Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
*CATNA*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy
NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te
verlaat nie.
2. Die toesighouer sal ʼn disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan
jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan
word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou naam op die etiket skryf. Indien jy
op ʼn netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg.
3. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar wees.
Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn ander kopie vra.
4. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
5. Beantwoord AL die vrae.
6. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee
word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen moontlike
kragonderbrekings.
7. Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer
doen as wat die vraag vereis NIE.
8. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou
gegee is inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat
AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die
toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat AL die lêers
gelees kan word.
9. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik nie.
10. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet jy
steeds voortgaan met die vrae wat volg.
11. Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in vrae wat
sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-selverwysing moet slegs
waar nodig gebruik word om te verseker dat die formules korrek is wanneer hulle na
ander selle in die sigblad gekopieer word.
12. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South Africa)
gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar, tensy anders
aangedui.
13. In Aanhangsel A word die HTML-aanhegsels voorsien.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
14. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel, bevat die
volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids
met AL die lêers het voor die eksamen begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
SCENARIO
Baie mense is nie bewus daarvan dat hulle ʼn hartaanval het nie.
Hartkwale is een van die top drie oorsake van sterftes in Suid-Afrika,
deur bewus te wees van die tekens van ʼn hartaanval, mag dalk net jou
lewe red of die lewe van die mense naby jou. Die Heart and Stroke
Foundation South Africa beveel aan dat elke lid van die publiek hulle
hartgesondheid sal laat assesseer. Gaan jy wag tot jy deel van die statistiek word? Of gaan
jy iets daaraan doen?
Die skool vra die Graad 12-leerders om behulpsaam te wees in ʼn veldtog om mense bewus
te maak van die waarskuwings en simptome van ʼn hartaanval en ook die voorkoming
daarvan.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ʼn Dokument is ontwerp om agtergrond inligting te verskaf oor Hartaanvalle en die oorsake,
simptome en remedies.
Maak die woordverwerkingsdokument 1_Heart Info oop.
1.1 Die dokument het ʼn voorblad (cover page). Maak die volgende veranderinge aan die
voorblad (cover page).
1.1.1 Pas ʼn kleinhooflettereffek (small caps) toe op die abstrak (abstract) wat
voorkom op die voorblad (cover page). (1)
1.1.2 Voeg ʼn sagte reghoekige randprentjie styl (soft edge rectangular picture style)
om die prentjie wat voorkom op die voorblad (cover page). (1)
1.2 Voeg ʼn 6pt paragraaf spasiëring voor en na die hele dokument. (1)
1.3 Pas ʼn saamgeperste spasie (condensed spacing) van 1 pt op die opskrif "What Is
Heart Attack…" op bladsy 3 toe. (2)
1.4 Gebruik ʼn formateringsopsie vir die verhelderde (highligted) woord 9-1-1 op bladsy 3
sodat die drie nommers en die koppelteken (-) tussen die nommers altyd saam sal
bly. (2)
1.5 Die prentjie wat op bladsy 3 voorkom het ʼn opskrif (caption) nodig, naamlik
FIGUUR A. Plaas die opskrif (caption) bo die prentjie. (2)
1.6 Vind die verhelderde teks (highlighted text) "agreed" op bladsy 4.
Plaas ʼn voetnota (footnote) met enige simbool langs die teks.
Maak seker die voetnota (footnote) lees "Prescribed". (2)
1.7 Pas die 'Happy Heart' styl toe op die drie paragraafopskrifte wat groen geskakeer is
(shaded) op bladsy 6 van die dokument. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.8 Pas multivlaknommering (multilevel numbering) toe op die paragrawe onder die
opskrif 'Heart Attack Symptoms' wat genoem word op bladsy 5 soos hieronder
aangedui.
(3)
1.9 Redigeer die paragrawe (opskrifte ingesluit) wat begin met "How Are Future
Heart…" en eindig met "…controlling stress" op bladsy 6.
Plaas die drie paragrawe in 3 kolomme met ʼn lyn tussen kolomme.
Spasie tussen kolomme moet presies 0.5 cm wees.
Verseker dat die drie paragraaf opskrifte altyd bo-aan ʼn kolom verskyn. (4)
1.10 Redigeer die aanhaling (citation) wat ingevoeg is op bladsy 7 onder die 'Citations'
sodat die naam van die skrywer ingevoeg en opgedateer kan word na "James
Beckerman". (2)
1.11 Verander die laaste bladsy van die dokument se bladsy-oriëntasie na landskap. (1)
1.12 Voeg die Inhoudsopgawe (Table of Contents) in op die tweede bladsy.
Gebruik ʼn eiesoortige (distinctive) formaat.
Gebruik net die drie styles naamlik "Love Heart", "Heart Care" en "Happy
Heart" in die Inhoudsopgawe (Table of Contents). (3)
1.13 Voeg outomatiese bladsynommering vir die dokument soos volg in:
Plaas ʼn bladsynommer in die onderskrif (footer) in enige formaat.
Verseker dat geen bladsynommers op die eerste of die laaste bladsy van die
dokument is nie.
Die bladsynommering moet begin by bladsy 2. Die 2de bladsy moet 1
genommer word. (5)
1.14 Stel die linker en onderste kantruimtes op 1.5 cm. (1)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
ʼn Vorm is ontwerp in Word om basiese inligting te versamel oor mense se bewustheid
aangaande Hartkwale en die basiese leefstyle van mense.
Maak die 2_Heart Aware woordverwerkingsdokument oop.
2.1 Bring ʼn teksskakering (text shading) aan vir die opskrif "AM I AWARE…" van enige
kleur. (2)
2.2 Formateer die teksvormveld (text form field) vir die opskrif Surname sodat:
Dit ʼn maksimum van 20 karakters kan akkommodeer.
Dit in HOOFLETTER moet wees. (2)
2.3 Verander die Age-veld (field) sodat:
Die maksimum lengte van die nommers 2 is.
Voeg ʼn help teks in sodat wanneer die (F1) sleutel gedruk word dit
"Enter numbers between 20 and 70" lees. (3)
2.4 Voeg ʼn merkblokkievormveld (check box form field) in vir die Male- en Female -opsie.
Die merkblokkie (check box) se grootte moet presies 15pt wees. (2)
2.5 Vind die Aftuimelvormveld (Drop-Down form field) langs die opskrif Your main factor
of concern:
Voeg die opsie Smoking by die bestaande lys. (1)
Die Smoking-opsie moet aan die bokant van die lys verskyn. (1)
2.6 Die vyf hoofoorsake van hartaanvalle word weergegee in die vorm van ʼn AutoShape
soos in die figuur aangetoon. Bring asseblief die volgende verandering aan die vorms
(shapes) aan:
Groepeer die ‘shapes’ vir Smoking en Fatty Diet sodat hulle gegroepeer word
as ʼn enkel voorwerp (single object) saam met die res van die vorms (shapes). (2)
2.7 Stel en voeg ʼn 10 cm regs gebonde gidsstippie bladleier (right aligned dashed leader
tab) vir 4 lyne (een lyn na die ander) na die opskrif "Please tell us about your daily
life style". (2)
2.8 ʼn Vergelyking (equation) om die Body Mass Index (BMI) te vind moet geplaas word
in die geskakeerde area (shaded region) onder die opskrif Calculate your BMI (Body
Mass Index) here:
Voeg die volgende formule in die spasie wat voorsien word:
𝑊𝑒𝑖𝑔ℎ𝑡
𝐵𝑜𝑑𝑦 𝑀𝑎𝑠𝑠 𝐼𝑛𝑑𝑒𝑥 =
𝐻𝑒𝑖𝑔ℎ𝑡 2 (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 3: SIGBLAD
Die statistiese verslag vir ʼn hartverwante studie wat gedoen is by Life Possible Mission
Hospital is gestoor in die 3Heart_Stat-sigblad.
Maak die 3_Heart Stat-sigblad oop en werk in die Patient Details werkblad.
3.1 ʼn Waarde (Value) wat poog om die huidige tyd (current time) te vertoon, verskyn in
sel O1.
Vervang die waarde (value) met ʼn funksie wat outomaties net die huidige tyd (current
time) sal vertoon. (1)
3.2 Voeg saam (Merge) en sentreer die selle A1 tot L1. (1)
3.3 Voeg die prentjie 3_Heart Beat.jpg in sel A2 met ʼn hoogte van 1 cm en ʼn breedte
van 15 cm. (3)
3.4 Gebruik ʼn geskikte teksfunksie (text functions) om die pasiënt kode in sel A5 te skep.
Die kode is geskep deur die volgende te kombineer:
Eerste letter vanaf die naam
Gevolg deur die lengte van die van
Die ouderdom van die pasiënt
Voorbeeld: Die pasiënt kode vir 'Carl Raymond' sal C725 wees. (6)
3.5 Voeg ʼn funksie in sel I5 om Body Mass Index vas te stel van die pasiënt wat as volg
bereken moet word:
Gewig in kolom G van die pasiënt gedeel deur die kwadraat (square) van die
hoogte in kolom H (in meter).
Formateer die antwoord na geen desimale plekke.
LW: Let asseblief dat die hoogte in kolom H in sentimeters gegee word en dat dit
verwerk moet word na meters deur van die waardes in sel N2 en O2 gebruik te
maak. (5)
3.6 Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) toe op die BMI waardes wat
in kolom I gegee word.
Top 3 waardes moet altyd geskadeer (shaded) wees.
Voeg ʼn dun horisontale “crosshatch” patroon styl (pattern style) met geel
patroon (pattern) kleur. (3)
3.7 Dit is nodig om elke pasiënt onder ʼn verskillende BMI-kategorieë te kategoriseer.
Hulle sal gekategoriseer word volgens hulle BMI wat in kolom I weergegee word. Die
BMI reeks en kategorieë is gestoor in die BMI Category werkblad.
Gebruik ʼn VLOOKUP funksie in sel N5 in die Patient Details werkblad om die
korrekte BMI kategorieë van die pasiënt te vertoon. Kopieer die funksie na die res
van die selle. (6)
3.8 Bereken in sel G26, hoeveel mans (males) eet ʼn gesonde dieet (gegee in kolom M). (5)
3.9 Bereken die aantal pasiënte wat nie-rook nie, in sel G28. (2)
3.10 Bereken die gemiddelde bedrag geld wat maandeliks spandeer word op gemorskos
(junk food) deur die pasiënte, in sel G30. Rond die antwoord af tot geen desimale
plekke. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.11 Die studie wat deur die lab gedoen is wys dat meer geld deur vrouens gespandeer is
op gemorskos (junk food) op ʼn maandelikse basis as deur mans. Bereken in sel G32
die maandelikse bedrag wat deur vrouens op gemorskos (junk food) spandeer word. (4)
3.12 Die hospitaal het toetse gedoen op die bloedsuikervlakke (blood sugar levels) van al
die pasiënte, dit word aangedui in column J, om te bepaal of die pasiënte dalk
diabetes het of nie.
Bloedsuikervlakke Diabetes
Bloedsuikervlak groter as of gelyk is aan 120 Heel Waarskynlik
Bloedsuikervlak tussen 80 en 119 Minste Waarskynlik
Bloedsuikervlak kleiner as 80 Geensins Waarskynlik
Voeg ʼn funksie in sel P5 om te bereken of die pasiënt 'Carl Raymond' dalk diabetes
het of nie.
Kopieer die funksie wat jy bygevoeg het in sel P5 na selle P6:P24. Maak seker dat dit
reg werk. (5)
Werk in die Graph-werkblad.
3.13 Verander die grafiek sodat dit as volg vertoon:
NOTA:
Voeg data-etiket (data label) slegs op die hoogste waarde in die grafiek.
Vul die hoogste databalkie (data bar) met die prentjie 3_Overweight.jpg en
voeg ʼn swart buitelyn (outline) om.
Gebruik ʼn formateringsopsie om die x-as se waardes in omgekeerde volgorde
(reverse order) aan te dui soos in die skermkopie (screenshot).
Vertoon die vertikale gidslyne (gridlines) vir meer belangrike (major) en minder
belangrike (minor) eenhede. (5)
Stoor en maak 3_Heart Stat-sigblad toe. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DATABASIS
ʼn Databasis vir toekomstige verwysing is ontwerp vir die pasiënte wat behandel is by die
hospitaal.
Maak die databasis 4_Heart Patients oop.
Formateer die Patient Details tabel soos volg:
4.1 Verander die hoogte van die ry na 20pt. (1)
4.2 Verseker dat die vertikale gidslyne (gridlines) sigbaar is. (1)
4.3 Voeg ʼn ‘customised’ alternatiewe ry kleur toe tot die tabel op so ʼn manier dat die
R (Rooi), G (Groen) en B (Blou) kleurvlakke 200, 210 en 220 onderskeidelik is. (3)
4.4 Gebruik ʼn eienskap (feature) om die gemiddelde van al die ouderdomme in die ‘Age’-
kolom vas te stel, geredigeer na geen desimale plekke. (2)
4.5 Ontwerp ʼn toevoermasker (input mask) op die Patient Code-veld om te verseker dat
die gebruiker ʼn kode kan insit wat as volg saamgestel word:
Twee verpligte hoofletters
Gevolg deur ʼn afkapping (-)
Twee verpligte nommers en een opsionele nommer
Gevolg deur ʼn afkapping (-)
Daarna die hoofletters LPH
Voorbeeld: AB-112-LPH of YZ-99-LPH kan ingevoeg word. (6)
4.6 Kies ʼn geskikte primêre sleutel (primary key). (1)
4.7 Verander die data tipe van die 'Money spent on junk food'-veld na geldeenhede
(currency). (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 5: DATABASIS
Data is versamel aangaande pasiënte en hulle verskillende hartverwante probleme.
Maak die 5_Heart-databasis oop.
5.1 Pas die Patient_History tabel soos volg aan:
Voeg ʼn swart gidslyn (gridline) kleur en ingesinkte (sunken) sel effek in vir die tabel. (2)
5.2 Werk op die Gender-veld.
5.2.1 Voeg ʼn valideringsreël (validation rule) in op die Gender veld sodat dit net die
waarde manlik of vroulik sal aanvaar. Voeg ʼn toepaslike valideringsteks
(validation text) in sodat die inskrywing geskik sal wees. (3)
5.2.2 Formateer die Gender-veld op so ʼn wyse dat dit duplikaatwaardes sal
aanvaar. (1)
5.3 Maak die Age-veld ʼn verpligte (required) veld. (1)
5.4 Skep ʼn navraag genaamd qry5_4 wat gebaseer is op die Patient_History-tabel.
Vertoon slegs die volgende velde Name, Age, Height (in cm), Body Mass (in kg)
en BMR (sien die volgende kolpunte).
Voeg ʼn berekende veld (calculated field) genaamd BMR in om die Basal Metabolic
Rate vir al die vroulike pasiënte soos volg te bereken:
BMR(women) = 655.0955 + (9.5634 × body mass in kg) + (1.8496 × height in cm) -
(4.6756 × age in years) (7)
5.5 Open die navraag qry5_5. Vertoon net die rekords van die pasiënte wie se …
‘Systolic” bloeddruk (blood pressure) meer is as 120, en
‘Diastolic’ bloeddruk (blood pressure) nie meer as 95 mag wees nie en nie minder
as 90 nie, en
Waar dit aantoon watter pasiënte mediese aandag nodig het onder die ‘suggested
action’-veld. (6)
5.6 Ontwerp ʼn vorm genaamd frm5_6 wat gebaseer is op die Patient_History-tabel.
Gebruik slegs die volgende velde Name, Gender, Sugar Level en Risk.
Verander die opskrif in die vormkopskrif (header) na Patient Sugar Levels.
Maak seker dat die skeidingslyne (dividing lines) sigbaar is.
Maak die verstekwaarde (default) ‘view’ van die vorm aaneenlopend (continuous).
Plaas die prentjie 5_Sugar Level.jpg met ʼn hoogte en breedte van 5cm in die
beskrywingseksie (detail section) van die vorm. Maak seker dat al die data sigbaar
is nadat die prentjie ingesit is. (6)
5.7 Skep ʼn verslag (report) en noem dit rpt5_7 wat gebaseer word op die navraag qry5_7.
Vertoon slegs die volgende velde Name, Gender, Sugar Level (mmol/L) en Risk.
Groepeer die rekords gebaseer op die Sugar Level (mmol/L) veld en stel die
groep intervalle (grouping intervals) op 10’e.
Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) toe op die Risk veld sodat
die pasiënte met ʼn Baie Hoë risiko (Very High risk) in rooi geskakeerde (shaded)
kleur vertoon word.
Voeg ʼn berekening in die groeponderskrif (group footer) om die totale aantal
rekords onder elke kategorie te tel. Maak seker dat ʼn geskikte opskrif vir die
berekening gegee word. (7)
[33]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
ʼn Webblad is ontwerp om eerstehandse inligting aan mense te verskaf wat heeltemal
onbewus is van hartkwale.
Maak die onvolledige 6_HealthyHeart-webblad in ʼn webblaaier asook in ʼn teks-HTML-
redigeerder oop bv. Notepad.
LET WEL:
Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as riglyne om
aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
ʼn HTML-merkersblad (tagsheet) is as verwysing aangeheg.
Jou finale webbladsy behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
6.1 Voeg die HTML-kode sodat die teks Healthy Heart in die webblaaier-oortjie (browser
tab) vertoon. (2)
6.2 Verander die font van die hele webblad na 'Century Gothic' en grootte 3. (2)
6.3 Korrigeer die HTML-kode om die opskrif Heart Disease & You in heading 1-styl te
vertoon. (1)
6.4 Verander die woord Cardiovascular Disease in die eerste paragraaf na vetdruk
(bold) en kursief (italics). (2)
6.5 Bring die volgende veranderinge aan die twee horisontale lyne op die webblad.
Lyndikte na 3
Lynkleur na swart (2)
6.6 Vind die tabel in die middel van die bladsy net na die opskrif Stay In The GREEN
ZONE Of The Blood Pressure Category Chart.
Voeg HTML-kode in om die tabel as volg te formateer:
Voeg die prentjie 6_Heart Pressure.jpg in as die derde kolomopskrif in die
eerste ry van die tabel soos hieronder vertoon word:
Voeg ʼn ry onderaan die tabel met die volgende data soos hieronder aangedui:
Hypertensive Crisis (Emergency care needed) Higher than 180 Or Higher than 110
Verander die agtergrondkleur (background) van die nuwe ry na rooi. (6)
6.7 Vind die lys met kolpunte na die opskrif What can you do?
Verander die merkers (tags) om te verseker dat die items as ʼn geordende
(ordered) lys verskyn.
Redigeer die gelyste nommers sodat dit ʼn in alfabetiese hoofletters verskyn,
bv. A, B. (2)
6.8 Koppel (Link) die teks op die webbladsy wat begin met Click here to... aan die lêer
Healthy Life Style.pdf wat in die eksamengids (examination folder) voorkom. (2)
6.9 Sentreer die teks aan die onderkant van die webbladsy wat lees Have Your Heart… (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 7: ALGEMEEN
7.1 Maak die 7_Food Diary-woordverwerkingsdokument oop.
7.1.1 Voeg saam (merge) die eerste twee selle in die laaste ry van die tabel. (1)
7.1.2 Gebruik ʼn funksie in die geel geskadeerde area, om vas te stel wat die totale
aantal kalorieë verbruik deur ʼn persoon per dag is. (2)
7.1.3 Vind die organogram op die tweede bladsy van die dokument.
Voeg ʼn vorm (shape) voor die vorm (shape) genaamd Fruits sodat dit
lees Healthy Protein en dit lyk soos die prentjie hieronder.
(2)
7.2 Maak die 7_CHD Death Rates-sigblad oop.
7.2.1 Die Death Rates werkblad wys die grafiek van sterftekoerse (death rates) van
“Coronary Heart Disease” onder nasies per 100 000 mense van
ouderdomme 35 – 74. Ongelukkig kom Suid-Afrika (South Africa) nie in die
grafiek voor nie. Maak die grafiek reg sodat Suid-Afrika op die grafiek kan
verskyn, met die korrekte sterftekoers (Death Rate). (2)
7.2.2 Gebruik ʼn sigbladeienskap (feature) om die waarde in sel B7 in die Death
Rates werkblad met die sel G7 in die SA Death Rate werkblad te verbind
sodat dit outomaties opdateer. (2)
7.3 Maak die 7_Awareness woordverwerkingsdokument oop.
Gebruik die Patient Details-tabel in die databasis 4_Heart Patients en berei ʼn
saamvoeg (mail merge) as volg voor:
Vervang die tekse 'Name' and 'Surname' boaan die dokument met die velde
Name en Surname. (3)
Stoor die dokument.
Voltooi die saamvoeg (merge).
Stoor die saamgevoede dokument as 7_AwarenessInvitation in die
eksamengids. [12]
Stoor en maak al die dokumente toe.
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AANHEGSEL A - HTML MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
Basiese Merkers (Basic Tags) Formatting Tags continued
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem ingevoeg, en voeg
webblad dan ʼn nommer of simbool by afhangende
<body bg colour="pink"> Stel die agtergrondkleur van die van die tipe lys wat geselekteer is
webblad
<body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks <img src="name"> Voeg ʼn prent in
<head></head> Bevat inligting oor die dokument <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook ''right", "center";
align="left"> "bottom", "top", "middle'' wees
<html></html> Skep ʼn HTML-dokument – begin <img src="name" Stel die grootte van die raam rondom ʼn
en eindig ʼn webblad border="1"> prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die dokument <img src="name" Stel die hoogte en breedte van ʼn prent
<!-- --> Kommentaar width="200" height
="200">
Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks wanneer die
Merker (Tag) Beskrywing alt="alternative muis oor ʼn prent gehou word of wanneer
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> die prent nie gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van ʼn reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van ʼn lyn, in persentasie
of absolute waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr Stel die kleur van die lyn
size="3"></font> colour="ff0000"/>
<font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times Stel fonttipe Beskrywing Beskrywing
New Roman"></font>
Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel
Merker (Tag) Beskrywing Skep ʼn ry in ʼn tabel Skep ʼn ry in ʼn tabel
<a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel Skep ʼn sel in ʼn tabel Skep ʼn sel in ʼn tabel
<a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn sel met algemene
src="URL"></a> sel met algemene vetgedrukte, gesentreerde teks)
vetgedrukte, gesentreerde
teks)
<a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea Stel die breedte van die Stel die breedte van die tabel
tabel
<a href="#NAME"></a> Skakel na ʼn teikenarea wat elders Stel die breedte van die Stel die breedte van die raam rondom die
in die dokument geskep is raam rondom die selle selle van die tabel
van die tabel
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die selle van die
cellspacing="1"> tabel
Merker (Tag) Beskrywing Stel die spasie tussen ʼn Stel die spasie tussen ʼn selraam en die
selraam en die inhoud inhoud daarvan
daarvan
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir Stel die inlynstelling vir die sel(le) (kan ook
die sel(le) (kan ook ''center'' of ''right'' wees)
''center'' of ''right'' wees)
<p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn Stel die vertikale Stel die vertikale inlynstelling vir sel(le)
(verstek), kan ook ''right'' of inlynstelling vir sel(le) (kan ook ''middle'' of ''bottom'' wees)
''center'' wees (kan ook ''middle'' of
''bottom'' wees)
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line break') in Stel die getal kolomme Stel die getal kolomme waaroor ʼn sel moet
waaroor ʼn sel moet strek strek
<ol></ol> Skep ʼn genommerde lys Stel die getal rye waaroor Stel die getal rye waaroor ʼn sel moet strek
ʼn sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol> gebruik is
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2016 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper