Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201313 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (TEORIE) PUNTE: 150 TYD: 3 uur *CATDM2* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING sowel as AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees AL die vrae baie versigtig. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: PAS-ITEMS Kies ʼn term/konsep vanuit KOLOM B wat die beskrywing in KOLOM A die beste pas. Skryf net die letter (A – O) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 P. KOLOM A KOLOM B 1.1 Tegnologie wat ʼn masjien in staat stel om A Blog karakters soos bankrekening nommers op ʼn tjek te lees 1.2 Die sagteware plaas drukopdragte in ʼn ry B Enkripsie nadat die instruksies vanaf die bedryfstelsel ontvang is 1.3 ʼn Tegniek wat gebruik word om C Patch ongemagtigde toegang tot sensitiewe inligting te verhoed 1.4 Klein stukkie sagteware wat spesiaal ontwerp D MICR is om foute in ʼn program/sagteware reg te maak 1.5 Maksimum hoeveelheid data wat ʼn verbruiker E Cap oor ʼn spesifieke tydperk oor ʼn internet- konneksie kan oordra 1.6 ʼn Informele webtuiste wat bestaan uit artikels F Defragmenteer in die formaat van ʼn dagboek 1.7 Die tempo waarteen data van een punt na ʼn G Styl ander oorgedra word 1.8 Die proses waar dele van ʼn lêer rangskik H Bandwydte word sodat al die dele agtermekaar is 1.9 Kombinasie van verskeie tipes formatering I SUMIF soos karakter- en paragraafformatering ingesluit in een opdrag 1.10 Funksie wat gebruik word om sekere getalle J RFID in ʼn reeks bymekaar te tel K Spooler L Breëband M EULA N Makro O IF (10 x 1) [10]
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die mees gepaste antwoord en skryf net die letter (A – D) neer langs die vraagnommer (2.1 – 2.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 2.11 E. 2.1 Watter EEN van die volgende is nie ʼn manier om by te dra tot omgewings- vriendelike rekenaarverbruik nie? A Vervang hardeware elke twee jaar B Hervul van inkhouers C Gebruik hardeware wat aan ‘Energy Star’ vereistes voldoen D Beperking van die hoeveelheid drukwerk wat in ʼn kantoor gebeur (1) 2.2 Watter EEN van die volgende sou NIE ʼn diens wees wat normaalweg met e- bankdienste verskaf word NIE? A Tussenrekening oorplasings B Balansversoeke C Onttrekking van kontant D Betaal van rekeninge (1) 2.3 ʼn Area in ʼn publieke plek soos ʼn restaurant, waar jy toegang kan verkry tot die internet staan bekend as ʼn … A WISP. B ISP. C LAN. D woelkol. (1) 2.4 Watter EEN van die volgende sou jy gebruik om data oor te dra vanaf jou selfoon na jou rekenaar? A HTTPS B WAN C Bluetooth D ADSL (1) 2.5 Die stort van hardeware in ashope staan bekend as … A e-leerwerk. B e-rekenaars. C e-gemors. D e-handel. (1) 2.6 ʼn Term wat verwys na die gaping tussen mense wat toegang tot tegnologie het en mense wat dit nie het nie: A Digitale toestel B Ongeletterd C Digitale skeiding D e-gaping (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 2.7 Sagteware of ʼn funksie van ʼn webdeurblaaier wat leerders kan verhoed om sekere webtuistes te besoek: A Vryware B ʼn Filter C Enkripsie sagteware D Deelware (1) 2.8 Watter EEN van die volgende e-pos opsies laat jou toe om ʼn kopie van ʼn boodskap te stuur aan iemand sonder dat die adres sigbaar is aan ander ontvangers van die e-pos boodskap? A Bcc B Forward C To D Cc (1) 2.9 Watter EEN van die volgende kan NIE as databron vir ʼn possamevoeging gebruik word NIE? A ʼn Aanbiedingslêer B ʼn Sigbladlêer C ʼn Woordverwerkingsdokument D ʼn Databasislêer (1) 2.10 Watter EEN van die volgende sigbladfunksies sal gebruik word om net die getalle in ʼn lys te tel? A COUNTA B COUNT C SUMIF D COUNTIF (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) AFDELING B Lees die scenario hieronder sorgvuldig, en beantwoord dan die vrae wat volg. SCENARIO Mnr. Books, die skool se bibliotekaris, wil ʼn rekenaar koop wat hy sal gebruik vir die administrasie van die biblioteek. Ongelukkig is hy nie so rekenaargeletterd soos hy moet wees nie. Hy het jou as ʼn graad 12-Rekenaartoepassingstegnologie leerder genader ten einde die regte keuses te maak. Jy sal as die spanleier optree en direk met Mnr. Books skakel. VRAAG 3 3.1 Mnr. Books wil ʼn rekenaar koop wat hy sal gebruik vir die administrasie van die biblioteek. Hy het besluit om ʼn skootrekenaar te koop en het die volgende spesifikasies vanaf ʼn plaaslike rekenaartegnikus ontvang: SKOOTREKENAAR Intel i7 3610QM 2.30 GHz 750GB SATA HDD 8GB LSG 8x DVD Super multi-skrywer 17.3” LED 1.3MP Webkamera Bluetooth 2.1 Windows 8 Pro 1x RJ-45 Ethernet 3-In-1 Geheuekaartleser Geïntegreerde Wi-Fi 3.1.1 Mnr. Books wil graag dokumente soos briewe, sigblaaie en aanbiedings oor die biblioteek skep. Watter tipe sagteware-pakket sou hy vir die skootrekenaar moes installeer om die bogenoemde items te kan skep? (1) 3.1.2 Mnr. Books se skootrekenaar kan gebruik word vir ʼn video- konferensie. Watter hardeware-komponent in die spesifikasies dui dit aan? (1) 3.1.3 Behalwe vir die bogenoemde hardeware-komponent, noem nog TWEE hardeware-toestelle wat benodig sal word om ʼn video- konferensie te doen. (2) 3.1.4 Die skootrekenaar bevat nie ʼn modem as standaardtoerusting nie. Sou hy nog steeds aan die internet kon koppel sonder ʼn modem? Motiveer jou antwoord. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 3.1.5 Mnr. Books wil graag weet of hy ʼn bedryfstelsel sou moes koop. Jy verduidelik aan hom dat daar reeds een op die rekenaar is. Identifiseer die bedryfstelsel op die skootrekenaar. (1) 3.1.6 Die advertensie noem Bluetooth as ʼn standaard konneksiemetode op die skootrekenaar. Noem TWEE voordele van Bluetooth bo infrarooi-transmissie. (2) 3.1.7 Lys TWEE maniere hoe Mnr. Books sy slimfoon sou kon konnekteer aan sy skootrekenaar om foto’s wat hy geneem het oor te dra. (2) 3.1.8 Noem die toestel beskryf deur die spesifikasie hieronder. Intel i7 3610QM 2.30 GHz (1) 3.1.9 Wat is die spoed van die toestel? (Skryf net die spoed neer) (1) 3.2 Die advertensie noem dat die monitor ʼn spesifikasie van 17.3” het. 3.2.1 Die skootrekenaar het ʼn LED-monitor in plaas van die normale LCD. Noem TWEE voordele van hierdie benadering. (2) 3.2.2 Wat beteken die 17.3”-spesifikasie met betrekking tot die monitor? (2) 3.3 Mnr. Books het ʼn CD ontvang van die provinsiale departement met ʼn lys van boeke wat aan die biblioteek geskenk gaan word. Wanneer hy die dokument op die CD oopmaak, verskyn ʼn dialoogboks wat aandui dat die dokument leesalleen (read-only) is. 3.3.1 Wat beteken die term leesalleen (read-only)? (1) 3.3.2 Hoekom sou die dokument as leesalleen gestel wees? (1) 3.3.3 Hoe kan Mnr. Books die leesalleen spesifikasie verwyder? (1) 3.4 Jy raai die bibliotekaris aan om ʼn strepieskodeleser aan te skaf. Beskryf TWEE moontlike voordele vir die mediasentrum indien so ʼn toestel gekoop word. (2) 3.5 Mnr. Books sou graag die webkamera op die skootrekenaar gebruik om foto’s te neem by die amptelike opening van die nuwe fasiliteite by die biblioteek. Jy raai aan dat hy eerder ʼn gewone digitale kamera daarvoor gebruik. 3.5.1 Noem TWEE redes hoekom hy eerder ʼn normale digitale kamera moet gebruik in plaas van die webkamera. (2) 3.5.2 Noem TWEE spesifikasies wat hy sorgvuldig aan aandag moet gee wanneer hy ʼn nuwe digitale kamera koop. (2) 3.5.3 Watter TIPE drukker (nie handelsmerk of model nie) sou jy voorstel vir hoë kwaliteit drukwerk soos foto’s? (1) [27]
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 4 4.1 Mnr. Books het besluit dat hy al die rekenaars in die biblioteek in ʼn netwerk wil koppel. Noem TWEE redes waarom hierdie benadering tot voordeel sou strek tot die verbruikers in die biblioteek en vir Mnr. Books self. (2) 4.2 Mnr. Books verstaan nie die verskil tussen ʼn LAN en ʼn WAN nie: 4.2.1 Sou die netwerk in die biblioteek bekend staan as ʼn LAN of ʼn WAN? Motiveer jou antwoord deur na die definisies van beide terme te verwys. (3) 4.2.2 Hy is ingelig dat dit ʼn goeie idée sou wees om ʼn bediener te installeer in die netwerk. Verduidelik aan hom hoekom dit ʼn goeie idée sou wees deur te verwys na die verskil tussen ʼn bediener en ʼn normale rekenaar in die netwerk. (2) 4.3 Mnr. Books sou graag sekere reëls in die netwerk in plek stel vir verbruikers. 4.3.1 Een reël sal wees dat verbruikers nie video’s soos die op Youtube oor die Internetverbinding mag kyk nie. Hoekom is dit nodig? (1) 4.3.2 Hoe kan Mnr Books die probleem in VRAAG 4.3.1 oplos en nog steeds toelaat dat verbruikers sekere video’s kyk? (1) 4.4 Mnr. Books was verbaas om te hoor dat rekenaars in ʼn netwerk gekoppel kan word sonder enige kabels deur middel van Wi-Fi. Bespreek EEN voordeel en EEN nadeel van ʼn koordlose netwerk in stede van ʼn netwerk wat met kabels werk. (2) 4.5 Mnr. Books is bekommerd dat leerders toegang verkry tot vertroulike inligting. Noem TWEE maniere hoe toegang tot sekere lêers of gidse in ʼn netwerk verbied kan word. (2) 4.6 Mnr. Books probeer uitnodigings uitdruk na die opening van die biblioteek. Hy het die dokument gestuur na een van die twee drukkers op die netwerk, maar daar het sover nog niks gedruk nie. 4.6.1 Noem TWEE moontlik redes hoekom die drukkers nie reageer nie. (2) 4.6.2 Lys TWEE moontlike aksies wat op drukopdragte in ʼn drukkerlys gedoen kan word. (2) 4.6.3 Wat sou Mnr. Books moes doen om seker te maak dat al die drukopdragte in die toekoms na een spesifieke drukker gaan? (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 4.7 Jy stel voor dat Mnr. Books gebruik maak van hervulde inkhouers vir die sentrum. 4.7.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van hervulde inkhouers. (2) 4.7.2 Noem TWEE moontlike nadele verbonde aan die gebruik daarvan. (2) 4.8 Mnr. Books wil graag nuwe sagteware vir die sentrum bekom. 4.8.1 Noem TWEE hardeware-komponente wat hy in ag moet neem voordat hy besluit op watter sagteware hy gaan aankoop. (2) 4.8.2 Noem EEN instansie waar Mnr. Books eerder ʼn rekenaar sou vervang in plaas daarvan om dit op te gradeer. (1) [25] VRAAG 5 5.1 Mnr. Books sou graag ʼn ingeligte besluit wou maak rakende die internetkonneksie wat hy vir die netwerk gaan gebruik. Dit sluit die tipe konneksie en die IDV in. 5.1.1 Wat is die funksie van ʼn IDV? (2) 5.1.2 Lys TWEE redes, bo en behalwe kostes, wat ADSL ʼn beter opsie as ʼn skakel-lyn maak. (2) 5.1.3 Verduidelik hoe die koste van ʼn ADSL-lyn bereken word, wanneer dit vergelyk word met ʼn skakellyn se kostes. (2) 5.1.4 Verduidelik wat die terme breëband en bandwydte beteken. (4) 5.2 Mnr. Books is aangesê om ʼn intranet in die biblioteek te skep. 5.2.1 Definieer die term intranet. (2) 5.2.2 Noem TWEE redes vir die installeer van ʼn intranet in die biblioteek. (2) 5.3 Mnr. Books sou graag wou gebruik maak van aanlyn-bankdienste om vir nuwe boeke en die rekenaartoerusting te betaal. 5.3.1 Lys TWEE voordele van aanlyn-bankdienste. (2) 5.3.2 Verduidelik TWEE gevare verbonde aan aanlyn-bankdienste. (2) 5.3.3 Noem TWEE maniere hoe banke seker maak dat kliënte se transaksies veilig op hul webtuiste gedoen kan word. (2) 5.3.4 Noem EEN tipe bankdiens wat Mnr. Books nie oor die internet sal kan doen nie. (1)
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) 5.4 Baie leerders wat die biblioteek/media sentrum gebruik het nie e-pos adresse nie en wil gebruik maak van sosiale netwerke soos Facebook. 5.4.1 Noem TWEE eienskappe, behalwe die skryf van teksboodskappe, wat ʼn webtuiste soos Facebook het. (2) 5.4.2 Noem TWEE moontlike gevare of nadele verbonde aan die gebruik van ʼn webtuiste soos Facebook. (2) 5.5 Die biblioteek sal leerder bystaan wat hul PAT-take wil doen, siende dat hulle inligting nodig het vanaf die internet wat op datum is en boeke in die biblioteek. 5.5.1 Mnr. Books stel voor dat hulle ʼn soekenjin gebruik om inligting vanaf die internet te verkry. Wat is ʼn soekenjin? (2) 5.5.2 Noem TWEE maniere hoe ʼn soektog verfyn kan word om meer relevante inligting te bekom. (2) 5.5.3 Bespreek TWEE maniere waarop jy kan staat maak om te besluit of inligting op ʼn webtuiste akkuraat is en jy daarop kan staatmaak. (2) [31] VRAAG 6 6.1 Mnr. Books wil ʼn dokument vanaf sy rekenaar by die biblioteek huis toe vat en dit daar oopmaak. Ongelukkig het hy nie ʼn kantoorpakket op sy rekenaar by die huis nie. Hy moet kies tussen eiendomsagteware soos Microsoft Office en ʼn oopbron alternatief soos LibreOffice. 6.1.1 Verduidelik wat ʼn kantoorpakket is. (2) 6.1.2 Vergelyk hierdie TWEE tipes kantoorpakkette in terme van koste en ondersteuning. (4) 6.2 Watter tipe toepassingsprogrammatuur sal normaalweg in ʼn kantoorpakket gevind word vir elk van die volgende situasies binne die bogenoemde scenario? (Moet NIE enige handelsmerke soos Microsoft PowerPoint noem NIE.) 6.2.1 Om rekord te hou van al die boeke in die biblioteek en toelaat dat spesifieke inligting maklik vanuit die rekords uitgehaal kan word. (1) 6.2.2 Om finansiële rekords te hou van donasies en hoe geld spandeer is. (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 6.3 Die netwerk sal veelvoudige verbruikers hê wat rekenaars sowel as die internet gebruik. Dit bekommer Mnr. Books as gevolg van malware. 6.3.1 Verduidelik aan Mnr. Books wat ʼn “keylogger” is deur te verwys na die tipe sagteware wat dit voorstel. (2) 6.3.2 Hoe sal hy sagteware herken wat klassifiseer word as “adware”? (1) 6.3.3 Noem TWEE moontlike tekens dat jou rekenaar met spioenasie sagteware besmet is. (2) 6.3.4 Noem TWEE maniere hoe Mnr. Books kan seker maak dat die netwerk vry is van enige malware – uitgesluit die opdatering van anti-malware sagteware. (2) 6.3.5 Verduidelik aan Mnr. Books hoekom hy moet seker maak dat sy anti-virus gereeld opgedateer moet word, deur te verwys na wat dit beteken. (3) 6.4 Noem TWEE redes vir die gebruik van ʼn program soos Winzip om lêers saam te pers, soos ʼn gids met 50 lêers daarin. (2) 6.5 Die bibliotekaris het per abuis ʼn lêer geskraap vanaf die rekenaar wat dringend benodig word. Is daar enige manier om hierdie lêer terug te kry? Verduidelik jou antwoord. (2) 6.6 Die biblioteek-assistente sal vir lang tydperke aaneen tikwerk doen om die nuwe boeke en ander besonderhede in die stelsel in te lees. 6.6.1 Een van die assistente is bekommerd oor die feit dat ʼn dokter hom gewaarsku het teen die RSI. Wat is RSI? (2) 6.6.2 Bespreek TWEE maniere hoe RSI kan verhoed of verminder kan word. (2) [26]
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 7 7.1 Mnr. Books gebruik tans ʼn woordverwerker om dokumente te skep wat hy wil gebruik tydens die openingseremonie van die nuwe rekenaar-fasiliteit. 7.1.1 Hy het ʼn prentjie ingevoeg tot die dokument, maar kan dit nie sentreer oor die bladsy soos hy dit nodig het nie. Verduidelik wat die oorsaak van die probleem is en hoe hy die probleem kan korrigeer. (2) 7.1.2 Hy het ʼn tabel net onder die hoofopskrif van die dokument ingesit. Ongelukkig pas die tabel nie in op die bladsy nie, en gaan dit oor die kantlyne. Stel TWEE maniere voor hoe hy moontlik die tabel kan laat pas sonder om enige kolomme te skraap of skrifgroottes te verander. (2) 7.1.3 Wanneer hy die “Spell Check”-funksie gebruik, vind hy dat die woord programme aangedui word as ʼn spelfout en onderstreep is. Hoe kan hy die probleem oplos. (1) 7.2 Mnr. Books het 32 opskrifte en 65 subopskrifte in die dokument. Hy het besluit om die formatering van die opskrifte te verander, maar het nie tyd om elkeen apart te stel nie. Noem die eienskap wat hy veronderstel was om te gebruik van die begin af wat hierdie probleem maklik sou oplos. (2) 7.3 Die assistent het ʼn opsomming van die uitgawes van die rekenaar fasiliteit opgestel in ʼn woordverwerkingsdokument. Gee TWEE redes hoekom hy eerder ʼn sigblad moet gebruik. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 7.4 Hy het ook ʼn databasis opgestel van al die boeke in die biblioteek. Die tabel genaamd Book_Table bevat die volgende velde: Veldnaam Beskrywing Strepieskode Strepieskode identifiseer elke boek ISBN ISBN-nommer Outeur Die outeur se naam Titel Titel van die boek Jaar Jaar wat dit gepubliseer is Fiksie Fiksie of nie-fiksie Hoev_Afskrifte Hoeveelheid afskrifte in voorraad 7.4.1 Noem die veld wat meeste gepas sou wees as die primêre sleutelveld EN motiveer waarom jy die veld gekies het. (2) 7.4.2 Wat is die mees gepaste datatipe (behalwe teks) vir die Fiksie-veld wat sou aandui of ʼn boek fiksies is of nie. (1) 7.4.3 Noem die mees gepaste datatipe wees vir die ISBN-nommer van die boeke wat elkeen 13 nommers bevat. (1) 7.4.4 Verduidelik waarvoor jy ʼn toevoermasker in ʼn databasis sou gebruik. (1) 7.4.5 Beskryf hoe jy ʼn databasis-eienskap sou gebruik om te keer dat mense wat data inlees boeke byvoeg tot die tabel wat voor 2000 publiseer is. (2) 7.5 Die volgende formule is gebruik om die toekomstige vervangingswaarde van ʼn boek te bepaal. =20%*$A$2 7.5.1 Watter term beskryf die sel wat die $-tekens bevat? (1) 7.5.2 Waarvoor word hierdie tipe selverwysing van VRAAG 7.5.1 in ʼn sigblad gebruik? (2) 7.5.3 Voorspel hoe hierdie formule sou verander indien dit gekopieer word na die sel direk onder die huidige sel. (1) 7.6 Verduidelik aan Mnr. Books waarvoor hy die developer tab normaalweg sou gebruik om ʼn interaktiewe vorm te skep wat op die rekenaar ingevul kan word. (1) [21] TOTAAL AFDELING B: 120 GROOTTOTAAL: 150

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP | Hlayiso