Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
DRAMATIESE KUNSTE
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is in twee afdelings verdeel. Jy moet ALBEI afdelings beantwoord:
AFDELING A: DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
Vraag 1: The Caucasian Chalk Circle – Bertolt Brecht
Vraag 2: Suid-Afrikaanse Teater – EEN van die volgende
dramas moet gekies word:
• Sizwe Bansi Is Dead – Fugard, Kani, Ntshona
• The Island – Fugard, Kani, Ntshona
• My Life – Fugard en Cast
AFDELING B: OPSTEL
Vraag 3
3. Nommer jou antwoorde PRESIES soos die vrae in die vraestel genommer is.
4. Die puntetoekenning per vraag is 'n aanduiding van die mate van detail en
nougesetheid wat in die antwoord verlang word.
5. Onafhanklike, kreatiewe denke en die toepassing van kennis sal tot jou voordeel
wees.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all





Dramatic Arts Afr hlayiso.com
Dramatic Arts · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Pages
- 7
- File size
- 383.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 2 van 7
AFDELING A DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
VRAAG 1 THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE – BERTOLT BRECHT
1.1 TITEL en TEMAS
Beskou die volgende beeld en beantwoord die vrae hieronder:
1.1.1 Stel voor hoe die titel van die drama die proloog met die drama-
binne-die-drama skakel. (3)
1.1.2 In produksies word die proloog dikwels nie opgevoer nie. Stel voor
waarom jy die proloog in jou produksie sal insluit OF nie sal insluit
nie indien jy die regisseur is. (3)
1.1.3 Verwys na die beeld hierbo. Identifiseer TWEE temas in die drama
waarna jy dink die beeld verwys. (2)
1.1.4 Bespreek hoe EEN van die temas wat jy in Vraag 1.1.3 genoem het
in die drama ondersoek word. Verskaf spesifieke voorbeelde uit die
teks om jou antwoord te ondersteun. (6)
1.1.5 Jy is gevra om 'n produksie van die drama by jou plaaslike teater te
bemark. Beskryf en motiveer 'n ander beeld wat jy kan gebruik om
enigeen van die temas wat jy in Vraag 1.1.3 genoem het, uit te
beeld. (4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 3 van 7
1.2 OPVOERING
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
'n Uittreksel uit The Caucasian Chalk Circle – Scene 6: The Chalk Circle
AZDAK: Plaintive and defendant! The court has listened to your 1
case, and has come to no decisions as to who the real
mother of this child is. I as Judge have the duty of
choosing a mother for the child. I'll make a test. Shauva,
get a piece of chalk and draw a circle on the floor. 5
(Shauva does so.) Now place the child in the centre.
(Shauva puts Michael who smiles at Grusha, in the centre
of the circle.) Plaintiff and defendant, stand near the
circle, both of you. The Governor's wife and Grusha step
up to the circle. Now each of you take the child by a 10
hand. The true mother is she who has the strength to pull
the child out of the circle, towards herself.
THE SECOND LAWYER: Quickly. High Court of Justice, I protest! I object that the
fate of the great Abashvili estates, which are bound up
with the child as the heir, should be made dependent on 15
such a doubtful wrestling match. Moreover, my client
does not command the same physical strength as this
person, who is accustomed to physical work.
AZDAK: She looks pretty well fed to me. Pull!
(The Governor's wife pulls the child out of the circle to her 20
side. Grusha has let it go and stands aghast.)
THE FIRST LAWYER: (Congratulating the Governor's wife.) What did I say! The
bonds of blood!
AZDAK: To Grusha. What's the matter with you? You didn't pull!
GRUSHA: I didn't hold on to him. (She runs to Azdak.) Your 25
Worship, I take back everything I said against you. I ask
your forgiveness. If I could just keep him until he can
speak properly. He knows only a few words.
AZDAK: Don't influence the Court! I bet you know only twenty
yourself. All right, I'll do the test once more, to make 30
certain.
(The two women take up positions again.)
Pull!
(Again Grusha lets go of the child.)
GRUSHA: (In despair.) I've brought him up! Am I to tear him to 35
pieces? I can't do it!
AZDAK: (Rising) And in this manner the Court has established the
true mother. (To Grusha.) Take your child and be off with
you.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 4 van 7
1.2.1 Definieer die term morele paradoks. (2)
1.2.2 Stel voor waarom Brecht in die drama van 'n morele paradoks
gebruik maak. Verwys in jou antwoord na EEN van die karakters uit
die uittreksel. (4)
1.2.3 Verduidelik Brecht se siening van ensemblewerk. (4)
1.2.4 Bespreek die opvoeringsvaardighede waaroor jy sal moet beskik
indien jy in 'n produksie van die drama speel. In jou antwoord kan jy
na die uittreksel sowel as die drama as geheel verwys. (6)
1.2.5 Regverdig hoe jy van Verfremdungseffekt gebruik kan maak indien jy
die uittreksel moet regisseer en opvoer. (6)
1.3 DRAMATURG SE BEDOELINGS
Lees die volgende aanhaling en antwoord soos hieronder aangedui:
Brecht was teen naturalistiese teater waar die gehoor "hul breine saam met hul
hoede in die bewaarkamer ophang".
[Bron: <http://web.mit.edu/allanmc/www/brecht.pdf>]
Bespreek in 'n mini-opstel van ongeveer 1 bladsy (±250 woorde) hoe Brecht
die gehoor manipuleer om NIE "hul breine saam met hul hoede in die
bewaarkamer op te hang" nie.
Verwys na die volgende wanneer jy die vraag beantwoord:
• taal
• karakters
• enscenering (staging) (15)
[55]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 5 van 7
VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE TEATER
In hierdie vraag moet jy na EEN van die volgende dramas verwys:
• Sizwe Bansi Is Dead
• The Island
• My Life
2.1 SOSIOPOLITIEKE KONTEKS en GENRE
2.1.1 Verduidelik die term protesteater. (2)
2.1.2 Beskryf kortliks die sosiopolitieke agtergrond van die drama wat jy
bestudeer het. (4)
2.1.3 Evalueer of hierdie drama as 'n protesdrama geklassifiseer kan
word. Jy moet voorbeelde uit die teks verskaf om jou antwoord te
motiveer. (8)
2.1.4 Motiveer enige ander teaterstyl wat die skeppers van hierdie drama
kon beïnvloed het. (4)
2.2 INVLOEDE en ENSCENERING
Beskou die beeld hieronder van 'n skaap wat 'n eksistensiële krisis beleef.
2.2.1 Definieer die term eksistensialisme met verwysing na die beeld
hierbo. (4)
2.2.2 Beskryf 'n eksistensiële oomblik uit jou gekose drama. (4)
2.2.3 Verduidelik hoe 'n kunstenaar die eksistensiële oomblik wat in
Vraag 2.2.2 gekies is in 'n produksie van die drama kan beklemtoon.
Jou antwoord moet fisieke en stemkeuses insluit. (8)
2.2.4 Motiveer hoe jy beligtingseffekte EN/OF klankeffekte kan gebruik
om betekenis in jou gekose eksistensiële oomblik verder te
ontwikkel. (6)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 6 van 7
2.3 RELEVANSIE
Lees die gedeelte hieronder as 'n stimulus vir jou antwoord:
"Een van die belangrikste aspekte van lewendige teater is die rol wat dit kan
speel om mense sensitief te maak vir kwessies wat aandag moet geniet, in die
verlede sowel as in die hede" – Playhouse Company se hoof uitvoerende en
artistieke direkteur Me. Linda Bukhosini.
Bespreek in 'n mini-opstel van ongeveer 1 bladsy (±250 woorde) hoe jou
gekose drama die krag het om aandag te gee aan kwessies "in die verlede
sowel as in die hede". (15)
[55]
110 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 7 van 7
AFDELING B DRAMATIESE ONTLEDING
VRAAG 3 OPSTEL
Hierdie afdeling ondersoek The Caucasian Chalk Circle deur Bertolt Brecht
EN EEN van die volgende Athol Fugard-tekste:
• Sizwe Bansi Is Dead OF
• The Island OF
• My Life
Lees die aanhaling hieronder en beantwoord die vraag wat volg:
"Sit en opstook* meng nie" – Bertolt Brecht
*Opstook: gedrag of spraak wat mense aanhits om teen die gesag van 'n staat te rebelleer
Bespreek in 'n opstel van ongeveer 3 bladsye (500–600 woorde) hoe die twee
dramas wat jy bestudeer het die betekenis van die aanhaling weerspieël.
Jou antwoord moet 'n bespreking van die volgende aspekte insluit:
• struktuur
• opvoeringstyl
• die rol van die gehoor
[10 punte: struktuur van opstel + 30 punte: inhoud van opstel]
40 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2019
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts May June 2019 Afr hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts May June 2019 Eng hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts Nov 2019 Eng hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts Nov 2019 Afr hlayiso.com

Memorandum
DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Dramatic Arts
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng

Question paper
Dramatic Arts May June 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper
Dramatic Arts P1 May June 2023 MG Eng hlayiso.com

Question paper





