Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
DANSSTUDIES
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentMemorandum 











View all





Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Memo
Grade 12 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Dance Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 244.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
AFDELING A: GESKIEDENIS
VRAAG 1
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Improvisering/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
choreografiese
elemente/teater √ √
elemente
Kennis – 1.3 10
Toepassing – 1.1
4
Ontleding – 1.2 6
MOONTLIKE ANTWOORD:
1.1 Improvisasie is die proses om spontaan beweging te skep. Dit sluit in ʼn
verskeidenheid kreatiewe verkennings van vlakke, vorm en dinamika en
sensoriese ondervindings deur aanraking of kontak improvisasie. Dans-
improvisasie is nie net oor nuwe bewegings skep nie maar kan ook beskryf
word as ʼn wyse om die liggaam vry te maak van gewoontevormende patrone
wat die choreograaf kan help om nuwe maniere te vind om bewegings te
verken en te interpreteer.
Hierdie verkennings kan help om jou bedoeling/intensie in choreografie oor te
dra. Deur improvisasie kan jy jou bewegings ontwikkel en verken om betekenis
te gee aan jou choreografie en nie net niksseggende, betekenislose passies
saam te gooi nie. Dit sluit ook jou dansers se idees en bewegingwoordeskat in
wat hulle dan ook meer betrokke maak by die kreatiewe proses. (4)
1.2 Leerders kan baie verskillende voorbeelde gee – drie hieronder ingesluit:
Ek sal altyd die elemente van dans nl. SPASIE, TYD, KRAG in aanmerking
moet neem. Hierdie moet in my danswerk gebruik word omdat elkeen sal
bydra tot die dinamiek van my werk. Ek moet my dansers in interessante
maniere spasieer en vlakke en patrone gebruik om tot die tema te spreek. Ek
moet die spoed van die danspassies in ag neem en probeer om die tempo in
ooreenstemming met die musiek te varieer sodat die bewegings nie
repeterend en vervelig word nie – almal op dieselfde maatslag. Ek moet die
krag van die bewegings oorweeg aangesien dit die betekenis/emosie agter
elke beweging wat ek mag gebruik sal bepaal.
Ek sal die bewegings varieer deur die gebruik van ʼn kanon wat soortgelyk is
aan ʼn Meksikaansegolf – verskillende dansers herhaal dieselfde beweging
maar met verskillende pouses. Dit skep altyd belangstelling. Ek kan ook
spieëlbeelde gebruik wat die gebruik is van bewegings wat balans skep deur
wat op die een kant van die verhoog gebeur presies op die anderkant te
spieëlbeeld. (6)
1.3 1.3.1 Eksperimenteer met verskillende tipes musiek. Jy kan jou eie musiek
komponeer saam met die kunstenaars of iemand vra om musiek saam
te stel vir jou dans deur gebruik te maak van perkussie-instrumente en
stemme. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 3
1.3.2 Eksperimenteer met rekwisiete en kostuums. Maak seker dat die
opvoerders genoeg tyd het om gewoond te raak aan die kostuums en
vertroud te raak met die rekwisiete. Vermy kostuums wat nie gepaard
gaan met die dans nie of besering kan veroorsaak (iets wat krap, haak
of gly). Rekwisiete en kostuums moet oortuigend tot die dans bydra,
en moet nie alleenlik vir die effek gebruik word nie. (2)
1.3.3 Besluit op die soort stelontwerp en beligting wat jy nodig het.
Ondersoek jou opsie op ʼn verhoog of opvoerruimte. Skep ʼn
noukeurige ontwerpte stel vir jou dans. Moenie toelaat dat die
afwesigheid van ʼn konvensionele teater verhoed dat jy kreatief en
teatraal dink nie. (2)
1.3.4 Maak gebruik van sommige van die tegnologie wat beskikbaar is, in jou
werk. Jy kan skyfies, video of film gebruik en skep ʼn werk slegs vir
film/video of verwerk jou bestaande dans vir die kamera. Gebruik
verskillende kamerahoeke en beligting om jou te inspireer om nuwe
maniere te vind om die dans te besigtig. (2)
1.3.5 Jy kan ook die teks in jou werk gebruik. Maak seker dat die teks gepas
is vir jou tema. Die dans woordeskat en die gesproke woordeskat
moet mekaar aanvul om ʼn geïntegreerde geheel te vorm. (2)
[20]
VRAAG 2
HIER ONDER IS DIE VOORGESKREWE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE
Internationale choreograwe Danswerke
George Balanchine Appollo or Agon
Alvin Ailey Revelations
Martha Graham Appalachian Spring or Lamentation
Christopher Bruce Ghost Dancers or Rooster
Marius Petipa en Lev Ivanhof Swan Lake (Swanemeer)
Vaslav Nijinski Le Sacre du Printemps
Paul Taylor Esplanade
MEMO:
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Choreograaf/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
danswerk
√
Kennis – 2.1 5
Toepassing – 2.3
6
Ontleding – 2.2,
2.4, 2.5, 2.6 9
Downloaded from hlayiso.com
4 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
ASSESSERINGSKAAL
0 – 5 PUNTE 6 – 10 PUNTE 11 – 15 PUNTE 16 – 20 PUNTE
SWAK REDELIK GOED UITSTEKEND
Die antwoord is nie Die antwoord is geskryf Die antwoord is goed Die antwoord is
geskryf as ʼn brief nie as ʼn brief met kennis geskryf as ʼn brief met uitstekend geskryf as ʼn
met geen kennis van van die choreograaf se goeie kennis van die brief met akkurate
die choreograaf se agtergrond en choreograaf se kennis van die
agtergrond en opleiding. Sommige agtergrond en choreograaf se
opleiding. Geen kennis van wat die opleiding. Goeie agtergrond en
kennis van wat die choreograaf kennis van wat die opleiding. Akkurate
choreograaf geïnspireer het as ook choreograaf kennis van wat die
geïnspireer het as ook musiek, dekor ontwerp geïnspireer het as ook choreograaf
musiek, dekor ontwerp en kostuums. musiek, dekor ontwerp geïnspireer het as ook
en kostuums. Geen Sommige kennis van en kostuums. Goeie musiek, dekor ontwerp
kennis van die die dansstyle wat kennis van die en kostuums.
dansstyle wat gebruik gebruik is en die dansstyle wat gebruik Uitstekend kennis van
is en die toepaslikheid toepaslikheid van die is en die toepaslikheid die dansstyle wat
van die danswerk. danswerk. van die danswerk. gebruik is en die
toepaslikheid van die
danswerk.
EEN MOONTLIKE ANTWOORD:
Liewe Marie
Ek hoop dit gaan goed. Ek moet jou vertel van die danswerk wat ons hierdie jaar
doen.
Die naam van die danswerk is “Ghost Dansers”, gechoreografeer deur Christopher
Bruce in 1981 vir die Rampert dansgeselskap.
Christopher Bruce was as kind aangemoedig om te dans en het baie geleenthede
gehad om te ontwikkel tot die danser wat hy geword het. Hy was blootgestel aan
ʼn wye verskeidenheid dansstyle –ballet, kontemporêr, klopdans, akrobatiese dans
en dit is alles bewese in sy werk vandag.
Hy was ook as choreograaf gekoester en sy artistieke talent is aangemoedig
tydens sy betrokkenheid met Ballet Rambert; die verskeidenheid en
eksperimentering van die werk van hierdie geselskap het Bruce se natuurlike talent
gestimuleer. Hy het verskeie werke vir die Rambert geselskap gechoreografeer en
hy was aangestel as mededirekteur en later as mede-choreograaf. Bruce was
toenemend in aanvraag as choreograaf dwarsoor die wêreld. Hy het ʼn verhouding
opgebou met die Nederlands Dans Teater, Deense Koninklike Ballet en die
Houston Ballet en het gechoreografeer vir musikale blyspele, operas, film en
televisie. Hy is huidig een van die leidende choreograwe in die wêreld. Vanaf
1994 tot 2002 was Bruce die direkteur van die Rambert Dans geselskap en in
hierdie rol het hy opdrag gegee vir baie nuwe werke deur bekende internasionale
choreograwe soos Merce Cunningham (VSA) en Jiri Kilian (Nederland). In Junie
1998 is Christopher Bruce se rol as een van Brittanje se toonaangewende
choreograwe, in beide ballet en kontemporêre geselskappe, erkenning gegee met
die toekenning van ʼn CBE vir ʼn leeftyd van diens aan dans. (5)
Mnr. Bruce se aanvanklike inspirasie vir hierdie werk was tweeledig:
Die musiek is aan Bruce gegee – Suid-Amerikaanse volksliedjies – deur sekere
vriende en hy was gefassineerd deur die eenvoudigheid en patos daarvan.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 5
Ongeveer dieselfde tyd het hy begin belangstel in die politiese oproer teenwoordig in
baie Suid-Amerikaanse lande en meer spesifiek die militêre oorname in Chili. Baie
van Bruce se werke handel oor politieke temas aangesien dit ʼn area is waardeur hy
diep geraak word. Hy vind ooreenkomste in ander lande soos in Noord-Ierland en
uiteindelik het die dans ʼn uitdrukking van menslike gees, menseregte, wreedheid en
lyding geword. (3)
Die musiek vir die werk is deur Chileense groep Inti-Illimani. Dit sluit in twee liedere
en vier volkswysies. Die musiek word dikwels lewendig opgevoer. Die instrumente
gebruik sluit in klassieke en baskitaar, kant dromme en verskeie slaginstrumente.
Die windklanke in die openingstoneel is opnames.
Die stel ontwerp bly deurgaans dieselfde. Dit verteenwoordig ʼn strak en rotsagtige
area wat beide ʼn vlakte en grot kan wees. Op die verhoog is daar sewe rotsagtige
strukture. Die karakters in hierdie werk word byeen gebring in hierdie
ontmoetingsplek wat verteenwoordigend is van ʼn sogenaamde “plek van afwagting”
of tipe onderwêreld waar die dood ons deur tonele van hul lewe neem. Die stel
ontwerp versterk ook die atmosfeer van die werk en dra by tot die impak wat die drie
geeste in hul dierlike manier skep wanneer hulle op die rotse vir hulle prooi wag.
Ek moet jou van die kostuums vertel. Die geraamte beelde van die Geeste word
geskep deur die gebruik van lyfverf om die beenstruktuur te beklemtoon. Die Geeste
dra lappe om hul middels, gewrigte en onder die knieë om ʼn dierlike voorkoms te
skep. Bruce was geïnspireer deur die doodsmaskers wat deur Suid-Amerikaanse
Indiane gedra word wanneer hulle doodsrituele vier. Die geraamte maskers soos
gedra deur die geeste is ʼn produk hiervan. Die maskers skep ʼn gevoel van geen
emosie aangesien die uitdrukking op die maskers nie verander nie en dit dra by tot
die gevoel van dood wat geen emosie en geen empatie toon nie. Die Dood dra
alledaagse klere – rokke, serpe en pakke, maar hierdie is verflenter en slordig en dra
by tot die beeld van ontbering en geweld wat hierdie mense ondervind het. Die
individuele uitrustings gee ook ʼn sin van die karakters se ouderdom en status in die
gemeenskap – sommige van die kostuums toon onskuld in die jeug (die meisie in die
wit rok) en sommige van die kostuums wys vir ons karakters wat ouer is (broeke,
hemde en dasse). Dit kan simboliseer dat oorlog/dood almal affekteer ongeag van
hulle ouderdom. Al die kostuums versterk die karakterisering maar verhinder of
oorskadu nie die beweging nie. (6)
Bruce kombineer ʼn mengsel van style in hierdie werk. Alledaagse bewegings en
gebare, kontemporêre dans, klassieke ballet bewegings, volksdanspassies sowel as
dierlike akrobatiese-bewegings (die Geeste). (2)
Die werk is steeds relevant omdat oorlog en onderdrukking van onskuldige mense
voortgaan en die mense het nog nie geleer uit sy foute van die verlede nie. As Suid-
Afrikaanse leerders kan ons,ons hiermee vereenselwig aangesien SA onderwerp
was aan groot geweldpleging en onderdrukking van individue gedurende die
apartheidsera. (2)
Ek hoop jy het hierdie danswerk net so interessant gevind, soos ek het.
Hoop om binnekort van jou te hoor.
Jou vriendin.
Amy. (2)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
6 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 3
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Kruis kulturele LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
/Inheemse
√
Dans/elemente
Kennis – 3.1.1,
3.1.2, 3.1.4 11
Toepassing – 3.1.3
5
Ontleding – 3.2 4
ASSESSERINGSKAAL
1–5 6 – 10 10 – 15 16 – 20
SWAK REDELIK GOED UITSTEKEND
Die antwoord is nie as Die antwoord is Die antwoord is Die antwoord is
ʼn artikel geskryf nie geskryf as ʼn artikel goed geskryf as ʼn uitstekend geskryf
met geen kennis van met sommige kennis artikel met kennis as ʼn artikel met
die naam, rituele en van die naam, rituele van die naam, akkurate kennis
simboliek wat in en simboliek wat in rituele en simboliek van die naam,
hierdie dans gebruik hierdie dans gebruik wat in hierdie dans rituele en simboliek
word. Geen kennis word. Sommige gebruik word. wat in hierdie dans
van vergelyking van kennis van vergelyking Goeie kennis van gebruik word.
teater- en kulturele van teater- en kulturele vergelyking van Akkurate kennis
instellings. Geen instellings. Sommige teater- en kulturele van vergelyking
kennis van die kennis van die instellings. Goeie van teater- en
gemeenskaplike gemeenskaplike kennis van die kulturele
elemente in rituele elemente in rituele gemeenskaplike instellings.
danse. danse. elemente in rituele Uitstekend kennis
danse. van die
gemeenskaplike
elemente in rituele
danse.
VOORBEELD VAN EEN MOONTLIKE ANTWOORD:
NOTA AAN MERKER: die leerders sal ʼn wye verskeidenheid van reaksies toon
in 3.1. Enige 4 elemente wat in VRAAG 3.2 gegee word is aanvaarbaar.
3.1 DIE RIETE IS REG OM TE DREUN (ROMMEL)
Die welbekende Rietdans van KwaZulu Natal (KZN) was in sy oorspronklike
vorm deel van ʼn stam ritueel, opgevoer as ʼn verenigde feesviering vir die
Zoeloe volk en ʼn geleentheid vir die Zoeloe koning om met sy mense kennis
te maak terwyl hy oor die seremonies leiding neem.
Volgens tradisie mag slegs maagde deelneem aan die feesvieringe, om te
verseker dat hulle werklik rein is. Zoeloe mitologie bepaal as ʼn jong meisie
nie ʼn maagd is nie haar riet sal breek en sy haarself in die publiek in
verleentheid stel. Die Rietdans is ʼn ernstige geleentheid vir die jong vroue
maar ook ʼn geleentheid om hulle sang, dans en kralewerk ten toon te stel.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 7
Die dans ontleen sy naam van die rivierbedding riete wat die sentrale fokus van
die vierdaagse geleentheid is. Die rietstokke word deur ongeveer 10,000 jong
meisies van verskillende gemeenskappe vanuit die hele provinsie gedra. Dit is
ʼn groot eer vir die jong vroue om uitgenooi te word om aan die Rietdans
seremonie deel te neem en ʼn bron van groot trots vir hul familie en hul
gemeenskap.
Die Riet simboliseer die mag van die natuur en die oorsprong van die Zoeloe
volk. Volgens tradisie het die oorspronklike voorvader vanuit die rivierbedding
te voorskyn gekom. As die riet heel bly simboliseer dit die jong meisie se
maagdelikheid. Die dans simboliseer ook die eenheid en krag van die
gemeenskap.
Die dans bevorder reinheid onder die maagdelike jong meisies en respek vir
vrouens; die jong meisies word deur senior vrouens geleer hoe om op te tree en
om trots te wees op hulle maagdelikheid en liggame. Dit laat die jong meisies
toe om respek af te dwing by hul vryers wat hulle gedurende die seremonie sal
nader. In onlangse tye het die Koning die Rietdans feesvieringe toepaslik
gebruik om die volk op te voed, veral die jeug oor kritiese sosiale
aangeleenthede soos praktiserende seksuele morele standaarde en gedrag om
tienerswangerskap en Vigs uit te werk.
Die meisies dra kort kralerompe versier met fraiings en knope; enkelringe,
armbande en halssnoere, en kleurvolle serpe. Elke serp het aanhangsels van
verskillende kleure wol- stringe wat simboliseer of die meisie beloof is vir die
huwelik of nie. Die koninklike familie se prinsesse dra rooi vere in hul hare en
lei die jong meisies in die opvoering vir die koninklikes. Elke groep het hulle eie
spesifieke dansbewegings en sang wat hul respek vir die koning en sy moeder
simboliseer.
Die Rietdans was oorspronklik ʼn vorm van kommunikasie en manier van die
oudstes om stories en lesse aan die jonger generasie oor te dra sowel as ʼn
manier van bid of die geeste van voorvaders te vereer. Die bewegings het
spesifieke betekenis wat die dansers en die gemeenskap verstaan. Beide die
dansers en die gemeenskap is deelnemers in die uitvoering van hierdie dans.
Die dans het vandag nog hierdie funksie behalwe dat dit wye publisiteit verkry
het en is nou ʼn groot toeriste aantreklikheid vir mense wat in KZN bly asook
besoekers. As gevolg van die wye gewildheid is dit welbekend en word dit
dikwels as inspirasie vir choreografie in die teatrale agtergrond.
Die opvoering van die dans teen ʼn teatrale agtergrond verander die manier
waarop dit aangebied word maar ook ontvang word. Die gehoor mag nie
bewus wees wat die dans probeer kommunikeer of wat die bewegings beteken
of simboliseer nie of hulle mag dit verskillend interpreteer gebaseer op hul eie
kulturele agtergrond. Dit bring egter die inheemse kulturele danse na ʼn wyer
gehoor en stel kykers bloot aan die ryke verskeidenheid van kulture in ons
land. Die teatrale opvoerings sal moontlik minder outentiek wees en sekere
kulture mag beswaar maak as hul rituele omskep word in vermaak. (16)
Downloaded from hlayiso.com
8 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
3.2 Plekke – in ʼn dorpie/ʼn hut/ʼn oop ruimte, ens.
Vuur – verskaf lig en is ʼn fokuspunt.
Ritmiese herhaling – bewegings word ritmies herhaal, wat bydra om die
krag te versterk.
Liggaamsversierings – maskers, vere, gras, kostuums, gekleurde
stene en skulpe, geverfde gesigte en liggame.
Klanke – dromme, dreunsang, sang, hande klap, voet stampe.
Sirkel – skep ʼn gevoel van gemeenskap, almal kyk na mekaar.
Dikwels word om iets gedraai – vuur, put, paal of persoon.
Gebare – gebruik van hande om emosies of aksies voor te stel.
Nabootsing – van die natuur (diere, voëls, insekte), elemente (vuur, water,
lug, aarde), gebeure of emosies. (4)
[20]
VRAAG 4
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Gemeenskap projek LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
√
Toepassing 10
VOORBEELD VAN EEN MOONTLIKE ANTWOORD:
Geagte Prinsipaal
Ons verstaan dat ons skool ʼn toekenning van R5 000,00 van die regering ontvang het
om gebruik te word vir ʼn projek om die jong mense in ons gemeenskap op te hef.
Ons, die Graad 12 Dansstudieleerders wil graag voorstel dat hierdie toekenning aan
die dansdepartement gegee word om ʼn gemeenskapsentrum vir dans by die skool
daar te stel.
Ons wil hierdie projek inisieer met die bedoeling om dit op ʼn volgehoue basis onder
die toesig van elke jaar se graad 12 dansleerders te bestuur en sodoende te verseker
dat daar ʼn konstante groei plaasvind.
Baie van ons jongmense gaan na skool na leë huise, het geen toesig of geen
konstruktiewe stokperdjies wat hulle kan besig hou nie. Gereelde dansklasse bied vir
leerders op ʼn prettige manier die geleentheid om te leer hoe om gesond te leef, aktief
te wees en hou hulle uit die strate. Dit sal ook vir hulle ʼn fokuspunt gee en iets om na
uit te sien.
Ons stel voor om die dansateljee twee middae ʼn week asook Saterdag oggende aan
ons beskikbaar te stel. Leerders sal in geskikte ouderdomsgroepe ingedeel word en
sal na spesifieke klasse op verskeie dae klasse bywoon.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 9
Die klasse sal basiese versorging van die liggaam, veilige maniere om die liggaam
te gebruik asook onderrig ontvang in ʼn verskeidenheid populêre danstegnieke.
Daar is baie jong werklose volwassenes in ons gemeenskap wat uitstekende hip
hop en straatdansers („break dance‟) is wat die klasse kan onderrig. Ons stel voor
dat hierdie jongmense aangestel word om die klasse in die middae en op Saterdae
waar te neem en vir hulle dienste betaal word. Die graad 12 leerders sal die leiding
neem en toe sien dat die klasse vlot verloop.
Elke jaar se graad 12 leerders sal uitgedaag word om fondsinsamelings te hou en
borgskappe te kry om te verseker dat die klasse op ʼn volgehoue basis kan
plaasvind en aan die einde van die dag goedopgeleide kompeterende jong dansers
sal oplewer. Daar is baie vertonings en kompetisies wat die dansers voor kan
inskryf. Dit kan ook help om die fondse aan te vul en almal bewus te maak van die
projek. Beide leerders en onderwysers se prestasies sal selfvertroue inboesem en
ʼn trots ontwikkel. Van die fondse kan toegeken word vir kostuums en vervoer na die
verskeie vertonings en kompetisies betaal.
Ons voel dat hierdie projek in ʼn betekenisvolle gemeenskaps-danssentrum kan
ontwikkel en vir almal betrokke tot geweldige voordeel kan strek waar almal
bemagtig sal word en eienaarskap kan neem in hierdie ontwikkeling.
Ons vertrou dat u ons voorstel vir die oprig van ʼn gemeenskaps-danssentrum
gunstig sal oorweeg en hierdie fondse aan ons sal toeken. Ons kan u verseker dat
die geld oordeelkundig spandeer sal word.
Die uwe
Die Graad 12 Dansstudieleerders 2012. [10]
TOTAAL AFDELING A: 70
Downloaded from hlayiso.com
10 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B: MUSIEK
VRAAG 5
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Nootwaardes/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
rustekens/musiek-
√
notasie waardes
Kennis – 5.2 2
Toepassing – 5.1 8
7e
MOONTLIKE ANTWOORD: Slegs twee voorbeelde word gegee in VRAAG 5.1.1
en 5.1.2, maar kandidate kan verskillende ander antwoorde gee.
10c
5.1 5.1.1 (4)
18b
1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3
18d
5.1.2 (4)
1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3
12 3 4 12 3 4 1234 1234
5.2 Dit kan die gehoor emosioneel betrokke maak.© Royal Academy of Dance 2006
12 3 spanning
Dit kan 4 1skep.
2 3& 4 1 2 3 4 1 2 3 4
Dit help om die verhaal te vertel.
© Royal Academy of Dance 2006
Dit ondersteun die karakters in hul rolle.
Dit skep ʼn bepaalde atmosfeer.
Dit beklemtoon sekere tonele. (2)
[10]
© Royal Academy of Dance 2006
© Royal Academy of Dance 2006
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 11
VRAAG 6
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Musiek LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
elemente/ritme
√
Toepassing – 6.1 5
Evaluering – 6.2 5
MOONTLIKE ANTWOORD:
6.1 6.1.1 Onwaar (1)
6.1.2 Waar (1)
6.1.3 Waar (1)
6.1.4 Onwaar (1)
6.1.5 Waar (1)
6.1.6 Waar (1)
6.2 6.2.1 Let wel: Enige TWEE van die instrumente hier onder mag gebruik
word:
Viool, Klarinet, Piccolo, Tjello (2)
6.2.2 Let wel: Enige TWEE van die instrumente hier onder mag gebruik
word:
Kora, Jembe drom, Krak, Marimba (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 20
Downloaded from hlayiso.com
12 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
AFDELING C: ANATOMIE EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 7
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Spiere/gewrigte/ LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
gewrig
√
aksies/terme
Kennis – Name van
spiere 8
Toepassing –
anatomiese
aksie/gewrig/bene
wat dit beweeg. 8
Ontleding – 7.9 4
ANTWOORD: (Enige een van die volgende antwoorde in VRAAG 7.1.2 – 7.8.2 is
aanvaarbaar).
7.1.1 Deltoïed 7.1.2 Abduksie (weg van die middellyn) van die
boarm. (2)
7.2.1 Sternocleidomastoid 7.2.2 Rotasie van die kop (sywaarts).
Fleksie (die kop vorentoe buig). (2)
7.3.1 Sartorius 7.3.2 Heup fleksie (lig van been na vore). Knie
fleksie (buig van die knie) lateraal of
uitwaartse rotasie/abduksie van die femur. (2)
7.4.1 Gastrocnemius 7.4.2 Plantaar fleksie (lig van die hak/punt van
die tone. (2)
7.5.1 Erector Spinae 7.5.2 Verlenging van die nek en ruggraat (buig
die liggaam agteroor). (2)
7.6.1 Triceps Brachii 7.6.2 Ekstensie (reguit maak) van die elmboog. (2)
7.7.1 Gluteus Maximus 7.7.2 Heup ekstensie/ laterale uitwaartse rotasie
van femur/abduksie van die femur. (2)
7.8.1 Quadriceps 7.8.2 Ekstensie (reguit maak van die knie).
(vierkopspier) Fleksie (lig van been na vore) van die heup. (2)
7.9 7.9.1 B (1)
7.9.2 B (1)
7.9.3 C (1)
7.9.4 C (1)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 13
VRAAG 8
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Beserings – LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
oorsake/
Behandeling /
√
voorkoming/
komplikasies
Kennis – 8.1, 8.2
2
Toepassing – 8.3
4
Ontleding – 8.4, 8.5
9
ANTWOORD:
8.1 Omdat albei knieë geaffekteer is, lei Mary moontlik nie van ʼn akute besering
nie (soos van ʼn val), maar het liewer ʼn kroniese/oorgebruik besering op
gedoen. (1)
8.2 Die weefsel wat betrokke is, is of oorrek/skeuring van die mediale ligamente of
die skeuring van die kraakbeen of die inflammasie (seningitis) of die patella
sening (springers knieë). (1)
8.3 Swak tegniek; knie/voet belyning is verkeerd.
Sy het ʼn moontlike pronasie (rolling) van haar voete en land verkeerd na ʼn
sprong.
Die bogenoemde swak vorm veroorsaak ʼn oorrekking van die mediale
ligament van die knie (word beskadig en skeur), en mag die oorsaak wees
van aanhoudende skeuring van semilunar kraakbene.
Sy warm nie genoeg op nie.
Spieragtige wanbalans mag ontwikkel het (vierkopspier tot dyspier sterkte).
Die danser mag hiper mobiliteit in die knieë hê terugswaaiende bene, en
mag miskien nie druk plaas op die bindweefsel in die gewrig nie.
Die besering mag vererger word deur op ʼn sementvloer (veral gevaarlik as
verkeerde belyning gebruik word in die spronge).
Daar mag ʼn oorerflike biomeganika/posturale/strukturele probleme wees,
soos lordosis. (4)
8.4 Onmiddellike behandeling:
Mary moet onmiddelik ophou met dans/oefening.
Sy moet ʼn mediese professionele persoon sien om haar te diagnoseer
en advies te gee oor die regte behandeling.
Rus, ys, druk (die knieë mag inflammasie hê en geswel wees – kan nie
ooreenstemming sien nie, siende dat albei knieë betrokke is). Elevasie
om vloeistof retensie te verminder.
Nie-steriodiese anti-inflammatoriese tablette mag geneem word om pyn
te verminder.
Sy mag fisioterapie nodig hê.
Downloaded from hlayiso.com
14 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
Lang term behandeling/rehabilitasie:
Mary moet seker maak van die gebruik van die regte tegniek en belyning.
Mary moet daar van bewus wees dat sy veilig werk binne haar eie omvang
van beweging (uitwendige rotasie moet plaas vind in die heup, nie in die
knieë nie) om te verhoed dat die besering weer sal gebeur.
Dit sal ʼn opwarm oefening insluit en sagte, gebalanseerde strekking (as sy
nie oor verlengde ligamente het nie).
Om oefening weer te begin, moet dit baie versigtig gedoen word – die
vierkopspiere het verswak en sal weer versterk moet word voor ʼn strawwe
aktiwiteit skedule hervat word.
Die diep rotore- en adduktorspiere moet versterk word in albei die
inwendige- en uitwendige rotasie omvang.
Om haar fiksheid te behou kan sy komplimentêre, nie-gewig draende vorms
van oefening doen, soos bv. swem en Pilatus.
Mary moet ook nie op sement vloere spring nie, en moet op ʼn geveerde
vloer dans wat as skokbreker dien.
Mary moet dit oorweeg om ʼn biokinetikus te sien om haar te diagnoseer en
enige foutiewe strukturele- of biokinetiese oorsake reg te maak. (4)
8.5 Styfheid van gewrigte in die beseerde area.
Pyn wat herhaaldelik terugkeer in die area.
Verlies van fiksheid as gevolg van geen klasbywoning.
Mis uit om nuwe bewegingsoefeninge te leer.
Gewigstoename as gevolg van geen oefening.
Verloor van selfvertroue as jy agter raak met jou werk. (5)
[15]
VRAAG 9
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Beginsels van LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
liggaams-
kondisionering √
/soepelheid
Kennis – 9.1
2
Toepassing – 9.2 3
Ontleding – 9.3 5
MOONTLIKE ANTWOORD:
9.1 Soepelheid is die omvang van beweging – die vryheid van beweging en die
afwesigheid van beperking in jou gewrigte en spiere. Soepelheid is gekoppel
aan gewrigte en word deur strukturele- en funksionele faktore beïnvloed
volgens elke danser se liggaam. (2)
9.2 As dansers plaas ons geweldige stres op ons liggame deur bewegings wat ons
liggame vereis om in onnatuurlike maniere te beweeg. As ons nie soepel is nie
staan ons ʼn groot kans om ons te beseer wanneer ons bewegings probeer wat
ons liggame nie in staat is om dit te doen nie. Soepelheid dra ook by tot die
grasie en skoonheid van beweging wanneer dit moeiteloos en maklik voorkom. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DANSSTUDIES (MEMO) 15
9.3 Soepelheid kan altyd verbeter word deur strekking maar die graad van
soepelheid sal verskil van danser tot danser, volgens hul anatomiese struktuur.
Die danser moet gedissiplineerd wees en na elke klas wanneer die spiere
warm is strek. Hulle moet ook strekoefeninge doen selfs al dans hulle nie
aangesien dit ʼn lang tyd neem om soepel te word en moet ideaal gesproke
geleidelik verhoog word oor ʼn periode van tyd deur gereëlde/daaglikse roetines
te volg. Die beste metodes van strek is stadige volgehoue strekking met die
gebruik van asemhaling om die spiere te ontspan terwyl hulle gestrek word.
Baie verskillende tipes strekoefeninge vir elke deel van die liggaam moet
gedoen word aangesien algehele soepelheid nodig is, nie net in spesifieke
areas van die liggaam nie, maar om beserings te voorkom. (5)
[10]
VRAAG 10
MEMO
Fokus van vraag Leeruitkomste Vermoënsvlakke
Postuur LU1 LU2 LU3 LU4 LAAG MEDIUM HOOG
/kernstabiliteit/
√
dehidrasie
Kennis – 10.1, 10,5 6
Toepassing – 10.2,
10.3 6
Ontleding – 10.4 3
MOONTLIKE ANTWOORD:
10.1 Goeie postuur en belyning verwys na die manier waarop jy jou liggaam regop
hou in teenstelling met die ontspannende swaar liggaam wat meegee met
swaartekrag. In dans probeer ons om ons ruggraat so te belyn dat die kop,
skouers, heupe, knieë en voete almal in lyn is met die een bokant die ander
sonder dat die liggaam gespanne of rigied is. Die gewig word gewoonlik oor
die bal van die voet geplaas sodat daar geen spanning op die ruggraat
geplaas word nie. (2)
10.2 Transverse Abdominus, Internal Obliques, Multifidus, External Obliques,
Rectus Abdominis, Erector Spinae en Quadratus Lamborum. (3)
10.3 Kernstabiliteit is ʼn belangrike deel van algemene fiksheid veral in dans waar
ʼn sterk kern benodig word om balans te verseker terwyl daar in die ruimte
beweeg word. Jou liggaam is ontwerp vir beide mobiliteit en stabiliteit wat
beteken dat sekere liggaamsdele beweeg en ander stabiliteit moet behou.
Die funksie van verskillende dele van die liggaam hou noue verband met die
struktuur – die aksiale skelet en die ondersteunende spiere speel ʼn
stabiliserende rol terwyl die (aanhangskelet – arms en bene) die spiere
betrokke in die bewegings die primêre bewegers is. Met dans beweeg die
hele liggaam, nie net die arms en bene nie. Die handhawing van krag in die
buik gedurende alle bewegings sal jou meer stabiel maak, meer krag aan jou
bewegings gee en stres op jou ruggraat verhoed. (3)
Downloaded from hlayiso.com
16 DANSSTUDIES (MEMO) (SEPTEMBER 2012)
10.4 Deurlopend goeie postuur te beoefen en bewus te wees van die
instandhouding van die korrekte belyning gedurende alle beweging, nie
net wanneer daar gedans word nie.
Die gebruik van die abdominale spiere in beweging, veral wanneer die
beweging vereis dat jy uit neutrale lyn werk.
Uitvoer van gereelde kondisioneringsoefeninge vir die abdominale-
en rugspiere.
Handhawing van balans van krag tussen die abdominale- en rugspiere.
Kondisionering van die stabiliserende spiere in beweging en nie-
bewegende posisies. (3)
10.5 Water is noodsaaklike voeding omdat die liggaam uit 60% water bestaan.
Spiere bestaan uit 72% water en by dansers word spiere onder baie stres
geplaas.
Daar is ʼn groot waterverlies deur sweet met dans. Ekstra water moet voor
en na klasse gedrink word om te kompenseer vir die waterverlies in die
liggaam.
Dit is baie belangrik om water gedurende die dag te drink (2 liters per dag)
selfs al doen jy nie ʼn dansklas nie.
Gevolge van dehidrasie is:
Tamheid en spiere wat „swaar‟ voel.
Stremming op die hart, longe en bloedsomloopstelsel.
Naarheid, braking en diarree.
Lighoofdigheid, swaar asemhaling, swakheid en disoriëntasie in erge
gevalle van dehidrasie. (4)
[15]
TOTAAL AFDELING C: 60
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (English)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2023 Memo (English)
Related documents

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2012 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2012 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Dance Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper