Skip to content

Afrikaans FAL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 11202614 pagesPublisher: Hlayiso

Grade 11 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2026, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

November Mock Exam 2026

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Proef hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 11 eksamenvoorbereiding WWW.HLAYISO.COM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF) PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Lees AL die instruksies baie deeglik. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Trek ’n streep ná elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Aanbevole tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 25 minute AFDELING C: 45 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL REËNDRUPPELS VIR ’N DORSTIGE SKOOL 1 Toe die krane by Hoërskool Rivierkruin in die Oos-Kaap verlede jaar vir drie weke lank droog was, het die meeste leerders net gekla. Maar Amahle Jacobs (17) het begin om ’n plan uit te dink. 2 “Ons dorp het al vyf jaar lank baie min reën gehad. Die damme was amper leeg en die munisipaliteit moes die water elke middag afsny,” vertel die graad 5 11-leerder. “Die toilette het gestink en ons kon nie eers ons hande ná pouse was nie. Party kinders het selfs siek geword.” 3 Amahle het opgemerk dat die skool se sinkdakke baie groot is. “Elke keer as dit wél reën, loop die water net van die dakke af en verdwyn dit in die grond. Toe dink ek: Hoekom vang ons dit nie op nie?” 10 4 Sy het haar Natuurwetenskap-onderwyser, mnr. Daniel Botha, gaan spreek. Saam het hulle uitgewerk hoeveel water die dakke kan opvang. “Ons het die dakke gemeet en uitgevind hoeveel reën die dorp gemiddeld per jaar kry. Ons kon meer as ’n halfmiljoen liter water per jaar opvang!” sê sy opgewonde. 5 Die volgende probleem was geld. ’n Groot watertenk kos duisende rande. 15 Amahle en haar vriende het koekverkopings gehou, motors gewas en ’n sokkie gereël. Die plaaslike hardewarewinkel het pype en geute geskenk. Binne ses maande het hulle genoeg geld ingesamel vir vier tenks van 5 000 liter elk. 6 Ouers het oor ’n naweek gehelp om die tenks op te rig. “My pa is ’n loodgieter. Hy het die pype gratis aangelê,” sê Amahle trots. Nou word die reënwater gebruik 20 om die toilette te spoel en om die skool se groentetuin nat te lei. 7 Die projek het nie net die skool se waterprobleem verlig nie. Die leerders het ook geleer om water te spaar. Amahle en haar “Waterwagte” – ’n groep van twaalf leerders – gaan elke Vrydag van klas tot klas om te kyk of daar krane is wat lek. Hulle het ook plakkate in die gange opgesit met die slagspreuk: “Elke druppel 25 tel!” 8 Mnr. Botha is baie beïndruk. “Amahle het gewys dat jy nie ’n volwassene hoef te wees om ’n verskil te maak nie. Sy het nie net gekla nie – sy het opgestaan en iets gedoen.” 9 Die projek het vanjaar ’n provinsiale prys in ’n wetenskapkompetisie vir jong 30 wetenskaplikes gewen. Met die prysgeld van R10 000 wil die Waterwagte nog twee tenks koop. En Amahle self? Sy wil eendag ’n siviele ingenieur word. “Ek wil damme en pyplyne bou sodat geen kind ooit weer sonder water op skool hoef te sit nie.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef [Eksaminator se eie teks. Die skool en die name in die artikel is fiktief.] LET WEL: • Beantwoord AL die vrae. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN woord uit paragraaf 1 in te vul. Die krane by die skool was vir (1.1.1) … weke droog. Die skool is in die (1.1.2) … Amahle is (1.1.3) … jaar oud. (3) 1.2 Noem TWEE probleme wat die leerders gehad het toe daar nie water by die skool was nie. (2) 1.3 Wie het Amahle gehelp om uit te werk hoeveel water die dakke kan opvang? (1) 1.4 Haal EEN woord uit paragraaf 4 aan wat wys hoe Amahle oor die resultate van haar berekening gevoel het. (1) 1.5 Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die getal in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 vyf A hoeveel water een tenk kan hou 1.5.2 ses B aantal leerders in die Waterwagte 1.5.3 5 000 liter C aantal jare wat die dorp min reën gehad het 1.5.4 twaalf D aantal tenks wat die skool gekoop het E aantal maande wat dit geneem het om die geld in te samel (4 x 1) (4) 1.6 Noem TWEE maniere waarop Amahle en haar vriende geld ingesamel het. (2) 1.7 Amahle se pa het baie geld gevra om die pype aan te lê. Haal ’n sin uit paragraaf 6 aan wat bewys dat hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.8 Noem die TWEE dinge waarvoor die reënwater nou by die skool gebruik word. (2) 1.9 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.9) neer. Die “Waterwagte” is … A die mense wat die tenks gebou het. B werkers van die munisipaliteit. (1) C ’n groep leerders wat help om water te spaar. D die onderwysers van die skool. 1.10 Wat doen die Waterwagte elke Vrydag? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef 1.11 “Elke druppel tel!” (Reël 25) Verduidelik in jou eie woorde wat hierdie slagspreuk beteken. (1) 1.12 “Sy het nie net gekla nie – sy het opgestaan en iets gedoen.” (Reël 28) 1.12.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Die woord “opgestaan” word hier (letterlik/figuurlik) gebruik. (1) 1.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.12.1. (1) 1.13 Waarom, dink jy, is ’n siviele ingenieur ’n goeie beroep vir iemand soos Amahle? (1) 1.14 Verwys na die titel. Waarom word die skool as “dorstig” beskryf? (1) 1.15 Noem EEN goeie eienskap van Amahle en gee ’n rede uit die artikel vir jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef TEKS B: GRAFIESE TEKS Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOEVEEL WATER GEBRUIK ONS? Een bad vol water 80 Een lading in die wasmasjien 70 Een stort van vyf minute 50 Skottelgoed met die hand was 20 Een keer die toilet spoel 9 Tande borsel met die kraan oop 6 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 Liter water SPAARWENK: Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel – dan spaar jy tot 6 liter elke keer! [Eksaminator se eie teks. Die syfers is benaderd en slegs vir hierdie vraestel opgestel.] 1.16 Watter aktiwiteit gebruik die meeste water? (1) 1.17 Hoeveel liter water spaar jy as jy vyf minute lank stort in plaas daarvan om ’n bad vol water te tap? (1) 1.18 Hoeveel liter water word gebruik as die toilet DRIE keer gespoel word? (1) 1.19 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Om skottelgoed met die hand te was, gebruik (meer/minder) water as om die toilet een keer te spoel. (1) 1.20 Volgens die spaarwenk: Wat moet jy doen terwyl jy jou tande borsel? (1) 1.21 Hoe kan die Waterwagte in TEKS A hierdie grafiese teks by hul skool gebruik? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Baie tieners slaap te min en sukkel dan om in die klas te konsentreer. Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES 1. Som SEWE wenke op WAT JOU SAL HELP OM SNAGS BETER TE SLAAP. 2. Skryf die wenke in jou EIE VOLSINNE neer. 3. Nommer die sinne van 1 tot 7. 4. Skryf net EEN feit per sin neer. 5. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 6. Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan. TEKS C SLAAP: DIE GEHEIM VAN ’N WENNER Volgens kenners het tieners elke nag tussen agt en tien uur slaap nodig. Tog slaap baie leerders minder as ses uur per nag. Wat kan jy doen? Jou liggaam hou van ’n roetine. Gaan dus elke aand op dieselfde tyd slaap en staan elke oggend op dieselfde tyd op – ook oor naweke, al is dit moeilik! Baie tieners neem hul selfone saam bed toe. Die helder lig van die skerm laat jou brein dink dit is nog dag. Sit jou foon en ander skerms dus minstens ’n uur voor slaaptyd weg. Jy is lief vir koffie of energiedrankies? Geniet dit gerus soggens, maar moenie dit ná middagete drink nie. Die kafeïen hou jou ure lank wakker. Jou kamer moet donker, stil en koel wees. ’n Kamer wat te warm is, maak dit moeilik om aan die slaap te raak. Oefening is goed vir jou liggaam én jou slaap. Gaan stap, draf of speel sport gedurende die dag, maar nie reg voor slaaptyd nie. Moenie laataand ’n groot, swaar ete eet nie. Jou maag moet dan hard werk terwyl jy wil rus. Laastens: leer om te ontspan voordat jy gaan slaap. Lees ’n boek, luister na rustige musiek of skryf jou bekommernisse in ’n joernaal neer. Wie goed slaap, leer beter, onthou meer en is in ’n beter bui. Lekker slaap! [Eksaminator se eie teks] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D BERGVLAM-AVONTUURKAMP in die Drakensberg Is jy moeg vir jou foon? Soek jy ’n regte avontuur? (3.1) Ons is die opwindendste kamp in Suid-Afrika! (3.2) Aktiwiteite: • bergklim en voetslaan • kanovaart op die rivier • rotsklim (vir beginners) • kampvuuraande met stories Ons gidse is goed opgelijd. (3.3) Ouers kan (gerus/gerust) wees: ons kamp is veilig! (3.10) (3.9) Wanneer? 6–9 Desember 2026 Ouderdom: 13–18 jaar (3.5) Prys: R1 850 per persoon. Alle etes ingesluit, d.w.s. (3.4) ontbyt, middagete en aandete. Groepafslag: Bring vyf vriende saam en kry 10% afslag! (3.6) Bring saam: ’n slaapsak, stewige stapskoene, ’n reënbaadjie en ’n flits (3.7) BESPREEK NOU – PLEK IS BEPERK! (3.8) Besoek ons webwerf of stuur ’n WhatsApp na 000 000 0000. [Eksaminator se eie teks. Die kamp en kontakbesonderhede is fiktief.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef 3.1 Wat is die doel van die TWEE vrae onder die opskrif? (1) 3.2 Ons is die opwindendste kamp in Suid-Afrika! Motiveer waarom hierdie stelling ’n MENING is. (1) 3.3 Verbeter die SPELFOUT in die sin. Ons gidse is goed opgelijd. (1) 3.4 Skryf die AFKORTING “d.w.s.” voluit. (1) 3.5 Jou elfjarige boetie mag saam met jou kamp toe gaan. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 3.6 Wat moet jy doen om afslag op die prys te kry? (1) 3.7 Waarom, dink jy, moet die kampeerders ’n flits saambring? (1) 3.8 Die adverteerder wil hê dat jy GOU moet bespreek. Watter woorde in die advertensie bewys dit? Haal EEN woord aan. (1) 3.9 Hoe pas die prent by die boodskap van die advertensie? Gee EEN rede. (1) 3.10 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. Ouers kan (gerus/gerust) wees: ons kamp is veilig! (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef VRAAG 4: STROKIESPRENT • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 Wie het my Ek soek al ’n uur lank! selfoonlaaier gevat? Waar kan dit wees? Nie ek nie, Pa! sokkie muntstuk RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 EN WAT IS DIT?! Ag … dis seker ?! ’n towerlaaier! [Eksaminator se eie strokiesprent] Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Pa staan in die sitkamer; Kabelo sit op die rusbank met sy selfoon in die hand. RAAMPIE 2: Pa gooi die kussings van die rusbank af en soek; ’n sokkie en ’n muntstuk val uit. RAAMPIE 3: Pa hou die laaier se kabel omhoog – die ander punt is in Kabelo se selfoon ingeprop. RAAMPIE 4: Pa staan met gevoude arms en frons; Kabelo glimlag skaam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef 4.1 Kyk na RAAMPIE 1. In watter vertrek van die huis is Pa en Kabelo? (1) 4.2 Skryf Pa se woorde in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE. Pa vra: “Wie het my selfoonlaaier gevat?” Begin só: Pa vra … (1) 4.3 Kyk na RAAMPIE 2. Hoe weet ons dat Pa baie hard na sy laaier soek? Gee EEN visuele leidraad. (1) 4.4 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. Ek soek al ’n uur lank! (1) 4.5 Kyk na RAAMPIE 3. Hoe voel Pa? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord. (2) 4.6 Waarom is Kabelo se woorde in RAAMPIE 1 (“Nie ek nie, Pa!”) snaaks as jy na RAAMPIE 3 kyk? (1) 4.7 Wat is die funksie van die beletselteken (…) in RAAMPIE 4? (1) 4.8 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. In RAAMPIE 4 is Kabelo (eerlik/oneerlik) met sy pa. (1) 4.9 Watter les kan Kabelo uit hierdie situasie leer? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer. • Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word. • Voer die instruksies by elke vraag uit. 5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae. TEKS F: ARTIKEL OUMA ROSE SE SOPKOMBUIS Elke wintermiddag staan daar ’n lang ry (5.1.1) (kind) by ouma Rose Petersen se agterdeur in Atlantis. (5.1.2) (Ouma Rose kook elke dag ’n groot pot sop.) Op (5.1.3) (koue) dae is die ry die langste. “My sop is (5.1.4) (lekker) as enige restaurant s’n,” lag die 72-jarige ouma. Sy kry die groente uit haar eie (5.1.5) (groente + tuin). Verlede jaar (5.1.6) (help) die plaaslike kerk haar met ’n nuwe stoof. “Hierdie kinders is soos (5.1.7) (ek/my) eie kleinkinders. Ek is baie lief (5.1.8) (…) hulle,” sê sy. Die jongste kinders kry elkeen ’n (5.1.9) (stuk) brood by hul sop. (5.1.10) (Ouma Rose is al 72 jaar oud. Sy wil nog nie ophou kook nie.) Hierdie winter is die (5.1.11) (15) winter dat sy sop kook. (5.1.12) (Mnr.) Abrahams, ’n buurman, help haar elke Saterdag om groente te skil. (5.1.13) Die kinders loop (na ouma Rose se huis) (elke middag) (vinnig). (5.1.14) (Die kinders kom net in die winter.) Ouma Rose kook dus van Mei tot Augustus. [Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.] 5.1.1 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Elke wintermiddag staan daar ’n lang ry (kind) by ouma Rose se agterdeur. (1) 5.1.2 Skryf die sin in die LYDENDE VORM. Ouma Rose kook elke dag ’n groot pot sop. (1) 5.1.3 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord tussen hakies. Op (koue) dae is die ry die langste. (1) 5.1.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. My sop is (lekker) as enige restaurant s’n. (1) 5.1.5 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Sy kry die groente uit haar eie (groente + tuin). (1) 5.1.6 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. Verlede jaar help die plaaslike kerk haar met ’n nuwe stoof. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef 5.1.7 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies. Hierdie kinders is soos (ek/my) eie kleinkinders. (1) 5.1.8 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in. Ek is baie lief (…) hulle. (1) 5.1.9 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies. Die jongste kinders kry elkeen ’n (stuk) brood by hul sop. (1) 5.1.10 Verbind die TWEE sinne. Begin jou sin met Hoewel. Ouma Rose is al 72 jaar oud. Sy wil nog nie ophou kook nie. (1) 5.1.11 Skryf die getal tussen hakies as ’n RANGTELWOORD in woorde. Hierdie winter is die (15) winter dat sy sop kook. (1) 5.1.12 Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit. (Mnr.) Abrahams help haar elke Saterdag om groente te skil. (1) 5.1.13 Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE. Die kinders loop (na ouma Rose se huis) (elke middag) (vinnig). (1) 5.1.14 Skryf die sin in die ONTKENNING. Die kinders kom net in die winter. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 Hlayiso/Proef 2026 NSS Proef 5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. TEKS G: PRENT Lindiwe oom Sakkie Sipho [Eksaminator se eie prent] 5.2.1 Gee die VROULIKE VORM van die woord tussen hakies. (Oom) Sakkie braai vleis vir die familie. (1) 5.2.2 Vul die korrekte VOORSETSEL in. Lindiwe sit en lees (…) die boom. (1) 5.2.3 Skryf die sin as ’n VRAAGSIN (jy mag nie ’n vraagwoord gebruik nie). Die hond hardloop agter die bal aan. (1) 5.2.4 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Sipho hou drie (ballon) vas. (1) 5.2.5 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Dit is die (warm) dag van die jaar. (1) 5.2.6 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. Die hond (eet/vreet) die stukkie wors wat oom Sakkie vir hom gooi. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans FAL

View all