Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 11 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentMemorandum 











View all





Afrikaans FAL Grade 11 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)
Grade 11 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the November Mock Exam 2 2026 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: Hlayiso
Afrikaans FAL · Grade 11 · November Mock Exam 2 · 2026. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam 2
- Paper
- 3
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 162.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
2
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1.
Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A:
VRAAG 1
OPSTEL (50)
AFDELING B:
VRAAG 2.1–2.4
LANGER TRANSAKSIONELE TEKS (30)
AFDELING C:
VRAAG 3.1–3.3
KORTER TRANSAKSIONELE TEKS (20)
2.
Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3.
As ’n onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer by die inhoud
(’n baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4.
Indien ’n skryfstuk grootliks uit die vraestel oorgeskryf is, ontvang die kandidaat geen
punte nie (kommentaar: “Nie eie werk nie”). Indien dele van die skryfstuk wel die
kandidaat se eie werk is, word daardie dele volgens die laagste kode geassesseer.
5.
Die kandidaat word nie addisioneel gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum
of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie; die rubriek maak reeds
voorsiening daarvoor.
6.
By die visuele prikkels (VRAAG 1.6.1–1.6.3) moet die titel en die prent bymekaar
aansluit. Indien die titel nie by die prent pas nie, maar die inhoud wel op die prent
reageer, word die titel geïgnoreer.
7.
’n Holistiese benadering word gevolg: die fokus val nie rigied op ’n enkele spelfout
binne die konteks van die sin nie.
8.
Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
word die eerste poging nagesien.
SIMBOLE BY DIE NASIEN
VERDUIDELIKING
SIMBOOL
BESKRYWING
Woordorde
( )↷
Hakies en pyltjie
Spelfout
Twee strepies onder die woord
Woordkeuse
/
Haal met ’n streep deur
Tydfoute
T
Hoofletter T in die kantlyn
Woord(e) weggelaat
∧
Weglaatteken
Taalfoute
Enkelstreep onder die fout
Paragraafindeling
//
Dubbele skuinsstreep
Woorde uit ander tale
X
Trek ’n X oor die woord
Erkenning van goeie
taalgebruik
✓
Regmerkie bo goeie taalgebruik of idees
Herhaling
hh
In die kantlyn
Onduidelik/onverstaanbaar
≀
Kronkelstreep in die kantlyn
Punktuasie
◦
Omkring die fout
Oorgeskryf uit die vraestel
Vr
In die kantlyn
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
3
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
NEERSKRYF VAN PUNTE
• Bepaal eers in watter hoofvlak (bv. KNAP) die skryfstuk val, dan of dit in die hoë of lae
subkategorie val, en ken dan EEN punt per kriterium toe.
• AFDELING A: Inhoud en beplanning (30) + Taal, styl en redigering (15) + Struktuur (5)
= 50
• AFDELING B: Inhoud, beplanning en formaat (18) + Taal, styl en redigering (12) = 30
• AFDELING C: Inhoud, beplanning en formaat (12) + Taal, styl en redigering (8) = 20
Voorbeeld (AFDELING A):
I/B: Knap – 22
T/S/R: Gemiddeld – 9
S: 4
TOTAAL: 35/50
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die opstelrubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor
EEN onderwerp of prent skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel skryf wat by sy/haar interpretasie
van die onderwerp pas. Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se
oogpunt. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie.
VRAAG 1
1.1
Ek het nog nooit vir iemand hiervan vertel nie …
Waarskynlik ’n verhalende opstel: die kandidaat “vertrou” die leser ’n geheim toe, bv.
iets wat hy/sy gedoen of gesien het, ’n vrees, ’n verlies, ’n talent of ’n droom. Die opstel
moet verduidelik WAT die geheim is EN waarom dit tot nou toe geheim gehou is. Die
beletselteken nooi die kandidaat om die sin voort te sit; die titel mag voltooi word. ’n
Bespiegelende opstel oor waarom mense geheime hou, is ook aanvaarbaar.
[50]
1.2
Volgende jaar is ek in matriek: my hoop en my vrees
’n Bespiegelende/beskrywende opstel in die eerste persoon. Albei kante van die
titel moet aangespreek word: hoop (bv. goeie uitslae, ’n universiteitsplek of beurs, die
matriekafskeid, leierskap, ’n nuwe begin) EN vrees (bv. eksamendruk, geld vir verdere
studie, verwagtinge van die familie, om vriende te verloor). ’n Opstel wat slegs een kant
bespreek, kan nie in die hoogste vlak val nie. ’n Gevolgtrekking oor hoe die kandidaat
die jaar wil aanpak, word verwag.
[50]
1.3
Is eerlikheid vandag nog die beste beleid?
’n Argumenterende opstel (die kandidaat antwoord JA of NEE en verdedig die
standpunt met redes en voorbeelde) of ’n beredenerende opstel (albei kante word
bespreek, bv. eerlikheid bou vertroue, ’n goeie naam en gewetensrus teenoor “wit
leuens” wat gevoelens spaar, oneerlikheid in die politiek of op sosiale media wat
skynbaar beloon word) met ’n duidelike gevolgtrekking. Die woord “vandag” nooi ’n
vergelyking tussen vroeër en die hede.
[50]
1.4
Die mense wat my huis ’n tuiste maak
Leen hom tot ’n beskrywende opstel: die kandidaat beskryf die mense (ouers,
grootouers, broers/susters, ’n voog, ’n huishulp of selfs ’n troeteldier) se voorkoms,
gewoontes en eienskappe, en verduidelik hoe hulle die huis ’n warm, veilige plek maak.
Die verskil tussen huis (gebou) en tuiste (plek waar jy behoort) behoort op een of
ander wyse na vore te kom. Sintuiglike detail word beloon. ’n Verhalende opstel oor
’n gebeurtenis wat dit bewys, is ook aanvaarbaar.
[50]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
4
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.5
“Eendag sal jy my bedank.”
Waarskynlik ’n verhalende opstel: iemand (bv. ’n ouer, onderwyser, afrigter of
grootouer) het hierdie woorde gesê toe hy/sy iets van die kandidaat vereis of
verbied het. Die kandidaat vertel wat gebeur het, hoe hy/sy toe gevoel het (dikwels
kwaad of teleurgesteld) en hoe hy/sy later besef het dat die persoon reg was.
Die aanhalingstekens dui op direkte rede; die woorde moet duidelik deel van die
opstel wees. ’n Bespiegelende opstel oor raad wat ons eers later waardeer, is ook
aanvaarbaar.
[50]
1.6.1 Prent: ’n donker gang en ’n deur wat op ’n skrefie oopstaan, met lig wat uitstroom
Moontlike interpretasies: nuuskierigheid en die onbekende, ’n geheim agter die deur,
’n spookstorie of spanningsverhaal, ’n nuwe geleentheid (“’n deur gaan oop”), hoop in
’n donker tyd, ’n besluit om in te gaan of weg te loop. Enige opstelsoort is aanvaarbaar
mits die verband met die prent duidelik is.
[50]
1.6.2 Prent: ’n kers op ’n vensterbank op ’n reënerige aand
Moontlike interpretasies: beurtkrag/kragonderbreking, eensaamheid, wag vir iemand
wat nog nie tuisgekom het nie, ’n storm, herinneringe aan ’n geliefde, gesinstyd sonder
skerms (geen TV of selfoon nie), hoop (die klein liggie in die donker). Waarskynlik ’n
beskrywende of verhalende opstel. Die titel is die kandidaat se eie.
[50]
1.6.3 Prent: ’n leë voëlhok met die deurtjie oop en ’n voël wat wegvlieg
Moontlike interpretasies: vryheid, ontsnapping, om die huis te verlaat en onafhanklik te
word, om ’n slegte situasie of verhouding agter te laat, om ’n troeteldier te verloor, om
iemand vry te laat wat jy liefhet. Die prent kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word.
Enige opstelsoort is aanvaarbaar.
[50]
TOTAAL AFDELING A:
50
SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN)
• Verhalend: vertel ’n storie met ’n duidelike begin, middel (hoogtepunt) en einde;
gewoonlik in die verlede tyd.
• Beskrywend: beskryf ’n persoon, plek of gebeurtenis so lewendig dat die leser dit kan
sien, hoor en voel.
• Argumenterend: die skrywer neem ’n duidelike standpunt in en gee redes om die leser
te oortuig.
• Beredenerend: albei kante van ’n saak word bespreek voordat die skrywer tot ’n
gevolgtrekking kom.
• Bespiegelend: die skrywer dink oor ’n idee of vraag na; persoonlik van aard.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
5
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING B word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Let op die korrekte formaat van
elke teks; formaat is deel van die punt vir Inhoud, beplanning en formaat.
VRAAG 2
2.1
FORMELE BRIEF (BRIEF AAN DIE PERS)
• Skrywer se adres regs bo, met die datum daaronder; ontvanger links: Die
Redakteur, naam van die koerant en adres.
• Aanhef: Geagte Redakteur / Geagte Meneer/Mevrou.
• Onderwerpreël (onderstreep of in hoofletters), bv. HOU ONS BIBLIOTEEK OOP!
of SLUITING VAN DIE OPENBARE BIBLIOTEEK.
• Inleiding: die rede vir die brief (die munisipaliteit se plan om die biblioteek te sluit).
• Inhoud: die skrywer se mening met redes (bv. leerders het geen ander plek om te
studeer nie, gratis internet, leeskultuur, veiligheid na skool) EN TWEE uitvoerbare
voorstelle (bv. korter openingstye, vrywilligers uit die gemeenskap, ’n plaaslike
besigheid as borg, ’n klein lidmaatskapfooi, fondsinsameling deur skole).
• Slot: ’n oproep tot aksie/versoek; Die uwe, handtekening, voorletters en van (die
skrywer se naam word by ’n brief aan die pers onderaan geskryf).
• Toon: formeel en saaklik, maar oortuigend; geen sametrekkings of slengtaal nie.
• Een voorstel alleen: kandidaat kan nie in die hoogste vlak vir inhoud val nie.
[30]
2.2
ONDERHOUD
• Opskrif/titel,
bv.
Onderhoud
met
mev.
Sophie
Jacobs
(85),
en
’n
kort
inleiding/agtergrond (opsioneel, tussen hakies): waar en wanneer die onderhoud
plaasvind.
• Name van die sprekers (of Ek/Onderhoudvoerder en die naam van die
buurvrou/buurman) aan die linkerkant, gevolg deur ’n dubbelpunt; geen
aanhalingstekens nie.
• Die onderhoudvoerder vra goed beplande, oop vrae (bv. oor skool, speletjies, kos,
vervoer, werk, feesdae, hoe die dorp verander het); die persoon gee volledige
antwoorde met detail uit die verlede.
• Toneelaanwysings (indien gebruik) tussen hakies.
• Opening (groet, bedanking vir die tyd) en afsluiting (bedanking en groet).
• Toon: beleefd en respekvol teenoor ’n ouer persoon (u, Tannie/Oom); die ou
persoon se taal mag effens informeel wees.
[30]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
6
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
2.3
HULDEBLYK (TOESPRAAK)
• ’n Toespraak wat vereer: opskrif/titel, bv. Huldeblyk aan mnr. Mokoena.
• Aanspreekvorm aan die begin, bv. Meneer die Skoolhoof, onderwysers, ouers
en medeleerders, en natuurlik ons eregas, mnr./mev. Mokoena (die persoon is
teenwoordig en word direk toegespreek).
• Inhoud: die persoon se 30 jaar diens, take (terreine, sportvelde, tuine,
herstelwerk), eienskappe (betroubaar, vriendelik, hardwerkend), ’n persoonlike
herinnering of anekdote, die verskil wat hy/sy aan die skool gemaak het.
• Slot: bedanking en goeie wense vir die aftrede (en ’n heildronk of applous,
opsioneel).
• Toon: warm, dankbaar en respekvol; formele register, maar persoonlik.
• LET WEL: Dit is ’n aftrede, nie ’n begrafnis nie. Indien die kandidaat dit as ’n
roudiens hanteer, word die kandidaat by Inhoud gepenaliseer (hoogstens die vlak
Gemiddeld), maar dit word nie as heeltemal misgetas beskou nie.
[30]
2.4
INFORMELE VERSLAG
• Opskrif/titel, bv. Graad 11’s ontdek die wonder van wetenskap; die naam van die
verslaggewer (deur …).
• Inleiding wat die WIE, WAT, WAAR en WANNEER beantwoord (die graad
11-leerders, uitstappie, wetenskapsentrum, datum).
• Liggaam in chronologiese volgorde: vertrek, aankoms, uitstallings/eksperimente,
hoogtepunte, wat geleer is (bv. oor die ruimte, elektrisiteit, die menslike liggaam,
robotika), enige snaakse of onverwagte gebeure.
• Slot: die waarde van die uitstappie, bedanking aan onderwysers/borge.
• Feitelik en saaklik, in die verlede tyd en derde persoon (eerste persoon ons is
aanvaarbaar by ’n informele verslag); paragrawe of subopskrifte.
[30]
TOTAAL AFDELING B:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
7
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING C word volgens die rubriek uit 20 geassesseer.
VRAAG 3
3.1
DAGBOEKINSKRYWING
• Datum (en tyd) boaan; ’n aanhef soos Liewe Dagboek is opsioneel.
• Eerstepersoonsvorm; informele, persoonlike en emosionele toon.
• Inhoud: wat gebeur het op die dag van die leerlingbestuurderslisensietoets (bv.
laat by die toetssentrum, die verkeerde dokumente, senuwees, moeilike vrae
oor padtekens, het net-net gedruip of tog geslaag). Die dag het “nie heeltemal”
volgens plan verloop nie; dit moet blyk.
• Die kandidaat se gevoelens (frustrasie, verligting, teleurstelling, trots) en wat
hy/sy volgende keer anders gaan doen.
• Hoofsaaklik in die verlede tyd; kort, gevarieerde sinne.
[20]
3.2
PLAKKAAT
• ’n Pakkende opskrif/slagspreuk, bv. DEEL ’N BLIKKIE, DEEL HOOP!
• Wie organiseer (die VLR), vir wie die kos is (gesinne in die gemeenskap wat
swaarkry) en waarom.
• Wat geskenk kan word (blikkieskos, pap, rys, pasta, suiker, ens. – geen
bederfbare kos nie).
• Wanneer (laaste week van die kwartaal, datums) en waar (bv. ’n kis by die saal
of in elke registerklas).
• Aansporing/aksie: kompetisie tussen klasse, “elke blikkie tel”, kontakpersoon.
• Uitleg: kort frases, hoofletters, kolpunte, uitroeptekens; oorredende taal. Die
woorde word getel; tekeninge verdien geen punte nie.
[20]
3.3
INSTRUKSIES
• ’n Opskrif, bv. BLY VEILIG AANLYN: AGT GOUE REËLS.
• AGT genommerde of gekolpunte instruksies (moets EN moenies), bv. Moenie
jou wagwoord met enigiemand deel nie. Gebruik ’n sterk wagwoord. Moenie jou
adres of foto’s in jou skooldrag aanlyn plaas nie. Aanvaar slegs vriendversoeke
van mense wat jy ken. Dink twee keer voordat jy iets plaas. Vertel ’n volwassene
as iemand jou aanlyn boelie. Moenie op skakels van onbekendes klik nie. Teken
altyd uit op ’n skoolrekenaar.
• Gebiedende wyse (begin met ’n werkwoord) en korrekte ontkenning (Moenie …
nie.).
• Beide moets en moenies moet voorkom; minder as AGT instruksies: kandidaat
kan nie in die hoogste vlak vir inhoud val nie.
[20]
TOTAAL AFDELING C:
20
GROOTTOTAAL:
100
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
8
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL
[50 PUNTE]
Kriteria
Uitsonderlik
Knap
Gemiddeld
Elementêr
Onvoldoende
INHOUD EN
BEPLANNING
(30)
Respons en
idees;
organisering
van idees;
bewustheid
van doel,
gehoor en
konteks
Hoë
vlak
28–30
Respons
uitsonderlik/treffend
en bo verwagting;
idees intelligent en
volwasse;
uitsonderlike
organisasie en
samehang
(inleiding, liggaam,
slot)
22–24
Respons baie
goed; idees
heeltemal relevant,
interessant en
volwasse;
organisasie baie
goed en
samehangend
16–18
Respons
bevredigend; idees
redelik
samehangend en
oortuigend;
redelike
organisasie
10–12
Wisselvallige
samehang; idees
onduidelik, nie
oorspronklik nie;
min bewys van
organisasie
4–6
Respons heeltemal
irrelevant; idees
deurmekaar; vaag
en herhalend; geen
organisasie nie
Lae
vlak
25–27
Respons
uitmuntend, maar
sommige treffende
eienskappe
ontbreek; knap
organisasie en
samehang
19–21
Respons goed;
idees relevant en
interessant;
organisasie goed
en samehangend
13–15
Respons
bevredigend, maar
verval soms in
onduidelikheid; ’n
mate van
organisasie
7–9
Respons grootliks
irrelevant; idees los
en verwarrend;
skaars bewys van
organisasie
0–3
Geen poging om by
die onderwerp te
hou nie;
deurmekaar en
sonder fokus
TAAL, STYL
EN
REDIGERING
(15)
Toon, register,
styl,
woordkeuse,
grammatika,
spelling en
punktuasie
Hoë
vlak
14–15
Toon, register, styl
en woordeskat
hoogs gepas;
taalgebruik getuig
van vertroue;
grammatika en
spelling feitlik
foutvry
11–12
Baie gepaste toon
en woordeskat;
taalgebruik
effektief;
grammatika en
spelling grootliks
foutvry
8–9
Gepaste toon en
woordeskat; taal
dra betekenis
voldoende oor
5–6
Toon en
woordeskat nie
gepas nie; baie
basiese
taalgebruik; baie
beperkte
woordeskat
0–3
Taal
onverstaanbaar;
woordeskat so
beperk dat dit nie
sin maak nie
Lae
vlak
13
Taalgebruik
uitstekend en
retories effektief;
feitlik foutvry
10
Taalgebruik
toepaslik en oor die
algemeen effektief;
enkele foute
7
Voldoende
taalgebruik, maar
teenstrydighede;
beperkte retoriese
middele
4
Taalgebruik
onvoldoende;
weinig
sinsverskeidenheid;
woordeskat baie
beperk
STRUKTUUR
(5)
Kenmerke van
die teks;
paragraaf-
ontwikkeling en
sinskonstruksie
5
Uitstekende
ontwikkeling van
die onderwerp;
uitsonderlike detail;
sinne en
paragrawe
uitsonderlik
gekonstrueer
4
Logiese
ontwikkeling van
detail;
samehangend;
sinne en
paragrawe logies
en gevarieerd
3
Relevante detail
ontwikkel; sinne en
paragrawe goed
gekonstrueer;
opstel maak nog
effens sin
2
Sommige punte
geldig; sinne en
paragrawe foutief;
opstel maak nog
sin
0–1
Noodsaaklike
punte ontbreek;
sinne en
paragrawe foutief;
opstel maak nie sin
nie
VERSPREIDING VAN
PUNTE
43–50
33–40
23–30
13–20
0–10
LET WEL: Die kriteria vir Inhoud en Taal is in elke vlak in ’n hoë en ’n lae subkategorie verdeel. Struktuur word nie in hoë en lae vlakke
verdeel nie.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
9
NSS Proef – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) –
EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria
Uitsonderlik
Knap
Gemiddeld
Elementêr
Onvoldoende
INHOUD,
BEPLANNING EN
FORMAAT (18)
Respons en idees;
organisering van
idees; doel, gehoor,
kenmerke/
konvensies en
konteks
15–18
Respons
uitsonderlik, bo
verwagting; idees
intelligent en
volwasse; grondige
kennis van die
kenmerke van die
teks; behou fokus;
idees uitgebrei met
ondersteunende
detail; gepaste en
akkurate formaat
11–14
Respons baie goed;
goeie kennis van
die kenmerke van
die teks; geen
afwykings nie;
samehangend en
goed uitgebrei;
formaat gepas met
onbeduidende foute
8–10
Respons
voldoende;
voldoende kennis
van die kenmerke;
enkele afwykings;
redelike samehang;
sommige detail;
formaat oorwegend
gepas met enkele
foute
5–7
Basiese respons;
geringe kennis van
die kenmerke;
afwykings; inhoud
nie altyd
samehangend nie;
min detail; formaat
vaagweg toegepas
0–4
Geen kennis van die
kenmerke van die
teks nie; betekenis
onduidelik met groot
afwykings; geen
samehang nie;
formaat nie
toegepas nie
TAAL, STYL EN
REDIGERING (12)
Toon, register, styl,
woordkeuse,
grammatika,
punktuasie en
spelling
10–12
Toon, register, styl
en woordeskat
hoogs geskik vir
doel, gehoor en
konteks;
grammatika
akkuraat en goed
gekonstrueer; feitlik
foutloos
8–9
Baie geskik vir doel,
gehoor en konteks;
grammatika oor die
algemeen korrek;
baie goeie
woordeskat;
oorwegend foutloos
6–7
Geskik vir doel,
gehoor en konteks;
enkele
grammatikafoute;
voldoende
woordeskat; foute
belemmer nie
betekenis nie
4–5
Minder geskik;
grammatika
onakkuraat met
etlike foute; basiese
woordeskat;
betekenis belemmer
0–3
Stem nie ooreen
met doel, gehoor en
konteks nie; besaai
met foute; betekenis
ernstig belemmer
VERSPREIDING
VAN PUNTE
25–30
19–23
14–17
9–12
0–7
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) –
EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria
Uitsonderlik
Knap
Gemiddeld
Elementêr
Onvoldoende
INHOUD,
BEPLANNING EN
FORMAAT (12)
Respons en idees;
organisering van
idees; kenmerke/
konvensies en
konteks
10–12
Respons
uitsonderlik, bo
verwagting;
grondige kennis van
die kenmerke van
die teks; behou
fokus; idees
uitgebrei met detail;
gepaste en akkurate
formaat
8–9
Respons baie goed;
goeie kennis van
die kenmerke; geen
afwykings nie;
samehangend;
formaat gepas met
onbeduidende foute
6–7
Respons
voldoende;
voldoende kennis
van die kenmerke;
enkele afwykings;
sommige detail;
formaat oorwegend
gepas
4–5
Basiese respons;
geringe kennis van
die kenmerke;
afwykings; min
detail; formaat
vaagweg toegepas
0–3
Geen kennis van
die kenmerke nie;
betekenis
onduidelik; geen
samehang nie;
formaat nie
toegepas nie
TAAL, STYL EN
REDIGERING (8)
Toon, register, styl,
woordkeuse,
grammatika,
punktuasie en
spelling
7–8
Toon, register en
woordeskat hoogs
geskik; grammatika
akkuraat; feitlik
foutloos
5–6
Baie geskik vir doel
en gehoor;
grammatika oor die
algemeen korrek;
baie goeie
woordeskat
4
Geskik vir doel en
gehoor; enkele
grammatikafoute
wat nie betekenis
belemmer nie
3
Minder geskik;
grammatika
onakkuraat met
etlike foute; basiese
woordeskat;
betekenis belemmer
0–2
Stem nie ooreen
met doel en gehoor
nie; besaai met
foute; betekenis
ernstig belemmer
VERSPREIDING
VAN PUNTE
17–20
13–15
10–11
7–8
0–5
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2020 Memo
Related documents

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Afrikaans FAL

Study guide
Gr11 Afr EAT Studiegids LR

Annual teaching plan
Gr 11 Afrikaans FAL ATP 2023 24

Question paper
Afrikaans Fal Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 11 P2 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 11 Paper 3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum