Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
DRAMATIESE KUNSTE
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Die vraestel is in twee afdelings verdeel. Jy moet ALBEI afdelings beantwoord:
AFDELING A: DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
Vraag 1: The Caucasian Chalk Circle – Bertolt Brecht
Vraag 2: Suid-Afrikaanse Teater – EEN van die volgende
dramas moet gekies word:
• Sizwe Banzi Is Dead – Fugard, Kani, Ntshona
• The Island – Fugard, Kani, Ntshona
• My Life – Fugard en Cast
AFDELING B: OPSTEL
Vraag 3
3. Nommer jou antwoorde PRESIES soos die vrae in die vraestel genommer is.
4. Die puntetoekenning per vraag is 'n riglyn vir die hoeveelheid detail en
nougesetheid wat in die antwoord verlang word.
5. Onafhanklike, kreatiewe denke en die toepassing van kennis sal tot jou voordeel
wees.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en netjies te werk.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 





Dramatic Arts Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Dramatic Arts question paper from the 2018 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Dramatic Arts · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 7
- File size
- 727.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 2 van 7
AFDELING A DRAMAS EN OPVOERING IN KONTEKS
VRAAG 1 THE CAUCASIAN CHALK CIRCLE – BERTOLT BRECHT
Lees die volgende geredigeerde uittreksel uit The Caucasian Chalk Circle en
beantwoord dan Vraag 1.1 en Vraag 1.2.
'n Uittreksel uit The Caucasian Chalk Circle
Beggars and petitioners stream from a palace gateway, holding up thin children, crutches, 1
and petitions. They are followed by two Ironshirts and then by the Governor's family,
elaborately dressed.
THE BEGGARS AND PETITIONERS: Mercy, Your Grace, the taxes are beyond our means …
I lost my leg in the Persian war, where can I get … My brother is innocent, Your Grace, a 5
misunderstanding … my child is starving in my arms … We plead for our son's discharge
from the army, our one remaining son … Please, Your Grace, the water inspector is corrupt.
A servant collects the petitions; another distributes coins from a purse. Soldiers push back
the crowd, lashing it with thick leather whips.
THE SINGER: For the first time on this Easter Sunday, the people see the heir. 10
Two doctors never leave the child, the noble child,
Apple of the Governor's eye.
Cries from the crowd" "The child! …" "I can't see it, stop pushing!" … "God bless the child,
Your Grace!" Soldiers push back the crowd, lashing it with thick leather whips.
THE FAT PRINCE: What a magnificent day! … Happy Easter, little Michael, tititi! 15
THE GOVERNOR'S WIFE: What do you think of this, Arsen? Georgi has finally decided to
start building the new wing on the east side. All these miserable slum houses are to be torn
down to make room for a garden. It's quite impossible to live in this slum. But Georgi, of
course, builds only for his little Michael. Never for me, Michael is everything, everything for
Michael! 20
THE FAT PRINCE: That's good news after so much bad. What's the latest about the war,
Brother Georgi? The governor shows his lack of interest. A strategic retreat, I hear? Well,
minor reverses invariably occur. Sometimes things go well, sometimes not so well. Such are
the fortunes of war. Doesn't mean much, eh?
THE GOVERNOR'S WIFE: He's coughing! Georgi, did you hear? Sharply to the two doctors, 25
dignified men, who stand close to the pram: He's coughing!
FIRST DOCTOR: to the second: May I remind you, Niko Mikadze, that I was against the
lukewarm bath? A minor oversight in warming the bath water, Your Grace.
SECOND DOCTOR: equally polite: I can't possibly agree with you, Mikha Loladze. The
temperature of the bath water was the one prescribed by our great and beloved Mishiko 30
Oboladze. More likely a slight draught in the night, Your Grace.
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 3 van 7
THE GOVERNOR'S WIFE: But do take better care of him, he looks feverish, Georgi!
THE FAT PRINCE: Well, well, well! I always say: one pain in my liver and the doctor gets fifty
strokes on the soles of his feet. And that's only because we live in such a decadent age. In
the old days, it would have been: Off with his head! 35
THE GOVERNOR'S WIFE: Let's go into the church. Very likely it's the draught here.
THE SINGER: The city lies still …
When the houses of the great collapse
Many little people are slain.
Those who had no share in the fortunes of the mighty 40
Often have a share in their misfortunes. The plunging
Wain
drags the sweating beasts into the abyss.
[The Caucasian Chalk Circle: Bloomsbury; vertaling deur Alistair Beaton, Bedryf 1, bladsy 8]
1.1 DRAMATURG SE BEDOELINGS EN SOSIOPOLITIEKE RELEVANSIE
1.1.1 Brecht bied kragtige sosiale kommentaar in die uittreksel hierbo aan.
Identifiseer TWEE sosiale kwessies wat in die uittreksel duidelik is. (2)
1.1.2 Verduidelik waarom Brecht van mening is dat ELKEEN van die twee
sosiale kwessies wat jy in Vraag 1.1.1 hierbo geïdentifiseer het,
belangrik is. (6)
1.1.3 Identifiseer TWEE vervreemdingsinstrumente/"verfremdungseffekt"
wat in hierdie uittreksel duidelik is. (2)
1.1.4 Verduidelik hoe die vervreemdingsinstrumente wat jy in Vraag 1.1.3
geïdentifiseer het, Brecht se bedoelings effektief versterk. (4)
1.2 OPVOERING
1.2.1 Verduidelik kortliks jou begrip van die term "gestus". (2)
1.2.2 Stel voor waar gestus in hierdie uittreksel gebruik kan word en
verduidelik HOE en WAAROM dit effektief gebruik kan word. (5)
1.2.3 Beskryf hoe Brecht se idees vir die skep van "SPASS", of pret, in
hierdie uittreksel duidelik is. (4)
1.2.4 Verbeel jou jy regisseer die uittreksel met die spesifieke bedoeling
om 'n SUID-AFRIKAANSE konteks te skep.
Verduidelik hoe jy jou opgevoerde uittreksel beide relevant en
opwindend vir jou Suid-Afrikaanse gehoor sal maak.
Jou antwoord moet kennis en begrip van Brecht se enscenerings-
tegnieke en innovasies in toneeltegniek toon. (8)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 4 van 7
1.2.5 As hul regisseur het jou akteurs jou gevra hoe om die speel van hul
karakters in hierdie uittreksel te benader.
Noem die naam van een karakter in die uittreksel en bespreek dan
hoe die akteur hierdie karakter in die ware Brecht-speelstyl moet
benader en opvoer. (7)
1.3 TEMA
Beskou die volgende beeld en die uittreksel uit The Caucasian Chalk
Circle daaronder.
[Bron: <http://www.challoners.com/c/news/january-2015/caucasian-chalk-circle>]
Toneel 2 – The Singer: Terrible is the temptation to do good!
Bespreek in 'n mini-opstel van een bladsy (ongeveer 300 woorde) hoe
Grusha EN Azdak die betekenis van die stelling hierbo in die drama
demonstreer.
Verskaf spesifieke redes en voorbeelde om jou bespreking te regverdig. (15)
[55]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 5 van 7
VRAAG 2 SUID-AFRIKAANSE TEATER
In hierdie vraag moet jy na EEN van die volgende dramas verwys:
• Sizwe Banzi Is Dead
• The Island
• My Life
Skryf die titel van die drama wat jy bestudeer het neer voor jy begin om
Vraag 2 te beantwoord.
2.1 STRUKTUUR, KREATIEWE PROSES EN INTERPRETASIE
2.1.1 Noem die proses wat gebruik is om die drama wat jy bestudeer het
te skep. (1)
2.1.2 Verskaf 'n gedetailleerde verduideliking van die proses wat jy in
Vraag 2.1.1 genoem het met spesifieke verwysing na die drama wat
jy bestudeer het. (8)
2.1.3 Verduidelik hoe die struktuur van die drama wat jy bestudeer het
hierdie kreatiewe proses weerspieël. (4)
2.1.4 Lees die uittreksel hieronder deur Jerzy Grotowski uit Towards a
Poor Theatre en beantwoord dan die vraag wat volg:
… jy moet jouself afvra wat onmisbaar aan teater is. Kom ons kyk.
Kan teater sonder kostuums en stelle bestaan? Ja, dit kan.
Kan dit sonder musiek, wat die intrige vergesel, bestaan? Ja.
Kan dit sonder beligting effekte bestaan? Natuurlik.
En sonder 'n teks? Ja.
Bespreek, met voorbeelde, hoe elemente van Grotowski se Arm
Teater weerspieël word in die drama wat jy bestudeer het. (9)
2.1.5 Jy is gevra om die Suid-Afrikaanse teks wat jy vanjaar bestudeer het
te regisseer.
Jy het nie toegang tot 'n tradisionele/konvensionele teaterruimte nie.
Stel, in die lig van die tipe akteur/gehoor-verhouding wat jy graag wil
skep, die tipe ruimte voor wat jy dink toepaslik sal wees vir jou
produksie en gee redes vir jou antwoord. (5)
2.1.6 Verbeel jou jy speel in die drama wat jy vanjaar bestudeer het.
(a) Noem die naam van die karakter wat jy sal speel en skryf dan
akteursnotas vir jouself waarin jy:
• 'n gedetailleerde beskrywing van die emosionele reis van
jou karakter verskaf.
• oor die toepaslike speelstyl besin. (8)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 6 van 7
(b) Kies 'n oomblik uit die drama waarin jy speel en beantwoord
die volgende:
• beskryf die oomblik akkuraat en identifiseer die stemming.
• verduidelik hoe jy jou stem sal gebruik om die stemming
van jou gekose oomblik te versterk. (5)
2.2 SOSIOPOLITIEKE AGTERGROND EN DRAMATURG SE BEDOELING
Lees die aanhaling hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg:
"… Kunstenaars vat kanse, vertel stories wat mense nie altyd reg is
om te hoor nie en hou 'n spieël op om realiteite, beide die goed en
die sleg, van ons samelewing te weerspieël … hulle skep aktief die
kultuur rondom ons aangesien teater die antenna van die mens se
sosiale en politiese bewustheid verhoog."
- Tara Bracco -
Bespreek in 'n mini-opstel van een bladsy (ongeveer 300 woorde) hoe die
drama wat jy bestudeer het "die antenna van die mens se sosiale en
politiese bewustheid verhoog".
Verskaf spesifieke redes en voorbeelde om jou bespreking te regverdig. (15)
[55]
110 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: DRAMATIESE KUNSTE Bladsy 7 van 7
AFDELING B OPSTEL
VRAAG 3
Hierdie afdeling ondersoek TWEE van die volgende voorgeskrewe tekste:
• The Caucasian Chalk Circle – Bertolt Brecht
EN
EEN van die Suid-Afrikaanse tekste hieronder:
• Sizwe Banzi Is Dead OF
• The Island OF
• My Life
Grotowski dink aan teater as "'n plek van uitlokking" waarin die "heilige akteur" die toeskouer
kan uitlok* om 'n soortgelyke proses van selfbesinning te onderneem. Hierdie daad van intieme
gesprek* en/of konfrontasie* tussen die akteur en sy gehoor sal dieper kennis en verandering
toelaat.
[Bron: "Towards a Poor Theatre" deur Jerzy Grotowski]
*uitlok – om 'n emosie of gevoel aan te wakker of op te wek
*intieme gesprek – om bemoeienis te maak met, om aansluiting te vind by en te vermaak
*konfrontasie – om uit te lok, uit te daag en te debatteer
Bespreek in 'n goed gestruktureerde opstel van 600–650 woorde (ongeveer 2–3 bladsye)
hoe die twee dramas wat jy bestudeer het Grotowski se teorie van INTIEME GESPREK
EN/OF KONFRONTASIE weerspieël.
Gebruik die volgende opskrifte om jou bespreking te rig:
• Styl
• Tema
• Karakters
Ondersteun jou bespreking volledig met 'n goeie, toegespitste verduideliking en relevante
voorbeelde uit elke drama.
[10 punte: struktuur van opstel + 30 punte: inhoud van opstel]
40 punte
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Dramatic Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dramatic Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dramatic Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Dramatic Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2017 Question Paper

Question paperIEB
Dramatic Arts Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB




