewig en druk. Om regop te staan moet ons gewig oor ons voete versprei wees, anders sal swaartekrag ons laat omval. Die deel van die liggaam waar die gewig gesentreer is, word die 'swaartepunt' genoem wat in die liggaam op heuphoogte (die pelvis) is. Wanneer die pelvis verplaas word, is die liggaam van balans af, soos in 'n kanteling of in val en herstel. Gebruik van beweging waar jy van balans af is, gee 'n gevoel van dringendheid, lewenskrag of gevaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Swaartekrag: Bewegings word deur swaartekrag aangetrek en terug bons, gebruik die vloer en gewig.  Swaaie en momentum: Swaaibewegings, soos 'n pendulum, is afhanklik van swaartekrag. Swaartekrag trek die swaaibeweging af, maar die momentum wat verkry word soos dit val, veroorsaak dat dit weer opswaai. Daar is 'n oomblik aan die einde van 'n swaai waar dit stilstaan/suspensie, maar dan veroorsaak swaartekrag weer dat dit val.  Asemhaling: Asemhaling is 'n ekspressiewe instrument, bv. beweging met 'n gevoel van asemhaling gee 'n gevoel van vryheid en harmonie.  Sametrekking en vrylating: Martha Graham het op die fisiologiese effekte van die asemhalingsaksie gefokus – die eb en vloei van asemhaling en die effek daarvan op die torso soos wat dit uitsit en saamtrek en op die funksie van sametrekking en vrylating van spiere.  Spanning en ontspanning: Spiere trek saam en ontspan sodat ons kan staan en beweeg. Spanning en ontspanning laat ons ook uitdruk hoe ons voel. Alle beweging bestaan tussen hierdie twee teenoorgestelde pole – absolute spanning – so gespanne dat jy nie kan beweeg nie – tot absolute ontspanning – so ontspanne dat jy nie kan beweeg nie.  Opposisie/Teëstand: Opposisie impliseer twee dinge wat teen mekaar werk of in die teenoorgestelde rigting werk.  Opeenvolging: Opeenvolging is die teenoorgestelde van opposisie. Dit is 'n opeenvolgende pad van beweging deur dele van die liggaam – 'n golfagtige reaksie, waar liggaamsdele in dieselfde rigting beweeg, eerder as in teenoorgestelde rigtings of bewegings, een na die ander. Spiraal: Dit is die draai van die liggaam op sy as (om die ruggraat). Dit word gebruik vir balans, beheer en draai. (10) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 2 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Choreografie LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Besinning: 2.1 √ 2 Toepassing: 2.2 3 NOTA AAN NASIENERS • Baie moontlike antwoorde kan gegee word. • Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die vraag nagesien word. KRITERIA VIR NASIEN 2.1 Ken 2 punte toe as die kandidaat TWEE uitdagings waarvoor hy/sy te staan gekom het toe hy/sy sy/haar choreografieprojek voorberei het, identifiseer en verduidelik. Eenwoord-antwoorde mag NIE volpunte verdien NIE. ½ punt vir identifisering, ½ vir verduideliking. (2) 2.2 Ken 3 punte toe as die kandidaat redelike verduidelikings gee van hoe hy/sy hierdie uitdagings oorkom het. Eenwoord-antwoorde mag NIE volpunte verdien NIE. 2.2.moet met 2.1 verband hou. (3) [5] VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE 2.1 Leerders kan enige TWEE van die volgende of ander noem  Vind die regte idee/tema vir die dans wat in betekenisvolle beweging ontwikkel kan word.  Kies die regte musiek om die dans te komplementeer en om dit die dinamiek te gee wat nodig is om die tema/idee oor te dra.  Kies betroubare dansers wat by alle repetisies teenwoordig sal wees.  Om in staat te wees om te onderrig/bestuur en saam met portuurgroep te werk (wat ook my vriende is) en om terselfdertyd die tema/idee oor te dra.  Vind tyd om te repeteer saam met al my ander verantwoordelikhede.  Vind 'n dansspasie om in te repeteer; so baie dansers probeer almal op dieselfde tyd werk, met beperkte spasie beskikbaar.  Nie genoeg geld om die nodige kostuums/rekwisiete te kan koop nie.  Om die publiek oor die naderende geleentheid in te lig aangesien bemarking ook geld kos. (2) 2.2 Hoe uitdagings oorkom is. Die antwoord moet direk verband hou met die uitdagings genoem in VRAAG 2.1.  Het navorsing oor die tema gedoen om meer kennis te verkry en om dit beter te verstaan.  Het na 'n groot verskeidenheid musiek wat by die skool of vriende geleen is, geluister sodat daar 'n keuse van geskikte musiek is.  Het seker gemaak dat die dansers wat gekies is, beskikbaar en toegewyd is om middagrepetisies by te woon. Ontwerp 'n verklaringsvorm vir dansertoegewydheid wat beide hulle en hulle ouers moet teken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Het baie improvisasie gedoen sodat dansers rondom die tema kan eksperimenteer en bydra tot die choreografie deur nuwe en interessante bewegings te skep.  Het 'n rooster opgestel sodat almal 'n kans kry om te repeteer in die opvoeringsruimtes wat beskikbaar is. Oefen met die dansers in die plaaslike gemeenskapsaal/garage by die huis.  Het vir 'n maand tydens pouses koekverkopings/loterye gehou voor die choreografie-optrede om fondse in te samel.  Het die skoolhoof gevra om die koste van die druk van strooibiljette, wat in die gemeenskap uitgedeel word, te borg. (3) [5] VRAAG 3 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Klassieke seremoniële dans LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Kennis √ √ 5 Kolpunt 1 = 1 Kolpunt 3 = 3 Kolpunt 4 = 2 Toepassing: 3 Kolpunt 2 = 2 Evaluering: 2 Kolpunt 5 = 2 NOTA AAN NASIENERS • Kandidate moet oor een van die inheemse Afrika klassieke seremoniële danse wat in die skool onderrig is, skryf. • Kandidate moet geen punte ontvang as hulle nie oor 'n inheemse Afrika klassieke seremoniële dans skryf nie, bv. Pantsula- en 'Gumboot'-danse is nie klassieke seremoniële danse nie. • Kandidate moet die inligting in brief-/blogformaat skryf. Trek 1 punt af as die formaat verkeerd is. Die brief behoort ‘n adres, groet en ‘n afsluiting in te sluit en die blog moet ‘n titel hê. • Alle kolpunte moet deur die kandidaat beantwoord word om volpunte te kry. • Memo's word nie in formaat geskryf nie, maar eerder met kolpunte om nasieners 'n riglyn te gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum KRITERIA VIR NASIEN Kolpunt 1: Kandidate moet die spesifieke naam van 'n dans en die plek van oorsprong gee. Geen veralgemening sal aanvaar word nie. Byvoorbeeld, hulle moenie die woord 'Zulu-dans' gebruik nie aangesien daar spesifieke name vir die AmaZulu-danse is, soos Umhlanga (Die Rietdans) ensovoorts. Ken 'n halwe punt toe vir die naam van die dans en 'n halwe punt vir die plek van oorsprong. (1) Kolpunt 2: Kandidate moet spesifiek wees en in besonderhede verduidelik wat die rol van die seremoniële dans in die gemeenskap is en wie die deelnemers sou wees (ouderdom, geslag, rang en rol). Kolpunt 3: Kandidaat moet in besonderhede beskryf wat gedra word (kleredrag)/ gebruik word/vasgehou word in die dans. Kolpunt 4: Kandidate moet in besonderhede verduidelik watter musiek/begeleiding/klanke gebruik word. Kolpunt 5: Kandidate moet in besonderhede verduidelik hoe simboliek in die seremoniële optrede gebruik word. [10] TWEE MOONTLIKE ANTWOORDE VOORBEELD 1 Kolpunt 1:  Die Rietdans. (½)  Opgevoer by die koninklike woning by KwaNyokeni-paleis, tuiste van die amaZulu- koning. (½) Kolpunt 2:  Die amaZulu-rietdans word deur amaZulu-meisies en die prinsesse opgevoer.  Die dans versinnebeeld en vestig 'n gevoel van trots, samehorigheid en identiteit in jongmense.  Daar word gesê dat dit die huwelik, lojaliteit en kuisheid bevorder.  Dit is vir baie jare nie gedoen nie, totdat die huidige amaZulu-koning dit teruggebring het in 'n poging om die verspreiding van Vigs te keer.  Aan die einde van die dans kan die koning een van die meisies as sy vrou kies aangesien poligamie 'n groot deel van die koninklike amaZulu-kultuur is.  Die dans laat die meisies toe om hul koning te ontmoet en met die prinsesse te meng terwyl hulle riete aflewer.  Die dans is 'n opvoedkundige ondervinding en 'n geleentheid vir jong meisies om te leer hoe om voor te koning op te tree. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Kolpunt 3:  Die prinses wat lei dra 'n 'inyogo', wat uit die galblaas van 'n offerdier gemaak is.  Die meisies dra 'izigege' ('n stuk lap wat die voorkant van die onderste deel van die liggaam bedek) en 'izinculuba' wat hulle boude vertoon.  Tradisionele drag sluit kralewerk in wat Afrika-skoonheid op sy beste vertoon.  Elke meisie dra 'n riet wat by die rivier gesny is en bring dit na die koninklike paleis (2) vir die koning. Kolpunt 4:  Meisies skree, ululeer en sing jubelend nadat die prinses die riet optel en dit heel bly.  Die gesing en gedans hou aan terwyl die prosessie na die paleisingang beweeg.  Ratels word om die enkels gedra om by te dra tot die ritme wat met die voete gemaak word.  As die koning verskyn om die prosessie van meisies dop te hou, word hy deur sy (2) digters of lofsangers ('isimbongi') geprys. Kolpunt 5:  Die uitrustings wat die meisies dra, simboliseer die jeugdigheid en reinheid van die maagde.  Tradisionele drag sluit kralewerk in wat deel is van die liggaamsversiering. Die kleure het ook simboliese betekenis.  Die riet uit die rivier wat die meisies dra, simboliseer die mag van die natuur en die oorsprong van die amaZulu.  Daar word ook geglo dat as die riet breek, dit simbolies kan wees vir die feit dat die meisie wat die riet dra nie meer 'n maagd is nie en dit sou 'n skande vir haar familie wees.  Sirkelpatrone wat tydens die dans gemaak word, is 'n belangrike deel van die ritueel want dit simboliseer eenheid onder die deelnemers en die gesamentlike (2) doel van die nasie oor die rituele seremonie. [10] VOORBEELD 2 Kolpunt 1:  Domba – die luislangdans (½)  Oorsprong in Venda (½) Kolpunt 2:  Domba word deur jong baVhenda-meisies opgevoer as deel van hulle inisiasieseremonie.  In die verlede was die vroue wat die inisiasieskool bygewoon het, oud genoeg om te trou.  Meer onlangs moes jong meisies deur die proses gaan om as deel van die baVenda-samelewing aanvaar te word. Deesdae gaan selfs baVhenda-meisies wat in stede grootword terug na Venda om aan die ritueel deel te neem, sodat hulle in hulle samelewing aanvaar kan word.  Domba leer jong meisies of vroue oor hulle rol in die samelewing.  Dit leer hulle 'n gedragskode oor hoe om ware baVenda-vroue te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Dit leer hulle hoe om die man as hoof van die huis te respekteer en hoe hulle die mans in hulle lewens moet behandel. Die mans in hulle lewens kan hulle vader, broers, man of skoonfamilie wees.  Dié wat oud genoeg is om te trou, word geleer wat hulle rol as moeders en vroue is en hulle verantwoordelikheid om goed vir hulle mans en kinders te sorg.  Hulle word oor geboorte geleer en hoe om swangerskap en die geboorteproses te hanteer. (3)  Venda het bewustheid van MIV/Vigs in die leer van die Domba-dans ingesluit. Kolpunt 3: Die jong baVenda-ingewydes dra:  Kort, geplooide rompies  Hoofbedekkings met kleurvolle kralewerk  Halssnoere wat die boonste gedeelte van die borskas en rug bedek sonder om die (2) borste te bedek  Voetratels Kolpunt 4:  Die hoofdeelnemers sing en dans.  Die deelnemers wat hulle vergesel, gewoonlik ouer vroue, sing, klap en speel tromme.  Drie tipes tromme, wat almal verskillende klanke het, word gespeel.  Fluitjies word as gids gebruik om die dansers se tydsbepaling en oorgange te lei. (2)  Die gebruik van 'n koedoehoring dui die begin van die seremonie aan. Kolpunt 5:  Een van die belangrikste simbole in die Domba-dans is die luislang, wat met die skep van mense en diere geassosieer word. Hierdie simboliek kan gesien word in die opvoering van die dans waar vroulike ingewydes in 'n ry agter mekaar staan, gekoppel aan die meisie voor haar deur haar elmboog vas te hou. Die visuele effek is die beweging van die arms wat lyk soos 'n slang.  Aan die ander kant lyk hierdie bewegings ook soos die beweging van die voortplantingsorgane, veral die baarmoeder.  Tydens die dansopvoering word drie tromme gebruik, die ingoma vir basklanke, thungwa vir alt en murumba vir tenoor. Die ingoma, volgens die baVenda mistieke leringe, simboliseer die luislang of 'n poel water. In party gevalle word dit ook gesien as die baarmoeder van die vrou.  Die kombinasie van hierdie drie tromme simboliseer die hartklop van die moeder, (2) die vader en 'n kind. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 4 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Choreograaf LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG 4.1 – Suid-Afrikaanse √ √ 1 5 choreograaf: Kolpunt 1 = 1 Kolpunt 2 en 3 = 5 4.2 – Internasionale 1 5 choreograaf: kolpunt 1 = 1 Kolpunt 2 en 3 = 5 4.3 – Vergelyking van 8 choreografiese style NOTA AAN NASIENERS • Gebruik jou professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord geassesseer word. • Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee daarvolgens punte. • 4.3 moet 'n vergelyking van die style van die twee choreograwe toon. • Memo's word nie in formaat geskryf nie maar eerder met kolpunte om die nasieners 'n idee te gee van hoeveel die kandidaat moet skryf. • Geen punte word vir kolpunt 1 gegee nie. • Moenie punte toeken vir werke wat in die voorgeskrewe lys gelys is nie. KRITERIA VIR NASIEN • Alle punte deur kolpunte aangedui, moet ingesluit word om die kandidaat volpunte te gee. • 4.1 en 4.2 moet as 'n programnota geskryf word, in volsinne met noodsaaklike gedetailleerde inligting oor die choreograaf. Kolpunte moet nie gebruik word nie. • As 4.1 en 4.2 nie as 'n programnota geskryf is nie, kan 'n maksimum van 2 punte afgetrek word. • Spesifieke inligting in teenstelling met veralgemening word vereis. • Kandidate kan nie volpunte gegee word as daar groot taal- en spelfoute is nie. • 4.3 is 'n hoëvlakvraag en 'n vergelyking word vereis, nie slegs 'n lys van die twee choreograwe se stilistiese kenmerke nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VOORGESKREWE VOORGESKREWE SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE SUID-AFRIKAANSE DANSWERKE Alfred Hinkel Last Dance (Bolero) Carolyn Holden Imagenes Gary Gordon Bessie's Head Hazel Acosta Blood Wedding Mavis Becker Flamenco de Africa Sylvia Glasser Tranceformations Veronica Paeper Orpheus in the Underworld Vincent Mantsoe Gula Matari VOORGESKREWE VOORGESKREWE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE INTERNASIONALE DANSWERKE Alvin Ailey Revelations Christopher Bruce Ghost Dances of Rooster George Balanchine Apollo of Agon Marius Petipa en Lev Ivanov Swan Lake Martha Graham Appalachian Spring of Lamentation Paul Taylor Esplanade Vaslav Nijinsky Le Sacre du Printemps Joaquin Ruiz Mar de Tierra Antonio Gadez Carmen of Blood Wedding VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORD 4.1 Kolpunt 1: ALFRED HINKEL Kolpunt 2:  Hierdie bekende Suid-Afrikaanse choreograaf is in Namakwaland/ Nababeep gebore. (1) Kolpunt 3:  Hinkel se begeerte om te dans het die tradisionele grense van die klein kopermyndorpie waar hy grootgeword het, uitgedaag.  Sy vader wou nie dat hy dans nie aangesien hy dit as slegs vir vroue beskou het. Hinkel moes dus op die ouderdom van 10 stilletjies, saam met 'n vriend, balletklasse bywoon.  Daar was ook baie min dansplekke in die area wat sy vordering verder belemmer het.  Hy het UCT toe gegaan om drama te studeer en is deur die bewegingsklasse wat aangebied is, geïnspireer om verder in dans te studeer. Hy het later by die UCT Balletskool aangesluit maar was ontnugter deur die balletopleiding wat hy ontvang het.  Hy het later teruggekeer na Nababeep waar hy in die arm gemeenskappe met baie min geriewe begin klasgee het – hierdie ondervinding sou die grondslag lê vir sy oorspronklike en vindingryke manier van onderrig.  Twee mense wat 'n sterk invloed op Hinkel se lewe gehad het, was Dawn Landown en John Linden – die drie het die Namakwaland Dansgeselskap gevorm waar die eerste opvoering van Bolero geskep sou word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Hinkel was nog altyd bewus van die politieke situasie in Suid-Afrika en oor die jare heen het sy werke die huidige politieke toestande in die land weerspieël. Dit het ook rasse- en geslagsdiskriminasie ingesluit. Kolpunt 4:  Hinkel het Jazzart by Val Steyn oorgeneem. Die geselskap het voortgegaan om onder sy regie te floreer as een van die eerste veelrassige geselskappe in die land.  Hinkel het baie werke wat oor die sosio-politieke situasie in Suid-Afrika handel, geregisseer en opgevoer.  Dit was Hinkel se blootstelling aan Afrika-dans deur die Abamanyani Project wat die manier waarop Hinkel choreografie beskou het, hervorm het en hoe hy begin het om improvisasie as 'n kragtige instrument te gebruik om sy werk te ontwikkel.  Jazzart is nog altyd met die 'stryd' geaffilieer en sy mees betekenisvolle prestasie is steeds dat hy die geselskap op effektiewe wyse by die land se veranderende politieke en artistieke konteks kon aanpas. (5) 4.2 Kolpunt 1: ALVIN AILEY Kolpunt 2:  Hierdie wêreldbekende danser, choreograaf, onderwyser en artistieke direkteur is in 1931 in Texas in die Verenigde State van Amerika gebore. (1) Kolpunt 3:  Hy is deur een van sy onderwysers aan dans bekendgestel toe hy 18 jaar oud was en besig was om as 'n atleet opgelei te word.  Hy is later deur onderwysers soos Lester Horton, Martha Graham en Charles Weidman in New York en Los Angeles onderrig.  In Ailey se werk toon hy sy swart wortels en kulturele/godsdienstige opvoeding.  Hy het in die segregasietydperk grootgeword toe daar teen Afro- Amerikaners gediskrimineer is.  Sy gemeenskap was baie gelowig. In swaar tye het hulle kerk toe gegaan vir lofprysing en aanbidding.  In Ailey se werk sien ons sy geloof en dié van die Baptiste Kerkgemeenskap waar hy grootgeword het. Kolpunt 4:  Hy het as direkteur van die Horton Geselskap oorgeneem toe Horton oorlede is.  Hy het sy eie geselskap, The Alvin Ailey American Dance Theatre, gestig.  Ailey choreografeer werke soos Cry.  Hy het saam met Hugh Masekela, die Suid-Afrikaanse jazz-musikant, aan 'n stuk, Masekela's Language, gewerk.  Sy suksesvolste danswerk, Revelations, het die spesialiteitsdanswerk van sy geselskap geword. Revelations het 'n wêreldtoer in lande soos Suid- Afrika en ander onderneem.  Ailey het al vir geselskappe soos The American Ballet Theatre gechoreografeer.  Ailey was 'n inspirasie vir baie swart dansers en choreograwe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  Ailey se grootste bydrae tot dans was die manier waarop hy populêre style en die ondervindinge en gelowe van swart mense met sy groot teatervaardighede saamgesmelt het. (5) 4.3 Vergelyking – Ailey en Hinkel:  Ailey was 'n meester wat mense met pragtige, goed opgeleide dansers, met mooi kostuums op pragtig verligte verhoë vermaak het. Hinkel, aan die ander kant, het nie altyd werke opgevoer wat sou vermaak nie en die inhoud sou dikwels ontstellend wees. Hinkel werk hoofsaaklik met onopgeleide dansers en ontwikkel hulle talent deur sy eie opleidingsmetodes wat ontwikkel is deur in minderbevoorregte areas te werk. Hinkel se idee van kostuums het nie oor skoonheid gegaan nie, maar oor funksionaliteit en toepaslikheid. Hinkel het ook 'n artistieke vaardigheid gehad om sy verhoë op manjifieke wyse te belig.  Ailey het jazz, ballet, kontemporêre en Afrika-elemente in sy danswerke gekombineer. Hinkel kombineer ook 'n mengsel van style – kontemporêr, Afrika-, Indies asook klassieke elemente van dans.  Ander invloede wat in Ailey se styl gesien word, is die Graham-tegniek, die Horton-tegniek, asook Afrika-dansinvloede. Sy vroeëre gimnastiek- opleiding is ook duidelik in die atletiese styl van die beweging. Hinkel is grootliks beïnvloed deur Afrika-dans wat sy manier van choreografeer totaal hervorm het. Hy het sy eie opleidingstyl en 'n metode wat hy meer as 30 jaar gebruik het om sy dansers op te lei, ontwikkel. Sy metode is hoofsaaklik die vrylatingstegniek.  Beide choreograwe het die sosio-politieke invloede om hulle as inspirasie (8) vir hulle werke gebruik. [20] VRAAG 5 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Danswerkresensie LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Kolpunt 2 – Sinopsis √ 4 Kolpunt 3 – Bewegingskat 4 Kolpunt 4 – Produksie- 5 elemente Kolpunt 5 – Choreografiese 4 struktuur Kolpunt 6 – Gevolgtrekking 3 NOTA AAN NASIENERS • Gebruik jou professionele oordeel wanneer die gehalte van die kandidaat se antwoord geassesseer word. • Kandidate kan meer inligting in een afdeling as in ander gee. • Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee daarvolgens punte. • Memo's is nie in formaat geskryf nie, maar eerder met kolpunte om die nasieners 'n idee te gee van hoeveel die kandidaat moet skryf. • All die inligting word nie by die memo ingesluit nie, aangesien dit net 'n gids is oor hoeveel die kandidaat moet skryf. • As dit nie as 'n resensie geskryf is nie, kan 'n maksimum van 1 punt afgetrek word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/November 2012 NSS – Memorandum KRITERIA VIR NASIEN • Al die kolpunte moet ingesluit wees vir die kandidaat om volpunte te kry. • Die antwoord moet as 'n resensie geskryf wees, in volsinne met gedetailleerde inligting oor die danswerk. • 'n Maksimum van 1 punt kan afgetrek word as dit nie die korrekte formaat is nie. • Spesifieke inligting word vereis eerder as veralgemening. • Kolpunt 4: produksie-elemente ken ½ punt vir die naam en ‘n ½ punt vir die verduideliking of simbolisme toe. • Kolpunt 5: struktuur kan insluit afdelings/solo, duet, groepe kanon/unison/herhaling/roep-en-antwoord) • Moenie volpunte toeken as daar groot taal- en spelfoute is nie. VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORD Kolpunt 1:  Revelations deur Alvin Ailey – REVELATIONS ONTHUL Kolpunt 2: Sinopsis/Doel – Kandidate kan 'n oorsig van die sinopsis gee of 'n ontleding van die verskillende afdelings.  Revelations kombineer die optimisme, tydloosheid en Afro-Amerikaanse kultuur wat so baie van sy werk definieer.  Die dans is in die swart kultuur gewortel, spesifiek die kerk en die rol wat dit speel as 'n bron van geestelike raadgewing asook sosiale ondersteuning.  Revelations is nie beperk tot 'n kerkgaande gehoor nie. Dit is miskien die rede waarom dit nooit voel asof die werk verouderd is nie.  Hierdie baie beroemde en geliefde danswerk vertel die storie van die swart mense se stryd van slawerny na vryheid wat die triomfantlikheid van die menslike gees wys.  Hierdie danswerk was 'n persoonlike, sosiale en politieke stelling wat die geloof van die Amerikaanse swartes tydens die onderdrukking daardie tyd uitgebeeld het en hoe hulle krag in 'n tyd van teëspoed in die kerk gevind is. Kolpunt 3: Bewegingskat  Ailey kombineer kontemporêre, klassieke en Afrika tradisionele elemente in hierdie danswerk.  Ailey maak gebruik van die plié, développé, tendu, pirouette en verskeie ander klassieke balletbewegings. By hierdie tradisie sluit hy kontemporêre elemente in.  Ailey gebruik handgebare, armbewegings en port de bras met groot effek.  Die manlike solo vir die geestelike Wanna Be Ready is die beste voorbeeld van Ailey se gebruik van die vloer. Die stuk begin en eindig met die danser op die vloer. Kolpunt 4: Produksie-elemente/Simboliek  Hierdie eerste afdeling begin in die donker met slegs 'n sentrale poel lig op die verhoog. Die dansers is naby mekaar gegroepeer in hierdie sentrale poel lig wat hulle eenheid as 'n groep teen donker/onbekende magte buite die sirkel kan simboliseer.  In die dooptoneel, kan die blou siklorama agterop die verhoog die stemming van reinheid simboliseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/November 2012 NSS – Memorandum  'n Man wat 'n paal met wit linte vashou, lei 'n vrou met 'n wit sambreel en 'n man en vrou wat gedoop gaan word, op die verhoog met die liedjie Wading in the Water. Die rekwisiete gebruik simboliseer 'n werklike doop.  Die mans dra wit broeke en wit maasstofbostukke. Die vroue dra lang, wye, vloeiende wit rokke met valle onderaan. Die gebruik van wit kostuums kan reinheid simboliseer.  Die dansers beweeg met ligte, vloeiende bewegings tussen twee groot stukke lap wat oor die verhoog strek, een wit en een blou, wat die water simboliseer.  In die finale toneel dra die mans geel hemde met 'n onderbaadjie en swart broeke. Die vrouens dra lang vloeiende geel rokke, hoede en waaiers. Die kostuums simboliseer 'n kerkgaande gemeenskap wat hulle beste klere aantrek kerk toe.  Hierdie toneel word versterk deur die gebruik van 'n oranje siklorama met 'n geel sirkel in die middel – simbolies van die son en 'n nuwe begin. Kolpunt 5: Choreografiese middels  Daar is baie draaipassies wat deur die vloei van die rokke beklemtoon word.  Ailey gebruik groot groepe dansers wat versigtig bymekaar geplaas is en ook trio's, pas de deux en solo's.  Revelations maak 'n stelling met passies en patrone wat nou verwant is aan die musiek en die stemming wat daargestel word.  Die beweging vloei altyd en dit gebeur min dat daar 'n groep dansers is wat dieselfde passies op dieselfde tyd maak. Dit is baie verskillend en baie besig.  Die dansers werk uit die torso met die gebruik van die Graham-tegniek van saamtrek en vrylaat. Die gebruik van swaartekrag is duidelik aangesien die werk goed gegrond is en die dansers die vloer as 'n instrument gebruik en nie as 'n voorwerp wat teen hulle werk nie. Kolpunt 6: Gevolgtrekking  Revelations is 'n energieke, opwindende en aanloklike dans wat ballet, kontemporêre dans, Afrika- en jazz-tegnieke gebruik.  Met sy teatrikaliteit, ryk musiek, humor en teerheid, selfs 'n tikkie bitterheid, kan dit trots in swart toeskouers uitbring sonder om die wit toeskouers uit die teater te verjaag.  Revelations word as 'n meesterstuk beskou en dit is definitief 'n opvoering wat nie misgeloop moet word nie. TOTAAL AFDELING A: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: MUSIEKTEORIE VRAAG 6 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Note LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Analise √ 4 NOTA AAN NASIENERS Leerders moet twee note vir 6.1 - 6.4 aandui. As meer of minder note aangedui word, sefls as die nootwaarde korrek is, mag dit nie aanvaar word nie. ANTWOORD 6.1 Of twee agstenote gekombineer (1) 6.2 (1) 6.3 (1) 6.4 (1) [4] VRAAG 7 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Musiekgenres LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Kennis √ 2 NOTA AAN NASIENERS Drie musiekgenres moet gegee word – ½ punt elk vir noem Een feit vir elke voorbeeld = ½ punt vir elke voorbeeld MOONTLIKE ANTWOORDE • Afrikamusiek – gebruik tromme en sang/ingewikkelde ritmes/polsend en energiek (1) • Klassieke musiek – dikwels gebruik vir ballet/baie instrumente gebruik met groot orkes, bv. simfonieorkes. (1) • Jazzmusiek – dikwels gebruik vir klopdanse aangesien dit gesinkopeerd is/ musikante improviseer dikwels met gebruik van instrumente soos trompette, saksofone, ensovoorts. • Latyns-Amerikaanse musiek – dikwels gebruik vir sosiale danse/baie verskillende tipes ritmes, soos die rumba, samba, tango, ensovoorts. (1) [3] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 8 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Italiaanse terme LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Kennis √ 2 MOONTLIKE ANTWOORDE 8.1 Hard gespeel (1) 8.2 Stadig en statig (1) [2] VRAAG 9 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Danswerk/Komponis LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG 9.2 Kennis √ 1 9.3/9.4 Toepassing 5 NOTA AAN NASIENERS • Baie moontlike antwoorde kan gegee word. • Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die antwoord nagesien word. • Kandidate mag dalk meer inligting in een afdeling as in ‘n ander afdeling gegee het. Gebruik jou professionele oordeel wanneer punte toegeken word. KRITERIA VIR NASIEN 9.1 Moenie 'n punt toeken vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie, maar die kandidaat moet aandui watter choreograaf en danswerk hulle bespreek. 9.2 Ken 1 punt toe vir die naam van die komponis/groep of musikante. (1) 9.3 Ken 2 punte toe vir 'n beskrywing van die musiek. (2) 9.4 Ken 3 punte toe vir hoe die musiek die danswerk versterk. (3) [6] VOORBEELD VAN 'N MOONTLIKE ANTWOORD 9.1 Alfred Hinkel – Last Dance (Bolero) 9.2 Komponis Maurice Ravel (1) 9.3 Beskrywing van die musiek:  Bolero is geskryf vir 'n groot orkes en het baie instrumente nodig.  Die struktuur van Bolero is buitengewoon eenvoudig. Dit bestaan hoofsaaklik uit 'n enkele melodie wat met verskillende orkestrasies vir elke repetisie herhaal word. Die melodie wat in C majeur deur die fluite gespeel word, begin die stuk piano (saggies). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 9.4 Hoe die musiek die werk versterk:  'n Snaartrom hamer terselfdertyd 'n ritme uit wat dwarsdeur die stuk volgehou word – dit komplementeer die gebruik van 'gumboot'-ritmes.  Die begeleiding verbreed totdat die volle orkes forte (hard) aan die einde speel met twee tromme wat eenstemmig speel. Soos wat die musiek groei, so groei die bewegings totdat daar 'n donderende golf van klank van die dansers in kombinasie met die klimaks van die musiek is.  Bolero maak goed gebruik van kontrapunt. Die melodie word deur verskillende instrumente gedra. Soos wat meer instrumente by elke herhaalde melodie bykom, so kom meer dansers en dansstyle by. Dit simboliseer die vereniging van verskillende mense en kulture wat almal in harmonie saamwerk teen die einde van die dans/musiek.  Daar word gesê dat Ravel se Bolero die langste crescendo in musiek is en dit word verbind aan die lang vryheidstryd in Suid-Afrika wat dikwels deel is van Hinkel se doel in die verskillende weergawes van Bolero. (3) [6] VRAAG 10 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Musiekinstrumente/-kategorie/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG -elemente Kennis √ 5 ANTWOORDE 10.1 C Aërofone 10.2 B Marimba 10.3 D 6/8 10.4 B Monofonies 10.5 D ¾ [5] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING C: ANATOMIE EN GESONDHEIDSORG VRAAG 11 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Portuurdruk LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG 11.1 Analise 4 11.2 Evaluering √ √ √ 4 NOTA AAN NASIENERS • Baie moontlike antwoorde kan gegee word. • Gebruik professionele oordeel wanneer die gehalte van die vraag nagesien word. • Memo is in kolpunte ('bullets') geskryf om te help met nasien. KRITERIA VIR NASIEN 11.1 Die kandidaat moet in staat wees om voorbeelde van portuurdruk by die skool/in die dansklas te identifiseer. (4) 11.2 Die kandidaat moet in staat wees om konstruktiewe menings te gee oor hoe om negatiewe portuurdruk te vermy. (4) [8] MOONTLIKE ANTWOORDE 11.1  Gebruik dwelmmiddels/Drink om deel te wees van 'n gewilde groep/bende.  Betrokke in seksuele verhoudings om aanvaar te word/gewild te wees.  Afwesigheid/Stokkiesdraai om saam met vriende te kuier.  Aantrek op 'n manier waarvan jy eintlik nie hou nie, sodat jy modieus kan wees.  Koop toerusting/selfone, ens. om in te pas en om met ander mee te ding.  Doen nie huiswerk nie – word beskou as 'n bleeksiel/nie koel om slim te wees nie.  Om nie dans te neem as 'n vak nie want, dit word beskou as 'n aktiwiteit vir meisies – stereotiperingsdruk op seuns.  Om nie dans te neem as vak nie want dit word beskou as 'n aktiwiteit vir slegs nie-akademiese leerders – stereotipering dat dans maklik is. (4) 11.2  Kies jou vriende versigtig – maak seker jy het ten minste een vriend(in) met dieselfde waardes as jy het en wat vir jou kan opstaan.  Sluit aan by jeuggroepe met goeie waardes en wat jou aanvaar.  Doen aktiwiteite na skool soos sport/dansklasse ensovoorts om aktief te bly en om gestimuleer te word.  Praat met jou ouers/onderwysers/skoolraadgewer oor portuurdruk wat jou pla.  Dink vooruit en hê doelwitte en drome vir jou toekoms.  Jy moet die moed hê om nee te sê.  Jy moet trots wees op jou individualiteit en waag om uniek te wees – moenie net die skare volg nie.  Wees 'n leier, nie 'n volger nie – stel 'n voorbeeld deur integriteit. (4) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 12 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Spiere en aksies LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Herroep: 12.1/12.2/12.4 √ 3 Analise: 12.3 3 KRITERIA VIR NASIEN In 12.3 moet leerders 'n duidelike beskrywing van die oefening gee om volpunte te verdien. ANTWOORD 12.1 Rectus abdominis (1) 12.2 Enigeen van die drie antwoorde hieronder:  Fleksie van die romp  Laterale fleksie van die romp  Rotasie van die romp (1) 12.3 Voorbeeld van een moontlike oefening  Lê op jou rug met jou knieë gebuig en die dye gelig oor die torso.  Hande agter jou kop met elmboë na die kant toe.  Begin deur fietsrybewegings met die bene te maak met groot sirkelbewegings.  Gebruik teenoorgestelde elmboë tot knieë met die bo-rug van die vloer af gelig. (3) 12.4 Kernstabiliteit/ spieruithouvermoë/ krag (1) [6] VRAAG 13 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Spiere/Gewrigsaksies LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Naam van spier: √ √ 8 13.1–13.8 Anatomiese aksie en gewrig: 8 13.1–13.8 NOTA AAN NASIENER • As die verkeerde anatomiese spiernaam vir A gegee is, kan geen punte vir B toegeken word nie. • Kandidate kan 'n wye reeks antwoorde vir B gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/November 2012 NSS – Memorandum KRITERIA VIR NASIEN • Ken 1 punt toe vir die naam van die spier. • Ken ½ punt toe vir die anatomiese aksie/beweging en ½ punt vir die gewrig/spesifieke liggaamsdeel wat beweeg. • Sien slegs die eerste aksie/beweging en die gewrig/liggaamsdeel gegee, na. ANTWOORDE 13.1 A Deltoid/Deltoïed (1) B Anterior: Fleksor en mediale roteerder van die humerus/boarm (1) Mediaal: Abdukt die skouergewrig Posterior: Ekstensor en laterale roteerder van die humerus/boarm, aktief in abduksie 13.2 A Adduktors (1) B Adduk die dy/femur/bobeen/heup (1) Fleksie en mediale rotasie van die dy/femur/bobeen/been Interne/ inwaartse rotasie van die dy/femur/bobeen/been Eksterne/ uitwaartse rotasie van die dy/femur/bobeen/been 13.3 A Sartorius (1) B Heupfleksie (1) Kniefleksie Laterale of uitwaartse rotasie van die femur/bobeen/dy Abduksie van die femur/bobeen/dy Mediale rotasie van die tibia op die femur 13.4 A Gastrocnemius (1) B Plantaarfleksie van die enkelgewrig (1) Fleksie van die knie 13.5 A Agterdyspier ('hamstring') (1) B Ekstensie/Strekking van die heup (1) Fleksie van die knie Mediale rotasie van die semigeflekseerde knie Laterale rotasie van die semigeflekseerde knie 13.6 A Triceps brachii (1) B Strek die elmbooggewrig (1) Addukt die humerus/boarm 13.7 A Gluteus maximus (1) B Heupekstensie (1) Roteer die femur/bobeen lateraal Uitwaartse rotasie van die femur/bobeen Abdukt die femur/bobeen 13.8 A Quadriceps (1) B Ekstensie van die kniegewrig (1) Fleksie van die heupgewrig [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 14 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Veilige gebruik van die LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG liggaam en beserings Kennis: 14.1/14.2 √ √ 8 Toepassing: 14.3 4 Analise: 14.4 4 KRITERIA VIR NASIEN 14.1 Volpunte kan nie toegeken word as die kandidaat nie vier moontlike oorsake genoem en verduidelik het nie. (4) 14.2 Volpunte kan nie toegeken word as die kandidaat nie vier moontlike oorsake genoem en verduidelik het nie. (4) 14.3 Ken 4 punte toe vir 'n gedetailleerde verduideliking van die onmiddellike behandeling. As RYKE ('RICE') in detail verduidelik is, ken 4 punte toe. (4) 14.4 Ken slegs volpunte toe as die komplikasies verwant aan dansopleiding verduidelik is. Ken slegs ½ punte toe as slegs komplikasie gegee word en geen verduideliking nie. (4) [16] VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE 14.1 Swak tegniese faktore:  As jy oor 'n lang tydperk nie genoeg opwarm nie, sal daar stremming op jou spiere en ligamente geplaas word omdat dit nie gereed is om kragtig/energiek te werk nie.  Swak tegniek: Knie-/voetrigtingslyn is verkeerd, dikwels veroorsaak deur verkeerde gebruik van uitdraai ('turnout') – nie uitdraai van been uit die heuppotjie nie, maar eerder die voete wat uitdraai en sodoende stremming op die knie plaas.  Pronasie (rol) van die voete en land verkeerd na spronge. Die swak vorm hierbo kan ook oorstrekking van die mediale ligamente van die knie veroorsaak en kan veroorsaak dat dit beskadig word en skeur.  Verkeerde postuur en liggaamsrigtingslyne veroorsaak oormatige stremming op kniegewrigte. (4) 14.2 Slegte omgewingsfaktore  Vloer: - 'n Geveerde houtvloer is noodsaaklik aangesien dit as 'n skokabsorbeerder optree. Daarsonder kan jy beserings opdoen en probleme met jou voete, tibia (skeenbeensplinters) en rugstring kry. - Die besering kan veroorsaak word deur op 'n betonvloer te dans – dit gee nie mee nie en kan nie die skok van impak wanneer na 'n sprong geland word, absorbeer nie. Dit plaas spanning op die gewrigte, veral die enkels, knieë en heupe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/November 2012 NSS – Memorandum - 'n Nat vloer is gevaarlik want dansers kan gly. - Te veel hars kan taai kolle veroorsaak wat draaibewegings bemoeilik en verstuite knieë en enkels kan veroorsaak. - Krake en gate in die vloer kan die vel op die voete oopskeur.  Ateljeetemperatuur: - Spiere moet warm wees om goed te werk en om beserings te voorkom. - As die ateljee te koud is, bly die spiere styf en beserings kan maklik gebeur. - As die ateljee te warm is, kan dit lei tot oormatige sweet en dehidrasie asook spiermoegheid wat tot 'n besering kan lei.  Skoene: - Skoene wat goed pas is noodsaaklik om beserings te voorkom.  Kleredrag: - Los/sakkerige klere kan beweging belemmer en die risiko vir beserings verhoog, byvoorbeeld broeke wat te lank is, kan veroorsaak dat die danser gly. - Klere wat te styf sit kan beweeglikheid belemmer. - Om met sokkies aan te dans kan die kans om te gly verhoog en moet vermy word. (4) 14.3 Onmiddellike behandeling: • Rus - stop alle aktiwiteite onmiddellik. • Ys moet op die beseerde area geplaas word om swelling en moontlike pyn te verminder. • Kompressie/Drukking op die knie wat die akkumulasie van vloeistof in die beseerde area sal teëwerk. Verlig die drukking gereeld. • Elevate/Lig (op) die knie om swelling te minder en vloeistowwe uit die beseerde area te dreineer. • As sy/hy op 'n sementvloer gedans het, moet dit onmiddellik gestaak word en sy/hy behoort op 'n geveerde vloer, wat as skokabsorbeerder optree, dans. (4) 14.4 Komplikasies: • Styfheid in die beseerde area – dit sal moeilik wees om die gewrig te beweeg en 'n reeks bewegings te doen. • Terugkerende pyn in die beseerde area – swelling kan bly en die omvang van beweging kan beperk wees as gevolg van die ongemak. • Verlies aan fiksheid as gevolg van klasse wat gemis is – alle fiksheidskomponente sal vermeerder moet word om weer vorige fiksheidsvlakke te behaal. • Leer nie nuwe bewegingsoefeninge nie – dansskat kan beperk raak en sy/hy sal dit moeilik vind om nuwe bewegings in die klas aan te leer en kan agterraak. • Gewigstoename as gevolg van geen oefening – vlak van selfvertroue sal tydens dansklas daal. (4) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 15 FOKUS VAN VRAAG LEERUITKOMSTE VERMOËNSVLAKKE Fiksheidskomponente LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG Definisie: 15.1 √ √ 2 Toepassing: 15.2 4 Evaluering: 15.3/15.4 8 NOTA AAN NASIENERS Gebruik professionele oordeel wanneer die kandidaat se antwoord geassesseer word. Hulle mag 'n wye reeks antwoorde gee. KRITERIA VIR NASIEN 15.1 Kandidate moet die brein, senuweestelsel en spiere noem en hoe hulle funksioneer vir hierdie komponent. (2) 15.2 Kandidate moet 4 vaardighede noem en verduidelik – ken ½ punt toe as slegs die vaardigheid genoem is. (4) 15.3 Kandidate mag nie oor spesifieke oefeninge om krag te ontwikkel, skryf nie, maar moet verduidelik hoe om dit in die klas te bereik. (4) 15.4 Kandidate word gevra om 'n verduideliking van dansopvoering te gee. Tipes strekoefeninge of oefeninge om soepelheid te ontwikkel moenie punte verdien nie. (4) [14] VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE 15.1 Definisie – neuromuskulêre vaardighede:  Die brein stuur boodskappe na die liggaam via die senuwees/senuweestelsel.  Die senuwees loop van die brein af met die rugstring langs en vertak dan na elke deel van die liggaam.  Die brein beheer all willekeurige spierbewegings. (2) 15.2 Vaardighede wat genoem kan word. Sien slegs die eerste vier gegee, na.  Balans – die vermoë om bewegings te beheer.  Ratsheid – die vermoë om vinnig te beweeg.  Kinestetika – die bewustheid van hoe jou liggaam beweeg.  Ruimtelik – die bewustheid van die ruimte wat deur jou liggaam/andere/opvoeringsruimte gebruik word.  Ritme – vermoë om bewegings by musiek te pas.  Reaktiwiteit – die vermoë om te reageer op veranderende omstandighede/reageer toepaslik – emosie.  Koördinasie van hand-, oog- en liggaamsbewegings, ens. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 15.3 Ontwikkeling van krag in die dansklas. Sien slegs eerste vier gegee, na.  Dit kan slegs bereik word deur die spiere gereeld te oefen en om meer as alledaagse bewegings te doen.  Al die spiere in die liggaam moet gekondisioneer word om optimale krag/sterkte te bekom. Dit beteken dat die spiere in die arms, bene en torso moet werk.  Kontinuïteit – 'n danser moet gereeld, ten minste vier keer 'n week, klas bywoon.  Of spierkrag ontwikkel of nie, word bepaal deur die hoeveelheid moeite wat ingesit word om die spiere te vra vir meer. Dit word 'progressiewe oorlading' genoem. As dieselfde oefening/beweging op dieselfde manier in elke klas gedoen word, sal die spiere nie ontwikkel nie – die kompleksiteit van bewegings moet voortdurend vermeerder word.  Spiersterkte komplementeer spierkrag. Dit is die vermoë van 'n spier om 'n krag of beweging met spoed uit te voer. Dit is noodsaaklik dat 'n danser spierkrag en -sterkte saam sal vermeerder, aangesien dit in alle opvoerings benodig word. (4) Buigbaarheid en verbeterde prestasie. Sien slegs die eerste vier gegee, na.  Dit is 'n noodsaaklike element om posisies en bewegings reg te kry.  Dit laat vryheid van beweging toe.  Dit verleen grasie en gemak aan dansbewegings.  Dit is 'n doeltreffende manier om beserings te voorkom.  Laat toe vir die uitbreiding van die dansskat – 'n wyer reeks bewegings kan opgevoer word. (4) [14] TOTAAL AFDELING C: 60 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all