Skip to content
Memorandum

Afrikaans Fal Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Grade 11 Afrikaans Fal Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Afrikaans FalGrade 11201920 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye wat 3 rubrieke insluit.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) SKRYF EN AANBIED ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 BEDANKINGSBRIEF VRAAG 2.2 HULDEBLYK VRAAG 2.3 KOERANTARTIKEL VRAAG 2.4 ONDERHOUD AFDELING C: VRAAG 3.1 UITNODIGING VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien. 4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens die laagste kode geassesseer. 5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk gebruik word. 6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum woorde gebruik nie. 7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.  Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. 8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn afsonderlike woord(e) binne die konteks van die sin nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde (…) → Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, [ Begin van ʼn nuwe sin lomp sin Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord nie-funksionele / vreemde woorde  Standaardafrikaans bly die norm.  Gebruiksafrikaans moet vermy word.  Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie.  Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse streekswoorde/ streeksuitdrukkings. Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep onverstaanbaar Saamgeflans uit die Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r vraestel Punktuasie O Omkring Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die VYF HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte). AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte). AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). 3. Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP. Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP hoë vlak. Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir inhoud en beplanning. Dieselfde werkswyse word by TAAL, STYL en REDIGERING gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywing in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel. 5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die kandidaat se skryfstuk volgens INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net EEN PUNT NEER. Dieselfde geld vir TAAL, STYL en REDIGERING. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt I/B Knap + 22 T/S/R Uitsonderlik – 13 S Knap 4 TOTAAL: 39 AFDELING B Kode Punt I/B/F Gemiddeld 10 T/S/R Elementêr 5 TOTAAL: 15 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT- assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 ANALISE VAN VRAESTEL AFDELING A: OPSTEL 1.1 Ek sien uit daarna om volgende jaar in matriek te wees.  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/bespiegelend/beskrywend.  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse waarom hy/sy daarna uitsien om in matriek te wees. Die kandidaat kan in sy/haar vertelling die klem laat val op die uitdagings oor die jare en hoekom die matriekjaar so belangrik gaan wees. Die kandidaat mag ook uitbrei oor die bystand en aanmoediging wat hy/sy oor die jare deur verskillende mense ontvang het. Die kandidaat kan tot die slotsom kom dat dit ʼn prestasie sal wees om uiteindelik in matriek te wees.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die opkomende matriekjaar en oor die moontlike uitdagings en opofferinge wat daarmee gepaard gaan. Die kandidaat dink aan die dinge waarna hy/sy uitsien in die opkomende jaar en wat hy/sy sal doen om dit moontlik te maak om in matriek te wees.  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse die afgelope paar jaar op skool en hoekom die matriekjaar so belangrik is. Die kandidaat kan ook uitbrei oor die dinge waarna hy/sy uitsien in matriek en wat hy/sy sal doen om te verseker dat hy/sy wel suksesvol is aan die einde van graad elf.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) 1.2 ʼn Dag saam met die president.  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/bespiegelend  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse ʼn dag saam met die president. Die kandidaat kan noem wie die persoon is en waarom hy/sy iemand is na wie hy/sy opkyk. Die kandidaat kan ook uitbrei op waaroor gepraat is en ons ʼn idee gee van die tipe mens wat die president is. Die kandidaat kan beskryf wat alles gedoen is op hierdie spesifieke dag.  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante, lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar hy/sy ʼn dag saam met die president deurgebring het. Daar kan in die vertelling uitgebrei word oor wat alles gedoen is of hoe hulle die dag deurgebring het.  Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor die president en bespiegel oor hoe dit sal wees om ʼn dag saam met die president deur te bring. Die kandidaat kan ook uitbrei oor wat als met so ʼn dag saam met die president gepaard gaan.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7 1.3 Goeie maniere tel nog!  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/beredeneerd/bespiegelend/verhalend  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die redes waarom hy/sy dink dat goeie maniere nog tel. Die kandidaat kan fokus op wat goeie maniere is en kan ʼn konteks skep waar goeie maniere noodsaaklik is.  Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat oor of goeie maniere nog tel of nie meer tel nie. Die kandidaat kan in die opstel beredeneer oor wat goeie maniere is en of mense nog enigsins waarde daaraan heg.  Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor wat goeie maniere is. Die kandidaat kan ook bespiegel of mense nog daarin belangstel om goeie maniere te openbaar en of dit nog betaal om hoflik te wees.  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse ʼn storie oor hoe goeie maniere ʼn persoon gehelp het om dalk iets te bereik. Die kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor watter maniere nog geldig is.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.4 Ek wil eendag graag dit op my lys van dinge om te doen, sit. Hier volg my emmerlys:  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/bespiegelend  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse wat alles hy/sy op hom/haar emmerlys wil sit. In die vertelling kan ʼn lys van dinge opgenoem word en daarop uitgebrei word.  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse alles wat hy/sy eendag wil doen voordat hy/sy die aarde verlaat. ʼn Beskrywing van die lys en alles wat die kandidaat eendag wil doen kan gegee word.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor ʼn emmerlys in die algemeen en of dit belangrik is om enigsins een te hê. Drome en die verwesenliking daarvan kan ook bespiegel word.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) 1.5 Daar is steeds te veel mense wat op ons land se paaie sterf!  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/beredeneerd/argumenterend/ bespiegelend.  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse hoe baie mense nog op ons land se paaie sterf. Die kandidaat kan die aard van die ongelukke beskryf en hoe dit die families affekteer.  Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse van ongelukke op ons land se paaie. Die kandidaat kan in die vertelling noem van ʼn ongeluk waarin ʼn vriend of familielid betrokke was en gesterf het.  Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in ʼn gebalanseerde opstel waarom daar steeds te veel mense op ons land se paaie sterf. Die kandidaat kan ook besin of die veldtogte om ongelukke te voorkom geslaagd is.  Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af ʼn standpunt in naamlik: “Daar is steeds te veel mense wat op ons land se paaie sterf!” Die kandidaat kan ook argumenteer dat daar wel ʼn afname in die sterftesyfer is en dat daar minder ongelukke op ons land se paaie is. Die kandidaat motiveer standpunt deur voorbeelde en statistiek te noem. Kandidaat gee dan grondige redes en motivering vir sy/haar standpunt.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die kandidaat of daar steeds te veel mense is wat op ons land se paaie sterf of nie.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9 1.6 VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word.  Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.  ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6.1 PRENTJIE: OU TEKKIES OF SKOENE  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: Die ou skoene en hoe lank die skoene gedra is.  Figuurlike interpretasie: Lewenservarings in die skoene, swaarkry, armoede, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6.2 PRENTJIE: OOP DEUR NA BUITE  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: Dit kan oor ʼn deur handel waar die persoon geklop het en daar is vir die persoon oopgemaak of deure en wat dit vir verskillende mense beteken.  Figuurlike interpretasie: Die oop deur kan na geleenthede verwys, ook vryheid of ʼn blik op die toekoms.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6.3 PRENTJIE: TEGNOLOGIE  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: Die doel van rekenaars en selfone of die verskillende soorte rekenaars en selfone wat daar is. Daar kan ook oor toeps of programme op rekenaars verwys word.  Figuurlike interpretasie: Die impak van tegnologie op ons lewens en of dit negatief of positief is.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 BEDANKINGSBRIEF FOKUS Die kandidaat skryf ʼn bedankingsbrief aan sy/haar tante/oom waarin hy/sy haar/hom bedank vir die ondersteuning wat sy/hy oor die jare gebied het. KENMERKE  Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is vriendelik, persoonlik en waarderend van aard.  Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.  Die kandidaat spreek die tante/oom direk aan.  In die brief, moet die kandidaat die tante/oom bedank vir die ondersteuning wat sy/hy vir hom/haar gebied het.  Die toon, styl en keuse van woorde moet by die verwantskap tussen die kandidaat en tante/oom pas en moet informeel waarderend wees.  Vermy slordige taal, slengwoorde en SMS-taal. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees: Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 20 November 2019.  ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Verwys na bladsy 11. Die aanhef, afsluiting en slot  Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  Groete/ liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.  Daar word nie ʼn reël tussen Jou kleinnefie/kleinniggie en die naam oopgelaat nie.  Die omskrywing, bv. Jou kleinnefie/kleinniggie voor die briefskrywer se naam is opsioneel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11 Die paragrawe  ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer die tante/oom wil bedank vir die ondersteuning wat hulle gebied het oor die jare.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer verduidelik hoekom hy/sy die ondersteuning waardeer.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende Laan 10 Of Sewendelaan Pleknaam Westdene 10 Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bladsy 121). Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. [30] 2.2 HULDEBLYK OOR OUMA FOKUS Die kandidaat skryf ʼn huldeblyk vir die ouma wat verjaar. Die huldeblyk handel oor die belangrike verhouding tussen die kandidaat en die ouma. Die kandidaat kan vertel watter belangrike invloed sy/haar ouma in sy/haar lewe gehad het en die rol wat die ouma in sy/ haar familie speel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) KENMERKE  Die huldeblyk het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die volgende besonderhede van die ouma kan gegee word: naam en van, ouderdom, hoogtepunte van die ouma se lewe, staaltjies oor die ouma, die rol wat die ouma in die lewe van die kandidaat gespeel het.  Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die persoon se lewe te vereer en om die verhouding tussen die kandidaat en die familie speel.  Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die ouma kry.  Die aanslag is formeel, dog vriendskaplik en waarderend.  Die huldeblyk moet in die teenwoordige tyd geskryf word.  Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol, waarderend, inspirerend en taktvol van aard.  Kultuurkontekste moet in ag geneem word.  Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê. FORMAAT  Opskrif Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê. Die huldeblyk mag ʼn subopskrif hê.  Die inleidende paragraaf Die huldeblyk moet met ʼn sin (groet) ingelei word wat alle aanwesiges se aandag vasvang. Die inleiding moet oor die waardering/verering van die ouma se lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.  Paragraaf 2 en verder Die huldeblyk sluit verskillende herinneringe en hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies oor die ouma bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor ʼn nuwe feit/gedagte.  Slotparagraaf In die slot kan die spreker die ouma gelukwens op haar 80ste verjaardag en haar ook goeie guns toewens. [30] 2.3 KOERANTARTIKEL FOKUS Die koerantartikel handel oor die gevare van drank- en dwelmmisbruik onder tieners. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13 KENMERKE  Gee feite kortliks en akkuraat.  Die kandidaat gee die belangrikste feite rondom die kwessie sonder om die leser se aandag te verloor.  In die koerantartikel moet die gevare van drank- en dwelmmisbruik uitgelig word. Die artikel kan statistiek noem in verband met die probleem onder tieners.  Gee ʼn saaklike, bondige, maar treffende titel. Subtitels kan ook gegee word.  Die artikel word in die derde persoon geskryf. FORMAAT  Titel  Die titel gee ʼn aanduiding van waaroor die koerantartikel handel.  Die skrywer van die artikel se naam volg na die titel.  Paragraaf 1  Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf. Wie, wat, waar, wanneer, hoe en in watter mate drank en dwelms misbruik word.  Paragraaf 2 en verder  Aanhaling, kommentaar, opinies, verklarings en waarnemings van betrokke mense en kundiges oor die onderwerp.  Taal  Duidelike en akkurate taalgebruik. 2.4 ONDERHOUD FOKUS Die kandidaat skryf die onderhoud wat hy/sy met die leier in hul gemeenskap voer. Die kandidaat fokus op watter planne die leier vir die gemeenskap het. Skryf die onderhoud tussen jou en die leier in jou gemeenskap in dialoogvorm neer. Vraag en antwoord metode is ook aanvaarbaar. KENMERKE  Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die leier in die gemeenskap.  Elke spreekbeurt dra by tot die tema van die onderhoud.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel, dog respekvol.  Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.  Toon, styl en woordkeuse is vriendelik en hoflik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) FORMAAT  Kandidaat mag ʼn konteks skep voordat die dialoog geskryf word.  Die sprekers (kandidaat en leier) word netjies onder mekaar teenaan die linkerklantlyn aangedui (blokvorm).  Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.  Na elke naam is ʼn dubbelpunt.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.  Die spreekbeurte is in blokvorm.  Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of waar dit toepaslik is. [30] LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers word getel. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15 AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 UITNODIGING FOKUS Die kandidaat ontwerp ʼn uitnodiging wat mense/vriende na ʼn afskeidspartytjie uitnooi. KENMERKE  Die uitnodigingskaartjie moet vriende en klasmaats uitnooi om die partytjie by te woon.  Dit teiken is die vriende en dalk familielede van die vriend wat verhuis.  Die uitnodiging noem waar en wanneer die partytjie gaan plaasvind, die doel en die kleredragkode van die geleentheid.  Die uitnodiging moet ook ʼn sperdatum noem.  Die inhoud is kort en die taal is informeel/formeel.  Toon, styl en woordkeuse moet pas by die informele/formele aard van die uitnodigingskaartjie. FORMAAT  Die volgende inligting moet op die uitnodigingskaartjie verskyn:  Wie word uitgenooi?  Wanneer vind die geleentheid plaas?  Waar vind die geleentheid plaas?  Wat is die doel van die geleentheid?  Wat is die kleredragkode?  Kontakbesonderhede vir verdere navrae. [20] LET WEL: Opskrifte soos datums, tyd, plek en telefoonnommers word nie getel nie. 3.2 DAGBOEKINSKRYWING FOKUS Die kandidaat doen TWEE dagboekinskrywings oor sy/haar nominasie as hoofseun/hoofdogter.  EEN inskrywing oor die dag toe hy/sy gehoor het van die nominasie en die gevoelens en gedagtes daaroor.  EEN inskrywing oor die dag nadat hy/sy die toespraak by die byeenkoms gelewer het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) KENMERKE  Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se ervaring en gevoelens oor die nominasie vir hoofseun/hoofdogter.  Gevoelens/ervarings word beskryf.  Die dagboek word in die eerstepersoon geskryf.  Plekke, familie, vriende word op die naam genoem.  Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun. FORMAAT  Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak.  Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.  Dis nie nodig om Liewe Dagboek te skryf nie.  Skryf kort en bondig en fokus op die gedagtes en gevoelens.  Die styl kan informeel wees.  Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die kandidaat gee sewe instruksies wat sy/haar broer/suster gee aangaande die hondjie en die sorg daarvan. Die fokus is op wat gedoen moet word en wat nie gedoen moet word nie. KENMERKE  Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  Die inligting is bedoel om leiding te gee wat die hondjie en sy versorging betref.  Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik wees. FORMAAT  Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:  Puntsgewys  Reëls moet tussen-in oopgelaat word.  Ander aanduiders soos koeëlpunte kan gebruik word.  Paragraafvorm  Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê.  Die instruksies moet in volsinne aangebied word.  Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. Die instruksies kan met JY ... /Ek ... /Die hondjie .., ens. begin. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17 LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend - Wisselvallige - Respons heeltemal uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant bo verwagting vaardigheid samehangend en respons - Idees deurmekaar (Respons en idees) - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend - Idees onduidelik, nie en nie op Organisering van volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie Hoë vlak idees vir beplanning; onderwerp Bewustheid van leser tot nadenke en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang herhalend samehang, goed en samevatting/slot - Geen organisasie insluitend inleiding, samehangend, nie en is 30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 - Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant ooreenstemming van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, onduidelikheid - Idees begin los met onderwerp te - Idees intelligent en - Idees redelik staan en kan Lae vlak interessant wees nie volwasse - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees - Heeltemal - Knap organisasie en samehangend, oortuigend - Skaars ʼn bewys irrelevant en samehang, insluitend insluitend inleiding, - ʼn Mate van van organisasie ontoepaslik inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang - Deurmekaar en samevatting/slot samevatting/slot samehang, geen fokus nie insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register, woordeskat is geskik en konteks gehoor en konteks konteks gehoor en konteks styl en Hoë vlak vir doel/effek en - Taalgebruik getuig van - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie woordeskat konteks; vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas indrukwekkend gepaste toon word dra basies vir doel, gehoor Woordkeuse; - Toon retories treffend gebruik - Toon is gepas - Toon en en konteks Taalgebruik en en effektief - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so konvensies, - Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik beperk dat dit punktuasie, spelling feitlik foutvry foutvry te versterk - Baie beperkte onmoontlik is grammatika, spelling - Knap gedaan - Baie goed gedoen woordeskat om sin te maak 13 10 7 4 15 PUNTE - Taalgebruik uitstekend - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik en toon is retories toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende effektief algemeen effektief. word opgemerk - Weinig indien enige Lae vlak - Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief gepas en beperkte - Woordeskat baie - Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk gedaan grammatika en middele spelling - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 - Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel geldig punte ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp details - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en - Uitsonderlike detail - Samehangend goed gekonstrueer paragrawe foutief paragrawe foutief en sinskonstruksie - Sinne en paragrawe - Sinne en paragrawe - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie uitsonderlik logies en toon effens sin sin sin nie 5 PUNTE gekonstrueer variasie VERSPREIDING VAN PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 19 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van verwagting kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die - Idees intelligent en van die soort teks kenmerke van die die soort teks soort teks nie Respons en idees; volwasse - Behou fokus, geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie, enkele afwykings - Geen samehang in gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail en konteks fokus wat die onderwerp in inhoud en idees nie ondersteun die - Samehang in ondersteun - Sommige detail - Min detail onderwerp inhoud en idees - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van 18 PUNTE Idees behoorlik onbeduidende foute onderwerp onderwerp formaat nie uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg ondersteun enkele foute toegepas - Gepaste en - Kritiese foute akkurate formaat begaan TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en hoogs geskik gehoor en konteks. gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks nie en konteks die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; - Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward Woordkeuse; akkuraat en gekonstrueer. woordeskat etlike foute - Woordeskat nie Punktuasie en spelling goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie gekonstrueer woordeskat betekenis nie woordeskat - Betekenis ernstig 12 PUNTE - Feitlik foutloos - Oorwegend - Betekenis belemmer foutloos. belemmer VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen FORMAAT bo verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van - Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die Respons en idees; volwasse van die soort teks soort teks die soort teks soort teks nie - Grondige kennis van - Behou fokus, geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik Organisering van afwyking nie. nie, enkele afwykings fokus, maar met met groot afwyking idees; kenmerke van die soort teks - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings - Geen samehang in Kenmerke/konvensies en idees; baie goed inhoud en idees - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie en konteks - Skryfwerk behou fokus. uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail - Samehang in inhoud die onderwerp ondersteun die nie ondersteun die en idees 12 PUNTE ondersteun onderwerp - Min detail onderwerp - Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van uitgebrei met detail onbeduidende foute gepas, maar met enkele onderwerp formaat nie toegepas wat die onderwerp foute - Nodige reëls van nie ondersteun formaat vaagweg - Gepaste en akkurate toegepas formaat - Kritiese foute begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel, woordeskat geskik vir en konteks konteks - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute konteks nie Taalgebruik en en goed gekonstrueer algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en - Feitlik foutloos goed gekonstrueer - Foute belemmer nie onakkuraat met verward konvensies - Baie goeie woordeskat. betekenis nie etlike foute - Woordeskat nie Woordkeuse; - Basiese woordeskat geskik vir doel nie - Oorwegend foutloos Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer - Betekenis ernstig 8 PUNTE belemmer VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5 PUNTE Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Afrikaans Fal

View all