Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
FISIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IPHSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende gegewensblasye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP
Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
ANTWOORDBLAAIE of ANTWOORDEBOEK.
2. Die vraestel bestaan uit DERTIEN vrae. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy op die ANTWOORDBLAAIE OF
ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
5. Laat EEN lyn oop tussen sub-vrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
7. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.
8. JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGDE DATA BLAAIE TE
GEBRUIK.
9. Toon ALLE formules en instellings in AL jou berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoord af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
11. Gee kort beskrywings, verduidelikings, ens. waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike keuses word voorsien by die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN
korrekte antwoord. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) op jou
antwoordblad.
1.1 Watter van die volgende is waar vir die gegewe skets?
A ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
B ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
C ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
D ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = 0 (2)
1.2 Twee kragte word op ʼn blok soos in die diagram aangetoon, uitgeoefen. Die
resultante krag in die horisontale rigting is:
A zero
B 10 N na regs
C 10 N na links
D 20 N na regs (2)
1.3 Mary het ʼn massa van 50 kg en staan op ʼn skaal in ʼn hyser. Die lesing op die
skaal is 555 N. Die hyser …
A versnel opwaarts.
B beweeg afwaarts teen ʼn konstante snelheid.
C beweeg opwaarts teen ʼn konstante snelheid.
D versnel afwaarts. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.4 Watter een van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn kontakkrag?
A Elektrostatiese krag
B Magnetiese krag
C Gravitasiekrag
D Wrywingskrag (2)
1.5 Die diagram hieronder toon watergolwe wat uitsprei nadat dit deur ʼn enkelspleet
beweeg het.
Die golfeienskap wat waargeneem word nadat die watergolwe deur die spleet
beweeg is …
A weerkaatsing.
B diffraksie.
C dispersie.
D totale interne weerkaatsing. (2)
1.6 ʼn Ligstraal beweeg van glas na lug. Die invalshoek in glas is 30° en breking van
lig vind plaas.
Watter kombinasie van spoed en frekwensie van die gebreekte golf is korrek?
Spoed Frekwensie
A Neem toe Bly konstant
B Neem af Bly konstant
C Neem toe Neem toe
D Neem af Neem toe (2)
1.7 ʼn Sentrale helder band word waargeneem wanneer lig van golflengte λ deur ʼn
nou spleet met wydte a, geskyn word.
Lig met ʼn golflengte van 3λ word nou gebruik. Watter EEN van die volgende
spleetwydtes sal ʼn sentrale band met dieselfde breedte lewer?
A a
B a
C a
D 3a (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 5
1.8 ʼn Staafmagneet kan na of weg van ʼn solonoïed beweeg word. Watter EEN
van die volgende faktore/aksies sal die verandering op die galvanometer die
meeste laat toeneem?
A Gebruik ʼn solenoïde met ʼn kleiner deursnee.
B Gebruik ʼn solenoïde met minder windings.
C Gebruik ʼn swakker magneet.
D Beweeg die magneet vinniger na en weg vanaf die solonoïed. (2)
1.9 Watter een van die volgende grafieke verteenwoordig die verwantskap
tussen potensiaalverskil (V) en stroom (I) korrek vir ʼn ohmiese geleier?
A B C D
(2)
1.10 Elk van die vier identiese weerstande word aan dieselfde emk gekoppel.
Watter EEN van die volgende stroombane sal die hoogste weerstand hê?
A B
C D
(2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Tydens ʼn bergklimoefening hang Ferial, massa 50 kg, van ʼn onrekbare nylontou wat
aan punt X aan die vertikale krans vas is. Sy druk met haar bene teen die krans
sodat dit ʼn hoek van 45° met die vertikaal maak, soos in die figuur getoon. Die hoek
wat die tou met die krans maak is 20°.
Punt Y is in ewewig.
2.1 Verduidelik wat bedoel word met Punt Y is in ewewig. (1)
2.2 Teken ʼn KRAGTEDIAGRAM om al die kragte op punt Y aan te toon. (3)
2.3 Bepaal deur middel van ʼn AKKURATE KONSTRUKSIE en METING:
(Gebruik ʼn skaal van 10 mm: 50 N en dui ten minste TWEE hoeke aan)
2.3.1 Die grootte van die krag wat die tou op haar uitoefen.
2.3.2 Die grootte van die krag wat haar bene uitoefen. (8)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 7
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Houtkabinet van 60 kg rus op die agterkant van ʼn tip-trok. Die agterkant lig stadig
op, totdat dit ʼn hoek van 30° met die horisontaal maak. Die kabinet beweeg NIE.
3.1 Bereken die grootte van die wrywingskrag. (3)
3.2 Bereken die koëffisiënt van statiese wrywing. (3)
3.3 Die hoek van 30° word nou vergroot. Hoe sal dit die volgende affekteer:
(Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE)
3.3.1 Die koëffisiënt in VRAAG 3.2? (1)
3.3.2 Die wrywingskrag? Verduidelik jou antwoord. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn 6 kg blok op ʼn ruwe horisontale oppervlak word verbind aan ʼn 2 kg blok deur ʼn
ligte, onrekbare tou wat oor ʼn wrywinglose katrol hang. Die wrywingskrag tussen
die 6 kg blok en die tafel is 11,76 N. ʼn Afwaartse krag van 2 N word toegepas op
die 2 kg blok soos in die diagram hieronder getoon.
4.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
4.2 Teken ʼn vryliggaamdiagram van AL die kragte wat op die 6 kg blok inwerk. (4)
4.3 Bereken:
4.3.1 Die grootte van die versnelling van die 6 kg blok. (5)
4.3.2 Die grootte van die spanning (T) in die tou wat die twee blokke
verbind. (2)
4.4 Die ruwe oppervlak word vervang met ʼn gladde, wrywinglose oppervlak.
Hoe sal hierdie verandering jou antwoord in VRAAG 4.3.1 beïnvloed?
Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Trok beweeg teen ʼn konstante snelheid en word skielik van agter deur ʼn vinnig
bewegende bus getref. ʼn Krat staan los agterop die trok en ʼn man, M, sit op die
krat.
5.1 In watter rigting sal die man, M, val?
Skryf slegs AGTERTOE of VORENTOE. (1)
5.2 Stel in woorde Newton se Bewegingswet wat jy gebruik het om VRAAG 5.1 te
beantwoord. (2)
5.3 Luxolo en Kay, met massas 80 kg en 50 kg onderskeidelik staan op
rolskaatse en kyk na mekaar. Hulle is aanvanklik in rus. Hulle stoot teen
mekaar en beweeg weg van mekaar, in verskillende rigtings. (IGNOREER
WRYWING)
5.3.1 Hoe vergelyk die krag op Kay met die krag wat op Luxolo uitgeoefen
word?
Skryf slegs GROTER, KLEINER of GELYK AAN. (1)
5.3.2 Verduidelik hoe hulle versnellings vergelyk. (2)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
NASA vuur ʼn ruimtetuig vanaf die grond in die ruimte in. Dit versnel vanuit rus na
160 m.s-1 in die eerste 400s van die reis. Die totale massa van die ruimtetuig en sy
brandstoftenks is 2 600 ton (2,6 x 106 kg). Die ruimtetuig se aandrywingsisteem
bestaan uit uitlaatgasse wat by sy basis, B, uitgestoot word.
B
6.1 Noem ʼn aksie-reaksie kragpaar wat op ʼn ruimtevaarder inwerk soos die
ruimtetuig opwaarts versnel. (2)
6.2 Bereken die resultante krag op die ruimtetuig tydens die eerste 400 s van
sy vlug. (5)
6.3 Gee TWEE redes waarom die ruimtetuig se versnelling toeneem soos dit
weg van die oppervlak van die aarde beweeg. (2)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die diagram toon die aarde (A) en die maan (M) ʼn afstand ‘r’ van mekaar. Die
stippellyn toon die wentelbaan van die maan om die aarde. Die massa van die
maan (MM) is 7,35 x 1022 kg en die massa van die aarde (MA) is 6 x 1024 kg. Die
afstand r tussen hulle middelpunte is 3,84 x 109 m.
7.1 Bereken die gravitasiekrag, FAM, tussen die maan en die aarde wanneer
hulle middelpunte ʼn afstand r van mekaar is. (4)
7.2 Noem Newton se wet wat jy in VRAAG 7.1 toegepas het. (1)
7.3 Gee ʼn rede waarom die gravitasiekrag wat die aarde op die maan uitoefen
nie konstant bly terwyl die maan om die aarde wentel nie. (1)
7.4 ʼn Asteroïede met ʼn massa van ¼ MM beweeg op ʼn afstand van 2r van die
middelpunt van die aarde. Sonder om enige waardes wat voorsien is te
gebruik, bepaal die krag tussen die aarde en die asteroïede in terme van
FAM. (3)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Leerders skyn ʼn lig van ʼn stralekissie deur ʼn reghoekige glasblok om Snell se wet te
verifieer. Die resultate verkry word gebruik om die volgende grafiek te teken.
8.1 Skryf die onafhanklike veranderlike neer. (1)
8.2 Skryf die veranderlike wat beheer moet word neer. (1)
8.3 Skryf die gevolgtrekking neer wat vanaf die grafiek gemaak kan word. (2)
8.4 GEBRUIK DIE GRAFIEK om die refraksie-indeks van die glasblok te bepaal. (4)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Diamant glinster in die lig as gevolg van sy hoë brekingsindeks van 2,42 en die
klein kritiese hoek vir die diamant-lug-grens.
9.1 Bereken die kritiese hoek vir ʼn diamant-lugvlak.
Neem aan dat die brekingsindeks van lug 1 is. (4)
9.2 Die invalshoek by die diamant-lug vlak word vergroot na 30°. Teken die
diagram hieronder oor en voltooi die pad van die ligstraal.
(2)
9.3 Noem die verskynsel wat nou by die diamant-lugvlak opgemerk sal word. (1)
9.4 Wat is die TWEE VOORWAARDES wat nodig is om die verskynsel in
VRAAG 9.3 te laat plaasvind? (2)
9.5 Noem die mediese instrument wat gebruik word om die ingewande van die
liggaam te ondersoek deur van die verskynsel in VRAAG 9.3 gebruik te maak. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Leerders skyn ʼn groen lig met golflengte 534 nm deur ʼn enkel spleet met ʼn wydte
van 1,8 x 10-4 m en dit skyn op ʼn skerm.
Hulle stel die apparaat op soos in die diagram hieronder aangetoon.
Skerm
Monochromatiese
groen lig
10.1 Definieer die term monochromatiese lig. (1)
10.2 Teken die patroon wat waargeneem word en dui die posisies van
konstruktiewe en destruktiewe interferensie aan. (4)
10.3 Hoe sal die breedte van die sentrale band verander indien …
(Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE)
10.3.1 die groen lig deur rooi lig vervang word? (1)
10.3.2 wydte van die spleet kleiner is?
Verduidelik jou antwoord. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 15
VRAAG 11 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Twee ladings, P en Q, met ladings +4 nC en -2 nC onderskeidelik, word 8 cm van
mekaar geplaas. ʼn Puntlading, X, word geplaas 2 cm van Q soos in die skets
getoon.
11.1 Definieer die term elektriese veldsterkte by ʼn punt. (2)
11.2 Teken die elektriese veldpatroon tussen twee teenoorgestelde gelaaide
voorwerpe. (3)
11.3 Bereken die netto elektriese veldsterkte by punt X as gevolg van P en Q. (7)
11.4 Bereken die grootte en rigting van die elektrostatiese krag indien ʼn
elektron by punt X geplaas word. (3)
[15]
VRAAG 12 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Enkel sirkelvormige draadspoel, 12 cm in deursnee, word in ʼn 0,6 T
magneetveld geplaas. Dit word uit die magneetveld in beweeg 0,04 s.
12.1 Bereken:
12.1.1 Die vloed wat met hierdie spoel verbind word. (4)
12.1.2 Die gemiddelde geïnduseerde emk. (4)
12.2 Hoe verander die emk indien:
(Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.)
12.2.1 Die magnetiese veldsterkte verander na 0,5 T? (1)
12.2.2 Die spoel binne 0,02 s uit die veld verwyder word? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 13 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
In die stroombaan kan die weerstand van die battery, ammeter en
verbindingsdrade geïgnoreer word.
Die drywing van die 8 Ω weerstand is 0,5 W.
13.1 Bereken die lesing op die:
13.1.1 voltmeter (V) (8)
13.1.2 ammeter (A) (4)
13.2 ʼn Televisie is 240 V; 750 W gemerk.
13.2.1 Bereken die weerstand van die televisie se resistor. (4)
13.2.2 Bereken die koste om die televisie te gebruik vir 6 ure indien die
koste van elektrisiteit R1,04 per kWh is. (3)
[19]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) FISIESE WETENSKAPPE V1 17
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
PAPER 1 (PHYSICS) / VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS
TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m.s-2
Swaartekragversnelling
Universal Gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N.m².kg-2
Swaartekragkonstante
Coulomb’s constant
k 9,0 x 109 N.m².C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m.s-1
Spoed van lig in ‘n vakuum
Charge on electron
e- -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Electronmassa
Charge on electron
e- -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Radius of earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van aarde
Mass of earth
Mg 5,98 x 1024 kg
Massa van aarde
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
vf = vi + a∆t ∆x = vi ∆t + ½a∆t²
vf + vi ∆t
vf²= vi ²+ 2a∆x or/of vf²= vi ²+ 2a∆x ∆x = 2
FORCE/KRAG
Fnet = ma w = mg
fs(max) = μsN
fk = μkN
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
n1 sin θ1 = n2 sin θ2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
18 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
F= (k = 9,0 x 109 N.m².C-²) E=
E= (k = 9,0 x 109 N.m².C-²) E=
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
Φ = BA cos θ ɛ = - N ∆Φ
∆t
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
R= R = R1 + R2 + ......
I= = + + + ......
W = Vq P=
W = VI∆t
P = VI
W = I² R ∆t
P = I² R
W = V² ∆t
R P = V²
R
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 11 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 Mpumalanga June 2025 QP & Memo

Memorandum