Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
DRAMATIESE KUNSTE
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is in twee afdelings verdeel. Jy moet ALBEI afdelings beantwoord:
AFDELING A: DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
Vraag 1: The Caucasian Chalk Circle – Bertolt Brecht
Vraag 2: Athol Fugard
AFDELING B: OPSTEL
Vraag 3
3. Nommer jou antwoorde PRESIES soos die vrae in die vraestel genommer is.
4. Die puntetoekenning per vraag is 'n riglyn vir die hoeveelheid detail en
nougesetheid wat in die antwoord verlang word.
5. Onafhanklike, kreatiewe denke en die toepassing van kennis sal tot jou voordeel
wees.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en netjies te werk.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 





Dramatic Arts Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Dramatic Arts question paper from the 2017 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Dramatic Arts · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 6
- File size
- 558.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 2 van 6
AFDELING A DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
VRAAG 1 THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE – BERTOLT BRECHT
1.1 HISTORIFIKASIE, VERFREMDUNG/VERVREEMDING EN ENSCENERING
1.1.1 Definieer die terme 'historifikasie' en 'verfremdung/vervreemding' wat
twee van die kerntegnieke is wat deur Brecht in sy Epiese Teater
gebruik word. (4)
1.1.2 Verduidelik Brecht se redes vir die gebruik van hierdie twee tegnieke
wanneer hy sy dramas skryf en regisseer. (6)
1.1.3 Verduidelik hoe historifikasie sigbaar gemaak word in The
Caucasian Chalk Circle in beide die Proloog en die Gelykenis van
die Krytsirkel. (4)
1.1.4 Beskou die beeld hieronder wat 'n stelontwerp vir 'n produksie van
The Caucasian Chalk Circle is:
[Bron: <http://garycbenson.blogspot.co.za/2012/04/caucasian-chalk-circle-scene-and.html>]
(a) Identifiseer en noem TWEE maniere waarop verfremdung/
vervreemding in hierdie stelontwerp bewerkstellig word. (2)
(b) Verduidelik goed waarom die TWEE maniere wat jy in (a)
hierbo geïdentifiseer het verfremdung/vervreemding skep. (4)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 3 van 6
1.1.5 Verbeel jou jy regisseer 'n produksie van The Caucasian Chalk
Circle.
(a) Jy wil in jou produksie van veelvuldige vlakke gebruik maak
om die gehoor te help om karakterdinamiek en -status (die
magsverhoudings tussen karakters) te verstaan.
Kies EEN voorbeeld in die vorm van 'n spesifieke oomblik uit
The Caucasian Chalk Circle en verduidelik hoe jy hierdie
oomblik sal regisseer deur veelvuldige vlakke te gebruik om
karakterdinamiek en -status te weerspieël. (6)
(b) Musiek speel 'n belangrike rol om verfremdung/vervreemding
te skep. In die lig hiervan vergader jy met die musiekdirekteur
om die tipes musiek wat jy graag in jou produksie wil gebruik,
te bespreek.
Verduidelik wat jy vir jou musiekdirekteur sal sê oor die
volgende:
Die rol van musiek in The Caucasian Chalk Circle.
Die tipes musiek wat jy graag wil gebruik en waarom.
Verskaf spesifieke voorbeelde uit The Caucasian Chalk
Circle om jou verduidelikings van bogenoemde te ondersteun. (10)
1.2 INTERPRETASIE
Beskou die volgende stelling:
Azdak word deur Brecht gebruik om die verhouding tussen
geregtigheid en die reg in The Caucasian Chalk Circle te ondersoek.
1.2.1 Verduidelik kortliks jou begrip van hoe Brecht Azdak gebruik om
hierdie verhouding te ondersoek. (4)
1.2.2 Verbeel jou jy speel die karakter van Azdak.
Bespreek in 'n opstel van 300 woorde (ongeveer 1 bladsy) hoe jy die
Brecht-speelstyl sal gebruik om die gehoor se begrip van Azdak en
sy funksie in The Caucasian Chalk Circle te versterk.
Ondersteun jou bespreking met spesifieke verduidelikings en
relevante voorbeelde uit die drama. (15)
[55]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 4 van 6
VRAAG 2 ATHOL FUGARD
In hierdie vraag moet jy na EEN van die volgende dramas verwys:
People are Living There
Hello and Goodbye
The Road to Mecca
Victory
2.1 STRUKTUUR EN STYL
Beskou die volgende stelling:
'n Drama se struktuur is fundamenteel (noodsaaklik) vir die betekenis
daarvan.
2.1.1 Definieer die struktuur van die Fugard-drama wat jy bestudeer het. (2)
2.1.2 Verduidelik hoe die struktuur wat jy in Vraag 2.1.1 gedefinieer het die
styl van die Fugard-drama wat jy bestudeer het, weerspieël in terme
van die volgende:
Tyd
Dramatiese handeling
Verskaf spesifieke voorbeelde om jou verduideliking te ondersteun. (8)
2.1.3 Een van die duidelike kenmerke van Fugard se struktuur is dat
sy dramas oop is (hulle eindig nie met 'n definitiewe oplossing
nie).
Beantwoord die volgende:
Beskryf spesifiek die slotoomblikke van die Fugard-drama wat jy
bestudeer het.
Verduidelik waarom hierdie slotoomblikke 'n oop einde skep.
Verduidelik jou begrip van waarom Fugard jou gekose drama op
hierdie manier eindig. (12)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 5 van 6
2.2 INTERPRETASIE
Beskou die volgende:
Konflik in 'n drama kan óf INTERN (in die sin dat 'n karakter 'n gevoel
ervaar van emosioneel verskeur wees tussen keuses) óf EKSTERN (in
die sin dat 'n buitekrag in die vorm van 'n ander karakter of 'n situasie
hierdie konflik skep) wees.
Kies EEN oomblik uit die Fugard-drama wat jy bestudeer het wat óf interne
óf eksterne konflik in terme van die verduideliking hierbo weerspieël.
2.2.1 Beskryf jou gekose oomblik duidelik en akkuraat, en verduidelik
watter tipe konflik dit weerspieël en waarom. (6)
2.2.2 Verbeel jou jy regisseer die oomblik wat jy in Vraag 2.2.1
beskryf het.
Verduidelik hoe jy hierdie oomblik sal regisseer om die konflik
duidelik te maak.
Verduidelik jou regisseerstrategieë goed en bespreek waarom jy glo
dat dit die konflik van jou gekose oomblik duidelik sal maak. (12)
2.3 FUGARD SE VROUE
Beskou die volgende:
My ma was my ikoon (verteenwoordiging) van sterk vroue.
– Athol Fugard –
Fugard het dikwels vol liefde van sy ma gepraat.
Hy het haar beskou as 'n veerkragtige (geestelik sterk) vrou en haar invloed
op sy skryfwerk en veral sy uitbeelding van die vroue in sy dramas erken.
Bespreek in 'n opstel van 300 woorde (ongeveer 1 bladsy) of jy van mening
is dat die Fugard-drama wat jy bestudeer het vroue as veerkragtig aanbied
of nie.
Regverdig jou mening met duidelike redes en voorbeelde. (15)
[55]
110 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 6 van 6
AFDELING B OPSTEL
VRAAG 3
Hierdie afdeling ondersoek TWEE van die volgende voorgeskrewe tekste:
The Caucasian Chalk Circle – Bertolt Brecht
EN
EEN van die Athol Fugard-tekste hieronder:
People are Living There; OF
Hello and Goodbye; OF
The Road to Mecca; OF
Victory
'n Drama se relevansie lê in die vermoë daarvan om die lede van die gehoor te
verbind met kwessies en idees wat hulle as belangrik in hul eie lewe, hul onmiddellike
gemeenskappe, hul land en die wêreld erken.
Gebruik die stelling hierbo as riglyn en bespreek in 'n opstel van 2–3 bladsye
(ongeveer 650 woorde) in watter mate die twee dramas wat jy bestudeer het vir jou
relevant is.
Gebruik die volgende terreine om jou bespreking te rig:
Dramaturge se bedoelings
Temas
Karakters
Ondersteun jou bespreking volledig met goeie, toegespitste verduidelikings en
relevante voorbeelde uit elke drama.
[10 punte: struktuur van opstel + 30 punte: inhoud van opstel]
40 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Dramatic Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dramatic Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dramatic Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Dramatic Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2017 Question Paper

MemorandumIEB




